No. 41.Leeu binne die Hut by die Kind.OPMERKINGS:—Dit is die enigste storie wat onder ons aandag gekom het waar Boesmans en Hottentots dieselfde verhaal op hulle eie manier vertel.’nBoesman en sy vrou het net een meisiekind gehad, wat net begin te praat. Hulle twee stap veld-toe en neem die kind mee. Die vader help vir die moeder om boesmanrys uit te grawe, en onderwyl sit die kind te speel of loop naby hulle rond. Die meisiekind kon sulke snaakse dingetjies sê, waaroor die ouers staan en lag, want sy praat nog krom.Ná die twee oues genoeg boesmanrys uitgegrawe het, en ná hul die kluite daartussen uitgesoek het, stap hul water-toe om die sand tussen die rys uit te was. Die vader dra die knapsak met rys, en die moeder dra die kind op haar rug. Onderwyl lag hul nog altyd oor die snaaksheid van die kind. Daar spring toe ’n vlakbokkie uit. Die vader, wat al die tyd met pyl en boog in sy hande gereed gestap het, skiet die vlakbokkie, en die diertjie val ná ’n entjie te gehol het, dood. Nou het hul meer kos as wat die gesin in een nag kan opeet.Toe hul by hulle hut kom, gaan die son onder. Solank die vader slag, begin die moeder al aan die binnegoed tebraai. Dit sou vir twee witmense en ’n klein kind oorgenoeg kos gewees het; maar vir Boesmans is dit maar net peuselkossies. Hulle begin ook van die vleis te kook en braai en eet een streep deur. In dieselfde tyd maak die moeder ook die boesmanrys gaar en bêre dit in leë volstruiseierdoppe, want hulle het dié aand net ’n groot vleishonger gehad; daarom word die vleis net hard aangespreek. En toe hul laat in die nag gaan slaap, was daar nog maar min van daardie vlakbokkie oor. Die ouers gaan onder hulle velle slaap, maar die kind nie.Dog soos ’n kind is, sit die klein meidjie aaneen te kerm oor boesmanrys. Die ouers sê dat sy oorgenoeg gehad het en nou maar moet kom slaap. Maar nee—die klein kind bly by die vuur sit en dwing net oor rys, en sy begin toe hard te huil.Leeu hoor die kind en kom kruip-kruip aan. Hy sien toe die kind alleen langs die vuur sit, terwyl die ouers onder hulle velle lê. Hulle het nog nie geslaap nie, want die kind raas en huil te baie. Slaan help ook nie.Leeu kom in die deur van die groot hut sit. Nou kan niemand uitvlug nie. Toe die ouers dit gewaar, ruk hul hulle koppe onder die karos en lê doodstil.Leeu het sy planne klaar: hy wil die ouers opvreet, en nie die kind nie. So begin hy tydsaam met die kind te speel. Hy steek sy poot uit, vat aan die kind en speel nes ’n kat met haar.Die ouers wou sterwe van angs, dog haal nouliks asem.Maar die kind vind hierdie spelery van Leeu erg prettig; sy lag daaroor en sê ieder maal: „Ek ’tieke jou!Ek ’tieke jou!” terwyl sy vir Leeu met ’n stokkie kielie en steek.Leeu vind hierdie soort speletjies net so prettig as die kind en word ewe vrolik; en dit loop op ’n soort baljaardery uit, sodat Leeu soms op die twee ouers onder die karos trap, maar hy laat nie merk dat hy weet dat hulle daar lê nie; dan wil die vader en moeder onder die karos van angs sterwe.Leeu slaan aljimmers die stokkie uit die hand van die kind en paai haar dan met sy poot. Eindelik gryp die kind ’n stompie vuur met ’n vlammetjie aan onder die pot uit en sê weer: „Ek ’tieke jou! Ek ’tieke jou!” en sy prop die vlam in die lang maanhare van Leeu; die hare raak aan brand; en hoe meer Leeu sy kop skud, hoe meer die vlamme ruis. Hy neem die vlug; en so ver as hy hol, steek hy die veld aan brand.Toe vir die eerste maal loer die ouers onder die karos uit of Leeu wel weg is en of dit wel waar is wat die kind uitroep: „Kyk hoe b’and hy! Kyk hoe b’and hy!”—natuurlik in die Boesman-taal.Daarop kruip hul onder die velle uit. Hulle sien hoe die veld brand, hoe Leeu in volle vlam rondhol, en hoe hy eindelik dood teen die grond neerslaan. Toe weet hul om aan die kind ’n volstruiseierdop vol boesmanrys te gee; want sy het hul van die dood verlos. Toe kan hul haar nie genoeg dank en prys nie.(Die laaste part van hierdie storie moet ons welvoeglikheidshalwe onderdruk.)

No. 41.Leeu binne die Hut by die Kind.
OPMERKINGS:—Dit is die enigste storie wat onder ons aandag gekom het waar Boesmans en Hottentots dieselfde verhaal op hulle eie manier vertel.’nBoesman en sy vrou het net een meisiekind gehad, wat net begin te praat. Hulle twee stap veld-toe en neem die kind mee. Die vader help vir die moeder om boesmanrys uit te grawe, en onderwyl sit die kind te speel of loop naby hulle rond. Die meisiekind kon sulke snaakse dingetjies sê, waaroor die ouers staan en lag, want sy praat nog krom.Ná die twee oues genoeg boesmanrys uitgegrawe het, en ná hul die kluite daartussen uitgesoek het, stap hul water-toe om die sand tussen die rys uit te was. Die vader dra die knapsak met rys, en die moeder dra die kind op haar rug. Onderwyl lag hul nog altyd oor die snaaksheid van die kind. Daar spring toe ’n vlakbokkie uit. Die vader, wat al die tyd met pyl en boog in sy hande gereed gestap het, skiet die vlakbokkie, en die diertjie val ná ’n entjie te gehol het, dood. Nou het hul meer kos as wat die gesin in een nag kan opeet.Toe hul by hulle hut kom, gaan die son onder. Solank die vader slag, begin die moeder al aan die binnegoed tebraai. Dit sou vir twee witmense en ’n klein kind oorgenoeg kos gewees het; maar vir Boesmans is dit maar net peuselkossies. Hulle begin ook van die vleis te kook en braai en eet een streep deur. In dieselfde tyd maak die moeder ook die boesmanrys gaar en bêre dit in leë volstruiseierdoppe, want hulle het dié aand net ’n groot vleishonger gehad; daarom word die vleis net hard aangespreek. En toe hul laat in die nag gaan slaap, was daar nog maar min van daardie vlakbokkie oor. Die ouers gaan onder hulle velle slaap, maar die kind nie.Dog soos ’n kind is, sit die klein meidjie aaneen te kerm oor boesmanrys. Die ouers sê dat sy oorgenoeg gehad het en nou maar moet kom slaap. Maar nee—die klein kind bly by die vuur sit en dwing net oor rys, en sy begin toe hard te huil.Leeu hoor die kind en kom kruip-kruip aan. Hy sien toe die kind alleen langs die vuur sit, terwyl die ouers onder hulle velle lê. Hulle het nog nie geslaap nie, want die kind raas en huil te baie. Slaan help ook nie.Leeu kom in die deur van die groot hut sit. Nou kan niemand uitvlug nie. Toe die ouers dit gewaar, ruk hul hulle koppe onder die karos en lê doodstil.Leeu het sy planne klaar: hy wil die ouers opvreet, en nie die kind nie. So begin hy tydsaam met die kind te speel. Hy steek sy poot uit, vat aan die kind en speel nes ’n kat met haar.Die ouers wou sterwe van angs, dog haal nouliks asem.Maar die kind vind hierdie spelery van Leeu erg prettig; sy lag daaroor en sê ieder maal: „Ek ’tieke jou!Ek ’tieke jou!” terwyl sy vir Leeu met ’n stokkie kielie en steek.Leeu vind hierdie soort speletjies net so prettig as die kind en word ewe vrolik; en dit loop op ’n soort baljaardery uit, sodat Leeu soms op die twee ouers onder die karos trap, maar hy laat nie merk dat hy weet dat hulle daar lê nie; dan wil die vader en moeder onder die karos van angs sterwe.Leeu slaan aljimmers die stokkie uit die hand van die kind en paai haar dan met sy poot. Eindelik gryp die kind ’n stompie vuur met ’n vlammetjie aan onder die pot uit en sê weer: „Ek ’tieke jou! Ek ’tieke jou!” en sy prop die vlam in die lang maanhare van Leeu; die hare raak aan brand; en hoe meer Leeu sy kop skud, hoe meer die vlamme ruis. Hy neem die vlug; en so ver as hy hol, steek hy die veld aan brand.Toe vir die eerste maal loer die ouers onder die karos uit of Leeu wel weg is en of dit wel waar is wat die kind uitroep: „Kyk hoe b’and hy! Kyk hoe b’and hy!”—natuurlik in die Boesman-taal.Daarop kruip hul onder die velle uit. Hulle sien hoe die veld brand, hoe Leeu in volle vlam rondhol, en hoe hy eindelik dood teen die grond neerslaan. Toe weet hul om aan die kind ’n volstruiseierdop vol boesmanrys te gee; want sy het hul van die dood verlos. Toe kan hul haar nie genoeg dank en prys nie.(Die laaste part van hierdie storie moet ons welvoeglikheidshalwe onderdruk.)
OPMERKINGS:—Dit is die enigste storie wat onder ons aandag gekom het waar Boesmans en Hottentots dieselfde verhaal op hulle eie manier vertel.
’nBoesman en sy vrou het net een meisiekind gehad, wat net begin te praat. Hulle twee stap veld-toe en neem die kind mee. Die vader help vir die moeder om boesmanrys uit te grawe, en onderwyl sit die kind te speel of loop naby hulle rond. Die meisiekind kon sulke snaakse dingetjies sê, waaroor die ouers staan en lag, want sy praat nog krom.
Ná die twee oues genoeg boesmanrys uitgegrawe het, en ná hul die kluite daartussen uitgesoek het, stap hul water-toe om die sand tussen die rys uit te was. Die vader dra die knapsak met rys, en die moeder dra die kind op haar rug. Onderwyl lag hul nog altyd oor die snaaksheid van die kind. Daar spring toe ’n vlakbokkie uit. Die vader, wat al die tyd met pyl en boog in sy hande gereed gestap het, skiet die vlakbokkie, en die diertjie val ná ’n entjie te gehol het, dood. Nou het hul meer kos as wat die gesin in een nag kan opeet.
Toe hul by hulle hut kom, gaan die son onder. Solank die vader slag, begin die moeder al aan die binnegoed tebraai. Dit sou vir twee witmense en ’n klein kind oorgenoeg kos gewees het; maar vir Boesmans is dit maar net peuselkossies. Hulle begin ook van die vleis te kook en braai en eet een streep deur. In dieselfde tyd maak die moeder ook die boesmanrys gaar en bêre dit in leë volstruiseierdoppe, want hulle het dié aand net ’n groot vleishonger gehad; daarom word die vleis net hard aangespreek. En toe hul laat in die nag gaan slaap, was daar nog maar min van daardie vlakbokkie oor. Die ouers gaan onder hulle velle slaap, maar die kind nie.
Dog soos ’n kind is, sit die klein meidjie aaneen te kerm oor boesmanrys. Die ouers sê dat sy oorgenoeg gehad het en nou maar moet kom slaap. Maar nee—die klein kind bly by die vuur sit en dwing net oor rys, en sy begin toe hard te huil.
Leeu hoor die kind en kom kruip-kruip aan. Hy sien toe die kind alleen langs die vuur sit, terwyl die ouers onder hulle velle lê. Hulle het nog nie geslaap nie, want die kind raas en huil te baie. Slaan help ook nie.
Leeu kom in die deur van die groot hut sit. Nou kan niemand uitvlug nie. Toe die ouers dit gewaar, ruk hul hulle koppe onder die karos en lê doodstil.
Leeu het sy planne klaar: hy wil die ouers opvreet, en nie die kind nie. So begin hy tydsaam met die kind te speel. Hy steek sy poot uit, vat aan die kind en speel nes ’n kat met haar.
Die ouers wou sterwe van angs, dog haal nouliks asem.
Maar die kind vind hierdie spelery van Leeu erg prettig; sy lag daaroor en sê ieder maal: „Ek ’tieke jou!Ek ’tieke jou!” terwyl sy vir Leeu met ’n stokkie kielie en steek.
Leeu vind hierdie soort speletjies net so prettig as die kind en word ewe vrolik; en dit loop op ’n soort baljaardery uit, sodat Leeu soms op die twee ouers onder die karos trap, maar hy laat nie merk dat hy weet dat hulle daar lê nie; dan wil die vader en moeder onder die karos van angs sterwe.
Leeu slaan aljimmers die stokkie uit die hand van die kind en paai haar dan met sy poot. Eindelik gryp die kind ’n stompie vuur met ’n vlammetjie aan onder die pot uit en sê weer: „Ek ’tieke jou! Ek ’tieke jou!” en sy prop die vlam in die lang maanhare van Leeu; die hare raak aan brand; en hoe meer Leeu sy kop skud, hoe meer die vlamme ruis. Hy neem die vlug; en so ver as hy hol, steek hy die veld aan brand.
Toe vir die eerste maal loer die ouers onder die karos uit of Leeu wel weg is en of dit wel waar is wat die kind uitroep: „Kyk hoe b’and hy! Kyk hoe b’and hy!”—natuurlik in die Boesman-taal.
Daarop kruip hul onder die velle uit. Hulle sien hoe die veld brand, hoe Leeu in volle vlam rondhol, en hoe hy eindelik dood teen die grond neerslaan. Toe weet hul om aan die kind ’n volstruiseierdop vol boesmanrys te gee; want sy het hul van die dood verlos. Toe kan hul haar nie genoeg dank en prys nie.
(Die laaste part van hierdie storie moet ons welvoeglikheidshalwe onderdruk.)