X.

X.

Ek wag hom in my kamer waar ek woonMet smart, wat siekte seerder maak, as maat;Ek wag hom sonder haat,En sonder afguns, want ek weet my loonSal hy betaal tot op die laaste toe;En hoeSal loon my toekom—doodsloon wat ek winDeur harde lewenswerk, dag uit, dag in,En deur die bange nagte—as ek nieVooruit akkoord gemaak het met sy magVir dit of dat?Is gans my siel van lig en lewe satEn smagtend na sy rus,Wat droomloos, ongestoor, my siel sal kus—Soos ’n groot, stil, swart seekoegat wat sagDie droë, dooie blare van die boomWat oor die water droom,Op sy deur-wind-gerimpelde vlakte sus,Oneindig op en neer,Oneindig heen en weer,Totdat die droë, dooie blare sink,Verrot, vergaan, vermink,Weg in die water, wat hul krag sal losOm krag opnuut te skenk aan struik en bosWat deur die water nuwe lewe kry?Ook so met my.Die dood sal my beloning gun. Sy kragSal myne insluk om daarvan te geeHernude krag en onbereikb’re vree,Waarteen die donker van die swartste nag,Die sterkste vyand, en die stoutste vrees,Nie meer kan seëvier nie; en my geesSal amen sê as eind’lik ek moet hoorDie oproep: „Dit is tyd! Kom, eer jou siel versmoor!”Ek wag hom op die veld waar lente prykIn volle rykdom van verdubbelde groen;Waar koel die môre-wind die vlaktes soen,Voordat die blou bereikSy dagtriomf van teerste malagiet,Waardeur die strale skietTot op die suiwer prag van blomme en gras.Dit was vir my—dit was’n Koningsland belaai met koningsprag.Die blye sonskyn en die louter ligWat vlam op my gesig;Die liewe, wilde, opgesnuifde kragVan geure-wierook oor die hele vlei;Die ruik van heuning orals uitgesprei;Die argloos-weeld’rig lewe-worst’ling hierWaar alles hoogty vier;Die bor’lend-propvol kleurgevlekte glansTeen elke bult en krans,Was myne, myne! Wat my siel kon hou,Was vir my! En ek wouDit alles herberg gee hier in my hart,In kamers toe nog net bewoon deur smart.Ek wou dit burgerreg verleen—Òf alles òf maar eenDaarvan, sover ek kon; en dan tevredeWas ek met gister en met hede—Tevrede om te wag totdat hy sê:„Jy het genoeg geniet. Wat hierso lê,Is maar die skadu van wat ginds verrys.Ek sal jou wondere wysWaarby jou hede niks is. Kom met myEn proe die rykdom wat jou siel hiernamaals kry.”Ek wag hom waar nòg vrind nòg vyand vraMy siel om liefde of liefdelose haat;Waar, wat ek ook moet dra—Òf haat òf liefde—, net maar woorde isWaarmee my hart nie twisOf oorlog maak nie, as van goed en kwaadEk onbewus en onverskillig neemWat ek as mens geregtig is te erfVan lewenslus voordat my siel versterf—Voordat, van vreug vervreem,Wat siel is in my sugtend, eensaam staan,En huiwerig vir ’n onheil onbekendVer in ’n sterlose, onbegrensde nag,Waar kille koue slaanTeen my van elke kant waar ek my wendOm steun te vinde vir verstikte krag.Groet God, en gee die lewe wat verlengWord tot daar nie meer lewe is nie, prysVir iets wat groter skyn—die gees wat mengMet elke gees, onskuldig, of bedekMet vuilnis wat die fierste roem bevlek,Tot liefde volle vergifnis eis.So wag ek hom totdat hy eenmaal winkEn vrindelik, of met vyandskap, my handIn syne gryp, en, as my son versink,My wegruk na die veraf dodeland,En langs die pad my aflei waar voorheenKind, koningskind, en koning, op sy tydGewandel het, en leenMy sterkte as ek stap; en ek, gewyAan hom, sal seën vinde as ek staanOmring deur algar wat voorheen gegaan,Voorheen geworstel het, en aan hom geeAlles wat hier op aard my siel ontroof van vree.Ek wag hom waar die vreedsame gesinSy dagelikse gang geduldig gaan;Waar huiselike vlyt en deugde win’n Vrede ruim genoeg vir eenWat wyer roem versmaadEn bo oorwinning kies ’n vredeseën.En waar die liefde wat nòg woord nòg daadVerag om louter liefde te betoonAan wat hy liefhet, woon.Hier voor die ope huisdeur, waar die windDie vrolike weergalm bringVan veraf veldkanaries, bly-gesind,Wat met die klaaglied van die kwê-voël mingEn met die dowwe gons wat brombye maak,Hier besig met hul taakVan blom tot blom, waar die seringboom strooi’n Bont tapyt die grond oor, en die hooiSy heuninggeur die wêreld vrylik skink—Hier waar die sonskyn blinkOp wasige druiwe wat die ou priëelSe rankende wynstokstamme jaarliks teel—Hier wag ek hom, vergrys, miskien, en lam,My lewensvonk verdoof, om nooit tot vlamWeer op te vlieg nie; of nog sterk en fris,Met liggaam en gees wat niks nie mis,Met planne vir die toekoms, fondamenteWaarop paleise nog gebou moet word,Met liefde en genot nog uit op rente,En meer daarby, ryk as ’n man kan wees,Strydlustig, met die lendene omgord.Weet ek hy kom, of weet ek nie—dis een.Vir kennis of geen kennis, sal ek vrees?Vir iets wat welkom is, en wat as seënMy voorkop kus as in die skemerligDie Dood my eind’lik groet, gesig teen my gesig?

Ek wag hom in my kamer waar ek woonMet smart, wat siekte seerder maak, as maat;Ek wag hom sonder haat,En sonder afguns, want ek weet my loonSal hy betaal tot op die laaste toe;En hoeSal loon my toekom—doodsloon wat ek winDeur harde lewenswerk, dag uit, dag in,En deur die bange nagte—as ek nieVooruit akkoord gemaak het met sy magVir dit of dat?Is gans my siel van lig en lewe satEn smagtend na sy rus,Wat droomloos, ongestoor, my siel sal kus—Soos ’n groot, stil, swart seekoegat wat sagDie droë, dooie blare van die boomWat oor die water droom,Op sy deur-wind-gerimpelde vlakte sus,Oneindig op en neer,Oneindig heen en weer,

Ek wag hom in my kamer waar ek woon

Met smart, wat siekte seerder maak, as maat;

Ek wag hom sonder haat,

En sonder afguns, want ek weet my loon

Sal hy betaal tot op die laaste toe;

En hoe

Sal loon my toekom—doodsloon wat ek win

Deur harde lewenswerk, dag uit, dag in,

En deur die bange nagte—as ek nie

Vooruit akkoord gemaak het met sy mag

Vir dit of dat?

Is gans my siel van lig en lewe sat

En smagtend na sy rus,

Wat droomloos, ongestoor, my siel sal kus—

Soos ’n groot, stil, swart seekoegat wat sag

Die droë, dooie blare van die boom

Wat oor die water droom,

Op sy deur-wind-gerimpelde vlakte sus,

Oneindig op en neer,

Oneindig heen en weer,

Totdat die droë, dooie blare sink,Verrot, vergaan, vermink,Weg in die water, wat hul krag sal losOm krag opnuut te skenk aan struik en bosWat deur die water nuwe lewe kry?Ook so met my.Die dood sal my beloning gun. Sy kragSal myne insluk om daarvan te geeHernude krag en onbereikb’re vree,Waarteen die donker van die swartste nag,Die sterkste vyand, en die stoutste vrees,Nie meer kan seëvier nie; en my geesSal amen sê as eind’lik ek moet hoorDie oproep: „Dit is tyd! Kom, eer jou siel versmoor!”

Totdat die droë, dooie blare sink,

Verrot, vergaan, vermink,

Weg in die water, wat hul krag sal los

Om krag opnuut te skenk aan struik en bos

Wat deur die water nuwe lewe kry?

Ook so met my.

Die dood sal my beloning gun. Sy krag

Sal myne insluk om daarvan te gee

Hernude krag en onbereikb’re vree,

Waarteen die donker van die swartste nag,

Die sterkste vyand, en die stoutste vrees,

Nie meer kan seëvier nie; en my gees

Sal amen sê as eind’lik ek moet hoor

Die oproep: „Dit is tyd! Kom, eer jou siel versmoor!”

Ek wag hom op die veld waar lente prykIn volle rykdom van verdubbelde groen;Waar koel die môre-wind die vlaktes soen,Voordat die blou bereikSy dagtriomf van teerste malagiet,Waardeur die strale skietTot op die suiwer prag van blomme en gras.Dit was vir my—dit was’n Koningsland belaai met koningsprag.Die blye sonskyn en die louter ligWat vlam op my gesig;Die liewe, wilde, opgesnuifde kragVan geure-wierook oor die hele vlei;Die ruik van heuning orals uitgesprei;Die argloos-weeld’rig lewe-worst’ling hierWaar alles hoogty vier;Die bor’lend-propvol kleurgevlekte glansTeen elke bult en krans,Was myne, myne! Wat my siel kon hou,Was vir my! En ek wouDit alles herberg gee hier in my hart,In kamers toe nog net bewoon deur smart.Ek wou dit burgerreg verleen—Òf alles òf maar eenDaarvan, sover ek kon; en dan tevredeWas ek met gister en met hede—Tevrede om te wag totdat hy sê:„Jy het genoeg geniet. Wat hierso lê,Is maar die skadu van wat ginds verrys.Ek sal jou wondere wysWaarby jou hede niks is. Kom met myEn proe die rykdom wat jou siel hiernamaals kry.”

Ek wag hom op die veld waar lente pryk

In volle rykdom van verdubbelde groen;

Waar koel die môre-wind die vlaktes soen,

Voordat die blou bereik

Sy dagtriomf van teerste malagiet,

Waardeur die strale skiet

Tot op die suiwer prag van blomme en gras.

Dit was vir my—dit was

’n Koningsland belaai met koningsprag.

Die blye sonskyn en die louter lig

Wat vlam op my gesig;

Die liewe, wilde, opgesnuifde krag

Van geure-wierook oor die hele vlei;

Die ruik van heuning orals uitgesprei;

Die argloos-weeld’rig lewe-worst’ling hier

Waar alles hoogty vier;

Die bor’lend-propvol kleurgevlekte glans

Teen elke bult en krans,

Was myne, myne! Wat my siel kon hou,

Was vir my! En ek wou

Dit alles herberg gee hier in my hart,

In kamers toe nog net bewoon deur smart.

Ek wou dit burgerreg verleen—

Òf alles òf maar een

Daarvan, sover ek kon; en dan tevrede

Was ek met gister en met hede—

Tevrede om te wag totdat hy sê:

„Jy het genoeg geniet. Wat hierso lê,

Is maar die skadu van wat ginds verrys.

Ek sal jou wondere wys

Waarby jou hede niks is. Kom met my

En proe die rykdom wat jou siel hiernamaals kry.”

Ek wag hom waar nòg vrind nòg vyand vraMy siel om liefde of liefdelose haat;Waar, wat ek ook moet dra—Òf haat òf liefde—, net maar woorde isWaarmee my hart nie twisOf oorlog maak nie, as van goed en kwaadEk onbewus en onverskillig neemWat ek as mens geregtig is te erfVan lewenslus voordat my siel versterf—Voordat, van vreug vervreem,Wat siel is in my sugtend, eensaam staan,En huiwerig vir ’n onheil onbekendVer in ’n sterlose, onbegrensde nag,Waar kille koue slaanTeen my van elke kant waar ek my wendOm steun te vinde vir verstikte krag.Groet God, en gee die lewe wat verlengWord tot daar nie meer lewe is nie, prysVir iets wat groter skyn—die gees wat mengMet elke gees, onskuldig, of bedekMet vuilnis wat die fierste roem bevlek,Tot liefde volle vergifnis eis.So wag ek hom totdat hy eenmaal winkEn vrindelik, of met vyandskap, my handIn syne gryp, en, as my son versink,My wegruk na die veraf dodeland,En langs die pad my aflei waar voorheenKind, koningskind, en koning, op sy tydGewandel het, en leenMy sterkte as ek stap; en ek, gewyAan hom, sal seën vinde as ek staanOmring deur algar wat voorheen gegaan,Voorheen geworstel het, en aan hom geeAlles wat hier op aard my siel ontroof van vree.

Ek wag hom waar nòg vrind nòg vyand vra

My siel om liefde of liefdelose haat;

Waar, wat ek ook moet dra—

Òf haat òf liefde—, net maar woorde is

Waarmee my hart nie twis

Of oorlog maak nie, as van goed en kwaad

Ek onbewus en onverskillig neem

Wat ek as mens geregtig is te erf

Van lewenslus voordat my siel versterf—

Voordat, van vreug vervreem,

Wat siel is in my sugtend, eensaam staan,

En huiwerig vir ’n onheil onbekend

Ver in ’n sterlose, onbegrensde nag,

Waar kille koue slaan

Teen my van elke kant waar ek my wend

Om steun te vinde vir verstikte krag.

Groet God, en gee die lewe wat verleng

Word tot daar nie meer lewe is nie, prys

Vir iets wat groter skyn—die gees wat meng

Met elke gees, onskuldig, of bedek

Met vuilnis wat die fierste roem bevlek,

Tot liefde volle vergifnis eis.

So wag ek hom totdat hy eenmaal wink

En vrindelik, of met vyandskap, my hand

In syne gryp, en, as my son versink,

My wegruk na die veraf dodeland,

En langs die pad my aflei waar voorheen

Kind, koningskind, en koning, op sy tyd

Gewandel het, en leen

My sterkte as ek stap; en ek, gewy

Aan hom, sal seën vinde as ek staan

Omring deur algar wat voorheen gegaan,

Voorheen geworstel het, en aan hom gee

Alles wat hier op aard my siel ontroof van vree.

Ek wag hom waar die vreedsame gesinSy dagelikse gang geduldig gaan;Waar huiselike vlyt en deugde win’n Vrede ruim genoeg vir eenWat wyer roem versmaadEn bo oorwinning kies ’n vredeseën.En waar die liefde wat nòg woord nòg daadVerag om louter liefde te betoonAan wat hy liefhet, woon.Hier voor die ope huisdeur, waar die windDie vrolike weergalm bringVan veraf veldkanaries, bly-gesind,Wat met die klaaglied van die kwê-voël mingEn met die dowwe gons wat brombye maak,Hier besig met hul taakVan blom tot blom, waar die seringboom strooi’n Bont tapyt die grond oor, en die hooiSy heuninggeur die wêreld vrylik skink—Hier waar die sonskyn blinkOp wasige druiwe wat die ou priëelSe rankende wynstokstamme jaarliks teel—Hier wag ek hom, vergrys, miskien, en lam,My lewensvonk verdoof, om nooit tot vlamWeer op te vlieg nie; of nog sterk en fris,Met liggaam en gees wat niks nie mis,Met planne vir die toekoms, fondamenteWaarop paleise nog gebou moet word,Met liefde en genot nog uit op rente,En meer daarby, ryk as ’n man kan wees,Strydlustig, met die lendene omgord.Weet ek hy kom, of weet ek nie—dis een.Vir kennis of geen kennis, sal ek vrees?Vir iets wat welkom is, en wat as seënMy voorkop kus as in die skemerligDie Dood my eind’lik groet, gesig teen my gesig?

Ek wag hom waar die vreedsame gesin

Sy dagelikse gang geduldig gaan;

Waar huiselike vlyt en deugde win

’n Vrede ruim genoeg vir een

Wat wyer roem versmaad

En bo oorwinning kies ’n vredeseën.

En waar die liefde wat nòg woord nòg daad

Verag om louter liefde te betoon

Aan wat hy liefhet, woon.

Hier voor die ope huisdeur, waar die wind

Die vrolike weergalm bring

Van veraf veldkanaries, bly-gesind,

Wat met die klaaglied van die kwê-voël ming

En met die dowwe gons wat brombye maak,

Hier besig met hul taak

Van blom tot blom, waar die seringboom strooi

’n Bont tapyt die grond oor, en die hooi

Sy heuninggeur die wêreld vrylik skink—

Hier waar die sonskyn blink

Op wasige druiwe wat die ou priëel

Se rankende wynstokstamme jaarliks teel—

Hier wag ek hom, vergrys, miskien, en lam,

My lewensvonk verdoof, om nooit tot vlam

Weer op te vlieg nie; of nog sterk en fris,

Met liggaam en gees wat niks nie mis,

Met planne vir die toekoms, fondamente

Waarop paleise nog gebou moet word,

Met liefde en genot nog uit op rente,

En meer daarby, ryk as ’n man kan wees,

Strydlustig, met die lendene omgord.

Weet ek hy kom, of weet ek nie—dis een.

Vir kennis of geen kennis, sal ek vrees?

Vir iets wat welkom is, en wat as seën

My voorkop kus as in die skemerlig

Die Dood my eind’lik groet, gesig teen my gesig?

Back to IndexNext