No. 80.

[Inhoud]No. 80.Nog meer oor die Skiettog.OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 79).Die Boesmans glo vas dat die diere met mekaar kan praat en dat daar mense is wat hul in diere kan verander, en diere wat hul in mense kan verander—net na hulle lus kry. Hulle glo sterk in towery en is baie bang vir spoke.Maar laat ons weer tot die jagtog terugkom. Ons het binne ’n week waarlik twee stywe knapsakke vol pluime van volstruise gehad; verder het ons geskiet: vier groot gensbokke, drie koedoes, tien springbokke, en ’n lot duikers; ook het ons ’n menigte volstruiseiers versamel.… en ’n leeuvel.Daar het ek gesien hoeveel ’n Boesman kan eet en drink. Dit het soms gebeur dat ons ’n twintig wilde Boesmans by ons gehad het om te help met die jag en afslag. Daarvoor, as vergoeding, kry hul al die beenvleis en die binnegoed. Die groot pot moet vroegtydig met water op die vuur staan. Solank hulle afslag, gaan daar stukke vleis in die pot; dit is skaars ’n paar minute daarin, of een haal dit uit en deel dit onder hulle in die rondte. Met net ’n paar koue sluk hul die vleis so smaaklik in, en netnou[34]is daar alweer ander vleis klaar om te eet; en so hou dit aan tot ons biltong kan sny. Daarna begin hul weer met die binnegoed, die los vleisies en murgbene; die sagte bene word gebraai en opgekou. En as hul klaar is, lê net die skoon bene daar in die rondte. Eendag het ons twee volstruise geskiet. Dit was toe ’n aardigheid om die klomp Boesmans te sien te kere gaan. Hulle het die halwe nag deur geëet; en die anderdagoggend hoog sonuit lê die hele boel nog te slaap. Party se mae was so vol van die half rou vleis dat hul skaars orent kon kom of bly staan.As hul baie dors is en jy gee hul water, dan drink ’n groot Boesman ’n taamlike emmer vol water dol leeg. Ons het dit eendag probeer met ’n jong en sy meid met hulle kleintjie van omtrent ’n jaar oud. Die kleintjie alleen het goed twee bottel water uitgedrink. Jy kan bepaald sien hoe sy maag swel by elke sluk. Maar toe hy klaar gedrink het, gaan hy lê—so dik as hy was. As hul so geëet en gedrink het, dan kan, ja, moet hul vir dae so bly. Arme goed!As hul ’n stuk of wat grootwild skiet en daar is nie baie eters nie, dan eet die paar wat daar is, tot hul nie meer kan nie; dan gaan hul slaap, om oor ’n ruk daarna die etery weer voort te sit. Die plesier bestaan dan uit eet, slaap, en dans in die nag. In die somer word die vleis gou sleg en kry spoedig ’n bedorwe ruik; en dan kom nog daarby dat oom Wolf en neef Jakkals hulle snags goed aan die vleis help. Dit alles beteken by ’n Boesman niks; en solank daar maar nog ’n ietsie is, hou hul aan. Om hulle dors intussen[35]te les, suig hul die maagsappe van die wildstuk deur ’n rietjie—wat natuurlik vir ons witmense baie walglik lyk.Hoor tog hoe ons aan die leeuvel gekom het!Dit is ’n bekende feit dat as ’n leeu oud word, dan word sy tande baie sleg; en dan kan hy nie meer so goed wild vang nie. Hy word dan ’n menseter. Menige Boesman of sy vrou of sy kind het die slagoffer van so ’n leeu geword; want Boesmans, as hul slaap of so, is makliker om in hande te kry as die wild wat gedurig onrustig en waaksaam is.Een van die Boesmans het geweet waar sodanige leeu te vinde is. Hy vra toe ’n ou broek en baadjie van my pa. Toe hy naby die plek was, stop hy die klere vol gras en bossies, sodat dit lyk of dit ’n regtige manspersoon is; hy plaas toe die opgestopte man onder ’n boom en laat die jagters bo in die boom met hulle gewere klim. Hy self stap toe na die plek om die leeu op te soek. Dit geluk hom om die leeu gou en daar naby te vind. Nou sal jy jou verwonder hoe listig die Boesmans die leeu na die boom toe lei waar die graspop staan en waar die jagters vir hom afwag.Dit het nie lank geneem nie, of die leeu sien die pop; hy bekruip dit, en daarop word dit deur hom bestorm. En net toe hy besig was om die pop te pak, gee my vader die leeu ’n doodskot; en hy was toe ons syne. Dit was toe ’n groot vreugde; want ons was bly om die vel en naels te kry, en die Boesmans was in hulle knoppies om te weet dat hul een vyand minder het, en ook om die vleis te kry.Ja, dit gaan gouer om die storie te vertel as om die gebeurtenisse deur te maak.[36]Ek het ’n Boesman wel goed geken, maar daar in die vrye natuur het ek baie meer van sy doen en late geleer. Dis wel ’n groot wonder dat in ons tyd daar nog sulke mense op aarde is—wesens wat hul partykeer kan gedra soos mense en plek-plek weer soos redelose diere.[39]

No. 80.Nog meer oor die Skiettog.

OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 79).Die Boesmans glo vas dat die diere met mekaar kan praat en dat daar mense is wat hul in diere kan verander, en diere wat hul in mense kan verander—net na hulle lus kry. Hulle glo sterk in towery en is baie bang vir spoke.Maar laat ons weer tot die jagtog terugkom. Ons het binne ’n week waarlik twee stywe knapsakke vol pluime van volstruise gehad; verder het ons geskiet: vier groot gensbokke, drie koedoes, tien springbokke, en ’n lot duikers; ook het ons ’n menigte volstruiseiers versamel.… en ’n leeuvel.Daar het ek gesien hoeveel ’n Boesman kan eet en drink. Dit het soms gebeur dat ons ’n twintig wilde Boesmans by ons gehad het om te help met die jag en afslag. Daarvoor, as vergoeding, kry hul al die beenvleis en die binnegoed. Die groot pot moet vroegtydig met water op die vuur staan. Solank hulle afslag, gaan daar stukke vleis in die pot; dit is skaars ’n paar minute daarin, of een haal dit uit en deel dit onder hulle in die rondte. Met net ’n paar koue sluk hul die vleis so smaaklik in, en netnou[34]is daar alweer ander vleis klaar om te eet; en so hou dit aan tot ons biltong kan sny. Daarna begin hul weer met die binnegoed, die los vleisies en murgbene; die sagte bene word gebraai en opgekou. En as hul klaar is, lê net die skoon bene daar in die rondte. Eendag het ons twee volstruise geskiet. Dit was toe ’n aardigheid om die klomp Boesmans te sien te kere gaan. Hulle het die halwe nag deur geëet; en die anderdagoggend hoog sonuit lê die hele boel nog te slaap. Party se mae was so vol van die half rou vleis dat hul skaars orent kon kom of bly staan.As hul baie dors is en jy gee hul water, dan drink ’n groot Boesman ’n taamlike emmer vol water dol leeg. Ons het dit eendag probeer met ’n jong en sy meid met hulle kleintjie van omtrent ’n jaar oud. Die kleintjie alleen het goed twee bottel water uitgedrink. Jy kan bepaald sien hoe sy maag swel by elke sluk. Maar toe hy klaar gedrink het, gaan hy lê—so dik as hy was. As hul so geëet en gedrink het, dan kan, ja, moet hul vir dae so bly. Arme goed!As hul ’n stuk of wat grootwild skiet en daar is nie baie eters nie, dan eet die paar wat daar is, tot hul nie meer kan nie; dan gaan hul slaap, om oor ’n ruk daarna die etery weer voort te sit. Die plesier bestaan dan uit eet, slaap, en dans in die nag. In die somer word die vleis gou sleg en kry spoedig ’n bedorwe ruik; en dan kom nog daarby dat oom Wolf en neef Jakkals hulle snags goed aan die vleis help. Dit alles beteken by ’n Boesman niks; en solank daar maar nog ’n ietsie is, hou hul aan. Om hulle dors intussen[35]te les, suig hul die maagsappe van die wildstuk deur ’n rietjie—wat natuurlik vir ons witmense baie walglik lyk.Hoor tog hoe ons aan die leeuvel gekom het!Dit is ’n bekende feit dat as ’n leeu oud word, dan word sy tande baie sleg; en dan kan hy nie meer so goed wild vang nie. Hy word dan ’n menseter. Menige Boesman of sy vrou of sy kind het die slagoffer van so ’n leeu geword; want Boesmans, as hul slaap of so, is makliker om in hande te kry as die wild wat gedurig onrustig en waaksaam is.Een van die Boesmans het geweet waar sodanige leeu te vinde is. Hy vra toe ’n ou broek en baadjie van my pa. Toe hy naby die plek was, stop hy die klere vol gras en bossies, sodat dit lyk of dit ’n regtige manspersoon is; hy plaas toe die opgestopte man onder ’n boom en laat die jagters bo in die boom met hulle gewere klim. Hy self stap toe na die plek om die leeu op te soek. Dit geluk hom om die leeu gou en daar naby te vind. Nou sal jy jou verwonder hoe listig die Boesmans die leeu na die boom toe lei waar die graspop staan en waar die jagters vir hom afwag.Dit het nie lank geneem nie, of die leeu sien die pop; hy bekruip dit, en daarop word dit deur hom bestorm. En net toe hy besig was om die pop te pak, gee my vader die leeu ’n doodskot; en hy was toe ons syne. Dit was toe ’n groot vreugde; want ons was bly om die vel en naels te kry, en die Boesmans was in hulle knoppies om te weet dat hul een vyand minder het, en ook om die vleis te kry.Ja, dit gaan gouer om die storie te vertel as om die gebeurtenisse deur te maak.[36]Ek het ’n Boesman wel goed geken, maar daar in die vrye natuur het ek baie meer van sy doen en late geleer. Dis wel ’n groot wonder dat in ons tyd daar nog sulke mense op aarde is—wesens wat hul partykeer kan gedra soos mense en plek-plek weer soos redelose diere.[39]

OPMERKINGS:—Hierdie verhaal is ’n voortsetting van die vorige (No. 79).

Die Boesmans glo vas dat die diere met mekaar kan praat en dat daar mense is wat hul in diere kan verander, en diere wat hul in mense kan verander—net na hulle lus kry. Hulle glo sterk in towery en is baie bang vir spoke.

Maar laat ons weer tot die jagtog terugkom. Ons het binne ’n week waarlik twee stywe knapsakke vol pluime van volstruise gehad; verder het ons geskiet: vier groot gensbokke, drie koedoes, tien springbokke, en ’n lot duikers; ook het ons ’n menigte volstruiseiers versamel.… en ’n leeuvel.

Daar het ek gesien hoeveel ’n Boesman kan eet en drink. Dit het soms gebeur dat ons ’n twintig wilde Boesmans by ons gehad het om te help met die jag en afslag. Daarvoor, as vergoeding, kry hul al die beenvleis en die binnegoed. Die groot pot moet vroegtydig met water op die vuur staan. Solank hulle afslag, gaan daar stukke vleis in die pot; dit is skaars ’n paar minute daarin, of een haal dit uit en deel dit onder hulle in die rondte. Met net ’n paar koue sluk hul die vleis so smaaklik in, en netnou[34]is daar alweer ander vleis klaar om te eet; en so hou dit aan tot ons biltong kan sny. Daarna begin hul weer met die binnegoed, die los vleisies en murgbene; die sagte bene word gebraai en opgekou. En as hul klaar is, lê net die skoon bene daar in die rondte. Eendag het ons twee volstruise geskiet. Dit was toe ’n aardigheid om die klomp Boesmans te sien te kere gaan. Hulle het die halwe nag deur geëet; en die anderdagoggend hoog sonuit lê die hele boel nog te slaap. Party se mae was so vol van die half rou vleis dat hul skaars orent kon kom of bly staan.

As hul baie dors is en jy gee hul water, dan drink ’n groot Boesman ’n taamlike emmer vol water dol leeg. Ons het dit eendag probeer met ’n jong en sy meid met hulle kleintjie van omtrent ’n jaar oud. Die kleintjie alleen het goed twee bottel water uitgedrink. Jy kan bepaald sien hoe sy maag swel by elke sluk. Maar toe hy klaar gedrink het, gaan hy lê—so dik as hy was. As hul so geëet en gedrink het, dan kan, ja, moet hul vir dae so bly. Arme goed!

As hul ’n stuk of wat grootwild skiet en daar is nie baie eters nie, dan eet die paar wat daar is, tot hul nie meer kan nie; dan gaan hul slaap, om oor ’n ruk daarna die etery weer voort te sit. Die plesier bestaan dan uit eet, slaap, en dans in die nag. In die somer word die vleis gou sleg en kry spoedig ’n bedorwe ruik; en dan kom nog daarby dat oom Wolf en neef Jakkals hulle snags goed aan die vleis help. Dit alles beteken by ’n Boesman niks; en solank daar maar nog ’n ietsie is, hou hul aan. Om hulle dors intussen[35]te les, suig hul die maagsappe van die wildstuk deur ’n rietjie—wat natuurlik vir ons witmense baie walglik lyk.

Hoor tog hoe ons aan die leeuvel gekom het!

Dit is ’n bekende feit dat as ’n leeu oud word, dan word sy tande baie sleg; en dan kan hy nie meer so goed wild vang nie. Hy word dan ’n menseter. Menige Boesman of sy vrou of sy kind het die slagoffer van so ’n leeu geword; want Boesmans, as hul slaap of so, is makliker om in hande te kry as die wild wat gedurig onrustig en waaksaam is.

Een van die Boesmans het geweet waar sodanige leeu te vinde is. Hy vra toe ’n ou broek en baadjie van my pa. Toe hy naby die plek was, stop hy die klere vol gras en bossies, sodat dit lyk of dit ’n regtige manspersoon is; hy plaas toe die opgestopte man onder ’n boom en laat die jagters bo in die boom met hulle gewere klim. Hy self stap toe na die plek om die leeu op te soek. Dit geluk hom om die leeu gou en daar naby te vind. Nou sal jy jou verwonder hoe listig die Boesmans die leeu na die boom toe lei waar die graspop staan en waar die jagters vir hom afwag.

Dit het nie lank geneem nie, of die leeu sien die pop; hy bekruip dit, en daarop word dit deur hom bestorm. En net toe hy besig was om die pop te pak, gee my vader die leeu ’n doodskot; en hy was toe ons syne. Dit was toe ’n groot vreugde; want ons was bly om die vel en naels te kry, en die Boesmans was in hulle knoppies om te weet dat hul een vyand minder het, en ook om die vleis te kry.

Ja, dit gaan gouer om die storie te vertel as om die gebeurtenisse deur te maak.[36]

Ek het ’n Boesman wel goed geken, maar daar in die vrye natuur het ek baie meer van sy doen en late geleer. Dis wel ’n groot wonder dat in ons tyd daar nog sulke mense op aarde is—wesens wat hul partykeer kan gedra soos mense en plek-plek weer soos redelose diere.[39]

Back to IndexNext