X.KALME BERUSTING.
Met moeite staan mevrou Kibert op van die bank waar sy gaan sit het om te huil. Sy sien al die vreemde mense heen en weer verbystap, en wil haar droefheid vir hul oë verberg. Sy dink by haarself:
—Hier kan ek tog nie veel langer bly nie.
Sy staan eindelik op, en moet aan die muur vashou om te bly staan. Sy vra haarself of sy wel ooit nog krag genoeg het om die huis te bereik. Sy voelnoueers haar swakheid en ouderdom soos ’n sware drag op haar skouers. Sy dink terug aan die dag toe sy aangesukkel het in die eindeloos-lange laning van Chenée. Aan die deur van die stasie, dink sy met swarigheid aan die lang ent pad huis-toe. Gewend om nooit koste vir haarself te maak nie, dink sy daar nie eens aan om een van die huurrytuie te neem wat daar staan nie.
Stadigies begin sy aan te stap, leunend op haar sambreel, voetjie vir voetjie, om nie te gly op die sneeu nie. Die moeite wat sy haar moet gee, trek haar aandag van haar droefheid af. Maar elke keer as sy ’n oomblik stilstaan, fluister sy die naam van Paula—Paula, wat haar nooit meer tot steun sal wees nie. In gedagte volg sy haar twee geliefde reisigers, wat haar geluk wegdra.
—Hulle is nou al dáar of dáar . . . .
As sy oor die bruggie gaan van die troebele, wild-tuimelende spruitjie, bly sy ’n oomblik staan en leun teen die brugreling om asem te kry. Daar hoor sy ’n sagte stem roep:
—Mevrou, wil u my toelaat om met u mee te gaan?
Dis Alida, wat gesien het hoe die ou vrou aarselend en sukkelend die pad van die stasie ingeslaan het, huis-toe; sy het nie geweet of sy die ou vrou moet help nie—volgens haar belofte aan Paula—dan of sy haar maar ongesteurd moet laat in haar diepe smart. Maar nou sy sien dat mevrou Kibert nie meer kan nie, kom sy nader.
Mevrou Kibert is so gedaan, dat sy somaar die arm neem van die jongvrou. Sy stap bedruk en spraakloos aan. Alida is by-die-hand genoeg om haar op ’n mooi manier te troos deur haar te vertel hoe bly haar kinders sal wees as hulle mekaar daar in Asië ontmoet. Aan die deur bedank Paula haar moeder haar hartlik vir haar moeite.
—Maar ek sal u ook nog die trap ophelp, sê mevrou Marthenay.
—Dis baie goed van jou, dankie.
En as hulle bo kom, sê mevrou Kibert:
—Bly nog ’n oomblik om uit te rus. Ek het swaar op jou arm geleun, die hele pad.
Daar lê iets smekends in haar gedoofde oë, wat die treurige verlatenheid van haar huis aanskou. Ditmaak Alida verdrietig, en sy antwoord dat sy ’n bietjie sal sit.
Sy volg die ou vrou in haar slaapkamer, wat oordag ook as voorkamertjie dien—’n skerm is voor die bed geplaas.
Ou Marie, nog bedroef oor die vertrek van diejuffrou, bring ’n telegram binne:
—Hier is ’n telegram, sê sy; en stuurs kyk sy die deftige mevrou Marthenay aan.
Met moeite, want sy beef, maak mevrou Kibert die telegram oop. Die rooi papiertjie, wat die dood kan inhou, maak sy nooit meer oop sonder angs nie. Maar haar gelaat helder meteens op. Solank as sy lees, kyk Alida onwillekeurig rond na die armlike meubels—byna kloosterlik eenvoudig. En daar val haar oog op ’n vergrote portret van Marcel. Sy gaan nader om te kyk. Die portret was geneem na sy terugkoms van die woestyn, as kommandant; hy het die strenge kyk van ongenaakbaarheid in sy oë. En duidelik sien sy weer die dag terug toe hy met haar gepraat het in die bos van Chenée.
Mevrou Kibert lig haar hoof op van die telegram en sien hoe Alida daar voor die portret staan. Sy het nou spyt dat sy haar daar in die kamer gebring het. Maar as sy omdraai en na die ou vrou terugkom, bars Alida meteens in trane uit.
—Wat makeer?
—Mevrou, o mevrou!
En die jongvrou snik haar geheim uit voor die moeder van Marcel.
—Ek het hom liefgehad. As u kon weet hoe lief ek hom gehad het!
Met groot medelyde kyk mevrou Kibert die jongvrou aan, wat haar seun moeg gemaak het vir sy lewe. Paula het haar vertel dat Marcel, op die oomblik toe hy gesneuwel het, in die binnesak van sy baadjie die portret gehad het van ’n blonde meisiekind.’n Meisiekind, ja, dit is sy, ’n swak kind, wat die uitverkorene was van die manhaftige siel!
—Arme kind, sê sy, terwyl sy met haar hand die wang streel van Alida, wat uitgeput op ’n stoel neergesak het.
Die ellende wat die ou vrou nou te vertroos het, laat haar haar eie smart vergeet, en oombliklik het sy haar teenwoordigheid van gees en haar moed terug.
—Alida, my kind, bedaar!
Maar mevrou Marthenay snik aaneen. Eindelik bring sy die woorde uit, wat al eenkeer oor haar lippe gekom het, en wat ’n samevatting is van haar hele ongelukkige bestaan.
—Waarom is ek nie sy weduwee nie? Dan sou ek minder ongelukkig gewees het as nou.
Mevrou Kibert sê saggies:
—Maar jy wou nie sy vrou word nie.
—O, ja,ekwou wél, want ek het hom liefgehad; maar my ouers was teë daarop.
Sy beskuldig haar ma nie alleen nie.
Maar die ou vrou skud haar kop, en naderbykomend, sê sy nog sagter, terwyl sy altyd nog Alida haar wang streel:
—Arme kind! Jy het nie geweet wat dit beteken om lief te hê nie.
Alida wil teëpraat, maar die ou vrou gaan aan:
—Nee, jy het nie geweet wat liefde is nie. As ’n mens jou hart weggee, dan is dit vir altyd. En liefde skenk krag, geduld en lydsaamheid. Jou ma het jou geluk gesoek—maar op háar manier. Sy het gedink dat sy goed doen deur jou af te keer van my seun. Beskuldig haar nie: beskuldig net jouself. Ongetwyfeld sou mevrou Delourens toegegee het as jou liefde onherroeplik gebly het. Want sy het jou liefgehad en sy sou geleer het om in te sien dat die voorwerp van jou liefde haar goedkeuring werd was. Nee, jywounie die vrou word van Marcel nie.
Arme kind, sê sy, terwyl sy met haar hand die wang streel van Alida, wat uitgeput op ’n stoel neergesak het.
Arme kind, sê sy, terwyl sy met haar hand die wang streel van Alida, wat uitgeput op ’n stoel neergesak het.
Arme kind, sê sy, terwyl sy met haar hand die wang streel van Alida, wat uitgeput op ’n stoel neergesak het.
Alida snik wanhopend:
—Ek het homnoglief.
Buite haarself van verdriet, hou sy nog vas aan haar nuttelose liefde.
Op ferme toon gaan mevrou Kibert voort:
—Jy was bang vir die lewe. Jou ouers was bang vir die lewe vir jou. Die lewe, Alida, is nie die tydverdryf en ydele gedoente van die wêreld nie. Om te lewe is om te voel dat jy ’n siel besit, en dat jy dit heeltemal besit. Dis om lief te hê, lief te hê met al jou kragte, vir altyd, tot aan die end, tot aan selfopoffering. Daar moet geen vrees bestaan vir moeite, nòg vir groot vreugde, nòg vir groot verdriet: dis alles net openbaringe van ons menslike natuur. Uit die dae wat verbygaan, moet ’n mens die goeie opvang, wat nooit verbygaan nie. ’n Meisie wat gaan trou, neem aan om deelgenoot te word van arbeid en van gevare, en nie om groter gemak te soek of beuselagtige genot nie. In haar toewyding self sal sy groter behae skep. Dit weet jy nie.
Alida luister nou aandagtig, en sy dink by haarself:
—Dit het niemand my nog ooit gesê nie.
Mevrou Kibert gaan aan:
—Op hierdie oomblik selfs, dat my hart verbryseld is, kan ek nie anders nie as God dank vir sy oorvloedige weldade. Jy verbaas jou daaroor, my kind, dat ek jou, op so’n dag as hierdie, nog van my geluk vertel. En tog is dit waar: ekisgelukkig. As God my sou vra om weer met my lewe te begin, ek sou weer begin. En nogtans het ek gesigte wat my die liefste was, koud en beweegloos gesien; en ek het die dood geken in sy wreedste gedaante vir ’n moeder: as hy haar kind wegneem wat vèrweg is van haar. Maar in my man, in my seuns en dogters, het my hele hart geleef, en het ek alles gesmaak wat die goddelike goedheid ’n mens kan gee. My lewe was vol omdat ek verbind was aan hul lewe. Myself het ek nooitbeween nie. En nou voel ek ook nie eensaam nie. My dode hou my geselskap, en dié wat leef, verlaat my nie. Kyk, hierdie telegram het ek netnou van Etienne gekry. Hy weet dat Paula vandag van my weggaan; en uit naam van almal spreek hy my moed in. Ek het dit nodig gehad.
—Mevrou! sê Alida, en soen haar hand.
—Ja, my kind, ek het my lewe liefgehad, ek het die lewe liefgehad. En ek kan sterwe, selfs in eensaamheid, selfs as vreemde hande my oë sal moet toedruk: God het my ’n skone deel toegemeet. En die dood sal my volgsaam en tevrede aantref as hy kom.
Daar skitter ’n vreemde verrukking in haar helder oë. Alida is nou kalm en kyk haar aan vol eerbiedige bewondering.
—Praat nog so met my, smeek sy as mevrou Kibert ophou.
Die ou vrou kyk haar lank en teer aan. Dan streel sy weer haar wang, en sê:
—My kind, jy moet my iets belowe.
—O mevrou, alles wat u wil.
—Moenie meer aan Marcel dink nie. Jy het nie reg daartoe nie. Neem jou teenswoordige lewe op, in sy geheel en sonder wroeging, God wil sien dat jy moed genoeg toon om vroeëre bande los te maak. Dit was verkeerd van jou om jou man sy betrekking te laat neerlê. Werk is die adel van ons dae. Spoor hom aan om iets te soek waarmee hy hom kan besig hou, opdat jou fout weer goedgemaak word.
—Hy het my verlaat, mevrou.
—Niksdoen was miskien oorsaak daarvan. Probeer om hom dit te vergewe. Gaan met jou hart te rade. Laat hy self sy landerye bestuur, laat hy deelneem aan gemeentebelange—so is daar nog veel waarvan ek nie weet nie. En dan sal jy sien dat alles beter sal gaan. Jy kan nog gelukkig word. Jou dogter sal joudaarin te hulp kom. Is ’n vrou wat ’n kind het, ooit te bekla? Kweek deug aan in die jong lewe, en bevalligheid en standvastigheid. Jy moet haar liefhê, nie in jou belang nie, maar virhaarwelsyn. En die vrede van die Heer sal op jou neerdaal.
—Ag, sê Alida, ontroerd, as u wil toestem om my af en toe hier by u te ontvang, en so met my te praat, dan sal ek seker weer nuwe moed skep.
Sy dink daar nie aan dat haar teenwoordigheid ’n pynlike nagedagtenis oproep by mevrou Kibert nie. Die ou vrou aarsel nie langer as ’n enkele sekonde nie: is dit nie God wat haar vra om hierdie arme swak skepsel ook nog te help nie?
—Kom so dikwels as jy nodig het, is haar eenvoudige antwoord.
As mevrou Marthenay weg is, neem sy die portret van Marcel en sit dit agter die skerm, naas haar bed, terwyl sy dink:
—Hier is hy nader by my, en kan Alida hom nie meer sien nie. As sy haar hele plig dapper wil volbring, dan is dit nodig dat sy sy beeld nie meer sien nie.
Dan kniel sy, en bid:
—Vader, U Wat my sterkte is, help my. Ek het nou aan U afgegee alles wat ek liefhet. Ek het nou niks meer om U te gee nie as my smart. Neem dit van my aan. En beskerm almal wat ek liefhet, die dode wat in U vrede rus en die lewende wat hul plig doen as mense . . . .
As sy opstaan om ou Marie te help tafel dek, dan is daar ’n glans van heilige vrede op haar gelaat—die vrede van dié wat die dood sonder vrees tegemoet gaan nadat hulle die lewe aanvaar het sonder swakheid.
EINDE.
[1]Die naam Kibert uit te spreek op ooreenkomstige manier as die naam Joubert.[2]Die naam Berlier op ooreenkomstige manier uit te spreek as die naam Villier.[3]Dis daar so die gebruik dat die moeder dit doen.
[1]Die naam Kibert uit te spreek op ooreenkomstige manier as die naam Joubert.
[1]Die naam Kibert uit te spreek op ooreenkomstige manier as die naam Joubert.
[2]Die naam Berlier op ooreenkomstige manier uit te spreek as die naam Villier.
[2]Die naam Berlier op ooreenkomstige manier uit te spreek as die naam Villier.
[3]Dis daar so die gebruik dat die moeder dit doen.
[3]Dis daar so die gebruik dat die moeder dit doen.