XVI.

XVI.

Maande en maande was daar reedsgerug van oorlog.Almal was die praat daaroor gewend;en elke ene het sy weg gegaansoos voor die tyd.En altyd werd die vraag gewoëweer en weer:sou’t kom of nie?Die vrese en die hoop het beurt om beurtmekanders plek geneem,—en baie het sig reeds gerus gestel.Maar plots’ling is die kansten slegste omgeslaan;die vyand soek die stryd, geen mense-handkan nou nog keer.Bedrywigheid is oralen gewoel.Te wapen! is die kreet.Leeftog word versamel en verpak.Van mens en dier word diens geverg.Die treine is vol.Banier en sanggelei die jonge burgers uit.En snikke, uit die skare, onderbreekdie afskeids vroom gebed,en seënwense.Roelof kom nie uit nie.Wat sou’t wees?’n Week gaan om,’n twede,na die dag dat hygesê het dat hy weerterug sou wees.’n Briefie kom daar eind’likmet berigdat hy met d’eerste klompwas mee-gegaan,en op die grense hom bevind:Oënbliklik was hy met sy perdtot krygsdiens opgeroep,en baie werksaam sinds die eerste dag.Daar kon nie aan gedink wordom nog eersna huis terug te kom.Die huis is stil op Uitkyk,net asofdaar ene uit begrawe is.Met ywer is tant’ Mieta weeraan werk gegaan,om oorvloed van gebaken alles wat maar lekker isgereed te maaken weg te stuur aan hom,„haar kind”.En klere moet hy hê en warme dek.Sy het nie rus nie,nag of dag.En as die grootste drukte nou bedaar,en syweer tyd het om te dink,moet Martjie en oom Kootjiebaie-maal gewaarhoe sy in stilte, as sy dinkdat hul nie sien nie,’n traan van kommer uit haar oë droog.As Martjie ’t merk, die eerste keer,dan tref ’t haar skokkend:wat! sou ma dan waarlik dink dat hulvir Roelf nie weer sal sien nie?Nee, aan so iets het sy selfnog nooit durf dink.Sou ’t moontlik wees?Sy kan ’t nie glo nie, nee!Maar van die dag af is daar in haar bors’n wurmpie wat daar vreet,en op haar jong gelaat’n trek van sorg,en in haar oog ’n blik van onrus bring.Vlugtig was sy afskeid daardie dag,sy maters was daarby,van oog tot oogen siel tot sielhet niks gepraat.’t Was nie anders of hy toe maar net’n groet tot weersiens had gegee.En ’t sou die laaste groet kan wees van hom?van hom, besitter van haar hart en wese!Nee!!Haar lewe was hy, elke dag,ten spyte van die kloofwat haar van hom moes skei,sy wese so met hare saamgeweefdat syso min haar kan verbeelin eie bestaan haarselwe te verliesas hom.Sal hy verdwyn in eew’gheids duisternisso sonder woord of teken eers aan haar?Sal sy hom eendag soek—sy weet nie waar—en sal hy as ’n vreemde weeswat haar nie ken;sal sy hom soek en nie kan vinde?O!Dan sal sy selfs te midde van ’n skaarvan hemellingeeensaam voel,soos ene in die eew’ge kou alleen,van d’hemelruim.Die eerste offers is gevalin vryheidskamp;die droewe mare hang op straat en plein.In klompies staan die mense,hier en daaren fluist’rend word gepraatvan die, wat almal het gekenen nooit die strate van hul dorpie weersal mag betree.En ’t lyk of elk een aan die ander vra:O, wat het ons begin, en waarsal d’einde wees?!Op Uitkyk kom berig dat Roelfverwond is in die slag....!Daar’s stilte in die kleine kring;in drie paar oë wel die trane opvan dank,dat wreder slag hul is gespaar.Maar deur die trane breek ’n glimlag heenvan trots!Die wond is nievan veel beduidenisen Roelf laat weet dat hyin weinig weke weer hersteld sal wees.Die weke kom en gaan,die lange maande,een vir een.En soos ’n blits uit wolke, onweer-swaar,kom senuwee-skokkend keer op keer berig,van stryd en dood.Op Uitkyk is die rus verdwyn,oom Kootjie, ook, verdrietig nog daarbydat ouderdom hom bindaan huis en haard.Dis sondagmôre en gure winterweer,maar vroeg is reeds tant’ Mieta en oom Kootna dorp gery,deur niks was hul te keer niewant daar is’n diens vandag vir diewat staan, en sterweop die veld van eer.Martjie is allénig tuis gebly.Sy’s voor die venster,buitetoe haar oog gerig.En grys en driestig is die winterdag:in lange rye lê die wolke,swaar gebank,eenselwig-vaal en roerloos, of hul sonog honderd jaar kan draalin trage rus—die folterpyne onge-agvan harte wat daar kwyn,van harte wat daar ween en bidom sonneskyn.Die wind wil maar gaan lê,want moeg gesugis reeds die oue eike voor die deur.Net nou en dankom nog ’n snikkie ná,as teën die ruit’n dooie blaartjie tik.Starend-wyd is Martjies oogin vèr gedagtes heeltemal verloor:sy dink aan hom.En onverklaarbaar is die raadsel nog vir haarhoekom hy tog haar liefde het versmaad,sy dink daar elke dag nog aan.Sy dink daaraanhoe sy gesien het somsdat hy’n stryd te strye had,asof hy in ’n weif’ling staan.En eendag, by ’n wending van haar hoof,so onverwags,het sy sy oog gevang, op haar gerig,vol trane en medely!....Dis net of in haar oog meteens’n flikkering is ontwaak,sy’s opgestaan en kuier sneldie kamer op en neer,soos iemand met ’n planwat nie kan wag nie:„wáarom had hy trane in sy oog„vir my?„wáarom, wáarom het hy my verstoot?„Ek sal, ek mag,„ek moet dit weet!„O, dat ek sou kan dink dat ek„te laat kan wees„om dit van hom te hoor!„Wat is dit wat my sê„dat ek geen dag verlore moet laat gaan„maar spoed moet maak?„Hoe het ek tog so lang nog hier kan bly!”By tuiskoms van tant’ Mieta en oom Kootis Martjie besig, by haar kas,haar klere uit te soek.Haar plan is gou vertel:sy sluit haar aanby die ambulans, die eerste wat weer gaan;verpleegsters word gevra,sy kan nie meerop haar laat wag,haar diens, as dogter van haar land,word ook geverg.Tant’ Mieta is bly,dat sy na Roelfie gaan,haar „kind”.Die moeder-oog het lang gewaarhoe Martjies hart aan homgegéwe was.En welgetroos dat eenmaal sou gebeurwat ook haar moederhart verlang,het sy maar stil gewag,vertrouend op die tyd.Sy weet ook wel wat jonge harte is;en wat sou dan kan hinder dat die tweemekander vind?

Maande en maande was daar reedsgerug van oorlog.Almal was die praat daaroor gewend;en elke ene het sy weg gegaansoos voor die tyd.En altyd werd die vraag gewoëweer en weer:sou’t kom of nie?Die vrese en die hoop het beurt om beurtmekanders plek geneem,—en baie het sig reeds gerus gestel.

Maande en maande was daar reeds

gerug van oorlog.

Almal was die praat daaroor gewend;

en elke ene het sy weg gegaan

soos voor die tyd.

En altyd werd die vraag gewoë

weer en weer:

sou’t kom of nie?

Die vrese en die hoop het beurt om beurt

mekanders plek geneem,—

en baie het sig reeds gerus gestel.

Maar plots’ling is die kansten slegste omgeslaan;die vyand soek die stryd, geen mense-handkan nou nog keer.

Maar plots’ling is die kans

ten slegste omgeslaan;

die vyand soek die stryd, geen mense-hand

kan nou nog keer.

Bedrywigheid is oralen gewoel.Te wapen! is die kreet.Leeftog word versamel en verpak.Van mens en dier word diens geverg.Die treine is vol.Banier en sanggelei die jonge burgers uit.En snikke, uit die skare, onderbreekdie afskeids vroom gebed,en seënwense.

Bedrywigheid is oral

en gewoel.

Te wapen! is die kreet.

Leeftog word versamel en verpak.

Van mens en dier word diens geverg.

Die treine is vol.

Banier en sang

gelei die jonge burgers uit.

En snikke, uit die skare, onderbreek

die afskeids vroom gebed,

en seënwense.

Roelof kom nie uit nie.Wat sou’t wees?’n Week gaan om,’n twede,na die dag dat hygesê het dat hy weerterug sou wees.

Roelof kom nie uit nie.

Wat sou’t wees?

’n Week gaan om,

’n twede,

na die dag dat hy

gesê het dat hy weer

terug sou wees.

’n Briefie kom daar eind’likmet berigdat hy met d’eerste klompwas mee-gegaan,en op die grense hom bevind:Oënbliklik was hy met sy perdtot krygsdiens opgeroep,en baie werksaam sinds die eerste dag.Daar kon nie aan gedink wordom nog eersna huis terug te kom.

’n Briefie kom daar eind’lik

met berig

dat hy met d’eerste klomp

was mee-gegaan,

en op die grense hom bevind:

Oënbliklik was hy met sy perd

tot krygsdiens opgeroep,

en baie werksaam sinds die eerste dag.

Daar kon nie aan gedink word

om nog eers

na huis terug te kom.

Die huis is stil op Uitkyk,net asofdaar ene uit begrawe is.Met ywer is tant’ Mieta weeraan werk gegaan,om oorvloed van gebaken alles wat maar lekker isgereed te maaken weg te stuur aan hom,„haar kind”.En klere moet hy hê en warme dek.Sy het nie rus nie,nag of dag.

Die huis is stil op Uitkyk,

net asof

daar ene uit begrawe is.

Met ywer is tant’ Mieta weer

aan werk gegaan,

om oorvloed van gebak

en alles wat maar lekker is

gereed te maak

en weg te stuur aan hom,

„haar kind”.

En klere moet hy hê en warme dek.

Sy het nie rus nie,

nag of dag.

En as die grootste drukte nou bedaar,en syweer tyd het om te dink,moet Martjie en oom Kootjiebaie-maal gewaarhoe sy in stilte, as sy dinkdat hul nie sien nie,’n traan van kommer uit haar oë droog.

En as die grootste drukte nou bedaar,

en sy

weer tyd het om te dink,

moet Martjie en oom Kootjie

baie-maal gewaar

hoe sy in stilte, as sy dink

dat hul nie sien nie,

’n traan van kommer uit haar oë droog.

As Martjie ’t merk, die eerste keer,dan tref ’t haar skokkend:wat! sou ma dan waarlik dink dat hulvir Roelf nie weer sal sien nie?Nee, aan so iets het sy selfnog nooit durf dink.Sou ’t moontlik wees?Sy kan ’t nie glo nie, nee!Maar van die dag af is daar in haar bors’n wurmpie wat daar vreet,en op haar jong gelaat’n trek van sorg,en in haar oog ’n blik van onrus bring.

As Martjie ’t merk, die eerste keer,

dan tref ’t haar skokkend:

wat! sou ma dan waarlik dink dat hul

vir Roelf nie weer sal sien nie?

Nee, aan so iets het sy self

nog nooit durf dink.

Sou ’t moontlik wees?

Sy kan ’t nie glo nie, nee!

Maar van die dag af is daar in haar bors

’n wurmpie wat daar vreet,

en op haar jong gelaat

’n trek van sorg,

en in haar oog ’n blik van onrus bring.

Vlugtig was sy afskeid daardie dag,sy maters was daarby,van oog tot oogen siel tot sielhet niks gepraat.’t Was nie anders of hy toe maar net’n groet tot weersiens had gegee.En ’t sou die laaste groet kan wees van hom?van hom, besitter van haar hart en wese!Nee!!Haar lewe was hy, elke dag,ten spyte van die kloofwat haar van hom moes skei,sy wese so met hare saamgeweefdat syso min haar kan verbeelin eie bestaan haarselwe te verliesas hom.Sal hy verdwyn in eew’gheids duisternisso sonder woord of teken eers aan haar?Sal sy hom eendag soek—sy weet nie waar—en sal hy as ’n vreemde weeswat haar nie ken;sal sy hom soek en nie kan vinde?O!Dan sal sy selfs te midde van ’n skaarvan hemellingeeensaam voel,soos ene in die eew’ge kou alleen,van d’hemelruim.

Vlugtig was sy afskeid daardie dag,

sy maters was daarby,

van oog tot oog

en siel tot siel

het niks gepraat.

’t Was nie anders of hy toe maar net

’n groet tot weersiens had gegee.

En ’t sou die laaste groet kan wees van hom?

van hom, besitter van haar hart en wese!

Nee!!

Haar lewe was hy, elke dag,

ten spyte van die kloof

wat haar van hom moes skei,

sy wese so met hare saamgeweef

dat sy

so min haar kan verbeel

in eie bestaan haarselwe te verlies

as hom.

Sal hy verdwyn in eew’gheids duisternis

so sonder woord of teken eers aan haar?

Sal sy hom eendag soek—sy weet nie waar—

en sal hy as ’n vreemde wees

wat haar nie ken;

sal sy hom soek en nie kan vinde?

O!

Dan sal sy selfs te midde van ’n skaar

van hemellinge

eensaam voel,

soos ene in die eew’ge kou alleen,

van d’hemelruim.

Die eerste offers is gevalin vryheidskamp;die droewe mare hang op straat en plein.In klompies staan die mense,hier en daaren fluist’rend word gepraatvan die, wat almal het gekenen nooit die strate van hul dorpie weersal mag betree.En ’t lyk of elk een aan die ander vra:O, wat het ons begin, en waarsal d’einde wees?!

Die eerste offers is geval

in vryheidskamp;

die droewe mare hang op straat en plein.

In klompies staan die mense,

hier en daar

en fluist’rend word gepraat

van die, wat almal het geken

en nooit die strate van hul dorpie weer

sal mag betree.

En ’t lyk of elk een aan die ander vra:

O, wat het ons begin, en waar

sal d’einde wees?!

Op Uitkyk kom berig dat Roelfverwond is in die slag....!Daar’s stilte in die kleine kring;in drie paar oë wel die trane opvan dank,dat wreder slag hul is gespaar.Maar deur die trane breek ’n glimlag heenvan trots!Die wond is nievan veel beduidenisen Roelf laat weet dat hyin weinig weke weer hersteld sal wees.

Op Uitkyk kom berig dat Roelf

verwond is in die slag....!

Daar’s stilte in die kleine kring;

in drie paar oë wel die trane op

van dank,

dat wreder slag hul is gespaar.

Maar deur die trane breek ’n glimlag heen

van trots!

Die wond is nie

van veel beduidenis

en Roelf laat weet dat hy

in weinig weke weer hersteld sal wees.

Die weke kom en gaan,die lange maande,een vir een.En soos ’n blits uit wolke, onweer-swaar,kom senuwee-skokkend keer op keer berig,van stryd en dood.Op Uitkyk is die rus verdwyn,oom Kootjie, ook, verdrietig nog daarbydat ouderdom hom bindaan huis en haard.

Die weke kom en gaan,

die lange maande,

een vir een.

En soos ’n blits uit wolke, onweer-swaar,

kom senuwee-skokkend keer op keer berig,

van stryd en dood.

Op Uitkyk is die rus verdwyn,

oom Kootjie, ook, verdrietig nog daarby

dat ouderdom hom bind

aan huis en haard.

Dis sondagmôre en gure winterweer,maar vroeg is reeds tant’ Mieta en oom Kootna dorp gery,deur niks was hul te keer niewant daar is’n diens vandag vir diewat staan, en sterweop die veld van eer.Martjie is allénig tuis gebly.Sy’s voor die venster,buitetoe haar oog gerig.

Dis sondagmôre en gure winterweer,

maar vroeg is reeds tant’ Mieta en oom Koot

na dorp gery,

deur niks was hul te keer nie

want daar is

’n diens vandag vir die

wat staan, en sterwe

op die veld van eer.

Martjie is allénig tuis gebly.

Sy’s voor die venster,

buitetoe haar oog gerig.

En grys en driestig is die winterdag:in lange rye lê die wolke,swaar gebank,eenselwig-vaal en roerloos, of hul sonog honderd jaar kan draalin trage rus—die folterpyne onge-agvan harte wat daar kwyn,van harte wat daar ween en bidom sonneskyn.Die wind wil maar gaan lê,want moeg gesugis reeds die oue eike voor die deur.Net nou en dankom nog ’n snikkie ná,as teën die ruit’n dooie blaartjie tik.

En grys en driestig is die winterdag:

in lange rye lê die wolke,

swaar gebank,

eenselwig-vaal en roerloos, of hul so

nog honderd jaar kan draal

in trage rus

—die folterpyne onge-ag

van harte wat daar kwyn,

van harte wat daar ween en bid

om sonneskyn.

Die wind wil maar gaan lê,

want moeg gesug

is reeds die oue eike voor die deur.

Net nou en dan

kom nog ’n snikkie ná,

as teën die ruit

’n dooie blaartjie tik.

Starend-wyd is Martjies oogin vèr gedagtes heeltemal verloor:sy dink aan hom.En onverklaarbaar is die raadsel nog vir haarhoekom hy tog haar liefde het versmaad,sy dink daar elke dag nog aan.Sy dink daaraanhoe sy gesien het somsdat hy’n stryd te strye had,asof hy in ’n weif’ling staan.En eendag, by ’n wending van haar hoof,so onverwags,het sy sy oog gevang, op haar gerig,vol trane en medely!....Dis net of in haar oog meteens’n flikkering is ontwaak,sy’s opgestaan en kuier sneldie kamer op en neer,soos iemand met ’n planwat nie kan wag nie:„wáarom had hy trane in sy oog„vir my?„wáarom, wáarom het hy my verstoot?„Ek sal, ek mag,„ek moet dit weet!„O, dat ek sou kan dink dat ek„te laat kan wees„om dit van hom te hoor!„Wat is dit wat my sê„dat ek geen dag verlore moet laat gaan„maar spoed moet maak?„Hoe het ek tog so lang nog hier kan bly!”

Starend-wyd is Martjies oog

in vèr gedagtes heeltemal verloor:

sy dink aan hom.

En onverklaarbaar is die raadsel nog vir haar

hoekom hy tog haar liefde het versmaad,

sy dink daar elke dag nog aan.

Sy dink daaraan

hoe sy gesien het soms

dat hy

’n stryd te strye had,

asof hy in ’n weif’ling staan.

En eendag, by ’n wending van haar hoof,

so onverwags,

het sy sy oog gevang, op haar gerig,

vol trane en medely!....

Dis net of in haar oog meteens

’n flikkering is ontwaak,

sy’s opgestaan en kuier snel

die kamer op en neer,

soos iemand met ’n plan

wat nie kan wag nie:

„wáarom had hy trane in sy oog

„vir my?

„wáarom, wáarom het hy my verstoot?

„Ek sal, ek mag,

„ek moet dit weet!

„O, dat ek sou kan dink dat ek

„te laat kan wees

„om dit van hom te hoor!

„Wat is dit wat my sê

„dat ek geen dag verlore moet laat gaan

„maar spoed moet maak?

„Hoe het ek tog so lang nog hier kan bly!”

By tuiskoms van tant’ Mieta en oom Kootis Martjie besig, by haar kas,haar klere uit te soek.Haar plan is gou vertel:sy sluit haar aanby die ambulans, die eerste wat weer gaan;verpleegsters word gevra,sy kan nie meerop haar laat wag,haar diens, as dogter van haar land,word ook geverg.

By tuiskoms van tant’ Mieta en oom Koot

is Martjie besig, by haar kas,

haar klere uit te soek.

Haar plan is gou vertel:

sy sluit haar aan

by die ambulans, die eerste wat weer gaan;

verpleegsters word gevra,

sy kan nie meer

op haar laat wag,

haar diens, as dogter van haar land,

word ook geverg.

Tant’ Mieta is bly,dat sy na Roelfie gaan,haar „kind”.Die moeder-oog het lang gewaarhoe Martjies hart aan homgegéwe was.En welgetroos dat eenmaal sou gebeurwat ook haar moederhart verlang,het sy maar stil gewag,vertrouend op die tyd.Sy weet ook wel wat jonge harte is;en wat sou dan kan hinder dat die tweemekander vind?

Tant’ Mieta is bly,

dat sy na Roelfie gaan,

haar „kind”.

Die moeder-oog het lang gewaar

hoe Martjies hart aan hom

gegéwe was.

En welgetroos dat eenmaal sou gebeur

wat ook haar moederhart verlang,

het sy maar stil gewag,

vertrouend op die tyd.

Sy weet ook wel wat jonge harte is;

en wat sou dan kan hinder dat die twee

mekander vind?

Back to IndexNext