LIV.
O Golgotha, in Godsnaam dek jou droefMet rou van winterse wind-verwoeste grasWaardeur die son-vergrysde bene wasTot wit ivoor wat skitter teen die grys—Dooi bene soos die ou profeetBespeur het in die doodsvallei,Wat eens miskien weer lewe kryEn krag om smarte te vergeet.Pronk nie daarmee, maar dek jou droefTeen daglig wat geheime wys,Teen sterreskyn wat moord ontdek,En teen die wind wat wraak kan wek—Teen lewendige oë wat bespeur,O Golgotha, bedek jou treur!

O Golgotha, in Godsnaam dek jou droef
Met rou van winterse wind-verwoeste gras
Waardeur die son-vergrysde bene was
Tot wit ivoor wat skitter teen die grys—
Dooi bene soos die ou profeet
Bespeur het in die doodsvallei,
Wat eens miskien weer lewe kry
En krag om smarte te vergeet.
Pronk nie daarmee, maar dek jou droef
Teen daglig wat geheime wys,
Teen sterreskyn wat moord ontdek,
En teen die wind wat wraak kan wek—
Teen lewendige oë wat bespeur,
O Golgotha, bedek jou treur!