No. 26.

No. 26.Kraai se Vernedering.(Stories No. 1 tot 25 vind ons in Deel I.)OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets, soos die meeste van die Boesman-stories is.Kraai voel net honger en het ’n siek springbok onder ’n bos sien lê; maar hy sien geen kans om die siek dier dood te maak nie. Hy probeer toe om die bok se oë uit te pik; dog so siek was die springbok nog nie, en hy wou so ’n marteling sonder weerstand nie verdra nie—dus gaffel hy vir Kraai iedere maal met die horings weg. Kraai raak raad-op en gaan hulp soek. Dit sal maar swaar gaan om iemand te kry, want Kraai is maar baie inhalig en gun niemand iets nie.Aasvoël sit daardie oggend bo-op sy hoë krans, waar hul broei en slaap; en hy sit die wêreld haarfyn na alle kante toe te beskou. Hy wil uitvind of êrens nie ’n dier dood lê nie, want hy en sy famielie voel net honger.Kraai kom daar aangevlie en plak hom ongereken en ongenooi op een van die klippe neer, en hulle twee vra oor-en-weer na mekaar se gesondheid.Aasvoël se antwoord is: „Net sleg!” Hy vertel toe verder dat hy die laaste paar dae net ongelukkig was, dat hy met sy vrou en kinders sonder ’n kiesvol kos sit.Kraai voel somar dat hy by die verkeerde man om hulp kom soek het, want hulle albei voel net ewe honger. Hy dink by homself as hy Aasvoël vra om die bok vir hom (Kraai) dood te maak, dan vreet die Aasvoëls alles op en kry hy niks nie. Hy voel teleurgesteld en word somar in sy hart boos.„Wat het jou vanoggend so vroeg hierheen gebring?” vra Aasvoël toe hy so ’n skewe blik na Kraai gooi.„Dit gaan jou nie aan nie! Waarom is jy so vuil—kan jy jou nie was nie? Iemand sou sê daar is glad geen water in die wêreld nie,” antwoord Kraai, en hy soek skoor. Kraai is ’n ou windmaker en kan meer praat as wat hy kan doen. Maar Aasvoël is ’n man wat diep kan dink, en doen meer as wat hy mee voor die dag kom. So gee hy vir Kraai geen antwoord nie, maar draai sy kop weg en sit soontoe te kyk, beskou die rantjies haarfyn en laat sy oë oor die vlaktes dwaal.Kraai was net vol geselskap. Hy stoot sy bors vooruit, vrywe met sy bek daarop en roep uit: „Ek is pure man; my naam is Jagter Raakskiet. Ek het volop kos en dra ’n blink pak klere!” En hy hou aan om twis te soek.Aasvoël, wat min van sulke bogtery hou, rek sy nek uit, gee ’n blaas, klap met sy vlerke en storm vir Kraai … en daar trek Kraai, stert in die lug.Onder in die vlakte ontmoet Kraai vir Leeu. Weer word na mekaar se welstand oor-en-weer gevra. Leeu vertel ook dat hy die vorige nag ongelukkig was: hy het baie moeite gedoen, maar kon geen wildding onder sy naels kry nie; en nou brand sy maag van honger.Jakkals sê: „Parmante kry niks.”Jakkals sê: „Parmante kry niks.”Weer bemerk Kraai dat hy by die verkeerde man is om hom te help die siek springbok dood te maak. Hy begin somar vir Leeu sleg te maak en weet te vertel dat Leeu se oë agter op die hakke van sy voete sit; daarom kyk hy die verkeerde pad. Struweling vind plaas, en weer moes Kraai sy stert wys en die vlug neem. Hy gaan toe gou kyk of die siek bok nog daar op die plek lê.Andermaal probeer Kraai om die bok se oë uit te pik; dog die springbok het nog genoeg krag besit om Kraai te laat proe hoe horing-slaan smaak. Kraai moes maar weer sy rugkant wys en verder gaan hulp soek.Daar voor kry hy vir Wolf, wat sit en huil. Hy vra vir Wolf waarom hy so hartseer voel en so moet huil.Hy kry tot antwoord: „Ek voel baie honger—so honger dat ek in een maal ’n olifant kan opeet. Ek soek genoeg, maar kan nie kry nie.”Nogmaals bespeur Kraai dat hy die regte man maar nie kan raakloop nie. Hy weet dat Wolf gulsig is en nooit sy maat weet as hy by kos kom nie. So begin Kraai somar: „Ek weet waarom jy so huil: jy huil net omdat jy so sleg is. Jy dra jou oë in jou maag, daarom kan jy die baie wild nie sien nie.” Hierop kies hy die wêreld vorentoe.Daarop ontmoet hy vir Jakkals, wat ewe bly was om vir Kraai te sien. Met vriendelike laggies vra hul oor-en-weer na die welstand. Uit die staanspoor vra Jakkals: „Waar kry jy tog so baie kos om altyd uit die fyn kerf so te blink?” En hy vervolg: „Lank nie gesien nie; toe, trakteer,trakteer! Ek voel so honger dat ek alleen vanoggend ’n hele springbok kan opeet.”„A, my naam is Jagter Raakskiet; en julle kan by my kom leer om boog vas te hou om wild te skiet.” Hier bly hy stil, want weer vind hy tot sy spyt dat Jakkals nog nie die regte man is om hom met die doodmaak van die springbok te help nie; so word hy meteens parmantig en spog op sy ou manier.„Maar as daar nie doodmaakgoed is nie, waarvandaan moet ek kos kry?” vra Jakkals bietjie verleë.„Wat sê jy, is daar nie doodmaakgoed nie? Jy kyk teen jou ooghare vas; want jy eet te baie gom, en daarom is jou ooghare aanmekaar vasgelym.”„Toe kyk, en sê of jy gom in my oë sien! Maar ek sien in jou oë paddakomberse en skilpadmelk; want jy leef mos van paddas en skilpaaie.”(Paddakombers is die groen slymplant wat op staande water en vlak strome dryf.)Kraai voel hom toe ’n bietjie ingeklim, maar kan nie stry nie en skel net en maak keel skoon toe Jakkals op sy gemak wegdraf.Kraai se dinkertjie staan toe stil: hy kyk voor hom op die grond; hy krap sy kop aan die een kant, dan aan die ander kant; hy pik aan sy een poot; dan pik hy weer aan die ander poot; en hy bevind hom in die middel van ek-weet-nie.Sonder om daaraan te dink, maak Kraai sy vlerke oop en vlie reguit na die siek springbok om te gaan kyk of hy nog nie dood is nie. Daarheen ontmoet hy vir Bobbejaan,wat na ’n wilde vrugteboom toe stap. „A, hier het ek die regte man!” dog hy; en dadelik sê hy: „Ou maat, Bobbejaan, kom hou jy vir my die siek springbok vas dat ek sy oë kan uitpik, en dan maak ons hom verder dood.”Bobbejaan het net een dwars kyk na Kraai gegee; maar hy het verder geen erg aan hom nie en stap maar nader na die boom toe.Kraai, ewe vol geselskap, sê: „Toe, ek sal vir jou die vrugte afpluk en af gooi; kom help my.”Bobbejaan antwoord toe vir die eerste maal: „Waar jy dink om by te kom, kan ek self klim en die tak nader trek—iets wat jy nie kan doen nie. Toe, loop maak jou eie springbok dood en laat my met rus staan.”Ook hier was Kraai by die verkeerde kêrel. Hy sit diep te dink, en meteens word sy aandag getrek deur ’n muis wat in ’n voetpaadjie hol. Kraai, wat reeds baie honger het, spring op die muis, vang dit en wou net begin te eet.Maar Slang kruip onder die bossie uit en roep uit: „Wat vang jy my muis? Gee dit op die daad hier!”Kraai kry meteens ’n plan en antwoord: „Ek sal hierdie muis vir jou gee; maar dan kom jy vir my ’n siek springbok—hier naby—doodbyt. Wil jy nie, dan eet ek self die muis op; want jy het dit nie gevang nie, maar ek. Is al die muise in die veld dan joue?”Slang beloof plegtig om die bok te gaan doodbyt; maar Kraai moet eers die muis gee. Kraai doen dit; maar ná Slang daardie tamaai groot muis ingesluk het, kon hy nie’n tree verder seil nie: hy moes ’n baie lang tyd stil lê eer die muis in sy maag verteer is, en dan eers kan hy wegkom.Kraai voel hom toe weer aan die verkeerde ent van die pyl enboog; toe kry hy spyt dat hyself die muis maar nie opgeëet het nie. Vir Slang moet hy nou met rus laat staan, want een pik is genoeg om hom poot te laat omkeer. Die beste vir hom, so redeneer hy, is om met Aasvoël te gaan maats maak; want Aasvoël laat tog altyd genoeg vleisies en seninkies aan die afgeëte bene dat hy (Kraai) genoeg kan kry.Dog toe Kraai by die springbok kom, was dié al so swak dat hy nie meer met sy horings vir hom van Kraai kan vry veg nie. Kraai pik toe die oë en tong uit, onderwyl die siek bok nog nie dood was nie. Hy het toe genoeg kos daaraan gehad en vlie bo in die boom om daar slim praatjies te gesels. Verder kan hy niks aan die springbok maak nie; want hy is ’n pure bog en kan nie die bok se vel stukkend skeur nie.Leeu ruik die bloed en kom. Hy begin dadelik te eet.Kraai roep bo uit die boom: „Wie is daar? Laat staan: dis my springbok wat ek vir my geskiet het!”Leeu antwoord: „Dis ekke, Leeu! As jy nie met my so parmantig gewees het nie, dan sal ek nog vir jou iets gelaat het; maar nou niks nie!”Toe Leeu klaar het, kom Jakkals daar en kou die vleis en senings van die bene af.„Wie is daar? Loop weg! Dis my bok wat ek vir my geskiet het!” roep Kraai net driftig uit.Jakkals sê: „Parmante kry niks” en steur hom verder nie aan Kraai nie.Toe Jakkals nog die bloed oplek, kom Wolf daar en begin die bene te kou.„Wie is daar? Maak dat jy hier wegkom! Dis my bok wat ek vir my geskiet het,” roep Kraai ewe boos uit.Wolf antwoord terug: „As jy mooi gevra het, sal ek miskien nog aan jou gedink het; maar nou glad nie! Hier is nie eens genoeg kos vir my nie, wat nog te sê vir jou ook.”Toe eers vind Kraai—al blink sy klere so—tot sy leedwese uit hoe min ander van hom dink en hoe min hul van sy grootpraat en skel maak.

No. 26.Kraai se Vernedering.

(Stories No. 1 tot 25 vind ons in Deel I.)OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets, soos die meeste van die Boesman-stories is.Kraai voel net honger en het ’n siek springbok onder ’n bos sien lê; maar hy sien geen kans om die siek dier dood te maak nie. Hy probeer toe om die bok se oë uit te pik; dog so siek was die springbok nog nie, en hy wou so ’n marteling sonder weerstand nie verdra nie—dus gaffel hy vir Kraai iedere maal met die horings weg. Kraai raak raad-op en gaan hulp soek. Dit sal maar swaar gaan om iemand te kry, want Kraai is maar baie inhalig en gun niemand iets nie.Aasvoël sit daardie oggend bo-op sy hoë krans, waar hul broei en slaap; en hy sit die wêreld haarfyn na alle kante toe te beskou. Hy wil uitvind of êrens nie ’n dier dood lê nie, want hy en sy famielie voel net honger.Kraai kom daar aangevlie en plak hom ongereken en ongenooi op een van die klippe neer, en hulle twee vra oor-en-weer na mekaar se gesondheid.Aasvoël se antwoord is: „Net sleg!” Hy vertel toe verder dat hy die laaste paar dae net ongelukkig was, dat hy met sy vrou en kinders sonder ’n kiesvol kos sit.Kraai voel somar dat hy by die verkeerde man om hulp kom soek het, want hulle albei voel net ewe honger. Hy dink by homself as hy Aasvoël vra om die bok vir hom (Kraai) dood te maak, dan vreet die Aasvoëls alles op en kry hy niks nie. Hy voel teleurgesteld en word somar in sy hart boos.„Wat het jou vanoggend so vroeg hierheen gebring?” vra Aasvoël toe hy so ’n skewe blik na Kraai gooi.„Dit gaan jou nie aan nie! Waarom is jy so vuil—kan jy jou nie was nie? Iemand sou sê daar is glad geen water in die wêreld nie,” antwoord Kraai, en hy soek skoor. Kraai is ’n ou windmaker en kan meer praat as wat hy kan doen. Maar Aasvoël is ’n man wat diep kan dink, en doen meer as wat hy mee voor die dag kom. So gee hy vir Kraai geen antwoord nie, maar draai sy kop weg en sit soontoe te kyk, beskou die rantjies haarfyn en laat sy oë oor die vlaktes dwaal.Kraai was net vol geselskap. Hy stoot sy bors vooruit, vrywe met sy bek daarop en roep uit: „Ek is pure man; my naam is Jagter Raakskiet. Ek het volop kos en dra ’n blink pak klere!” En hy hou aan om twis te soek.Aasvoël, wat min van sulke bogtery hou, rek sy nek uit, gee ’n blaas, klap met sy vlerke en storm vir Kraai … en daar trek Kraai, stert in die lug.Onder in die vlakte ontmoet Kraai vir Leeu. Weer word na mekaar se welstand oor-en-weer gevra. Leeu vertel ook dat hy die vorige nag ongelukkig was: hy het baie moeite gedoen, maar kon geen wildding onder sy naels kry nie; en nou brand sy maag van honger.Jakkals sê: „Parmante kry niks.”Jakkals sê: „Parmante kry niks.”Weer bemerk Kraai dat hy by die verkeerde man is om hom te help die siek springbok dood te maak. Hy begin somar vir Leeu sleg te maak en weet te vertel dat Leeu se oë agter op die hakke van sy voete sit; daarom kyk hy die verkeerde pad. Struweling vind plaas, en weer moes Kraai sy stert wys en die vlug neem. Hy gaan toe gou kyk of die siek bok nog daar op die plek lê.Andermaal probeer Kraai om die bok se oë uit te pik; dog die springbok het nog genoeg krag besit om Kraai te laat proe hoe horing-slaan smaak. Kraai moes maar weer sy rugkant wys en verder gaan hulp soek.Daar voor kry hy vir Wolf, wat sit en huil. Hy vra vir Wolf waarom hy so hartseer voel en so moet huil.Hy kry tot antwoord: „Ek voel baie honger—so honger dat ek in een maal ’n olifant kan opeet. Ek soek genoeg, maar kan nie kry nie.”Nogmaals bespeur Kraai dat hy die regte man maar nie kan raakloop nie. Hy weet dat Wolf gulsig is en nooit sy maat weet as hy by kos kom nie. So begin Kraai somar: „Ek weet waarom jy so huil: jy huil net omdat jy so sleg is. Jy dra jou oë in jou maag, daarom kan jy die baie wild nie sien nie.” Hierop kies hy die wêreld vorentoe.Daarop ontmoet hy vir Jakkals, wat ewe bly was om vir Kraai te sien. Met vriendelike laggies vra hul oor-en-weer na die welstand. Uit die staanspoor vra Jakkals: „Waar kry jy tog so baie kos om altyd uit die fyn kerf so te blink?” En hy vervolg: „Lank nie gesien nie; toe, trakteer,trakteer! Ek voel so honger dat ek alleen vanoggend ’n hele springbok kan opeet.”„A, my naam is Jagter Raakskiet; en julle kan by my kom leer om boog vas te hou om wild te skiet.” Hier bly hy stil, want weer vind hy tot sy spyt dat Jakkals nog nie die regte man is om hom met die doodmaak van die springbok te help nie; so word hy meteens parmantig en spog op sy ou manier.„Maar as daar nie doodmaakgoed is nie, waarvandaan moet ek kos kry?” vra Jakkals bietjie verleë.„Wat sê jy, is daar nie doodmaakgoed nie? Jy kyk teen jou ooghare vas; want jy eet te baie gom, en daarom is jou ooghare aanmekaar vasgelym.”„Toe kyk, en sê of jy gom in my oë sien! Maar ek sien in jou oë paddakomberse en skilpadmelk; want jy leef mos van paddas en skilpaaie.”(Paddakombers is die groen slymplant wat op staande water en vlak strome dryf.)Kraai voel hom toe ’n bietjie ingeklim, maar kan nie stry nie en skel net en maak keel skoon toe Jakkals op sy gemak wegdraf.Kraai se dinkertjie staan toe stil: hy kyk voor hom op die grond; hy krap sy kop aan die een kant, dan aan die ander kant; hy pik aan sy een poot; dan pik hy weer aan die ander poot; en hy bevind hom in die middel van ek-weet-nie.Sonder om daaraan te dink, maak Kraai sy vlerke oop en vlie reguit na die siek springbok om te gaan kyk of hy nog nie dood is nie. Daarheen ontmoet hy vir Bobbejaan,wat na ’n wilde vrugteboom toe stap. „A, hier het ek die regte man!” dog hy; en dadelik sê hy: „Ou maat, Bobbejaan, kom hou jy vir my die siek springbok vas dat ek sy oë kan uitpik, en dan maak ons hom verder dood.”Bobbejaan het net een dwars kyk na Kraai gegee; maar hy het verder geen erg aan hom nie en stap maar nader na die boom toe.Kraai, ewe vol geselskap, sê: „Toe, ek sal vir jou die vrugte afpluk en af gooi; kom help my.”Bobbejaan antwoord toe vir die eerste maal: „Waar jy dink om by te kom, kan ek self klim en die tak nader trek—iets wat jy nie kan doen nie. Toe, loop maak jou eie springbok dood en laat my met rus staan.”Ook hier was Kraai by die verkeerde kêrel. Hy sit diep te dink, en meteens word sy aandag getrek deur ’n muis wat in ’n voetpaadjie hol. Kraai, wat reeds baie honger het, spring op die muis, vang dit en wou net begin te eet.Maar Slang kruip onder die bossie uit en roep uit: „Wat vang jy my muis? Gee dit op die daad hier!”Kraai kry meteens ’n plan en antwoord: „Ek sal hierdie muis vir jou gee; maar dan kom jy vir my ’n siek springbok—hier naby—doodbyt. Wil jy nie, dan eet ek self die muis op; want jy het dit nie gevang nie, maar ek. Is al die muise in die veld dan joue?”Slang beloof plegtig om die bok te gaan doodbyt; maar Kraai moet eers die muis gee. Kraai doen dit; maar ná Slang daardie tamaai groot muis ingesluk het, kon hy nie’n tree verder seil nie: hy moes ’n baie lang tyd stil lê eer die muis in sy maag verteer is, en dan eers kan hy wegkom.Kraai voel hom toe weer aan die verkeerde ent van die pyl enboog; toe kry hy spyt dat hyself die muis maar nie opgeëet het nie. Vir Slang moet hy nou met rus laat staan, want een pik is genoeg om hom poot te laat omkeer. Die beste vir hom, so redeneer hy, is om met Aasvoël te gaan maats maak; want Aasvoël laat tog altyd genoeg vleisies en seninkies aan die afgeëte bene dat hy (Kraai) genoeg kan kry.Dog toe Kraai by die springbok kom, was dié al so swak dat hy nie meer met sy horings vir hom van Kraai kan vry veg nie. Kraai pik toe die oë en tong uit, onderwyl die siek bok nog nie dood was nie. Hy het toe genoeg kos daaraan gehad en vlie bo in die boom om daar slim praatjies te gesels. Verder kan hy niks aan die springbok maak nie; want hy is ’n pure bog en kan nie die bok se vel stukkend skeur nie.Leeu ruik die bloed en kom. Hy begin dadelik te eet.Kraai roep bo uit die boom: „Wie is daar? Laat staan: dis my springbok wat ek vir my geskiet het!”Leeu antwoord: „Dis ekke, Leeu! As jy nie met my so parmantig gewees het nie, dan sal ek nog vir jou iets gelaat het; maar nou niks nie!”Toe Leeu klaar het, kom Jakkals daar en kou die vleis en senings van die bene af.„Wie is daar? Loop weg! Dis my bok wat ek vir my geskiet het!” roep Kraai net driftig uit.Jakkals sê: „Parmante kry niks” en steur hom verder nie aan Kraai nie.Toe Jakkals nog die bloed oplek, kom Wolf daar en begin die bene te kou.„Wie is daar? Maak dat jy hier wegkom! Dis my bok wat ek vir my geskiet het,” roep Kraai ewe boos uit.Wolf antwoord terug: „As jy mooi gevra het, sal ek miskien nog aan jou gedink het; maar nou glad nie! Hier is nie eens genoeg kos vir my nie, wat nog te sê vir jou ook.”Toe eers vind Kraai—al blink sy klere so—tot sy leedwese uit hoe min ander van hom dink en hoe min hul van sy grootpraat en skel maak.

(Stories No. 1 tot 25 vind ons in Deel I.)

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets, soos die meeste van die Boesman-stories is.

Kraai voel net honger en het ’n siek springbok onder ’n bos sien lê; maar hy sien geen kans om die siek dier dood te maak nie. Hy probeer toe om die bok se oë uit te pik; dog so siek was die springbok nog nie, en hy wou so ’n marteling sonder weerstand nie verdra nie—dus gaffel hy vir Kraai iedere maal met die horings weg. Kraai raak raad-op en gaan hulp soek. Dit sal maar swaar gaan om iemand te kry, want Kraai is maar baie inhalig en gun niemand iets nie.

Aasvoël sit daardie oggend bo-op sy hoë krans, waar hul broei en slaap; en hy sit die wêreld haarfyn na alle kante toe te beskou. Hy wil uitvind of êrens nie ’n dier dood lê nie, want hy en sy famielie voel net honger.

Kraai kom daar aangevlie en plak hom ongereken en ongenooi op een van die klippe neer, en hulle twee vra oor-en-weer na mekaar se gesondheid.

Aasvoël se antwoord is: „Net sleg!” Hy vertel toe verder dat hy die laaste paar dae net ongelukkig was, dat hy met sy vrou en kinders sonder ’n kiesvol kos sit.

Kraai voel somar dat hy by die verkeerde man om hulp kom soek het, want hulle albei voel net ewe honger. Hy dink by homself as hy Aasvoël vra om die bok vir hom (Kraai) dood te maak, dan vreet die Aasvoëls alles op en kry hy niks nie. Hy voel teleurgesteld en word somar in sy hart boos.

„Wat het jou vanoggend so vroeg hierheen gebring?” vra Aasvoël toe hy so ’n skewe blik na Kraai gooi.

„Dit gaan jou nie aan nie! Waarom is jy so vuil—kan jy jou nie was nie? Iemand sou sê daar is glad geen water in die wêreld nie,” antwoord Kraai, en hy soek skoor. Kraai is ’n ou windmaker en kan meer praat as wat hy kan doen. Maar Aasvoël is ’n man wat diep kan dink, en doen meer as wat hy mee voor die dag kom. So gee hy vir Kraai geen antwoord nie, maar draai sy kop weg en sit soontoe te kyk, beskou die rantjies haarfyn en laat sy oë oor die vlaktes dwaal.

Kraai was net vol geselskap. Hy stoot sy bors vooruit, vrywe met sy bek daarop en roep uit: „Ek is pure man; my naam is Jagter Raakskiet. Ek het volop kos en dra ’n blink pak klere!” En hy hou aan om twis te soek.

Aasvoël, wat min van sulke bogtery hou, rek sy nek uit, gee ’n blaas, klap met sy vlerke en storm vir Kraai … en daar trek Kraai, stert in die lug.

Onder in die vlakte ontmoet Kraai vir Leeu. Weer word na mekaar se welstand oor-en-weer gevra. Leeu vertel ook dat hy die vorige nag ongelukkig was: hy het baie moeite gedoen, maar kon geen wildding onder sy naels kry nie; en nou brand sy maag van honger.

Jakkals sê: „Parmante kry niks.”Jakkals sê: „Parmante kry niks.”

Jakkals sê: „Parmante kry niks.”

Weer bemerk Kraai dat hy by die verkeerde man is om hom te help die siek springbok dood te maak. Hy begin somar vir Leeu sleg te maak en weet te vertel dat Leeu se oë agter op die hakke van sy voete sit; daarom kyk hy die verkeerde pad. Struweling vind plaas, en weer moes Kraai sy stert wys en die vlug neem. Hy gaan toe gou kyk of die siek bok nog daar op die plek lê.

Andermaal probeer Kraai om die bok se oë uit te pik; dog die springbok het nog genoeg krag besit om Kraai te laat proe hoe horing-slaan smaak. Kraai moes maar weer sy rugkant wys en verder gaan hulp soek.

Daar voor kry hy vir Wolf, wat sit en huil. Hy vra vir Wolf waarom hy so hartseer voel en so moet huil.

Hy kry tot antwoord: „Ek voel baie honger—so honger dat ek in een maal ’n olifant kan opeet. Ek soek genoeg, maar kan nie kry nie.”

Nogmaals bespeur Kraai dat hy die regte man maar nie kan raakloop nie. Hy weet dat Wolf gulsig is en nooit sy maat weet as hy by kos kom nie. So begin Kraai somar: „Ek weet waarom jy so huil: jy huil net omdat jy so sleg is. Jy dra jou oë in jou maag, daarom kan jy die baie wild nie sien nie.” Hierop kies hy die wêreld vorentoe.

Daarop ontmoet hy vir Jakkals, wat ewe bly was om vir Kraai te sien. Met vriendelike laggies vra hul oor-en-weer na die welstand. Uit die staanspoor vra Jakkals: „Waar kry jy tog so baie kos om altyd uit die fyn kerf so te blink?” En hy vervolg: „Lank nie gesien nie; toe, trakteer,trakteer! Ek voel so honger dat ek alleen vanoggend ’n hele springbok kan opeet.”

„A, my naam is Jagter Raakskiet; en julle kan by my kom leer om boog vas te hou om wild te skiet.” Hier bly hy stil, want weer vind hy tot sy spyt dat Jakkals nog nie die regte man is om hom met die doodmaak van die springbok te help nie; so word hy meteens parmantig en spog op sy ou manier.

„Maar as daar nie doodmaakgoed is nie, waarvandaan moet ek kos kry?” vra Jakkals bietjie verleë.

„Wat sê jy, is daar nie doodmaakgoed nie? Jy kyk teen jou ooghare vas; want jy eet te baie gom, en daarom is jou ooghare aanmekaar vasgelym.”

„Toe kyk, en sê of jy gom in my oë sien! Maar ek sien in jou oë paddakomberse en skilpadmelk; want jy leef mos van paddas en skilpaaie.”

(Paddakombers is die groen slymplant wat op staande water en vlak strome dryf.)

Kraai voel hom toe ’n bietjie ingeklim, maar kan nie stry nie en skel net en maak keel skoon toe Jakkals op sy gemak wegdraf.

Kraai se dinkertjie staan toe stil: hy kyk voor hom op die grond; hy krap sy kop aan die een kant, dan aan die ander kant; hy pik aan sy een poot; dan pik hy weer aan die ander poot; en hy bevind hom in die middel van ek-weet-nie.

Sonder om daaraan te dink, maak Kraai sy vlerke oop en vlie reguit na die siek springbok om te gaan kyk of hy nog nie dood is nie. Daarheen ontmoet hy vir Bobbejaan,wat na ’n wilde vrugteboom toe stap. „A, hier het ek die regte man!” dog hy; en dadelik sê hy: „Ou maat, Bobbejaan, kom hou jy vir my die siek springbok vas dat ek sy oë kan uitpik, en dan maak ons hom verder dood.”

Bobbejaan het net een dwars kyk na Kraai gegee; maar hy het verder geen erg aan hom nie en stap maar nader na die boom toe.

Kraai, ewe vol geselskap, sê: „Toe, ek sal vir jou die vrugte afpluk en af gooi; kom help my.”

Bobbejaan antwoord toe vir die eerste maal: „Waar jy dink om by te kom, kan ek self klim en die tak nader trek—iets wat jy nie kan doen nie. Toe, loop maak jou eie springbok dood en laat my met rus staan.”

Ook hier was Kraai by die verkeerde kêrel. Hy sit diep te dink, en meteens word sy aandag getrek deur ’n muis wat in ’n voetpaadjie hol. Kraai, wat reeds baie honger het, spring op die muis, vang dit en wou net begin te eet.

Maar Slang kruip onder die bossie uit en roep uit: „Wat vang jy my muis? Gee dit op die daad hier!”

Kraai kry meteens ’n plan en antwoord: „Ek sal hierdie muis vir jou gee; maar dan kom jy vir my ’n siek springbok—hier naby—doodbyt. Wil jy nie, dan eet ek self die muis op; want jy het dit nie gevang nie, maar ek. Is al die muise in die veld dan joue?”

Slang beloof plegtig om die bok te gaan doodbyt; maar Kraai moet eers die muis gee. Kraai doen dit; maar ná Slang daardie tamaai groot muis ingesluk het, kon hy nie’n tree verder seil nie: hy moes ’n baie lang tyd stil lê eer die muis in sy maag verteer is, en dan eers kan hy wegkom.

Kraai voel hom toe weer aan die verkeerde ent van die pyl enboog; toe kry hy spyt dat hyself die muis maar nie opgeëet het nie. Vir Slang moet hy nou met rus laat staan, want een pik is genoeg om hom poot te laat omkeer. Die beste vir hom, so redeneer hy, is om met Aasvoël te gaan maats maak; want Aasvoël laat tog altyd genoeg vleisies en seninkies aan die afgeëte bene dat hy (Kraai) genoeg kan kry.

Dog toe Kraai by die springbok kom, was dié al so swak dat hy nie meer met sy horings vir hom van Kraai kan vry veg nie. Kraai pik toe die oë en tong uit, onderwyl die siek bok nog nie dood was nie. Hy het toe genoeg kos daaraan gehad en vlie bo in die boom om daar slim praatjies te gesels. Verder kan hy niks aan die springbok maak nie; want hy is ’n pure bog en kan nie die bok se vel stukkend skeur nie.

Leeu ruik die bloed en kom. Hy begin dadelik te eet.

Kraai roep bo uit die boom: „Wie is daar? Laat staan: dis my springbok wat ek vir my geskiet het!”

Leeu antwoord: „Dis ekke, Leeu! As jy nie met my so parmantig gewees het nie, dan sal ek nog vir jou iets gelaat het; maar nou niks nie!”

Toe Leeu klaar het, kom Jakkals daar en kou die vleis en senings van die bene af.

„Wie is daar? Loop weg! Dis my bok wat ek vir my geskiet het!” roep Kraai net driftig uit.

Jakkals sê: „Parmante kry niks” en steur hom verder nie aan Kraai nie.

Toe Jakkals nog die bloed oplek, kom Wolf daar en begin die bene te kou.

„Wie is daar? Maak dat jy hier wegkom! Dis my bok wat ek vir my geskiet het,” roep Kraai ewe boos uit.

Wolf antwoord terug: „As jy mooi gevra het, sal ek miskien nog aan jou gedink het; maar nou glad nie! Hier is nie eens genoeg kos vir my nie, wat nog te sê vir jou ook.”

Toe eers vind Kraai—al blink sy klere so—tot sy leedwese uit hoe min ander van hom dink en hoe min hul van sy grootpraat en skel maak.

Back to IndexNext