XLI.

XLI.

Swart, sonder ster, is die nag; gou goud waar die weerlig skiet;Bliksem blink soos die gloed wat die môreskemer oes;Rondom die kriekie-koor, en die groot bulpaddas blafBokant die slingerpad waar die veld die vlei begroet—Eentonige staatsie-sang geërwe die jare deur,Geleer van wind en reën, van die donder wat dreun en kraak,Gesing in die donker nag as die sterre slaap, versluierDeur die dik gordyn van wolke waaronder die weerlig skuil;Nog donkerder die berge en die klowe groen en swart,Met die digte groei van bosse, waaronder die mamba woon;En donker-swart die veld wat boontoe loop en af,Eentonig op en af, in sagte bult en kloof;En nêrens ’n ster wat glim, en nêrens die maan wat skyn!’n Harde donkernag, ’n somernag vol reën,En swanger tot barensnood met die onweer wat moet kom,Met die blits wat breek en spat en skitter en skok en skuim,Van wolk tot wolk loop speel, en orals die wolke spoelMet ligtelaaie vlam en vonke van ligter goud.Die harde donder kraak met bulderende, bewende stoot,En rond omringende klank wat ver in die verte klink.En doodgaan soos ’n man wat hard sy dood bevegMet roggel en sug en klag wat eind’lik sag verkwyn,In swarte sagte vree wat die stilte stiller maak.

Swart, sonder ster, is die nag; gou goud waar die weerlig skiet;

Bliksem blink soos die gloed wat die môreskemer oes;

Rondom die kriekie-koor, en die groot bulpaddas blaf

Bokant die slingerpad waar die veld die vlei begroet—

Eentonige staatsie-sang geërwe die jare deur,

Geleer van wind en reën, van die donder wat dreun en kraak,

Gesing in die donker nag as die sterre slaap, versluier

Deur die dik gordyn van wolke waaronder die weerlig skuil;

Nog donkerder die berge en die klowe groen en swart,

Met die digte groei van bosse, waaronder die mamba woon;

En donker-swart die veld wat boontoe loop en af,

Eentonig op en af, in sagte bult en kloof;

En nêrens ’n ster wat glim, en nêrens die maan wat skyn!

’n Harde donkernag, ’n somernag vol reën,

En swanger tot barensnood met die onweer wat moet kom,

Met die blits wat breek en spat en skitter en skok en skuim,

Van wolk tot wolk loop speel, en orals die wolke spoel

Met ligtelaaie vlam en vonke van ligter goud.

Die harde donder kraak met bulderende, bewende stoot,

En rond omringende klank wat ver in die verte klink.

En doodgaan soos ’n man wat hard sy dood beveg

Met roggel en sug en klag wat eind’lik sag verkwyn,

In swarte sagte vree wat die stilte stiller maak.

Back to IndexNext