LXX.

LXX.

Ek kyk deur skadu-lane na die dae wat nog sal wees,En my oë is vol met trane, en my siel is siek van vrees.Ek sien ’n veld vol lyke; ek hoor ’n donder dreun—Die arme teen die ryke, wat worstel, stoei en steun.Die goud wink oor die velde, die sonskyn laat hom glim;Wat afstam van die helde, verdwaal en volg ’n skim.Die wit-gevlerkte engel soek angstig na ’n skuilDeur swarte rawe omsingel, wat tier en kraai en huil;Die reuse van die aarde met salwende woord bedrieg;En waarheid ken geen waarde waar elkeen veins en lieg;Geregtigheid belaster en onreg opgekraam,En ridderplig verbaster onder ’n nuwe naam.Ek sien in broedertwiste ’n trotse huis verdeel,En snode heidenliste waarmee die mensdom speel;Verraad en ontrou wemel, en mense-trou is weg,En elkeen roep die hemel getuie dat hy vegVir reinste, skoonste doele, vir vryheid, God en land,As in die modderpoele hy worstel met verstand.Die sterre skyn in vrede en kyk op aarde neer,Die woelige ou Verlede sien laggend alles weer—Sy skande en sy smarte, sy haat van mens teen mens,Sy boos-besielde harte vol wreedheid onbegrens.Ek sien die land in puine, die volk van vreug gespeen,Lang grafte op die duine waar sag die seewind ween,Die koningvelde gragte, die veld ’n Golgotha,Onmenselike kragte wat offerande vra.

Ek kyk deur skadu-lane na die dae wat nog sal wees,

En my oë is vol met trane, en my siel is siek van vrees.

Ek sien ’n veld vol lyke; ek hoor ’n donder dreun—

Die arme teen die ryke, wat worstel, stoei en steun.

Die goud wink oor die velde, die sonskyn laat hom glim;

Wat afstam van die helde, verdwaal en volg ’n skim.

Die wit-gevlerkte engel soek angstig na ’n skuil

Deur swarte rawe omsingel, wat tier en kraai en huil;

Die reuse van die aarde met salwende woord bedrieg;

En waarheid ken geen waarde waar elkeen veins en lieg;

Geregtigheid belaster en onreg opgekraam,

En ridderplig verbaster onder ’n nuwe naam.

Ek sien in broedertwiste ’n trotse huis verdeel,

En snode heidenliste waarmee die mensdom speel;

Verraad en ontrou wemel, en mense-trou is weg,

En elkeen roep die hemel getuie dat hy veg

Vir reinste, skoonste doele, vir vryheid, God en land,

As in die modderpoele hy worstel met verstand.

Die sterre skyn in vrede en kyk op aarde neer,

Die woelige ou Verlede sien laggend alles weer—

Sy skande en sy smarte, sy haat van mens teen mens,

Sy boos-besielde harte vol wreedheid onbegrens.

Ek sien die land in puine, die volk van vreug gespeen,

Lang grafte op die duine waar sag die seewind ween,

Die koningvelde gragte, die veld ’n Golgotha,

Onmenselike kragte wat offerande vra.

Back to IndexNext