VOETNOTAS:

VOETNOTAS:[74]Werk, wat later gebundel is en ook los artiekels of verhale van skrywers, wat in die volgende hoofstukke ter sprake kom, word hier nie behandel nie.[75]Goede Hoop, Julie 1903.[76]In die Junie-nommer 1905 merk hy op dat sommige lesers beswaar het teen te veel Afrikaanse stukke en gee die versekering "dat na Juli de bijdragen in 't Kaapsch-Hollandsch een zeer gering deel van ons maandblad zullen opnemen." Na aanleiding van Preller se brosjureLaat 't ons toch Ernst wezensê hy: "Wij willen (Preller) in alle vriendelikheid waarschuwen niet te haastig te werk te gaan.... De invoering van Afrikaansch als schrijftaal moet zacht en geleidelijk geschieden" (Sept. 1905).[77]Na aanleiding van die kwessie het daar 'n vinnige polemiek ontstaan inDie Burger, 12, 13, 22 Aug. en 5, 14, 16 Sept. 1921. Prof J.J. Smith het inDie Huisgenoot, Sept. en Okt. 1921, 'n helder uiteensetting en samevatting van die korrespondensie gegee. Oor die geskiedenis van die Twede Beweging is die laaste woord seker nog nie gesê nie, maar voorlopig is m.i. Prof. Smith se konklusies heeltemal juis.[78]Vgl. die eerste no., Julie 1903.[79]Die lewensskets is aanDie Brandwag, Des. 1918 ontleen.[80]'n Paar daarvan het eers inOns Moedertaalgestaan.[81]Ek kursiveer.[82]In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af met 'n paar kwinkslae oor "inspirasie-bakoond" (!) en ontydig slapende of badende digters—grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas is. En hyself het nadruklik verklaar: "Die digkuns is geen handwerk nie". Voorwoord,Die Vlakte, (1920) p. 7.[83]Vir lewensskets, sien dissertasie Dr. E.C. Pienaar, p. 209.[84]Vanaf Feb. 1922 voortgeset inDie Huisgenoot.[85]Op die mooi passage het Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie ook gewys, 2de druk, p. 228.[86]Vgl. p. 21 vlg.[87]Een daarvan is opgeneem in dieLeesboek, p. 185.[88]Kursivering van die skrywer.[89]Ek kursiveer.Die Brandwag, Julie 1917.[90]Sien Hoofstuk VII.[91]Ek kursiveer.Die Brandwag, Julie 1917[92]Kultuurbeschouwende inleiding tot Vondels spelen, p. XI.[93]Kuns en Sedelikheid. Die Huisgenoot, Jan. 1922. Ek kursiveer. Vgl. egterReg bo Reg(1922): "In onse tyd van Jonge nasionale opbou ... is kuns wat 'n sedelike of ander strekking het, ook te verdedig." (Voorwoord).[94]Lewensskets aanDie Brandwag, Des. 1918 ontleen.[95]Vgl.Z.A. Prozabundel: Hoekstra—Viljoen, p. 102.[96]Op die betekenis vanOns Moedertaalis in Hoofstuk II al gewys.[97]Vgl. § 4.[98]Vgl. die nommers van Feb. en April.[99]Uit 'n artiekel:Oor Letterkundige Kritiek. t.a.p.[100]Nadat dit afgedruk was, het twee daarvan in dieAlmal-se-Boeke-Serie verskyn onder die tietelMargriet van Laastelust, (1922).[101]Gebore 1894 op Heidelberg, Tvl. Sedert 1921 as advokaat gevestig in Windhoek.

[74]Werk, wat later gebundel is en ook los artiekels of verhale van skrywers, wat in die volgende hoofstukke ter sprake kom, word hier nie behandel nie.

[74]Werk, wat later gebundel is en ook los artiekels of verhale van skrywers, wat in die volgende hoofstukke ter sprake kom, word hier nie behandel nie.

[75]Goede Hoop, Julie 1903.

[75]Goede Hoop, Julie 1903.

[76]In die Junie-nommer 1905 merk hy op dat sommige lesers beswaar het teen te veel Afrikaanse stukke en gee die versekering "dat na Juli de bijdragen in 't Kaapsch-Hollandsch een zeer gering deel van ons maandblad zullen opnemen." Na aanleiding van Preller se brosjureLaat 't ons toch Ernst wezensê hy: "Wij willen (Preller) in alle vriendelikheid waarschuwen niet te haastig te werk te gaan.... De invoering van Afrikaansch als schrijftaal moet zacht en geleidelijk geschieden" (Sept. 1905).

[76]In die Junie-nommer 1905 merk hy op dat sommige lesers beswaar het teen te veel Afrikaanse stukke en gee die versekering "dat na Juli de bijdragen in 't Kaapsch-Hollandsch een zeer gering deel van ons maandblad zullen opnemen." Na aanleiding van Preller se brosjureLaat 't ons toch Ernst wezensê hy: "Wij willen (Preller) in alle vriendelikheid waarschuwen niet te haastig te werk te gaan.... De invoering van Afrikaansch als schrijftaal moet zacht en geleidelijk geschieden" (Sept. 1905).

[77]Na aanleiding van die kwessie het daar 'n vinnige polemiek ontstaan inDie Burger, 12, 13, 22 Aug. en 5, 14, 16 Sept. 1921. Prof J.J. Smith het inDie Huisgenoot, Sept. en Okt. 1921, 'n helder uiteensetting en samevatting van die korrespondensie gegee. Oor die geskiedenis van die Twede Beweging is die laaste woord seker nog nie gesê nie, maar voorlopig is m.i. Prof. Smith se konklusies heeltemal juis.

[77]Na aanleiding van die kwessie het daar 'n vinnige polemiek ontstaan inDie Burger, 12, 13, 22 Aug. en 5, 14, 16 Sept. 1921. Prof J.J. Smith het inDie Huisgenoot, Sept. en Okt. 1921, 'n helder uiteensetting en samevatting van die korrespondensie gegee. Oor die geskiedenis van die Twede Beweging is die laaste woord seker nog nie gesê nie, maar voorlopig is m.i. Prof. Smith se konklusies heeltemal juis.

[78]Vgl. die eerste no., Julie 1903.

[78]Vgl. die eerste no., Julie 1903.

[79]Die lewensskets is aanDie Brandwag, Des. 1918 ontleen.

[79]Die lewensskets is aanDie Brandwag, Des. 1918 ontleen.

[80]'n Paar daarvan het eers inOns Moedertaalgestaan.

[80]'n Paar daarvan het eers inOns Moedertaalgestaan.

[81]Ek kursiveer.

[81]Ek kursiveer.

[82]In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af met 'n paar kwinkslae oor "inspirasie-bakoond" (!) en ontydig slapende of badende digters—grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas is. En hyself het nadruklik verklaar: "Die digkuns is geen handwerk nie". Voorwoord,Die Vlakte, (1920) p. 7.

[82]In sy repliek hierop maak Preller hom van die kwessie af met 'n paar kwinkslae oor "inspirasie-bakoond" (!) en ontydig slapende of badende digters—grappies wat in 'n hoogstaande tydskrif seker ongepas is. En hyself het nadruklik verklaar: "Die digkuns is geen handwerk nie". Voorwoord,Die Vlakte, (1920) p. 7.

[83]Vir lewensskets, sien dissertasie Dr. E.C. Pienaar, p. 209.

[83]Vir lewensskets, sien dissertasie Dr. E.C. Pienaar, p. 209.

[84]Vanaf Feb. 1922 voortgeset inDie Huisgenoot.

[84]Vanaf Feb. 1922 voortgeset inDie Huisgenoot.

[85]Op die mooi passage het Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie ook gewys, 2de druk, p. 228.

[85]Op die mooi passage het Dr. E.C. Pienaar in sy dissertasie ook gewys, 2de druk, p. 228.

[86]Vgl. p. 21 vlg.

[86]Vgl. p. 21 vlg.

[87]Een daarvan is opgeneem in dieLeesboek, p. 185.

[87]Een daarvan is opgeneem in dieLeesboek, p. 185.

[88]Kursivering van die skrywer.

[88]Kursivering van die skrywer.

[89]Ek kursiveer.Die Brandwag, Julie 1917.

[89]Ek kursiveer.Die Brandwag, Julie 1917.

[90]Sien Hoofstuk VII.

[90]Sien Hoofstuk VII.

[91]Ek kursiveer.Die Brandwag, Julie 1917

[91]Ek kursiveer.Die Brandwag, Julie 1917

[92]Kultuurbeschouwende inleiding tot Vondels spelen, p. XI.

[92]Kultuurbeschouwende inleiding tot Vondels spelen, p. XI.

[93]Kuns en Sedelikheid. Die Huisgenoot, Jan. 1922. Ek kursiveer. Vgl. egterReg bo Reg(1922): "In onse tyd van Jonge nasionale opbou ... is kuns wat 'n sedelike of ander strekking het, ook te verdedig." (Voorwoord).

[93]Kuns en Sedelikheid. Die Huisgenoot, Jan. 1922. Ek kursiveer. Vgl. egterReg bo Reg(1922): "In onse tyd van Jonge nasionale opbou ... is kuns wat 'n sedelike of ander strekking het, ook te verdedig." (Voorwoord).

[94]Lewensskets aanDie Brandwag, Des. 1918 ontleen.

[94]Lewensskets aanDie Brandwag, Des. 1918 ontleen.

[95]Vgl.Z.A. Prozabundel: Hoekstra—Viljoen, p. 102.

[95]Vgl.Z.A. Prozabundel: Hoekstra—Viljoen, p. 102.

[96]Op die betekenis vanOns Moedertaalis in Hoofstuk II al gewys.

[96]Op die betekenis vanOns Moedertaalis in Hoofstuk II al gewys.

[97]Vgl. § 4.

[97]Vgl. § 4.

[98]Vgl. die nommers van Feb. en April.

[98]Vgl. die nommers van Feb. en April.

[99]Uit 'n artiekel:Oor Letterkundige Kritiek. t.a.p.

[99]Uit 'n artiekel:Oor Letterkundige Kritiek. t.a.p.

[100]Nadat dit afgedruk was, het twee daarvan in dieAlmal-se-Boeke-Serie verskyn onder die tietelMargriet van Laastelust, (1922).

[100]Nadat dit afgedruk was, het twee daarvan in dieAlmal-se-Boeke-Serie verskyn onder die tietelMargriet van Laastelust, (1922).

[101]Gebore 1894 op Heidelberg, Tvl. Sedert 1921 as advokaat gevestig in Windhoek.

[101]Gebore 1894 op Heidelberg, Tvl. Sedert 1921 as advokaat gevestig in Windhoek.

Die stamvader van die Von Wielligh-geslag was offisier in die Oos-Indiese Kompanjie. Gideon Retief is op 1 April 1859 gebore in die Pêrelse distrik. "Van sy sewende jaar af moes hy ploeglei, vee-oppas, op die oesland hopies maak en meer dergelike werkies wat vir 'n plaaskind nie ongewoon is nie."[102]Deur borgstaan het sy vader alles verloor en so moes Gideon self sy studie bekostig. Op sy elfde jaar het hy sy vader vergesel op 'n handelstog na Boesmanland. Toe hy by sy terugkeer op die Pêrelse Gimnasium kom, het hy net soveel Engels as Jakob Platjie geken, maar binne vyf jaar was hy al landmeter. Deur sy beroep het hy groot streke van Suid-Afrika goed leer ken. Op vyf-en-twintig-jarige leeftyd is hy benoem tot Landmeter-Generaal van Transvaal.

In 1903 het hom 'n ongeluk oorkom, wat byna tot volslae blindheid gelei 't. Hy het na Delagoabaai gegaan om die astronomiese instrumente van die Transvaalse regering te haal. By dié geleentheid is op 'n karnaval kalk in sy oë gegooi. Mediese behandeling het sy toestand sover verbeter "dat hy nou in sy regteroog 'n kwart natuurlike gesig teruggekry het. Hy lees met 'n sterk bril en 'n dubbelde vergrootglas—sy neusbyna op die papier, en dan sien hy nog maar vyf tot ses letters tegelyk."

"Omdat hy lange tyd op die platteland deurgebring het en 'n ystersterk geheue besit, beskik hy oor 'n skat van tiepiese Afrikaanse uitdrukkinge soos miskien geen ander lewende persoon op die oomblik nie."

Vanaf 1876 het Von Wielligh geskryf inDie Patriot, maar toe die blad 'n onnasionale politiek begin te verdedig, het hy hom daaraan onttrek (1891). Later was hy weer medewerker virOns Kleintji, waarin die eerste paar hoofstukke vanJakob Platjieverskyn het. Ook aan die bladOns Taalhet hy bydraes gestuur.

In 1907 het sy eersteDierestoriesverskyn, vier dele waarvan tussen 1917 en 1922 uitgegee is. Verder:Jakob Platjie(1918);Eerste Skrywers(1918);BoesmanstoriesI-IV (1919-1921);Staan jou Man(1920);Robinson Crusoë(1920),Huis en Veldin 1921 gepubliseer, maar reeds in 1916 geskryf;Nimrod Seeling(1921);Ghwennie Barnveld(1922). 'n Groot aantal stories en artiekels het in die tydskrifte verskyn, o.a.Ons GeselstaalinDie Huisgenoot(1921-'22), terwyl nog 'n paar werke in die pers is.

Von Wielligh is feitlik die enigste voorstander van die Eerste Beweging, wat ook aktief opgetree het in die twede. InEerste Skrywers(1918) skets hy die ontstaan en werk vanDie Genootskap van Regte Afrikaners, en verdedig die opvattings van die genootskap teenoor verskillende aanklagte van die Twede Beweging. Hy deel allerlei feite mee wat van groot belang is vir die geskiedskrywer van die Patriotbeweging, polemiseer teen die spelling en organisasie van die Twede Beweging en gee talryke taalkundige beskouings, wat getuig van 'n uitgebreide kennis van die volkstaal, maar wat soms minder juis is deur sy gebrek aan wetenskaplike insig in taalverskynsele. Reeds vanaf 1877 het Von Wielligh "alle egte en suiwere Afrikaanse woorde, uitdrukkings, sinswendinge, ens." opgeteken, maar sy werk het in die Anglo-Boere-oorlog in die hande van die vyand geraak.[103]Sy uitgebreide studie oorOns GeselstaalinDieHuisgenoot(1921-22) getuig van 'n onverfloude belangstelling in die ontwikkeling en dialektiese verskynsels van die volksspraak. Hy is 'n voorstander van purisme. Woorde soos "energie, soliditeit, affiliasie, alternatief" noem hytaalkriekies, "wat ons mense op die platteland—en ook baie dorpelinge—hoor sing, maar hulle weet nie waar die goedjies presies sit nie."[104]Hy waarsku veral teen die gebruik van Neerlandse uitdrukkings "deur skrywers wat in Hollands en in Holland gestudeer het."[105]Eienaardig is dan ook die poging wat hy doen om Hollandse en vreemde uitdrukkings "nae 's landts gheleghenheyt" te verafrikaans. Woordevloed word "'n waterval van woorde" (Eerste Skr., p. 9); wierookvat, "wierooktessie" (p. 59); 't onderspit delven, "die onderspit byt" (Huis en Veld, p. 31); wittebroodsdagen, "soetebroodsdae" (p. 32); clairvoyance, "heldersienery" (t.a.p., p. 177); propaganda, "voortplantingplanne" (Die Brandwag, Feb. 1918).

Von Wielligh se oordrewe purisme hang saam met sy opvatting van kuns. Eweas die ou Genootskap streef hy daarna om "die grote gros te bereik, wat letterkundig honger en dors ly".[106]"Die ou Genootskap het vir leesstof vir die minder bevoorregtes gesorg, terwyl die nuwe net vir lektuur vir ontwikkelde persone wil sorg". Hulle stelling is "Ons mik hoog".[107]In die voorwoord vanHuis en Veldverklaar hy: "Nog vashoudende aan die ywer om ons mense meer en meer te laat lees, het ons vir ons meer deur die populêre Afrikaanse verhaaltrant laat lei, as om ons aan praalgeskrif te bind, want ons volk hou min van geskrifte, volgeprop met dromery, maar verlang wel om verhale met korte bewoordinge in sy (lees hul) ware kleure afgeskilder te sien. So het ons die wenk gevolg van "praat gou want ek woon ver"." Von Wielligh staan dus nog heeltemal op die OuPatriot-standpunt. Hy vergeet dat daar sedert 1875 groot dinge gebeur 't, dat die Twede Beweging die taalstrydgewin 't, juis omdat dieintellektuele gedeeltevan die bevolking die voortou geneem 't en nie tevrede was alleen met rympies en grappies nie. Vandag mag nie iedereen meer rympies maak nie "van Generaal Smuts af tot die veewagtertjie in die veld", en hom dan verbeel dat hy ons letterkunde help opbou. Dit neem natuurlik die feit nie weg, dat in die periode vóór 1900 die Patriotskrywers op kulturele gebied nuttige werk gedoen 't, dat hulle die land geskoffel het waarop ons vandag ploeg en saai. Maar vir my is dit nog 'n ope kwessie of die taalstryd nie al vóór die Anglo-Boere-oorlog kon gewin gewees het nie, as die leiers van die Eerste Beweging hoër gemik 't.

Dit is onloënbaar dat daar tans nog 'n groot skare rustelose soekers na skoonheid is, wat spartel om hulself te verhef bo die wanhopig reëlmatig terugkerende besighede van die alledaagse lewe, mense wat bevrediging soek vir dieper behoeftes dan dié van geldsak en liggaam. Hul sit dikwels op afgeleë buiteplase, waar alle middele om die vae drang na iets hoërs en skoners te verwesenlik heeltemal ontbreek en waar 'n oorspronklik warme aandrif langsamerhand jammerlik verkwyn.[108]As Von Wielligh hom geroepe voel om vir die "minder bevoorregtes" te skrywe, dan doen hy seker nuttige werk, maar dit ontslaan hom nie van die plig om "hoog te mik" nie, en daarby tog te sorg, dat hy nie bokant die vuurmaakplek van sy lesers gaan nie. Daal hy af tot hulle peil, wat hy inHuis en Velden elders maar al te dikwels doen, dan leer hy hul miskien wel hul eie taal lees, maar dan is daar geen sprake van kulturele opheffing nie. En dit is tog sy doel, want hy verklaar sy standpunt as volg: "Die kunstenaar lewer 'n kosbaar monument om sy volk onder die ander volke te laat uitblink; maar die Volksskrywer saai die sade, wat voedsel vir sy eie Volk lewer."[109]

Von Wielligh is geen dienaar van die skoonheid nie. Sy begrip van kuns druk hy so uit: "Kuns is skoon,kuns is verhewe, kuns is edel en bo-aards;maar dit neem 'n kunstenaar om kunsstukke te waardeer. En dis daarom dat die grootste gros net baie van 'n goeie "rympie" dink(,) want dit klink in hulle ore nes die Walse van Strauss en nie nes die Sonatas van Beethoven nie."[110]Die gekursiveerde stelling is vals. Tussen die kunstenaar en leser moet daar natuurlik 'n seker mate van geestelike affiniteit bestaan, voordat daar sprake kan wees van kunsgenot. Maar terwyl die kunstenaar, gedrewe deur 'n aangebore skeppingsdrang die diepste aard van 'n wese of ding peil en dit dan tot skoonheid herskep, hoef die kunsgenieter alleen 'n normale mens te wees met 'n klein bietjie aanvoelings-vermoë. Die kunstenaar dring deur tot die kern, verwyder daarvan al wat bykomstig is en bied ons dit aan in sy suiwerste skoonheidsessensie. Hy doen die werk, ons moet alleen die vreugde, wat hy by sy skeppingsdaad ondervind het, kan navoel en hervoel. Von Wielligh speel dus maar 'n eenvoudige deuntjie op die konsertiena of "ramkie", omdat hy meen dat daar tog so weinig mense is wat iets beters kan geniet.

Vir sy opvatting van die ontstaan van kuns is die volgende sitaat ook van belang: "Daar was baie briewe en gedigte uit alle oorde van die land.... (virDie Patriot.) Baie minderwaardige stukke werd ook geplaas om skryflus aan te wakker. Diegene wat beter kon doen, het nie stil bly sit nie, en die wat swak was, het bygeleer.Want as iemand iets herhaaldelik aanpak, leer hy vanself om die volgende keer dit beter te doen. En so werd die wieg vir aanstaande skrywers gereed gemaak."[111]Hier staan Von Wielligh dus nog op die agtiende-eeuse standpunt: "Kunst wordt door arbeid verkregen". Sy werk dra nog heeltemal die stempel van diePatriot-periode, en die ideale, wat hy na streef is die van 'n verbygegane geslag. Hy staan met sy gesig agterwaarts gekeerd en is "'n laaste stem uit die Genootskap van Regte Afrikaners".

InJakob Platjiegee hy "egte karaktersketse uit die volkslewe van Hotnots, Korannas en Boesmans".[112]Platjie woon met sy ouers, "twee opregte peperkorreltjie Hotnots" by die Drakensteinberg. As hulle op die end van die maand hul loon ontvang, peil hul kantien toe. Iedries en Sina, Platjie se ouers raak in die tronk en hyself verdwaal op weg plaas toe en loop Koos Fonk, 'n smous raak, wat hom saam neem op 'n handelstog na Boesmanland, ens. Dan word die verhaal 'n aaneenskakeling van los anekdotes; Hotnotsfeeste word beskryf, Koos vier sy verjaarsdag en agtervolg Boesmans, wat sy beeste gesteel 't, terwyl saans om die wagvuurtjie allerlei Hotnotstiepes hul stories aan die nuuskierige Platjie vertel. Koos Fonk trek ook na Griekwaland, waar ons Kleopas Kipie hoor preek en twee kapteins sien oorlogmaak.

Platjie keer na sy ouers terug, trek met hulle na Stellenbosch en kom na hul dood op die sendingstasie Genadendal. Daar maak hy kennis met Dr. Kleiner, wat uit Europa gekom 't vir etnologiese studie en vergesel hom op sy togte as tolk. Platjie raak net hooggeleerd, word kristen, vertel wolf-en-jakkalsstories aan sy kinders en sterf.

In die voorrede verklaar Von Wielligh: "Wat die taal betref, wat ons in die mond van die sprekers geleg het, mag ons in die rede geval worde deur iemand wat sê dat in sommige gevalle die taal te verhewe is vir die onbeskaafde inboorling. Dit mag so wees, maar ons het genoeg aanhalings in hulle gewone spreekwyse gelewer om te toon van watter woorde hulle hul bedien het om hulle gedagtes aan ander bekend te maak. Alleen het ons gevrees om deur aanhoudend van die plattaal gebruik te maak, dat ons die lesers sou hinder." Uit 'n kunsoogpunt bederf hierdie besluit die hele boek, want dit beteken 'n opsetlike vervalsing van die dialoog. Dit was Von Wielligh se plig as kunstenaar om 'n Hotnot soos 'nHotnot te laat praat en ofskoon sy standpunt verdedigbaar was in die dae van die Eerste Beweging, toe "Patterjots" sinoniem was met plat taal en die getroue weergawe daarvan die taalsaak sou benadeel het, kon daar geen rede bestaan om in 1918 nog so 'n apologie te maak nie.[113]Ek gee 'n paar staaltjies van die kunsmatig vervalste dialoog: Sina praat van konstabels "wat netdaarop uitis omhulpelosemense die tronk in te prop" (p. 5); Iedries vertel: "Boems! Daar val 'n kanonskotop see in Tafelbaai—die egó buldervan klofie tot klofie...." (p. 14), "So 'ntoestand van sakekon nie lank aanhou nie. Daar moes'n toenadering plaas vinde" (p. 16); die ou toordokter sê vir Toel: "... maar jy is my regterhand endie voorwerp van my ongeveinsde vrindskap", (p. 62); ou Bleskop, 'n Koranna veewagter, vertel van die waterslang: "die water maak agter hom sulke witkabbelingsen hy klowe die watersoos 'n skip" (p. 98); Platjie sê: "die baas het homin vrindelikheidvanmôre gestewel en gespoor" (p. 132); Samuël praat van kieries wat "beginte kletter" (p. 77).

Gelukkig staan naas sulke papiertaal baie dialoge, wat bewys, dat Von Wielligh die Hotnotsspraak goed beheers en hul mentaliteit deur-en-deur ken. En dis 'n kennis wat berus op 'n intieme aanraking met die inboorlinge. Hy het hul bespied in al hul gewoontes en gebruike. Veral die tekening van die parmantige Tys Bokkies is goed geslaag. Die grootste gedeelte van die Griekwapreek is ook 'n bewys, dat hy hom heeltemal ingeleef het in die psiege van die mense wat hy uitbeeld. Hy slaag daar uitstekend in om die naïewe taal en beeldspraak, die primitiewe gedagtegang weer te gee. Ook van die eienaardige humor van die inboorlinge het hy gelukkige staaltjies gegee. By die beskrywing van sulke toneeltjies is hy op sy beste, en ofskoon daar groot foute in die komposiesie is, bly dit tog altyd nog 'n verdienstelike werk deur die raak tiepering van enkele figure.Die sentrale fout is, dat die mense daar is ter wille van die taal en nie die taal ter wille van die mense nie. Von Wielligh het sy taal hartstogtelik lief. Jare lank is "pittige taal"sy spesialiteit gewees. Reeds in 1881 het hy die burgemeester van Utrecht (Holland) met sy "naieve uitdrukkingen" dronkgeslaan.[114]En nou het hy inJakob Platjieprobeer om sy moeisaam opgegaarde taalskat te verwerk. Mens kry soms die indruk asof sekere anekdotes opsetlik bedenk en ingelas is om 'n treffende uitdrukking of komieke woordverdraaiing te kan gebruik.

Jakob Platjieis 'n etnologiese museum, vol opgestopte Hotnots, Korannas en Boesmans. Hulle is kunstig opgestel te midde van 'n nagebootste omgewing. Daar is 'n klipspelonk met mooi tekeninge, 'n Boesman wat staan uintjies uitgrawe met sy harde kierie, en 'n paar ander wat wild bekruip. Verder lê daar egte Boesmanspyle, ramkies, ens. Die ou wildvelle wat die Hotnotpondokkie bedek, is effens opsygeslaan, sodat ons 'n goeie idee van die konstruksie kan kry. Von Wielligh loop tussen die opgestopte poppe rond, vertel allerlei anekdotes, verklaar hul lewenswyse en die gebruik van die primitiewe gereedskappe. En in sy hande dra hy 'n besonder oulike Hotnotpoppie, wat hy Platjie noem en wat hy soos 'n geoefende buikspreker allerlei vrae laat stel, as die museumbesoekers al bietjie dooierig word van die muwwe lug. "Tata en memme, waar lê tog die danige geboorteland van julle?" (p. 6); "Toel, waar lê jou geboorteland?" (p. 58); "Oom Bles, waar lê daardie land van jou?" (p. 95); "Oom Ruiter, wat moes 'n mens eintlik maak as hy skielik in die veld teen wilde Boesmans dam?" (p. 188), ens. En dan begin Von Wielligh, as museumdirekteur weer te vertel van die ou dae se volk, terwyl Ruiter, Toel, Oom Bles en Tys Bokkies by ons staan met hul stywe gesigte en beweginglose lede. Telkens verseker hy ons, dat alles werklik waar is: "Die verhaal lyk baie romanties, maar is eg Hottentots in al sy besonderhede." (p. 58); "Hier volg nou 'n diskoers wat ons so dikwels onder Hotnots, Korannas en Boesmans hoor vertel." (p. 95.)[115]Soms raak die direkteur so erg boos op sy poppe, dat hy hulle reguit toespreek endan gelyk sy beeldspraak erg veel op die van 'n Griekwa predikant soos Kleopas Kipie "O skynheilige mensdom, wat sy medemens oordeel. As die helder soeklig op almal gedraai word, hoeveel blikskottels en blikborde sal van die rakke tussen die silwergoed moet pad gee. En hoeveel sal bly staan, wat as egte sterling silwer verklaar word!" (p. 51.) Maar as Von Wielligh regtig ernstig word, dan draai hy sy rug op die poppe, gooi vir Platjie ook weg en trakteer sy besoekers op 'n lang etnologiese verhandeling. (Hoofstuk X.)[116]As 'n mens ook so oorloop van kennis is dit erg lastig om nog altyd eers iemand 'n sopie te moet injaag voor sy tong loskom! Of om iemand van Europa te laat oorkom soos Dr. Kleiner....

Ons moet dit op prys stel dat Von Wielligh sy ervarings onder die inboorlinge te boek stel. Maar dit is erg jammer, dat hy nie ingesien het, dat hy sy eie kuns vermoor deur kort-kort allerhande didaktiese byvoegsels en onnatuurlike dialoog daarin te wring, in plaas van sy uitgebeelde persone,soos die lewe self isdeur hul eie natuurlike geaardheid en as gevolg van die omstandighede van hul bestaanvanselfeen of ander mening te laat bewys of suggereer. Hy is verplig om soos 'n museumgids by sy eie werk lang toesprake te hou, waarskynlik omdat hy gevoel het, dat die werk self nie sprékend leef nie.

Platjie is, soos reeds aangedui, niks anders as die pomp, wat Von Wielligh gebruik om die water bo die aarde te kry. Ook in sy droom bly hy nuuskierig. "Hy voel hom so kalm as 'n lam en luister met gespanne aandag" (p. 224). As Platjie moeg word vir die pompery, dan kom Koos Fonk help en later Dr. Kleiner. Maar die droom van Platjie is tog nog die wonderlikste ding in die boek! Dis nie sommer vandag se Hotnot, wat só kan droom nie! Platjie hoor 'n koningin sê: "Sien jul daardie berge—ver en naby? Sien jul die klowe met hul trippelende en murmelende kristal strome? Sien jul die vlaktes waarop die heide vir die skoenlapper en die by met nektar versadig? Sien jul die hemelpurper, waarheen wolkies van vlas deur die son met goud geverf word?" (p. 224.)As Von Wielligh dan so veel belang stel in die goudmyn van Ofir—'n onderwerp, wat ook die leier van die Patriotbeweging in 'n roman bewerk het—laat hom dan in 'n wetenskaplike blad sy opienie lug. Maar hy hoef ons nie te kom wysmaak, dat 'n Hotnot, al is hy ook so danig geleerd soos Platjie, só kan droom nie. Dit is 'n psigologiese onjuistheid, so onbeskaamd-astrant, dat dit selfs die onnoselste "minder bevoorregte" moet opval.

Willie Rosveld is vyf jaar op jag gewees, neem sy vader se produktebesigheid oor en trou met Hessie Bendel. Sy vrinde is Frans le Blanc, 'n ongetroude slagter, en Dolf Baumann, 'n rytuigverhuurder en groenteboer. Die famielies gee 'n piekniek, vier nuwejaar en gaan saam strand toe. Dan trek hul na die diamantvelde. Ewert, Dolf se oudste seun, gaan saam met 'n trek na die Dorsland. Frans word intussen voorsien van "'n altyd laggende Amalie" (p. 146), 'n weduwee met 'n groot veeplaas in Transvaal, wat hom trou "omdat sy (hom) van sy jeug af ken ..." en omdat hy "as slagter, so grondig met veeboerdery bekend was" (p. 147). As die goudvelde in Transvaal ontdek word, dan trek Willie en Dolf weer soontoe. Hulle word ryk, kuier rond, besoek Pretoria, waar hul met Oom Paul en Genl. Joubert gesels, maar word op hul ou dag van mekaar geskei.

Huis en Veldis 'n poging om die maatskaplike en ekonomiese toestande omstreeks 1870 te skets. In plaas vanmemoireste skryf, probeer Von Wielligh om die mense van 'n halwe eeu gelede self op die toneel te voer, wat hom egter jammerlik misluk. Hy piets hul met 'n swepie deur al die vier provinsies rond, sodat hy 'n kans kan kry om van die ou dae te vertel. Dolf het gelukkig 'n seun, wat Dorsland toe kan trek, maar ons voel nie, dat dit Ewert is wat al die ellende deurmaak nie. Dis eenvoudig Von Wielligh, wat 'n opstelletjie skryf. Hy laat Willie trou "nie om 'n liefdesverhaal in te voer nie,maar wel om die gebruik, of gewoonte, van daardietyd aan te gee" (p. 30). So gaan dit die hele boek deur. Hy vertel, o so veel van die uiterlike omstandighede en van die swerftogte van sy mense. Ons hoor wat die koring gekos 't, waarvan hul brood maak, ons weet hoe hul 'n kers snuit, dat hulle "in daardie tyd net so goed tandpyn gekry (het) as nou" (p. 22)—maar die mense self ontmoet ons nooit. Hulle is nie eers aangeklede poppe in 'n museum van oudhede nie, hulle is blootname.

Met 'n klein wysiging kan ons Von Wielligh sy eie woorde toeroep:"Die huis moenie 'n preekstoel wees nie en die veld nie 'n voorlesingsaal nie."(p. 88.) Dit is juis wat hy doen. Luister maar na hierdie ouderwetse preek: "Jare is die vasgeklinkte skakels van 'n eindlose ketting, en snoer aan mekaar tot in ewigheid; ons persoonlikheid is maar as druppeltjie daaraan, om spoedig te verdamp en sy plek ken hom nie meer nie ... Dis die laaste dag van die jaar; maar nie die einde van tyd nie—(sou die "minder bevoorregtes" dit miskien nie weet nie? P.C.S.)—tussen die begin en einde van oneindig ewigheid is geen middel nie. (Q.E.D.!) Net soos die grootste hemelliggaam 'n stoffie in die oneindige ruimte is, net so is eeue 'n oogwenk in die ongebroke snoer van tyd," (p. 48-49.)[117]Op p. 32-33 word ons in egte traktaatjiesstyl vertel hoe iemand "diep onder die grond in 'n dronkaardsgraf" geraak het.

Dat daar 'n geestelike verwantskap tussen Von Wielligh en Kleopas Kipie, die Griekwa-predikant bestaan, bewys die volgende: "Net so onsierlik as 'n blomtuin sonder blomme, so nutteloos as 'n horlosie sonder wysters, of so onhoubaar as 'n mosterd-pleister onder 'n hond se bors, net so sal die samelewing op aarde sonder vrouens wees. Daarom, groot is jou mag, o vrou, sien toe dat jy dit op die regte tyd, en op die regte wyse gebruik. Maar nie om berge te wil versit, of te uithaler te wees in 'n kamer waar rotte komedie speel nie ..." (p. 121).

Die selfde Oom Ignaas, wat beweer dat die huis geen preekstoel moet wees nie, sit ewe getroos twee paginas vol te preek oor huweliksgeluk (p. 87-88), en sy vrouklop hom nog, want sy het byna drie blaaie nodig voor sy uitgepraat is, (84-86). Op p. 79 preek Oom Ignaas weer oor weeskinders en so sou daar nog meer voorbeelde aan te wys wees, wat net danig "met slaapstof gespesery" is.[118]

Die dialoog is meestal onnatuurlik. Soos 'n egte boekeheld sug Willie: "Ag mag ek die onsterflike glimlag nog eens op moeder se lippe sien, of die welgemeende raad van vader aanhoor!" (p. 4.) En watter Boermoeder sou so praat: "Willie, ons is bly dat jy die veld deurreis het,waar alles deur die Natuur self geplant is...." (p. 9). En Frans, die slagter, die man wat sê: "Liefde is eiebelang en selfvermaak" (p. 148), slaan ook 'n snaakse taaltjie uit by die Duiwels-Kantoor: "Waar is die skilder wat die landskap op seildoek kan weergee! Waar is die digter om die grillerige aanblik in woorde te beskrywe!" ens. (p. 157).

Ou Kammies, wat so dapper met die doringstomp spook is goed geteken. As hy praat dan luister ons graag, want sy taal is nie net 'n aftreksel van Von Wielligh s'n nie. "Maar seur,—nou?—nou kraak my ou litte van kanniemeernie en ek kan nie eers meer daardie klip raak spuug nie" (p. 47). Een so 'n sinnetjie laat ons direk voel dat ons met 'nmenste doen het. Hoe raak is ook die toneeltjie waar Kammies met die piekniekwaens aankom: "Wel, hoe het dit gegaan, outa Kammies?" vra Willie. "Nee, goed seurtjie. Net jammer die wiele van die wa het van droogte begin skree," antwoord die ou wynvlieg. "En die swaarste van al was, outa, dat die smeergoed al die tyd op die waentjie lê," las Dolf tussen in. "Dis by my kool die waarheid, seur Dolf! Toe het ek maar soos bobbejaan gemaak—ander pad sit kyk." (p. 41.)

Waarom sleep Von Wielligh kinders in sy verhaal as hy hulle net heeldag toesnou: Moenie dit nie en moenie dat nie! nes 'n kwaai oupa wat hoofpyn het? As die arm goedjies iets wil doen, dan moet hul altyd hoor: "Nee, volstrek nie, die muile sal jul skop" (p. 57), "die slange sal jul byt" (p. 44) en so word hul nog vyf keer ietsverbied, (p. 42, 50, 56, 57 voorlaaste paragraaf, en 67.)[119]

Wat hy inStaan jou Manverklaar, is maar al te waar van homself: "... ons wat groot en oud geword het, het magtig baie vergeet wat in die kindersiel woon." (p. 147.) Anders sou hy die twaalfjarige Ester nie so 'n ou-menstaaltjie laat praat nie: "Kom ek om, dan kom ek om.... Sit ons stil tuis, dan is ons tog kinders van die Dood." (p. 177.) En die wonderlike Amerikaner, wat so netjies sug nes 'n middeleeuse rederyker (p. 201) het ook 'n snaakse begrip van 'n kinderverstand as hy vir Ester sê: "Hulle (die eierdoppies) het wel eens die kiem van lewe gedra, maar is nou siellose stof geword en is tans oorblyfsels van verongelukte verwagtings, nes die graffies van kinders wat slegs tydelik aan hulle volk geleen was." (p. 201.)

Eweas inJakob Platjiehou Von Wielligh ook inHuis en Veldlang verhandelinge oor die toestande van 'n halwe eeu gelede, wat heeltemal los staan van die verhaal. So kry ons in hoofstuk III besonderhede oor poswese, boerdery, kerk, skool, spoorweë en ... swawelhoutjies. Daar is historiese uitweidings en 'n beknopte geskiedenis van die Patriotbeweging; 'n definiesie van 'n lugspieëling (p. 109), wat sou pas in 'n handboekie oor aardrykskunde, 'n boereraad teen koorssiekte en 'n persoonlike appresiasie van die deugde van Engelse sout, kienapille en "grou vomitief", ens. ens. Von Wielligh het ongetwyfeld 'n goeie kennis van die tydperk wat hy beskrywe en sou seker 'n handboekie kan opstel wat vir die historikus en argeoloog nuttig sal wees, as hy maar net leer om te onderskei tussen gewigtige en onbelangrike sake en hul nie heel deftig vertel dat "die graanboer meestal sy gesprek voer oor graan ploeg en afoes; die wynboer belang (stel) in wingerde en wyn, en die veeboer verdiep (is) in sy skape en beeste ..." (p. 57-58). Hy kan gerus aanneem dat iedere normale mens dit oor vyftig jaar ook nog sal weet! Laat hom in elk geval nie weer probeer om sy kennis soos Koos Fonk in 'n roman rond te smous nie, want ook op letterkundige gebied is sulke smokkelpraktyke strafbaar.

InStaan jou Manword die boerelewe op die ooster-grense van die Kaapkolonie in die tyd net voor die Groot Trek geskets. Gert Markeland, weens sy groot lengte bekend as "Groot Fant" woon op die plaas Kliphuiskoppie in die nabyheid van Grahamstad. Een van sy bure is Samuel Firtree, 'n Engelse "setlaar", wat egter heeltemal Afrikaner geword het. Jakob Raster, 'n Hollandse matroos, is Daan Wiks se skoolmeester. Groot Fant gee op sy verjaarsdag 'n groot fees, en later word trekplanne op Org Dapperman se plaas bespreek. Daar word 'n tier geskiet, by welke geleentheid Raster les kry in perdry. Frankie Daai, 'n ou-jonkman maak flikkers by Sytjie, wat skielik ryk geword het deur 'n groot erfenis, maar word deur sy handelsvennoot Soekie Grasman uitgeoorlê. Victor, die seun van Firtree, skiet per ongeluk Org Dapperman dood en verwond sy vrou, waardeur die trekplanne uitgestel word. Allerlei kaskenades van Rennie, Groot Fant se seun en Ester, Dapperman se dogter, word verhaal. Ester red die bewoners van Kliphuiskoppie deur op dapper wyse die aantog van Kaffers aan die bure bekend te maak. Plase en meubels word verkoop en voorbereidings vir die Trek gemaak. Intussen het Daai en Grasman in die tronk geraak en Groot Fant Sytjie gekies om die plek van sy oorlede vrou in te neem. Die verhaal sluit met enige awonture van die trek.

UitStaan jou Manblyk ten duidelikste dat Von Wielligh se intriegemasjienerie net 'n paar radjies het, wat al lelik uitgeslyt is. InHuis en Veldhet hy tweemaal gebruik gemaak van 'n verlore brief (p. 117 en 125), inStaan jou Mandoen hy dit nog eens (p. 103) en ook in Jakob Platjie speel 'n brief die rol van verklikker (p. 85). InStaan jou Manbewys Sytjie ook nog Daai en Grasman se onskuld deur 'n brief (p. 237).[120]—Koos Fonk se verjaarsdagfees by Gansmond word beskryf (Hoofstuk XII)[121]; inHuis en Veldis daar Nuwejaarviering (Hoofstuk VII), inStaan jou Manalweer 'nverjaarsdagfees (Hoofstuk VI), en daarby nog 'n poffertjiesparty (Hoofstuk III).—Platjie sien "skrifgeleerde" visioene, nadat hy soutvleis en stormjaers geëet 't (p. 222), Frankie Daai ooreet hom aan buffelkarbonaadjies en word deur 'n lelike nagmerrie gery (Hoofstuk IX).—InHuis en Veldskrik die vrouens hul lendelam vir spinnekoppe (p. 181) en Tant Annie het groot respek vir klipsalmanders (Hoofstuk II).—Die vrindskaplike verhouding tussen die famielies inHuis en Veldvind ons onder gewysigde omstandighede terug inStaan jou Man. Jakoba word skielik ryk (H. en V.p. 114), Sytjie ook(S. jou M.p. 90) en albei kry dadelik vryers. Birdie se twee vryers raak albei in die moeilikheid deur hul slim planne, Sytjie s'n netso. En so sou daar nog meer ooreenkomste aan te wys wees.

Die oorvloed van los anekdotes in al drie boeke is ook opvallend. InStaan jou Manloop so baie kruispaadjies, dat ons glad van die grootpad verdwaal. Die skrywer het dit blykbaar self gevoel, want hy begint Hoofstuk XIV aldus: "Ons verlang nou al so baie na Kliphuiskoppie ... dat ons nou g'n minuut langer sal versuim om daarheen te gaan nie." Die enigste draad, wat die anekdotes verbind, is dat almal bewys, dat die persone hulleman kan staan. Dit word so 'n opeenhoping van dapper dade, dat mens naderhand voel, dat die kindere Enaks weer opgestaan het, terwyl Groot Fant 'n reinkarnasie van Simson is. Dat hy nog die moeite doen om die pilaar van die kliphuis met kruit weg te blaas en dit nie sommer omstoot nie, soos sy prototiep met die tempel van die Filistyne gemaak 't, bly 'n raaisel!

Dit spreek vanself dat by 'n roman, waarin die skrywer probeer om deur 'n semelagtige aaneenstrengeling van awontuurlike voorvalle te bewys, dat die vernaamste persone almal hul man kan staan, van die psigologiese uitbeelding niks tereg kom nie. As hy die smart van die trekkers moet uitbeeld, wanneer hul die Kolonie verlaat, dan roep hy uit: "Ons verberg ons gesig vir die warme trane van afskeid, ons sluit ons ore vir diehartverskeurendesnikke, wat sielesmart vertolk.... Vroue en kinders wink mekaar toe met hulle hande of sakdoeke, en die mans waai met hulle hoede—alles tekens van'nhartgevoel wat woorde magteloos slaan om (dit) te verklank"(p. 240-241).[122]

Dieper dan die trane en die sakdoeke kan hy nie sien nie en daarom wil hy sy oppervlakkigheid agter 'n retoriese poespas wegsteek. Met die een voorbeeld kan ek volstaan en merk alleen nog op, dat daar selfs geen goedgetekende Hotnotsfiguur inStaan jou Manis nie.

Die neiging om lang "moralisatiën ende contemplaciën" oor sy persone te hou, is inStaan jou Mannog baie hinderliker dan elders. "En as ons Frankie Daai so sien lê, dan rys die volgende oorwegings in ons gedagte op:—" (p. 86). Wat die "oorwegings" met die slapende Frankie te doen het, weet Von Wielligh alleen, want dis 'n beskrywing van die winter!! As Frankie egter eers gedroom het, dat Sytjie hom wurg, maak "hierdie afgryslike gesig ... verder 'n beroep op ons nadenking" en dan pas merk ons dat die wintertoneeltjie 'n aanlopie was vir 'n uitgewerkte preek oor die "vraatsugtige Mens", by welke uitroep ons seker aan Frankie se gulsigheid met die buffelkarbonaadjies moet dink! Maar dis glad mis! Die "vraatsugtige mens" handel nes die "kille nagwindjies"! So raak ons "toegespinnerak" in die "stowwerige webbe" (p. 88) van onverstaanbaarheid.

Op p. 186 versoek hy die "waarde leser" om die pen uit sy hand te neem "om die blydskap van tant Anniein skrif... neer teskrywe"; op p. 147 staan 'n prekie oor kinders in Griekwa-styl; op p. 270 vertel Ester en Rennie "hulle awonture en uitredding,wat ons as volg teruggee". Die verklaring vanstormjaers, p. 26, wat hy oor en oor gee in byna al sy boeke, en die beskrywing van 'nkakebeenwamoet hy bewaar vir sy oudheidkundige handboek.

"The religion of the Bushmen is made as clear from their own recitals as such a subject can be, when it is remembered that the minds of the narrators werelike those of little children in all matters not connected with their immediate bodily wants. Their views concerning the sun, moon, and stars seem utterly absurd, but a European child five or six years of age, if not informed, would probably give no better explanation. Their faith too, that is, their unreasoning belief in many things that to an adult European seem ridiculous, is seen to be that of mere infants." So lui die verklaring van Dr. Theal in sy inleiding totBushman Folklore by Bleek and Lloyd(p. XXXVIII) en wie die eerste deel van Von Wielligh seBoesman-Stories(1919) gelees het, moet die juistheid daarvan erken. Die stories verplaas ons in 'n spook-wêreld, waar alles met toordery aanmekaar hang, waar die snaakste gedaanteverwisselinge plaasvind en die aller-gekste maneuwers uitgevoer word. In die wonderlike gedoentes is daar weinig logiese gang; daar is geen kliemaks wat steeds die belangstelling gespan hou, geen goeie motivering, geen artistieke, harmoniese eenheid nie. Meestal weet ons nie of ons met mense of diere te doen het nie, want ofskoon die diere gewoonlik enkele kenmerkende eienskappe hou, word die juiste maat in hul vermensliking selde getref, en verrig hul dade, wat al te spesifiek menslik is. So lees ons van 'n uil, wat sy mes laat val (I, p. 117), 'n aasvoël, wat 'n springbok skiet (II, p. 19), 'n leeuwyfie, wat met Boesmankinders saamwoon en hulle met knopkieries wapen (II, p. 109), 'n tier wat hom as 'n reisiger vermom (II p. 140). En van sulke voorbeelde krioel die stories. Dit word ten slotte 'n marteling om die grillige kronkelinge van die Boesman-fantasie te volg. Van skoonheid uit letterkundige oogpunt is daar heel weinig te bespeur in die kinderagtig inmekaargedraaide versinsels, waaraan mens geen osseriem kan vasknoop nie. Vir die etnoloog mag die gegewens, wat Von Wielligh met sulke prysenswaardige ywer byeenversamel het van groot waarde wees, maar vir die letterkunde is alleen enkele verhale uit die eerste twee dele van enige betekenis. Mooi is nommer 41 waar 'n leeu met 'n klein meidjie by die wagvuur speel. En so is daar ander toneeltjies uit die swerwende jaglewe van die Boesman, wat treffend is deur oer-naïewe eenvoud; ook raakskildering van diere (b.v. in nommer 44), maar selde 'n skone geheel.

In die eerste deel word hoofsaaklik die mitologie behandel, deel twee bevat dierstories, terwyl die derde deel eintlik geen reg op die naamBoesman-Storieshet nie, want dis 'n geskiedkundige verhandeling oor die "sedes, gewoontes en bekwaamhede" van die Boesman. Heelwat besonderhede, wat reeds inJakob Platjieen die eerste twee dele voorkom, word hier herhaal, te same met persoonlike herinneringe en allerlei anekdotes, wat die skrywer van ander persone verneem het. In eenvoudige taal vertel Von Wielligh alles wat hy van die Boesmans weet. Gelukkig het hy sy meedelings nie "met 'n vergulde nerfie oor(ge)blaas"[123]nie, want soos uit 'n nader bespreking van sy styl sal blyk, is 't juis dìt, wat hinderlik is in sy romans. Hier loop hy eenvoudig padlangs en vir die ondersoeker van Boesman-gewoontes deel hy heelwat wetenswaardigs mee. In die voorwoord van die derde deel verklaar hy, dat dit "van 'n wetenskaplike aard" is. Populêr-wetenskaplik sou juister wees, want Von Wielligh is met als sy persoonlike ervaring 'n leek sonder etnologiese vorming, wat geen begrip het van die groot verband van sy onderwerp, en wat hom deur sy hartstog vir die Boesman tot allerlei gewaagde en moeilik bewysbare generalisasies laat verlei. So verklaar hy op p. 73, dat die Boesman 'n paar oë het, "om ver en raak te sien soos nog geen ander menseras hom op kan beroem nie", en op p. 68 verseker hy ons, dat daar "op die Europese toneel min ... dansers (is), wat 'n Boesman in 'n riel sal uitstof ..." Op p. 21 verklaar hy: "soiets as mis-skiet ken 'n Boesman glad nie", terwyl hy kort daarop moet erken: "In sterk wind is hy minder gelukkig". Die meedeling oor die slangsteen op p. 52 is seker ook nie van wetenskaplike aard nie, ewemin as die snaakse definiesie van "deursigkunde—dit wil sê, om voorwerpe op 'n tekening op verskillende afstande voor te stel" (p. 67). Vir die vakman sal die volgende bewering ook stellig nie van veel nut wees nie: "Sy voedsel (d.i. die Boesman s'n) bestaan bynauit enige ding—al wat hy nie eet nie, is wat hy nie in hande kan kry nie." (p. 21).

Die vierde deel bevat "gemengde vertellings, mees van 'n awontuurlike aard", wat die skrywer gedeeltelik self opgeteken 't en gedeeltelik aan ander bronne ontleen 't. Daar is 'n paar goeie jagstories en verhale wat ons 'n kyk gee op die awontuurlike lewe van die boere teen die end van die negentiende eeu. Uit letterkundige oogpunt is dit die besgeslaagde bundel, ofskoon ook hier die psigologie soms nie dieper as die boonste nerfie gaan nie, soos blyk uit die volgende: "Dis wonderlik watter indruk so 'n verandering in die lewe van 'n Boesman maak. Hy kom uit die wildernis, alwaar beskawing nog op sy beurt wag. Hy kom in Kaapstad en sien treine, skepe, hoë huise, en hoe baie mense daar besig is. Die groot winkels met alle soorte goed wat hy nie ken nie, is vir hom 'n wonder bo wonder." (p. 132.) Met dit al het Von Wielligh met die versameling van die stories 'n verdienstelike kultuur-historiese bydrae gelewer. Wat hy met onvermoeide speursin uit verborge hoekies en gaatjies gehaal 't sal altyd van belang bly, maar waar dit ons hier te doen is om letterkundige skoonheid, moet gekonstateer word, dat die geaardheid van 'n groot gedeelte van die stof sodanig is, dat dit slegs vir wetenskaplike doeleindes geskik is.

Gewoonlik word die serieBoesman-Storiesas boeke vir die jeug beskou. Blykens die voorberig van die vierde deel was dit allermins die bedoeling van die outeur en uit die karakterisering van die inhoud is dit duidelik, dat hy gelyk het. Daar is seker min Afrikaanse ouers, wat sou wens, dat hul kinders so 'n volledige kennis van al die Boesman-bygelofies bevoorbeeld moet hê, as wat Von Wielligh ons aanbied. Niettemin sou daar seker 'n klein bloemlesing uit die vier dele kan saamgestel word, wat sal voldoen aan die vereistes van 'n kinderboek. Maar Von Wielligh is veels te optimisties waar hy sê: "...daar sal gewis 'n tyd aanbreek dat nie alleen kinders nie, maar meer as kinders hulle ore sal hou teen die blaaie vanBoesman-Storiesom te luister na sprokies en vertellingsasof die woorde direk en duidelik afkomstig is van die oorspronklike lippe wat hul vertelhet."[124]Dit is in flagrante teëspraak met die volgende: "Met die skrywe van hierdieBoesman-Storieshet ons die gedagtes van die Boesmansin ons eie woorde vertolk ..."[125]en gee aanleiding tot 'n ander opmerking. Die eienaardige bekoring van die inboorlingestories sit ongetwyfeld grotendeels in die persoonlikheid van die oorspronklike verteller. Dit het Von Wielligh self gevoel, want in die voorberig vanDiere-Storiesverklaar hy: "Niemand kan 'n Diere-Storie so smaakvol as 'n Hotnot vertel nie. Dit smaak of hy alles daar voor hom sien en hoor, wat hy verhaal. Haarfyn kan hy die Diere naboots en namaak—so natuurlik, dat ons daarvan soms bang word." Nou is dit juis dié natuurlike element, wat ons in dieBoesman-Storiesmis, terwyl inDiere-Stories, soos deur Hotnots verteldie juiste toon baie beter getref word. Gelukkig het Von Wielligh besef dat 'n kinderboek nie "deurspek met lesse, met sedepreke" moet wees nie en met uitsondering van sekere minder artistieke stylwendings kan dieDiere-Storiesas aangename kinderlektuur beskou word, wat egter in hierdie verband nie nader kan bespreek word nie.

Al dadelik blyk egter weer uit die volgende aanhaling, dat Von Wielligh, as leek hoegenaamd geen insig het in die wordingsgeskiedenis van dierverhale nie. In die voorberig vanBoesman-Stories Istryk hy met 'n klein vetkersie ewe parmantig in die volle lig van 'n stralende son:

"In Europa en Amerika word tot nog toe vrugtelose pogings aangewend om gewilde en ingrypende (?) "Diere-Stories" te skrywe; hier in Suid-Afrika het die Hotnots en Boesmans dié reeds vir ons eeue gelede uitgewerk. Al wat ons te doen het, is om die ryk oes in te samel." Hy weet dus nie, dat feitlik alle volke hul dieresprokies het nie, dat selfs vandag nog sulke vertellings van mond tot mond gaan oor die gehele aardbodem en dat baie van ons jakkalsstories groot ooreenstemming vertoon met die Europese verhale van die vos.[126]Wat die digter vanReinaerts Historie(II), reeds in die 14de eeu geseghet bly nog altyd waar, ook in literêr-historiese sin: "Van Reinaerde es een groot saet Ghebleven dat nu seere up gaet."

Van Von Wielligh het ook nog verskyn 'n Afrikaanse bewerking van Robinson Crusoë (1920) en 'n Boesman-Robinsonade,Nimrod Seeling(1921). Nimrod is 'n seuntjie van vier jaar, wat in die hande van Hotnots en Boesmans val en by hulle bly tot sy veertiende jaar. Deur 'n aaneenskakeling van awontuurlike gebeurtenisse kry die skrywer nog eens 'n geleentheid om die gewoontes, sedes en bygelowe van verskillende inboorlingstamme te skets, terwyl ook die jag op groot wild beskryf word. Aangesien die verhaal vir die "jonger geslag" bedoel is, word 'n eenvoudige styl gebruik. Maar selfs die spannendste awonture word op dorre betoogtoon verhaal, sonder enige poging tot plastiese uitbeelding. "Die leeu is nou kort agter ons. Toe Saba in haar boom was, steek sy haar hand uit om my op te help. Maar helaas, my lang hare raak verward in 'n droge tak. Saba breek met wilde krag die stuk tak en pluk my op; net toe kom die leeu onder die boom en vang met sy voorpoot naar my voete.Hieropmaak Saba haar man as of hy uit sy boom wou afklim. Die leeu sien dit, hol soheentoe en kry 'n skoot met 'n gifpyl, deur die ander Boesman afgeskiet.Hieropgee Saba haar man hom nog 'n skoot, en hy was nie meer nie." (p. 33-34.) Dit is maar een voorbeeld van die dooierige, kroniekagtige vertellings, waarin die verskillende insidente deur 'n uitgerekte string van hierop—daarop—waarop—daarna—verder—voorts en soortgelyke woorde aanmekaar geryg word.[127]Dat ook hier herkouing van ou motiewe aanwesig is, bewys o.a. die Griekwa-preek op p. 76.


Back to IndexNext