III.

III.

Die swart pondokke staan in kring;En om die vuur sit man en vrouOm ernstig same raad te houOor watter lot die môre bring.Weemoedig praat daar een en knik,En gee sy stem vir gaan of bly;Wat eenmaal slaaf was, is nou vryEn kan na wens sy wandel skik.„Die Oubaas trek oormôre voort—Die hele huis met Oubaas mee—Die hele huis en al die vee,En alles wat aan Oubaas hoort.En ek wat slaaf van jongs-af was,Onthou oorlede Oubaas sê—Oorlede Oubaas, wat dáár lê,Dáár onder die begrafnis-gras:‚Pas goed op kleinbaas Jan, en houJou eerlik, Malie, as jy kan;Jou tate was ’n goeie man:Hy was vir my en myne trou’.En ekke hier, wat kleinbaas JanGeabba het en perdgery—Sal ek as vuilgoed agterbly,Om hier te lewe soos ek kan?Oorlede Oubaas het gegeeSy woord aan hier ou Malie: ‚HouJou soos jou pa-goed, eerlik, trou,En pas op kleinbaas.’—Ek trek mee!En hier’s Regina, wat kan staanGetuie van die waarheid! SêVir ons wat wil die Oubaas hê:Ons swartgoed—moet ons bly of gaan?”En ou Regina antwoord: „Nee,Wat Malie sê, is eerlik waar.Ek werk vir Ounooi twintig jaar—Ek bly nie agter: ek trek mee.”. . . . . . . . . . .Die pòndok-vuur is uitgebrand;En oud en jong lê vas aan slaapAs teen die maan die honde gaapEn duisendpote roer die sand.O Liefdetrou, wat stand nòg kleurTot enge kleinheid wil beperk,Maar wat, deur weldaadsmag gesterk,In offerande plig bespeur,Nie minste teken van jou magIs hierdie swartvolk wat jou eer,En, slawe vroeër, nou vry, begeer’n Deel van wat die Trekkers wag.

Die swart pondokke staan in kring;En om die vuur sit man en vrouOm ernstig same raad te houOor watter lot die môre bring.

Die swart pondokke staan in kring;

En om die vuur sit man en vrou

Om ernstig same raad te hou

Oor watter lot die môre bring.

Weemoedig praat daar een en knik,En gee sy stem vir gaan of bly;Wat eenmaal slaaf was, is nou vryEn kan na wens sy wandel skik.

Weemoedig praat daar een en knik,

En gee sy stem vir gaan of bly;

Wat eenmaal slaaf was, is nou vry

En kan na wens sy wandel skik.

„Die Oubaas trek oormôre voort—Die hele huis met Oubaas mee—Die hele huis en al die vee,En alles wat aan Oubaas hoort.

„Die Oubaas trek oormôre voort—

Die hele huis met Oubaas mee—

Die hele huis en al die vee,

En alles wat aan Oubaas hoort.

En ek wat slaaf van jongs-af was,Onthou oorlede Oubaas sê—Oorlede Oubaas, wat dáár lê,Dáár onder die begrafnis-gras:

En ek wat slaaf van jongs-af was,

Onthou oorlede Oubaas sê—

Oorlede Oubaas, wat dáár lê,

Dáár onder die begrafnis-gras:

‚Pas goed op kleinbaas Jan, en houJou eerlik, Malie, as jy kan;Jou tate was ’n goeie man:Hy was vir my en myne trou’.

‚Pas goed op kleinbaas Jan, en hou

Jou eerlik, Malie, as jy kan;

Jou tate was ’n goeie man:

Hy was vir my en myne trou’.

En ekke hier, wat kleinbaas JanGeabba het en perdgery—Sal ek as vuilgoed agterbly,Om hier te lewe soos ek kan?

En ekke hier, wat kleinbaas Jan

Geabba het en perdgery—

Sal ek as vuilgoed agterbly,

Om hier te lewe soos ek kan?

Oorlede Oubaas het gegeeSy woord aan hier ou Malie: ‚HouJou soos jou pa-goed, eerlik, trou,En pas op kleinbaas.’—Ek trek mee!

Oorlede Oubaas het gegee

Sy woord aan hier ou Malie: ‚Hou

Jou soos jou pa-goed, eerlik, trou,

En pas op kleinbaas.’—Ek trek mee!

En hier’s Regina, wat kan staanGetuie van die waarheid! SêVir ons wat wil die Oubaas hê:Ons swartgoed—moet ons bly of gaan?”

En hier’s Regina, wat kan staan

Getuie van die waarheid! Sê

Vir ons wat wil die Oubaas hê:

Ons swartgoed—moet ons bly of gaan?”

En ou Regina antwoord: „Nee,Wat Malie sê, is eerlik waar.Ek werk vir Ounooi twintig jaar—Ek bly nie agter: ek trek mee.”

En ou Regina antwoord: „Nee,

Wat Malie sê, is eerlik waar.

Ek werk vir Ounooi twintig jaar—

Ek bly nie agter: ek trek mee.”

. . . . . . . . . . .

. . . . . . . . . . .

Die pòndok-vuur is uitgebrand;En oud en jong lê vas aan slaapAs teen die maan die honde gaapEn duisendpote roer die sand.

Die pòndok-vuur is uitgebrand;

En oud en jong lê vas aan slaap

As teen die maan die honde gaap

En duisendpote roer die sand.

O Liefdetrou, wat stand nòg kleurTot enge kleinheid wil beperk,Maar wat, deur weldaadsmag gesterk,In offerande plig bespeur,

O Liefdetrou, wat stand nòg kleur

Tot enge kleinheid wil beperk,

Maar wat, deur weldaadsmag gesterk,

In offerande plig bespeur,

Nie minste teken van jou magIs hierdie swartvolk wat jou eer,En, slawe vroeër, nou vry, begeer’n Deel van wat die Trekkers wag.

Nie minste teken van jou mag

Is hierdie swartvolk wat jou eer,

En, slawe vroeër, nou vry, begeer

’n Deel van wat die Trekkers wag.

Back to IndexNext