XXVI.

XXVI.WOLRAAD WOLTEMADE.

WOLRAAD WOLTEMADE.

Nou ja, jul wil ’n storie hê!Wees stil dan, kinders—tjoepstil, hoor!Ek sal vir julle ’n storie sê—’n Ware storie van ons land.Julle is al groot en het verstandEn sal Oom nie met gekskeer stoor.Want luister! Wat ek nou vertel,Is iets wat ons geslag moet weet—Iets waarop nooit ’n mens kan skel,Wat julle kinders moet onthou—Veral in so’n tyd soos nouAs alles somar word vergeet.Sy naam was Woltemade—ja,Onthou die man se naam maar goed!As iemand later vir jou vra:„Hoe heet dié kêrel weer, ou boet?”Sê: „Wolraad Woltemade, man,Het so sy lewe uitgespan.”Ek het op daardie strand gestaanWaarteen die see so gulsig stry;En bowe het die dowwe maanSy half verstikte glans verspreiOor geel en goud en perlemoen—Daar het ’n held sy plig gedoen.Ons het so baie helde nieDat ons daar een van op kan gee—Veral ’n man so groot as dié,Wat deur sy lewe daardie seeGekoop het en homself as pandGegee het vir ons váderstrand.As oor jou kop die koeëls gonsEn om jou heen die slagveld kraak,En kruit en stof en rook ’n donsOor jou en al jou maters maak,Dan kan jy lig die bobaas speelEn jou ’n egte held verbeel.Wat dink jy aan die Toekoms dan?Wat steur jy jou aan Klaas of Piet?Jan Rap se maat staan selfs sy manAs Kaffers blaas en Finghoes skiet.Met Kaffers, Finghoes, Makketees—Dis maklik om ’n held te wees.Maar as dit in jou rustyd kom,As oor die see ’n stormwind waai,As teen die strand die branders bromEn selfs die vaste rotse swaai,’n Pikswart nag die wêreld oor—Dan is die saak wat anders, hoor!Dan moet jy waarlik dapper wees,Tot in jou murg, tot in jou siel,Om sonder sidder, sonder vrees,Jou eie skouers teen die wielWat in die modder sit, te beurEn sonder hulp te trek daardeur.Dan gaat dit amper net so hard,So opdraand as ’n mens dit kryWat in die wêreld staan apartEn moedersiel alleen opsyDie skorriemorrie teen hom het—Dan is om held te wees geen pret.Maar tog, ek stel die mens daarbo—Ja bo Jan Rap se maat of PietWat net aan heldedade gloAs Kaffers blaas en Finghoes skiet;Hy is ’n egte held wat weetGevare wat Jan Rap vergeet.Dis lankal gelede, al lank, en die jaar en die dag—nou jaDis tog nie so veel van belang, die datum, die dag en die jaar—Maar goed, dit was voor jou geboorte, Jan Spens; en as jy my nou vraHoe lank vóór, dan sê ek ek weet nie—jy moet my maar glo, want dis waar.Jan Kompanjie was toe ons bobaas; die Engelsman was nog nie hier;En Soutrivier—ag dis so lankal—was regtig ’n waterrivier.En bo in ou Papendorpstrate het deftige ooms geflankeerEn sedig en statig gesanik oor handel, die huis, en die weer.Hoe bont was dit in die ou dae! Jou broek was van blougroen ferweel,Jou hoed was so groot soos ’n emmer; jou baadjie soos kerrie so geel;Die aias was algar uit Indië; die tee was ’n egte Sjinees;En Malie se volkies was algar, soos Malie, nog slafies gewees;En oor die ou driemaste-skepe het nog die ou driekleur gewaai.Net een is nou nog soos hy toe was—dit is die ou blouwaterbaai.Genoeg dat jul weet dit was anders.—Nou goed. Op ’n aand in die jaarToe het dit geblits en gedonder—’n mens word daar amper van naar.En daar in die baai het die branders, so hoog soos ’n mied ná die oes,Die hele boel skepe en skuitjies getakel en byna verwoes.En vlak in die see was ’n seilskip—Jong Thomas, ek glo, was sy naam—Gestrand op ’n rots onder water, deur kranse van water omraam.Toe was daar ’n nare bohasie; die mense die maak ’n lawaai—En reg ook: die ou Jong Thomas was propvol met mense gelaai.En groot was die skeur in sy voorkant—so groot dat hy netnou moes sink;En kom daar geen hulp vir die mense, dan moet man en muis maar verdrink.Die Jong Thomas was ’n skipSolied van bou, met elke ribGespyker vas en dig geteerOm see se terge te trotseer,Wat sonder skroom van oos na wes,Van noord tot suid deur elke bresVan brander of van seegolf springEn al sy mense veilig bringNet na die plek waar hul moet wees—’n Skip wat sonder sku of vreesAl baie male deur die seeGeseil het met sy mense mee.’n Skip is soos ’n mens: sy leweIs hom vir ewig nie gegewe,En eenmaal kom ’n dag of nagWanneer die dood sy aandeel wag.Ons is nie op die wêreld hierNet soos ’n muggie of ’n mier,Waarop geen mens ooit agting stel,Waaroor geen siel hom ooit sal kwel.Die mier of muggie is vir onsNet maar ’n goggatjie wat gons—’n Korreltjie wat lewendigRondspartel in die skemerligEn oorkruip oor die steilste rand—Die afgrond van ’n greintjie sand.En vir die see is elke skip’n Kleinigheid; en elke klip—Die kleinste ook—kan in die seeVir elke skip ’n doodsteek gee.Hoor hoe die donder kraakEn die weerklank dreun oor die see!Hoor, daar’s ’n stem tussen hael en reën!Hoor hoe die mense skree!Help! Daar is vyftig meer—Help! En ’n kind daarby!Is dit ’n vrou se stem wat klink,Of net die gekreun van die wind wat drinkWater en hael as ’n blitsstraal blinkAs dit wolke en water sny?Hoor jy nie, man, hoe die mense kermEn hoe die arm goed gaan te keer?Wie van ons, wie, sal hul nou beskerm?Hier op die strand waar die see so stoom—Hier, wie is hier wat sy hand sal reik?Algar die mense die staan en kyk.Daardie een bidde, want hy is vroom;Hierdie een vloek, want hy weet nie raad.Wie sal gaan help? Daar’s kans vir jou—Jy wat so dapper is, jy wat houSo baie oordag van ’n heldedaad.Niemand.. Dit is mos die Heer se wil....Wat kan ons maak? Daar’s niemand klaar.Hoog slaat die see, en ons weet dis waar:Iemand wat waag, dié loop gevaarNooit weer t’rug na die strand te komAnders as lyk as die see weer stilBlou en groen en slaperig is.Nou is dit steeks, en dit gaap en gis.’n Man is ’n mens en mos nie ’n vis—En ’n vis moet hy wees of ’n voël wat vlie,Om deur te kom na die mense daar.Wie sal dit waag? Kom sê dit, wie?Wie is vir doodgaan kant en klaar?Jy nie wat bidde, al is jy vroom;Jy nie wat vloek nie: jy is te laf.Ja, as dit mooi weer is, dan blafAl die keffertjies rondom oom.Nou is dit storm, en ’n mens moet dinkNie aan homself, maar aan kind en vrou.Jy is nie klaar nie: dis niks vir jouAs hier in die water ’n mens verdrink!Niemand sal gaan nie.. Maar wag, daar linksKom Wolraad aan op sy skimmelhings.Vorentoe, vorentoe, strand-toe, strand-toe,Bollemakiesie die branders oor!Vorentoe, vorentoe, land-toe, land-toe,Amper verdrink, en half versmoor!Die water suis, en gis en bruis,Die blits vlam oor die see,Die lang seebamboes buie en breek,Die wilde branders slaat en steek,Die woeste wind speel mee.Groen, donkergroen soos skemergroenNog voor die sterre blink,Of soos die varkblomloof geboenDeur dou wat dagbreek skink—Blou donkerblou, soos wolke-blouWaarin die donder stoom,Of soos diep water in ’n kloofWaar nag nog altyd droom—Só is die see tot aan die lynWaar see en lug kom trou,Hieronder donkerblou en groen,Daarbowe groen en blou.En as die wolke swig, dan breekDie slinger-bliksem los,En see en hemel word ineensIn goud en glans gedos.En oor die kraak van branders knalDie donder oor die see,Tot Tafelberg se kranse dreunEn Duiwelskop dreun mee.Die laaste af! Die mense roep:„Daar is nog ander daar!”Die water dreig, die skimmel hyg—Wie trots die doodsgevaar?Nie jy wat praat, nie jy wat bid,Nie jy wat staan en bewe!Dis Wolraad weer wat nog ’n keerDie Dood se woeste mag trotseerMet wat hy het—sy lewe.Kom op, ou skimmelhings, kom op!Nog eenmaal deur die see!Nog een gered, dan kan jy rus!Nog eenmaal deur die see!Die buikgord vaster vasgetrek—Dan weer die branders in,Die skuim en seegras deurgeswemOm vorentoe te win.Die hoë branders deur, ou maat,Swem skip-toe, skimmel, swem!Daar in die verte by die skip,Daar klink ’n vrou se stem.Dis pikswart donker oor die see;Die wind die gaan te keer;’n Bliksemstraal maak silwer-blinkDie bokant—daar ’s hy weer!—En dan weer in die donker weg.Ons hou ons asem; ag,Van hings en ruiter niks te sien,En orals net die nag!Maar weer ’n bliksemstraal se ligWys Wolraad by die skip:Ons hoor hom roep: „Net een maar, een!”Nog voor die lig verglip.’n Sarsie uit die wolke barsEn dreun die wêreld deur;Die weerlig verf die hele baaiMet goud- en silwerkleur.’n Tikkie tyd wat ure skyn,Genoeg om te gewaarHoe om die held die mense woel,Hoe oor die skip die branders spoel,Hoe ná die doodsgevaar.Maar ag, die dof lantêrenskynWord deur die see geblus,En skip en skimmelhings verdwynIn duister nag gesus.’n Nare tyd voor weer die blitsDie oog ’n kans kan gee—En ag, dan wys dit net die skipEn net die woeste see!Daar is geen spoor van held of hings:Die Dood het weer gewin,En lewe-gulsig oor die strandBruis weer die branders in.

Nou ja, jul wil ’n storie hê!Wees stil dan, kinders—tjoepstil, hoor!Ek sal vir julle ’n storie sê—’n Ware storie van ons land.Julle is al groot en het verstandEn sal Oom nie met gekskeer stoor.

Nou ja, jul wil ’n storie hê!

Wees stil dan, kinders—tjoepstil, hoor!

Ek sal vir julle ’n storie sê—

’n Ware storie van ons land.

Julle is al groot en het verstand

En sal Oom nie met gekskeer stoor.

Want luister! Wat ek nou vertel,Is iets wat ons geslag moet weet—Iets waarop nooit ’n mens kan skel,Wat julle kinders moet onthou—Veral in so’n tyd soos nouAs alles somar word vergeet.

Want luister! Wat ek nou vertel,

Is iets wat ons geslag moet weet—

Iets waarop nooit ’n mens kan skel,

Wat julle kinders moet onthou—

Veral in so’n tyd soos nou

As alles somar word vergeet.

Sy naam was Woltemade—ja,Onthou die man se naam maar goed!As iemand later vir jou vra:„Hoe heet dié kêrel weer, ou boet?”Sê: „Wolraad Woltemade, man,Het so sy lewe uitgespan.”

Sy naam was Woltemade—ja,

Onthou die man se naam maar goed!

As iemand later vir jou vra:

„Hoe heet dié kêrel weer, ou boet?”

Sê: „Wolraad Woltemade, man,

Het so sy lewe uitgespan.”

Ek het op daardie strand gestaanWaarteen die see so gulsig stry;En bowe het die dowwe maanSy half verstikte glans verspreiOor geel en goud en perlemoen—Daar het ’n held sy plig gedoen.

Ek het op daardie strand gestaan

Waarteen die see so gulsig stry;

En bowe het die dowwe maan

Sy half verstikte glans versprei

Oor geel en goud en perlemoen—

Daar het ’n held sy plig gedoen.

Ons het so baie helde nieDat ons daar een van op kan gee—Veral ’n man so groot as dié,Wat deur sy lewe daardie seeGekoop het en homself as pandGegee het vir ons váderstrand.

Ons het so baie helde nie

Dat ons daar een van op kan gee—

Veral ’n man so groot as dié,

Wat deur sy lewe daardie see

Gekoop het en homself as pand

Gegee het vir ons váderstrand.

As oor jou kop die koeëls gonsEn om jou heen die slagveld kraak,En kruit en stof en rook ’n donsOor jou en al jou maters maak,Dan kan jy lig die bobaas speelEn jou ’n egte held verbeel.

As oor jou kop die koeëls gons

En om jou heen die slagveld kraak,

En kruit en stof en rook ’n dons

Oor jou en al jou maters maak,

Dan kan jy lig die bobaas speel

En jou ’n egte held verbeel.

Wat dink jy aan die Toekoms dan?Wat steur jy jou aan Klaas of Piet?Jan Rap se maat staan selfs sy manAs Kaffers blaas en Finghoes skiet.Met Kaffers, Finghoes, Makketees—Dis maklik om ’n held te wees.

Wat dink jy aan die Toekoms dan?

Wat steur jy jou aan Klaas of Piet?

Jan Rap se maat staan selfs sy man

As Kaffers blaas en Finghoes skiet.

Met Kaffers, Finghoes, Makketees—

Dis maklik om ’n held te wees.

Maar as dit in jou rustyd kom,As oor die see ’n stormwind waai,As teen die strand die branders bromEn selfs die vaste rotse swaai,’n Pikswart nag die wêreld oor—Dan is die saak wat anders, hoor!

Maar as dit in jou rustyd kom,

As oor die see ’n stormwind waai,

As teen die strand die branders brom

En selfs die vaste rotse swaai,

’n Pikswart nag die wêreld oor—

Dan is die saak wat anders, hoor!

Dan moet jy waarlik dapper wees,Tot in jou murg, tot in jou siel,Om sonder sidder, sonder vrees,Jou eie skouers teen die wielWat in die modder sit, te beurEn sonder hulp te trek daardeur.

Dan moet jy waarlik dapper wees,

Tot in jou murg, tot in jou siel,

Om sonder sidder, sonder vrees,

Jou eie skouers teen die wiel

Wat in die modder sit, te beur

En sonder hulp te trek daardeur.

Dan gaat dit amper net so hard,So opdraand as ’n mens dit kryWat in die wêreld staan apartEn moedersiel alleen opsyDie skorriemorrie teen hom het—Dan is om held te wees geen pret.

Dan gaat dit amper net so hard,

So opdraand as ’n mens dit kry

Wat in die wêreld staan apart

En moedersiel alleen opsy

Die skorriemorrie teen hom het—

Dan is om held te wees geen pret.

Maar tog, ek stel die mens daarbo—Ja bo Jan Rap se maat of PietWat net aan heldedade gloAs Kaffers blaas en Finghoes skiet;Hy is ’n egte held wat weetGevare wat Jan Rap vergeet.

Maar tog, ek stel die mens daarbo—

Ja bo Jan Rap se maat of Piet

Wat net aan heldedade glo

As Kaffers blaas en Finghoes skiet;

Hy is ’n egte held wat weet

Gevare wat Jan Rap vergeet.

Dis lankal gelede, al lank, en die jaar en die dag—nou jaDis tog nie so veel van belang, die datum, die dag en die jaar—Maar goed, dit was voor jou geboorte, Jan Spens; en as jy my nou vraHoe lank vóór, dan sê ek ek weet nie—jy moet my maar glo, want dis waar.Jan Kompanjie was toe ons bobaas; die Engelsman was nog nie hier;En Soutrivier—ag dis so lankal—was regtig ’n waterrivier.En bo in ou Papendorpstrate het deftige ooms geflankeerEn sedig en statig gesanik oor handel, die huis, en die weer.Hoe bont was dit in die ou dae! Jou broek was van blougroen ferweel,Jou hoed was so groot soos ’n emmer; jou baadjie soos kerrie so geel;Die aias was algar uit Indië; die tee was ’n egte Sjinees;En Malie se volkies was algar, soos Malie, nog slafies gewees;En oor die ou driemaste-skepe het nog die ou driekleur gewaai.Net een is nou nog soos hy toe was—dit is die ou blouwaterbaai.Genoeg dat jul weet dit was anders.—Nou goed. Op ’n aand in die jaarToe het dit geblits en gedonder—’n mens word daar amper van naar.En daar in die baai het die branders, so hoog soos ’n mied ná die oes,Die hele boel skepe en skuitjies getakel en byna verwoes.En vlak in die see was ’n seilskip—Jong Thomas, ek glo, was sy naam—Gestrand op ’n rots onder water, deur kranse van water omraam.Toe was daar ’n nare bohasie; die mense die maak ’n lawaai—En reg ook: die ou Jong Thomas was propvol met mense gelaai.En groot was die skeur in sy voorkant—so groot dat hy netnou moes sink;En kom daar geen hulp vir die mense, dan moet man en muis maar verdrink.

Dis lankal gelede, al lank, en die jaar en die dag—nou ja

Dis tog nie so veel van belang, die datum, die dag en die jaar—

Maar goed, dit was voor jou geboorte, Jan Spens; en as jy my nou vra

Hoe lank vóór, dan sê ek ek weet nie—jy moet my maar glo, want dis waar.

Jan Kompanjie was toe ons bobaas; die Engelsman was nog nie hier;

En Soutrivier—ag dis so lankal—was regtig ’n waterrivier.

En bo in ou Papendorpstrate het deftige ooms geflankeer

En sedig en statig gesanik oor handel, die huis, en die weer.

Hoe bont was dit in die ou dae! Jou broek was van blougroen ferweel,

Jou hoed was so groot soos ’n emmer; jou baadjie soos kerrie so geel;

Die aias was algar uit Indië; die tee was ’n egte Sjinees;

En Malie se volkies was algar, soos Malie, nog slafies gewees;

En oor die ou driemaste-skepe het nog die ou driekleur gewaai.

Net een is nou nog soos hy toe was—dit is die ou blouwaterbaai.

Genoeg dat jul weet dit was anders.—Nou goed. Op ’n aand in die jaar

Toe het dit geblits en gedonder—’n mens word daar amper van naar.

En daar in die baai het die branders, so hoog soos ’n mied ná die oes,

Die hele boel skepe en skuitjies getakel en byna verwoes.

En vlak in die see was ’n seilskip—Jong Thomas, ek glo, was sy naam—

Gestrand op ’n rots onder water, deur kranse van water omraam.

Toe was daar ’n nare bohasie; die mense die maak ’n lawaai—

En reg ook: die ou Jong Thomas was propvol met mense gelaai.

En groot was die skeur in sy voorkant—so groot dat hy netnou moes sink;

En kom daar geen hulp vir die mense, dan moet man en muis maar verdrink.

Die Jong Thomas was ’n skipSolied van bou, met elke ribGespyker vas en dig geteerOm see se terge te trotseer,Wat sonder skroom van oos na wes,Van noord tot suid deur elke bresVan brander of van seegolf springEn al sy mense veilig bringNet na die plek waar hul moet wees—’n Skip wat sonder sku of vreesAl baie male deur die seeGeseil het met sy mense mee.’n Skip is soos ’n mens: sy leweIs hom vir ewig nie gegewe,En eenmaal kom ’n dag of nagWanneer die dood sy aandeel wag.Ons is nie op die wêreld hierNet soos ’n muggie of ’n mier,Waarop geen mens ooit agting stel,Waaroor geen siel hom ooit sal kwel.Die mier of muggie is vir onsNet maar ’n goggatjie wat gons—

Die Jong Thomas was ’n skip

Solied van bou, met elke rib

Gespyker vas en dig geteer

Om see se terge te trotseer,

Wat sonder skroom van oos na wes,

Van noord tot suid deur elke bres

Van brander of van seegolf spring

En al sy mense veilig bring

Net na die plek waar hul moet wees—

’n Skip wat sonder sku of vrees

Al baie male deur die see

Geseil het met sy mense mee.

’n Skip is soos ’n mens: sy lewe

Is hom vir ewig nie gegewe,

En eenmaal kom ’n dag of nag

Wanneer die dood sy aandeel wag.

Ons is nie op die wêreld hier

Net soos ’n muggie of ’n mier,

Waarop geen mens ooit agting stel,

Waaroor geen siel hom ooit sal kwel.

Die mier of muggie is vir ons

Net maar ’n goggatjie wat gons—

’n Korreltjie wat lewendigRondspartel in die skemerligEn oorkruip oor die steilste rand—Die afgrond van ’n greintjie sand.En vir die see is elke skip’n Kleinigheid; en elke klip—Die kleinste ook—kan in die seeVir elke skip ’n doodsteek gee.

’n Korreltjie wat lewendig

Rondspartel in die skemerlig

En oorkruip oor die steilste rand—

Die afgrond van ’n greintjie sand.

En vir die see is elke skip

’n Kleinigheid; en elke klip—

Die kleinste ook—kan in die see

Vir elke skip ’n doodsteek gee.

Hoor hoe die donder kraakEn die weerklank dreun oor die see!Hoor, daar’s ’n stem tussen hael en reën!Hoor hoe die mense skree!Help! Daar is vyftig meer—Help! En ’n kind daarby!Is dit ’n vrou se stem wat klink,Of net die gekreun van die wind wat drinkWater en hael as ’n blitsstraal blinkAs dit wolke en water sny?Hoor jy nie, man, hoe die mense kermEn hoe die arm goed gaan te keer?Wie van ons, wie, sal hul nou beskerm?

Hoor hoe die donder kraak

En die weerklank dreun oor die see!

Hoor, daar’s ’n stem tussen hael en reën!

Hoor hoe die mense skree!

Help! Daar is vyftig meer—

Help! En ’n kind daarby!

Is dit ’n vrou se stem wat klink,

Of net die gekreun van die wind wat drink

Water en hael as ’n blitsstraal blink

As dit wolke en water sny?

Hoor jy nie, man, hoe die mense kerm

En hoe die arm goed gaan te keer?

Wie van ons, wie, sal hul nou beskerm?

Hier op die strand waar die see so stoom—Hier, wie is hier wat sy hand sal reik?Algar die mense die staan en kyk.Daardie een bidde, want hy is vroom;

Hier op die strand waar die see so stoom—

Hier, wie is hier wat sy hand sal reik?

Algar die mense die staan en kyk.

Daardie een bidde, want hy is vroom;

Hierdie een vloek, want hy weet nie raad.Wie sal gaan help? Daar’s kans vir jou—Jy wat so dapper is, jy wat houSo baie oordag van ’n heldedaad.

Hierdie een vloek, want hy weet nie raad.

Wie sal gaan help? Daar’s kans vir jou—

Jy wat so dapper is, jy wat hou

So baie oordag van ’n heldedaad.

Niemand.. Dit is mos die Heer se wil....Wat kan ons maak? Daar’s niemand klaar.Hoog slaat die see, en ons weet dis waar:Iemand wat waag, dié loop gevaarNooit weer t’rug na die strand te komAnders as lyk as die see weer stilBlou en groen en slaperig is.Nou is dit steeks, en dit gaap en gis.’n Man is ’n mens en mos nie ’n vis—En ’n vis moet hy wees of ’n voël wat vlie,Om deur te kom na die mense daar.Wie sal dit waag? Kom sê dit, wie?Wie is vir doodgaan kant en klaar?Jy nie wat bidde, al is jy vroom;Jy nie wat vloek nie: jy is te laf.Ja, as dit mooi weer is, dan blafAl die keffertjies rondom oom.Nou is dit storm, en ’n mens moet dinkNie aan homself, maar aan kind en vrou.Jy is nie klaar nie: dis niks vir jouAs hier in die water ’n mens verdrink!Niemand sal gaan nie.. Maar wag, daar linksKom Wolraad aan op sy skimmelhings.

Niemand.. Dit is mos die Heer se wil....

Wat kan ons maak? Daar’s niemand klaar.

Hoog slaat die see, en ons weet dis waar:

Iemand wat waag, dié loop gevaar

Nooit weer t’rug na die strand te kom

Anders as lyk as die see weer stil

Blou en groen en slaperig is.

Nou is dit steeks, en dit gaap en gis.

’n Man is ’n mens en mos nie ’n vis—

En ’n vis moet hy wees of ’n voël wat vlie,

Om deur te kom na die mense daar.

Wie sal dit waag? Kom sê dit, wie?

Wie is vir doodgaan kant en klaar?

Jy nie wat bidde, al is jy vroom;

Jy nie wat vloek nie: jy is te laf.

Ja, as dit mooi weer is, dan blaf

Al die keffertjies rondom oom.

Nou is dit storm, en ’n mens moet dink

Nie aan homself, maar aan kind en vrou.

Jy is nie klaar nie: dis niks vir jou

As hier in die water ’n mens verdrink!

Niemand sal gaan nie.. Maar wag, daar links

Kom Wolraad aan op sy skimmelhings.

Vorentoe, vorentoe, strand-toe, strand-toe,Bollemakiesie die branders oor!Vorentoe, vorentoe, land-toe, land-toe,Amper verdrink, en half versmoor!Die water suis, en gis en bruis,Die blits vlam oor die see,Die lang seebamboes buie en breek,Die wilde branders slaat en steek,Die woeste wind speel mee.Groen, donkergroen soos skemergroenNog voor die sterre blink,Of soos die varkblomloof geboenDeur dou wat dagbreek skink—Blou donkerblou, soos wolke-blouWaarin die donder stoom,Of soos diep water in ’n kloofWaar nag nog altyd droom—Só is die see tot aan die lynWaar see en lug kom trou,Hieronder donkerblou en groen,Daarbowe groen en blou.En as die wolke swig, dan breekDie slinger-bliksem los,En see en hemel word ineensIn goud en glans gedos.En oor die kraak van branders knalDie donder oor die see,Tot Tafelberg se kranse dreunEn Duiwelskop dreun mee.Die laaste af! Die mense roep:„Daar is nog ander daar!”Die water dreig, die skimmel hyg—Wie trots die doodsgevaar?Nie jy wat praat, nie jy wat bid,Nie jy wat staan en bewe!Dis Wolraad weer wat nog ’n keerDie Dood se woeste mag trotseerMet wat hy het—sy lewe.

Vorentoe, vorentoe, strand-toe, strand-toe,

Bollemakiesie die branders oor!

Vorentoe, vorentoe, land-toe, land-toe,

Amper verdrink, en half versmoor!

Die water suis, en gis en bruis,

Die blits vlam oor die see,

Die lang seebamboes buie en breek,

Die wilde branders slaat en steek,

Die woeste wind speel mee.

Groen, donkergroen soos skemergroen

Nog voor die sterre blink,

Of soos die varkblomloof geboen

Deur dou wat dagbreek skink—

Blou donkerblou, soos wolke-blou

Waarin die donder stoom,

Of soos diep water in ’n kloof

Waar nag nog altyd droom—

Só is die see tot aan die lyn

Waar see en lug kom trou,

Hieronder donkerblou en groen,

Daarbowe groen en blou.

En as die wolke swig, dan breek

Die slinger-bliksem los,

En see en hemel word ineens

In goud en glans gedos.

En oor die kraak van branders knal

Die donder oor die see,

Tot Tafelberg se kranse dreun

En Duiwelskop dreun mee.

Die laaste af! Die mense roep:

„Daar is nog ander daar!”

Die water dreig, die skimmel hyg—

Wie trots die doodsgevaar?

Nie jy wat praat, nie jy wat bid,

Nie jy wat staan en bewe!

Dis Wolraad weer wat nog ’n keer

Die Dood se woeste mag trotseer

Met wat hy het—sy lewe.

Kom op, ou skimmelhings, kom op!Nog eenmaal deur die see!Nog een gered, dan kan jy rus!Nog eenmaal deur die see!Die buikgord vaster vasgetrek—Dan weer die branders in,Die skuim en seegras deurgeswemOm vorentoe te win.Die hoë branders deur, ou maat,Swem skip-toe, skimmel, swem!Daar in die verte by die skip,Daar klink ’n vrou se stem.Dis pikswart donker oor die see;Die wind die gaan te keer;’n Bliksemstraal maak silwer-blinkDie bokant—daar ’s hy weer!—En dan weer in die donker weg.Ons hou ons asem; ag,Van hings en ruiter niks te sien,En orals net die nag!Maar weer ’n bliksemstraal se ligWys Wolraad by die skip:Ons hoor hom roep: „Net een maar, een!”Nog voor die lig verglip.’n Sarsie uit die wolke barsEn dreun die wêreld deur;Die weerlig verf die hele baaiMet goud- en silwerkleur.’n Tikkie tyd wat ure skyn,Genoeg om te gewaarHoe om die held die mense woel,Hoe oor die skip die branders spoel,Hoe ná die doodsgevaar.Maar ag, die dof lantêrenskynWord deur die see geblus,En skip en skimmelhings verdwynIn duister nag gesus.’n Nare tyd voor weer die blitsDie oog ’n kans kan gee—En ag, dan wys dit net die skipEn net die woeste see!Daar is geen spoor van held of hings:Die Dood het weer gewin,En lewe-gulsig oor die strandBruis weer die branders in.

Kom op, ou skimmelhings, kom op!

Nog eenmaal deur die see!

Nog een gered, dan kan jy rus!

Nog eenmaal deur die see!

Die buikgord vaster vasgetrek—

Dan weer die branders in,

Die skuim en seegras deurgeswem

Om vorentoe te win.

Die hoë branders deur, ou maat,

Swem skip-toe, skimmel, swem!

Daar in die verte by die skip,

Daar klink ’n vrou se stem.

Dis pikswart donker oor die see;

Die wind die gaan te keer;

’n Bliksemstraal maak silwer-blink

Die bokant—daar ’s hy weer!—

En dan weer in die donker weg.

Ons hou ons asem; ag,

Van hings en ruiter niks te sien,

En orals net die nag!

Maar weer ’n bliksemstraal se lig

Wys Wolraad by die skip:

Ons hoor hom roep: „Net een maar, een!”

Nog voor die lig verglip.

’n Sarsie uit die wolke bars

En dreun die wêreld deur;

Die weerlig verf die hele baai

Met goud- en silwerkleur.

’n Tikkie tyd wat ure skyn,

Genoeg om te gewaar

Hoe om die held die mense woel,

Hoe oor die skip die branders spoel,

Hoe ná die doodsgevaar.

Maar ag, die dof lantêrenskyn

Word deur die see geblus,

En skip en skimmelhings verdwyn

In duister nag gesus.

’n Nare tyd voor weer die blits

Die oog ’n kans kan gee—

En ag, dan wys dit net die skip

En net die woeste see!

Daar is geen spoor van held of hings:

Die Dood het weer gewin,

En lewe-gulsig oor die strand

Bruis weer die branders in.

Back to IndexNext