Woltemade se Spook.

Wat is die ding, wat jy daar hou?Wat droom jy oor 'n blikkie, vrou?'n Armsalige ou blikkie?Wat is die ding tog nou vir jou?"Ek wil hom skoonmaak, dat hy blinkSoos silwer in die sonskyn: dink,Die armsalige ou blikkie,Daaruit het Gert en Griet gedrink."Ek wil hom met die grond hier vul,Hier, waar die suring bloei so gul,Die armsalige ou blikkie:Miskien kan ek my droefnis kul."Ek wil daarin 'n plantjie plant,Wat groei aan Griet haar graf se kant:Die armsalige ou blikkie,Was vasgeklem in Griet haar hand."As ek so in die sonskyn sit,So blou die hemel bo, so witDie armsalige ou blikkie,Dan droom ek weer oor dat en dit:"Ons konsentrasiekamp is daar;Die oorlog word ek weer gewaar—Ag, armsalige ou blikkie,Waarom het God ons nie gespaar?"Was Gert en Griet nie heel my hart?Die plaas is afgebrand en swart—En jy, armsalige ou blikkie,Herinner my nog aan my smart."Ons kan die plaas weer opbou: ja,Jan het al geld op leen gevra;Maar, armsalige ou blikkie,Kan Gert en Griet my ooit weer pla?"Daar in die konsentrasiekamp,Daar in ons aaklig oorlogsdamp,Ag, armsalige ou blikkie,Daar is hul lewe uitgestamp!"Vergeet, wat jy gely het, vrou:Ons is weer vredevrinde nou!Die armsalige ou blikkie,Wat is die ding tog nog vir jou?"Dit laat my dink aan Gert en Griet:Al is dit 'n gebroke riet,Die armsalige ou blikkieIs anker teen my sielsverdriet."Die plantjie, wat hierin sal groei,Sal elke jaar opnuut weer bloei,Ag, armsalige ou blikkie,Al is my trane opgeskroei;"Want ek het nog 'n traan gespaar,Nog 'n paar sugte opgegaar,Om, armsalige ou blikkie,Jou plantjie veilig te bewaar."As ek vanaand my kers uitblaas,Dan werp die maan 'n silwerwaasOor jou, armsalige ou blikkie,En oor ons afgebrande plaas."Ek luister; en dit skyn vir my,Klein Gert is weer hier aan my sy,By jou, armsalige ou blikkie,Om weer 'n slukkie melk te kry;"En Grietjie staan daar by die deur—Ja, kyk, haar voorskoot is verskeur!Ag, armsalige ou blikkie,Hoe kan ek eensaam wees en treur?"Die dood het albei weggehaal;Ons plaas is afgebrand en vaal;Maar, armsalige ou blikkie,My hart is nog nie net so kaal."Solank jy op die vensterbankHier by my staan, so skoon en blank,Kan ek, armsalige ou blikkie,Nog stil wees en vir God nog dank,"Dat Hy, toe daardie oorlogsdampMy kinders al twee in die kamp,Ag, armsalige ou blikkie,Die lewe so het uitgestamp,"Nog in my hart het hoop gegee,Dat ek bedaard was in my wee,Ag, armsalige ou blikkie,Te dink, ek sien hul weer, al twee!"Met jou het Griet en Gert gespeel,En ek het nog in jou 'n deel;Ag, armsalige ou blikkie,Laat ek my maar nog iets verbeel!"Verbeelding—dit is alles nou,Wat ek nog het: laat my dit hou!Ag, armsalige ou blikkie,Jy is my anker teen die rou!"

Wat is die ding, wat jy daar hou?Wat droom jy oor 'n blikkie, vrou?'n Armsalige ou blikkie?Wat is die ding tog nou vir jou?

"Ek wil hom skoonmaak, dat hy blinkSoos silwer in die sonskyn: dink,Die armsalige ou blikkie,Daaruit het Gert en Griet gedrink.

"Ek wil hom met die grond hier vul,Hier, waar die suring bloei so gul,Die armsalige ou blikkie:Miskien kan ek my droefnis kul.

"Ek wil daarin 'n plantjie plant,Wat groei aan Griet haar graf se kant:Die armsalige ou blikkie,Was vasgeklem in Griet haar hand.

"As ek so in die sonskyn sit,So blou die hemel bo, so witDie armsalige ou blikkie,Dan droom ek weer oor dat en dit:

"Ons konsentrasiekamp is daar;Die oorlog word ek weer gewaar—Ag, armsalige ou blikkie,Waarom het God ons nie gespaar?

"Was Gert en Griet nie heel my hart?Die plaas is afgebrand en swart—En jy, armsalige ou blikkie,Herinner my nog aan my smart.

"Ons kan die plaas weer opbou: ja,Jan het al geld op leen gevra;Maar, armsalige ou blikkie,Kan Gert en Griet my ooit weer pla?

"Daar in die konsentrasiekamp,Daar in ons aaklig oorlogsdamp,Ag, armsalige ou blikkie,Daar is hul lewe uitgestamp!"

Vergeet, wat jy gely het, vrou:Ons is weer vredevrinde nou!Die armsalige ou blikkie,Wat is die ding tog nog vir jou?

"Dit laat my dink aan Gert en Griet:Al is dit 'n gebroke riet,Die armsalige ou blikkieIs anker teen my sielsverdriet.

"Die plantjie, wat hierin sal groei,Sal elke jaar opnuut weer bloei,Ag, armsalige ou blikkie,Al is my trane opgeskroei;

"Want ek het nog 'n traan gespaar,Nog 'n paar sugte opgegaar,Om, armsalige ou blikkie,Jou plantjie veilig te bewaar.

"As ek vanaand my kers uitblaas,Dan werp die maan 'n silwerwaasOor jou, armsalige ou blikkie,En oor ons afgebrande plaas.

"Ek luister; en dit skyn vir my,Klein Gert is weer hier aan my sy,By jou, armsalige ou blikkie,Om weer 'n slukkie melk te kry;

"En Grietjie staan daar by die deur—Ja, kyk, haar voorskoot is verskeur!Ag, armsalige ou blikkie,Hoe kan ek eensaam wees en treur?

"Die dood het albei weggehaal;Ons plaas is afgebrand en vaal;Maar, armsalige ou blikkie,My hart is nog nie net so kaal.

"Solank jy op die vensterbankHier by my staan, so skoon en blank,Kan ek, armsalige ou blikkie,Nog stil wees en vir God nog dank,

"Dat Hy, toe daardie oorlogsdampMy kinders al twee in die kamp,Ag, armsalige ou blikkie,Die lewe so het uitgestamp,

"Nog in my hart het hoop gegee,Dat ek bedaard was in my wee,Ag, armsalige ou blikkie,Te dink, ek sien hul weer, al twee!

"Met jou het Griet en Gert gespeel,En ek het nog in jou 'n deel;Ag, armsalige ou blikkie,Laat ek my maar nog iets verbeel!

"Verbeelding—dit is alles nou,Wat ek nog het: laat my dit hou!Ag, armsalige ou blikkie,Jy is my anker teen die rou!"

"Hier agter troon die Duiwelskop;Ou Tafelberg is vlak daarnaas—'n Egte tafelklip, waaropDie seedons afdaal as 'n waas,Nog witter as renosterrook,Nog dunner as die jongste spook.Die onderdeur staan ope nou,Al is die naglug nog so koud,Al is die water nog so rou,Al glans die weerlig bont as goud:Die seelug is mos nie 'n dief—Ek hou van hom, ek het hom lief!My kers is amper uitgebrand:Dit kwyn nog net 'n vlammetjie;Ek het 'n snuiter by die hand—Die ouderwetse ding, hierdie;Maar ek wil maar die kers laat staan:Dit kan nog meeding met die maan—Die maan, wat deur die wolke loopSoos 'n fisant deur ruigtegras—Nou vol, dan halfpad oorgedoopDeur wolke, dan weer in die kas;Nou skemer oor die strand, dan swart,Stikdonker skadu, koud en hard.Geen ster skyn deur die vensters hier;Geen mot vlieg om my kersievlam;Geen gogga gons of maak getier;Ja, selfs die wind se stem is lam:Die hele nag het dit gedreun,Die hele aandlang deur gekreun.Dof slaan die see daar oor die sand,Eentonig oor die klippers weg;Die seegras strooi die hele strand,Waar skuim nog met die skulpe veg—Grys as 'n blinde man se oog,En troebel as 'n emmer loog.Hier binne gooi my kers se skynGroot skadu-spoke teen die muur,Wat flikker, fladder en verkwynSoos spinnekoppe in 'n skuur;En hoog daar bo, daar by die dak,Waai vlaggies van vuil spinnerak.Nou luister maar: daar hoor jy raas,Sag as 'n muis, wat bruidskoek kna,Of vir sy maters in 'n kaasTrakteer, op wat hul weg kan dra.'n Dof geritsel by die deur—Iets koddigs nou kan jy bespeur:'n Voetstap op die stoep; 'n ding,Wat sagter as 'n blootvoet kind,Dwars rondloop as 'n vreemdeling,So vinnig amper as die wind—Wat skielik in die duister blink,En dowwer oor die drumpel klink;Iets, wat jy nie met oë kyk;Iets, wat jy nie met vingers vat;Wat deur die hele kamer reik,Wat kruip so deur die sleutelgat—Miskien 'n bietjie mis of rook,Of Wolraad Woltemaad se spook!Jy sien hom nie; jy voel maar gloDie yskoud lug, waarin hy gly!Die spinnekoppe spartel so,Asof hul bewerasie kry;Die kat krimp weg, sy rug is krom;Die hond die huil; die wind is stom!En elke nag teen middernag,Dan ry die yskoud spook op land,En kuier op die strand, en wagSy lewe, wat die see as pandMoet hou, totdat die eerste slagGeslaan word op die laaste dag.En as hy oor die drumpel waaiEn inkrimp in jou huis, dan kreunDie ou skarniere, en dan swaaiDie onderdeur; 'n dof gedreunKlink in jou ore, want dis ookDie koms van Woltemaad se spook!Jy moenie daarvoor bang wees nie:'n Spook het mos geen been of murg:Wat kan hy kwaad doen, of vir wieKan hy so goedsmoeds dood verwurg?Nee, glo nie, hy sal rusie stook!Hy is mos Woltemaad se spook!Hy kom net om die strand te sien,Waar eenmaal hy 'n heldestreekBegaan het om die Plig te dien.Verbeel jou, hy is dood en bleek:Hy kan jou nie moveer, en jyMoet trots wees op sy koms en bly.Net goeie mense sien sy spook!As jy miskien op sterwe lê,Gewaar jy hom as gryswit rook,Waaruit 'n stem klink sag, en sê:(Al dink jy ook, dis maar die wind)"Kom saam met my; kom huis toe, vrind!"Al is jy goed of goddeloos,Sit net maar stil alleen en wag;Alleen, met twak en tonteldoos,Gewaar jy hom op middernag—Nie met jou oog, nie met jou hand:Net met jou siel en jou verstand.Gevoel—alleen aan dit gewoon,Kan jy vir Woltemade sien:Het jy dan ook gevoel nie, loonDit jou niks, want jy word miskienSo vaak en teemrig, dat jy gaap,En netnou sluimer vas aan slaap.Dan droom jy, Woltemade komNet soos Klaas Vakie deur die dakOf skoorsteen—want 'n spook is domEn gee nie om die spinnerak—En as jy slaap, dan bo jou kopLê hy sy koue hande opDan skrik jy wakker en kyk rond:Die kersie gluur nog om die pit,Die skadu flikker oor die grond,Die sterre en die maan skyn wit,Jy hoor nie eers 'n kreun of sug,Jy voel net maar die yskoud lug;Maar in jou kamer, by jou bed,Daar het sy spook gestaan, en hyHet op jou in jou slaap gelet;Oor jou sy hande uitgesprei:"Ek het my plig gedoen, gegeeMy lewe aan ons Moedersee."Ek het my plig gedoen; en jy,Jy, wat so sedig droom en gaap—Wat het ons land van jou gekry?Het jy gewerk of net geslaap?Jou lewe, was dit werk of rook,'n Droom—soos Woltemaad se spook?"

"Hier agter troon die Duiwelskop;Ou Tafelberg is vlak daarnaas—'n Egte tafelklip, waaropDie seedons afdaal as 'n waas,Nog witter as renosterrook,Nog dunner as die jongste spook.

Die onderdeur staan ope nou,Al is die naglug nog so koud,Al is die water nog so rou,Al glans die weerlig bont as goud:Die seelug is mos nie 'n dief—Ek hou van hom, ek het hom lief!

My kers is amper uitgebrand:Dit kwyn nog net 'n vlammetjie;Ek het 'n snuiter by die hand—Die ouderwetse ding, hierdie;Maar ek wil maar die kers laat staan:Dit kan nog meeding met die maan—

Die maan, wat deur die wolke loopSoos 'n fisant deur ruigtegras—Nou vol, dan halfpad oorgedoopDeur wolke, dan weer in die kas;Nou skemer oor die strand, dan swart,Stikdonker skadu, koud en hard.

Geen ster skyn deur die vensters hier;Geen mot vlieg om my kersievlam;Geen gogga gons of maak getier;Ja, selfs die wind se stem is lam:Die hele nag het dit gedreun,Die hele aandlang deur gekreun.

Dof slaan die see daar oor die sand,Eentonig oor die klippers weg;Die seegras strooi die hele strand,Waar skuim nog met die skulpe veg—Grys as 'n blinde man se oog,En troebel as 'n emmer loog.

Hier binne gooi my kers se skynGroot skadu-spoke teen die muur,Wat flikker, fladder en verkwynSoos spinnekoppe in 'n skuur;En hoog daar bo, daar by die dak,Waai vlaggies van vuil spinnerak.

Nou luister maar: daar hoor jy raas,Sag as 'n muis, wat bruidskoek kna,Of vir sy maters in 'n kaasTrakteer, op wat hul weg kan dra.'n Dof geritsel by die deur—Iets koddigs nou kan jy bespeur:

'n Voetstap op die stoep; 'n ding,Wat sagter as 'n blootvoet kind,Dwars rondloop as 'n vreemdeling,So vinnig amper as die wind—Wat skielik in die duister blink,En dowwer oor die drumpel klink;

Iets, wat jy nie met oë kyk;Iets, wat jy nie met vingers vat;Wat deur die hele kamer reik,Wat kruip so deur die sleutelgat—Miskien 'n bietjie mis of rook,Of Wolraad Woltemaad se spook!

Jy sien hom nie; jy voel maar gloDie yskoud lug, waarin hy gly!Die spinnekoppe spartel so,Asof hul bewerasie kry;Die kat krimp weg, sy rug is krom;Die hond die huil; die wind is stom!

En elke nag teen middernag,Dan ry die yskoud spook op land,En kuier op die strand, en wagSy lewe, wat die see as pandMoet hou, totdat die eerste slagGeslaan word op die laaste dag.

En as hy oor die drumpel waaiEn inkrimp in jou huis, dan kreunDie ou skarniere, en dan swaaiDie onderdeur; 'n dof gedreunKlink in jou ore, want dis ookDie koms van Woltemaad se spook!

Jy moenie daarvoor bang wees nie:'n Spook het mos geen been of murg:Wat kan hy kwaad doen, of vir wieKan hy so goedsmoeds dood verwurg?Nee, glo nie, hy sal rusie stook!Hy is mos Woltemaad se spook!

Hy kom net om die strand te sien,Waar eenmaal hy 'n heldestreekBegaan het om die Plig te dien.Verbeel jou, hy is dood en bleek:Hy kan jou nie moveer, en jyMoet trots wees op sy koms en bly.

Net goeie mense sien sy spook!As jy miskien op sterwe lê,Gewaar jy hom as gryswit rook,Waaruit 'n stem klink sag, en sê:(Al dink jy ook, dis maar die wind)"Kom saam met my; kom huis toe, vrind!"

Al is jy goed of goddeloos,Sit net maar stil alleen en wag;Alleen, met twak en tonteldoos,Gewaar jy hom op middernag—Nie met jou oog, nie met jou hand:Net met jou siel en jou verstand.

Gevoel—alleen aan dit gewoon,Kan jy vir Woltemade sien:Het jy dan ook gevoel nie, loonDit jou niks, want jy word miskienSo vaak en teemrig, dat jy gaap,En netnou sluimer vas aan slaap.

Dan droom jy, Woltemade komNet soos Klaas Vakie deur die dakOf skoorsteen—want 'n spook is domEn gee nie om die spinnerak—En as jy slaap, dan bo jou kopLê hy sy koue hande op

Dan skrik jy wakker en kyk rond:Die kersie gluur nog om die pit,Die skadu flikker oor die grond,Die sterre en die maan skyn wit,Jy hoor nie eers 'n kreun of sug,Jy voel net maar die yskoud lug;

Maar in jou kamer, by jou bed,Daar het sy spook gestaan, en hyHet op jou in jou slaap gelet;Oor jou sy hande uitgesprei:"Ek het my plig gedoen, gegeeMy lewe aan ons Moedersee.

"Ek het my plig gedoen; en jy,Jy, wat so sedig droom en gaap—Wat het ons land van jou gekry?Het jy gewerk of net geslaap?Jou lewe, was dit werk of rook,'n Droom—soos Woltemaad se spook?"

Al die veld is vrolik;Al die voëltjies sing;Al die kriekies kriek daarbuite;Elke sprinkhaan spring.Al die koggelmannetjiesKom om fees te vier;Hier galop 'n goggatjie,Daarso dans 'n mier.Selfs die vissies spartelTeen die kafferskuil;In die groot ou eikeboomDroom 'n oupa-uil.Rond in ons KaroolandIs 'n ruik versprei:Boegoeblom en appelkoos—Kan jy beter kry?Katjiepiering-heinings,Bont met blomme hier;Rose en sering daarnaas,Roos en angelier.Binde vir my sameKatjiepiering wit,Bobejaantjies blou en bont,Rose in die lid;Varings van die klippe,Afrikaners rooi,En kalkoentjies uit die vlei—Algar is so mooi!Geel gousblomme uit die veld,Klossies uit die kuil—Sal ons ooit ons blommetjiesVir iets anders ruil?Vrolik is die wêreld,Vrolik, rant en vlei!Elke koggelmannetjieHet sy maat gekry;Elke gonsrig goggatjieIs getroud of vry:Vrolik is die wêreld hier,Vrolik veld en vlei!

Al die veld is vrolik;Al die voëltjies sing;Al die kriekies kriek daarbuite;Elke sprinkhaan spring.

Al die koggelmannetjiesKom om fees te vier;Hier galop 'n goggatjie,Daarso dans 'n mier.

Selfs die vissies spartelTeen die kafferskuil;In die groot ou eikeboomDroom 'n oupa-uil.

Rond in ons KaroolandIs 'n ruik versprei:Boegoeblom en appelkoos—Kan jy beter kry?

Katjiepiering-heinings,Bont met blomme hier;Rose en sering daarnaas,Roos en angelier.

Binde vir my sameKatjiepiering wit,Bobejaantjies blou en bont,Rose in die lid;

Varings van die klippe,Afrikaners rooi,En kalkoentjies uit die vlei—Algar is so mooi!

Geel gousblomme uit die veld,Klossies uit die kuil—Sal ons ooit ons blommetjiesVir iets anders ruil?

Vrolik is die wêreld,Vrolik, rant en vlei!Elke koggelmannetjieHet sy maat gekry;

Elke gonsrig goggatjieIs getroud of vry:Vrolik is die wêreld hier,Vrolik veld en vlei!

Apie, apie, sê vir my,Is jy mens, of is jy dier?Het jy bruilof ooit gevier?Waar en wanneer het jy getrou?Het jy kind of het jy vrou?Het jy skulde? In jou huis,Apie, is dit alles pluis?Is die kleinnooi in haar skik?Of moet sy op alles pik?Apie, apie, sê vir my.Oubaas, oubaas, ek sal sê:Ek is maar 'n viervoet dier;Ek het bruilof nooit gevier;Agter die bossies het ek getrou,Kinders het ek en 'n vrou.Skulde nie; en in my huis,Glo ek, is dit alles pluis.Kleinnooi is nie in haar skik,As ander apies op haar mik:Oubaas, dit is, soos ek sê.Apie, apie, sê vir myWaarom lewe jy so mooi,Sonder kamer, sonder kooi,Sonder selfs 'n trouring, sonderOok 'n huwlikseen? Ek wonder,Dat jou vrou so goed verstaanNie met apies rond te gaan;Dat jy sonder skulde lewe,En nie vir verbande bewe:Apie, apie, sê vir my.Oubaas, oubaas, ek sal sê:Ek kan lewe sonder kooi—Klipskeure is net so mooi—Sonder selfs 'n trouring, sonderOok 'n huwlikseen! Jy wonder?Ek het altyd goed verstaanMet vroumense om te gaan:Anders loop my hele leweOpdraand, dat ek daarvan bewe:Oubaas, dit is, soos ek sê.

Apie, apie, sê vir my,Is jy mens, of is jy dier?Het jy bruilof ooit gevier?Waar en wanneer het jy getrou?Het jy kind of het jy vrou?Het jy skulde? In jou huis,Apie, is dit alles pluis?Is die kleinnooi in haar skik?Of moet sy op alles pik?Apie, apie, sê vir my.

Oubaas, oubaas, ek sal sê:Ek is maar 'n viervoet dier;Ek het bruilof nooit gevier;Agter die bossies het ek getrou,Kinders het ek en 'n vrou.Skulde nie; en in my huis,Glo ek, is dit alles pluis.Kleinnooi is nie in haar skik,As ander apies op haar mik:Oubaas, dit is, soos ek sê.

Apie, apie, sê vir myWaarom lewe jy so mooi,Sonder kamer, sonder kooi,Sonder selfs 'n trouring, sonderOok 'n huwlikseen? Ek wonder,Dat jou vrou so goed verstaanNie met apies rond te gaan;Dat jy sonder skulde lewe,En nie vir verbande bewe:Apie, apie, sê vir my.

Oubaas, oubaas, ek sal sê:Ek kan lewe sonder kooi—Klipskeure is net so mooi—Sonder selfs 'n trouring, sonderOok 'n huwlikseen! Jy wonder?Ek het altyd goed verstaanMet vroumense om te gaan:Anders loop my hele leweOpdraand, dat ek daarvan bewe:Oubaas, dit is, soos ek sê.

Akeldissie, waarom trou jy nie?Mame wil nie hê nie!Lokasieliedjie.

Akeldissie, waarom trou jy nie?Mame wil nie hê nie!

Lokasieliedjie.

Ag, akeldissie, as jy eenmaal weet,Wat 'n getroude mens het uit te staan,Hoe hy moet spartel, hoe hy rond moet slaan,Om deur te kom, moet worstel, dan sal jyNie so voorbarig praat nie, glo vir my!Ag, akeldissie, man, die wêreld weet—Die wêreld, wat 'n mens so gadeslaan!—Wat man en vrou tesame uit moet staan;En jy weet niks daarvan; ja, glo vir my,Dis beter, nie te trou, en tuis te bly.Jy gaan so teen jou ma tekeer; jy sweetVan stoutheid en astrantheid; jy wil gaanMet vroumense op reis nou na die maan;Jy wil gaan trou, wil kinders hê en vry:Maar dink, oormôre, wil jy sieto skei!Ag, akeldissie, jong, jou mame weetMeer van vroumense af, as jy verstaan;Sy wil jou nie sien spartel en vergaan,Net om 'n meisie, waar jy na gaan vry:'n Vroumens is astrant, ja glo vir my!Bly liewers tuis, ou kêrel. As jy meetDie jonkmanskap teenoor die huweliksbaan,Dan sien jy tog, hoe sleg die maat moet gaanVir man en vrou; hoor dus na my en blyMaar tjoepstil tuis, en laat jou ma jou lei.Wat wil jy met die meisies? As jy eet,Is daar genoeg vir een: wat nou gedaan,As jy 'n vrou het, kinders ook? VergaanVan honger? Nee, ou jong, jy moet maar blyStil by jou mame, vrolik aan haar sy.Ag, akeldissie, het 'n vrou jou beet?Kêrel, ek voel vir jou, ek stort 'n traan!Hoe kon jy ooit so iets, ou man, begaan?Jou hart is mos jou eie: laat dit bly;Vry na jou mame, as jy tog moet vry!

Ag, akeldissie, as jy eenmaal weet,Wat 'n getroude mens het uit te staan,Hoe hy moet spartel, hoe hy rond moet slaan,Om deur te kom, moet worstel, dan sal jyNie so voorbarig praat nie, glo vir my!

Ag, akeldissie, man, die wêreld weet—Die wêreld, wat 'n mens so gadeslaan!—Wat man en vrou tesame uit moet staan;En jy weet niks daarvan; ja, glo vir my,Dis beter, nie te trou, en tuis te bly.

Jy gaan so teen jou ma tekeer; jy sweetVan stoutheid en astrantheid; jy wil gaanMet vroumense op reis nou na die maan;Jy wil gaan trou, wil kinders hê en vry:Maar dink, oormôre, wil jy sieto skei!

Ag, akeldissie, jong, jou mame weetMeer van vroumense af, as jy verstaan;Sy wil jou nie sien spartel en vergaan,Net om 'n meisie, waar jy na gaan vry:'n Vroumens is astrant, ja glo vir my!

Bly liewers tuis, ou kêrel. As jy meetDie jonkmanskap teenoor die huweliksbaan,Dan sien jy tog, hoe sleg die maat moet gaanVir man en vrou; hoor dus na my en blyMaar tjoepstil tuis, en laat jou ma jou lei.

Wat wil jy met die meisies? As jy eet,Is daar genoeg vir een: wat nou gedaan,As jy 'n vrou het, kinders ook? VergaanVan honger? Nee, ou jong, jy moet maar blyStil by jou mame, vrolik aan haar sy.

Ag, akeldissie, het 'n vrou jou beet?Kêrel, ek voel vir jou, ek stort 'n traan!Hoe kon jy ooit so iets, ou man, begaan?Jou hart is mos jou eie: laat dit bly;Vry na jou mame, as jy tog moet vry!

Ag ja, Tweebene, ek sit in die klem,Vas in die ou slagyster van 'n vrou!Haar mondjie, man, dit is so rooi as bloed;Haar hare, man, dit is so swart as roet;Haar stemmetjie as wind, wat oor die baaiDie soetste deuntjie fluister, as dit waai;Haar ogies net soos sterretjies so mooi;Haar wangetjies as kersies net so rooi;Haar tandjies, as my eie, net so witAs seesand of 'n appelkoos se pit:Sy is die mooiste meisie op die veld;Sy het ook, soos ek hoor, 'n bietjie geld:Nou het jy alles, man; ek moet gaan trou,Al hou jy my ook agter met 'n rem!Jy praat, Tweebene, net asof jy dwarsDeur heel die formulier gekruip het. Jy—Wat weet jyself van meisies, van 'n vrou?Jy is mos nie 'n vent, van wie hul hou;Jyself het mos 'n meisie nooit gesoen—Ek het dit duisend male al gedoen!Jy weet niks van die pret. Verbeel jou maar,Jy het in een minuut so opgegaarDie ganse pret van heel die wêreld: danWeet jy nog niks, of amper niks, daarvan!Laat staan maar, man, al jou bangmakery:Jy praat my tog nie om, selfs as jy bars!My hele twis met mame is maar dit:Ek wil gaan trou en mame wil nie ja sê.My meisie is kordaat; ons is geskikEen vir die ander; nie te arm; en ekHet ook 'n bietjie oulappe gespaarOm bruilofsfees te vier op Nuwejaar.Die kinders is nog in die verte, man:'n Mens hoef nie so vroeg hom in te span!En honger ly? Nou ja, dit kan ek ly,As sy maar by my is en aan my sy!En as my kinders later vir my pa sê,Sal op die klippers tog nog vliegies sit.

Ag ja, Tweebene, ek sit in die klem,Vas in die ou slagyster van 'n vrou!Haar mondjie, man, dit is so rooi as bloed;Haar hare, man, dit is so swart as roet;Haar stemmetjie as wind, wat oor die baaiDie soetste deuntjie fluister, as dit waai;Haar ogies net soos sterretjies so mooi;Haar wangetjies as kersies net so rooi;Haar tandjies, as my eie, net so witAs seesand of 'n appelkoos se pit:Sy is die mooiste meisie op die veld;Sy het ook, soos ek hoor, 'n bietjie geld:Nou het jy alles, man; ek moet gaan trou,Al hou jy my ook agter met 'n rem!

Jy praat, Tweebene, net asof jy dwarsDeur heel die formulier gekruip het. Jy—Wat weet jyself van meisies, van 'n vrou?Jy is mos nie 'n vent, van wie hul hou;Jyself het mos 'n meisie nooit gesoen—Ek het dit duisend male al gedoen!Jy weet niks van die pret. Verbeel jou maar,Jy het in een minuut so opgegaarDie ganse pret van heel die wêreld: danWeet jy nog niks, of amper niks, daarvan!Laat staan maar, man, al jou bangmakery:Jy praat my tog nie om, selfs as jy bars!

My hele twis met mame is maar dit:Ek wil gaan trou en mame wil nie ja sê.My meisie is kordaat; ons is geskikEen vir die ander; nie te arm; en ekHet ook 'n bietjie oulappe gespaarOm bruilofsfees te vier op Nuwejaar.Die kinders is nog in die verte, man:'n Mens hoef nie so vroeg hom in te span!En honger ly? Nou ja, dit kan ek ly,As sy maar by my is en aan my sy!En as my kinders later vir my pa sê,Sal op die klippers tog nog vliegies sit.

Wat praat julle die liewe lange dag,Wat wil jy hier vir Dissie wysmaak, jyTweebene? Affronteer jy nog vir my,En staan vrygeestig ginnegaap en lag?Ek is sy ma! Ek wil nie, dat hy trou:Hy is nog nie agter die ore droog;En ek is nog sy mame en sy voog!Wat moet hy weet van kinders en 'n vrou?Tweebene, dink jy nou, dat dit betaamOm met 'n kind soos Dissie oor die saakTe sanik? Is dit iets, wat jou moet raak?Vervlaks, Tweebene! Man, jy moet jou skaam!Ek bring my kinders op in sedigheid:Hul het van sulke sake nie te weet!En Dissie moet maar al jou praat vergeet,Want as hy groter word, is daar nog tyd.Nou moet hy maar die nonsens uit sy kopGlad uitveeg. Hoor jy, Dissie, wat ek sê?Ek wil geen koppigheid en nukkies hê:Ek weet, die vroumense die sal jou fop.Jy is so onnosel, Dissie! Elke meidKan jou net vir 'n appel en 'n eiLaat bokspring na die maan, en dis vir my'n Teken weer van jou wysneusigheid.As jou oorlede pa nog hier was, danSal hy jou goed die kop gewas het. NouDink jy, dat jy kan kinders kry en trou—Ja waarlik, soos 'n opgegroeide man!En jy, Tweebene, styf hom in sy nuk:Jy praat met hom oor dinge, wat 'n kindGlad nie verstaan nie. Dissie is nog blind,En moet gehoorsaam wees, en moet maar buk.Ek sê vir jou, daar kom niks van! Hy trou?Hy, half onnosel nog, hy kinders kry?Hy bruilof vier om later weer te skei?Vir my 'n skoondogter, vir hom 'n vrou?Nee, glo vir my, jy het dit mis! Ek sweer,Daar kom niks van nie! Dissie, jy bly hier;Jou meisie kan met iemand anders vierHaar bruilof; jy het nog te veel te leer.

Wat praat julle die liewe lange dag,Wat wil jy hier vir Dissie wysmaak, jyTweebene? Affronteer jy nog vir my,En staan vrygeestig ginnegaap en lag?

Ek is sy ma! Ek wil nie, dat hy trou:Hy is nog nie agter die ore droog;En ek is nog sy mame en sy voog!Wat moet hy weet van kinders en 'n vrou?

Tweebene, dink jy nou, dat dit betaamOm met 'n kind soos Dissie oor die saakTe sanik? Is dit iets, wat jou moet raak?Vervlaks, Tweebene! Man, jy moet jou skaam!

Ek bring my kinders op in sedigheid:Hul het van sulke sake nie te weet!En Dissie moet maar al jou praat vergeet,Want as hy groter word, is daar nog tyd.

Nou moet hy maar die nonsens uit sy kopGlad uitveeg. Hoor jy, Dissie, wat ek sê?Ek wil geen koppigheid en nukkies hê:Ek weet, die vroumense die sal jou fop.

Jy is so onnosel, Dissie! Elke meidKan jou net vir 'n appel en 'n eiLaat bokspring na die maan, en dis vir my'n Teken weer van jou wysneusigheid.

As jou oorlede pa nog hier was, danSal hy jou goed die kop gewas het. NouDink jy, dat jy kan kinders kry en trou—Ja waarlik, soos 'n opgegroeide man!

En jy, Tweebene, styf hom in sy nuk:Jy praat met hom oor dinge, wat 'n kindGlad nie verstaan nie. Dissie is nog blind,En moet gehoorsaam wees, en moet maar buk.

Ek sê vir jou, daar kom niks van! Hy trou?Hy, half onnosel nog, hy kinders kry?Hy bruilof vier om later weer te skei?Vir my 'n skoondogter, vir hom 'n vrou?

Nee, glo vir my, jy het dit mis! Ek sweer,Daar kom niks van nie! Dissie, jy bly hier;Jou meisie kan met iemand anders vierHaar bruilof; jy het nog te veel te leer.

Ek was weer op die veld, en die son het so mooiGoud, silwer en goud, oor die klippe gestrooi;Die wind het weer lekker die bossies geswaai,En fluks oor die geil afrikaners gewaai;Die lug was so helder, so soet en so blou;Die hele veldwêreld was weer uit die rou;En orals was blommetjies, orals was groen;Die gras en die grond het die son weer gesoen;Daar onder, daar waar die oliewenboom staan,Het vinke hul neste gebou; en die graanWas hoog in die koringveld, groen as die see;En ver in die vlakte was skape en vee:En ek was gekom om te vra, of miskienEk Dissie of Dissie se mame kon sien.Ek het by die klippe gestaan, en geskreeuIn vlot akeldissietaal toe vir die twee;En daar het 'n klein akeldissie gekomGekruip uit sy skeur. En ek vra toe vir hom:"Waar 's Dissie? Ek glo mos, dis Dissie se huis.Is hy, of miskien mevrou Dissie nou tuis?"Die kleintjie, die kyk my onnosel oorheen,En slaan met sy stertjie so fluks teen sy been,En sê toe verleë: "Ouseur, ek sal vra,As ouseur 'n oomblikkie wag, vir my ma."Daarmee gaan hy weer soos die blits in sy skeur,En een-twee-drie later toe kruip hy daardeur,En agter hom kom Akeldissie se vrou:Die vent het—ja regtig, dis waar!—mos getrou,En daar was vyf kinders! Ek moes toe ook praat,Met klein mevrou Dissie gesels, ja tot laat,Tot Dissie toe self—hy was uit op die jag—Terug het gekom; dit was diep in die nag.En toe het ou Dissie my alles vertel;En die hele geskiednis voor oë gestel."Die ergste van alles,"—so sê hy vir my—"Die ergste van alles, waaronder ek ly,Is dat ons so oud worde, ek en my vrou:Ons oudste seun wil al—verbeel jou—ook trou!"

Ek was weer op die veld, en die son het so mooiGoud, silwer en goud, oor die klippe gestrooi;Die wind het weer lekker die bossies geswaai,En fluks oor die geil afrikaners gewaai;Die lug was so helder, so soet en so blou;Die hele veldwêreld was weer uit die rou;En orals was blommetjies, orals was groen;Die gras en die grond het die son weer gesoen;Daar onder, daar waar die oliewenboom staan,Het vinke hul neste gebou; en die graanWas hoog in die koringveld, groen as die see;En ver in die vlakte was skape en vee:En ek was gekom om te vra, of miskienEk Dissie of Dissie se mame kon sien.

Ek het by die klippe gestaan, en geskreeuIn vlot akeldissietaal toe vir die twee;En daar het 'n klein akeldissie gekomGekruip uit sy skeur. En ek vra toe vir hom:"Waar 's Dissie? Ek glo mos, dis Dissie se huis.Is hy, of miskien mevrou Dissie nou tuis?"Die kleintjie, die kyk my onnosel oorheen,En slaan met sy stertjie so fluks teen sy been,En sê toe verleë: "Ouseur, ek sal vra,As ouseur 'n oomblikkie wag, vir my ma."Daarmee gaan hy weer soos die blits in sy skeur,En een-twee-drie later toe kruip hy daardeur,En agter hom kom Akeldissie se vrou:Die vent het—ja regtig, dis waar!—mos getrou,En daar was vyf kinders! Ek moes toe ook praat,Met klein mevrou Dissie gesels, ja tot laat,Tot Dissie toe self—hy was uit op die jag—Terug het gekom; dit was diep in die nag.En toe het ou Dissie my alles vertel;En die hele geskiednis voor oë gestel."Die ergste van alles,"—so sê hy vir my—"Die ergste van alles, waaronder ek ly,Is dat ons so oud worde, ek en my vrou:Ons oudste seun wil al—verbeel jou—ook trou!"

Boomsingertjie, jy fluisterDie liewe lange dagGeheimpies aan die keurbos,Waaroor die miere lag.Jy sanik so jou deuntjiesEentonig op; jy singVan son-op, tot die son verdwyn,En skemer ons omring.Boomsingertjie, ek wonder,Ken jy ook my geheim?Vertel jy dit die keurbos,Die miere ook, op rym?

Boomsingertjie, jy fluisterDie liewe lange dagGeheimpies aan die keurbos,Waaroor die miere lag.

Jy sanik so jou deuntjiesEentonig op; jy singVan son-op, tot die son verdwyn,En skemer ons omring.

Boomsingertjie, ek wonder,Ken jy ook my geheim?Vertel jy dit die keurbos,Die miere ook, op rym?

Daar, waar die uitspan by die waboomSo kaal staan op die veld,Daar lê 'n half-verskroeide blom,Bleek deur die son, verdor en krom:Jy 's nie daarop gesteld.Daar, waar die kruispad langs die waboomVerbygaan oor die veld,Daar lê 'n uitgedroogde mol,Half sonder vel en sonder wol:Jy 's nie daarop gesteld.Hier in die dorp, waar ons nou lewe,So ver nie van die veld,Daar 's baie uitgedroog en dom,Daar 's baie bleek, verdor en krom:Jy is daarop gesteld!

Daar, waar die uitspan by die waboomSo kaal staan op die veld,Daar lê 'n half-verskroeide blom,Bleek deur die son, verdor en krom:Jy 's nie daarop gesteld.

Daar, waar die kruispad langs die waboomVerbygaan oor die veld,Daar lê 'n uitgedroogde mol,Half sonder vel en sonder wol:Jy 's nie daarop gesteld.

Hier in die dorp, waar ons nou lewe,So ver nie van die veld,Daar 's baie uitgedroog en dom,Daar 's baie bleek, verdor en krom:Jy is daarop gesteld!

Van Noodt, Van Noodt, ek sê vir jou,Die mense pla my met jou storie;Vertel my, ag, jy was so hard,En nie geraak deur 'n memorie.Ek weet nie, of die mense lieg—Dis alles uit die ou swart dosie!Maar jy is tog—miskien onreg—Vir al ons mense nog 'n josie.Van Noodt, Van Noodt, jou tyd kom weer!Al het jy ook maar net 'n greintjieVan goedheid in jou, dis tog werd'n Lofspraak, is dit maar 'n lyntjie.Daar is geen mens so aaklig goed,Daar is geen vent so vals en swart,Of in sy bors klop daar nog deur,'n Brokkie van 'n mensehart.Van Noodt, Van Noodt, daar in jou graf(Waar het die mense jou begrawe?)Daar kan jy deurslaap tot die dag,As die geskiednis jou kom laweMet lof en prysgeskal, en jouGedoentes nie meer as misdadeGereken worde, goewerneur,Met al jou papbroek-hemerade!

Van Noodt, Van Noodt, ek sê vir jou,Die mense pla my met jou storie;Vertel my, ag, jy was so hard,En nie geraak deur 'n memorie.

Ek weet nie, of die mense lieg—Dis alles uit die ou swart dosie!Maar jy is tog—miskien onreg—Vir al ons mense nog 'n josie.

Van Noodt, Van Noodt, jou tyd kom weer!Al het jy ook maar net 'n greintjieVan goedheid in jou, dis tog werd'n Lofspraak, is dit maar 'n lyntjie.

Daar is geen mens so aaklig goed,Daar is geen vent so vals en swart,Of in sy bors klop daar nog deur,'n Brokkie van 'n mensehart.

Van Noodt, Van Noodt, daar in jou graf(Waar het die mense jou begrawe?)Daar kan jy deurslaap tot die dag,As die geskiednis jou kom lawe

Met lof en prysgeskal, en jouGedoentes nie meer as misdadeGereken worde, goewerneur,Met al jou papbroek-hemerade!

Gee vir my 'n trouring;Gee vir my 'n vrou;Gee vir my 'n babetjie:Neem die res vir jou!Wat wil jy met trouring?Wat wil jy met vrou?Wat wil jy met babetjie?Jy, nog in die rou?Neem die werk as trouring;Neem jou land as vrou;Die toekoms as jou babetjie:Dis genoeg vir jou!

Gee vir my 'n trouring;Gee vir my 'n vrou;Gee vir my 'n babetjie:Neem die res vir jou!

Wat wil jy met trouring?Wat wil jy met vrou?Wat wil jy met babetjie?Jy, nog in die rou?

Neem die werk as trouring;Neem jou land as vrou;Die toekoms as jou babetjie:Dis genoeg vir jou!

Krulkop-klonkie,WaarvandaanKom jy hiersoGou-gou aan?Van die hemel, krulkop-klonkie, van die sterre, van die maan?Krulkop-klonkie,Is jou hartNog nie klaar nie,Nog nie swart?Of is dit al lank verdor al, grysgemaak deur al die smart?Krulkop-klonkie,As jy lag,Vlug die donkerUit die nagDeur die agterdeur na buite, en dit skyn hier as die dag.Krulkop-klonkie,Wat wil jyOp die wêreldHier by myNou kom haal of lewer, klonkie? Wat is hier te gee of kry?Krulkop-klonkie,Slaap gerus,Van die dromeOnbewus:Vroeg genoeg kry jy nagmerrie; wie sal jou dan, klonkie, sus?

Krulkop-klonkie,WaarvandaanKom jy hiersoGou-gou aan?Van die hemel, krulkop-klonkie, van die sterre, van die maan?

Krulkop-klonkie,Is jou hartNog nie klaar nie,Nog nie swart?Of is dit al lank verdor al, grysgemaak deur al die smart?

Krulkop-klonkie,As jy lag,Vlug die donkerUit die nagDeur die agterdeur na buite, en dit skyn hier as die dag.

Krulkop-klonkie,Wat wil jyOp die wêreldHier by myNou kom haal of lewer, klonkie? Wat is hier te gee of kry?

Krulkop-klonkie,Slaap gerus,Van die dromeOnbewus:Vroeg genoeg kry jy nagmerrie; wie sal jou dan, klonkie, sus?

Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou?Dink jy, die mense lees jou versies? Glo,Ons het nog ander goed om oor te babbel,En hou nie van slampampertjies hier bo."Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie:Die windswaal sing—nou, waarvoor moet hy sing?Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe,Net om hy iets moet sê, iets, iets, moet bring!En ek ook, soos 'n windswaal, maak my versiesNie maar vir jou—nee, glad nie; want ek weet,Jy hou mos nie van versies, jy, wat trots is,Omdat jy dink, jy het die wysheid beet.Ek sing net vir myself: uit puur verstrooiingMaak ek slampamperliedjies net soos dié:'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit,En ek moet versies maak, of praat met—wie?

Jy sê vir my: "Ou boetie, wat moveer jou?Dink jy, die mense lees jou versies? Glo,Ons het nog ander goed om oor te babbel,En hou nie van slampampertjies hier bo."

Nou goed, ou boet; ek skrywe nie vir jou nie:Die windswaal sing—nou, waarvoor moet hy sing?Vir jou en my? Nee, wragtie, vir homselwe,Net om hy iets moet sê, iets, iets, moet bring!

En ek ook, soos 'n windswaal, maak my versiesNie maar vir jou—nee, glad nie; want ek weet,Jy hou mos nie van versies, jy, wat trots is,Omdat jy dink, jy het die wysheid beet.

Ek sing net vir myself: uit puur verstrooiingMaak ek slampamperliedjies net soos dié:'n Mens moet huil of lag, moet loop of stil sit,En ek moet versies maak, of praat met—wie?

Ek sing van die wind, wat tekeer gaan;Ek sing van die reën, wat daar val;Ek sing van ons vaal ou Karooland;Van blomme, wat bloei by die wal;Van water, wat bruis oor die klippe;Van duikers, wat draf oor die veld;Van voëls, wat daar sing in die bossies—Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!Vir my sing maar liewers van blomme;Van al, wat die vlei laat verkleur;Van al, wat die sonskyn laat spartel;Van voorjaar en najaar se geur;Vir my sing maar liefs van die water;Van duikers, wat draf oor die veld;Van rotse en branders en wolke—Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Ek sing van die wind, wat tekeer gaan;Ek sing van die reën, wat daar val;Ek sing van ons vaal ou Karooland;Van blomme, wat bloei by die wal;Van water, wat bruis oor die klippe;Van duikers, wat draf oor die veld;Van voëls, wat daar sing in die bossies—Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

Vir my sing maar liewers van blomme;Van al, wat die vlei laat verkleur;Van al, wat die sonskyn laat spartel;Van voorjaar en najaar se geur;Vir my sing maar liefs van die water;Van duikers, wat draf oor die veld;Van rotse en branders en wolke—Maar nooit nie, nee nooit nie, van geld!

"Ou boetie, slaan jou kop nie teen die prikkels;Neem, wat die lewe gee, en maak ekskusie:Want anders word jou beste vrind jou vyand,En broei jy net maar stryd en rusie."Ag nee, ou boetie, laat my maar slampamper:Somtyds is oorlog nog die beste vrede.Diep in die klei daar steek die diamante:'n Mens moet grawe—dis die rede!

"Ou boetie, slaan jou kop nie teen die prikkels;Neem, wat die lewe gee, en maak ekskusie:Want anders word jou beste vrind jou vyand,En broei jy net maar stryd en rusie."

Ag nee, ou boetie, laat my maar slampamper:Somtyds is oorlog nog die beste vrede.Diep in die klei daar steek die diamante:'n Mens moet grawe—dis die rede!

'n Skoenlapper die vlieg daar boEn fladder oor die rose daar:Ek sien hom en ek word gewaar,Die son die skyn daarbuite, glo.Netnou was dit nog wolkerig,En outa Adam het gesê:"Kleinbaas, ons sal weer donder hê;Ja waarlik, basie, kyk hoe dig!"Nou is die wolke weg: die straalSo geel as goud, lê oor die rooi,Die skoenlapper die speel weer mooi,En vlieg weer op om neer te daal.So is dit in ons wêreld: nouIs alles weer so wolkerig,Die toekoms swart, met donker dig;Dan somaar speel die son om jou.

'n Skoenlapper die vlieg daar boEn fladder oor die rose daar:Ek sien hom en ek word gewaar,Die son die skyn daarbuite, glo.

Netnou was dit nog wolkerig,En outa Adam het gesê:"Kleinbaas, ons sal weer donder hê;Ja waarlik, basie, kyk hoe dig!"

Nou is die wolke weg: die straalSo geel as goud, lê oor die rooi,Die skoenlapper die speel weer mooi,En vlieg weer op om neer te daal.

So is dit in ons wêreld: nouIs alles weer so wolkerig,Die toekoms swart, met donker dig;Dan somaar speel die son om jou.

Sekretarisvoël met jou lange bene,Met jou penne agter die ore styf,Met jou stadige stappies, wat maak jy hier?Sekretarisvoël met jou lange bene,Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier?

Sekretarisvoël met jou lange bene,Met jou penne agter die ore styf,Met jou stadige stappies, wat maak jy hier?

Sekretarisvoël met jou lange bene,Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier?

Weer hoor ek iemand vra:"Wat meen jy dan daardeur,Om sulke versies op te maak,So sonder smaak of geur?Wat het ons met 'n voël,Met blou of geel of groen—Met sulke vrae, wat het ons,Of jy ook, dan te doen?Vertel ons iets wat deug,Iets, wat 'n mens onthou,Iets, wat 'n mens van nut kan wees,Wat beter pas vir jou."Ek het jou al gesê,Ou boet, ek sing alleen:Verstaan jy daarvan niks—nou ja,Jy is nog nie gespeen.

Weer hoor ek iemand vra:"Wat meen jy dan daardeur,Om sulke versies op te maak,So sonder smaak of geur?

Wat het ons met 'n voël,Met blou of geel of groen—Met sulke vrae, wat het ons,Of jy ook, dan te doen?

Vertel ons iets wat deug,Iets, wat 'n mens onthou,Iets, wat 'n mens van nut kan wees,Wat beter pas vir jou."

Ek het jou al gesê,Ou boet, ek sing alleen:Verstaan jy daarvan niks—nou ja,Jy is nog nie gespeen.

Kriekie, jy, wat op die solder sanik,Wat het jy tog vir ons te vertel?Glo jy ouderwetse ou geheimpies?Is daar iets, waarop jy agting stel?Of moet jy, dag in, dag uit, maar sanik,Kriekie, tot ek dol word van jou dreun?Is jou lofsang maar 'n kriekie-klaaglied,En jou deuntjie, kriekie, maar 'n kreun?

Kriekie, jy, wat op die solder sanik,Wat het jy tog vir ons te vertel?Glo jy ouderwetse ou geheimpies?Is daar iets, waarop jy agting stel?

Of moet jy, dag in, dag uit, maar sanik,Kriekie, tot ek dol word van jou dreun?Is jou lofsang maar 'n kriekie-klaaglied,En jou deuntjie, kriekie, maar 'n kreun?

Klossies, jul bewe en bibber:Is dan die aandlug so koud?Moet julle so teen die westewind koes?Sal hy vir julle die blou en die goud,Alles verwoes?Klossies, jul bewe en bibber:Drink maar die son, en wees bly!Goud, blou en rooi is die lewe; en sagWaai ons ou westewind koel oor die vlei:Nog is dit dag.

Klossies, jul bewe en bibber:Is dan die aandlug so koud?Moet julle so teen die westewind koes?Sal hy vir julle die blou en die goud,Alles verwoes?

Klossies, jul bewe en bibber:Drink maar die son, en wees bly!Goud, blou en rooi is die lewe; en sagWaai ons ou westewind koel oor die vlei:Nog is dit dag.

Twee dinge sê ek vir jou, ou boetie—die een is: "Vergeet, wat jy kan!"Die ander: "Onthou, wat jy moet, ou boetie!" Is dit nou te veel vir 'n man!Twee dinge sê ek vandag vir myselwe—die een is: "Onthou, wat jy kan!"Die ander: "Vergeet, wat jy moet!" Dis amper te veel om te verg van 'n man!

Twee dinge sê ek vir jou, ou boetie—die een is: "Vergeet, wat jy kan!"Die ander: "Onthou, wat jy moet, ou boetie!" Is dit nou te veel vir 'n man!

Twee dinge sê ek vandag vir myselwe—die een is: "Onthou, wat jy kan!"Die ander: "Vergeet, wat jy moet!" Dis amper te veel om te verg van 'n man!

Gistraand in die maanlig daar buiteHet ek stil op die seestrand gestaan,En die weerlig het bo op die ruiteVan die vensters geel vonke geslaan.En ver, waar die see maar 'n lyn was,Waar die hemel en sterre hom soen,Waar die vloed kristalhelder en rein was,En die branders half wit en half groen,Het ek weerlig gesien op en neer gaan,As silwer en goud in die lug,As siele, wat bo na die Heer gaan—Stil, sonder 'n klag of 'n sug.

Gistraand in die maanlig daar buiteHet ek stil op die seestrand gestaan,En die weerlig het bo op die ruiteVan die vensters geel vonke geslaan.

En ver, waar die see maar 'n lyn was,Waar die hemel en sterre hom soen,Waar die vloed kristalhelder en rein was,En die branders half wit en half groen,

Het ek weerlig gesien op en neer gaan,As silwer en goud in die lug,As siele, wat bo na die Heer gaan—Stil, sonder 'n klag of 'n sug.


Back to IndexNext