No.49

No.49Die Boom wat al maande sterf en weer lewendig word.OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets van ’n deugniet wat tog eindelik tot groot nut geword het. Dus is kwaaddoen en rowe by hom nie so ’n groot kwaad gewees nie.Tatsie was ’n wonderlike Boesman van die ou geslag. Hy het geroof, gesteel gemoor, en kon daarby toor soos min hom kon nadoen. Hy het ’n onverskillige manier oor hom gehad—so ’n traak-my-nie-agtige manier, wat maar min bure beval het. Sien hy iets waarin hy sin het, dan duur dit nie te lank nie, of hy het dit—hoe hy dit in hande kry, is hom onverskillig. Al maak hy die eienaar dood, dis vir hom of hy ’n vlieg om die lewe gebring het; slaan hy die eienaar daaroor dat dié op die grond bly lê, dan is dit vir hom of hy ’n slang magteloos gemaak het. En die ergste van alles is, niemand kon hom baasraak nie.Gejag het hy nooit nie. Maar om die jagters op te pas, o ja, dit kon hy goed doen. As hul wild huis-toe bring, dan gaan hy eenvoudig aansit om saam te eet—die lekkerste en vetste stukke vleis is syne. As ’n meid boesmanrys gaargemaakhet, dan gryp hy die pot voor haar weg en eet hom eers knuppel-versadig; en dan eers sal hy daaraan dink om die pot na haar en haar kinders terug te stoot—dis te sê as hul mooi praat. Maar raas hul met hom, dan smyt hy eenvoudig die boesmanrys in die vuur en gooi die pot boonop flenters. Gaan die kinders water haal, dan vat hy die water uit hulle hande, drink dan tot hy nes ’n modderpaddatjie opblaas en gee dan die orige water terug—dis te sê as hul mooi praat. Maar skel die kinders op hom of sê dat hul dit aan hulle ouers gaan vertel, dan sny hy eenvoudig die springbokpens waarin die water is, aan stukkies of gooi die volstruiseierdoppe waarin die water is, aan spaanders, en slaan die kinders inkluis.Hy dra altyd ’n taai en lang lat by hom om almal wat nie vrindelik genoeg na sy sin is nie, uit te piets. Wie hom kwaad maak, kry hy onder die knopkierie.Om hierdie rede het almal hul maar teenoor hom gedra nes vuur: buitekant mooi en blink, maar binnekant vuurwarm en boos. Hy is dus altyd op valse vrindelikheid vergas geword. As hul met ’n aanvallige laggie vra waarom hy so handel, dan antwoord hy ook met ’n vrindelike laggie dat hy eendag aan al sy weldoeners ’n groot guns gaan bewys.„Ja,” sê iemand so minlik as hy kan, „Tatsie, jy sal ons glad vergeet. Eendag is jy dood, en dan kan jy niks meer vir ons doen nie.”„Nou ja, ek meen juis as ek dood is om julle dan te beloon,” was sy versekerende antwoord.„Nee, Tatsie,” onderskep ’n ander die woord, „jy moet dit liewers doen solank jy nog lewe.”In plaas om hierop „ja” of „nee” te sê, gryp hy sy lang lat en gee die spreker ’n taai hou oor kop en skouers, en toe brul hy uit: „Ek sê julle mos, wag tot ek eendag dood is!”Nou is die vraag: Wanneer sal hy eendag doodgaan, of hoe sal hulle hom doodkry?Op ’n sekere aand sit die kinders skilpaaie te braai. Hulle gee hom ’n vet wyfie om te eet. Hulle sien hy haal die skilpad se hart en lewer uit en gooi dit in die vuur. Hulle vra hom waarom hy dit doen; en eer hy goed oor die antwoord gedink het, sê hy: „As ek die hart en lewer van ’n skilpad eet, dan word ek tydelik nes ’n skilpad self—sonder verstand.” Hy skrik toe hy dit gesê het, en wou dit met ’n ander praatjie oorpraat, dog hy was laat. Maar niemand praat verder daaroor nie.Een van die listige meide haal onopgemerk al die harte en lewers van die skilpaaie uit en bêre dit in ’n volstruiseier se dop. Toe hy weer ’n ander aand daar kom om saam te eet, steek sy stilletjies een hart en een lewer van ’n skilpad in die stuk vleis wat hy vir hom uitgekies het om te braai.Ná hy dit gebraai het, sit hy dit smaaklik op te eet. Oor ’n rukkie kon algar bemerk dat Tatsie kort van verstand is—sy doen en late was nes dié van ’n skilpad.Toe gryp een van die mans sy pyl en boog om Tatsie eenkeer van die gras af te maak. Hy gee Tatsie ’n gifpyl insy ribbekas, en daar krul Tatsie om; en ná enige oomblikke was Tatsie nie meer lewendig nie. Hulle neem sy lyk en dra dit ’n ent die veld in om deur die ongediertes opgeëet te word. Hulle hoor in die nag hoe die wolwe oor die lyk twis en te kere gaan. Ja, hul hoor selfs hoe hul die bene kraak en kou.Nou voel hulle harte lekker, want Tatsie sal hul nooit meer kom pla nie, en hy sal ook nou aan sy belofte dink om aan hulle die beloofde weldade te kom bewys.Maar in plaas hiervan, wat sal hul die volgende oggend sien! Hier kom Tatsie vrolik en sing-sing aangestap. Hul slaan hulle hande van verwondering voor hulle monde, maar sê verder niks nie. Ook Tatsie is volkome onbewus van wat hom oorgekom het—hy vertel net hoe lekker hy geslaap en gedroom het.By ’n volgende geleentheid doen die meid weer dieselfde ding, om Tatsie ’n skilpad se hart en lewer met sy wildvleis saam te laat eet. Sy het die geheim aan niemand anders vertel nie, selfs nie eens aan haar man nie.Weer word Tatsie se verstand duislig. Toe skiet hul hom met drie gifpyle; en ná hy dood was, bind hul ’n riem om sy nek, maak daaraan ’n swaar klip vas en gaan hom in die rivier in ’n diep gat water gooi. Die swaar klip sak met hom tot onder op die modder van die gat. So was daar vir Tatsie hierdie slag nie kans om weer lewendig te word nie. Hoe kry hy asem?Hulle gaan toe gerus slaap en verwag dat Tatsie nou in sy dood die weldade sal kom betaal. Weer sien hul Tatsiedie volgende oggend sing-sing aankom; en hy praat net van die lekker slaap, soete drome en die lekker swem wat hy gehad het. Ook hierdie slag hou hul hulle hande op hulle monde, dog praat verder niks nie.By ’n later geleentheid kom Tatsie weer daar eet, en nogmaals brou die meid hom ’n hart en lewer van ’n skilpad in; en net soos by die vorige geleenthede word Tatsie se verstand stomp. Hy val rûensagteroor en lê vas op sy rug te slaap. Die meid neem ’n groot leë dop van een van die skilpaaie en plaas dit oor sy gesig. Sy asem word sagter en sagter tot hy dood is. Hulle vat sy lyk en sit dit saggies in eerbied op die grond neer, maar ’n goeie ent van die hutte af.Daardie aand het die nuwe maan net sy verskyning aan die westekant, ná sononder, gemaak. In die nag kom daar ’n warrelwind, en dié neem die lyk na die maan toe om tussen die horings in die hol bak geplaas te word.Daar het Tatsie nugter wakker geword en kon nie verstaan hoe hy by die maan uitgekom het nie. Ook daar begin hy met die ander gestorwe skepsels ’n bombarie op te skop en word net geniepsig. Hulle word van hom buikvol en wou hom uit die maan smyt. Hy klou aan die een horing vas en hou so wat hy geleer het; dog die punt van die horing breek af, en daar kom Tatsie nog met die stuk maanhoring in sy hand, kop na onder, en val op die aarde dat hy hik.Maar hy was dood, morsdood van die geweldige val. Nooit sal hy weer lewendig word nie; want daar was net ’n nat kol waar hy geval het, en niks meer nie.Dog namate die maan dag ná dag groei en groter word, so begin die horing van die maan ook tot ’n boom te groei, en dit word ook groter by die dag: blomme, blare en vrugte kom daaraan; en dit word ’n geweldige groot boom, wat sy takke ver na al kante uitbrei. En toe dit vol maan was, was die boom oorlaai met baie lekker vrugte, wat net soos vleis smaak en wat net so voedsaam is.Toe kom die Boesmans van alle kante om van daardie lekker vrugte te eet. Dog hulle kan al die vrugte nie baasraak nie, al dra hul ook knapsakke en knapsakke vol weg.Maar ná vol maan, begin die maan af te sterwe. Hierdie boom doen dieselfde. Sy vrugte word droër en droër by die dag en word net soos biltong. En toe dit haas nuwe maan moet word, was die boom—stam en al—tot op die grond morsdood. Toe treur die Boesmans.Maar toe die nuwe maan hom weer aan die westekant, ná sononder, vertoon, begin die boom weer uit te bot, gee weer blomme, dra weer vrugte; en toe die maan vol was, was die vrugte weer ryp—en die feesviering het so maand ná maand aangegaan. Daar in die land waar die ou geslag nog lewe, staan die boom tot vandag toe.

No.49Die Boom wat al maande sterf en weer lewendig word.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets van ’n deugniet wat tog eindelik tot groot nut geword het. Dus is kwaaddoen en rowe by hom nie so ’n groot kwaad gewees nie.Tatsie was ’n wonderlike Boesman van die ou geslag. Hy het geroof, gesteel gemoor, en kon daarby toor soos min hom kon nadoen. Hy het ’n onverskillige manier oor hom gehad—so ’n traak-my-nie-agtige manier, wat maar min bure beval het. Sien hy iets waarin hy sin het, dan duur dit nie te lank nie, of hy het dit—hoe hy dit in hande kry, is hom onverskillig. Al maak hy die eienaar dood, dis vir hom of hy ’n vlieg om die lewe gebring het; slaan hy die eienaar daaroor dat dié op die grond bly lê, dan is dit vir hom of hy ’n slang magteloos gemaak het. En die ergste van alles is, niemand kon hom baasraak nie.Gejag het hy nooit nie. Maar om die jagters op te pas, o ja, dit kon hy goed doen. As hul wild huis-toe bring, dan gaan hy eenvoudig aansit om saam te eet—die lekkerste en vetste stukke vleis is syne. As ’n meid boesmanrys gaargemaakhet, dan gryp hy die pot voor haar weg en eet hom eers knuppel-versadig; en dan eers sal hy daaraan dink om die pot na haar en haar kinders terug te stoot—dis te sê as hul mooi praat. Maar raas hul met hom, dan smyt hy eenvoudig die boesmanrys in die vuur en gooi die pot boonop flenters. Gaan die kinders water haal, dan vat hy die water uit hulle hande, drink dan tot hy nes ’n modderpaddatjie opblaas en gee dan die orige water terug—dis te sê as hul mooi praat. Maar skel die kinders op hom of sê dat hul dit aan hulle ouers gaan vertel, dan sny hy eenvoudig die springbokpens waarin die water is, aan stukkies of gooi die volstruiseierdoppe waarin die water is, aan spaanders, en slaan die kinders inkluis.Hy dra altyd ’n taai en lang lat by hom om almal wat nie vrindelik genoeg na sy sin is nie, uit te piets. Wie hom kwaad maak, kry hy onder die knopkierie.Om hierdie rede het almal hul maar teenoor hom gedra nes vuur: buitekant mooi en blink, maar binnekant vuurwarm en boos. Hy is dus altyd op valse vrindelikheid vergas geword. As hul met ’n aanvallige laggie vra waarom hy so handel, dan antwoord hy ook met ’n vrindelike laggie dat hy eendag aan al sy weldoeners ’n groot guns gaan bewys.„Ja,” sê iemand so minlik as hy kan, „Tatsie, jy sal ons glad vergeet. Eendag is jy dood, en dan kan jy niks meer vir ons doen nie.”„Nou ja, ek meen juis as ek dood is om julle dan te beloon,” was sy versekerende antwoord.„Nee, Tatsie,” onderskep ’n ander die woord, „jy moet dit liewers doen solank jy nog lewe.”In plaas om hierop „ja” of „nee” te sê, gryp hy sy lang lat en gee die spreker ’n taai hou oor kop en skouers, en toe brul hy uit: „Ek sê julle mos, wag tot ek eendag dood is!”Nou is die vraag: Wanneer sal hy eendag doodgaan, of hoe sal hulle hom doodkry?Op ’n sekere aand sit die kinders skilpaaie te braai. Hulle gee hom ’n vet wyfie om te eet. Hulle sien hy haal die skilpad se hart en lewer uit en gooi dit in die vuur. Hulle vra hom waarom hy dit doen; en eer hy goed oor die antwoord gedink het, sê hy: „As ek die hart en lewer van ’n skilpad eet, dan word ek tydelik nes ’n skilpad self—sonder verstand.” Hy skrik toe hy dit gesê het, en wou dit met ’n ander praatjie oorpraat, dog hy was laat. Maar niemand praat verder daaroor nie.Een van die listige meide haal onopgemerk al die harte en lewers van die skilpaaie uit en bêre dit in ’n volstruiseier se dop. Toe hy weer ’n ander aand daar kom om saam te eet, steek sy stilletjies een hart en een lewer van ’n skilpad in die stuk vleis wat hy vir hom uitgekies het om te braai.Ná hy dit gebraai het, sit hy dit smaaklik op te eet. Oor ’n rukkie kon algar bemerk dat Tatsie kort van verstand is—sy doen en late was nes dié van ’n skilpad.Toe gryp een van die mans sy pyl en boog om Tatsie eenkeer van die gras af te maak. Hy gee Tatsie ’n gifpyl insy ribbekas, en daar krul Tatsie om; en ná enige oomblikke was Tatsie nie meer lewendig nie. Hulle neem sy lyk en dra dit ’n ent die veld in om deur die ongediertes opgeëet te word. Hulle hoor in die nag hoe die wolwe oor die lyk twis en te kere gaan. Ja, hul hoor selfs hoe hul die bene kraak en kou.Nou voel hulle harte lekker, want Tatsie sal hul nooit meer kom pla nie, en hy sal ook nou aan sy belofte dink om aan hulle die beloofde weldade te kom bewys.Maar in plaas hiervan, wat sal hul die volgende oggend sien! Hier kom Tatsie vrolik en sing-sing aangestap. Hul slaan hulle hande van verwondering voor hulle monde, maar sê verder niks nie. Ook Tatsie is volkome onbewus van wat hom oorgekom het—hy vertel net hoe lekker hy geslaap en gedroom het.By ’n volgende geleentheid doen die meid weer dieselfde ding, om Tatsie ’n skilpad se hart en lewer met sy wildvleis saam te laat eet. Sy het die geheim aan niemand anders vertel nie, selfs nie eens aan haar man nie.Weer word Tatsie se verstand duislig. Toe skiet hul hom met drie gifpyle; en ná hy dood was, bind hul ’n riem om sy nek, maak daaraan ’n swaar klip vas en gaan hom in die rivier in ’n diep gat water gooi. Die swaar klip sak met hom tot onder op die modder van die gat. So was daar vir Tatsie hierdie slag nie kans om weer lewendig te word nie. Hoe kry hy asem?Hulle gaan toe gerus slaap en verwag dat Tatsie nou in sy dood die weldade sal kom betaal. Weer sien hul Tatsiedie volgende oggend sing-sing aankom; en hy praat net van die lekker slaap, soete drome en die lekker swem wat hy gehad het. Ook hierdie slag hou hul hulle hande op hulle monde, dog praat verder niks nie.By ’n later geleentheid kom Tatsie weer daar eet, en nogmaals brou die meid hom ’n hart en lewer van ’n skilpad in; en net soos by die vorige geleenthede word Tatsie se verstand stomp. Hy val rûensagteroor en lê vas op sy rug te slaap. Die meid neem ’n groot leë dop van een van die skilpaaie en plaas dit oor sy gesig. Sy asem word sagter en sagter tot hy dood is. Hulle vat sy lyk en sit dit saggies in eerbied op die grond neer, maar ’n goeie ent van die hutte af.Daardie aand het die nuwe maan net sy verskyning aan die westekant, ná sononder, gemaak. In die nag kom daar ’n warrelwind, en dié neem die lyk na die maan toe om tussen die horings in die hol bak geplaas te word.Daar het Tatsie nugter wakker geword en kon nie verstaan hoe hy by die maan uitgekom het nie. Ook daar begin hy met die ander gestorwe skepsels ’n bombarie op te skop en word net geniepsig. Hulle word van hom buikvol en wou hom uit die maan smyt. Hy klou aan die een horing vas en hou so wat hy geleer het; dog die punt van die horing breek af, en daar kom Tatsie nog met die stuk maanhoring in sy hand, kop na onder, en val op die aarde dat hy hik.Maar hy was dood, morsdood van die geweldige val. Nooit sal hy weer lewendig word nie; want daar was net ’n nat kol waar hy geval het, en niks meer nie.Dog namate die maan dag ná dag groei en groter word, so begin die horing van die maan ook tot ’n boom te groei, en dit word ook groter by die dag: blomme, blare en vrugte kom daaraan; en dit word ’n geweldige groot boom, wat sy takke ver na al kante uitbrei. En toe dit vol maan was, was die boom oorlaai met baie lekker vrugte, wat net soos vleis smaak en wat net so voedsaam is.Toe kom die Boesmans van alle kante om van daardie lekker vrugte te eet. Dog hulle kan al die vrugte nie baasraak nie, al dra hul ook knapsakke en knapsakke vol weg.Maar ná vol maan, begin die maan af te sterwe. Hierdie boom doen dieselfde. Sy vrugte word droër en droër by die dag en word net soos biltong. En toe dit haas nuwe maan moet word, was die boom—stam en al—tot op die grond morsdood. Toe treur die Boesmans.Maar toe die nuwe maan hom weer aan die westekant, ná sononder, vertoon, begin die boom weer uit te bot, gee weer blomme, dra weer vrugte; en toe die maan vol was, was die vrugte weer ryp—en die feesviering het so maand ná maand aangegaan. Daar in die land waar die ou geslag nog lewe, staan die boom tot vandag toe.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets van ’n deugniet wat tog eindelik tot groot nut geword het. Dus is kwaaddoen en rowe by hom nie so ’n groot kwaad gewees nie.

Tatsie was ’n wonderlike Boesman van die ou geslag. Hy het geroof, gesteel gemoor, en kon daarby toor soos min hom kon nadoen. Hy het ’n onverskillige manier oor hom gehad—so ’n traak-my-nie-agtige manier, wat maar min bure beval het. Sien hy iets waarin hy sin het, dan duur dit nie te lank nie, of hy het dit—hoe hy dit in hande kry, is hom onverskillig. Al maak hy die eienaar dood, dis vir hom of hy ’n vlieg om die lewe gebring het; slaan hy die eienaar daaroor dat dié op die grond bly lê, dan is dit vir hom of hy ’n slang magteloos gemaak het. En die ergste van alles is, niemand kon hom baasraak nie.

Gejag het hy nooit nie. Maar om die jagters op te pas, o ja, dit kon hy goed doen. As hul wild huis-toe bring, dan gaan hy eenvoudig aansit om saam te eet—die lekkerste en vetste stukke vleis is syne. As ’n meid boesmanrys gaargemaakhet, dan gryp hy die pot voor haar weg en eet hom eers knuppel-versadig; en dan eers sal hy daaraan dink om die pot na haar en haar kinders terug te stoot—dis te sê as hul mooi praat. Maar raas hul met hom, dan smyt hy eenvoudig die boesmanrys in die vuur en gooi die pot boonop flenters. Gaan die kinders water haal, dan vat hy die water uit hulle hande, drink dan tot hy nes ’n modderpaddatjie opblaas en gee dan die orige water terug—dis te sê as hul mooi praat. Maar skel die kinders op hom of sê dat hul dit aan hulle ouers gaan vertel, dan sny hy eenvoudig die springbokpens waarin die water is, aan stukkies of gooi die volstruiseierdoppe waarin die water is, aan spaanders, en slaan die kinders inkluis.

Hy dra altyd ’n taai en lang lat by hom om almal wat nie vrindelik genoeg na sy sin is nie, uit te piets. Wie hom kwaad maak, kry hy onder die knopkierie.

Om hierdie rede het almal hul maar teenoor hom gedra nes vuur: buitekant mooi en blink, maar binnekant vuurwarm en boos. Hy is dus altyd op valse vrindelikheid vergas geword. As hul met ’n aanvallige laggie vra waarom hy so handel, dan antwoord hy ook met ’n vrindelike laggie dat hy eendag aan al sy weldoeners ’n groot guns gaan bewys.

„Ja,” sê iemand so minlik as hy kan, „Tatsie, jy sal ons glad vergeet. Eendag is jy dood, en dan kan jy niks meer vir ons doen nie.”

„Nou ja, ek meen juis as ek dood is om julle dan te beloon,” was sy versekerende antwoord.

„Nee, Tatsie,” onderskep ’n ander die woord, „jy moet dit liewers doen solank jy nog lewe.”

In plaas om hierop „ja” of „nee” te sê, gryp hy sy lang lat en gee die spreker ’n taai hou oor kop en skouers, en toe brul hy uit: „Ek sê julle mos, wag tot ek eendag dood is!”

Nou is die vraag: Wanneer sal hy eendag doodgaan, of hoe sal hulle hom doodkry?

Op ’n sekere aand sit die kinders skilpaaie te braai. Hulle gee hom ’n vet wyfie om te eet. Hulle sien hy haal die skilpad se hart en lewer uit en gooi dit in die vuur. Hulle vra hom waarom hy dit doen; en eer hy goed oor die antwoord gedink het, sê hy: „As ek die hart en lewer van ’n skilpad eet, dan word ek tydelik nes ’n skilpad self—sonder verstand.” Hy skrik toe hy dit gesê het, en wou dit met ’n ander praatjie oorpraat, dog hy was laat. Maar niemand praat verder daaroor nie.

Een van die listige meide haal onopgemerk al die harte en lewers van die skilpaaie uit en bêre dit in ’n volstruiseier se dop. Toe hy weer ’n ander aand daar kom om saam te eet, steek sy stilletjies een hart en een lewer van ’n skilpad in die stuk vleis wat hy vir hom uitgekies het om te braai.

Ná hy dit gebraai het, sit hy dit smaaklik op te eet. Oor ’n rukkie kon algar bemerk dat Tatsie kort van verstand is—sy doen en late was nes dié van ’n skilpad.

Toe gryp een van die mans sy pyl en boog om Tatsie eenkeer van die gras af te maak. Hy gee Tatsie ’n gifpyl insy ribbekas, en daar krul Tatsie om; en ná enige oomblikke was Tatsie nie meer lewendig nie. Hulle neem sy lyk en dra dit ’n ent die veld in om deur die ongediertes opgeëet te word. Hulle hoor in die nag hoe die wolwe oor die lyk twis en te kere gaan. Ja, hul hoor selfs hoe hul die bene kraak en kou.

Nou voel hulle harte lekker, want Tatsie sal hul nooit meer kom pla nie, en hy sal ook nou aan sy belofte dink om aan hulle die beloofde weldade te kom bewys.

Maar in plaas hiervan, wat sal hul die volgende oggend sien! Hier kom Tatsie vrolik en sing-sing aangestap. Hul slaan hulle hande van verwondering voor hulle monde, maar sê verder niks nie. Ook Tatsie is volkome onbewus van wat hom oorgekom het—hy vertel net hoe lekker hy geslaap en gedroom het.

By ’n volgende geleentheid doen die meid weer dieselfde ding, om Tatsie ’n skilpad se hart en lewer met sy wildvleis saam te laat eet. Sy het die geheim aan niemand anders vertel nie, selfs nie eens aan haar man nie.

Weer word Tatsie se verstand duislig. Toe skiet hul hom met drie gifpyle; en ná hy dood was, bind hul ’n riem om sy nek, maak daaraan ’n swaar klip vas en gaan hom in die rivier in ’n diep gat water gooi. Die swaar klip sak met hom tot onder op die modder van die gat. So was daar vir Tatsie hierdie slag nie kans om weer lewendig te word nie. Hoe kry hy asem?

Hulle gaan toe gerus slaap en verwag dat Tatsie nou in sy dood die weldade sal kom betaal. Weer sien hul Tatsiedie volgende oggend sing-sing aankom; en hy praat net van die lekker slaap, soete drome en die lekker swem wat hy gehad het. Ook hierdie slag hou hul hulle hande op hulle monde, dog praat verder niks nie.

By ’n later geleentheid kom Tatsie weer daar eet, en nogmaals brou die meid hom ’n hart en lewer van ’n skilpad in; en net soos by die vorige geleenthede word Tatsie se verstand stomp. Hy val rûensagteroor en lê vas op sy rug te slaap. Die meid neem ’n groot leë dop van een van die skilpaaie en plaas dit oor sy gesig. Sy asem word sagter en sagter tot hy dood is. Hulle vat sy lyk en sit dit saggies in eerbied op die grond neer, maar ’n goeie ent van die hutte af.

Daardie aand het die nuwe maan net sy verskyning aan die westekant, ná sononder, gemaak. In die nag kom daar ’n warrelwind, en dié neem die lyk na die maan toe om tussen die horings in die hol bak geplaas te word.

Daar het Tatsie nugter wakker geword en kon nie verstaan hoe hy by die maan uitgekom het nie. Ook daar begin hy met die ander gestorwe skepsels ’n bombarie op te skop en word net geniepsig. Hulle word van hom buikvol en wou hom uit die maan smyt. Hy klou aan die een horing vas en hou so wat hy geleer het; dog die punt van die horing breek af, en daar kom Tatsie nog met die stuk maanhoring in sy hand, kop na onder, en val op die aarde dat hy hik.

Maar hy was dood, morsdood van die geweldige val. Nooit sal hy weer lewendig word nie; want daar was net ’n nat kol waar hy geval het, en niks meer nie.

Dog namate die maan dag ná dag groei en groter word, so begin die horing van die maan ook tot ’n boom te groei, en dit word ook groter by die dag: blomme, blare en vrugte kom daaraan; en dit word ’n geweldige groot boom, wat sy takke ver na al kante uitbrei. En toe dit vol maan was, was die boom oorlaai met baie lekker vrugte, wat net soos vleis smaak en wat net so voedsaam is.

Toe kom die Boesmans van alle kante om van daardie lekker vrugte te eet. Dog hulle kan al die vrugte nie baasraak nie, al dra hul ook knapsakke en knapsakke vol weg.

Maar ná vol maan, begin die maan af te sterwe. Hierdie boom doen dieselfde. Sy vrugte word droër en droër by die dag en word net soos biltong. En toe dit haas nuwe maan moet word, was die boom—stam en al—tot op die grond morsdood. Toe treur die Boesmans.

Maar toe die nuwe maan hom weer aan die westekant, ná sononder, vertoon, begin die boom weer uit te bot, gee weer blomme, dra weer vrugte; en toe die maan vol was, was die vrugte weer ryp—en die feesviering het so maand ná maand aangegaan. Daar in die land waar die ou geslag nog lewe, staan die boom tot vandag toe.

Back to IndexNext