No. 47.

No. 47.Die Wolke.OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n blote beskouing oor wolke en wat enkele wolke beteken—natuurlik ’n Boesman se opvatting.Wolke! Wat vir goed is dit? Algar die wolke is nie van een soort nie. Daar is wolke wat reën uitgiet, en daar is van hulle wat droog is en nie water bevat nie. Dan is daar donderwolke, wat water, vuur en swareweer-stene bevat; en daar is wat net hare, vere en wind bevat. So is algar die wolke glad nie eners nie.Die wind is die asem van al die goed wat lewe. So is die stormwinde die asem van Grootvoël, wat in ’n gat in die berge woon, wat hom in wolke kan wegsteek en wat dan na die see vlie om reën te gaan haal. Dan kom hy met groot gedruis in die wolke; hy blaas met sy bek en klap met sy vlerke sonder om uit die wolk te voorskyn te kom. Daarom waai daar altyd ’n windjie as ’n wolk oor ons koppe heensweef.As iemand sterf, dan word sy hare wolke. As ’n voël sterf, word sy vere ook wolke. Maar hierdie soort wolke gee nie rëen nie; want hulle is net hare en vere, wat nie waterbevat nie; daarom kom hul en verdwyn sonder om ’n druppel te laat val. Want hulle is hare en vere wat somar maklik deur die asem van Grootvoël verjaag word.As iemand gesterwe het, dan staan sy spore nog vars in die sand asof die persoon nog leef; maar hy is dood. Sy asem, wat sy wind is, het klaar uitgewaai, sy hart het omgekantel en kan nie meer roer nie. Daarom kom die stormwind en waai die spore van die afgestorwe persoon gelyk met sand. Want waarom moet sy spore nog daar in die sand bly as hy reeds dood is? Is die spore in klei sigbaar sodat die wind die klei nie kan stukkend breek nie, dan giet die wolke ’n stortbui uit en wis die spore uit. Want hy vra ook: as ’n persoon dood is, waarom moet sy spore nog lewe?As die een se lyk op die aarde dood lê, dan kom die wind en maak ’n sterk warrelwind; en dié vat die lyk op—al is hy onder die grond begrawe—en bring dit na die hol bak wat tussen die twee opstaande horings van die nuwe maan is, en hy plaas die lyk saggies daarin neer. Daarom is dit dat die Boesmans ’n lyk in ’n sittende posiesie begrawe: hy moet te enige tyd gereed wees om op te staan.Voor die Dood in die wêreld deur die Haas gekom het, het die mense en diere maar geslaap tot dit nuwemaan geword het; hulle het dan weer nes die maan lewendig geword. Maar nou moet hul lank in hulle grafte sit eer hul weer eendag sal lewendig word. Dan kom die persoon se wolk neer en dwaal nes ’n swaar mistige weer oor die graf om die opstandelinge te bedek, sodat die ander nie kan sien dat die dooie weer lewendig geword het nie. Die hare,of vere, van die wolk kom weer op daardie een se lyf groei; sy wind gaan weer in hom; en die een stap rond asof hy nooit dood gewees het nie.As ’n ongedierte iemand verskeur en opgeëet het, dan bring die mistige weer al die dele van sy liggaam bymekaar; die dele word klam en nat en groei weer aan mekaar vas, net soos die persoon of ding tevore gewees het.So moet ons die wolke respekteer en eerbied vir hulle betoon. Doen ons dit nie, dan bring hul nie vir ons reën nie, dan kom hul nie om ons klam te maak en op te wek nie. Die berge en rotse het die wind en wolke nie gerespekteer nie, maar het hul verwens en uitgeskel toe die storms so baie stof en water op hul uitgegiet het. Daarom sal hulle nooit weer lewendig word nie; maar vir altyd slaap, slaap en slaap.Grootvoël maak wind wat stofwolke op die aarde voortjaag; hy maak droë wolke bo in die lug en laat die mistige weer tot op die grond kom. Toe die rotse gelewe en gejag het, was die mistige weer toegetrek, en die stof het in hulle oë gewaai, sodat hul die wild nie kan raaksien of skiet nie. Daarom het hul die wolke en wind verwens; en dis daarom dat hul nooit weer sal wakker word nie, maar vir altyd dood bly.En die ding het so gebeur:—Die rotse was eers Boesmans van die ou geslag. Hulle was baie; en misskiet?—soiets het hul glad nie geken nie. Hulle het altyd om hierdie rede baie kos gekry, sodat hul spekvet geword het. Daarom kon hul later nie meer agterwild hardloop nie. Die enigste plan vir hulle was toe om onderkant of dwars teen die wind die wild te gaan voorlê.Eendag met jag sien hul baie springbokke in ’n smal laagte aankom. Hulle gaan posiesie neem alkante in die randjies. Die wind waai toe koud, en hulle oë begin van die koue te traan; ook het daar sand en klippies in hulle oë gewaai. Toe begin hul op die wind te skel; waarop die wind nog ’n bietjie strawwer waai. Dit maak hul boos, en hul verwens die wind hier in en daar uit. Toe word die wind woedend, en ’n storm bars los. Toe kan ’n mens hul hoor te kere gaan. Want by hierdie tyd was die springbokke so naby dat hul onder pylskot was. Dog die stof van die getrap van die bokke was so donker dat hul geen bok duidelik kan erken nie; en die storm was so sterk dat dit al die pyle in ’n ander rigting dryf. Die Boesmans het al hulle pyle op die vlugtende bokke opgeskiet, maar nie een bok geraak nie. En wat die Boesmans nog meer woedend gemaak het, is dat met die geweldige span van die boogsnare het die velle van hulle duime en voorvingers afgeskeur, sodat hul vir ’n rukkie daardie seer vingers met jag nie kon gebruik nie. Toe was hul erg boos en doen niks anders nie as op die wind en die stofwolk te skel. Hulle gaan toe hulle afgeskote pyle tussen die gras en bossies soek. Met baie moeite en soek het hul die meeste gekry; dog die springbokke het ook baie stukkend getrap, sodat daardie stukkende pyle onwettig was.Die wind en wolke was baie verontwaardig oor die ou Boesmans dat hul durf so swets en skel. Hulle kom ooreen om ’n groot bende Kaffers op die Boesmans af te stuur.Die Boesmans het nog altyd die Kaffers in vroeër dae teruggeslaan. Maar nou sal hul dit nie meer regkry nie.Die bende het gekom. Die wind begin sterker en sterker te waai tot dit in ’n storm losbars. Die wolke het uit die lug gekom en het ’n donker misbank oor die omliggende grond versprei. Die getrap van die voete van die Kafferbende wek ’n stofwolk in die droë mistige weer op. Die wind versamel dit alles en dryf dit oor die ondankbare Boesmans. Toe was dit geen lewensgevaar vir die Kaffers meer om al die Boesmans te dood nie; en daar het nie een van hulle oorgebly nie.Daarop versteen die verstrooide lyke van die dooie Boesmans, en hulle word rotse. Die wind wou hul nie meer opwek nie; en die wolke giet hul wel gedurig nat, maar die water gaan nie eens deur die vel van die rotse nie, sodat hul daarvan geen nut ontvang nie. Daarom het die wind en wolke besluit om nooit weer die rotse op te wek nie; nou word hulle geslaan, getrap en geskop van algar wat by hulle verbykom.

No. 47.Die Wolke.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n blote beskouing oor wolke en wat enkele wolke beteken—natuurlik ’n Boesman se opvatting.Wolke! Wat vir goed is dit? Algar die wolke is nie van een soort nie. Daar is wolke wat reën uitgiet, en daar is van hulle wat droog is en nie water bevat nie. Dan is daar donderwolke, wat water, vuur en swareweer-stene bevat; en daar is wat net hare, vere en wind bevat. So is algar die wolke glad nie eners nie.Die wind is die asem van al die goed wat lewe. So is die stormwinde die asem van Grootvoël, wat in ’n gat in die berge woon, wat hom in wolke kan wegsteek en wat dan na die see vlie om reën te gaan haal. Dan kom hy met groot gedruis in die wolke; hy blaas met sy bek en klap met sy vlerke sonder om uit die wolk te voorskyn te kom. Daarom waai daar altyd ’n windjie as ’n wolk oor ons koppe heensweef.As iemand sterf, dan word sy hare wolke. As ’n voël sterf, word sy vere ook wolke. Maar hierdie soort wolke gee nie rëen nie; want hulle is net hare en vere, wat nie waterbevat nie; daarom kom hul en verdwyn sonder om ’n druppel te laat val. Want hulle is hare en vere wat somar maklik deur die asem van Grootvoël verjaag word.As iemand gesterwe het, dan staan sy spore nog vars in die sand asof die persoon nog leef; maar hy is dood. Sy asem, wat sy wind is, het klaar uitgewaai, sy hart het omgekantel en kan nie meer roer nie. Daarom kom die stormwind en waai die spore van die afgestorwe persoon gelyk met sand. Want waarom moet sy spore nog daar in die sand bly as hy reeds dood is? Is die spore in klei sigbaar sodat die wind die klei nie kan stukkend breek nie, dan giet die wolke ’n stortbui uit en wis die spore uit. Want hy vra ook: as ’n persoon dood is, waarom moet sy spore nog lewe?As die een se lyk op die aarde dood lê, dan kom die wind en maak ’n sterk warrelwind; en dié vat die lyk op—al is hy onder die grond begrawe—en bring dit na die hol bak wat tussen die twee opstaande horings van die nuwe maan is, en hy plaas die lyk saggies daarin neer. Daarom is dit dat die Boesmans ’n lyk in ’n sittende posiesie begrawe: hy moet te enige tyd gereed wees om op te staan.Voor die Dood in die wêreld deur die Haas gekom het, het die mense en diere maar geslaap tot dit nuwemaan geword het; hulle het dan weer nes die maan lewendig geword. Maar nou moet hul lank in hulle grafte sit eer hul weer eendag sal lewendig word. Dan kom die persoon se wolk neer en dwaal nes ’n swaar mistige weer oor die graf om die opstandelinge te bedek, sodat die ander nie kan sien dat die dooie weer lewendig geword het nie. Die hare,of vere, van die wolk kom weer op daardie een se lyf groei; sy wind gaan weer in hom; en die een stap rond asof hy nooit dood gewees het nie.As ’n ongedierte iemand verskeur en opgeëet het, dan bring die mistige weer al die dele van sy liggaam bymekaar; die dele word klam en nat en groei weer aan mekaar vas, net soos die persoon of ding tevore gewees het.So moet ons die wolke respekteer en eerbied vir hulle betoon. Doen ons dit nie, dan bring hul nie vir ons reën nie, dan kom hul nie om ons klam te maak en op te wek nie. Die berge en rotse het die wind en wolke nie gerespekteer nie, maar het hul verwens en uitgeskel toe die storms so baie stof en water op hul uitgegiet het. Daarom sal hulle nooit weer lewendig word nie; maar vir altyd slaap, slaap en slaap.Grootvoël maak wind wat stofwolke op die aarde voortjaag; hy maak droë wolke bo in die lug en laat die mistige weer tot op die grond kom. Toe die rotse gelewe en gejag het, was die mistige weer toegetrek, en die stof het in hulle oë gewaai, sodat hul die wild nie kan raaksien of skiet nie. Daarom het hul die wolke en wind verwens; en dis daarom dat hul nooit weer sal wakker word nie, maar vir altyd dood bly.En die ding het so gebeur:—Die rotse was eers Boesmans van die ou geslag. Hulle was baie; en misskiet?—soiets het hul glad nie geken nie. Hulle het altyd om hierdie rede baie kos gekry, sodat hul spekvet geword het. Daarom kon hul later nie meer agterwild hardloop nie. Die enigste plan vir hulle was toe om onderkant of dwars teen die wind die wild te gaan voorlê.Eendag met jag sien hul baie springbokke in ’n smal laagte aankom. Hulle gaan posiesie neem alkante in die randjies. Die wind waai toe koud, en hulle oë begin van die koue te traan; ook het daar sand en klippies in hulle oë gewaai. Toe begin hul op die wind te skel; waarop die wind nog ’n bietjie strawwer waai. Dit maak hul boos, en hul verwens die wind hier in en daar uit. Toe word die wind woedend, en ’n storm bars los. Toe kan ’n mens hul hoor te kere gaan. Want by hierdie tyd was die springbokke so naby dat hul onder pylskot was. Dog die stof van die getrap van die bokke was so donker dat hul geen bok duidelik kan erken nie; en die storm was so sterk dat dit al die pyle in ’n ander rigting dryf. Die Boesmans het al hulle pyle op die vlugtende bokke opgeskiet, maar nie een bok geraak nie. En wat die Boesmans nog meer woedend gemaak het, is dat met die geweldige span van die boogsnare het die velle van hulle duime en voorvingers afgeskeur, sodat hul vir ’n rukkie daardie seer vingers met jag nie kon gebruik nie. Toe was hul erg boos en doen niks anders nie as op die wind en die stofwolk te skel. Hulle gaan toe hulle afgeskote pyle tussen die gras en bossies soek. Met baie moeite en soek het hul die meeste gekry; dog die springbokke het ook baie stukkend getrap, sodat daardie stukkende pyle onwettig was.Die wind en wolke was baie verontwaardig oor die ou Boesmans dat hul durf so swets en skel. Hulle kom ooreen om ’n groot bende Kaffers op die Boesmans af te stuur.Die Boesmans het nog altyd die Kaffers in vroeër dae teruggeslaan. Maar nou sal hul dit nie meer regkry nie.Die bende het gekom. Die wind begin sterker en sterker te waai tot dit in ’n storm losbars. Die wolke het uit die lug gekom en het ’n donker misbank oor die omliggende grond versprei. Die getrap van die voete van die Kafferbende wek ’n stofwolk in die droë mistige weer op. Die wind versamel dit alles en dryf dit oor die ondankbare Boesmans. Toe was dit geen lewensgevaar vir die Kaffers meer om al die Boesmans te dood nie; en daar het nie een van hulle oorgebly nie.Daarop versteen die verstrooide lyke van die dooie Boesmans, en hulle word rotse. Die wind wou hul nie meer opwek nie; en die wolke giet hul wel gedurig nat, maar die water gaan nie eens deur die vel van die rotse nie, sodat hul daarvan geen nut ontvang nie. Daarom het die wind en wolke besluit om nooit weer die rotse op te wek nie; nou word hulle geslaan, getrap en geskop van algar wat by hulle verbykom.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n blote beskouing oor wolke en wat enkele wolke beteken—natuurlik ’n Boesman se opvatting.

Wolke! Wat vir goed is dit? Algar die wolke is nie van een soort nie. Daar is wolke wat reën uitgiet, en daar is van hulle wat droog is en nie water bevat nie. Dan is daar donderwolke, wat water, vuur en swareweer-stene bevat; en daar is wat net hare, vere en wind bevat. So is algar die wolke glad nie eners nie.

Die wind is die asem van al die goed wat lewe. So is die stormwinde die asem van Grootvoël, wat in ’n gat in die berge woon, wat hom in wolke kan wegsteek en wat dan na die see vlie om reën te gaan haal. Dan kom hy met groot gedruis in die wolke; hy blaas met sy bek en klap met sy vlerke sonder om uit die wolk te voorskyn te kom. Daarom waai daar altyd ’n windjie as ’n wolk oor ons koppe heensweef.

As iemand sterf, dan word sy hare wolke. As ’n voël sterf, word sy vere ook wolke. Maar hierdie soort wolke gee nie rëen nie; want hulle is net hare en vere, wat nie waterbevat nie; daarom kom hul en verdwyn sonder om ’n druppel te laat val. Want hulle is hare en vere wat somar maklik deur die asem van Grootvoël verjaag word.

As iemand gesterwe het, dan staan sy spore nog vars in die sand asof die persoon nog leef; maar hy is dood. Sy asem, wat sy wind is, het klaar uitgewaai, sy hart het omgekantel en kan nie meer roer nie. Daarom kom die stormwind en waai die spore van die afgestorwe persoon gelyk met sand. Want waarom moet sy spore nog daar in die sand bly as hy reeds dood is? Is die spore in klei sigbaar sodat die wind die klei nie kan stukkend breek nie, dan giet die wolke ’n stortbui uit en wis die spore uit. Want hy vra ook: as ’n persoon dood is, waarom moet sy spore nog lewe?

As die een se lyk op die aarde dood lê, dan kom die wind en maak ’n sterk warrelwind; en dié vat die lyk op—al is hy onder die grond begrawe—en bring dit na die hol bak wat tussen die twee opstaande horings van die nuwe maan is, en hy plaas die lyk saggies daarin neer. Daarom is dit dat die Boesmans ’n lyk in ’n sittende posiesie begrawe: hy moet te enige tyd gereed wees om op te staan.

Voor die Dood in die wêreld deur die Haas gekom het, het die mense en diere maar geslaap tot dit nuwemaan geword het; hulle het dan weer nes die maan lewendig geword. Maar nou moet hul lank in hulle grafte sit eer hul weer eendag sal lewendig word. Dan kom die persoon se wolk neer en dwaal nes ’n swaar mistige weer oor die graf om die opstandelinge te bedek, sodat die ander nie kan sien dat die dooie weer lewendig geword het nie. Die hare,of vere, van die wolk kom weer op daardie een se lyf groei; sy wind gaan weer in hom; en die een stap rond asof hy nooit dood gewees het nie.

As ’n ongedierte iemand verskeur en opgeëet het, dan bring die mistige weer al die dele van sy liggaam bymekaar; die dele word klam en nat en groei weer aan mekaar vas, net soos die persoon of ding tevore gewees het.

So moet ons die wolke respekteer en eerbied vir hulle betoon. Doen ons dit nie, dan bring hul nie vir ons reën nie, dan kom hul nie om ons klam te maak en op te wek nie. Die berge en rotse het die wind en wolke nie gerespekteer nie, maar het hul verwens en uitgeskel toe die storms so baie stof en water op hul uitgegiet het. Daarom sal hulle nooit weer lewendig word nie; maar vir altyd slaap, slaap en slaap.

Grootvoël maak wind wat stofwolke op die aarde voortjaag; hy maak droë wolke bo in die lug en laat die mistige weer tot op die grond kom. Toe die rotse gelewe en gejag het, was die mistige weer toegetrek, en die stof het in hulle oë gewaai, sodat hul die wild nie kan raaksien of skiet nie. Daarom het hul die wolke en wind verwens; en dis daarom dat hul nooit weer sal wakker word nie, maar vir altyd dood bly.

En die ding het so gebeur:—

Die rotse was eers Boesmans van die ou geslag. Hulle was baie; en misskiet?—soiets het hul glad nie geken nie. Hulle het altyd om hierdie rede baie kos gekry, sodat hul spekvet geword het. Daarom kon hul later nie meer agterwild hardloop nie. Die enigste plan vir hulle was toe om onderkant of dwars teen die wind die wild te gaan voorlê.

Eendag met jag sien hul baie springbokke in ’n smal laagte aankom. Hulle gaan posiesie neem alkante in die randjies. Die wind waai toe koud, en hulle oë begin van die koue te traan; ook het daar sand en klippies in hulle oë gewaai. Toe begin hul op die wind te skel; waarop die wind nog ’n bietjie strawwer waai. Dit maak hul boos, en hul verwens die wind hier in en daar uit. Toe word die wind woedend, en ’n storm bars los. Toe kan ’n mens hul hoor te kere gaan. Want by hierdie tyd was die springbokke so naby dat hul onder pylskot was. Dog die stof van die getrap van die bokke was so donker dat hul geen bok duidelik kan erken nie; en die storm was so sterk dat dit al die pyle in ’n ander rigting dryf. Die Boesmans het al hulle pyle op die vlugtende bokke opgeskiet, maar nie een bok geraak nie. En wat die Boesmans nog meer woedend gemaak het, is dat met die geweldige span van die boogsnare het die velle van hulle duime en voorvingers afgeskeur, sodat hul vir ’n rukkie daardie seer vingers met jag nie kon gebruik nie. Toe was hul erg boos en doen niks anders nie as op die wind en die stofwolk te skel. Hulle gaan toe hulle afgeskote pyle tussen die gras en bossies soek. Met baie moeite en soek het hul die meeste gekry; dog die springbokke het ook baie stukkend getrap, sodat daardie stukkende pyle onwettig was.

Die wind en wolke was baie verontwaardig oor die ou Boesmans dat hul durf so swets en skel. Hulle kom ooreen om ’n groot bende Kaffers op die Boesmans af te stuur.Die Boesmans het nog altyd die Kaffers in vroeër dae teruggeslaan. Maar nou sal hul dit nie meer regkry nie.

Die bende het gekom. Die wind begin sterker en sterker te waai tot dit in ’n storm losbars. Die wolke het uit die lug gekom en het ’n donker misbank oor die omliggende grond versprei. Die getrap van die voete van die Kafferbende wek ’n stofwolk in die droë mistige weer op. Die wind versamel dit alles en dryf dit oor die ondankbare Boesmans. Toe was dit geen lewensgevaar vir die Kaffers meer om al die Boesmans te dood nie; en daar het nie een van hulle oorgebly nie.

Daarop versteen die verstrooide lyke van die dooie Boesmans, en hulle word rotse. Die wind wou hul nie meer opwek nie; en die wolke giet hul wel gedurig nat, maar die water gaan nie eens deur die vel van die rotse nie, sodat hul daarvan geen nut ontvang nie. Daarom het die wind en wolke besluit om nooit weer die rotse op te wek nie; nou word hulle geslaan, getrap en geskop van algar wat by hulle verbykom.

Back to IndexNext