OP DIE LAERS AANSWERWENDE SOELOE-HORDES.

[5]Geweer.

[5]Geweer.

[5]Geweer.

Langsoos een slangop sy kronk’lende ganglê Toegela en wagop die koms van die dag.Teen sy oewers slaathy op onrustige maat,met ’n voorgevoel van onweerstaanbare kwaad.Want wyden vèr in die duister verspreid,dool sluipende hordes om en om—’n hygend-voortduwende dreiende dromvan ontsenuwende lis en onrus,van onmenselike graagte en lus.Fel,as in knaende boeie geknel,brul Toegela, in woedende worstelende strydmet duisende wreedaards, tot slagting bereid,wat waag hul te werp in sy waters verbolge,(en menige beul word na verdienste verswolge)om heen te dring na sy owerkanten rouklag te kweek oor die rustige land.Breed,in onbreekbare eenheid gesmeed,dy die draers van droefheid en leed(’n arglistig-voortstuiwende stroom)oor die velde, in dooierige droom.

Trippel-trappel op en afoor die kamervloer!Mammies skatlam skaterlag—wat ’n wild rumoer!Heidaar! Opsy daar!Babsie storremjaagna die arrems wyd van mammie—dis ’n grote waag!Handjies-klappies op die stappiesvan die voetjies kaal!O, die vonkies van die lonkies,wat van ogies daal!O, die brabbelbrou-gebabbelklink soos melodieallerskoonste, allerboënsteengele-oord ontvlie!Tere snare roer sy bare,bolle handjies aan.Plompe pootjies, lompe lootjieslief en lokkend staan.

Maagde-mooie dagkus die heuwels, groen.Lowervelde lag,son- en dou-gesoen.Diepe dale staan bly in lente-drag.Op die berge vloeiin die oggend vroeggoud. Die osse stoeivóór die boer se ploeg.In die boer se krale koeie en kalwers loei.Heen die bokketropkronkel, wit soos melk,teen die hange op.Lente-mal is elk,Lente-lote pluk hul op ’n klein galop.Wye watervoorop die ertjie-landraak in groen verloor.Water staat aan brandtussen ertjie-blomme in die sonnegloor.Koringvelde vol,swaar en ryk van aar,soos die seë rol,soos die see vergaarsonne-goud en tinte op hul boesem, bol.Vrolike mossie-skaar(Skoon die oggenddoulê op steel en blaar)klim die hemelblou,skou die vlam-juwele tussen groen, van daar.In die vroeë boswilg en populierstaan in lente-dos,sonnegoud versier.In ’n sang van vreugde bars die vinke los.Die plante-wêreld stoeiuit sy winter-droom.Nuwe lewe broeiop die sonne-stroom.In die boer se are nuwe lewe vloei.

Verlate staan ek, stil en heel alleen,en diep versonke in ’n vèr gedagte.Die nag se duister is soos die swart vereen,van tienmaal duisend maan-verlate nagte.Toe breek die onweer met sy donderkragteen vure los en slaat die nag wat ween,wyl hewig stoei in styf verset, as wagtevan haar, die denne aldeur haar trane-reën.Ek skrik—beklem, ontroer deur al die stryd,—maar weldra wentel daar deur wolke-rete’n sterre-heir en strooi ’n vrede-glooroor eensame woning en oor velde wyd.Stil lê die Heelal, groot en ongemete,geheime-swanger, in sy eeue-droom verloor.

Die daagraad kruip die dieptes uit,uit stille nag gebore,en vleg ’n krans van pêrelglansom slape van die môre.Hy sweef op goue vleuels aanen ry op wolke-some:Daar ’s glimlag op die bergery,daar ’s blydskap in die strome.Hy skuif die wolle deken wegvan bergekruin en hangeen wek, so doend, ’n weelde-blosop bolle rotse-wange.Hy lig die woud-paleise op,en vul hul lommersalemet vreugde-sange, wyd verbreideur klowe en oor dale.Die velde bloos ’n maagdeskoon,ontwaak uit lente-drome—daar ’s glimlag op die bergery,daar ’s blydskap in die strome.

Ek sou nie graag my lewensweg’n Twede maal vervolg, want regSou ek hom tog nie kry; en watDaar skoon en lief was op my padKan die herhaling my laat mis.Maar as ek iets terugwens isDit, dat ek by my ouderdomMy kinderhart weer mog bekom—Met fleur van lus en geur van smaak,En groot belang. in kleine saak,En goue traan en gou weer af,En grote vrees vir kleine straf,Maar steeds herhaalde stoutigheid!Og, had ek weer die sondigheidVan sondaartjies, onskuldig rein:Og, was ek weer as sondaar klein!

Jou krag beteken niks: ’n perd het meer as jy,Maar jy kan dit gebruik om hom te tem en ry.En jou geduld is niks: ’n donkie ’t meer as jy,Maar jy kan dit gebruik wanneer jy met hom ry,Jou kennis is ook niks: ’n boek het meer as jy,Maar jy kan dit gebruik om meer nog by te kry,Ervaring dan? ’n Swerweling het daarvan meer as jy,Maar jy kan dit gebruik om swerflingskap te my.Bekwaamheid? Daar is mense meer bekwaam as jy,Wat graag vir hul bekwaamheid ’n lewenstog sou kry.Besit van gawe nie, maar die gebruik daarvanGee aanspraak op die naam van ’n begaafde man.

My vyand haat ek nie omdatDithyis wat ek haat:Ek haat, verafsku hom omdatDitekis wat hom haat.Ek het my vriend nie lief omdatDithyis wat ek min:Ek het hom lief ter wille vanDie grille van my sin.Ek seën, vloek; ek dien, verdien,Verderf, verdruk, verblyMy medereisigers hier opDie paadjie langers my,Waar elk van almal vir homselfAlleen geniet of ly:Maar al die ander reis die pad,Beskou ek, net vir my!

Soek jy om roem te werf uit enk’le goeie dade?Dan wys jyself die omvang van jou kwade:Wie roem op enk’le druppels uit die see?Maak jy ’n ophef van jou buurmans één mistrap?Dan wys jy maar hoe reg hy anders stap:Wie wys één gaatjie in ’n sif en spot daarmee?

Die ander motte was dom en dwaas,Maareksal vèr van die kers af bly;Hier vèr uit die skemerte sal ek kyk,Hier vèr is dit veilig en kyk is vry.Maar ek hoef nie van éenkant net te kyk—Ek vlieg op dieselfde afstand om,Dan weet ek van àl-kant hoe hy lyk—Om beter te sorg om nie nader te kom.My sirkel was skeef en ingebuig,Maar dáar ook nog, waar ek naaste was,Het daar niks gebeur—ek maak vernietMy velling so groot en so vèr van die as.Die wieletjie draai àl vinniger om,En die lig en die gloed word àl groter genot:En die vellings word nouer àl rondom die as—En die end van die wiel is die as van die mot!

Jou volk nie goed genoeg nie? Maar die renegaatIs altyd slegter tog as die wat hy verlaat!Sal dan die beter volk ’n gulle welkoms geeAan d’ allerslegste uit die slegter? Wees tevreeOm in jou eie kring ’n hoër rang te haal—Jy ’s laag genoeg vandag om nie nog af te daal!En as jy bly en rys, dit sal jou éendag tref:Daar ’s hoogheid, wat jou laagheid eers nie kon besef!

Die hond wat by jou tafel staanEn smekend in jou oë kyk,Die praat die waarheid met sy blikWaardeur hy jou sy nood laat blyk.Die voëltjies van hul kroos beroofEn skreeuend om hul nes met smart,Die uiter waarheid hemelreinUit swaar beproefde ouerhart.Die plantjie in jou vensterbank,Wat jy versuim om te benat,Praat waarheid met verwelkte blom,Met druipende stengeltjie en blad.Die bokkie wat geen kwaad vermoedEn water soek in skadu-kuil,Raak dood deur swyend leuentaalVan tier wat in die riete skuil.Dis nie jou woord alleen wat lieg,Of wat die waarheid kan verklaar:Deur daad en skyn, deur swye selfs,Word waar- of valsheid openbaar.

Lamtietie, diamtietie, doedoe my liefstetjie,Moederhartrowertjie, dierbaarste diefstetjie!Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie,Heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie.„Doedoedoe bladertjies,Slapenstyd nadertjies;Doedoedoe blommetjies,Nag is aan ’t kommetjies”—So sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.Bo uit die boompie kom nog ’n gesangetjie,Soet soos ’n soentjie op kindjie se wangetjie,Soet soos die stem uit die snaar van vioëltjieSus daar ’n wieglied uit bekkie van voëltjie:„Tietewiet, koeroeroet—Pierewiet, toetoetoet!Doedoe my kindertjies,Wat sal dan hindertjies?”—So noem die voëltjie haar kuikentjies kindertjies.Onder die boom uit kom nog ’n gesangetjie,Rein soos ’n traantjie oor kindjie se wangetjie;Hoor dan die orreltjie onder die boompietjie,Luister die wieglied van ruisende stroompietjie:„Trippetrip, koeloeloem,Oor die klip doemeloem!”Stroompie die rus nimmerStroompie die sus immer,Sus immer, suis immer, ruis immer, rus nimmer.Bo in die bloue lug flikker die sterretjies—Hemelse brandwaggies, lampies van verretjies,Wakend oor windjies en wolkies en stroompietjies,Wakend oor mensies en diertjies en boompietjies:„Wees maar gerustetjies,Slaap maar met lustetjies!”So sing die sterretjies—stilletjies, verretjies:Vuurvliegies, lugliggies, ewige sterretjies!* * *Onskuldig ogies en voetjies en handetjies!Wie weet hoe ver moet my kleintie nog ganetjies,Ver deur die wereld se kronkels en gangetjies.Bly tog maar kleinties en bly dit maar langetjies;Bly maar by moedertjie,kindlief se hoedertjie—Saap in haar arrempies,Saggies en warmpies—Doekies dan, doekies in moeder se arrempies!

Uit die blou van onse hemel,uit die diepte van ons see;Oor ons éwige gebergtes,waar die kranse antwoord gee;Deur ons vér verlate vlaktesmet die kreun van ossewa—Ruis die stem van ons geliefde,van ons land Suid-Afrika.Ons sal antwoord op jou roepstem,ons sal offer wat jy vra:Ons sal lewe, ons sal sterwe—ons vir jou, Suid-Afrika!In die murg van ons gebeente,in ons hart en siel en gees;In ons roem op ons verlede,in ons hoop op wat sal wees;In ons wil en werk en wandel,van ons wieg tot aan ons graf—Deel geen ander land ons liefde,trek geen ander trou ons af.Vaderland! ons sal die adelvan ons naam met ere dra—Waar en trou as Afrikaners,kinders van Suid-Afrika!In die songloed van ons somer,in ons winternag se kou;In die lente van ons liefde,in die lanfer van ons rou;By die klink van huw’liksklokkies,by die kluitklap op die kis—Streel jou stem ons nooit verniet nie,weet jy waar jou kinders is.Op jou roep seg ons nooit nee nie,seg ons altyd, altyd ja:Om te lewe, om te sterwe—ja ons kom, Suid-Afrika!Op U almag vas vertrouendhet ons vadere gebou;Skenk ook ons die krag, o Here,om te handhaaf en te hou—Dat die erwe van ons vaad’revir ons kinders erwe bly:Knegte van die Allerhoogste,teen die hele wêreld vry!Soos ons vadere vertrou het,leer ook ons vertrou, o Heer:Met ons land en met ons nasiesal dit wél wees!—God regeer!

Hy stoot die voordeur stadig oop,en in die skadu sien ek hom—sy swart manel is oop-geknoop,sy snaakse lyfie hoepel-krom;sy lang gesig is uitgedroog,hy staat by my skaars skouer-hoog!Sy ogies knip, sy lippe lag,sy lang-bol hoed is in sy hand;hy kom van buite uit die nag,en bly net in die skadu-rand.Eén kers brand stadig in die tuit,die ander flikker heen en weer;en langs my, deur die onder-ruit,daar loer die nag so swart soos kruit!Die skadu’s—kort en dik en bont—spring op die vloer soos lammers rond!Tant Sannie sit nog kouse stop;haar naald blink nes ’n weerligstraal,haar lyf is alles dof en vaal,die kerslig skyn net op haar kop.Vlak voor my oë dans die dons,en as tant Sannie met my praatdan gaat dit nes ’n brommer gons:haar woorde is so nors en kwaad.Die donker kruip uit elke skeur,dis alles deurmekaar gevleg;ek sien hom nou—dan is hy weg,die snaakse Outjie by die deur!Die donker wikkel om hom heen,dit gryp sy voet en dan sy been;en as my oë wyer rek—dan staat ’a skadu in sy plek.Dáár is hy weer, so skelm-slim,en voet vir voet bekruip hy my;ek sien sy skadu hoër klim,en tel sy knopies op ’n ry.Dit is tant Sannie weer wat praat:„Kyk, Jannie, dit is baie laaten tyd vir kleintjies om te slaap;wat sit jy nog te snork en gaap,met reeds ’n krakie in jou nek?Nou, snuiter, kooi-toe op die plek!”Ek ken die stem, nou moet ek hoor!En as ek opstaan om te gaan,dan kom hy weer van dáár-van-daanen trap so soetjies in my spoor!

O, koud is die windjieen skraal!En blink in die dof-ligen kaal—so wyd as die Heer se genade—lê die velde in ster-lig en skade.En hoog in die rande,versprei in die brande,is die grassaad aan ’t roeresoos wenkende hande.O, treurig die wysieop d’ooswind se maat,soos die lied van ’n meisiein haar liefde verlaat!In elk grashalm se voublink ’n druppel van dou,en vinnig verbleek dittot ryp in die kou.

Aan my vriend EDUARD KARSEN.

Ou Amsterdam is tog so mooiMet al sy liggies uitgetooiIn donker, donker nagte.Dis liggies hier en liggies daarIn lange rye aanmekaar,Wat flikker in die gragte.En honderd-duisend ogies loerOp spieëlgladde watervloerDaar bowe uit die hemel.Dis liggies hier en liggies daarEn bootjies, wat so saggies vaar,Dat ligte golfies wemel.Die liggies soek mekaar weer opIn water, wat teen walle klopOp stormagtige nagte.So toweragtig, lief en skoonIs liggies, wat op walle woonEn flonker in die gragte.

Kom, kom kindertjies,Buite vlieg die vlindertjies—Hier, daar, oweral.Al die kleine stakkertjiesSoek hul bonte makkertjies:Kyk, kyk, ag, hoe mal!In die kleine kommetjiesVan die bloedrooi blommetjiesDuik, duik, duik hul in.Reguit na die suikertjiesVlieg die bonte duikertjies:Suig, suig, suig daarin.Kom, kom kindertjies,Speel net soos die vlindertjies—Hup, hup, spring en val!Blossies op jul wangetjies,Sing hier soete sangetjiesOp die vlakte, oweral.

As saans die son stilswygend sterfDaar oor die wester-rand,Dan straal hy wondertekens uitAan elke wolk en land.As saans die skemersluier sakIn stille segetog,Dan veg die dag sy doodstryd vóórSy laaste ademtog.As saans die donker duister daal—Die doodskleed van die dag—Dan hou die kinders van die sonHul ligtend sterrewag.

Dis stil.....Geen blaartjie roer,En die hele werfRus sag in die skoot van diepe vergetelheid.Die dag is doodEn lê begrawe—Stil.Soas op Sabbat-môrens ’n tortelduifDie stilte in die lug nog stiller maak,Deur af en toe te koer en dan te swyg—So kan jy hoorDaar onder by die voor,Waar nou net modder van vroeëre strome vertel,Hoe die paddetjies die ontsaglike stilte verstoor.Hulle kwik en kwek en kwaak,Dat dit kraak!Om dan weer almal op te hou—Ineens!Maar nie vir lang nie;Ontevrede bidEn soebat hul vir reën—Hulle ween,En gaan dan slaap vermoeid en uitgeput.VerIn die veldGaan ’n skreeuende kiewiet te keer.Hy vlieg op en neer,Heen en weer,VerskrikDeur ’n jakhals wat tjank in sy buurt....Dis roerloos stil.En die sterre,O God, die sterre!Hoe mooiIs die firmament versierEn uitgetooi,Asof daar altyd feeste word gevierDaar bo in die hemel,Ver—Ver van hier!

Bekoorlik kind! ek weet nie wat dit isOf hoe dit kom nie; ’k weet alléén maar dit:Dat ek nog altyd deur jou beeld aanbidEn steeds die tintel van jou oge mis.Is dit die glans, waarvan ek nimmer wisDat dit ’n man so aangryp, altemit?Of is dit net bekoring? Nee, daar sitOneindig veel meer agter dan jy gis.Dit is die krag, wat digters stil laat staanVoor al wat lief en skoon is op dees’ aard;Dit is die Siel, wat so sy wege baanVan hart tot hart, tot twee aanéén-gepaardHul hele lewe sáme verder gaan.....Lief kind, o maak my lewe lewenswaard!

’n Mot vlieg vol van lewensblyheidVas teen ’n soeklig-toring aan,So spog’rig, asof Lot nog VryheidVir hom bestaan—En hy vergaan!Die soeklig gooi sy glinster-straleWyd oor ’n see van woesteny—Verkondig skippers telkenmale:Bly vèr van my,Bly vèr van my!Geliefde! So ’t jou oog-geflonkerMy vaak al voor die vraag laat staan,Of ek moet uitbly in die donker,Of nader gaan—Jy trek my aan!

Sneeu, sneeu, lieflike sneeuDaal op die aarde neer;Dit val en dit swewe,Dit sterf en dit lewe—O kyk tog, hoe kòm dit al weer!Sneeu, sneeu, heerlike sneeu,—Moeder, kom kyk tog hoe fraai!Miljoene klein vlokkiesIn stukkies en brokkiesWord wyd oor die wêreld gesaai!Lieflik en rein en wit is die sneeu,Moeder, dit val en dit sweefIn brokkies en stukkiesMet stote en rukkies—Presies of die hele lug leef!

Jou vabond, wag, ek sal jou kry,Van jou sal net ’n bloedkol blyHier op my kamermure.Deur jou vervloekste gonsery,Deur jou gebyt en plaeryKon ek nie slaap vir ure.Mag ek my voorstel, eer ons skei,Eer jy die doodslag van my kry—My naam is VAN DER MERWE.Muskiet, wees maar nie treurig nie,Wees ook nie so kieskeurig nie—Jy moet tog ééndag sterwe.Verwekker van malaria,Sing maar jou laaste aria—Nog één minuut vir grasie.Al soebat jy nou nóg so lang,Al sê jy ook: ek is nie bang—Nooit sien jy weer jou nasie!Hoe sedig sit hy, o, die kring!Sy kinders kan maar kranse bring,Nóu gaan die vabond sterwe....Pardoef! Dis mis! Daar gaan hy weer!Maar dóód sal hy, sowaar, ek sweer—My naam is VAN DER MERWE!

Jy moet nie bang wees vir die bliksem,jy moet nie bibber as dit reën;Moet ook nie skrik nie vir ’n bom nie,Al was hy ook vir jou gemeen.Wees dapper as wat swak is wankel,Wees manlik as jou kinders huil;En toon die wêreld, Afrikaander,Wat daar vir skoons in Kaapland skuil.O volk van my, daar is nog arbeid,Daar is nog roem, daar wag nog stryd;Jy moet nie bang wees vir wat kom nie—Wees slagvaardig, wees bereid!

Soas ’n drenkeling, bedreig deur Dood,Spartel en spat en sy ganse mag versetTeen woedende waters; en dan ternouernoodDeur magtige hande uit groot gevaar word gered—So worstel ons Verlede rond vandagVoor my verstand se oog. Ons hef hom boDie See van Lang-Vergeet-Al met die krag,Wat ons Geheue noem..... En ons sit soEn peins oor wat gely is in die hoop,Dat volle vryheid nog ons lot sal wees.Maar ag, ons land het ons met bloed gekoop—Op menig grafsteen kan ’n mens dit lees—En tog moet ons, die brekers van die baan,Die Pioniers, ons pad nog oral slaan!

Aan Dr. W. J. Leyds.(„Ik wil U nog vertellen, dat in mijn verzameling een fotovoorkomt, waarop onze vierkleur een groote en tevens eigen-aardige rol speelt, die altijd gedachten bij mij opwekt. Het steltvoor een groep jonge meisjes (waaronder Generaal DE LA REY’sdochter), die, allen gehuld in een vierkleur, een dans uitvoerenop het veld. Het pathetische van het geval bestaat daarin, datde foto genomen is na het tractaat van Vereeniging, toen deboodschapper van Generaal DE LA REY het bericht van hetsluiten van den vrede aan zijn commando had overgebracht,doch verkeerd, zoodat het commando in het denkbeeld werdgebracht, dat vrede was gesloten met behoud der onafhankelijk-heid. Bij mij wekt deze foto niet droefheid alleen: ook hoop.”)Uit ’n brief van Dr. W. J. LEYDS.EERSTE BOODSKAPPER.Ek kom om julle die nuus te bring:Mense juig, wees bly en sing!Transvaal het nie verniet gely—Transvaal is vry!Transvaal is vry!Hoera vir die Vrystaat, hoera vir Transvaal!Hoera vir ons groot Kommandant-Generaal!Hoera vir ou Kaapland, hoera vir Natal!Hoera vir die burgers van oweral!’N VERKENNER.Wat is dit hier, wat is dit hier,Word hier ’n bruilofsfees gevier?MEISIES.Nee, ons het net die nuus gehoor:Transvaal het sy vryheid nie verloor!* * *En die noointjies dans, dat die stof so staan,Met die vierkleurvlag om hul lyf geslaan.Dis polka-swaaiEn Kaapse-draai;Dis siembambaEn siembamba—Uit blydskap virSuid-Afrika!Die noointjies dans,En die seuns en mansDie lag en skerts en gaan te keer,En sing dan weer:„De Wet was hier, De Wet was daar,De Wet was vasgekeer;Maar dit was glad nie, glad nie waar—Hy flous hul telkens weer!De Wet was hier, De Wet was daar,De Wet was oweral;Ou French, wat hom ’n strik wou span,Het self daarin geval!En De la Rey het opgetreeDaar bo in die Transvaal;Methuen het hy ’n pak gegee—En so sy roem behaal!”* * *Toe die boodskapper oor die rand verdwyn,Toe hoor hy nog steeds die bekende refrein:„Hoera vir die Vrystaat, hoera vir Transvaal!Hoera vir ons groot Kommandant-Generaal!Hoera vir ou Kaapland, hoera vir Natal!Hoera vir die burgers van oweral.”TWEDE BOODSKAPPER.Wat is dit hier, wat is dit hier ?Skaam julle, om nou fees te vier!Skaam julle, as ons vryheids-vaanDiep in ’n doodkis word toegeslaan;Dáár in die dorp VerenigingWord nie gedans nie, word nie gesing,Dáár is net weemoed, dáár is net rou,Dáár is geen hoop nie vir my en jou.* * *En elke oog skiet vol met trane,Elke keel die slik.Herdenkend al die deurgestane,Het meer dan een gesnik....Maar op ’n tentwa, luid en klaar,Bid toe die leier van die laer:„O Gy, wat oor ons lot regeer,Maak ons weer ééndag vry, o Heer!”En die noointjies dink by die awendskyn:Ons hoop is nie weg nie,—sal nooit verdwyn;En een die sê,Terwyl hul lêEn staar na die Suiderkruis:„Vryheid! Vryheid! dierbaar ding,Waar elke mens na smag,Van jou sal ek gedurig sing—jy is ’n volk se krag!”

Gee my ’n roer in my regterhand,Gee my ’n bok, wat vlug oor ’n rand—En ’n flukse perd om hom weg te dra:Gee my Suid-Afrika.Gee my ’n kamp waar bossies groei,Gee my ’n fraai volstruis wat broei—En ’n Boereseun wat baie wa:Gee my Suid-Afrika.Gee my ’n koppie om op te staan,Gee my die Swartland met al sy graanEn nooit of te nimmer hoor jy my klaGee my Suid-Afrika.Gee my ’n vlakte ruim en wyd,Gee my die veld se oneindigheid—En die lekker geur, wat die lug daar dra:Gee my Suid-Afrika.

O magtige oseaan, jy wydgestrekte,Omsirkeld deur die ongemetenheid,Diep in jou boesem rus die onontdekte;Alleen jou swaar gehyg verneem die tyd.O nooitvermoeide see wat immer-woelend,Getye reël na gange van die maanEn op die storm se stem ontstuimig spoelend,Jou branders op die rotse stukkend slaan!O ewige deining van die Grote en Magtige!So dein die breed sterk stroom van volle leweIn my klein hart. Ek nietigste kristal,Ek mag ook speel met glans van die ewig-pragtige.Die skepping het ook my sy doel gegewe:Een polsslag in die ritme van die Heelal!

Nog raak die son die hoogste bergetoppe,Die dale rus alreeds in skadewee,As vredig langs die hange nog in troppeWit bokke wei en bontverspreide vee.Die dag verdwyn en teen die aand se klaarteRys honderdkoppig, puntig-skerp omlyn,Die bergereeks se magtige gevaarte,In deinsig-blou, ’n waas deurskynend-fyn.Beminde aarde, berge vrede-draënd,My hart is stil en ope soos die lug:’n Ewige verlange, swygend-vraënd,Uit eeue-nagte van bestaan se vlug,Sweef oor die bergetoppe in die aënd:Dis eind’loos stil... Nag... Eensaamheld... ’n Sug.

Vlammende wolke aan die hemel,Roerlose bome teen awendlug,Landskap in vrede, ’n stille ontroering:Dalende dag-lig, ’n salige sug!Donkere stad daarginds in rookdamp,Rasende wereld, om goud en om eer;Vredige aandgloed hier op die water,Swarte voëls vlieg heen en weer.Magtige see in vrede-stemming;Ver lê die berge in violet;Twee staan gearmd hierbo op die toring:Biddende harte, ’n dankgebed.

Die klein blink ogies van die groot swart nagStaar my so stil aandagtig aan vanaand;Hul glimlag net so effentjies en sag,Asof hul reeds my diepste wens verstaan ’t,Ek voel dat daar ’n band onsegbaar teer,Die groot heelal tot een geheel verbind,Dat daar ’n gees wat ewig is regeer,Voor wie die skepping klein voel as ’n kind.’n Onbegrepe wêreld sonder sinSou hierdie lewe wees vir hom wat inHomself alleen ’n siel en wese vind:Hy dwaal, ’n vreemde tussen wesens doof en blind.In hom alleen word waar geluk gewek,Wat hom in alles, die Al in hom ontdek.

O bleke suster-tweeling van die aarde,Jy bloedloos kind met kille lykgesig,Wat met die skyn van bange sonnestrale,Die nagte stil spookagtig wit verlig!Ons kennis leer jy is ’n dorre wêreld,Waar nooit die lag van blye lewe was.Dat jy geen lug kan bied aan vuurge longe;En nêrens in jou dale groei daar gras.Jou klowe is die kraters van vulkane,Wat eenmaal vuur was, koud en bleek soos loodNou gaap met angstig-oopgesperde monde,Maar asemloos soos die verstyfde dood.Dit leer hul my, o heerlik blanke klaarte,Wat half die wêreld met jou lag bekoor,En ’k neem dit aan, gehoorsaam kind van wysheid,Maar glo nog meer wat my my hart laat hoor.Ek hoor die lied van ewige bekoring;Die maan gly voort op silwermelodieVan honderdduisend tintelende sterre;Ek hoor die woord van alle poësie!

Wie na die oppervlakteVan stil diep water kyk,Gewaar alleen die blareEn slyk wat bo-op dryf;Maar wie sy oog veel dieper,As na die oneind’ge rig,Hy sien die donker aardeVol diepte en vol lig;Hy sien geen vuilswart waterOf modderbodem meer,Maar in die hart van die aardeDie hemel omgekeer.Daar dryf die los wit wolkiesSoos skepe op die see,Soos op ’n somerlandskapVerspreide troppe vee.Hy sien die hoë hemelSo diep daaronder welf,So rein en ongemeteSoos lig en diepte self.So is in alle dinge’n Diepte te ontdek,Waar suiwre siel van skoonheidSig aan die stof onttrek.

Ek hou van stille vriendlikheid,Van vriendskap sonder woordepraal,’n Stil vertrek vol innigheid,Waar sagte gloed van haardvuur straal.My kamer is maar arm en klein,Die mure is so skraal versier;Maar as die son naar binne skyn,O dan voel ek gelukkig hier.En meen’ge vriend het ek ontdek,Wat dienend sonder dank te vra,Die onsigbre arrems uitgestrek,My wiegend op die hande dra.Ek hou van die gemeensaamheid,Waarmee die dinge my omring,Wanneer ek saans in eensaamheidDie lang-lang ure deur moet bring.Gelukkig hy wat stilte tot’n Vriend in eensaamheid kan maak;Hy hoor ’n fluistering van God,Die teerste wat sy siel kan raak.

Dis middaguur, dit is die uur van rus;Die werf is stil, die hele vlakte swyg.Geen ploeg gaan langs die akker op en af,Die hoenders in die koelte gaap en hyg.’n Spreeu sit op die kraal se muur en skreeu,En op die laagste takke aan die soom,Sit tortelduiwe in die blekkoetbos,Die stilte van die middag te verdroom.Vaal bulte oor, tot bewende horison,Lê al die veld te stowe en te skroeiIn gloeiwit-blakerende sonneglans:Die lug self skyn tot sonlig te vergloei.’n Boereplaas ver langs oorwaasde kim,Skyn los en dansend op die lug te dryf,’n Skip wat skommel op ’n see van lig,Wat sawends weer tot vlakte sal verstyf.Die vee lê langs die pan. Geen wese roer;Slegs kriekies sing hul hooggestemde sang:Dit is die uur van gans ontspande rus,Nie soos die aand vol ingehoue drang.Dit is die uur van al-tevredenheid,As mymerend op sy rusbank uitgestrek,Die werker wagtend in ’n sluimring sag,Uit droomverbeelding soet verwagting wek.

Kom op, liewe maantjie, kom op!O maantjie kom kuier vir ons.Doér agter ’n kleuregordyn,Is die sonnetjie lankal verdwyn,Kom gou-gou nou maantjie en skynDeur die lelike nag wat so frons.Goeinaand, liewe maantjie, goeinaand!Muskietjies is uit om te buit,Om die slapende vee te verras.Kyk hoe swier hul in swerme op die plas,Hoor hoe gons hul oor geurende grasLangs vreedsame vleie en spruit.Goeinaand, liewe maantjie, goeinaand!Kyk hoe bleek word die sluimerende nag;Deur die mis van sy duisternis heenHet jou klein silwer ogies ’n reenVan betowerde trane geween,Wat diep in die water weer lag.Goeinaand, liewe maantjie, goeinaand!Dis alles so stil om my rond:Die hoendertjies sit in die boomBy vooltjies op takke en droom,Waar silwer langs blare heen stroomEn liggies laat dans op die grond.Goeinag, liewe maantjie, goeinag!Nag sterretjies, almal goeinag!As ek strakkies my ogies sal sluitEn my flikkerende kersvlam is uit,O loer dan vir my deur die ruit,En ek sal van jul droom, goeienag!

Windjie, windjie, waarheen jakkerJy so haastig nou al weer?Al die stowwe skud jy wakker,Blare, blomme heen en weer.Oor die grassaad ruis jou voetjies,As jy huppel oor die wei;Golfies bokspring, as jy soetjiesOor die koele water gly.Soos ’n katjie speels ’n muisieIn sy kloutjies rond laat vlieg,Skommel jy jou blare-huisie,Tot die takkies almal wieg.Orals vroetel jy en snuffelEike graspol deur en deur,En terwyl jy hul kernuffel,Jomp jy nog die blompies’ geur.Windjie, jy ’s net soos die vlinder,Wat op elke blompie rus;En van d’ een by d’ ander skinder,Skoon hy almal vriendlik kus.Windjie, ’k hoor so graag jou liedjiesBy my raam en dak se rand,in die boomtop, tussen rietjiesRuisend langs die waterkant.O, so graag staan ek en luisterIn ’n hoë mielie-land,Hoe die ranke blare fluisterAlmal in dieselfde trant.Waai maar, windjie, hardloop, huppelOor die koppies, veld en rand—Drink uit vleie en kom druppelMild die reën op dorstend land.

O, Holland, ek hou van jou,Ek hou van jou jonge gesig,As Lente in Meimaand met sonneskyn trouOp velde, met kleure verlig.Ek hou van jou oeroue stoere gelaatBy winter, as newels jou wimpers beslaat,En mistige sluiers, deur wolke gespan,Die son uit jou oë vir maande verban.Ek hou van jou edele trekke, wat TydGemerk het met tekens van vrugbare stryd:Kon dyke, kanale en duine praat,- Dié rimpels, getuiend van wil en daad,—’n Ewige lag sou jou mond versier,Vir altyd sou jy oorwinning vier!O, Holland, ek hou van jou,Ek hou van jou dyke-gees,Wat eie vryheid en aard wil behouEn weier om slaaf te wees.Die see is jou vyand, die see is jou vrind,Jy weet om sy mag aan jou wil te verbind,Jy spook met die water en bou ’n dykEn rustig daaragter bewoon jy die slyk;Maar roep een: te wapen, die vyande kom!Dan draai jy jou swaard na die anderkant om,En saam met jou rol, oor die weilande heen,Jou magtige vyand, die vyand teen!Met dyke keer jy die see uit jou land,En vér van jou grens bly die oorlogsbrand.

Nog rooi van die weemoed van gister,Daar ween onse oë alweer!O, het dan die laggende toekomsSy rug na oos toegekeer?Onder honderde, honderde bomeWord die mooistes en grootstes gekap,En die struikgewas tier om hul stammeEn swelg in die aarde se sap.Daar lui weer die onheil ’n doodsklok,Die aarde ontsluit weer haar skoot:’n Soon, ’n broer, ’n vader,’n Vriend van sy volk is dood!Toe, lui maar, o noodlot, die doodsklok,Toe, graaf maar ’n diepe graf,Jy ontroof ons tog nimmer ons hoop nie,Sy gees neem jy nooit van ons af!

Die Ooste gloei. Dit is die dag,Wat vóór die Ooster-poorte wagEn aarsel om die donker waas,Wat voor sy oog hang, weg te blaas:Want o, wat sal sy oog aanskou—Dan bloed, dan bloed, dan moord en rou?Maar nee, hy skeur die sluier oop....Dáár word Suid-Afrika gedoop!Wat is dit, wat ek ginds gewaar,Daar langs die donker berge, dáár?Dit is Dingaan se swarte drom,Dit is Dingaan! Die Soeloes kom!Gryp, Trekker, gryp jou kruit en roerEn staan jou man, jou naam is Boer!Beskawing moet hier segevier,Of Afrika is vir die dier’!Hul kom! hul kom met woede aan,Soos vuur, in hoë gras geslaan,Wat, op die wind se vlug gedraag,Al knett’rend oor die grassaad jaag,En vir geen pad of vóórbrand stuit;Die vlamme-arrems gryp vooruit,Verteer al wat hul beet kan kry,Tot as alleen nog orig bly.Hul kom! hul kom soos aasvoëls aan,Die wye vlerke oopgeslaan,En bek en pote rooi gekleurVan prooi, nog pas uiteengeskeur.O hoor hoe dreun dit, soos hul kom!Dit woel en wemel rond en om,Van skildvel, assegaai, barbaar!Van Soeloes, Soeloes aan mekaar!Hul storm! hul storm! die swarte drom,En skreeu en bokspring soos hul kom.Maar in die Treklaër is dit stil,Want elke Boer weet, wat hy wil:Sy oog hou wag; sy hart herhaalDie vroom gelofte elke-maal,En naas hom staan sy Sanna klaar,Die kruit en koeëls lê by mekaar.Hul kom! hul kom!.... maar ry aan ryStort neer om daar vir goed te bly.Die Sanna’s bulder, die osse brulEn hardloop rond, met angs vervul;Dit kletter hier, dit knetter daar,Dit reën as’gaaie op die laër.Hul kom! hul kom!.... maar deins weer trug,Hul kom!.... maar kom met weifelsugHul kom!.... maar weifel, weifel weer,Hul kom!.... dit was die laaste keer.Dismoed, wat volhou na begin,Vertroueis dit, wat oorwin.Sou vier maal honderd Trekkers danVir twaalf maal duisend Kaffers kanVerslaan? Aanskou die water maar,Aanskou die sloot, die vlakte dáár:Drieduisend lyke lê daar rond!....Pretorius alleen is lig gewond.—O hart, wat blydskap het gesmaak,Wie kan die trotse dag genaak,Van Afrika’s beskawingsdoop,En koud bloed deur sy hart laat loop?Ja, Stem van donker Afrika,Ons, wat jou naam met eer moes dra,Ons woon hier op ’n werelddeel,Ons moes regeer, en is verdeel!

Windjie, jy kom oor die groot blou see—bring jy groete van Ouboeta mee?Ouboeta sit aan die ander kant,vèr, alleen in ’n vreemde land.Weelde en kuns kan hy daar aanskou,die grootste prag wat die wêreld hou;maar dit weet ons goed, dat sy hart nog sugna ons vrye veld en ons helder lug.Tog moet hy daar onder vreemde blyom kennis te win en ervaring te kry,tot die jare verby is, die leertyd om—wat sal ons groots wees as Boeta weer kom!Windjie wat waai oor die groot blou see,bring jy ook groete van Ouboeta mee?Windjie, waai nou maar weer weg oor die see,en dra ons groete aan Ouboeta mee;voer in jou vlug na die ander sydie geur van die blomme wat bloei in die vlei,van varings wat bo teen die bergrand staan,van vrugte, van druiwe, van goudgeel graan.Hy sal jou boodskap verstaan, want hy weetdat alles verlang om hom welkom te heet.Sy ryperd staan in die stal te treur,sy hondjie hou wag by sy kamerdeur.Maar die jare vervlie en sy leertyd gaat om—ag, wat ’n vreugde as Boeta weer kom!Windjie, waai vèr oor die groot blou see,en dra ons groete aan Ouboeta mee.

Daar is ’n kuil,’n holte in ’n rotsbemuurde strand,waarin die branders ewig spoel en dreun;en in die mond van dié spelonk, daar skuimen kook die water wild en woes, asofdie ganse oseaan wil binnedring.Met stormgeweld en blinde woede stuifdie golwe op hul kerkermure toe,en teen die rotsgewelwe druis en kraakdie felle branding—waar dit breek, en dan,gestuit, verpletterd, tot die afgrond keer,en daar verlore gaan.Ek ken ’n siel,nog ruimer dan die oseaan, waarinoneindige gedagtes bruis en woel,en met die felheid van ’n stormgety’n uitkoms soek in enge digtertaal;maar ag, te groot vir mensewoorde, sinkdit in die stille diepte weer terug,waar dit gebore is.

Soos die windjie wat suis oor die velde,met geure van lente bevrag—is die hoop wat kom fluister van arbeid en stryden die sege wat wag.Soos die dorre geruis in die najaarvan blare wat val en vergaan—die verwytende stem van geleentheid verspeel,en van dade wat sterf—ongedaan!

Die koeëls die blits, dat die klippe so brand—Hoera vir die reuk van ’n roer!—Maar die tien en Jan Pieterse hou daardie nek,Help bewaar ou Transvaal vir die Boer!„’n Uur nog, net ene”—’n uur van die hel!—„As ons maar die nek kan hou,Dan is ons kommando die drif veilig deur!”—En hy bid sonder handegevou!Wild en wyd, wild en wyd,Gee die perde maar teuel en spoor;Jy hoor net daaronder die hoewegedonder,En hierbo fluit die koeëls langs jou oor.Daar hinnik ’n liddiet, ryperd van die DoodBlits hemel en aarde deureen;Die stof wyk—die mense ’s die drif veilig deur—By Jan Pieterse leef nog net een.„Ons trap!” kommandeer hy. Wild en wydGee hul perde maar teuel en spoor;Hy hoor net daaronder die hoewegedonderEn ’n skreeu—hy ’s allenig nou oor.Trug nou, trug deur die vlaag van lood,Sy maat kan hy daar nie laat bly!Al om hom daar gons dit die lied van die dood,Waar sy sekel al snerpende sny.Met die gewonde man dwars oor sy saalboom gelegGaat hy stadig en stappende heen;Geen teken van haas, hy ry peinsende voortOp ’n stap deur die koeël-gereën.„Laat staan, hy’s ’n held -, Three cheers’ vir die Boer!”Sê die Engelsman, hees in die keel.Die bulte weerklink met vier harde hoera’s,En die lug word met helmette geel!Jan Pieterse draai hom sy vyande toeEn wuif hulle dank met sy hoed;Al stappend verdwyn hy op die horison daarIn ’n raam van die westergloed.So hoera vir die klank van stiebeuel en spoor,En hoera vir die reuk van ’n roer!God behoede ons veld van die vreemde geweldEn bewaar ons ou land vir die Boer.

Bommelby, bommelby met jou wit bandelier,Met jou vlerke wat blits in die sonlig en gons,En jou swartpak, verguld met die blomme se dons—Wat beteken jou sing en wat maak jy hier?Maar die bommelby werk, of ek vra en of nie;Natuurlik, ek weet hy hoor nie na myEn laat my gevra en gepeuter opsy—Maar dis mos wat deurgaan vir poësie!My siel is so wyd soos die oseaan,En grootse gedagtes die woel daarin om,Te groot vir woorde, my Muse is stom,Want waar haal sy sulke woorde vandaan?Ja, modder kan jy met jou vingers nie vat,Diamante is klein en gereëld van bouAs jou oë maar reg is—Ek vra vir jou,Hoe moet ek die ruim van ’n siel dan skat?Dis newels, net newels wat warrel en vlie,En ek is miskien nog agter die vlugVan ou Tyd, en ken die boom by sy vrug—Maar dis wat nou deurgaan vir poësie!

Ag, moet hul nie stoor nie, laat jou voetstap nie hoor nie,Kom ons hulle oor die laning beloer.Kan jy mooiers verlang dan die kindergesangEn die geestige, malle rumoer?Met ’n blaar in sy hand staat die predikant,Lees daaruit die formulier voorWaarmee hy hul trou; daar word huise gebou,Die gelag onder werke gesmoor.Nou word daar gedoop, dan weer suiker verkoopVir blikkies en skerfies en blare;’n Floue gelawe, ’n kuiken begraweMet luide en droewe gebare.Kon ons maar soos hulle die wêreld veragEn spot met sy wel en sy wee;Of die wêreld al frons—daar klink hul gelag,En die wêreld lag hoofskuddend mee!

In die Hoveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo,Waar kuddes waaigras huppel oor die veld,Waar ’n mens nog vry kan asemhaal en aan ’n God kan glo,Staat my huisie, wat ek moes verlaat vir geld.En as ek in die gange van die myn hier sit en droomVan die winde op die Hoveld, ruim en vry,Dan hoor ek die geklinkel van my spore, saal en toom,Sawends as ek bees of skaap toe ry.Op die Hoveld, waar dit wyd is, waar jy baie ver kan sien,(Die ylblou bring ’n knop dan in jou keel)Staat my huisie nog en wag vir my, wag al ’n jaar of tien,Waar die bokkies op die lei grafstene speel.Maar as die tering kwaai word en ek hoor die laaste fluit,Dan sweef ek na die Hoveld op die windEn soek dan in die maanlig al die mooiste plekkies uit,Waar ’k kleiosse gemaak het as ’n kind.

Dit is stil in die voorhuisEn stilte rus swaar op die bulte daarbuite,En stoffies hang blink in die lug, waar die venster’n Gulde balk van louter luister inlaat.Daar word boeke gevat:Die psalm gaat statig opruis,Ruis weg oor die druipende wilgers,Waar die tortels selfs luister;’n Hiemne aan God, aan wie dit gerig is,’n Statige hiemne van rus en van vrede,’n Wierook-kolom.Dis weer stil.Luid kraai die haan in sy beurtsang—En nou word gepraat, eers saggies dan luider,Nou word selfs gelag... die stemming verbroke—Die diens is verby.

Cupido het eers vry rondgedwaalMet sy boog en sy skigtebos,Behoudens ’n lintjie wat krul, maar skraalIn ’n Adamspak gedos.Maar die Cherubyne mis hom nou;Ag, die sede vervel met die tyd!In die kas lê sy vleueltjies opgevou,En nywer regeer nou en nyd.Sy guitige streke het hy laat staan,Laat met rus nou die pare in die park;’n Hardedop keil en manel het hy aan—Hy ’t verhuis na die aandeelmark!

Die reënt het my tuintjie skoon gewas,En ’n windjie dwaal daarin;Hy sleep sy soetste geure saamOm ’n roseknop te win.„Kom saam my liefie,” fluister hy;„’k Gee alles wat ek het—My vrye siel, die hemelblou,Dit alles, alles skenk ek jou,En ’k vra jou hartjie net!”Om roserooie lippies plooi’n Glimlaggie, o ai so mooi;Sy skud haar koppie heen en weer,„Kom môre weer, kom more weer!”—Die rosie was koket!’n Sonnestraaltjie het plesierEn lag die windjie uit.Hy hang ’n pêrel om haar hals,En soen die rose-lippies mals—Die rosie word sy bruid!

’n Manestraaltjie het kom kuier,Kuier vir plesier,By die blanke hemel-bloesems,in my tuintjie hier.Heel die lente-awend luisterHoe die bloesems saggies fluister:„Vlei jou reinheid manestraaltjieAan my boesem hier.”Toe het skalks die stoei-graag windjie,Loerend om ’n kier,Van die bloesem-wierook dronke,Bruilof in my tuin gevier.

Ek ken ’n melodietjieSó menslik en só rein,Dat heel my siele saamween,Saam met die liedjie klein.Die liedjie is so simpelDat elkeen dit verstaan:’n Kindjie het vanawendSag na die Heer gegaan.Ek ken ’n melodietjieVan onse sterflikheid;Maar o, die moederharteMoet glo aan d’ ewigheid!

Eerwaarde vryheidsheld, dit was God’s hand!—Ons sal maar weer die lendene omgord,En trane-balsem oor ons wonde stort,Want swaarkry is die stempel van ons land.Vry soos die winde was jou fiere gees,En sober soos ons velde jou gemoed.Seun van ons Vaderland in murg en bloedjou vryheids-stem was nie verniet gewees!Ons het geween gen’raal, ons het geween.O, ’k sien weer voor my gees die dodewa;Maar ’k weet dat in my siele was alleenDie stralend’ pyn van Jong Suid-Afrika!Daar was ’n stem van lewe in die dood.My hart was somber—maar my hart was groot!

’n Stem ruis deur die eeue, dof en vaag,Wat droewig as ’n doodsklok donker klink—Die oue word weer nuut!—So gallem ditDie eeue deur—die oue word weer nuut!My jeug is ook verby, hoe sterk ook nogMy krag.—Die doodsklok lui my uit, en ’k voel’n Kille weemoed om my hart.—En as in lome kreun my liggaam kraakDie opdraans op, die afdraans af, dan snorDaar knipoogsnel gevaartes my verby,En in die tuite stof sien vaag my oog’n Visioen van geeste, wat hels spotMet my onmagtigheid. Dan luider klinkDie doodsklok droef—ek lui, ek lui jou uit!Maar snags as winter-stilte het gedaalEn swak die kampvuur skitter, stergelyk,Dan leef my oue liggaam weer, en sagAl op die awendkoelte kom gesweefDie trotse stemme van my jeug.Ha! ek is weer op Quatlamba!—Daar golf Natal, ’n panorama, watWegdein in vroeë somerson tot blou.Skreeu nou jul helse geeste van vernuf!Ek lag my vryheids-lag!—Ek lei ’n volkDie donker in! My wabak is hul wieg!Dis net die trekker met sy Boek, sy wa,Ons is alleen in die oneindigheid!Spot maar in wirrel-glans verby en lagOm my onmagtigheid.—Quatlarnba’s muurWeerkaats jul spotlag duisendwerf terug!Hier in die velde, ewe vry as isDie vryheidsgees wat my besiel, voel ekMy tuis, en waar die winde stoei langs bergeDaar wortel my bestaan. Hier het die bloedVan pioniers my watent rooi geverf,In kleine nasies wrede wordingsuur!—Dis net die trekker met sy Boek, sy wa,Alléén is ons in die oneindigheid.Die smeulvuur by my wiel word flou, en inDie twyfelgloedjie staar my stille baas.Sag gooi die amber-skynsel van die vlam’n Droewe glimlag op sy trekkers-baard,—En saam peins ons oor langverlore vryheid.

My hart verlang na die stilteVan die wye wuiwende veld,Vér van die stadsgeluideEn die klinkende klank van geld.Ek is moeg vir die ruslose leweVan mense wat kom en gaan,’k Wil terug na die vrye ruimteWaar ’n siel in woon—wat verstaan.O, ek sien weer die son op die veldeEn die ewige blou lug bo,En my hart skiet vol van heimwee,En my drome swem in my oë.O, ek sien weer die ylbloue bergeDáár vér aan die westerkim,En ek wonder nie meer waarom weemoedSo sag uit my liedere klim;Klim na die grys lug bowe,Waar die son in die miste kwyn;Want o, ek verlang na die velde,Na die ewige sonneskyn.

Transcriber’s notes:

§ Archaic spelling has been retained. If in doubt, no correction has been made. This is especially true for accents, e.g.éénversusèènversuséen.

§ Spellings, of which it is assumed that they were not intended by the authors or editors, have been put right.


Back to IndexNext