VOETNOTAS:

VOETNOTAS:[375]Twede Dr. 1919. In afd. IX word by sitate die nommers van die stukke aangegee. Waar nie vermeld nie, word volgens die twede druk gesiteer.[376]Ek kursiveer.[377]Ek kursiveer.[378]E. D'Oliveira:De Jongere Generatiep. 93.[379]t.a.p., p. 94.[380]Edward Garnett:Friday Nights, p. 257.[381]D'Oliveira, t.a.p., p. 233. P.N. van Eijck.[382]Prof. Dr. J. Prinsen:Handboek2ens., p. 554. Ek kursiveer.[383]D'Oliveira, t.a.p., p. 211.[384]Prinsen, t.a.p., p. 671.[385]Garnett, t.a.p., p. 265.[386]Vgl. my artiekel oor die kwessie inDie Huisgenoot, Aug. 1922. In sy repliek (Die Burger, 4/9/22) slaag Langenhoven daar nie in om die persoonlike element buiten die kwessie te hou nie. Dit word 'n kriewelrige filippika teen "akademiese Fariseërs" en "skrifgeleerde ape", onder wie Kloos, Van Deyssel, Van Eeden en Robbers gereken word!! Hoe weinig begrip Langenhoven van die letterkundige kritiek het, blyk o.a. uit die volgende: "Die grootste vyande van alle kuns is die katedrale (sic!) kuns-eksperte." Die feite wat ek aangevoer het bly onaangetas staan, soos in een van die volgende nommers vanDie Huisgenootaangetoon word.[387]Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie2ens, p. 300 vlg.[388]Voorwoord.[389]O.a. p. 88.[390]Voorwoord.

[375]Twede Dr. 1919. In afd. IX word by sitate die nommers van die stukke aangegee. Waar nie vermeld nie, word volgens die twede druk gesiteer.

[375]Twede Dr. 1919. In afd. IX word by sitate die nommers van die stukke aangegee. Waar nie vermeld nie, word volgens die twede druk gesiteer.

[376]Ek kursiveer.

[376]Ek kursiveer.

[377]Ek kursiveer.

[377]Ek kursiveer.

[378]E. D'Oliveira:De Jongere Generatiep. 93.

[378]E. D'Oliveira:De Jongere Generatiep. 93.

[379]t.a.p., p. 94.

[379]t.a.p., p. 94.

[380]Edward Garnett:Friday Nights, p. 257.

[380]Edward Garnett:Friday Nights, p. 257.

[381]D'Oliveira, t.a.p., p. 233. P.N. van Eijck.

[381]D'Oliveira, t.a.p., p. 233. P.N. van Eijck.

[382]Prof. Dr. J. Prinsen:Handboek2ens., p. 554. Ek kursiveer.

[382]Prof. Dr. J. Prinsen:Handboek2ens., p. 554. Ek kursiveer.

[383]D'Oliveira, t.a.p., p. 211.

[383]D'Oliveira, t.a.p., p. 211.

[384]Prinsen, t.a.p., p. 671.

[384]Prinsen, t.a.p., p. 671.

[385]Garnett, t.a.p., p. 265.

[385]Garnett, t.a.p., p. 265.

[386]Vgl. my artiekel oor die kwessie inDie Huisgenoot, Aug. 1922. In sy repliek (Die Burger, 4/9/22) slaag Langenhoven daar nie in om die persoonlike element buiten die kwessie te hou nie. Dit word 'n kriewelrige filippika teen "akademiese Fariseërs" en "skrifgeleerde ape", onder wie Kloos, Van Deyssel, Van Eeden en Robbers gereken word!! Hoe weinig begrip Langenhoven van die letterkundige kritiek het, blyk o.a. uit die volgende: "Die grootste vyande van alle kuns is die katedrale (sic!) kuns-eksperte." Die feite wat ek aangevoer het bly onaangetas staan, soos in een van die volgende nommers vanDie Huisgenootaangetoon word.

[386]Vgl. my artiekel oor die kwessie inDie Huisgenoot, Aug. 1922. In sy repliek (Die Burger, 4/9/22) slaag Langenhoven daar nie in om die persoonlike element buiten die kwessie te hou nie. Dit word 'n kriewelrige filippika teen "akademiese Fariseërs" en "skrifgeleerde ape", onder wie Kloos, Van Deyssel, Van Eeden en Robbers gereken word!! Hoe weinig begrip Langenhoven van die letterkundige kritiek het, blyk o.a. uit die volgende: "Die grootste vyande van alle kuns is die katedrale (sic!) kuns-eksperte." Die feite wat ek aangevoer het bly onaangetas staan, soos in een van die volgende nommers vanDie Huisgenootaangetoon word.

[387]Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie2ens, p. 300 vlg.

[387]Vir 'n lewensskets kan verwys word na Dr. E.C. Pienaar:Taal en Poësie2ens, p. 300 vlg.

[388]Voorwoord.

[388]Voorwoord.

[389]O.a. p. 88.

[389]O.a. p. 88.

[390]Voorwoord.

[390]Voorwoord.

Sangiro is in 1894 in die distrik Pretoria gebore. Op elfjarige leeftyd het hy met sy ouers die voortrek na Duits-Oos meegemaak. Groot was die ontberings op die lang trek van die kus af na Kilimandjaro. Eers was dit malaria, toe vrek die trekdiere en eindelik was al die voedselvoorraad op—verweg in wilde bosstreke, waar niks te kry was nie. Kort na die aankoms by Kilimandjaro, waar toe al 'n paar Boerfamielies was, is twee van sy broers dood aan die gevolge van malaria en die ontberings langs die pad. Daar was geen ander maats naby die plaas nie en dus het hy alleen opgegroei tussen die diere. Van die tyd vertel hy: "Die grootste plesier het toe nog bestaan in die jagawonture en die doodskiet. Maar ek het baie behae daarin geskep om jong wilde diere lewendig te vang en aan my gewend te maak. Daardie eerste jare was 'n gedurige worsteling om die vee snags teen roofdiere te beskerm. Dié werk het hoofsaaklik op my gerus. Deur gedurige aanraking—jag en naspoor gedurende die dag en opsit in die kraal snags, het ek natuurlik 'n baie intieme kennis van die roofdiere veral gekry. Hierdie lewe het vier jaar geduur. Toe is ek na Suid-Afrika om te studeer. (Heidelberg, Tvl. en Stellenbosch). Toe ek in 1917 gaan kuier na Duits-Oos, was my lewensbeskouing baie verander. Ek het dit nou swaar gevind om wild dood te skiet, en het die jag alleen nog geniet wanneer dit gevaarlike teenstanders, soos die leeu en renoster geld. Die grootsteplesier het ek nou daarin gevind om die diere in hulle eie omgewing gade te slaan. Die gebeurtenisse in my boekie het gedurende hierdie twee jaar plaasgevind. Die stories is waar. Die leeus het ek 'n weeklank elke maanlignag sit en beskou uit 'n boom. Ek kon elke beweging bespeur en later weergee in my boek. Die jagters wat daarin voorkom is my broer, ('n jonger een) en ek self."

In 1920 hetSangiroaan die Stellenbosse Uniwersiteit gegradueer. Hy is nou op die redaksie vanDie Burger, en uit die blad is sy sketseUit die Lewebekend. In 1921 het van hom verskyn:Uit Oerwoud en Vlakte, Sketse uit die Oos-Afrikaanse Dierewêreld[391]. Daarvan vertel hy: "Die boekie is geskryf in Quarta, Stellenbosch, waar 'n groot verlange na die wildernis van my besit geneem het, sodra ek in 1918 weer teruggekeer het uit Duits-Oos.... Ek kan dit nie help nie, maar ek het 'n gedurige heimwee na die wildernis—nou ook weer." So skryfSangironet na sy terugkeer van 'n lang jagtog. Die jag was egter bysaak en die volgende keer neem hy miskien net sy kamera saam.Sangirois die bynaam wat die Kaffers hom gegee het.

M.H. van Campen het opgemerk, dat in die loop van die eeue die beroemdste skrywers die dierewêreld "nimmer om zich-zelfs-wil in literaire kunst" uitgebeeld het nie. In die Pancatantra, die fabels van Aesopus, die Reinaert-sage en ook vir La Fontaine is die dier alleen van belang "voor zoover het als acteur te gebruiken viel, wien eenmenschelijkerol kon worden toebedeeld."[392]"Zeer zeker ging al dezen schrijvers het eigenaardige van het dier-leven niet onopgemerkt voorbij, maar dat leven zagen zij niet als een schoonen stroom, machtig, diep en hunner aandacht ten volle waardig, ook al hadden zij er nooit despiegelingvan dermenschheidgelaat ingezien.... De dieren spelen (in de Indo-Europeesche dierensage) wel de eerste rol, maar die dieren denken en handelen metmenschelijkverstand, die dieren zijnverkapte menschen, zijnmenschen in een dierenhuid gestoken, gelijk in Rostand'sChantecler." Natuurlik erken Van Campen dat "door spel en tegenspel dezer als 't ware psychologisch-kunstmatigeennietnaar de doorgronde-werkelijkheid gebeelde dierfiguren, tafereelen van tot schoonheid gestegen schalkheid, satyre, wijsgeerig enmensch-kundig inzicht ontstaan (zijn), die voor geen andere werken van letterkunde onder hebben te doen."

In die diere-epos en diereroman van ons tyd word die dier om sy eie ontwil uitgebeeld. Jack London sePittahnoem Van Campen: "een dierenverhaal, dat ons den schrijver doet zien, zóó verzonken in de contemplatie van hetdier-leven, datditop het allereerste plan van het werk staat, en demenschener slechts in optreden voor zoover zij invloed hebben op geest of lichaam van het dier." So langsamerhand het daar 'n uitgebreide literatuur ontstaan, heeltemal gewy aan diere van allerlei soort. Charles Derennes raak in sybestiaire sentimentaleselfs in geesdrif oor 'n vlermuis en inLe Roman de la Rivièrevan Georges Ponsot is die held 'n jong snoek. By sommige kunstenaars is dit die herlewing van die ou pastorale idee, 'n wegvlugtery uit die smoor-atmosfeer van die moderne beskawing. Edward Garnett vertel ons van W.H. Hudson "who, (flings) off the soiled dust of our human thoroughfares, and (goes) into nature's wilderness to escape the sight of thepale civilized faces, with the mean round of petty human interests of theirartificial indoor lives."[393]In Suid-Afrika met sy wyd uitgestrekte vlaktes, wat nog so dun bevolk is, kan daar van so 'n motief egter geen sprake wees nie. By ons is daar nog maar weinig "kinderen van weelderige overbeschaving",[394]want die grootste gedeelte van die volk leef nog in landelike eenvoudigheid. Maar deur die gedurige rondtrekkery in woeste streke het die Boere in intieme aanraking met die natuur gekom, en had hul diegeleentheid om die lewe van die groot wild van naby te bestudeer. In ons letterkunde is daar dan ook tallose jagverhale. Maar so 'n digterlike gees soos Sangiro is nie tevrede met die optekening van sy jagervarings nie. Deur 'n langdurige verblyf in woeste streke geraak hy onder die mistieke bekoring van die oerwoud, gaat hy geestelik heeltemal op in die geweldige drama van die natuur. "Man ... can only enter into the vast world of (nature's) myriad sentient life by employing all the old emotional tools—his sense of mystery, love of beauty, poetic imagination, and human love—to supplement and vivify theimpassivetruths of Science."[395]Dit is wat Sangiro doen. 'n Leeu is vir hom nie alleen "'n aantreklike wit" en "na 'n goedgeslaagde skoot ... 'n stuk dooie vleis" nie, maar in elke leeu sit "'n fyn georganiseerde lewe ..., 'n persoonlikheid in sy soort ruim so interessant as dié van die mens" (p. 83). "Ook onder die wilde diere bestaan daar 'n soort van geesteslewe, wat die opmerksame waarnemer telkens weer met verwondering vul; vir hom word dit naderhand moontlik om die diere se gewaarwordinge uit hul uiterlike beweginge te verstaan" (Voorwoord). Maar Sangiro is veel meer as 'n "opmerksame waarnemer"; sy liefde vir die diere maak hom die digterlike vertolker van al hul emosies en instinkte en deur middel van sy plastiese uitbeelding laat hy ons dit ook navoel. "Wild nature's life being a natural drama of instinct, an unceasing play of hunger, love, battle, courtship, fear, parental emotion, vanity, and most of all, perhaps, pure enjoyment of physical powers, it is obvious that every man who is irresponsive in his feelings, or possessed of a dull artistic imagination, or weak aesthetic sensibilities, must remain practically aloof from wild nature and its infinite feast of characteristic displays."[395]

Edward Garnett het in die aangehaalde artiekel duidelik aangetoon, dat die noukeurige wetenskaplike waarnemings van die beroepsnatuurkundige aangevul en vertolk moet word deur artistieke en poëtiese verbeelding. Tot die wetenskaplike ondersoeker sê hy: "You tell us countlessfacts about the laws of life, but the actual spirit of life, its living feeling, which is the essential volatile principle of life, can never be fully assessed by you." Dié artistieke verbeelding en innige aanvoelingsgawe besit Sangiro en daarom is sy sketse ook 'n kunswerk geword.[396]Hoe diep en innig die liefde vir diere kan word, blyk uit die volgende verklaring van Dr. Jac. P. Thijsse: "Ik heb nu al zoovele voorjaren met de vogels bewust meegeleefd, dat ik ook de Aprilmaand min of meer op vogelmanier gevoelen kan en ik voel 's morgens bij 't ontwaken, welke vogels in den nacht aangekomen kunnen zijn."[397]

In die eerste skets beskryf Sangiro die lotgevalle van 'n leeufamielie. In al hul houdings het hy die diere bespied, op al hul dwaalpaadjies het sy oog hul gevolg. Die speelse vrolikheid van die kleintjies, die versigtige sluipgang op die jagveld, die kennismaking met nuwe vrinde en die nagtelike smulpartye word op mooi realistiese wyse geteken. Hy probeer om al die fyn klanknuanserings in die leeuegebrul te verstaan. Wanneer hy die smart van die trotse bosreuse oor 'n doodgeskiete wyfie beskryf, die hulpelose verlatenheid en swerftogte van die bangerige kleintjies, dan bereik hy 'n diepte en innigheid van plastiese uitbeelding waar 'n roerende skoonheid in bewe. Die langsame ontplooiing van die jaginstink by die jong diertjies word met treffende waarheid geskilder. Die wilde natuur waarin die geweldige dieredrama afgespeel word is nie alleen dekor, is nie louter omlysting nie, maar maak onafskeidelik deel uit van die handeling. In die stilte van sy donker wegkruipplek, in die lange ure van sy spannende nagwake het die geheimsinnige gees van die wildernis hom aangeraak. Hy het die glans van die maanspatsels oor donker blare gesien, die wegskuiwende skaduwees in hul trage gang gevolg; die blitsoë van getergde leeus het hom laat huiwer; die geritsel van die gras, die gekreun van die bome, die jagkrete van al die oerwoud-bewoners het hy leer verstaan; die slagtande van gulsige hiënas het hy hoor kners op dieafgevrete bene van hul prooi. En deur die skoonheid van sy woord laat hy ons dit ook alles sien en hoor.

"Ek sou ... vandag die geweer opsy laat en net met kamera en dagboek ter hand 'n beeld uit die daaglikse lewe van die oerwoudbewoners probeer opvang." (p. 169.) So ontstaat die skets:In die Oerwoud. By 'n reënpannetjie is sy wagplek en al die lewe rondom hom word met raak trekke geteken, terwyl ook die hele atmosfeer van die oerwoud goed aangedui word.

Die derde sketsRenosterleweis 'n deurlopende verhaal van die vrindskap tussen 'n renostertjie en 'n jong seekoei, wat albei hul ouers deur die koeëls van die jagters verloor het en troos en veiligheid in mekaar se geselskap vind. Al hul awontuurlike ondervindings op lang swerftogte deur oerwoud en oor vlaktes word met liefdevolle oorgawe in treffende tafereeltjies uitgebeeld. Die hele tropiese omgewing met sy miljoene dier-bewoners en weelderige plantegroei word vir ons 'n skone realiteit, trillende van intense lewe tot in sy donkerste wegkruipplekkies. In so 'n geweldige oerwoud is die mens maar 'n nietige stippeltjie, en in die atmosfeer van plegtige stilte, waar elke geritsel 'n betekenis het vir duisende ore, besef ons, "that man's mind, though the most marvellously complex instrument of all, is still, as it were, but a human eyelet hole, through which the Universe can only be refracted back to us in certain aspects of its incalculable whole."[398]Hoe dankbaar moet ons wees, dat daar kunstenaars soos Sangiro is, wat ons nader aan die natuur bring, wat ons iets laat begryp van die intieme lewe van die diere. Hy is op die jagveld nie alleen 'n vernielende oorwinnaar nie, aangehits deur 'n primitiewe uitroeiingsinstink, maar ook die digterlike aanskouer, wat voel dat daar in die krioelende lewe om hom heen skoonheid te vind is. Dat hy protes aanteken teen die onridderlike praktyke van party jagters kan ons verstaan.[399]Maar sy hele boek is so 'n welsprekende aanklag teen menslike wreedheid, dat 'n direkte pleidooi, wat ook uit kunsoogpunt nie kan goedgekeur word nie, oorbodig is.

Treffend is die tekening van die eensame renosterwesie. "Sy ongeduldige geproes, waarmee hy eers die seekoeitjie wou uitlok, onderwyl hy opgewonde op die oewer ronddrentel en die sagte brak vol ronde spoortjies trap, het langsamerhand, namate sy maat verder en verder swem, in 'n smekende gepiep oorgegaan.... Nog 'n rukkie staan die donker figuurtjie daar op die wit brak, af en toe sag kwiekende onderwyl hy oor die water staar, die knoestige koppie vooruitgestrek in 'n poging om verder te sien met die klein ogies. Eensaam en verlate genoeg lyk hy, met sy kneukelige dik lyfie, gerimpelde moddervelletjie en swaarmoedige renostergesiggie" (p. 204-6). So vind Sangiro vir al die woudbewoners die juiste, tekenende woord. Van 'n gekweste seekoei kry ons die volgende realistiese skildering: "In stomme wanhoop-staar hang die massiewe kop omlaag, die verbryselde kakebeen bloederig-kwylend in aanhoudende vergeefse poginge om tande op mekaar te knars." (p. 225.) Ook die atmosferiese verskynsels, die tropiese sonsondergang, die miswolke teen die hang van die berge, die sombere reënseisoen laat Sangiro in fyn stemmings-beskrywinge vir ons leef. "Dae het verbygegaan, en nog duur die sonskyn. Met die groei van die maan het die weer skielik verander, en na 'n week van woeste, stikdonker nagte en droefskemerige reëndae wasem die oerwoud weer geur uit onder 'n sonnige safierhemel; en wellustige dae word gevolg deur toweragtige maanlignagte, wanneer vuurvliegies oor 'n misties-glimmende watervlak dans en dowwe eggo-klanke van nagdiere onder 'n donker, vogtige oerwoud rondom weerklink." (p. 229.) Mens voel dat die skrywer sy gedagtes gekoester het, sy woorde liefhad en hul met sorg neergeskryf 't. Daar is 'n vloeiende buigsaamheid, 'n musikale streling in sy sinne. Telkens word ons verras deur raak seggingskrag en fyngevoelige uitbeelding, sonder dat aanstellerige en bygemaakte woordpronksels die klare eenvoud van sy styl bederf.

'n Enkele maal skryf hy aan die diere miskien te spesifiek menslike gevoelens toe, en soms twyfel ons aan die juistheid van sy psigologie. "Die renostertjie (staan) nog snuiwend in die rondte, gereed om te storm ... enheeltemal seker dat hy nou vreeslik boos en luidrugtig is." (p. 233.) In so 'n geval bring die skrywer sy eie waarneming op die dier oor en oortuigend is dit seker nie. Maar daarteenoor staan, dat hy hom so ingeleef het in die diereverstand, dat sy intuïesie hom selde op 'n dwaalspoor bring.

Oor die beeldspraak nog 'n opmerking: maak dit nie 'n komiese indruk nie, as ons lees dat renosters "in alleryl diehasepad gekies het"? (p. 188.)

Aschenborn is in 1888 gebore in Kiel. Sy vader is 'n Duitse admiraal. In Mecklenburg het hy op 'n groot landgoed prakties leer boer. Van Prof. Burmester in Kassel het hy skilderles gehad en sedert 1910 boer en skilder hy in Suid-Wes-Afrika. Op die gebied van die artistieke afbeelding van ons wilde diere is hy 'n baanbreker en verskeie uitgawes is al deur hom geïllustreer.[400]In 1921 het verskyn:Uit die Lewe van 'n Gensbok, die eerste van 'n reeks, waarin Aschenborn ook die koedoe, wildebees en eland wil beskryf en afbeeld. "Die gensbok het ek op my plaas in Suid-Wes so noukeurig gadegeslaan, dat hy vir my 'n intieme vriend geword het", verklaar hy in sy voorwoord. Maar so 'n woordkunstenaar soos Sangiro is hy nie. Sy boekie is van meer betekenis vir die skilderkuns as vir die letterkunde. In eenvoudige, soms gebrekkige taal skets hy 'n paar insidente uit die lewe van 'n gensbok.

VOETNOTAS:[391]Oorspronklik inDie Huisgenootverskyn.[392]Over Literatuur, Twede Bundel:Pit-tah, De Grijze Wolf, door Jack London, p. 205 vlg.[393]Friday Nights: Hudson's "Nature Books," p. 15 vlg.[394]Vgl. J.H. van den Bosch, Inleiding by Hooft'sGranida, Zw. Herdr.[395]Garnett, t.a.p.[396]Wanneer hy ons in sy voorwoord verseker, dat die verbeelding geen rol speel nie, dan bedoel hy alleen dat sy interpretasie op self waargenome feite berus.[397]Het Intieme Leven der Vogels, p. 221.[398]Edward Garnett, t.a.p.[399]Vgl. o.a. p. 83 vlg.[400]Ontleen aanDie HuisgenootDes. 1920.

[391]Oorspronklik inDie Huisgenootverskyn.

[391]Oorspronklik inDie Huisgenootverskyn.

[392]Over Literatuur, Twede Bundel:Pit-tah, De Grijze Wolf, door Jack London, p. 205 vlg.

[392]Over Literatuur, Twede Bundel:Pit-tah, De Grijze Wolf, door Jack London, p. 205 vlg.

[393]Friday Nights: Hudson's "Nature Books," p. 15 vlg.

[393]Friday Nights: Hudson's "Nature Books," p. 15 vlg.

[394]Vgl. J.H. van den Bosch, Inleiding by Hooft'sGranida, Zw. Herdr.

[394]Vgl. J.H. van den Bosch, Inleiding by Hooft'sGranida, Zw. Herdr.

[395]Garnett, t.a.p.

[395]Garnett, t.a.p.

[396]Wanneer hy ons in sy voorwoord verseker, dat die verbeelding geen rol speel nie, dan bedoel hy alleen dat sy interpretasie op self waargenome feite berus.

[396]Wanneer hy ons in sy voorwoord verseker, dat die verbeelding geen rol speel nie, dan bedoel hy alleen dat sy interpretasie op self waargenome feite berus.

[397]Het Intieme Leven der Vogels, p. 221.

[397]Het Intieme Leven der Vogels, p. 221.

[398]Edward Garnett, t.a.p.

[398]Edward Garnett, t.a.p.

[399]Vgl. o.a. p. 83 vlg.

[399]Vgl. o.a. p. 83 vlg.

[400]Ontleen aanDie HuisgenootDes. 1920.

[400]Ontleen aanDie HuisgenootDes. 1920.

VolgensDe Goede Hoop, Augustus 1919 isDóminedie skuilnaam van A.J. Jacobs. Hy het oor Madeira 'n reis gemaak na Buenos Aires en vandaar na die Boerekolonie in Argentinië om vir die geestelike belange van die uitgewekene te sorg. 'n Lywige boekdeel het hy nodig om al sy ervarings te vertel. En dan betreur hy dit nog, dat hy nie alles haarfyn kan meedeel nie! "Dis tog jammer dat hulle nog nie 'n instrument soos 'n gramafoon uitgevind het nie, wat mens op reis by jou kan dra nie. Dit moet nes 'n sakkamera wees en daarmee moet mensalles wat jy hoor kan opvang en bewaar. Daar gebeur so baie dinge, wat mens hoor en dis moeilik om alles akkuraat weer te gee."[401]Die neiging omallesmee te deel is juisDóminese fout. Hy veronderstel, dat tallose besonderhede, wat vir hom persoonlik van belang is, ook die leser sal interesseer en weet eenvoudig van geen ophou nie. En dit is jammer, want hy het ongetwyfeld slag om 'n anekdote smaaklik te vertel, soms met so 'n droog-humoristiese draaitjie, dat iedereen daarby moet glimlag. Maar sulke onderhoudende gedeeltes lê diep toegepak onder wavragte van onbelangrike sake. So kry ons b.v. allerlei banaliteite oor dieSaxon; tot selfs die tonnemaat van die skip word meegedeel! (p. 18.) Soms lyk dit of die skrywer hom 'n kleinagterveldse leserskring voorstel, wat hy met groot syfers kan dronkslaan! Is dit nou nodig om nog in 1920 te vertel: "Eendag is die pond sterling veel meer waard as op 'n ander keer"? (p. 61.) Dit is maar een voorbeeld van die tallose uitweidings, wat allermins op 'n fris oorspronklikheid kan aanspraak maak en eenvoudig 'n herkouery van oorbekende sake word.

Soms lyk dit weer of die skrywer 'n handleiding vir toekomstige emigrante wou skryf.[402]Hy gee selfs kook-resepte![403]En so word sy reisbeskrywing 'n sonderlinge byeenskraapsel van allerlei wysheid.

DatDómineop spellinggebied geen deskundige is nie, blyk al uit die tietel van sy boek. Afgesien van die tallose drukfoute kry mens op byna iedere bladsy rariteite soos die volgende: "vollende, dokse, hemdjie, kerritse, nuwes, baik, stadte, raste (i.p.v. rasse), geflatter" ens. Ook anglisismes is volop en dwarsdeur die boek stuit mens telkens op sinne waarin die negatief, woordskikking en voorsetsels verkeerd is. Lomp uitdrukkings soos "puur bloed inboorlings" (p. 169), "die besnedenis van sy gesig" (p. 148) ens. toon duidelik, datDóminesy taal glad nie beheers nie. Hoe sou hy anders so iets, soos die volgende kan skryf: "Verre van in 'n soort afsondering, as in 'n groewe, vas te sit, het hulle met hul sedelike en nywerheids talente gewoeker. Die rykes het die armes voortgehelp deur onderlinge geselskappe om hout te saag, land van bosse rein te maak en alle soorte ambagte te beoefen." (p. 184.)

Natuurbeskrywings kom daar baie in die boek voor, maar gewoonlik word die land uit die oogpunt van 'n boer gesien. "Die plek waar ons sou staan, was besonder waterryk; groot kuile en helder strome loop deur die ganse breedte van die kañedón of vlei. 'n Boer se hart sal bly word, as hy die rykdom van gras en water kan aanskou" (p. 227). Hy is gedurig in die stemming van 'n boer, wat 'n nuwe landstreek opneem om die beste plek vir 'n plaas uit te soek, en ondertussen bereken watter soort boerdery daar die voordeligste sal wees. In 'n handboekvir emigrante sou sulke aanwysings seker onmisbaar wees, maar die skrywer wou tog iets anders gee. As hy by die glanspunt van sy reis kom, en sy tog oor die mere en deur die oerwoude moet beskryf, is hy 'n opmerksame toeris, wat gedurig syfertjies en berekeninge in sy sakboek opteken. "Die formasie van mere tussen hoë berge is in veel opsigte merkwaardig. Op gesag van Delgado weet ek dat hierdie een 12,000 vt. bokant die oppervlak van die see geleë is" (p. 174). Gevoel vir skoonheid het hy ook, maar wanneer dit tot uiting kom, blyk sy volslae magteloosheid as taalkunstenaar. "Alles skyn omtower in iets onnatuurliks, denkbeeldigs, fantasties!... Nee, geen kunstenaar kan op die doek verewig, wat daar ieder dag afgespeel word nie. Die Skepper wat daardieonbeskryflik heerlike gloedvan lig as met 'n towerslag op berg en bos heenwerp ... laat Sig nie naboots nie!... Bokant ons hoofdeverskiet bundeltjies agterblywende sonstraleverby.... Dit word aand en die stil maarguur lug voel skerpteen hande en gesig.... Van alles wat mens sien en ondervind, skyn die bloedsomloop vinniger en warmer in sy werk te gaan:geenhonger ofkouehinder in hierdie towerwêreld nie...."[404]Wie sou nou in só 'n omgewing praatjies verkoop oor honger, kou en bloedsomloop—en nogal teenstrydige praatjies ook! "Majestueuse en reuse-berge, ontsaglike kratermond, onpeilbare diepte, toweragtige effek" ens.—dit is almal holle frases, wat ons gladenal nie kan ontroer nie.

By die beskrywing van die oerwoud kom die sakboekie weer te pas. Die "sirkelvormige bek van die onderaardse blaasbalk ('n krater) moet enorm groot wees ..." (p. 177); ongelukkig konDóminehom nie meet nie! Maar die bome is 150 vt. hoog, die uitholling vir die pad 20 vt. diep en die boomstamme lê 15 vt. dik op mekaar gestapel in 'n moerassige plek. "Een boom was 6 vt. dik, as die vet humus van varens en struikgewas wat daaraan kleef, meegereken word". Sulke duimstokbeskrywings kan nou eenmaal geen "onvergetelikeafdruk op die geheue" maak nie. Dit doenSangirowel, al meet hy sy bome nie.

Beter slaagDómineas hy die toestande en gewoontes in Suid-Amerika beskryf. Hier val sy neiging om oor-akkuraat te wees nie so in die oog nie. Ook die ervarings van die trekkers en hul moeilikhede in die vreemde land het hy op lewendige wyse geteken.

VOETNOTAS:[401]p. 85. Ek kursiveer.[402]Vgl. o.a. p. 103 vlg.[403]p. 173.[404]p. 175. Ek kursiveer.

[401]p. 85. Ek kursiveer.

[401]p. 85. Ek kursiveer.

[402]Vgl. o.a. p. 103 vlg.

[402]Vgl. o.a. p. 103 vlg.

[403]p. 173.

[403]p. 173.

[404]p. 175. Ek kursiveer.

[404]p. 175. Ek kursiveer.

Reeds voor die oprigting van dieGenootskap van Regte Afrikanershet 'n paar voorstanders van die moedertaal gewerk aanDie Geskiedenis van ons Land, in die Taal van ons Volk.[405]By die verskyning van die boek in 1877 word opgemerk: "Engelse, mar gen Hollanse Geskiedenis van ons land bestaan daar tot nog toe. En dat ons op die Engelse Geskiedenisse nie so mar o'eral kan afgaan nie, sal elke leser wel sien voor hy ons boek uitgelees het." Nog lange jare het dit geduur voordat Theal en Cory dié uitspraak in sy algemeenheid geloënstraf 't, en telkens moet ons historisie nog optree teen 'n uitgebreide laster-kampanje. Preller het op een van die oorsake daarvan gewys in die voorrede by die sewende druk vanPiet Retief(1911), waar sprake is van "die gaotiese en primitiewe toestand waarin ons openbare dokumente-versamelinge asnog verkeer.... As die dokumente beskikbaar was ... dan is daar net een geskiedkundige waarheid bestaanbaar; dié naamlik, wat stap vir stap gesteun staan op die oorspronklike stukke."[406]'n Stelselmatige geskiedverdraaiing wortelende nie alleen in politieke animositeit nie, maar met voorbedagte rade as politieke wapen gebruik—dit is een van die grootste prikkels wat tot historiese studie aangespoor 't. Die navorsingswerk van ywerige historisie met liefde engroot opoffering gedaan, het 'n felle lig gewerp op onseeu van onreg. Onder sulke omstandighede is dit verstaanbaar dat naas die besadigd-wetenskaplike weerlegging ook die bitterste verontwaardiging opgelaai het.

Die verhoogde belangstelling in ons vaderlandse geskiedenis is 'n uiting van die groeiende volksbewussyn, want eers wanneer 'n nasie volkome oortuig is van sy eie selfstandigheid ontwaak die begeerte om die helde van die wordingstydperk te eer. Die grootste gedeelte van ons historiese prosa bestaan dan ook uit biografieë. Rondom groot figure soos Piet Retief, President Steyn, Generaal De Wet en ander word die geskiedenis van 'n hele tydperk gegroepeer.

Die historisie wat daartoe bygedra het om die eer van ons nasie te rehabiliteer en aan die volk 'n gevoel van eiewaarde en selfrespek te gee kan reken op die eerbiedige hulde van 'n jonger geslag, wat nog maar gister verlos is van die benoude nagmerrie van hul skooljare. En hul aantal is veel groter dan die wat vir die volgende paragrawe in aanmerking kom. Hier word alleen 'n oorsig gegee van die vernaamste historiese werke in Afrikaans onder die Twede Beweging en 'n ondersoek ingestel na dieletterkundigegehalte daarvan, 'n Bespreking van die historiese waarde val buiten die kader van hierdie werk.[407]Dit spreek natuurlik vanself, dat ook die dorste kroniek vir die historikus groot waarde kan hê.

Die herstelling van die Voortrekkerskerk in Pieter-Maritzburg en die inrigting daarvan as museum, die Vroue-monument en tallose ander gedenktekens—dit is maar 'n paar bewyse, dat die Afrikanervolk ontwaak tot 'n besef van die betekenis van sy nasionale verlede. Die oprigting van die Historiese Bond in 1920 met die doel om bronne op te spoor en te versamel, die tiende druk van Preller sePiet Retiefin dieselfde jaar is ook tekens in dié rigting, terwyl op die jaarlikse Dingaansvierings die tradiesies van die voorgeslag bestendig word.

'n Nuwe nasie het besit geneem van sy erfporsie en is besig om sy geestelikeonafhankelikheid uit te werk! Die Afrikaanse Bestemming is "wyd en breed soos die Afrikaanse veld."[408]

Preller is 4 Okt. 1875 gebore op die Plaas Klipdrif, distrik Pretoria. Sy oorgrootvader Preller was wat ons ou mense nou nog 'n "blommesoeker" noem, d.i. natuurkundige. Hy het aan die Kaap gewoon, terwyl die grootvader veeboer geword 't in Natal, waar sy Friese beeste die aandag getrek 't. Komdt. Robert Preller (✝ 1916), die vader van die skrywer het na die Vrystaat verhuis en in die oorlog onder Genl. De la Rey gedien. Hy was getroud met 'n dogter van H. Schoeman (✝ 1890), wat met die Voortrek saamgekom 't en in die tyd van President Pretorius generaal en waarnemende president geword 't.

Gustav Preller se eerste herinneringe gaan terug na 'n plaas in die nabyheid van Standerton, Paardekop, wat destyds aan sy vader behoort 't. Op sy vyfde jaar is hy te perd met sy vader saam na die Swasielandse bosveld. In 1886 is hulle verhuis na Rietspruit, ook in die distrik Standerton. Toe kort daarop hy en sy suster egter moes skoolgaan, het sy vader die skaapboerdery opgegee en dorp toe gegaan, omdat losjies vir die kinders nie te kry was nie. In 1891 gaan die famielie na Pretoria, waar Gustav eers 'n rukkie in 'n Boere-winkel gewerk 't, toe op 'n prokureurskantoor en later in staatsdiens getree 't. Voordat hy egter sover was moes hy verskeie jare hard werk onder private onderwysers en ook daarna het hy sy studie voortgeset. Hy was eerste klerk op die hoofkantoor van mynwese toe die twede vryheidsoorlog uitbreek. Dié stryd het hy meegemaak met die derde battery van die staatsartillerie tot vier maande voor die vrede, toe die hele res van sy afdeling oorrompel en gevangegeneem is. Na sy terugkoms uit Indië was al wat hy besit 't skoon weg. Op versoek van Eugène Marais word hy toe redakteur vanLand en Volk. Voor die oorlog al het hy dikwels artiekels geskryf vir die koerante en tydskrifte—dikwels in Engels!—o.a. inThe MoonenDe Pers. VirDe Volkstemhet hy gedurende enige jare al die mynnuus gelewer enLand en Volkvoortgeset tot Maart 1903, toe hy subredakteur vanDe Volkstemword, 'n pos wat hy vandag nog beklee. Die meeste opstelle en stories wat tussen 1905-'10 in dié krant verskyn 't as feuilletons is van sy hand. Die bekende artiekels getietel:Knop oor Landsakeis ook van hom. Hy is lid van die S.A. Akademie, van die Historische Genootschap in Utrecht en die Maatschappij van Nederlandsche Letterkunde. Van hom het verskyn:Laat 't ons toch Ernst Wezen(1905);Piet Retief(1906);Baanbrekers(1915);Kaptein Hindon(1916);Dagboek van Louis Trigardt(1917);VoortrekkermenseI en II (1918 en 1920);Generaal Botha(1920). Saam met Dr. Engelenburg het hy ook geskryf:Onze Krijgsofficieren(1903) enDe Familie Kruger(1904).Charley's Aunthet hy vertaal, (Piet s'n Tante),Les Héritiers Rabourdin, (Erfgename van Erasmus) enJock of the Bushveldvan Sir Percy Fitzpatrick. Die voortrekkers-rolprent is onder sy leiding opgestel. In 1919 het hy met C.J. Langenhoven geskryf:Twee Geskiedkundige Opstelle. Op sy aandeel in die taalstryd en sy werk as redakteur vanDie Brandwagis alreeds gewys.[409]

Sy vernaamste werksaamheid is op geskiedkundig terrein en sy navorsings oor die Voortrekkersperiode veral verseker hom 'n plaas as baanbreker onder die Afrikaanse historisie. "Uit 'n aantal oorspronklike historiese dokumente, in die koerant (De Volkstem, 13 Des. 1905) openbaar gemaak ... is langsaam gegroei" die kloeke boekdeelPiet Retief, waarvan die oplaag in 1920 al veertienduisend eksemplare bereik 't.[410]"Sedert die tyd (1905) het daar ander werke van Preller oor die Voortrek gevolg. Want hy set sy arbeid onvermoeid voort.... Wie op sy studeerkamer kom, sal kan sien die reeks gekatalogiseerde lewens van Voortrekkers, soveel moontlik met die portret of portrette van diebetreffende man of vrou daarby.... Preller leefin, leefvirdaardie tyd. Die naspeur en die bekendstel daarvan het langsamerhand sy eintlike lewenstaak geword, sodat ons vandag oor die lengte en breedte van ons land tevergeefs sal soek na die eweknie van Preller as kenner van die Voortrek en sy mense, tot selfs van die kleredrag wat in die tyd gedra is."[411]

'n Hele reeks belangrike dokumente oor die Voortrek het Preller bymekaar gemaak in

Daarin kom o.a. voor die herinneringe van Van Gass, J.H. Hatting, L.C. de Klerk, Karl Trichardt, Anna Steenkamp en 'n herdruk van Erasmus Smit se dagboek. Die laaste is oorspronklik uitgegee deur Ds. H.F. Schoon (1896). 'n Groot gedeelte van die gegewens het Preller in syPiet Retiefverwerk. L.C. de Klerk het hy in 1908 "teruggeneem naar die Natalse slagvelde Van die Voortrek, en dáar ter plase opgeskryf wat hy daarvan te vertelle had" (I, p. 211). "Hier had ik een van die Voortrekkers op die eienste grond van die Voortrek; my doel was om, as 't kon, die ander Voortrekkersas mensedaar te sien herleef, inplaas van die steriotiepe "itinerant prayer-meeting", waar ander van vertel." (id., p. 212.) Die dokumente stel ons in staat "om die Voortrekkers te leer ken soos hulle hulself gesien het, op die trek, in die laer, op die jag en in die huislike kring; aan hul arbeid, hul godsdiens en vermake, in hul gewoontes en in die kleredrag van hul tyd. Buitendien verskaf 't uitsluitsel oor tal van belangwekkende historiese gebeurtenisse" (id., p. 1). Die krietiese opmerkings van Preller getuig van groot skerpsinnigheid en 'n intieme kennis van die voortrekkerperiode. In die twee dele het hy dokumente van die grootste belang op wetenskaplike wyse uitgegee.

Op dieselfde manier het hy ook (1917) in opdrag van die Akademie uitgegee die

"Vir die kennis van ons volk besit ons uit die tyd van die Voortrek geen ander dokument wat hiermee te vergelyke is—die daaglikse aantekeninge van 'n Afrikaner wat die grote, ja grootse in die historie volbring sonder dit nogtans as bewuste doel voorop te stel, maar tevrede is om 't vanself, as dominante gevolg van sy handeling voor 'n dag te laat tree uit 'n kroniek van die kleine" (p. XI). Preller toon verder aan hoe belangrik dieDagboekis "vir ons kennis van die inboorling bevolking van Transvaal, vir verskeie seer merkwaardige historiese uitkomste, vir (ons) aankomende nasionale letterkunde, vir die volkekundige en ons kennis van Suid-Afrikaanse meteorologiese toestande." (XII vlg.). Die belangrikheid van dieDagboekword seker aanmerklik verhoog deur die voortreflike inleiding en note, asook deur die feit dat die teks op 'n wetenskaplike wyse behandel is. Ontroering tril daar in die woorde waarmee die resultate van Trigardt se trek beskryf word: "Die voorste Voortrek is volbring! Dis slegs 'n Verkenning gewees vir die Afrikaner,—van die Vryheid en die See. 'n Verkenning egter, net soos dié van Piet Retief, wat nie vrugteloos is nie.... Hans van Rensburg se ongelukkige trek had tot eind-bestemming die oseaan; en die 49 manne, vroue en kinders wat daar aan die Limpopo-boorde geval het onder die Soeloe-asgaai, was die eerste dúre offer wat die Boere Nasie gebring het aan 'n ingeskape vryheidsdrang. Trigardt se trek en ál die mensewee, wat uit hierdie Dagboek soos 'n seëning oor die nageslag saggies snik, was aangeleg op éen-selfde hoë nasionale Bestemming...." (cxxvivlg.)

Dit is Preller se hoofwerk, wat hy met jarelange ywer en groot liefde tot stand gebring het. Alles wat van die groot Voortrekker bekend is word meegedeel. Maar uitsluitend biografie is dit allermins. Ons kry 'n volledige beeld van die moeilikhede op die Kaapse grens, die oorsake van die Trek, die onderlinge verhoudingsen geskille tussen die aanvoerders, die internasionale status en grondwettelike instellings van die Trekkers, die moeilikhede van hul togte en hul betrekkinge met die naturelle. Die gebeurtenisse wat aanleiding gee tot Dingaan se groot verraad word haarfyn uitgepluis en die konklusies van die skrywer se ondersoek op helder wyse uiteengeset en gestaaf. Ook die gebeurtenisse na Retief se moord tot aan die Bloedrivierslag word beskryf en die betekenis van Retief se optrede bepaal.

Dit gaan uiters moeilik om objektief te staan teenoor 'n boek soosPiet Retief, want die tragedie daarin uitgebeeld is op sigself al só roerend in sy dramatiese afwikkeling en só betekenisvol vir die lot van ons nasie, dat selfs 'n uitgedroogde kroniekskrywer sonder 'n vleugie verbeelding nog daarin sou slaag om ons die grootsheid van die worsteling te laat gevoel. Dit het Preller blykbaar ook besef, want hy gee 'n onopgesmukte verhaal, in sober gehoue styl waarin die tragiese gebeurtenisse self tot hul reg kom, sonder dat die aandag afgelei word deur bykomstige woordfraaiigheid. Treffend is dit veral by die hoogtepunt van die verhaal, waar in die beskrywing van die oorrompeling deur die dansende kaffers alleen 'n joernalistieke draaitjie in die styl hinderlik is. In 'nVolkstem-artiekel mag so 'n uitdrukking soos "die welwillende leser" (p. 272, 10dedr.) op sy plek wees—híer seker nie! Nadat die posiesie van diedramatis personaeaangegee is, word die dansbeweging mooi beskryf:

"Drieduisend pare voete kom in forse beweging om tyd te hou na 'n wild-eentonige maatsang, wat al naarder en wilder word na gelang Dingaan se improwisasie hul opwinding aanspoor, sodat naderhand die nugtere aarde dril en dreun onder die neergehurkte Boere...." (p. 273). Wanneer Retief protesteer as "die bokspringende rye" teen sy vrinde aanstort in hul lawaaierige dans, vervolg Dingaan sy onheilspellende deuntjie: "Drink, o drink van die bier! Jul brandende kele roep daarom! Drink soveel jul kan; want môre sal jul nie meer drink nie." (p. 274.) Dan klink meteens temidde van die "barbaarse orgie" die fatale sein: "Boelàlánie abatágatie!" Juis deur die sobere eenvoud in die styl, die kalmeweergawe van die historiese besonderhede raak die toneel ons tot in die hart, moet dit ook iemand van 'n ander nasie raak. Saggies huiwer die ontroering in die woorde: "Retief ... troue, moedige Retief, regskape, opregte Afrikaner, siel van die aankomende Afrikaner-nasie!—sy marteling moes die onmenslikste gewees het van almal!... Met knopkieries werd hy afgemaak—laat ons hoop vóórdat Dingaan se laaste bevel aan sy afgebeulde liggaam voltrek was!" (p. 277.)

Hoofstuk XXIX is 'n meesterlike samevatting van Retief se optrede en die betekenis daarvan. Hier kom Preller se forse styl meer tot sy reg, omdat hy geen historiese dokumente hoef aan te voer nie. Met breë blik oorsien hy die hele Trek en met simpatieke aanvoeling van die Boere-standpunt en lewensbeskouing deel hy in helder, logiese redenering sy gevolgtrekkinge mee. "Piet Retief het 'n nasie gestig; of, as dit histories te veel gesê is, het hy ten minste met volkome bewustheid die grondslag gelê waarop 'n nasie ontstaan is. Hy was idealis in nasionale sin—dit is te sê, hy het hom met die Voortrekkers, met sy volk, duidelik voor oë gestel die nastrewing van 'n ideaal, wat insluit 'n onafhanklike ontwikkeling en voortbestaan van dié volk as nasionale eenheid op die wêreld." (p. 345.) Retief het "die Afrikaanse Bestemming in woorde ontwerp—wyd en breed soos die Afrikaanse veld...." (p. 351.) "Hy is die eerste gewees wat die gebore Afrikaner se nasionaliteit in woorde gebring het, toe hy van Suid-Afrika as sy "vaderland" gewaag het; terwyl die meeste ander die land sowel as hulself nog maar beskou het as 'n volslae willose aanhangsel van een of ander Europese ryk." (p. 350.) Hy het "deur sy werk, sowel as deur sy dood, die Hollands-Afrikaanse Emigrant laat begryp ... dat hy nie somar 'n op sigself rondswerwende eenling is nie, maar deel uitmaak van 'n groot volksverband, met een belang en een bestemming." (p. 355.)

Solank daar 'n Afrikaner is "jaloers op sy geskiedenis, jaloers op die waaragtige waarheid daarvan" salPiet Retiefgelees word, want Preller het daarmee 'n duursame monument opgerig van die wordingstydperk van ons nasie. Buitendien hetPiet Retiefdeur sy verskyning in1906 'n besonder plaas in ons letterkundige geskiedenis. Saam metJohannes van Wyk, wat in dieselfde jaar in boekvorm verskyn 't is dit die eerste prosawerk van betekenis onder die Twede Beweging.

Dit is dieOorlogsaventure van 'n Baas-Verkenner, "'n getroue weergawe van die middellike dagboek-aantekeninge van die krygsman self." (Voorwoord). Maar groter waarde het Preller se bewerking: "Die toevallige omstandigheid, dat die outeur die grootste gedeelte van dieselfde gebeurtenisse as Hindon—al was 't ook soms op 'n afstand,—meegemaak 't, (is) vanself bevorderlik gewees aan 'n lewendiger opvatting by die beskrywing dan anders die geval kon gewees 't; en ... 'n gevolgelik dieper ingeleefde voorstelling." Hieraan is dit te danke dat Preller se bewerking van die dagboek nie geword 't 'n eentonige relaas van awonture nie, maar 'n lewendige voorstelling van belangrike episodes uit die twede vryheidsoorlog. Daarby verloor hy nooit die historiese verband uit die oog nie, en word al die alleenstaande oorlogsfeite ingeskakel in die groot geheel. So word dit 'n saamhangende verhaal van die gebeurtenisse tussen 1895 en die vrede van Vereniging. Deur 'n handige gebruik van Engelse bronne, soos die outobiografie van Sir William Butler, geluk dit Preller om tallose belangrike historiese feite te staaf en onverdiende laster aan die kaak te stel. Onder ander word die opstokery van die Kaffers op oortuigende manier bewys.

Die tallose heldefeite van Hindon en sy maats word op aanskoulike wyse beskryf. Dit geld ook veral van die veldtog in Natal, wat met groot uitvoerigheid geteken word. Vermaaklik is Hindon se awontuur by die huis van die Middelburgse volksraadslid (p. 291 vlg., 2dedruk). Deur talryke anekdotes, wat 'n helder lig werp op die toestande tydens die stryd en die mentaliteit van albei vegtende partye word die beskrywing van die militêre gebeurtenisse op aangename wyse afgewissel.

Hoe mooi Preller daarin slaag om sy veldslag-indrukke te verklank, blyk o.a. uit die volgende: "Die eienaardige dubbelekoe-ka knal van die Engelse lee-metfordgewere, wat mens in die begin duidelik kon onderskei van die dowwe mouser s'n énkele dodelike doef-slaggie, smelt nou saam in éen gelykmatige kraakgeluid, wat soos springmielies in 'n vetpot sing deur die laagte en teruggewerp word van die bergkante af, deurmekaar in 'n sware dreuning, waarin net die kanonne-bas naderhand oorheers. By die skansmuurtjes zip-zip die klein koëltjes teen die klippe, en stukkies fluit vrolik een-kanttoe, of 't skuur met so 'n snaakse sing-sangetje skielik deur die lug oorheen, waarvan mens die dodelike vyandskap eers merk as 't raak is, en 'n man inmekaar sak op die grond, of die fyn blaartjes van die mimosa-boompies hier bokant afspat, op die vilthoede" (p. 58). "Bom na bom breek briesend op hul klipskanse uitmekaar, en bars met brullende giering bôkant hul toegewyde hoofde in nydige moment-blitse oop, om hul inhoud oor die Boere uit te braak, soms vyf, ses tegelyk, wat die kante van die kop omkarn in kokende kraters en 'n onweer van skerwe en rotse opjae." (p. 125).

Hierdie brosjure, 'n herdruk vanBrandwag-artiekels bevat "'n Hoofstuk uit die voorgeskiedenis van Transvaal", waarin die moord van ag-en-twintig persone by Moorddrif in 1854 en die belegering van Makapaansgat deur 'n strafkommando beskryf word. By dié ekspediesie was ook Paul Kruger en besonder interessant is die waagstukke wat van hom meegedeel word. Preller moet weer verskillende verdraaide voorstellings weerleg. "Die dinge is verby, en die laster-kampanje het sy uitwerking gehad. Praktiese, materiële voordeel kan 't nie meer aanbring om 't te weerleg nie. Tog is 't tyd om, terwille van die waarheid alleen, 'n oordeel wat op dié manier gevorm werd teen die Boere-volk, in hersiening te neem, en inplaas van die fantasie-beelde van politieke feuilletoniste, of die sentiments-oorweginge van 'n wekelike altruïsme, die onweerlegbare feite alleen te laat spreek" (p. 33). Met die optekening van so 'n "heroiese insident" het Preller ongetwyfeld nuttige werk gedoen.

Preller en C.J. Langenhoven het saam uitgegee:

Eersgenoemde se opstel oorSuid-Afrika s'n Boere-Republiekeis 'n bondige opsomming van die vernaamste feite uit ons geskiedenis in die tydperk 1486-1910. In enkele pagina's word daarvan 'n handige oorsig gegee en juis die snelle opeenvolging van die gebeurtenisse laat 'n sterk indruk van ons "eeu van onreg" na.

Langenhoven gee'n Paar Algemene Oorweginge omtrent Geskiedenis-studie. Met aanskoulike beelde toon hy aan "dat die hele wilde natuurlewe 'n onafgebroke stryd is" (p. 114.) Een van die vernaamste stellings in die betoog is "dat die geskiedenis 'n eindelose ketting is van oorsake en gevolge wat nie plotseling begin en nie plotseling afbreek nie." (p. 130.) Na 'n paar opmerkings oor die kudde-instink word die ontwikkeling van ons volksbewussyn geskets en daarop aangedring, dat geskiedenis-studie meer behoort te wees as 'n ondersoek van "die blote geraamte van uitwendige datums en gebeurtenisse" (p. 143). "In ons vurige idealistiese vaart word ons skielik nugter geskok teen 'n feit van die guurste en nakendste realisme" (p. 147)—ons honderd-duisend arm blanke naamlik. "Dit is 'n baie ernstige siekte-verskynsel. Die geskiedkundige moet die diagnose van die kwaal vind en daaruit moet ons die remedie soek" (p. 154.) Preller beweer daarenteen in syEksplanasie: "Die diagnose is egter die werk, nie van die Geskiedenis nie, maar van die Staat. Die geskiedenis word eers daaruit opgebou" (p. XII). Preller wil die statistiese metode van ondersoek op die arm-blankevraagstuk toepas.

In hierdie brosjure het Gustav S. Preller 'n paar artiekels oor Genl. Botha verenig. Dit is "meer brokstukke van die boustof (vir 'n lewensbeskrywing) as dat 't aanspraak wil maak op 'n afgeronde behandeling." (Voorwoord.) Hy deel dan verder mee dat hy op hom geneem 't "die byeenbrenge van die materiaal vir 'nuitvoeriger 'lewe' van Suidafrika s'n grootste staatsman". Die brosjure bevat enkele herinneringe van persone wat Genl. Botha intiem geken 't en 'n herdruk van 'n artiekel uitNeerlandiadeur Dr. J.H. Kiewiet de Jonge. Daar is meedelings oor die generaal se famielie en kindsdae, oorlogservarings, sy politiek en huislike lewe. In kleine omvang is heel wat interessants bymekaar gebring.

Vir die kennis van Preller se letterkundige opvattings is van belang een en ander uit sy reeks artiekels:Eerstelinge—'n Persoonlike appresiasie van J.H.H. de Waal s'n Roman, Joh. van Wyk. (De Volkstem, 18 Aug. 1906 vlg.).Joh. van Wykis volgens die artiekel "op s'n best 'n vernuftig inmekaar gewarde verhaal van 'n paar mense met hul haat, afguns en liefde, wat s'n 'boeiendheid' ontleen aan die manier waarop dit inmekaar geset is, aan die ontknoping en aan 'n gemaklike verhaaltrant. Die mens-tragedie daarin blyf klein ... die romantiek is partykeer voos, die stylmiddele gebrekkig, die psychologie hopeloos vals." Tog kon hy die kulturele waarde van die roman insien: "Dis net die ding wat ons nodig het om te leer lees. Al die ander sal later kom." Maar dit is merkwaardig, dat hy van die staanspoor af sy mening sonder doekies omdraai uit, en sy letterkundige oordeel nie deur bykomstige omstandighede laat benewel nie.Eerstelingeopen die literêre kritiek van die Twede Beweging op waardige wyse. Onder ons prosaskrywers is daar seker weinig wat al in 1906 so 'n fors, persoonlike styl had. Wie kon toe al iets so raak sê, soos die volgende: "Die klompie afgejakkerde woorde ... wat 'n sukkellewe bymekaar gesweet het ...; Die hele wereld bekyk hul van die hopie waar húl op staan; ómdat húl die hang anderkant die bult nie kan sien nie, is die aarde pannekoek-plat op syn pilare gegrondves." Ook met syInleiding tot Jan CelliersinDie Vlakte(1908) het Preller 'n kloek stuk prosa gelewer wat uitmunt deur fris beeldspraak en kragtige geluid.

Vir sy taalgebruik is die volgende van belang: "Dis glad nie nodig om voor wat hul taal-barbarisme noem ...juis so wild te wees als 'n histeriese jong meisie voor 'n groot miskruier-gogga...." En in sy werk is woorde soostouchant, subiet, marsiale, parafernalië, imminente, violente, skrupulesens. glad nie skaars nie.[413]

Oor dialoogkuns maak hy die volgende juiste aanmerking: "Dialoogkuns ... is in algeval nie die nakende natuurlikheid nie; maar, gepaard aan grondige mensekennis die neerslag van 'n skeppende verbeelding; iedere stenograaf sou 'n mens kon verseker dat jij die grootste onsin van die wereld sou hoor als jij presies moes neerskrijf, woord voor woord, wat daar gesproke word...." Dan leg hy die vinger op 'n tegniese fout, wat vandag nog deur byna àl ons verhaalskrywers gemaak word: "'n Techniese fout wat De Waal nou en dan maak is om telkensselfso 'n gemoedelike gesprekkie met sijn lesers te hou, wat totaal nie te pas kom nie." Hy wys ook daarop dat De Waal "Adam Tas als historiese figuur ... geen reg laat wedervaar nie."

Die volgende pleidooi vir fris beeldspraak is vandag nog net so nodig as in 1906: "De Waal sal in sijn latere werke ... 'n groter en 'n warmer liefde (krij) voor sijnwoord, voor die afgebeulde, seerrug woord, wat waarlik tog nie meer kan nie. Die sal hij bêre, en alleen gawe, ronde, hele woorde inspan, en mooi agtermekaar, so's 'n span breed-gerugde vaarlandse osse, wat gelijkweg beur om sijn mening te trek en te draag. 'So geseg, so gedaan' ... gaat ons perbeer opvolg, maar als 'n vorm van uitdrukking voor éwig begrawe, en in die uitbeelding van gedagte en gevoel gaan ons altijd soek naar die raakste woorde, en al die verslonste ou plunjes en toiens weggooi.... Gee ons maar 'n kans; ons gaat ons woorde navoel, en wik en weeg iedereen, sodat iedereen naderhand weer inbom, en dreun en gons so's die ko'els van 'n pompom, in plaats van so's 'n uitgewaaide ou stofstorm op ons neer te sak." Word hier nie op tiepies Afrikaanse wyse die denkbeelde van die Tagtigers weergegee nie? Dat Preller dit alaan die beginvan die Twede Beweging gesê het, is merkwaardig.En dat die strewe na 'n persoonlike woordkuns by hom erns was, blyk uit al sy prosawerk. Dit sou seker nie moeilik wees om daarin ook pagina's aan te wys, wat nie meer as goeie joernalistiek is nie, bladsye waarin "die afgebeulde, seerrug woord" nog gemoor word, uitdrukkings met die haastigheid van 'n koerantskrywer neergeklits. Maar meestal klink uit sy prosa op 'n eie stem en telkens verras hy ons deur skoonheid van segging en mooiheid van klank.[414]Omdat by ons nog soveel muwwe, onpersoonlike stylkuns is, so 'n oorvloed van "verslonste ou plunjes en toiens", of anders aanstellerige woordpraal, daarom is dit 'n ware verademing om te luister na die harmoniese deining en wieging, wat Preller se periodes vorentoe stoot. Hy is ten minste iemand, wat nie sommer die eerste die beste frases wat in sy gedagte opkom afskryf nie; sy sinne maak nie die indruk van "so gemaak en so gelaat staan" nie; hy hoor nog die taalklanke, deurvoel die nog in hul volle betekenis.

Dat Preller historiese gegewens ook kan omwerk tot 'n aangrypende verhaal, daarvan het hy die bewys gelewer inMoedersmart.[415]Op treffend-realistiese wyse word daarin uitgebeeld die foltering van 'n moeder, wat die sterwensgeroep van een kind moet veronagsaam om 'n ander gesonde uit die hande van die kaffers te red. In sy historiese werk word die moordlustige bedrywe van die kaffers op saaklike wyse meegedeel, maar hier is dit deur plastiese tekening tot 'n roerende tragedie gegroei.

Oor Preller se taalgebruik hoef na die genoemde bespreking van Dr. E.C. Pienaar nie uitgewei te word nie. Op enkele minder mooie uitdrukkings kan hier nog gewys word: "In die tyd het hy en hy alleen in breë en diepe trekke in die kinders van Suidafrikauitgehoudie wye omvang van 'n selfstandige Afrikaner-nasie" (P. R.p. 350); "Die werke van dié manne ... watverminder aandie nasionale onbewustheid ... (id. p. 347); "sodat honderde gesinne ... van gebrek sou moeskrepeer"(id. p. 300); "Die Nylstroom ... wat hier breed is en ruigbewasmet bos en riet; twee stamme ... van die oorspronklike rasafgespring(Baanbrekers, p. 9, 12); "g'n koperebendesom begeestering van buite in of uit te blaas nie" (K. Hindon, p. 31); "dan kan jy enige tyd jou weg uitkry" (id. p. 293); "In die verdere loop van dieselfde gesprek sê hy te glo, dat...." (id. p. 317); "Weinig wonder, dat baie van hulle die voorkeur daaraan gegee het...." (Trigardt, LXXIII); "die welsprekende wond in sy hofie" (Moedersmart).

By die twede druk in 1918 het Malan sy werk in omvang byna verdubbel. Hy gee "die geskiedenis van die Voortrekkers tussen die jare 1835-'40 en verder van die kaffernasies met wie hulle in aanraking gekom het," soos die ondertietel lui. Dit is "volgens sy beskeiden mening, ('n) volledige geskiedenis van die eerste Voortrekkers tydperk" (p. IX).[417]

Malan begint met Slagtersnek, bespreek die oorsake van die Groot Trek breedvoerig, asook die kafferoorloë van dié tydperk. Hoofstuk V bevat 'n kultuur-historiese beskouing, waarin uitvoerige meedelings oor vee- en wynboerdery voorkom en 'n beskrywing van die huislike lewe van die Afrikaner tydens die Trek. Dan volg 'n oorsig van die eerste trekke onder Trigardt en Van Rensburg, en 'n breedvoerige verhandeling oor die verhoudings, oorloë en swerftogte van die talryke kafferstamme, asook die betrekkinge van die emigrante met hulle. Groot aandag word ook gewy aan die optrede van die Engelse en Amerikaanse sendelinge. Vervolgens kry ons 'n breedopgesette geskiedenis van al die ander trekke, die opkoms en ondergang van die Soeloenasie, die eerste Engelse kolonie in Natal, die moord vanRetief met die daarop volgende moorde en veldtogte en die vestiging van die Boere-republiek in Natal. As aanhangsel volg nog 'n verhandeling oor die argitektuur in die westelike provinsie.

Sedert 1901 is Malan besig met sy ywerige navorsingswerk en die groot aantal bronne deur hom ondersoek getuig van 'n onvermoeide vlyt en 'n hartstogtelike speursin. Hy het dan ook heelwat interessants en belangriks opgediep uit die voortrekkersperiode. Maar tot die historisie wat die uitkomste van hul ondersoek in skone vorm weet om te werk behoort Malan nie. Sy styl mis artistieke kwaliteit en die gawe om op helder, logiese wyse die gang van 'n groot beweging te teken, ontbreek by hom maar al te dikwels. Die beeldende fantasie, wat al die tallose feite en besonderheidjies moet orden en rangskik, sodat dit tot 'n grootse tafereel vergroei, die besielende asem wat die stof van die ou foliante wegblaas en die vergete helde in lewende lywe voor ons laat staan—die besit Malan slegs in geringe maat. Dit help nou eenmaal nie om net te praat van "die hartroerendste episodes" (p. 286), "onuitwisbare tonele" (p. 299), "hartdoorborende reise" (p. 301), "ontsettende toestande", "verbryselde manne" (p. 302), want dit is tog maar niksseggende woorde, só banaal, dat dit ons alleen hinder. As die toneel dan werklik "onuitwisbaar" is, teken dit dan in al sy kleure en geure, in al sy roerende droefheid, met al sy tragiese nasleep, sodat ook óns daar iets van kan voel. Toon ons die ding self, moenie net daaroor praat nie. Want Malan wil meer gee as 'n gekatalogiseerde feiteversameling of 'n wetenskaplike verhandeling. Hy raak telkens aan die moraliseer en wys op die deugde van die voortrekkers, wat dan met die teenswoordige sedebederf gekontrasteer word. (o.a. p. 317-8). Die geskiedenis is vir hom "die leermeesteres des lewens" (p. 396). As die nageslag "afdwaal van die eienskappe van welvoeglikheid, statige fatsoenlikheid, ysterklip karakter en godsvrug van ons wegbaners", dan raak hy op die pad wat lei "tot ondergang en vernietiging".

Malan probeer ook om deur te dring tot die gevoelslewe van die trekkers. Hy laat vir 'n paar bladsye diekroniekstyl met al sy feite en syfers staan en beskryf "die laaste aand" in die ou Kaapse woning (p. 136 vlg.).[418]Hier sê hy nie: "Niemand kan sig inbeel, welke tonele deur die brein van elkeen ... gevlieg het" (p. 285); hy is nie meer 'n blote toeskouer op 'n distansie van 'n "onuitwisbare toneel" nie, maar die trekker self wat afskeid neem. Omdat hy die geval werklik deurleef het in sy eie gemoed, daarom hoor ons ook die ontroering in sy woorde, al stuit ons taalgevoel telkens op wanklanke en al verdwyn die weemoedige stemming geheel en al deur so 'n potsierlike beeld: 'n Maanstraaltjie is "'n teken van die Ewigheid, sag, op wolle slippers wadend oor die menslike stipjes...."! (p. 140). Daar is nog tallose voorbeelde van viesie-verknoeiing, o.a.: "'n hartebranding, wat onuitspreeklik was" (p. 275); "snoewende woordegloed" (p. 398); "Shaka rol die golwe van kaffers oor die Drakens Berre soos 'n grote bosbrand" (p. 156); ens.; ook onbeholpe uitdrukkings soos: "'n diepheuse buiging" (p. 123); "geen Britse leërmag met hulle destyds verwaande Europees-Waterloo militêre geflikker.... (p. 348); hy "was bestemd, om die finale verwoesting van Dingaan se kolossale mag ... te help vernietig (p. 381); die gevolg was 'n sieklike jammerte ... wat as 'n hitte stroom deur Europa gestroom het...." ens. (p. 49); "hy had egter intussen 'n groot verlies van bloed wat die mensliewende, dappere Afrikaner in 'n floute skok (p. 310). Die onbeholpenheid bereik sy toppunt in onleesbare sinne: "Piet Retief was seker een van die merkwaardigste leiers onder die voortrekkers gewees en besonder bekwaam en—lankmoedig sowel as takvol om oor die grootste swakhede, veral in die begin, onder die emigrante: 'n volslae gebrek aan disipline, sug naar eer en 'n possie bekwaam of onbekwaam, te kom." (p. 186.) "Stuart vertel, dat die weduwee van P. Retief, wat 'n nooi de Wet was, en na eers met Jan Greijling gehuud te wees, na sy dood met P. Retief in 1814 was getroud, en dat hy in 'n huis aan die Mooi Rivier die veldfles van Piet Retief aan die muur het sien hang, synde in diehuis van die heer H.S. Lombaard en daarop was die simbole van vrymetselary te sien" (p. 289). Sulke voorbeelde van 'n verwronge, hopeloos verwarde sinsbou staan by klompies op byna iedere bladsy. Skoonheid uit letterkundige oogpunt hoef ons seker nie te soek in 'n boek waar die argitektuur van die sinne so 'n gaotiese warboel is nie—'n ordelose hoop klippe van alle moontlike soorte,—agteloos op mekaar gesmyt, sonder vaste plan, sonder sierlike lyne. Watter fyngevoelige leser sal nie struikel oor sinne soos die volgende nie: "Ek het dadelik enige poorte van die laer laat opemaak, skryf hy op die 23steDes., 1838 naar Kaapstad en verskyn in dieZuid-Afrikaan...." (p. 349); "Hulle noem die raad deur 'enige persone' te syn gekies." (p. 202); "Op die 28steJan., 1837 was ... die Kommando terug, sonder een enkele man, behalwe vier van Moroko se Barolongs gesneuwel, verlore te hê." (p. 186); "toe Paul Kruger hem die hand in sy stoel gesete en waarom sy kinders en kindskinders geskaard was, druk, ..." (p. 147).

Dan is daar nog staaltjies van mislukte hoogdrawendheid soos: "DieMayflowerkwaker pelgrimvaders is nou verander in 'n weelde baaiende, onsindelikheid en bedrog...." ens. (p. 133).

Die taalkundige sal ongetwyfeld 'n paar wavragte onkruid in Malan se akker kan oplaai. Hier kan alleen gewys word op die storende inwersie van onderwerp en gesegde wat dwarsdeur die boek voorkom, om van ander foute in die sinstelling en onafrikaanse wendings nie eers te praat nie. Tot die anglisismes behoort o.a.: "'n warme tyd" (p. 30); "die Londen Sending Genootskap" (p. 35); "China skoteltje" (p. 132); "Wat die opvolging van Shaka betref, het Mbopa vir Mahlangana vals gespeel" (p. 235).

Wat ook al die streng-historiese waarde vanBoer en Barbaarmag wees, dít staat in elk geval vas: deur sy gebrekkige styl en taal is die letterkundige waarde daarvan gering. Laat ons hoop dat die boek van Malan, wat met soveel toewyding gewerk 't en daarby gewillig was "to scorn delights, and live laborious days" vir die historikus groter waarde het. Deur die belangstellende leek sal dit meer geraadpleeg as gelees word.


Back to IndexNext