XXII.

XXII.

Dis gevoed deur ’n gloed van sonneskyn,En verwarm deur die strale van goud;Dit was nimmer jonk, maar al oud en oudIn sy dag van geboortepyn.Dit was sterk vir die werk, was daar werk voor die hand;Dit was stadig, bestendig en vas;Dit was dapper genoeg om die swaarste lasTe dra met geduld en verstand.As die droefnis te straf was, die donker te swart,Was dit hoopvol, vertrouend en taai.Met die os ingespan en die voorkis gelaai,Was daar moed in die Voortrekker-hart.Die veld is oneindig, die vlakte só wyd,En die Toekoms lê duister daarvoor;Op die veld en die vlakte, daar gaan sy spoorGetrap in die dae van stryd.En die worstel en woel het hom taaier gemaak,Om te ly, om te beur en te dra,Om nimmer te huil nie, om nimmer te kla,Om hoopvol te werk en te waak.Maar die yster het diep in die hart ingeslaanEn sy merke daar agtergelaat—En die diepste merk is ’n merk van haatWat die Liefde alleen verstaan.

Dis gevoed deur ’n gloed van sonneskyn,En verwarm deur die strale van goud;Dit was nimmer jonk, maar al oud en oudIn sy dag van geboortepyn.

Dis gevoed deur ’n gloed van sonneskyn,

En verwarm deur die strale van goud;

Dit was nimmer jonk, maar al oud en oud

In sy dag van geboortepyn.

Dit was sterk vir die werk, was daar werk voor die hand;Dit was stadig, bestendig en vas;Dit was dapper genoeg om die swaarste lasTe dra met geduld en verstand.

Dit was sterk vir die werk, was daar werk voor die hand;

Dit was stadig, bestendig en vas;

Dit was dapper genoeg om die swaarste las

Te dra met geduld en verstand.

As die droefnis te straf was, die donker te swart,Was dit hoopvol, vertrouend en taai.Met die os ingespan en die voorkis gelaai,Was daar moed in die Voortrekker-hart.

As die droefnis te straf was, die donker te swart,

Was dit hoopvol, vertrouend en taai.

Met die os ingespan en die voorkis gelaai,

Was daar moed in die Voortrekker-hart.

Die veld is oneindig, die vlakte só wyd,En die Toekoms lê duister daarvoor;Op die veld en die vlakte, daar gaan sy spoorGetrap in die dae van stryd.

Die veld is oneindig, die vlakte só wyd,

En die Toekoms lê duister daarvoor;

Op die veld en die vlakte, daar gaan sy spoor

Getrap in die dae van stryd.

En die worstel en woel het hom taaier gemaak,Om te ly, om te beur en te dra,Om nimmer te huil nie, om nimmer te kla,Om hoopvol te werk en te waak.

En die worstel en woel het hom taaier gemaak,

Om te ly, om te beur en te dra,

Om nimmer te huil nie, om nimmer te kla,

Om hoopvol te werk en te waak.

Maar die yster het diep in die hart ingeslaanEn sy merke daar agtergelaat—En die diepste merk is ’n merk van haatWat die Liefde alleen verstaan.

Maar die yster het diep in die hart ingeslaan

En sy merke daar agtergelaat—

En die diepste merk is ’n merk van haat

Wat die Liefde alleen verstaan.

Back to IndexNext