[Inhoud]No. 100.Uit die bek van ’n Krokodil ontsnap.OPMERKINGS:—Dit was in die jaar 1883, ná ons Pietretief as dorp uitgelê het en op terugreis na Pretoria was, dat die besonderhede van hierdie verhaal aan ons op die Hoëveld een aand deur ’n Boesman meegedeel is.’n Boesman besit ’n sekere mate van trots in hom en voel glad nie lekker as iemand gedurig van sy kleinheid van persoon gewag maak nie. Hy voel erg trots as hy iemand iets kan wys waarmee die persoon onbekend is. Dit het ons een aand in besonder opgemerk.Ons het skemeraand op die ope Hoëveld uitgespan. Dit was op ’n publieke uitspanning naby ’n spruit water. Ofskoon dit in die somermaande was, was dit daardie aand koud, soos dit soms op die Hoëveldkankoud word. Solank die osse nog wei, was my Kafferdrywer besig misbolle op te tel om vuur te maak. Onderwyl maak ’n Boesman sy verskyning; en toe die Kaffer hom op korswelwyse vra waar hy vandaan kom, en of hy daar somar uit die grond gekruip het, was hy enigsins beledigd en wou nie verder met die Kaffer praat nie; maar toe dié aan die Boesman ’n pruimpie tabak gee, verander die Boesman dadelik van houding—want nou neem my Kaffer mos notiesie van hom. Ons het geen wa-leier gehad nie; dus beloof ons hom ’n vergoeding[190]as hy wil help om vuurmaakgoed te versamel en een en ander te doen.Ná die osse aan die juk vasgemaak was, begin die Kaffer vuur te maak; want daar was nou ’n oorvloed van brandstof. Ons persoonlik klim uit die wa om langs die vuur te gaan sit.Die Boesman het die vuur so gestaan en bekyk en het eers niks daaroor gesê nie. Maar later merk hy op: “Baas, ek kan somar sien julle witmense, en hier my maat, verstaan nog nie om met misbolle vuur te maak nie; laat ek vir julle wys.”Hy pak toe die misbolle om die vuur nes ’n skoorsteen van agtien duim hoog. Spoedig slaan in daardie skoorsteen ’n vlam op asof dit ’n vuur is wat met hout gemaak is. Dit was natuurlik ’n lekker warm vuur. Ons vergeet nooit hoe trots hy gevoel het dat hy dit só reggekry het nie, want hy voeg nog daarby: “Baas verstaan net om droster-vuurtjies te maak.”Ons het die les vir altyd onthou. Ons bemerk dat hy aan een been, onderkant die knie, ’n gebrek het, en vra hom wat die oorsaak daarvan was. Hy wys die plek aan ons en vertel sy verhaal soos volg:—“Ek was eenmaal saam met my oubaas na die skietveld toe. My werk was om na die osse te kyk. Daar in die spruit waar ons staanplek was, was groot seekoegate: maar ons het nie eintlik krokodille daar gewaar nie. Dus was ons min of meer gerus—in ieder geval, ek was perdgerus. Maar ek dink dat die bloed van die wild wat my[191]oubaas-hulle geskiet het, en die bloed-besmeerde goed wat gedurig in die spruit gewas is, die krokodil aangelok het.“Ek en my kleinbaas stap eendag deur vlak water (bokant ’n seekoegat) deur die spruit. Net soos ons halfpad was, het ’n krokodil my aan my been; hy vang my onderkant my knie en sleep my die seekoegat in. Met die sleep kom my hand teen die horings van ’n wilde bok waaraan die krokodil net besig was om te eet. Hy trek my toe in ’n gat onder die water in. Die gat gaan skuins in die wal op. Die krokodil los my toe daar en gaan weer aan sy bok vreet. Ek hou my of ek morsdood is.“Nou, baas sal sien, as ’n witman en ’n Boesman deur water stap, dan sal die krokodil nooit die witman pak nie, maar wel die Boesman. Net so met ’n leeu: As ’n Boesman tussen witmense slaap, sal hy die witmense verbygaan en die Boesman pak en wegdra.“Wel, in hierdie geval was my kleinbasie nader aan die krokodil, en tog kom hy my aan die ander kant van die kleinbaas vang. Kan baas vir my sê waarom ons arme Boesmans sulke ongelukkige skepsels is?”Ons versoek hom om voort te gaan en te vertel hoe hy van die krokodil verlos geraak het.Hy vervolg: “Die krokodil het gedink ek was dood; want ek het my morsdood aangestel toe hy my in die gat onder die wal insleep. Elke maal kom hy loer of ek nog stil lê. Ek voel toe so benoud. Ek verwag dat hy enige tyd sal kom om aan my te vreet, want ek weet mos nie hoeveel kos hy daar het nie, en ook hoeveel hulle is nie.[192]“Toe my oë aan die donker gewend raak en ek reg kom (want ek was half versmoor onder die water), toe kyk ek orals rond en sien ’n ligstraal bo deur ’n skeur skyn. Ek kruip saggies hoër en sien dis net ’n groot skeur. My wonde waar die krokodil my gebyt het, bloei—want ek kan die warm bloed voel tap.“Net toe ek klaarmaak om bo-uit te vlug, kom die krokodil weer loer en gee my net ’n seer byt aan die been—glo om te kyk of ek regtig dood is. Ek lê so stil en haal saggies asem, Hy draai terug en gaan weer vreet.“Toe neem ek my kans waar. Ek beur deur die nou skeur. Ek hou my smal en dun. En bo-uit is ek! en hol vinnig weg. Maar hier borrel die krokodil ook uit en hol ’n ent agterna; dog ek hardloop met my seer been skoon van sy lyf weg.”

No. 100.Uit die bek van ’n Krokodil ontsnap.
OPMERKINGS:—Dit was in die jaar 1883, ná ons Pietretief as dorp uitgelê het en op terugreis na Pretoria was, dat die besonderhede van hierdie verhaal aan ons op die Hoëveld een aand deur ’n Boesman meegedeel is.’n Boesman besit ’n sekere mate van trots in hom en voel glad nie lekker as iemand gedurig van sy kleinheid van persoon gewag maak nie. Hy voel erg trots as hy iemand iets kan wys waarmee die persoon onbekend is. Dit het ons een aand in besonder opgemerk.Ons het skemeraand op die ope Hoëveld uitgespan. Dit was op ’n publieke uitspanning naby ’n spruit water. Ofskoon dit in die somermaande was, was dit daardie aand koud, soos dit soms op die Hoëveldkankoud word. Solank die osse nog wei, was my Kafferdrywer besig misbolle op te tel om vuur te maak. Onderwyl maak ’n Boesman sy verskyning; en toe die Kaffer hom op korswelwyse vra waar hy vandaan kom, en of hy daar somar uit die grond gekruip het, was hy enigsins beledigd en wou nie verder met die Kaffer praat nie; maar toe dié aan die Boesman ’n pruimpie tabak gee, verander die Boesman dadelik van houding—want nou neem my Kaffer mos notiesie van hom. Ons het geen wa-leier gehad nie; dus beloof ons hom ’n vergoeding[190]as hy wil help om vuurmaakgoed te versamel en een en ander te doen.Ná die osse aan die juk vasgemaak was, begin die Kaffer vuur te maak; want daar was nou ’n oorvloed van brandstof. Ons persoonlik klim uit die wa om langs die vuur te gaan sit.Die Boesman het die vuur so gestaan en bekyk en het eers niks daaroor gesê nie. Maar later merk hy op: “Baas, ek kan somar sien julle witmense, en hier my maat, verstaan nog nie om met misbolle vuur te maak nie; laat ek vir julle wys.”Hy pak toe die misbolle om die vuur nes ’n skoorsteen van agtien duim hoog. Spoedig slaan in daardie skoorsteen ’n vlam op asof dit ’n vuur is wat met hout gemaak is. Dit was natuurlik ’n lekker warm vuur. Ons vergeet nooit hoe trots hy gevoel het dat hy dit só reggekry het nie, want hy voeg nog daarby: “Baas verstaan net om droster-vuurtjies te maak.”Ons het die les vir altyd onthou. Ons bemerk dat hy aan een been, onderkant die knie, ’n gebrek het, en vra hom wat die oorsaak daarvan was. Hy wys die plek aan ons en vertel sy verhaal soos volg:—“Ek was eenmaal saam met my oubaas na die skietveld toe. My werk was om na die osse te kyk. Daar in die spruit waar ons staanplek was, was groot seekoegate: maar ons het nie eintlik krokodille daar gewaar nie. Dus was ons min of meer gerus—in ieder geval, ek was perdgerus. Maar ek dink dat die bloed van die wild wat my[191]oubaas-hulle geskiet het, en die bloed-besmeerde goed wat gedurig in die spruit gewas is, die krokodil aangelok het.“Ek en my kleinbaas stap eendag deur vlak water (bokant ’n seekoegat) deur die spruit. Net soos ons halfpad was, het ’n krokodil my aan my been; hy vang my onderkant my knie en sleep my die seekoegat in. Met die sleep kom my hand teen die horings van ’n wilde bok waaraan die krokodil net besig was om te eet. Hy trek my toe in ’n gat onder die water in. Die gat gaan skuins in die wal op. Die krokodil los my toe daar en gaan weer aan sy bok vreet. Ek hou my of ek morsdood is.“Nou, baas sal sien, as ’n witman en ’n Boesman deur water stap, dan sal die krokodil nooit die witman pak nie, maar wel die Boesman. Net so met ’n leeu: As ’n Boesman tussen witmense slaap, sal hy die witmense verbygaan en die Boesman pak en wegdra.“Wel, in hierdie geval was my kleinbasie nader aan die krokodil, en tog kom hy my aan die ander kant van die kleinbaas vang. Kan baas vir my sê waarom ons arme Boesmans sulke ongelukkige skepsels is?”Ons versoek hom om voort te gaan en te vertel hoe hy van die krokodil verlos geraak het.Hy vervolg: “Die krokodil het gedink ek was dood; want ek het my morsdood aangestel toe hy my in die gat onder die wal insleep. Elke maal kom hy loer of ek nog stil lê. Ek voel toe so benoud. Ek verwag dat hy enige tyd sal kom om aan my te vreet, want ek weet mos nie hoeveel kos hy daar het nie, en ook hoeveel hulle is nie.[192]“Toe my oë aan die donker gewend raak en ek reg kom (want ek was half versmoor onder die water), toe kyk ek orals rond en sien ’n ligstraal bo deur ’n skeur skyn. Ek kruip saggies hoër en sien dis net ’n groot skeur. My wonde waar die krokodil my gebyt het, bloei—want ek kan die warm bloed voel tap.“Net toe ek klaarmaak om bo-uit te vlug, kom die krokodil weer loer en gee my net ’n seer byt aan die been—glo om te kyk of ek regtig dood is. Ek lê so stil en haal saggies asem, Hy draai terug en gaan weer vreet.“Toe neem ek my kans waar. Ek beur deur die nou skeur. Ek hou my smal en dun. En bo-uit is ek! en hol vinnig weg. Maar hier borrel die krokodil ook uit en hol ’n ent agterna; dog ek hardloop met my seer been skoon van sy lyf weg.”
OPMERKINGS:—Dit was in die jaar 1883, ná ons Pietretief as dorp uitgelê het en op terugreis na Pretoria was, dat die besonderhede van hierdie verhaal aan ons op die Hoëveld een aand deur ’n Boesman meegedeel is.
’n Boesman besit ’n sekere mate van trots in hom en voel glad nie lekker as iemand gedurig van sy kleinheid van persoon gewag maak nie. Hy voel erg trots as hy iemand iets kan wys waarmee die persoon onbekend is. Dit het ons een aand in besonder opgemerk.
Ons het skemeraand op die ope Hoëveld uitgespan. Dit was op ’n publieke uitspanning naby ’n spruit water. Ofskoon dit in die somermaande was, was dit daardie aand koud, soos dit soms op die Hoëveldkankoud word. Solank die osse nog wei, was my Kafferdrywer besig misbolle op te tel om vuur te maak. Onderwyl maak ’n Boesman sy verskyning; en toe die Kaffer hom op korswelwyse vra waar hy vandaan kom, en of hy daar somar uit die grond gekruip het, was hy enigsins beledigd en wou nie verder met die Kaffer praat nie; maar toe dié aan die Boesman ’n pruimpie tabak gee, verander die Boesman dadelik van houding—want nou neem my Kaffer mos notiesie van hom. Ons het geen wa-leier gehad nie; dus beloof ons hom ’n vergoeding[190]as hy wil help om vuurmaakgoed te versamel en een en ander te doen.
Ná die osse aan die juk vasgemaak was, begin die Kaffer vuur te maak; want daar was nou ’n oorvloed van brandstof. Ons persoonlik klim uit die wa om langs die vuur te gaan sit.
Die Boesman het die vuur so gestaan en bekyk en het eers niks daaroor gesê nie. Maar later merk hy op: “Baas, ek kan somar sien julle witmense, en hier my maat, verstaan nog nie om met misbolle vuur te maak nie; laat ek vir julle wys.”
Hy pak toe die misbolle om die vuur nes ’n skoorsteen van agtien duim hoog. Spoedig slaan in daardie skoorsteen ’n vlam op asof dit ’n vuur is wat met hout gemaak is. Dit was natuurlik ’n lekker warm vuur. Ons vergeet nooit hoe trots hy gevoel het dat hy dit só reggekry het nie, want hy voeg nog daarby: “Baas verstaan net om droster-vuurtjies te maak.”
Ons het die les vir altyd onthou. Ons bemerk dat hy aan een been, onderkant die knie, ’n gebrek het, en vra hom wat die oorsaak daarvan was. Hy wys die plek aan ons en vertel sy verhaal soos volg:—
“Ek was eenmaal saam met my oubaas na die skietveld toe. My werk was om na die osse te kyk. Daar in die spruit waar ons staanplek was, was groot seekoegate: maar ons het nie eintlik krokodille daar gewaar nie. Dus was ons min of meer gerus—in ieder geval, ek was perdgerus. Maar ek dink dat die bloed van die wild wat my[191]oubaas-hulle geskiet het, en die bloed-besmeerde goed wat gedurig in die spruit gewas is, die krokodil aangelok het.
“Ek en my kleinbaas stap eendag deur vlak water (bokant ’n seekoegat) deur die spruit. Net soos ons halfpad was, het ’n krokodil my aan my been; hy vang my onderkant my knie en sleep my die seekoegat in. Met die sleep kom my hand teen die horings van ’n wilde bok waaraan die krokodil net besig was om te eet. Hy trek my toe in ’n gat onder die water in. Die gat gaan skuins in die wal op. Die krokodil los my toe daar en gaan weer aan sy bok vreet. Ek hou my of ek morsdood is.
“Nou, baas sal sien, as ’n witman en ’n Boesman deur water stap, dan sal die krokodil nooit die witman pak nie, maar wel die Boesman. Net so met ’n leeu: As ’n Boesman tussen witmense slaap, sal hy die witmense verbygaan en die Boesman pak en wegdra.
“Wel, in hierdie geval was my kleinbasie nader aan die krokodil, en tog kom hy my aan die ander kant van die kleinbaas vang. Kan baas vir my sê waarom ons arme Boesmans sulke ongelukkige skepsels is?”
Ons versoek hom om voort te gaan en te vertel hoe hy van die krokodil verlos geraak het.
Hy vervolg: “Die krokodil het gedink ek was dood; want ek het my morsdood aangestel toe hy my in die gat onder die wal insleep. Elke maal kom hy loer of ek nog stil lê. Ek voel toe so benoud. Ek verwag dat hy enige tyd sal kom om aan my te vreet, want ek weet mos nie hoeveel kos hy daar het nie, en ook hoeveel hulle is nie.[192]
“Toe my oë aan die donker gewend raak en ek reg kom (want ek was half versmoor onder die water), toe kyk ek orals rond en sien ’n ligstraal bo deur ’n skeur skyn. Ek kruip saggies hoër en sien dis net ’n groot skeur. My wonde waar die krokodil my gebyt het, bloei—want ek kan die warm bloed voel tap.
“Net toe ek klaarmaak om bo-uit te vlug, kom die krokodil weer loer en gee my net ’n seer byt aan die been—glo om te kyk of ek regtig dood is. Ek lê so stil en haal saggies asem, Hy draai terug en gaan weer vreet.
“Toe neem ek my kans waar. Ek beur deur die nou skeur. Ek hou my smal en dun. En bo-uit is ek! en hol vinnig weg. Maar hier borrel die krokodil ook uit en hol ’n ent agterna; dog ek hardloop met my seer been skoon van sy lyf weg.”