[Inhoud]No. 75.Wat alles in voordeel van Boesmans is.OPMERKINGS:—Ons gee nou seker punte aan wat steeds gedien het om die bestaan van Boesmans vir soveel eeue—nee, duisende jare—te waarborg.Daar bestaan geen nasie op aarde nie, of hulle voorouers was vir duisende jare terug barbare wat sonder klere rondgeloop het, wat geen ander werktuie kon maak nie as van klip, hout en horings; hoe om metale te bewerk, het hul niks van afgeweet nie. Sommige nasies het eerder as andere tot beskawing gekom, soos die ou Egiptenare, Babiloniërs, Feniesiërs, Grieke en Sinese; dog die Engelse, Franse, Duitsers, Hollanders, Russe en Skandinawiërs het later gevolg, en het toe voordeel van die Griekse en Romeinse beskawing getrek.Wat ook al mag gegis word deur geleerdes omtrent die oorspronklike geboorteland van die Boesman, dit weet ons as ’n onbetwiste feit dat Afrika hulle land was en is. En Afrika, met sy groot inlandse woestyn, het die noordelike beskaafde volke teruggehou; so het die Boesman die voordeel gehad dat hy sy rol eenkant kan vry uitspeel.’n Ander voordeel vir hom is dat Afrika die rykste wêrelddeel vir wild is. Hy het dus nie nodig gehad om met mak diere opgeskeep te wees nie. Ook die veld het genoeg wilde vrugte en veldkos vir ’n jagter opgelewer,[186]sodat hy nie nodig gehad het om self te plant en te saai nie. Het hy lus vir vis, dan maak hy eenvoudig fuike van latte en lê dié in die riviere, en hy kry oorgenoeg.Op hierdie manier het hy verkies om in ’n lui-lekker-land te woon. Daar is niks verédelends in jag nie—dit beteken die vermoor van onskuldige lewens; en om ’n naam te maak, word soms meer wild gedood as wat vir die behoefte nodig is. So het die Boesman hom nie uit sy barbaarsheid verhef nie en het stil bly staan sonder verstandelik te ontwikkel; want ’n redelose dier, soos ’n leeu, kan ook jag en genoeg vind om van te lewe.Dan is dit ’n natuurwet wat die Skepper daar gestel het, dat die geskikste altyd sy pad en bestaan beter vind as ’n minder geskikte. Die geskikste ontwikkel kragtiger en laat meer nakomelinge na as die minder geskikte, wat nie behoorlik vir sy nakomelinge kan sorg nie. Dit op die Boesman toegepas, is dit duidelik dat die vader wat die beste kan hardloop, beste kan sien en die gepaste kleur van vel het om hom net soos die veld te laat lyk—dié vader bring ’n kragtiger famielie op; terwyl die swakker en siekliker man miskien nie eens ’n vrou kan kry nie; en kry hy een, dan is sy swakker kinders nie bestand teen die harde eise van die woestyn nie: hulle sterf en laat ook nie ’n swak geslag na nie. So het net bly voortlewe wat vir die lewensstryd geskik is.Laat ons die Boesman nou beskou soos hy vandag is, en let op wat tot sy voordeel is.[187]Sy kleur is net soos die veld waarop hy jag. Mense het reeds daarop gelet dat daar ’n klein verskil in kleur is tussen die Boesmans wat in die Kalaharie woon en die Boesmans wat suid van Grootrivier gebore en opgegroei is. Daarom het mnr. W. A. van Zyl in die vorige verhaal gesê dat al wat ’n Boesman nodig het om te vermom, is sy swart hare, wat deur die wild kan beken word; sy kleur is net soos dié van die grond.Aldag is jagdag, maar nie vangdag nie. So gee dit eienskap dat daar dae van oorvloed is, en dae van gebrek, wanneer honger en dors die jagter en sy famielie kwel. Hieraan het die Boesman se maag gewend geraak en sy liggaam het in dié rigting ontwikkel om in tyd van oorvloed voedingskrag op ’n seker deel op te gaar. Wie ’n Boesman ken, weet dat ’n seker deel van sy lyf besonder fris ontwikkel is. Dus moet ons die tekenaar nie blameer nie as hy ’n Boesman net so afteken as hy in die natuur is.Mense wat in stede en dorpe van kindsdae af woon, kan gewoonlik nie so ver sien nie as mense wat op die platteland woon, omdat hul meestal in strate loop wat met geboue begrens is; dus het hul geen ver uitsig nie, en die oog word geoefen om naby te kyk. Die Boesman, as jagter, moet ver en naby oor die vlaktes en teen rantjies sy oë laat dwaal; dus is hulle oë van geslagte tot geslagte geoefen om ver en naby te kyk. Dis daarom dat sy gesig so goed as ’n vèrkyker is. Hy het dus die voordeel van ’n vèrsiende oog. Sy ooglede vorm twee skrefies, omdat hy oor vlaktes in skerp lig kyk.[188]Iemand groot en swaar van gewig kan nie so vinnig hardloop en is ook nie so rats nie. Slaan maar ag op wat ’n kind in ’n dag afmaak, probeer dit alles na te doen, en voel of jy in die aand nie doodmoeg gaan slaap nie. Vergelyk jou krag met dié van ’n kind, en staan dan verbaas. Net so met die Boesman: deur hy klein is, weeg hy nie swaar nie; die spiere van sy bene is goed ontwikkel. Die beste hardlopers onder hulle is ook die beste jagters—dus: die beste versorgers van hulle famielies; en so is hierdie eienskap van geslag tot geslag onder hulle voortgeplant, net soos dit die geval is met windhonde en resiesperde.Die hardste en vertroubaarste werkers en arbeiders van die wêreld is persone met ’n vaste liggaamsbou en ’n gemiddelde grootte van ongeveer ses-voet-hoogte. Op hierdie eienskap kan die Boesman nie aanspraak maak nie. Dit is dus wreed om van hom swaar liggaamsarbeid te eis. Maar gee hom vee om mee te werk, of werk van ’n minder vermoeiende aard, dan is hy daar tuis net soos enige ander.Wat die Boesman deur al die eeue van uitroei of uitsterwe bewaar het, is dat daar selde of nooit ’n getroude meid gevind word wat nie ’n aantal kinders het nie. Ons oumense het reeds in vroeër dae opgemerk dat die Boesmans so snel vermeerder. Maar nou in ons dae is hul aan die verminder. Die rede hiervoor is dat die Hottentots en Kaffers, wat van die noorde die land oorstroom het, die mans vermoor en die meide vir hulle tot vroue geneem het. En in ons dae wil ’n Boesmanmeid liewers ’n Hottentot of[189]Kaffer tot man hê. Dit is dus die meide wat geen nasionale gevoel vir hulle eie nasie besit nie; sy is die groot oorsaak van dit alles; haar verval is die ondergang van haar volk. Haar volk is in die minderheid en word deur die ander verag, waaroor sy ’n seker mate van skaamte gevoel; en dit maak dit vir haar so gemaklik om haar eie nasie te verstoot en haar met ’n vreemde nasie te vereenselwig.Maar sou die Boesmanmeid soveel respek hê om trou by haar volk te staan, saam met hulle die lief en leed te deel. dan sal sy die redmiddel wees om die bestaan van die Boesman voort te plant. Maar noudat die Boesmanjong nie trou nie, sal dit nie meer baie geslagte duur nie of die Boesman sal tot die verlede behoort.[190]Kunstenaar op ’n Studiereis na die Boesmans in die Kalahariewoestyn.Kunstenaar op ’n Studiereis na die Boesmans in die Kalahariewoestyn.

No. 75.Wat alles in voordeel van Boesmans is.
OPMERKINGS:—Ons gee nou seker punte aan wat steeds gedien het om die bestaan van Boesmans vir soveel eeue—nee, duisende jare—te waarborg.Daar bestaan geen nasie op aarde nie, of hulle voorouers was vir duisende jare terug barbare wat sonder klere rondgeloop het, wat geen ander werktuie kon maak nie as van klip, hout en horings; hoe om metale te bewerk, het hul niks van afgeweet nie. Sommige nasies het eerder as andere tot beskawing gekom, soos die ou Egiptenare, Babiloniërs, Feniesiërs, Grieke en Sinese; dog die Engelse, Franse, Duitsers, Hollanders, Russe en Skandinawiërs het later gevolg, en het toe voordeel van die Griekse en Romeinse beskawing getrek.Wat ook al mag gegis word deur geleerdes omtrent die oorspronklike geboorteland van die Boesman, dit weet ons as ’n onbetwiste feit dat Afrika hulle land was en is. En Afrika, met sy groot inlandse woestyn, het die noordelike beskaafde volke teruggehou; so het die Boesman die voordeel gehad dat hy sy rol eenkant kan vry uitspeel.’n Ander voordeel vir hom is dat Afrika die rykste wêrelddeel vir wild is. Hy het dus nie nodig gehad om met mak diere opgeskeep te wees nie. Ook die veld het genoeg wilde vrugte en veldkos vir ’n jagter opgelewer,[186]sodat hy nie nodig gehad het om self te plant en te saai nie. Het hy lus vir vis, dan maak hy eenvoudig fuike van latte en lê dié in die riviere, en hy kry oorgenoeg.Op hierdie manier het hy verkies om in ’n lui-lekker-land te woon. Daar is niks verédelends in jag nie—dit beteken die vermoor van onskuldige lewens; en om ’n naam te maak, word soms meer wild gedood as wat vir die behoefte nodig is. So het die Boesman hom nie uit sy barbaarsheid verhef nie en het stil bly staan sonder verstandelik te ontwikkel; want ’n redelose dier, soos ’n leeu, kan ook jag en genoeg vind om van te lewe.Dan is dit ’n natuurwet wat die Skepper daar gestel het, dat die geskikste altyd sy pad en bestaan beter vind as ’n minder geskikte. Die geskikste ontwikkel kragtiger en laat meer nakomelinge na as die minder geskikte, wat nie behoorlik vir sy nakomelinge kan sorg nie. Dit op die Boesman toegepas, is dit duidelik dat die vader wat die beste kan hardloop, beste kan sien en die gepaste kleur van vel het om hom net soos die veld te laat lyk—dié vader bring ’n kragtiger famielie op; terwyl die swakker en siekliker man miskien nie eens ’n vrou kan kry nie; en kry hy een, dan is sy swakker kinders nie bestand teen die harde eise van die woestyn nie: hulle sterf en laat ook nie ’n swak geslag na nie. So het net bly voortlewe wat vir die lewensstryd geskik is.Laat ons die Boesman nou beskou soos hy vandag is, en let op wat tot sy voordeel is.[187]Sy kleur is net soos die veld waarop hy jag. Mense het reeds daarop gelet dat daar ’n klein verskil in kleur is tussen die Boesmans wat in die Kalaharie woon en die Boesmans wat suid van Grootrivier gebore en opgegroei is. Daarom het mnr. W. A. van Zyl in die vorige verhaal gesê dat al wat ’n Boesman nodig het om te vermom, is sy swart hare, wat deur die wild kan beken word; sy kleur is net soos dié van die grond.Aldag is jagdag, maar nie vangdag nie. So gee dit eienskap dat daar dae van oorvloed is, en dae van gebrek, wanneer honger en dors die jagter en sy famielie kwel. Hieraan het die Boesman se maag gewend geraak en sy liggaam het in dié rigting ontwikkel om in tyd van oorvloed voedingskrag op ’n seker deel op te gaar. Wie ’n Boesman ken, weet dat ’n seker deel van sy lyf besonder fris ontwikkel is. Dus moet ons die tekenaar nie blameer nie as hy ’n Boesman net so afteken as hy in die natuur is.Mense wat in stede en dorpe van kindsdae af woon, kan gewoonlik nie so ver sien nie as mense wat op die platteland woon, omdat hul meestal in strate loop wat met geboue begrens is; dus het hul geen ver uitsig nie, en die oog word geoefen om naby te kyk. Die Boesman, as jagter, moet ver en naby oor die vlaktes en teen rantjies sy oë laat dwaal; dus is hulle oë van geslagte tot geslagte geoefen om ver en naby te kyk. Dis daarom dat sy gesig so goed as ’n vèrkyker is. Hy het dus die voordeel van ’n vèrsiende oog. Sy ooglede vorm twee skrefies, omdat hy oor vlaktes in skerp lig kyk.[188]Iemand groot en swaar van gewig kan nie so vinnig hardloop en is ook nie so rats nie. Slaan maar ag op wat ’n kind in ’n dag afmaak, probeer dit alles na te doen, en voel of jy in die aand nie doodmoeg gaan slaap nie. Vergelyk jou krag met dié van ’n kind, en staan dan verbaas. Net so met die Boesman: deur hy klein is, weeg hy nie swaar nie; die spiere van sy bene is goed ontwikkel. Die beste hardlopers onder hulle is ook die beste jagters—dus: die beste versorgers van hulle famielies; en so is hierdie eienskap van geslag tot geslag onder hulle voortgeplant, net soos dit die geval is met windhonde en resiesperde.Die hardste en vertroubaarste werkers en arbeiders van die wêreld is persone met ’n vaste liggaamsbou en ’n gemiddelde grootte van ongeveer ses-voet-hoogte. Op hierdie eienskap kan die Boesman nie aanspraak maak nie. Dit is dus wreed om van hom swaar liggaamsarbeid te eis. Maar gee hom vee om mee te werk, of werk van ’n minder vermoeiende aard, dan is hy daar tuis net soos enige ander.Wat die Boesman deur al die eeue van uitroei of uitsterwe bewaar het, is dat daar selde of nooit ’n getroude meid gevind word wat nie ’n aantal kinders het nie. Ons oumense het reeds in vroeër dae opgemerk dat die Boesmans so snel vermeerder. Maar nou in ons dae is hul aan die verminder. Die rede hiervoor is dat die Hottentots en Kaffers, wat van die noorde die land oorstroom het, die mans vermoor en die meide vir hulle tot vroue geneem het. En in ons dae wil ’n Boesmanmeid liewers ’n Hottentot of[189]Kaffer tot man hê. Dit is dus die meide wat geen nasionale gevoel vir hulle eie nasie besit nie; sy is die groot oorsaak van dit alles; haar verval is die ondergang van haar volk. Haar volk is in die minderheid en word deur die ander verag, waaroor sy ’n seker mate van skaamte gevoel; en dit maak dit vir haar so gemaklik om haar eie nasie te verstoot en haar met ’n vreemde nasie te vereenselwig.Maar sou die Boesmanmeid soveel respek hê om trou by haar volk te staan, saam met hulle die lief en leed te deel. dan sal sy die redmiddel wees om die bestaan van die Boesman voort te plant. Maar noudat die Boesmanjong nie trou nie, sal dit nie meer baie geslagte duur nie of die Boesman sal tot die verlede behoort.[190]Kunstenaar op ’n Studiereis na die Boesmans in die Kalahariewoestyn.Kunstenaar op ’n Studiereis na die Boesmans in die Kalahariewoestyn.
OPMERKINGS:—Ons gee nou seker punte aan wat steeds gedien het om die bestaan van Boesmans vir soveel eeue—nee, duisende jare—te waarborg.
Daar bestaan geen nasie op aarde nie, of hulle voorouers was vir duisende jare terug barbare wat sonder klere rondgeloop het, wat geen ander werktuie kon maak nie as van klip, hout en horings; hoe om metale te bewerk, het hul niks van afgeweet nie. Sommige nasies het eerder as andere tot beskawing gekom, soos die ou Egiptenare, Babiloniërs, Feniesiërs, Grieke en Sinese; dog die Engelse, Franse, Duitsers, Hollanders, Russe en Skandinawiërs het later gevolg, en het toe voordeel van die Griekse en Romeinse beskawing getrek.
Wat ook al mag gegis word deur geleerdes omtrent die oorspronklike geboorteland van die Boesman, dit weet ons as ’n onbetwiste feit dat Afrika hulle land was en is. En Afrika, met sy groot inlandse woestyn, het die noordelike beskaafde volke teruggehou; so het die Boesman die voordeel gehad dat hy sy rol eenkant kan vry uitspeel.
’n Ander voordeel vir hom is dat Afrika die rykste wêrelddeel vir wild is. Hy het dus nie nodig gehad om met mak diere opgeskeep te wees nie. Ook die veld het genoeg wilde vrugte en veldkos vir ’n jagter opgelewer,[186]sodat hy nie nodig gehad het om self te plant en te saai nie. Het hy lus vir vis, dan maak hy eenvoudig fuike van latte en lê dié in die riviere, en hy kry oorgenoeg.
Op hierdie manier het hy verkies om in ’n lui-lekker-land te woon. Daar is niks verédelends in jag nie—dit beteken die vermoor van onskuldige lewens; en om ’n naam te maak, word soms meer wild gedood as wat vir die behoefte nodig is. So het die Boesman hom nie uit sy barbaarsheid verhef nie en het stil bly staan sonder verstandelik te ontwikkel; want ’n redelose dier, soos ’n leeu, kan ook jag en genoeg vind om van te lewe.
Dan is dit ’n natuurwet wat die Skepper daar gestel het, dat die geskikste altyd sy pad en bestaan beter vind as ’n minder geskikte. Die geskikste ontwikkel kragtiger en laat meer nakomelinge na as die minder geskikte, wat nie behoorlik vir sy nakomelinge kan sorg nie. Dit op die Boesman toegepas, is dit duidelik dat die vader wat die beste kan hardloop, beste kan sien en die gepaste kleur van vel het om hom net soos die veld te laat lyk—dié vader bring ’n kragtiger famielie op; terwyl die swakker en siekliker man miskien nie eens ’n vrou kan kry nie; en kry hy een, dan is sy swakker kinders nie bestand teen die harde eise van die woestyn nie: hulle sterf en laat ook nie ’n swak geslag na nie. So het net bly voortlewe wat vir die lewensstryd geskik is.
Laat ons die Boesman nou beskou soos hy vandag is, en let op wat tot sy voordeel is.[187]
Sy kleur is net soos die veld waarop hy jag. Mense het reeds daarop gelet dat daar ’n klein verskil in kleur is tussen die Boesmans wat in die Kalaharie woon en die Boesmans wat suid van Grootrivier gebore en opgegroei is. Daarom het mnr. W. A. van Zyl in die vorige verhaal gesê dat al wat ’n Boesman nodig het om te vermom, is sy swart hare, wat deur die wild kan beken word; sy kleur is net soos dié van die grond.
Aldag is jagdag, maar nie vangdag nie. So gee dit eienskap dat daar dae van oorvloed is, en dae van gebrek, wanneer honger en dors die jagter en sy famielie kwel. Hieraan het die Boesman se maag gewend geraak en sy liggaam het in dié rigting ontwikkel om in tyd van oorvloed voedingskrag op ’n seker deel op te gaar. Wie ’n Boesman ken, weet dat ’n seker deel van sy lyf besonder fris ontwikkel is. Dus moet ons die tekenaar nie blameer nie as hy ’n Boesman net so afteken as hy in die natuur is.
Mense wat in stede en dorpe van kindsdae af woon, kan gewoonlik nie so ver sien nie as mense wat op die platteland woon, omdat hul meestal in strate loop wat met geboue begrens is; dus het hul geen ver uitsig nie, en die oog word geoefen om naby te kyk. Die Boesman, as jagter, moet ver en naby oor die vlaktes en teen rantjies sy oë laat dwaal; dus is hulle oë van geslagte tot geslagte geoefen om ver en naby te kyk. Dis daarom dat sy gesig so goed as ’n vèrkyker is. Hy het dus die voordeel van ’n vèrsiende oog. Sy ooglede vorm twee skrefies, omdat hy oor vlaktes in skerp lig kyk.[188]
Iemand groot en swaar van gewig kan nie so vinnig hardloop en is ook nie so rats nie. Slaan maar ag op wat ’n kind in ’n dag afmaak, probeer dit alles na te doen, en voel of jy in die aand nie doodmoeg gaan slaap nie. Vergelyk jou krag met dié van ’n kind, en staan dan verbaas. Net so met die Boesman: deur hy klein is, weeg hy nie swaar nie; die spiere van sy bene is goed ontwikkel. Die beste hardlopers onder hulle is ook die beste jagters—dus: die beste versorgers van hulle famielies; en so is hierdie eienskap van geslag tot geslag onder hulle voortgeplant, net soos dit die geval is met windhonde en resiesperde.
Die hardste en vertroubaarste werkers en arbeiders van die wêreld is persone met ’n vaste liggaamsbou en ’n gemiddelde grootte van ongeveer ses-voet-hoogte. Op hierdie eienskap kan die Boesman nie aanspraak maak nie. Dit is dus wreed om van hom swaar liggaamsarbeid te eis. Maar gee hom vee om mee te werk, of werk van ’n minder vermoeiende aard, dan is hy daar tuis net soos enige ander.
Wat die Boesman deur al die eeue van uitroei of uitsterwe bewaar het, is dat daar selde of nooit ’n getroude meid gevind word wat nie ’n aantal kinders het nie. Ons oumense het reeds in vroeër dae opgemerk dat die Boesmans so snel vermeerder. Maar nou in ons dae is hul aan die verminder. Die rede hiervoor is dat die Hottentots en Kaffers, wat van die noorde die land oorstroom het, die mans vermoor en die meide vir hulle tot vroue geneem het. En in ons dae wil ’n Boesmanmeid liewers ’n Hottentot of[189]Kaffer tot man hê. Dit is dus die meide wat geen nasionale gevoel vir hulle eie nasie besit nie; sy is die groot oorsaak van dit alles; haar verval is die ondergang van haar volk. Haar volk is in die minderheid en word deur die ander verag, waaroor sy ’n seker mate van skaamte gevoel; en dit maak dit vir haar so gemaklik om haar eie nasie te verstoot en haar met ’n vreemde nasie te vereenselwig.
Maar sou die Boesmanmeid soveel respek hê om trou by haar volk te staan, saam met hulle die lief en leed te deel. dan sal sy die redmiddel wees om die bestaan van die Boesman voort te plant. Maar noudat die Boesmanjong nie trou nie, sal dit nie meer baie geslagte duur nie of die Boesman sal tot die verlede behoort.[190]
Kunstenaar op ’n Studiereis na die Boesmans in die Kalahariewoestyn.Kunstenaar op ’n Studiereis na die Boesmans in die Kalahariewoestyn.
Kunstenaar op ’n Studiereis na die Boesmans in die Kalahariewoestyn.