No. 39.Moeder Leeu en die Kinders.OPMERKINGS:—Hierdie storie is slegs ’n blote vertelling waarin die verbeelding vrye teuels gegee word.Daar was ’n vader Leeu en ’n moeder Leeu. Van hulle jong dae af het hul vir hulle ’n mooi jagveld uitgekies. Op ’n oop vlakte, digteby ’n kolk water en ’n ent van ’n kliprant af, het hul onder ’n klompie bome en tussen rotse ’n huis uitgekies. Onder die bome was ook ’n kol kort bosse, wat in die daaglikse spreektaal kreupelhout of ondergroei genoem word. Dus, ’n baie mooi wegkruipplek, van waar hul oor die vlakte kan sien. Daar was ook genoeg wild vir hulle, daarom was hul so tevrede daar en het daar hulle hele lewe gewoon.Hulle het altyd twee of drie kinders tegelyk. Die kinders bly dan by hulle ouers en gaan saam met hulle ouers jag om te leer hoe om self te jag. As daar weer twee of drie boeties en sussies gebore word, dan gee hulle pad en vat dan hulle eie koers om vir hulself ’n huishouding te begin.Vader Leeu en sy vrou, moeder Leeu, word ná verloop van jare oud; hulle tande word sleg, want met diestukkend-byt van harde bene moet die beste tande met verloop van jare en met naderende ouderdom ingee. Toe kan die twee oues nie meer so goed jag nie; en terwyl hulle nie meer jong kinders het nie en die ander reeds op hulle eie boer, so het hul dit nie meer so volop gekry nie. Hulle moes toe maar diere vang wat nie so vinnig hardloop nie; so ook het hul begin onder die Boesmans te vang—vernaamlik onder die ou meide wat veld-toe gaan om veldkos te soek.Hiervoor kry hul op ’n sekere tyd ’n mooi kans. Want groot buiereënthet daar geval, en baie wild kom die streek binne om op die groen veld en golwende gras te wei. Baie Boesmans volg die wild, en hulle gaan onder die klipkranse van daardie rantjie, wat naby is, woon. Die ou meide en kinders kom by die kolk, naby die leeus hulle huis, water skep; dan neem die leeus hulle kans waar om die ou meide dood te byt en die kinders lewendig te vang en na hulle huis, onder die klompie bome by die groot rotse, te bring, om daar te woon en speel.Die leeus hulle huis was so veilig en gevaarlik dat die jagters dit nie gewaag het om die leeus daar oordags te gaan aanval nie; terwyl in die nag, as die leeus op hulle stukke is, het die Boesmans glad nie daar naby gekom nie. Maar hulle sê die leeus is te gevaarlik so naby die waters, en ’n plan moet gemaak word om hulle uit te roei of te verjaag.Hulle maak ’n ou pop van velle en stop dit met gras op, sodat dit baie na ’n regte Boesman op ’n afstand lyk. Aan die nek maak hul ’n lang riem vas, en twee jagtersneem die pop mee. Hulle stap na die kolk water toe en klim daar in ’n boom. Die pop bly onder die boom; maar hulle trek gedurig aan die riem, sodat dit lyk of die pop ronddans en lewendig is. Dit is ’n ou plan wat Boesmans maak om leeus na ’n boom te lok om hul dan daar dood te skiet.Vader Leeu dink toe dat die pop ’n ou meid is wat nie in die boom kan klim nie; daarom staan sy onder die boom rond te dans. Hy maak hom gereed en gaan die pop bekruip. Toe hy die pop onder die boom bevlie, maak die twee jagters bo in die boom ’n geraas. Vader Leeu kyk met oop bek op; en dit was net wat die twee jagters wou gehad het: dadelik skiet hul gifpyle in die oop bek van vader Leeu; en ná enige oomblikke was vader Leeu ’n lyk, om nooit weer ou meide en kinders te vang nie. Dog hulle bly van Leeu se huis weg.Moeder Leeu het die moord op haar ou man al die tyd staan aanskou; so was dit ’n waarskuwing vir haar om nie meer ou meide en kinders te gaan vang nie. Sy moet dus ’n ander plan maak. Sy wapen toe die Boesman-kinders wat by haar woon, met knopkieries; sy gaan self in die nag met hulle jag. Sy vang wild en hou die prooi vas, en dan kom die kinders en slaan met hulle knopkieries die ding dood wat gevang is. So het hul op ’n ander manier al die tyd volop kos gehad. Sy wou die kinders nie na die kolk toe stuur om water te haal nie; want dan mag dit gebeur dat hulle eie ouers vir hulle daar sien, en kan vir hulle daar kom haal en na hulle huise toe neem.By moeder Leeu haar huis het ’n groot en kragtige donkergroen boom gegroei, wat sulke lekker vrugte gedra het. Die kinders was baie gek na daardie vrugte. Sodra hul daarvan geëet het, dan vergeet hul alles wat tevore gebeur het. So het hul glad vergeet dat hul Boesmans vir ouers het. Hulle verkeer toe maar onder die vaste verbeelding dat moeder Leeu hulle regte moeder is en dat dit hulle plig is om vir haar te sorg. Ewe tevrede speel hul onder daardie klompie bome en gaan nooit daaronder oordags uit nie. Maar snags is hulle Kaatjie van die baan: dan baljaar hul rond of is doodstil as hulle op die jagtog uit is.Later word moeder Leeu sieklik en kry ’n slegte bors, dan moet die kinders haar bors kom vrywe—en dit het hul met die grootste bereidwilligheid gedoen. Van toe af het hul baiemaal self alleen gaan jag en was nog altyd in staat om ’n stukkie kos vir sieklike moeder Leeu huis-toe te bring, waaroor sy altyd baie dankbaar is; en om haar dankbaarheid te betoon, lek sy die hande en voete van die kinders as hul op haar lê en met haar ore of stert speel.Hulle was, in kort, ’n gelukkige gesin daar onder die bome.Maar op ’n goeie dag hoor een van die dapperste Boesmans kinders onder die bome by moeder Leeu haar huis speel en lag. Hy sê toe by homself: „As die leeus daardie kinders nie vang en doodbyt nie, dan sal hul dit aan my ook nie doen nie.”Hy stap daarheen en kry die vrolike kinders daar net alleen, want moeder Leeu het net na die kolk toe gestap om in ’n hartbeespens water te gaan haal.Die dapper Boesman praat met die kinders, en dadelik bemerk hy dat hul niks meer van hulle ouers af weet nie; dog hy ken nog al die kinders en weet wie hulle ouers is. Hy het „houtjies” in sy knapsakkie gehad—„houtjies” wat sy toordokter vir hom gegee het; en hy laat al die kinders daaraan kou, en toe kom hulle vorige verstand weer terug. Hulle kry toe dadelik ’n begrip dat hul kinders van Boesmans is, en nie van leeus nie.Toe sê hy: „Julle twee wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand onder daardie krans. Sien jul die rokie daar uitslaan?” En die twee kinders spring op en hol na hulle ouers se huis toe.Daarop sê hy weer: „Julle drie wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand onder daardie krans waar die groot boom staan. Sien jul die rokie daar uitslaan?” Die twee kinders spring op en hol reguit na hulle ouers se huis toe.Daarop sê hy weer: „Julle drie wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand hoog bo in daardie diep kloof. Sien julle die rokie daar uitslaan?” Die drie kinders staan op en hol reguit na hulle ouers se huis toe.Toe bly daar nog net een kind sit, en die Boesman sê: „Jou ouers se vuurtjie brand daar in die ander diep kloof. Sien jy die rokie daar uitslaan?” En die kind hol ook na sy ouers se huis toe.’n Ruk daarna kom moeder Leeu met die water aangestap. Deur haar bors swak was, was sy uitasem. Sy hoor of sien die kinders nie, maar sien ’n volwasse Boesman daar sit, en sy vra: „Waar is die kinders?”Hy antwoord: „Die kinders is nie meer hier nie.”Sy kry trane in die oë en roep uit: „Waar, waar is die kinders? Wat gaan ek doen sonder die kinders? Waar, waar is die gehoorsame kinders?” En sy huil bitterlik kwyl en trane.Daarop sê sy huilend aan die Boesman: „Jy het die kinders hier kom wegvat. Hulle was so tevrede hier en het altyd so soet gespeel; waarom doen jy dit? Kan jy nie sien ek word al grys en oud nie? Nee, ek is al oud; ek is al grys.” En sy huil hardop.Al wat die Boesman antwoord, is: „Die kinders is nie meer hier nie.” Hierop vat hy sy goed en stap ook na sy huis toe.Moeder Leeu het daarop toe sieker en sieker geword; en toe sy haar kop neerlê, was daar nie kinders om haar benoude bors te vrywe nie. En sy het hul ook nie meer by haar om hulle hande en voete te lek nie.Maar die ouers van die kinders wou uit hulle velle spring van blydskap toe hul hulle kinders weer by en rondom hul sien speel en lag; want dit was hulle kinders,en nie dié van moeder Leeu nie.

No. 39.Moeder Leeu en die Kinders.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is slegs ’n blote vertelling waarin die verbeelding vrye teuels gegee word.Daar was ’n vader Leeu en ’n moeder Leeu. Van hulle jong dae af het hul vir hulle ’n mooi jagveld uitgekies. Op ’n oop vlakte, digteby ’n kolk water en ’n ent van ’n kliprant af, het hul onder ’n klompie bome en tussen rotse ’n huis uitgekies. Onder die bome was ook ’n kol kort bosse, wat in die daaglikse spreektaal kreupelhout of ondergroei genoem word. Dus, ’n baie mooi wegkruipplek, van waar hul oor die vlakte kan sien. Daar was ook genoeg wild vir hulle, daarom was hul so tevrede daar en het daar hulle hele lewe gewoon.Hulle het altyd twee of drie kinders tegelyk. Die kinders bly dan by hulle ouers en gaan saam met hulle ouers jag om te leer hoe om self te jag. As daar weer twee of drie boeties en sussies gebore word, dan gee hulle pad en vat dan hulle eie koers om vir hulself ’n huishouding te begin.Vader Leeu en sy vrou, moeder Leeu, word ná verloop van jare oud; hulle tande word sleg, want met diestukkend-byt van harde bene moet die beste tande met verloop van jare en met naderende ouderdom ingee. Toe kan die twee oues nie meer so goed jag nie; en terwyl hulle nie meer jong kinders het nie en die ander reeds op hulle eie boer, so het hul dit nie meer so volop gekry nie. Hulle moes toe maar diere vang wat nie so vinnig hardloop nie; so ook het hul begin onder die Boesmans te vang—vernaamlik onder die ou meide wat veld-toe gaan om veldkos te soek.Hiervoor kry hul op ’n sekere tyd ’n mooi kans. Want groot buiereënthet daar geval, en baie wild kom die streek binne om op die groen veld en golwende gras te wei. Baie Boesmans volg die wild, en hulle gaan onder die klipkranse van daardie rantjie, wat naby is, woon. Die ou meide en kinders kom by die kolk, naby die leeus hulle huis, water skep; dan neem die leeus hulle kans waar om die ou meide dood te byt en die kinders lewendig te vang en na hulle huis, onder die klompie bome by die groot rotse, te bring, om daar te woon en speel.Die leeus hulle huis was so veilig en gevaarlik dat die jagters dit nie gewaag het om die leeus daar oordags te gaan aanval nie; terwyl in die nag, as die leeus op hulle stukke is, het die Boesmans glad nie daar naby gekom nie. Maar hulle sê die leeus is te gevaarlik so naby die waters, en ’n plan moet gemaak word om hulle uit te roei of te verjaag.Hulle maak ’n ou pop van velle en stop dit met gras op, sodat dit baie na ’n regte Boesman op ’n afstand lyk. Aan die nek maak hul ’n lang riem vas, en twee jagtersneem die pop mee. Hulle stap na die kolk water toe en klim daar in ’n boom. Die pop bly onder die boom; maar hulle trek gedurig aan die riem, sodat dit lyk of die pop ronddans en lewendig is. Dit is ’n ou plan wat Boesmans maak om leeus na ’n boom te lok om hul dan daar dood te skiet.Vader Leeu dink toe dat die pop ’n ou meid is wat nie in die boom kan klim nie; daarom staan sy onder die boom rond te dans. Hy maak hom gereed en gaan die pop bekruip. Toe hy die pop onder die boom bevlie, maak die twee jagters bo in die boom ’n geraas. Vader Leeu kyk met oop bek op; en dit was net wat die twee jagters wou gehad het: dadelik skiet hul gifpyle in die oop bek van vader Leeu; en ná enige oomblikke was vader Leeu ’n lyk, om nooit weer ou meide en kinders te vang nie. Dog hulle bly van Leeu se huis weg.Moeder Leeu het die moord op haar ou man al die tyd staan aanskou; so was dit ’n waarskuwing vir haar om nie meer ou meide en kinders te gaan vang nie. Sy moet dus ’n ander plan maak. Sy wapen toe die Boesman-kinders wat by haar woon, met knopkieries; sy gaan self in die nag met hulle jag. Sy vang wild en hou die prooi vas, en dan kom die kinders en slaan met hulle knopkieries die ding dood wat gevang is. So het hul op ’n ander manier al die tyd volop kos gehad. Sy wou die kinders nie na die kolk toe stuur om water te haal nie; want dan mag dit gebeur dat hulle eie ouers vir hulle daar sien, en kan vir hulle daar kom haal en na hulle huise toe neem.By moeder Leeu haar huis het ’n groot en kragtige donkergroen boom gegroei, wat sulke lekker vrugte gedra het. Die kinders was baie gek na daardie vrugte. Sodra hul daarvan geëet het, dan vergeet hul alles wat tevore gebeur het. So het hul glad vergeet dat hul Boesmans vir ouers het. Hulle verkeer toe maar onder die vaste verbeelding dat moeder Leeu hulle regte moeder is en dat dit hulle plig is om vir haar te sorg. Ewe tevrede speel hul onder daardie klompie bome en gaan nooit daaronder oordags uit nie. Maar snags is hulle Kaatjie van die baan: dan baljaar hul rond of is doodstil as hulle op die jagtog uit is.Later word moeder Leeu sieklik en kry ’n slegte bors, dan moet die kinders haar bors kom vrywe—en dit het hul met die grootste bereidwilligheid gedoen. Van toe af het hul baiemaal self alleen gaan jag en was nog altyd in staat om ’n stukkie kos vir sieklike moeder Leeu huis-toe te bring, waaroor sy altyd baie dankbaar is; en om haar dankbaarheid te betoon, lek sy die hande en voete van die kinders as hul op haar lê en met haar ore of stert speel.Hulle was, in kort, ’n gelukkige gesin daar onder die bome.Maar op ’n goeie dag hoor een van die dapperste Boesmans kinders onder die bome by moeder Leeu haar huis speel en lag. Hy sê toe by homself: „As die leeus daardie kinders nie vang en doodbyt nie, dan sal hul dit aan my ook nie doen nie.”Hy stap daarheen en kry die vrolike kinders daar net alleen, want moeder Leeu het net na die kolk toe gestap om in ’n hartbeespens water te gaan haal.Die dapper Boesman praat met die kinders, en dadelik bemerk hy dat hul niks meer van hulle ouers af weet nie; dog hy ken nog al die kinders en weet wie hulle ouers is. Hy het „houtjies” in sy knapsakkie gehad—„houtjies” wat sy toordokter vir hom gegee het; en hy laat al die kinders daaraan kou, en toe kom hulle vorige verstand weer terug. Hulle kry toe dadelik ’n begrip dat hul kinders van Boesmans is, en nie van leeus nie.Toe sê hy: „Julle twee wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand onder daardie krans. Sien jul die rokie daar uitslaan?” En die twee kinders spring op en hol na hulle ouers se huis toe.Daarop sê hy weer: „Julle drie wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand onder daardie krans waar die groot boom staan. Sien jul die rokie daar uitslaan?” Die twee kinders spring op en hol reguit na hulle ouers se huis toe.Daarop sê hy weer: „Julle drie wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand hoog bo in daardie diep kloof. Sien julle die rokie daar uitslaan?” Die drie kinders staan op en hol reguit na hulle ouers se huis toe.Toe bly daar nog net een kind sit, en die Boesman sê: „Jou ouers se vuurtjie brand daar in die ander diep kloof. Sien jy die rokie daar uitslaan?” En die kind hol ook na sy ouers se huis toe.’n Ruk daarna kom moeder Leeu met die water aangestap. Deur haar bors swak was, was sy uitasem. Sy hoor of sien die kinders nie, maar sien ’n volwasse Boesman daar sit, en sy vra: „Waar is die kinders?”Hy antwoord: „Die kinders is nie meer hier nie.”Sy kry trane in die oë en roep uit: „Waar, waar is die kinders? Wat gaan ek doen sonder die kinders? Waar, waar is die gehoorsame kinders?” En sy huil bitterlik kwyl en trane.Daarop sê sy huilend aan die Boesman: „Jy het die kinders hier kom wegvat. Hulle was so tevrede hier en het altyd so soet gespeel; waarom doen jy dit? Kan jy nie sien ek word al grys en oud nie? Nee, ek is al oud; ek is al grys.” En sy huil hardop.Al wat die Boesman antwoord, is: „Die kinders is nie meer hier nie.” Hierop vat hy sy goed en stap ook na sy huis toe.Moeder Leeu het daarop toe sieker en sieker geword; en toe sy haar kop neerlê, was daar nie kinders om haar benoude bors te vrywe nie. En sy het hul ook nie meer by haar om hulle hande en voete te lek nie.Maar die ouers van die kinders wou uit hulle velle spring van blydskap toe hul hulle kinders weer by en rondom hul sien speel en lag; want dit was hulle kinders,en nie dié van moeder Leeu nie.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is slegs ’n blote vertelling waarin die verbeelding vrye teuels gegee word.
Daar was ’n vader Leeu en ’n moeder Leeu. Van hulle jong dae af het hul vir hulle ’n mooi jagveld uitgekies. Op ’n oop vlakte, digteby ’n kolk water en ’n ent van ’n kliprant af, het hul onder ’n klompie bome en tussen rotse ’n huis uitgekies. Onder die bome was ook ’n kol kort bosse, wat in die daaglikse spreektaal kreupelhout of ondergroei genoem word. Dus, ’n baie mooi wegkruipplek, van waar hul oor die vlakte kan sien. Daar was ook genoeg wild vir hulle, daarom was hul so tevrede daar en het daar hulle hele lewe gewoon.
Hulle het altyd twee of drie kinders tegelyk. Die kinders bly dan by hulle ouers en gaan saam met hulle ouers jag om te leer hoe om self te jag. As daar weer twee of drie boeties en sussies gebore word, dan gee hulle pad en vat dan hulle eie koers om vir hulself ’n huishouding te begin.
Vader Leeu en sy vrou, moeder Leeu, word ná verloop van jare oud; hulle tande word sleg, want met diestukkend-byt van harde bene moet die beste tande met verloop van jare en met naderende ouderdom ingee. Toe kan die twee oues nie meer so goed jag nie; en terwyl hulle nie meer jong kinders het nie en die ander reeds op hulle eie boer, so het hul dit nie meer so volop gekry nie. Hulle moes toe maar diere vang wat nie so vinnig hardloop nie; so ook het hul begin onder die Boesmans te vang—vernaamlik onder die ou meide wat veld-toe gaan om veldkos te soek.
Hiervoor kry hul op ’n sekere tyd ’n mooi kans. Want groot buiereënthet daar geval, en baie wild kom die streek binne om op die groen veld en golwende gras te wei. Baie Boesmans volg die wild, en hulle gaan onder die klipkranse van daardie rantjie, wat naby is, woon. Die ou meide en kinders kom by die kolk, naby die leeus hulle huis, water skep; dan neem die leeus hulle kans waar om die ou meide dood te byt en die kinders lewendig te vang en na hulle huis, onder die klompie bome by die groot rotse, te bring, om daar te woon en speel.
Die leeus hulle huis was so veilig en gevaarlik dat die jagters dit nie gewaag het om die leeus daar oordags te gaan aanval nie; terwyl in die nag, as die leeus op hulle stukke is, het die Boesmans glad nie daar naby gekom nie. Maar hulle sê die leeus is te gevaarlik so naby die waters, en ’n plan moet gemaak word om hulle uit te roei of te verjaag.
Hulle maak ’n ou pop van velle en stop dit met gras op, sodat dit baie na ’n regte Boesman op ’n afstand lyk. Aan die nek maak hul ’n lang riem vas, en twee jagtersneem die pop mee. Hulle stap na die kolk water toe en klim daar in ’n boom. Die pop bly onder die boom; maar hulle trek gedurig aan die riem, sodat dit lyk of die pop ronddans en lewendig is. Dit is ’n ou plan wat Boesmans maak om leeus na ’n boom te lok om hul dan daar dood te skiet.
Vader Leeu dink toe dat die pop ’n ou meid is wat nie in die boom kan klim nie; daarom staan sy onder die boom rond te dans. Hy maak hom gereed en gaan die pop bekruip. Toe hy die pop onder die boom bevlie, maak die twee jagters bo in die boom ’n geraas. Vader Leeu kyk met oop bek op; en dit was net wat die twee jagters wou gehad het: dadelik skiet hul gifpyle in die oop bek van vader Leeu; en ná enige oomblikke was vader Leeu ’n lyk, om nooit weer ou meide en kinders te vang nie. Dog hulle bly van Leeu se huis weg.
Moeder Leeu het die moord op haar ou man al die tyd staan aanskou; so was dit ’n waarskuwing vir haar om nie meer ou meide en kinders te gaan vang nie. Sy moet dus ’n ander plan maak. Sy wapen toe die Boesman-kinders wat by haar woon, met knopkieries; sy gaan self in die nag met hulle jag. Sy vang wild en hou die prooi vas, en dan kom die kinders en slaan met hulle knopkieries die ding dood wat gevang is. So het hul op ’n ander manier al die tyd volop kos gehad. Sy wou die kinders nie na die kolk toe stuur om water te haal nie; want dan mag dit gebeur dat hulle eie ouers vir hulle daar sien, en kan vir hulle daar kom haal en na hulle huise toe neem.
By moeder Leeu haar huis het ’n groot en kragtige donkergroen boom gegroei, wat sulke lekker vrugte gedra het. Die kinders was baie gek na daardie vrugte. Sodra hul daarvan geëet het, dan vergeet hul alles wat tevore gebeur het. So het hul glad vergeet dat hul Boesmans vir ouers het. Hulle verkeer toe maar onder die vaste verbeelding dat moeder Leeu hulle regte moeder is en dat dit hulle plig is om vir haar te sorg. Ewe tevrede speel hul onder daardie klompie bome en gaan nooit daaronder oordags uit nie. Maar snags is hulle Kaatjie van die baan: dan baljaar hul rond of is doodstil as hulle op die jagtog uit is.
Later word moeder Leeu sieklik en kry ’n slegte bors, dan moet die kinders haar bors kom vrywe—en dit het hul met die grootste bereidwilligheid gedoen. Van toe af het hul baiemaal self alleen gaan jag en was nog altyd in staat om ’n stukkie kos vir sieklike moeder Leeu huis-toe te bring, waaroor sy altyd baie dankbaar is; en om haar dankbaarheid te betoon, lek sy die hande en voete van die kinders as hul op haar lê en met haar ore of stert speel.
Hulle was, in kort, ’n gelukkige gesin daar onder die bome.
Maar op ’n goeie dag hoor een van die dapperste Boesmans kinders onder die bome by moeder Leeu haar huis speel en lag. Hy sê toe by homself: „As die leeus daardie kinders nie vang en doodbyt nie, dan sal hul dit aan my ook nie doen nie.”
Hy stap daarheen en kry die vrolike kinders daar net alleen, want moeder Leeu het net na die kolk toe gestap om in ’n hartbeespens water te gaan haal.
Die dapper Boesman praat met die kinders, en dadelik bemerk hy dat hul niks meer van hulle ouers af weet nie; dog hy ken nog al die kinders en weet wie hulle ouers is. Hy het „houtjies” in sy knapsakkie gehad—„houtjies” wat sy toordokter vir hom gegee het; en hy laat al die kinders daaraan kou, en toe kom hulle vorige verstand weer terug. Hulle kry toe dadelik ’n begrip dat hul kinders van Boesmans is, en nie van leeus nie.
Toe sê hy: „Julle twee wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand onder daardie krans. Sien jul die rokie daar uitslaan?” En die twee kinders spring op en hol na hulle ouers se huis toe.
Daarop sê hy weer: „Julle drie wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand onder daardie krans waar die groot boom staan. Sien jul die rokie daar uitslaan?” Die twee kinders spring op en hol reguit na hulle ouers se huis toe.
Daarop sê hy weer: „Julle drie wat daar so sit, julle ouers se vuurtjie brand hoog bo in daardie diep kloof. Sien julle die rokie daar uitslaan?” Die drie kinders staan op en hol reguit na hulle ouers se huis toe.
Toe bly daar nog net een kind sit, en die Boesman sê: „Jou ouers se vuurtjie brand daar in die ander diep kloof. Sien jy die rokie daar uitslaan?” En die kind hol ook na sy ouers se huis toe.
’n Ruk daarna kom moeder Leeu met die water aangestap. Deur haar bors swak was, was sy uitasem. Sy hoor of sien die kinders nie, maar sien ’n volwasse Boesman daar sit, en sy vra: „Waar is die kinders?”
Hy antwoord: „Die kinders is nie meer hier nie.”
Sy kry trane in die oë en roep uit: „Waar, waar is die kinders? Wat gaan ek doen sonder die kinders? Waar, waar is die gehoorsame kinders?” En sy huil bitterlik kwyl en trane.
Daarop sê sy huilend aan die Boesman: „Jy het die kinders hier kom wegvat. Hulle was so tevrede hier en het altyd so soet gespeel; waarom doen jy dit? Kan jy nie sien ek word al grys en oud nie? Nee, ek is al oud; ek is al grys.” En sy huil hardop.
Al wat die Boesman antwoord, is: „Die kinders is nie meer hier nie.” Hierop vat hy sy goed en stap ook na sy huis toe.
Moeder Leeu het daarop toe sieker en sieker geword; en toe sy haar kop neerlê, was daar nie kinders om haar benoude bors te vrywe nie. En sy het hul ook nie meer by haar om hulle hande en voete te lek nie.
Maar die ouers van die kinders wou uit hulle velle spring van blydskap toe hul hulle kinders weer by en rondom hul sien speel en lag; want dit was hulle kinders,en nie dié van moeder Leeu nie.