[Inhoud]Monomotapa en Ofir.[37][Inhoud]INLEIDING.Baie lank het die geloof bestaan dat in die noordelike binnelande van Suid-Afrika die groot ryk Monomotapa geleë was, en van die Kaap uit is poginge aangewend om met die vors daarvan in verbinding te tree. Op kaarte word sy ryk aangedui en soms met talle van stede versier. Die Portugese bronne werp ’n interessante lig op die oorsprong van hierdie legende. Toe die Portugese in die begin van die sestiende eeu by Sofala ’n neersetting gestig het, het hulle veral met die Makaranga-Kaffers in aanraking gekom. Hulle beskrywe die stam noukeurig, en die hoof daarvan noem hulle Monomotapa of Benomotapa. Ons het hier waarskynlik te doen met ’n tietel of uitroep waarmee die Kaffers hulle koning vereer het; volgens gissinge, gebaseer op hedendaagse Bantoe-dialekte, kon ditheer van die bergofhy wat roofbeteken het1; die Portugese het dit egter metkeiser2vertaal. Hierdie verkeerde vertaling, tesame met ander oordrewe voorstellinge van die groot uitgestrektheid en rykdom van Monomotapa se land, het die genoemde legende laat ontstaan; en Monomotapa is naderhand die naam van ’n keiserryk.Die Portugese stigtinge by Sofala en verder na die binneland toe, langs die Sambesie op, was die[38]gevolg veral van hulle ywer om die fabelagtige goudmyne, waarvan hulle gerugte verneem het, te ontdek. Die goudstof wat die Kaffers na die kus gebring het, was vir hulle ’n bewys van die gegrondheid van die gerugte. So kry hulle ’n taamlik vae kennis van die ruïenes suid van die Sambesie, waarvan Simbabwe vandag die bekendste is en wat hulle reeds in verband met ’n oer-oue goudontginning deur vreemde veroweraars gebring het.Die volgende uittreksels gee ’n indruk van die opvattinge van die Portugese omtrent die land van Monomotapa en die geheimsinnige goudrykdom daarvan. Ook sien ons hoe gebrekkig hulle kennis van die binneland nog was. Hulle het blykbaar reeds van die mere gehoor, maar hulle meen dat daar een groot meer is, waaruit feitlik al die groot Afrikaanse riviere, die Nyl, die Kongo, die Sambesie en die Limpopo, vloei. Hierdie wanbegrip word miskien weerspieël in name soosBahia da LagoaenRio da Lagoa3.[39][Inhoud]MONOMOTAPA EN OFIR.1.Uit „Da Asia” van Joano de Barros4.Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied; en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer5in die hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en daaruit vloei ook ons Zaire6, wat deur die koninkryk Kongo loop.…Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die rivier wat in die rigting van Sofala vloei, verdeel in twee lope nadat dit uit die meer kom; en die een bereik die see deuskant Kaap Correntes. Ons mense het dit vroeër Rio da Lagoa7genoem; maar nou heet dit Espirito Santo—’n naam wat Lourenço Marques daaraan gegee het toe hy dit in 1545 gaan ondersoek het.Die ander loop bereik die see vyf-en-twintig uur8anderkant Sofala en heet Cuama, ofskoon dit in die binneland die naam Sambesie dra.…[40]Die groot koninkryk Sofala lê dus ingesluit deur hierdie twee strome en die see, nes ’n eiland, met ’n omvang van sewehonderd-en-vyftig uur.… Die binnelande het ’n uitstekende, gematigde, gesonde en koel klimaat en is vrugbaar vir alles wat dit oplewer. Alleen die deel wat tussen Kaap Correntes en die mond van die Espirito Santo geleë is, bestaan uit groot vlaktes9, wat weiveld vir alle soorte van vee verskaf, maar so sonder bome is dat die mense beesmis vir brandstof gebruik en vel-klere dra, want die land is baie koud as gevolg van die winde wat uit die suidelike yssee waai.Die ander deel van die land, by die Cuamarivier en verder na binne toe, is meestal bergagtig, met bome bedek, deur riviere besproei en aangenaam geleë, en is dus digter bevolk; en Benomotapa woon gewoonlik daar. Daar dit so dig bevolk is, vermy die olifante hierdie deel en soek die reeds genoemde vlaktes op, waar hulle in troppe loop byna soos koeie. En dit kan ook nie anders wees nie, want dit word gewoonlik onder die Kaffers beweer dat vier- of vyfduisend olifante elke jaar omkom; en hierdie bewering word bevestig deur die groot hoeveelheid ivoor wat van daar uit na Indië gestuur word.Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.…[41]In die myne van Manica10, wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry.…Die ander myne wat verder van Sofala af lê, nl. tussen ’n honderd en tweehonderd uur, is in die distrikte Boro en Quiticuy; en in hierdie myne en die reeds genoemde riviere wat die land besproei, word groter korrels goud gekry, party in rotsare en party skoongewas deur die winterstortvloede; en dus is dit hulle gewoonte om in die somer in die stil rivierwater te duik, en veel goud word gevind in die modder wat hulle opbring.…Daar die land ryk aan goud is, kon ’n groot hoeveelheid verkry word as die mense hebsugtig was; maar hulle is so lui om daarna te soek, of liewer hulle begeer dit so min, dat een van dié neërs al baie honger moet wees voordat hy daarvoor sal grawe.…Daar is ander myne in ’n distrik, wat Toróa11genoem word, of ook die Koninkryk Batua12. Hier regeer ’n vors met die naam Burrom, ’n vasaal[42]van Benomotapa; en sy gebied grens aan die bo-gemelde uitgestrekte vlaktes. Hierdie myne is die oudste van dié wat in die land bekend is. Hulle lê almal in die groot vlakte, en in die middel daarvan is ’n vierkantige fort13, van binne en buite gemessel en van verbasend groot klippe gebou; en dit skyn asof geen kalk gebruik is om hulle aan mekaar te heg nie. Die muur is meer as vyf-en-twintig span wyd, en die hoogte is na eweredigheid nie so groot nie. Bo-oor die deur van hierdie gebou is ’n opskrif, wat enkele geleerde Moorse koopmanne, wat daarheen gegaan het, nie kon lees nie; en hulle kon die geaardheid van die skrif ook nie bepaal nie. Hierdie gebou is amper deur heuwels omring, en bo-op hulle is nog ander ook van sulke klippe en sonder kalk opgerig; en een van hulle is ’n toring meer as twaalf vaam hoog.Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle taalhofbeteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so genoem.… Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in vergelyking[43]met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad suiderbreedte14.… Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker.…Die feite skyn aan te dui dat een of ander vors wat in besit van die myne was, die bou van die forte beveel het .… en dat hy, met verloop van tyd en omdat sy eie koninkryk so ver verwyderd was, later sy gesag hier verloor het.…Die bewoners van hierdie gebied is gewoonlik swart, met kroeserige hare; maar hulle is meer intelligent as dié van Mosambiek, Kilwa en Melinde.… Die gewone klere van almal bestaan uit stukke katoen, wat hier gemaak word of uit Indië kom; en daaronder is sommige van sy en gouddraad gemaak en tot twintig krusado’s elk werd, maar sulke klere word deur die edelliede en die[44]vroue gedra. En al is Benomotapa koning van die land en heer van almal; en al is sy vroue ook in dié klere gekleed, mag geen stof van vreemde maaksel sy persoon raak nie, maar al sy klere moet in die land gemaak word, want die vrees bestaan dat vreemde handewerk hom aan boosaardige invloede kan blootstel.Hierdie koning, wat ons Benomotapa of Monomotapa noem, is soos ’n klein keiser onder ons; want dit, volgens hulle, is die betekenis van die naam. In sy hofhouding is geen groot vertoon nie … want die grootste versieringe in sy huis is katoendoeke in die land geweef.… Sy mense bedien hom op die knie; en een proe sy kos, nie voor nie, maar nadat hy geëet het, van wat oorbly. As hy drink of hoes, moet almal wat teenwoordig is, hom iets goeds toewens; en waar die gelukwens gehoor word, vlie dit rond van mond tot mond, sodat die hele stad weet dat die koning gedrink of gehoes het.…Die Benomotapa het offisiële musiek van hulle eie soort, waar hy ook mag wees—selfs in die veld onder ’n boom; en daar is ook vyfhonderd grapmakers onder ’n kaptein, wat by beurte buitekant die huis waar hy slaap, wag hou. Die koninklike insignia is ’n klein harkie met ’n steel van ivoor, wat hy altyd in sy gordel dra en wat vrede beteken en aandui dat almal die grond mag bewerk en die vrugte van die aarde geniet; en hy dra ook nog een of twee asgaaie, wat reg en die verdediging van sy mense voorstel.[45]2.Uit „Ethiopia Oriental” van Joano Dos Santos15.Naby die stad Masapa is ’n baie hoë en majestueuse berg, wat die naam Fura16dra en waarvandaan ’n groot gedeelte van die ryk van Monomotapa sigbaar is. Om dié rede wil die koning die Portugese nie op die berg laat gaan nie, om te voorkom dat hulle gierigheid deur die uitgestrektheid en skoonheid van sy land, waarin so baie en sulke groot goudmyne verberg is, sal gewek word.Op die top van hierdie berg staan nog oorblyfsels van ou mure en klip-gemesselde bouvalle, wat duidelik aantoon dat hier vroeër huise en sterk geboue was, soos in die hele Kafferland nie te sien is nie; want selfs die paleis van die koning is van hout en word met klei gesmeer en met strooi gedek. Die inboorlinge van hierdie streke, veral party van die oudste More, beweer dat hulle voorouers ’n tradiesie nagelaat het dat hierdie ou geboue ’n faktory van die koningin van Skeba was en dat van hier af ’n groot hoeveelheid goud na haar gebring is. Dit is op die Cuama-riviere tot in die Indiese Oseaan vervoer, dan in skepe langs die kus van Etiopië tot by die Rode See, verder in dié see op tot aan die kuste van die gebied wat aan Egipteland grens. Hier is die goud ontskeep en is oor land[46]na die hof van die koningin van Skeba gebring, want, sê hulle, sy was koningin en heerseres oor ’n groot deel van Etiopië bokant Egipte; en langs die Rode See het sy haar vlote gestuur vir die goud van hierdie riviere. Ek betwyfel dit nie erg nie, want volgens die opvatting van sommige van ons ernstige skrywers het die koningin van Skeba oor die deel van Etiopië wat bokant Egipte lê, geregeer.…Simbabwe, van die ooste.Simbabwe, van die ooste.Ander, weer, sê dat dit die bouvalle is van ’n faktory van koning Salomo en dat hy hier handelaars gehad het, wat ’n groot hoeveelheid goud uit die streke gekry het; hulle het dit dan op dieselfde riviere na die Indiese Oseaan vervoer en in skepe verder tot in die Rode See; op die kus van Arabië naby Sues het hulle dit aan wal gebring en oor land na Jerusalem, ’n reis van omtrent tagtig uur. Hulle beweer ook dat die goud van Ofir wat koning Salomo gekry het, van Fura of Afura gekom het, dat daar weinig verskil is tussen Ofir en Afura, en dat die naam in die lang verloop van tyd ’n verandering ondergaan het.Ek weet nie met welke grond hulle die een of die ander bewering maak nie17; ek kan alleen sê dat daar ’n hoeveelheid fyn goud in die streke rondom[47]die berg is en dat dit op dié riviere in daardie tye kon gestuur geword het, nes die Portugese dit nou doen, en voor hulle die More van Mosambiek en Kilwa.Die reis moes ’n lang tyd in beslag geneem het, want die weg was toe nog nie so goed bekend soos nou nie, en hulle het ook nie sulke goeie skepe gehad nie.…. Buitendien veroorsaak die winde hier baie oponthoud vir die skepe, want langs die hele kus van Etiopië waai slegs twee winde, een uit die ooste en een uit die weste, elkeen ses maande lank; en hulle word moessons genoem.… Dit is dus begryplik dat die reis, soos in die Heilige Skrif aangegee, drie jaar kon geduur het.…. ’n Ander bewys dat die vloot van koning Salomo miskien na die kus van Etiopië gekom het om goud by Fura te kry, is dat dit ook edelgesteentes, hout vir die tempel, ape en poue saamgeneem het—want al dié dinge word op die kus gevind. By Sofala word pêrels uitgehaal, en daar is ook kosbare hout.…. En ofskoon ek geen poue gesien het in die streke langs die kus nie, moet daar in die binnelande van hul wees, want ek het Kaffers gesien met pouvere op hulle kop. Daar is ontsaglik baie aapsoorte, en van die goud sal ek nie eens praat nie.[49]1Vgl. Theal, 1, bls. 227.↑2Sien bls. 44.↑3Vgl. bls. 59.↑4SienRecords of S.E. Africa, VI, blss. 1 vv., veral 264 vv. De Barros is die mees gesaghebbende Portugese geskiedskrywer. Gebore in 1496 het hy jonk in die Indiese diens getree en belangrike betrekkinge daarin beklee. Hy het insage gehad in die joernale, briewe en rapporte van die Portugese ontdekkers en hulle opvolgers. SyAsiahet in vier dele tussen 1552 en 1613 verskyn.↑5Vgl. bls. 59, aant. 15.↑6Die Kongorivier.↑7Vgl. bls. 59, aant. 15.↑8Ek vertaal ook hier legua met „uur”, d.w.s. „uur te voet”. Vgl. bls. 26.↑9Hall (Prehistoric Rhodesia, bls. 116) sê: „The ‚plains’ would be the great stretch of open country lying between Victoria and Enkeldoorn, which constitutes a very noticeable topographical feature in Mashonaland.”↑10Sien vir al die genoemde plekke die kaart in Hall,Prehistoric Rhodesia, bls. 29.↑11Torooftoróa= Bantoeoud. Hall (bls. 151) bring dit in verband met die ou geboue daar.↑12ButuaofAbutua= BantoeKlein mensies. Die Kaffers het hiermee die Boesmans aangedui, en Hall (bls. 84) lei hiervan af dat die bedoelde gebied nie lank tevore me die grens van die Bantoe-opmars teen die Boesmans was. Ons kry so miskien ’n bietjie lig omtrent die uitbreiding van die Kaffers in die binneland. Vgl. Inleiding „Die Skipbreuk van dieSint Johannes,” bls 17.↑13Hierdie beskrywing van Simbabwe en sy omgeving is natuurlik nie juis nie. Die leser word verwys na Hall,Prehistoric RhodesiaenGreat Zimbabwe; Hall en Neal,The Ancient Ruins of Rhodesia; Bent,The Ruined Cities of Mashonaland, ens. Voorbeelde van skrif is nie by die ruïenes ontdek nie, en Hall veronderstel dat die opskrif waarvan hier sprake is, slegs die nog bestaande randversiering bo aan die groot muur was.↑14’n Taamlik juiste aanduiding.↑15SienRecords of S.E. Africa, VII, blss. 1 vv., en veral blss. 275 vv. Dos Santos het teen die end van die sestiende eeu as sendeling in Sofala en die omstreke gelewe. Sy mededelinge berus dus grotendeels op eie waarneming en bevat veel oor die geaardheid en lewenswyse van die Kaffers. SyEthiopia Orientalhet in 1609 verskyn.↑16Mount Darwin (?), omtrent sewentig myl noordoos van Salisbury.↑17Die geheim van die eerste goudgrawers en fortbouers van ons noordelike binneland is nog nie ontsluier nie. Soos hieruit blyk, was die Portugese oorspronklik verantwoordelik vir die teorie dat daar tussen hulle en die Bybelse goudland ’n verband bestaan. Hall is van oordeel dat die geboue deur Semiete, uit Asië en waarskynlik uit Suid-Arabië afkomstig, opgerig is. Dit is ongetwyfeld waar dat hulle nie van Bantoe-oorsprong is nie en dat die Kaffers geen oorleweringe omtrent hulle oprigting het nie.↑

Monomotapa en Ofir.[37]
[37]
[Inhoud]INLEIDING.Baie lank het die geloof bestaan dat in die noordelike binnelande van Suid-Afrika die groot ryk Monomotapa geleë was, en van die Kaap uit is poginge aangewend om met die vors daarvan in verbinding te tree. Op kaarte word sy ryk aangedui en soms met talle van stede versier. Die Portugese bronne werp ’n interessante lig op die oorsprong van hierdie legende. Toe die Portugese in die begin van die sestiende eeu by Sofala ’n neersetting gestig het, het hulle veral met die Makaranga-Kaffers in aanraking gekom. Hulle beskrywe die stam noukeurig, en die hoof daarvan noem hulle Monomotapa of Benomotapa. Ons het hier waarskynlik te doen met ’n tietel of uitroep waarmee die Kaffers hulle koning vereer het; volgens gissinge, gebaseer op hedendaagse Bantoe-dialekte, kon ditheer van die bergofhy wat roofbeteken het1; die Portugese het dit egter metkeiser2vertaal. Hierdie verkeerde vertaling, tesame met ander oordrewe voorstellinge van die groot uitgestrektheid en rykdom van Monomotapa se land, het die genoemde legende laat ontstaan; en Monomotapa is naderhand die naam van ’n keiserryk.Die Portugese stigtinge by Sofala en verder na die binneland toe, langs die Sambesie op, was die[38]gevolg veral van hulle ywer om die fabelagtige goudmyne, waarvan hulle gerugte verneem het, te ontdek. Die goudstof wat die Kaffers na die kus gebring het, was vir hulle ’n bewys van die gegrondheid van die gerugte. So kry hulle ’n taamlik vae kennis van die ruïenes suid van die Sambesie, waarvan Simbabwe vandag die bekendste is en wat hulle reeds in verband met ’n oer-oue goudontginning deur vreemde veroweraars gebring het.Die volgende uittreksels gee ’n indruk van die opvattinge van die Portugese omtrent die land van Monomotapa en die geheimsinnige goudrykdom daarvan. Ook sien ons hoe gebrekkig hulle kennis van die binneland nog was. Hulle het blykbaar reeds van die mere gehoor, maar hulle meen dat daar een groot meer is, waaruit feitlik al die groot Afrikaanse riviere, die Nyl, die Kongo, die Sambesie en die Limpopo, vloei. Hierdie wanbegrip word miskien weerspieël in name soosBahia da LagoaenRio da Lagoa3.[39][Inhoud]MONOMOTAPA EN OFIR.1.Uit „Da Asia” van Joano de Barros4.Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied; en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer5in die hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en daaruit vloei ook ons Zaire6, wat deur die koninkryk Kongo loop.…Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die rivier wat in die rigting van Sofala vloei, verdeel in twee lope nadat dit uit die meer kom; en die een bereik die see deuskant Kaap Correntes. Ons mense het dit vroeër Rio da Lagoa7genoem; maar nou heet dit Espirito Santo—’n naam wat Lourenço Marques daaraan gegee het toe hy dit in 1545 gaan ondersoek het.Die ander loop bereik die see vyf-en-twintig uur8anderkant Sofala en heet Cuama, ofskoon dit in die binneland die naam Sambesie dra.…[40]Die groot koninkryk Sofala lê dus ingesluit deur hierdie twee strome en die see, nes ’n eiland, met ’n omvang van sewehonderd-en-vyftig uur.… Die binnelande het ’n uitstekende, gematigde, gesonde en koel klimaat en is vrugbaar vir alles wat dit oplewer. Alleen die deel wat tussen Kaap Correntes en die mond van die Espirito Santo geleë is, bestaan uit groot vlaktes9, wat weiveld vir alle soorte van vee verskaf, maar so sonder bome is dat die mense beesmis vir brandstof gebruik en vel-klere dra, want die land is baie koud as gevolg van die winde wat uit die suidelike yssee waai.Die ander deel van die land, by die Cuamarivier en verder na binne toe, is meestal bergagtig, met bome bedek, deur riviere besproei en aangenaam geleë, en is dus digter bevolk; en Benomotapa woon gewoonlik daar. Daar dit so dig bevolk is, vermy die olifante hierdie deel en soek die reeds genoemde vlaktes op, waar hulle in troppe loop byna soos koeie. En dit kan ook nie anders wees nie, want dit word gewoonlik onder die Kaffers beweer dat vier- of vyfduisend olifante elke jaar omkom; en hierdie bewering word bevestig deur die groot hoeveelheid ivoor wat van daar uit na Indië gestuur word.Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.…[41]In die myne van Manica10, wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry.…Die ander myne wat verder van Sofala af lê, nl. tussen ’n honderd en tweehonderd uur, is in die distrikte Boro en Quiticuy; en in hierdie myne en die reeds genoemde riviere wat die land besproei, word groter korrels goud gekry, party in rotsare en party skoongewas deur die winterstortvloede; en dus is dit hulle gewoonte om in die somer in die stil rivierwater te duik, en veel goud word gevind in die modder wat hulle opbring.…Daar die land ryk aan goud is, kon ’n groot hoeveelheid verkry word as die mense hebsugtig was; maar hulle is so lui om daarna te soek, of liewer hulle begeer dit so min, dat een van dié neërs al baie honger moet wees voordat hy daarvoor sal grawe.…Daar is ander myne in ’n distrik, wat Toróa11genoem word, of ook die Koninkryk Batua12. Hier regeer ’n vors met die naam Burrom, ’n vasaal[42]van Benomotapa; en sy gebied grens aan die bo-gemelde uitgestrekte vlaktes. Hierdie myne is die oudste van dié wat in die land bekend is. Hulle lê almal in die groot vlakte, en in die middel daarvan is ’n vierkantige fort13, van binne en buite gemessel en van verbasend groot klippe gebou; en dit skyn asof geen kalk gebruik is om hulle aan mekaar te heg nie. Die muur is meer as vyf-en-twintig span wyd, en die hoogte is na eweredigheid nie so groot nie. Bo-oor die deur van hierdie gebou is ’n opskrif, wat enkele geleerde Moorse koopmanne, wat daarheen gegaan het, nie kon lees nie; en hulle kon die geaardheid van die skrif ook nie bepaal nie. Hierdie gebou is amper deur heuwels omring, en bo-op hulle is nog ander ook van sulke klippe en sonder kalk opgerig; en een van hulle is ’n toring meer as twaalf vaam hoog.Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle taalhofbeteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so genoem.… Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in vergelyking[43]met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad suiderbreedte14.… Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker.…Die feite skyn aan te dui dat een of ander vors wat in besit van die myne was, die bou van die forte beveel het .… en dat hy, met verloop van tyd en omdat sy eie koninkryk so ver verwyderd was, later sy gesag hier verloor het.…Die bewoners van hierdie gebied is gewoonlik swart, met kroeserige hare; maar hulle is meer intelligent as dié van Mosambiek, Kilwa en Melinde.… Die gewone klere van almal bestaan uit stukke katoen, wat hier gemaak word of uit Indië kom; en daaronder is sommige van sy en gouddraad gemaak en tot twintig krusado’s elk werd, maar sulke klere word deur die edelliede en die[44]vroue gedra. En al is Benomotapa koning van die land en heer van almal; en al is sy vroue ook in dié klere gekleed, mag geen stof van vreemde maaksel sy persoon raak nie, maar al sy klere moet in die land gemaak word, want die vrees bestaan dat vreemde handewerk hom aan boosaardige invloede kan blootstel.Hierdie koning, wat ons Benomotapa of Monomotapa noem, is soos ’n klein keiser onder ons; want dit, volgens hulle, is die betekenis van die naam. In sy hofhouding is geen groot vertoon nie … want die grootste versieringe in sy huis is katoendoeke in die land geweef.… Sy mense bedien hom op die knie; en een proe sy kos, nie voor nie, maar nadat hy geëet het, van wat oorbly. As hy drink of hoes, moet almal wat teenwoordig is, hom iets goeds toewens; en waar die gelukwens gehoor word, vlie dit rond van mond tot mond, sodat die hele stad weet dat die koning gedrink of gehoes het.…Die Benomotapa het offisiële musiek van hulle eie soort, waar hy ook mag wees—selfs in die veld onder ’n boom; en daar is ook vyfhonderd grapmakers onder ’n kaptein, wat by beurte buitekant die huis waar hy slaap, wag hou. Die koninklike insignia is ’n klein harkie met ’n steel van ivoor, wat hy altyd in sy gordel dra en wat vrede beteken en aandui dat almal die grond mag bewerk en die vrugte van die aarde geniet; en hy dra ook nog een of twee asgaaie, wat reg en die verdediging van sy mense voorstel.[45]2.Uit „Ethiopia Oriental” van Joano Dos Santos15.Naby die stad Masapa is ’n baie hoë en majestueuse berg, wat die naam Fura16dra en waarvandaan ’n groot gedeelte van die ryk van Monomotapa sigbaar is. Om dié rede wil die koning die Portugese nie op die berg laat gaan nie, om te voorkom dat hulle gierigheid deur die uitgestrektheid en skoonheid van sy land, waarin so baie en sulke groot goudmyne verberg is, sal gewek word.Op die top van hierdie berg staan nog oorblyfsels van ou mure en klip-gemesselde bouvalle, wat duidelik aantoon dat hier vroeër huise en sterk geboue was, soos in die hele Kafferland nie te sien is nie; want selfs die paleis van die koning is van hout en word met klei gesmeer en met strooi gedek. Die inboorlinge van hierdie streke, veral party van die oudste More, beweer dat hulle voorouers ’n tradiesie nagelaat het dat hierdie ou geboue ’n faktory van die koningin van Skeba was en dat van hier af ’n groot hoeveelheid goud na haar gebring is. Dit is op die Cuama-riviere tot in die Indiese Oseaan vervoer, dan in skepe langs die kus van Etiopië tot by die Rode See, verder in dié see op tot aan die kuste van die gebied wat aan Egipteland grens. Hier is die goud ontskeep en is oor land[46]na die hof van die koningin van Skeba gebring, want, sê hulle, sy was koningin en heerseres oor ’n groot deel van Etiopië bokant Egipte; en langs die Rode See het sy haar vlote gestuur vir die goud van hierdie riviere. Ek betwyfel dit nie erg nie, want volgens die opvatting van sommige van ons ernstige skrywers het die koningin van Skeba oor die deel van Etiopië wat bokant Egipte lê, geregeer.…Simbabwe, van die ooste.Simbabwe, van die ooste.Ander, weer, sê dat dit die bouvalle is van ’n faktory van koning Salomo en dat hy hier handelaars gehad het, wat ’n groot hoeveelheid goud uit die streke gekry het; hulle het dit dan op dieselfde riviere na die Indiese Oseaan vervoer en in skepe verder tot in die Rode See; op die kus van Arabië naby Sues het hulle dit aan wal gebring en oor land na Jerusalem, ’n reis van omtrent tagtig uur. Hulle beweer ook dat die goud van Ofir wat koning Salomo gekry het, van Fura of Afura gekom het, dat daar weinig verskil is tussen Ofir en Afura, en dat die naam in die lang verloop van tyd ’n verandering ondergaan het.Ek weet nie met welke grond hulle die een of die ander bewering maak nie17; ek kan alleen sê dat daar ’n hoeveelheid fyn goud in die streke rondom[47]die berg is en dat dit op dié riviere in daardie tye kon gestuur geword het, nes die Portugese dit nou doen, en voor hulle die More van Mosambiek en Kilwa.Die reis moes ’n lang tyd in beslag geneem het, want die weg was toe nog nie so goed bekend soos nou nie, en hulle het ook nie sulke goeie skepe gehad nie.…. Buitendien veroorsaak die winde hier baie oponthoud vir die skepe, want langs die hele kus van Etiopië waai slegs twee winde, een uit die ooste en een uit die weste, elkeen ses maande lank; en hulle word moessons genoem.… Dit is dus begryplik dat die reis, soos in die Heilige Skrif aangegee, drie jaar kon geduur het.…. ’n Ander bewys dat die vloot van koning Salomo miskien na die kus van Etiopië gekom het om goud by Fura te kry, is dat dit ook edelgesteentes, hout vir die tempel, ape en poue saamgeneem het—want al dié dinge word op die kus gevind. By Sofala word pêrels uitgehaal, en daar is ook kosbare hout.…. En ofskoon ek geen poue gesien het in die streke langs die kus nie, moet daar in die binnelande van hul wees, want ek het Kaffers gesien met pouvere op hulle kop. Daar is ontsaglik baie aapsoorte, en van die goud sal ek nie eens praat nie.[49]
[Inhoud]INLEIDING.Baie lank het die geloof bestaan dat in die noordelike binnelande van Suid-Afrika die groot ryk Monomotapa geleë was, en van die Kaap uit is poginge aangewend om met die vors daarvan in verbinding te tree. Op kaarte word sy ryk aangedui en soms met talle van stede versier. Die Portugese bronne werp ’n interessante lig op die oorsprong van hierdie legende. Toe die Portugese in die begin van die sestiende eeu by Sofala ’n neersetting gestig het, het hulle veral met die Makaranga-Kaffers in aanraking gekom. Hulle beskrywe die stam noukeurig, en die hoof daarvan noem hulle Monomotapa of Benomotapa. Ons het hier waarskynlik te doen met ’n tietel of uitroep waarmee die Kaffers hulle koning vereer het; volgens gissinge, gebaseer op hedendaagse Bantoe-dialekte, kon ditheer van die bergofhy wat roofbeteken het1; die Portugese het dit egter metkeiser2vertaal. Hierdie verkeerde vertaling, tesame met ander oordrewe voorstellinge van die groot uitgestrektheid en rykdom van Monomotapa se land, het die genoemde legende laat ontstaan; en Monomotapa is naderhand die naam van ’n keiserryk.Die Portugese stigtinge by Sofala en verder na die binneland toe, langs die Sambesie op, was die[38]gevolg veral van hulle ywer om die fabelagtige goudmyne, waarvan hulle gerugte verneem het, te ontdek. Die goudstof wat die Kaffers na die kus gebring het, was vir hulle ’n bewys van die gegrondheid van die gerugte. So kry hulle ’n taamlik vae kennis van die ruïenes suid van die Sambesie, waarvan Simbabwe vandag die bekendste is en wat hulle reeds in verband met ’n oer-oue goudontginning deur vreemde veroweraars gebring het.Die volgende uittreksels gee ’n indruk van die opvattinge van die Portugese omtrent die land van Monomotapa en die geheimsinnige goudrykdom daarvan. Ook sien ons hoe gebrekkig hulle kennis van die binneland nog was. Hulle het blykbaar reeds van die mere gehoor, maar hulle meen dat daar een groot meer is, waaruit feitlik al die groot Afrikaanse riviere, die Nyl, die Kongo, die Sambesie en die Limpopo, vloei. Hierdie wanbegrip word miskien weerspieël in name soosBahia da LagoaenRio da Lagoa3.[39]
INLEIDING.
Baie lank het die geloof bestaan dat in die noordelike binnelande van Suid-Afrika die groot ryk Monomotapa geleë was, en van die Kaap uit is poginge aangewend om met die vors daarvan in verbinding te tree. Op kaarte word sy ryk aangedui en soms met talle van stede versier. Die Portugese bronne werp ’n interessante lig op die oorsprong van hierdie legende. Toe die Portugese in die begin van die sestiende eeu by Sofala ’n neersetting gestig het, het hulle veral met die Makaranga-Kaffers in aanraking gekom. Hulle beskrywe die stam noukeurig, en die hoof daarvan noem hulle Monomotapa of Benomotapa. Ons het hier waarskynlik te doen met ’n tietel of uitroep waarmee die Kaffers hulle koning vereer het; volgens gissinge, gebaseer op hedendaagse Bantoe-dialekte, kon ditheer van die bergofhy wat roofbeteken het1; die Portugese het dit egter metkeiser2vertaal. Hierdie verkeerde vertaling, tesame met ander oordrewe voorstellinge van die groot uitgestrektheid en rykdom van Monomotapa se land, het die genoemde legende laat ontstaan; en Monomotapa is naderhand die naam van ’n keiserryk.Die Portugese stigtinge by Sofala en verder na die binneland toe, langs die Sambesie op, was die[38]gevolg veral van hulle ywer om die fabelagtige goudmyne, waarvan hulle gerugte verneem het, te ontdek. Die goudstof wat die Kaffers na die kus gebring het, was vir hulle ’n bewys van die gegrondheid van die gerugte. So kry hulle ’n taamlik vae kennis van die ruïenes suid van die Sambesie, waarvan Simbabwe vandag die bekendste is en wat hulle reeds in verband met ’n oer-oue goudontginning deur vreemde veroweraars gebring het.Die volgende uittreksels gee ’n indruk van die opvattinge van die Portugese omtrent die land van Monomotapa en die geheimsinnige goudrykdom daarvan. Ook sien ons hoe gebrekkig hulle kennis van die binneland nog was. Hulle het blykbaar reeds van die mere gehoor, maar hulle meen dat daar een groot meer is, waaruit feitlik al die groot Afrikaanse riviere, die Nyl, die Kongo, die Sambesie en die Limpopo, vloei. Hierdie wanbegrip word miskien weerspieël in name soosBahia da LagoaenRio da Lagoa3.[39]
Baie lank het die geloof bestaan dat in die noordelike binnelande van Suid-Afrika die groot ryk Monomotapa geleë was, en van die Kaap uit is poginge aangewend om met die vors daarvan in verbinding te tree. Op kaarte word sy ryk aangedui en soms met talle van stede versier. Die Portugese bronne werp ’n interessante lig op die oorsprong van hierdie legende. Toe die Portugese in die begin van die sestiende eeu by Sofala ’n neersetting gestig het, het hulle veral met die Makaranga-Kaffers in aanraking gekom. Hulle beskrywe die stam noukeurig, en die hoof daarvan noem hulle Monomotapa of Benomotapa. Ons het hier waarskynlik te doen met ’n tietel of uitroep waarmee die Kaffers hulle koning vereer het; volgens gissinge, gebaseer op hedendaagse Bantoe-dialekte, kon ditheer van die bergofhy wat roofbeteken het1; die Portugese het dit egter metkeiser2vertaal. Hierdie verkeerde vertaling, tesame met ander oordrewe voorstellinge van die groot uitgestrektheid en rykdom van Monomotapa se land, het die genoemde legende laat ontstaan; en Monomotapa is naderhand die naam van ’n keiserryk.
Die Portugese stigtinge by Sofala en verder na die binneland toe, langs die Sambesie op, was die[38]gevolg veral van hulle ywer om die fabelagtige goudmyne, waarvan hulle gerugte verneem het, te ontdek. Die goudstof wat die Kaffers na die kus gebring het, was vir hulle ’n bewys van die gegrondheid van die gerugte. So kry hulle ’n taamlik vae kennis van die ruïenes suid van die Sambesie, waarvan Simbabwe vandag die bekendste is en wat hulle reeds in verband met ’n oer-oue goudontginning deur vreemde veroweraars gebring het.
Die volgende uittreksels gee ’n indruk van die opvattinge van die Portugese omtrent die land van Monomotapa en die geheimsinnige goudrykdom daarvan. Ook sien ons hoe gebrekkig hulle kennis van die binneland nog was. Hulle het blykbaar reeds van die mere gehoor, maar hulle meen dat daar een groot meer is, waaruit feitlik al die groot Afrikaanse riviere, die Nyl, die Kongo, die Sambesie en die Limpopo, vloei. Hierdie wanbegrip word miskien weerspieël in name soosBahia da LagoaenRio da Lagoa3.[39]
[Inhoud]MONOMOTAPA EN OFIR.1.Uit „Da Asia” van Joano de Barros4.Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied; en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer5in die hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en daaruit vloei ook ons Zaire6, wat deur die koninkryk Kongo loop.…Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die rivier wat in die rigting van Sofala vloei, verdeel in twee lope nadat dit uit die meer kom; en die een bereik die see deuskant Kaap Correntes. Ons mense het dit vroeër Rio da Lagoa7genoem; maar nou heet dit Espirito Santo—’n naam wat Lourenço Marques daaraan gegee het toe hy dit in 1545 gaan ondersoek het.Die ander loop bereik die see vyf-en-twintig uur8anderkant Sofala en heet Cuama, ofskoon dit in die binneland die naam Sambesie dra.…[40]Die groot koninkryk Sofala lê dus ingesluit deur hierdie twee strome en die see, nes ’n eiland, met ’n omvang van sewehonderd-en-vyftig uur.… Die binnelande het ’n uitstekende, gematigde, gesonde en koel klimaat en is vrugbaar vir alles wat dit oplewer. Alleen die deel wat tussen Kaap Correntes en die mond van die Espirito Santo geleë is, bestaan uit groot vlaktes9, wat weiveld vir alle soorte van vee verskaf, maar so sonder bome is dat die mense beesmis vir brandstof gebruik en vel-klere dra, want die land is baie koud as gevolg van die winde wat uit die suidelike yssee waai.Die ander deel van die land, by die Cuamarivier en verder na binne toe, is meestal bergagtig, met bome bedek, deur riviere besproei en aangenaam geleë, en is dus digter bevolk; en Benomotapa woon gewoonlik daar. Daar dit so dig bevolk is, vermy die olifante hierdie deel en soek die reeds genoemde vlaktes op, waar hulle in troppe loop byna soos koeie. En dit kan ook nie anders wees nie, want dit word gewoonlik onder die Kaffers beweer dat vier- of vyfduisend olifante elke jaar omkom; en hierdie bewering word bevestig deur die groot hoeveelheid ivoor wat van daar uit na Indië gestuur word.Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.…[41]In die myne van Manica10, wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry.…Die ander myne wat verder van Sofala af lê, nl. tussen ’n honderd en tweehonderd uur, is in die distrikte Boro en Quiticuy; en in hierdie myne en die reeds genoemde riviere wat die land besproei, word groter korrels goud gekry, party in rotsare en party skoongewas deur die winterstortvloede; en dus is dit hulle gewoonte om in die somer in die stil rivierwater te duik, en veel goud word gevind in die modder wat hulle opbring.…Daar die land ryk aan goud is, kon ’n groot hoeveelheid verkry word as die mense hebsugtig was; maar hulle is so lui om daarna te soek, of liewer hulle begeer dit so min, dat een van dié neërs al baie honger moet wees voordat hy daarvoor sal grawe.…Daar is ander myne in ’n distrik, wat Toróa11genoem word, of ook die Koninkryk Batua12. Hier regeer ’n vors met die naam Burrom, ’n vasaal[42]van Benomotapa; en sy gebied grens aan die bo-gemelde uitgestrekte vlaktes. Hierdie myne is die oudste van dié wat in die land bekend is. Hulle lê almal in die groot vlakte, en in die middel daarvan is ’n vierkantige fort13, van binne en buite gemessel en van verbasend groot klippe gebou; en dit skyn asof geen kalk gebruik is om hulle aan mekaar te heg nie. Die muur is meer as vyf-en-twintig span wyd, en die hoogte is na eweredigheid nie so groot nie. Bo-oor die deur van hierdie gebou is ’n opskrif, wat enkele geleerde Moorse koopmanne, wat daarheen gegaan het, nie kon lees nie; en hulle kon die geaardheid van die skrif ook nie bepaal nie. Hierdie gebou is amper deur heuwels omring, en bo-op hulle is nog ander ook van sulke klippe en sonder kalk opgerig; en een van hulle is ’n toring meer as twaalf vaam hoog.Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle taalhofbeteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so genoem.… Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in vergelyking[43]met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad suiderbreedte14.… Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker.…Die feite skyn aan te dui dat een of ander vors wat in besit van die myne was, die bou van die forte beveel het .… en dat hy, met verloop van tyd en omdat sy eie koninkryk so ver verwyderd was, later sy gesag hier verloor het.…Die bewoners van hierdie gebied is gewoonlik swart, met kroeserige hare; maar hulle is meer intelligent as dié van Mosambiek, Kilwa en Melinde.… Die gewone klere van almal bestaan uit stukke katoen, wat hier gemaak word of uit Indië kom; en daaronder is sommige van sy en gouddraad gemaak en tot twintig krusado’s elk werd, maar sulke klere word deur die edelliede en die[44]vroue gedra. En al is Benomotapa koning van die land en heer van almal; en al is sy vroue ook in dié klere gekleed, mag geen stof van vreemde maaksel sy persoon raak nie, maar al sy klere moet in die land gemaak word, want die vrees bestaan dat vreemde handewerk hom aan boosaardige invloede kan blootstel.Hierdie koning, wat ons Benomotapa of Monomotapa noem, is soos ’n klein keiser onder ons; want dit, volgens hulle, is die betekenis van die naam. In sy hofhouding is geen groot vertoon nie … want die grootste versieringe in sy huis is katoendoeke in die land geweef.… Sy mense bedien hom op die knie; en een proe sy kos, nie voor nie, maar nadat hy geëet het, van wat oorbly. As hy drink of hoes, moet almal wat teenwoordig is, hom iets goeds toewens; en waar die gelukwens gehoor word, vlie dit rond van mond tot mond, sodat die hele stad weet dat die koning gedrink of gehoes het.…Die Benomotapa het offisiële musiek van hulle eie soort, waar hy ook mag wees—selfs in die veld onder ’n boom; en daar is ook vyfhonderd grapmakers onder ’n kaptein, wat by beurte buitekant die huis waar hy slaap, wag hou. Die koninklike insignia is ’n klein harkie met ’n steel van ivoor, wat hy altyd in sy gordel dra en wat vrede beteken en aandui dat almal die grond mag bewerk en die vrugte van die aarde geniet; en hy dra ook nog een of twee asgaaie, wat reg en die verdediging van sy mense voorstel.[45]2.Uit „Ethiopia Oriental” van Joano Dos Santos15.Naby die stad Masapa is ’n baie hoë en majestueuse berg, wat die naam Fura16dra en waarvandaan ’n groot gedeelte van die ryk van Monomotapa sigbaar is. Om dié rede wil die koning die Portugese nie op die berg laat gaan nie, om te voorkom dat hulle gierigheid deur die uitgestrektheid en skoonheid van sy land, waarin so baie en sulke groot goudmyne verberg is, sal gewek word.Op die top van hierdie berg staan nog oorblyfsels van ou mure en klip-gemesselde bouvalle, wat duidelik aantoon dat hier vroeër huise en sterk geboue was, soos in die hele Kafferland nie te sien is nie; want selfs die paleis van die koning is van hout en word met klei gesmeer en met strooi gedek. Die inboorlinge van hierdie streke, veral party van die oudste More, beweer dat hulle voorouers ’n tradiesie nagelaat het dat hierdie ou geboue ’n faktory van die koningin van Skeba was en dat van hier af ’n groot hoeveelheid goud na haar gebring is. Dit is op die Cuama-riviere tot in die Indiese Oseaan vervoer, dan in skepe langs die kus van Etiopië tot by die Rode See, verder in dié see op tot aan die kuste van die gebied wat aan Egipteland grens. Hier is die goud ontskeep en is oor land[46]na die hof van die koningin van Skeba gebring, want, sê hulle, sy was koningin en heerseres oor ’n groot deel van Etiopië bokant Egipte; en langs die Rode See het sy haar vlote gestuur vir die goud van hierdie riviere. Ek betwyfel dit nie erg nie, want volgens die opvatting van sommige van ons ernstige skrywers het die koningin van Skeba oor die deel van Etiopië wat bokant Egipte lê, geregeer.…Simbabwe, van die ooste.Simbabwe, van die ooste.Ander, weer, sê dat dit die bouvalle is van ’n faktory van koning Salomo en dat hy hier handelaars gehad het, wat ’n groot hoeveelheid goud uit die streke gekry het; hulle het dit dan op dieselfde riviere na die Indiese Oseaan vervoer en in skepe verder tot in die Rode See; op die kus van Arabië naby Sues het hulle dit aan wal gebring en oor land na Jerusalem, ’n reis van omtrent tagtig uur. Hulle beweer ook dat die goud van Ofir wat koning Salomo gekry het, van Fura of Afura gekom het, dat daar weinig verskil is tussen Ofir en Afura, en dat die naam in die lang verloop van tyd ’n verandering ondergaan het.Ek weet nie met welke grond hulle die een of die ander bewering maak nie17; ek kan alleen sê dat daar ’n hoeveelheid fyn goud in die streke rondom[47]die berg is en dat dit op dié riviere in daardie tye kon gestuur geword het, nes die Portugese dit nou doen, en voor hulle die More van Mosambiek en Kilwa.Die reis moes ’n lang tyd in beslag geneem het, want die weg was toe nog nie so goed bekend soos nou nie, en hulle het ook nie sulke goeie skepe gehad nie.…. Buitendien veroorsaak die winde hier baie oponthoud vir die skepe, want langs die hele kus van Etiopië waai slegs twee winde, een uit die ooste en een uit die weste, elkeen ses maande lank; en hulle word moessons genoem.… Dit is dus begryplik dat die reis, soos in die Heilige Skrif aangegee, drie jaar kon geduur het.…. ’n Ander bewys dat die vloot van koning Salomo miskien na die kus van Etiopië gekom het om goud by Fura te kry, is dat dit ook edelgesteentes, hout vir die tempel, ape en poue saamgeneem het—want al dié dinge word op die kus gevind. By Sofala word pêrels uitgehaal, en daar is ook kosbare hout.…. En ofskoon ek geen poue gesien het in die streke langs die kus nie, moet daar in die binnelande van hul wees, want ek het Kaffers gesien met pouvere op hulle kop. Daar is ontsaglik baie aapsoorte, en van die goud sal ek nie eens praat nie.[49]
MONOMOTAPA EN OFIR.
1.Uit „Da Asia” van Joano de Barros4.Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied; en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer5in die hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en daaruit vloei ook ons Zaire6, wat deur die koninkryk Kongo loop.…Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die rivier wat in die rigting van Sofala vloei, verdeel in twee lope nadat dit uit die meer kom; en die een bereik die see deuskant Kaap Correntes. Ons mense het dit vroeër Rio da Lagoa7genoem; maar nou heet dit Espirito Santo—’n naam wat Lourenço Marques daaraan gegee het toe hy dit in 1545 gaan ondersoek het.Die ander loop bereik die see vyf-en-twintig uur8anderkant Sofala en heet Cuama, ofskoon dit in die binneland die naam Sambesie dra.…[40]Die groot koninkryk Sofala lê dus ingesluit deur hierdie twee strome en die see, nes ’n eiland, met ’n omvang van sewehonderd-en-vyftig uur.… Die binnelande het ’n uitstekende, gematigde, gesonde en koel klimaat en is vrugbaar vir alles wat dit oplewer. Alleen die deel wat tussen Kaap Correntes en die mond van die Espirito Santo geleë is, bestaan uit groot vlaktes9, wat weiveld vir alle soorte van vee verskaf, maar so sonder bome is dat die mense beesmis vir brandstof gebruik en vel-klere dra, want die land is baie koud as gevolg van die winde wat uit die suidelike yssee waai.Die ander deel van die land, by die Cuamarivier en verder na binne toe, is meestal bergagtig, met bome bedek, deur riviere besproei en aangenaam geleë, en is dus digter bevolk; en Benomotapa woon gewoonlik daar. Daar dit so dig bevolk is, vermy die olifante hierdie deel en soek die reeds genoemde vlaktes op, waar hulle in troppe loop byna soos koeie. En dit kan ook nie anders wees nie, want dit word gewoonlik onder die Kaffers beweer dat vier- of vyfduisend olifante elke jaar omkom; en hierdie bewering word bevestig deur die groot hoeveelheid ivoor wat van daar uit na Indië gestuur word.Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.…[41]In die myne van Manica10, wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry.…Die ander myne wat verder van Sofala af lê, nl. tussen ’n honderd en tweehonderd uur, is in die distrikte Boro en Quiticuy; en in hierdie myne en die reeds genoemde riviere wat die land besproei, word groter korrels goud gekry, party in rotsare en party skoongewas deur die winterstortvloede; en dus is dit hulle gewoonte om in die somer in die stil rivierwater te duik, en veel goud word gevind in die modder wat hulle opbring.…Daar die land ryk aan goud is, kon ’n groot hoeveelheid verkry word as die mense hebsugtig was; maar hulle is so lui om daarna te soek, of liewer hulle begeer dit so min, dat een van dié neërs al baie honger moet wees voordat hy daarvoor sal grawe.…Daar is ander myne in ’n distrik, wat Toróa11genoem word, of ook die Koninkryk Batua12. Hier regeer ’n vors met die naam Burrom, ’n vasaal[42]van Benomotapa; en sy gebied grens aan die bo-gemelde uitgestrekte vlaktes. Hierdie myne is die oudste van dié wat in die land bekend is. Hulle lê almal in die groot vlakte, en in die middel daarvan is ’n vierkantige fort13, van binne en buite gemessel en van verbasend groot klippe gebou; en dit skyn asof geen kalk gebruik is om hulle aan mekaar te heg nie. Die muur is meer as vyf-en-twintig span wyd, en die hoogte is na eweredigheid nie so groot nie. Bo-oor die deur van hierdie gebou is ’n opskrif, wat enkele geleerde Moorse koopmanne, wat daarheen gegaan het, nie kon lees nie; en hulle kon die geaardheid van die skrif ook nie bepaal nie. Hierdie gebou is amper deur heuwels omring, en bo-op hulle is nog ander ook van sulke klippe en sonder kalk opgerig; en een van hulle is ’n toring meer as twaalf vaam hoog.Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle taalhofbeteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so genoem.… Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in vergelyking[43]met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad suiderbreedte14.… Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker.…Die feite skyn aan te dui dat een of ander vors wat in besit van die myne was, die bou van die forte beveel het .… en dat hy, met verloop van tyd en omdat sy eie koninkryk so ver verwyderd was, later sy gesag hier verloor het.…Die bewoners van hierdie gebied is gewoonlik swart, met kroeserige hare; maar hulle is meer intelligent as dié van Mosambiek, Kilwa en Melinde.… Die gewone klere van almal bestaan uit stukke katoen, wat hier gemaak word of uit Indië kom; en daaronder is sommige van sy en gouddraad gemaak en tot twintig krusado’s elk werd, maar sulke klere word deur die edelliede en die[44]vroue gedra. En al is Benomotapa koning van die land en heer van almal; en al is sy vroue ook in dié klere gekleed, mag geen stof van vreemde maaksel sy persoon raak nie, maar al sy klere moet in die land gemaak word, want die vrees bestaan dat vreemde handewerk hom aan boosaardige invloede kan blootstel.Hierdie koning, wat ons Benomotapa of Monomotapa noem, is soos ’n klein keiser onder ons; want dit, volgens hulle, is die betekenis van die naam. In sy hofhouding is geen groot vertoon nie … want die grootste versieringe in sy huis is katoendoeke in die land geweef.… Sy mense bedien hom op die knie; en een proe sy kos, nie voor nie, maar nadat hy geëet het, van wat oorbly. As hy drink of hoes, moet almal wat teenwoordig is, hom iets goeds toewens; en waar die gelukwens gehoor word, vlie dit rond van mond tot mond, sodat die hele stad weet dat die koning gedrink of gehoes het.…Die Benomotapa het offisiële musiek van hulle eie soort, waar hy ook mag wees—selfs in die veld onder ’n boom; en daar is ook vyfhonderd grapmakers onder ’n kaptein, wat by beurte buitekant die huis waar hy slaap, wag hou. Die koninklike insignia is ’n klein harkie met ’n steel van ivoor, wat hy altyd in sy gordel dra en wat vrede beteken en aandui dat almal die grond mag bewerk en die vrugte van die aarde geniet; en hy dra ook nog een of twee asgaaie, wat reg en die verdediging van sy mense voorstel.[45]2.Uit „Ethiopia Oriental” van Joano Dos Santos15.Naby die stad Masapa is ’n baie hoë en majestueuse berg, wat die naam Fura16dra en waarvandaan ’n groot gedeelte van die ryk van Monomotapa sigbaar is. Om dié rede wil die koning die Portugese nie op die berg laat gaan nie, om te voorkom dat hulle gierigheid deur die uitgestrektheid en skoonheid van sy land, waarin so baie en sulke groot goudmyne verberg is, sal gewek word.Op die top van hierdie berg staan nog oorblyfsels van ou mure en klip-gemesselde bouvalle, wat duidelik aantoon dat hier vroeër huise en sterk geboue was, soos in die hele Kafferland nie te sien is nie; want selfs die paleis van die koning is van hout en word met klei gesmeer en met strooi gedek. Die inboorlinge van hierdie streke, veral party van die oudste More, beweer dat hulle voorouers ’n tradiesie nagelaat het dat hierdie ou geboue ’n faktory van die koningin van Skeba was en dat van hier af ’n groot hoeveelheid goud na haar gebring is. Dit is op die Cuama-riviere tot in die Indiese Oseaan vervoer, dan in skepe langs die kus van Etiopië tot by die Rode See, verder in dié see op tot aan die kuste van die gebied wat aan Egipteland grens. Hier is die goud ontskeep en is oor land[46]na die hof van die koningin van Skeba gebring, want, sê hulle, sy was koningin en heerseres oor ’n groot deel van Etiopië bokant Egipte; en langs die Rode See het sy haar vlote gestuur vir die goud van hierdie riviere. Ek betwyfel dit nie erg nie, want volgens die opvatting van sommige van ons ernstige skrywers het die koningin van Skeba oor die deel van Etiopië wat bokant Egipte lê, geregeer.…Simbabwe, van die ooste.Simbabwe, van die ooste.Ander, weer, sê dat dit die bouvalle is van ’n faktory van koning Salomo en dat hy hier handelaars gehad het, wat ’n groot hoeveelheid goud uit die streke gekry het; hulle het dit dan op dieselfde riviere na die Indiese Oseaan vervoer en in skepe verder tot in die Rode See; op die kus van Arabië naby Sues het hulle dit aan wal gebring en oor land na Jerusalem, ’n reis van omtrent tagtig uur. Hulle beweer ook dat die goud van Ofir wat koning Salomo gekry het, van Fura of Afura gekom het, dat daar weinig verskil is tussen Ofir en Afura, en dat die naam in die lang verloop van tyd ’n verandering ondergaan het.Ek weet nie met welke grond hulle die een of die ander bewering maak nie17; ek kan alleen sê dat daar ’n hoeveelheid fyn goud in die streke rondom[47]die berg is en dat dit op dié riviere in daardie tye kon gestuur geword het, nes die Portugese dit nou doen, en voor hulle die More van Mosambiek en Kilwa.Die reis moes ’n lang tyd in beslag geneem het, want die weg was toe nog nie so goed bekend soos nou nie, en hulle het ook nie sulke goeie skepe gehad nie.…. Buitendien veroorsaak die winde hier baie oponthoud vir die skepe, want langs die hele kus van Etiopië waai slegs twee winde, een uit die ooste en een uit die weste, elkeen ses maande lank; en hulle word moessons genoem.… Dit is dus begryplik dat die reis, soos in die Heilige Skrif aangegee, drie jaar kon geduur het.…. ’n Ander bewys dat die vloot van koning Salomo miskien na die kus van Etiopië gekom het om goud by Fura te kry, is dat dit ook edelgesteentes, hout vir die tempel, ape en poue saamgeneem het—want al dié dinge word op die kus gevind. By Sofala word pêrels uitgehaal, en daar is ook kosbare hout.…. En ofskoon ek geen poue gesien het in die streke langs die kus nie, moet daar in die binnelande van hul wees, want ek het Kaffers gesien met pouvere op hulle kop. Daar is ontsaglik baie aapsoorte, en van die goud sal ek nie eens praat nie.[49]
1.Uit „Da Asia” van Joano de Barros4.Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied; en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer5in die hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en daaruit vloei ook ons Zaire6, wat deur die koninkryk Kongo loop.…Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die rivier wat in die rigting van Sofala vloei, verdeel in twee lope nadat dit uit die meer kom; en die een bereik die see deuskant Kaap Correntes. Ons mense het dit vroeër Rio da Lagoa7genoem; maar nou heet dit Espirito Santo—’n naam wat Lourenço Marques daaraan gegee het toe hy dit in 1545 gaan ondersoek het.Die ander loop bereik die see vyf-en-twintig uur8anderkant Sofala en heet Cuama, ofskoon dit in die binneland die naam Sambesie dra.…[40]Die groot koninkryk Sofala lê dus ingesluit deur hierdie twee strome en die see, nes ’n eiland, met ’n omvang van sewehonderd-en-vyftig uur.… Die binnelande het ’n uitstekende, gematigde, gesonde en koel klimaat en is vrugbaar vir alles wat dit oplewer. Alleen die deel wat tussen Kaap Correntes en die mond van die Espirito Santo geleë is, bestaan uit groot vlaktes9, wat weiveld vir alle soorte van vee verskaf, maar so sonder bome is dat die mense beesmis vir brandstof gebruik en vel-klere dra, want die land is baie koud as gevolg van die winde wat uit die suidelike yssee waai.Die ander deel van die land, by die Cuamarivier en verder na binne toe, is meestal bergagtig, met bome bedek, deur riviere besproei en aangenaam geleë, en is dus digter bevolk; en Benomotapa woon gewoonlik daar. Daar dit so dig bevolk is, vermy die olifante hierdie deel en soek die reeds genoemde vlaktes op, waar hulle in troppe loop byna soos koeie. En dit kan ook nie anders wees nie, want dit word gewoonlik onder die Kaffers beweer dat vier- of vyfduisend olifante elke jaar omkom; en hierdie bewering word bevestig deur die groot hoeveelheid ivoor wat van daar uit na Indië gestuur word.Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.…[41]In die myne van Manica10, wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry.…Die ander myne wat verder van Sofala af lê, nl. tussen ’n honderd en tweehonderd uur, is in die distrikte Boro en Quiticuy; en in hierdie myne en die reeds genoemde riviere wat die land besproei, word groter korrels goud gekry, party in rotsare en party skoongewas deur die winterstortvloede; en dus is dit hulle gewoonte om in die somer in die stil rivierwater te duik, en veel goud word gevind in die modder wat hulle opbring.…Daar die land ryk aan goud is, kon ’n groot hoeveelheid verkry word as die mense hebsugtig was; maar hulle is so lui om daarna te soek, of liewer hulle begeer dit so min, dat een van dié neërs al baie honger moet wees voordat hy daarvoor sal grawe.…Daar is ander myne in ’n distrik, wat Toróa11genoem word, of ook die Koninkryk Batua12. Hier regeer ’n vors met die naam Burrom, ’n vasaal[42]van Benomotapa; en sy gebied grens aan die bo-gemelde uitgestrekte vlaktes. Hierdie myne is die oudste van dié wat in die land bekend is. Hulle lê almal in die groot vlakte, en in die middel daarvan is ’n vierkantige fort13, van binne en buite gemessel en van verbasend groot klippe gebou; en dit skyn asof geen kalk gebruik is om hulle aan mekaar te heg nie. Die muur is meer as vyf-en-twintig span wyd, en die hoogte is na eweredigheid nie so groot nie. Bo-oor die deur van hierdie gebou is ’n opskrif, wat enkele geleerde Moorse koopmanne, wat daarheen gegaan het, nie kon lees nie; en hulle kon die geaardheid van die skrif ook nie bepaal nie. Hierdie gebou is amper deur heuwels omring, en bo-op hulle is nog ander ook van sulke klippe en sonder kalk opgerig; en een van hulle is ’n toring meer as twaalf vaam hoog.Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle taalhofbeteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so genoem.… Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in vergelyking[43]met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad suiderbreedte14.… Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker.…Die feite skyn aan te dui dat een of ander vors wat in besit van die myne was, die bou van die forte beveel het .… en dat hy, met verloop van tyd en omdat sy eie koninkryk so ver verwyderd was, later sy gesag hier verloor het.…Die bewoners van hierdie gebied is gewoonlik swart, met kroeserige hare; maar hulle is meer intelligent as dié van Mosambiek, Kilwa en Melinde.… Die gewone klere van almal bestaan uit stukke katoen, wat hier gemaak word of uit Indië kom; en daaronder is sommige van sy en gouddraad gemaak en tot twintig krusado’s elk werd, maar sulke klere word deur die edelliede en die[44]vroue gedra. En al is Benomotapa koning van die land en heer van almal; en al is sy vroue ook in dié klere gekleed, mag geen stof van vreemde maaksel sy persoon raak nie, maar al sy klere moet in die land gemaak word, want die vrees bestaan dat vreemde handewerk hom aan boosaardige invloede kan blootstel.Hierdie koning, wat ons Benomotapa of Monomotapa noem, is soos ’n klein keiser onder ons; want dit, volgens hulle, is die betekenis van die naam. In sy hofhouding is geen groot vertoon nie … want die grootste versieringe in sy huis is katoendoeke in die land geweef.… Sy mense bedien hom op die knie; en een proe sy kos, nie voor nie, maar nadat hy geëet het, van wat oorbly. As hy drink of hoes, moet almal wat teenwoordig is, hom iets goeds toewens; en waar die gelukwens gehoor word, vlie dit rond van mond tot mond, sodat die hele stad weet dat die koning gedrink of gehoes het.…Die Benomotapa het offisiële musiek van hulle eie soort, waar hy ook mag wees—selfs in die veld onder ’n boom; en daar is ook vyfhonderd grapmakers onder ’n kaptein, wat by beurte buitekant die huis waar hy slaap, wag hou. Die koninklike insignia is ’n klein harkie met ’n steel van ivoor, wat hy altyd in sy gordel dra en wat vrede beteken en aandui dat almal die grond mag bewerk en die vrugte van die aarde geniet; en hy dra ook nog een of twee asgaaie, wat reg en die verdediging van sy mense voorstel.[45]
1.Uit „Da Asia” van Joano de Barros4.
Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied; en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer5in die hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en daaruit vloei ook ons Zaire6, wat deur die koninkryk Kongo loop.…Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die rivier wat in die rigting van Sofala vloei, verdeel in twee lope nadat dit uit die meer kom; en die een bereik die see deuskant Kaap Correntes. Ons mense het dit vroeër Rio da Lagoa7genoem; maar nou heet dit Espirito Santo—’n naam wat Lourenço Marques daaraan gegee het toe hy dit in 1545 gaan ondersoek het.Die ander loop bereik die see vyf-en-twintig uur8anderkant Sofala en heet Cuama, ofskoon dit in die binneland die naam Sambesie dra.…[40]Die groot koninkryk Sofala lê dus ingesluit deur hierdie twee strome en die see, nes ’n eiland, met ’n omvang van sewehonderd-en-vyftig uur.… Die binnelande het ’n uitstekende, gematigde, gesonde en koel klimaat en is vrugbaar vir alles wat dit oplewer. Alleen die deel wat tussen Kaap Correntes en die mond van die Espirito Santo geleë is, bestaan uit groot vlaktes9, wat weiveld vir alle soorte van vee verskaf, maar so sonder bome is dat die mense beesmis vir brandstof gebruik en vel-klere dra, want die land is baie koud as gevolg van die winde wat uit die suidelike yssee waai.Die ander deel van die land, by die Cuamarivier en verder na binne toe, is meestal bergagtig, met bome bedek, deur riviere besproei en aangenaam geleë, en is dus digter bevolk; en Benomotapa woon gewoonlik daar. Daar dit so dig bevolk is, vermy die olifante hierdie deel en soek die reeds genoemde vlaktes op, waar hulle in troppe loop byna soos koeie. En dit kan ook nie anders wees nie, want dit word gewoonlik onder die Kaffers beweer dat vier- of vyfduisend olifante elke jaar omkom; en hierdie bewering word bevestig deur die groot hoeveelheid ivoor wat van daar uit na Indië gestuur word.Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.…[41]In die myne van Manica10, wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry.…Die ander myne wat verder van Sofala af lê, nl. tussen ’n honderd en tweehonderd uur, is in die distrikte Boro en Quiticuy; en in hierdie myne en die reeds genoemde riviere wat die land besproei, word groter korrels goud gekry, party in rotsare en party skoongewas deur die winterstortvloede; en dus is dit hulle gewoonte om in die somer in die stil rivierwater te duik, en veel goud word gevind in die modder wat hulle opbring.…Daar die land ryk aan goud is, kon ’n groot hoeveelheid verkry word as die mense hebsugtig was; maar hulle is so lui om daarna te soek, of liewer hulle begeer dit so min, dat een van dié neërs al baie honger moet wees voordat hy daarvoor sal grawe.…Daar is ander myne in ’n distrik, wat Toróa11genoem word, of ook die Koninkryk Batua12. Hier regeer ’n vors met die naam Burrom, ’n vasaal[42]van Benomotapa; en sy gebied grens aan die bo-gemelde uitgestrekte vlaktes. Hierdie myne is die oudste van dié wat in die land bekend is. Hulle lê almal in die groot vlakte, en in die middel daarvan is ’n vierkantige fort13, van binne en buite gemessel en van verbasend groot klippe gebou; en dit skyn asof geen kalk gebruik is om hulle aan mekaar te heg nie. Die muur is meer as vyf-en-twintig span wyd, en die hoogte is na eweredigheid nie so groot nie. Bo-oor die deur van hierdie gebou is ’n opskrif, wat enkele geleerde Moorse koopmanne, wat daarheen gegaan het, nie kon lees nie; en hulle kon die geaardheid van die skrif ook nie bepaal nie. Hierdie gebou is amper deur heuwels omring, en bo-op hulle is nog ander ook van sulke klippe en sonder kalk opgerig; en een van hulle is ’n toring meer as twaalf vaam hoog.Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle taalhofbeteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so genoem.… Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in vergelyking[43]met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad suiderbreedte14.… Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker.…Die feite skyn aan te dui dat een of ander vors wat in besit van die myne was, die bou van die forte beveel het .… en dat hy, met verloop van tyd en omdat sy eie koninkryk so ver verwyderd was, later sy gesag hier verloor het.…Die bewoners van hierdie gebied is gewoonlik swart, met kroeserige hare; maar hulle is meer intelligent as dié van Mosambiek, Kilwa en Melinde.… Die gewone klere van almal bestaan uit stukke katoen, wat hier gemaak word of uit Indië kom; en daaronder is sommige van sy en gouddraad gemaak en tot twintig krusado’s elk werd, maar sulke klere word deur die edelliede en die[44]vroue gedra. En al is Benomotapa koning van die land en heer van almal; en al is sy vroue ook in dié klere gekleed, mag geen stof van vreemde maaksel sy persoon raak nie, maar al sy klere moet in die land gemaak word, want die vrees bestaan dat vreemde handewerk hom aan boosaardige invloede kan blootstel.Hierdie koning, wat ons Benomotapa of Monomotapa noem, is soos ’n klein keiser onder ons; want dit, volgens hulle, is die betekenis van die naam. In sy hofhouding is geen groot vertoon nie … want die grootste versieringe in sy huis is katoendoeke in die land geweef.… Sy mense bedien hom op die knie; en een proe sy kos, nie voor nie, maar nadat hy geëet het, van wat oorbly. As hy drink of hoes, moet almal wat teenwoordig is, hom iets goeds toewens; en waar die gelukwens gehoor word, vlie dit rond van mond tot mond, sodat die hele stad weet dat die koning gedrink of gehoes het.…Die Benomotapa het offisiële musiek van hulle eie soort, waar hy ook mag wees—selfs in die veld onder ’n boom; en daar is ook vyfhonderd grapmakers onder ’n kaptein, wat by beurte buitekant die huis waar hy slaap, wag hou. Die koninklike insignia is ’n klein harkie met ’n steel van ivoor, wat hy altyd in sy gordel dra en wat vrede beteken en aandui dat almal die grond mag bewerk en die vrugte van die aarde geniet; en hy dra ook nog een of twee asgaaie, wat reg en die verdediging van sy mense voorstel.[45]
Die land wat ons die Koninkryk Sofala noem, is ’n uitgebreide gebied; en daaroor regeer ’n heidense vors, Benomotapa genaamd. Dit is omring deur twee lope van ’n rivier wat uit die belangrikste meer5in die hele Afrika vloei. Die ou skrywers wou graag inligting omtrent hierdie meer kry, omdat dit die verborge oorsprong van die beroemde Nyl is; en daaruit vloei ook ons Zaire6, wat deur die koninkryk Kongo loop.…
Die Simbabwe-toring, van die ooste.Die Simbabwe-toring, van die ooste.
Die Simbabwe-toring, van die ooste.
Die rivier wat in die rigting van Sofala vloei, verdeel in twee lope nadat dit uit die meer kom; en die een bereik die see deuskant Kaap Correntes. Ons mense het dit vroeër Rio da Lagoa7genoem; maar nou heet dit Espirito Santo—’n naam wat Lourenço Marques daaraan gegee het toe hy dit in 1545 gaan ondersoek het.
Die ander loop bereik die see vyf-en-twintig uur8anderkant Sofala en heet Cuama, ofskoon dit in die binneland die naam Sambesie dra.…[40]
Die groot koninkryk Sofala lê dus ingesluit deur hierdie twee strome en die see, nes ’n eiland, met ’n omvang van sewehonderd-en-vyftig uur.… Die binnelande het ’n uitstekende, gematigde, gesonde en koel klimaat en is vrugbaar vir alles wat dit oplewer. Alleen die deel wat tussen Kaap Correntes en die mond van die Espirito Santo geleë is, bestaan uit groot vlaktes9, wat weiveld vir alle soorte van vee verskaf, maar so sonder bome is dat die mense beesmis vir brandstof gebruik en vel-klere dra, want die land is baie koud as gevolg van die winde wat uit die suidelike yssee waai.
Die ander deel van die land, by die Cuamarivier en verder na binne toe, is meestal bergagtig, met bome bedek, deur riviere besproei en aangenaam geleë, en is dus digter bevolk; en Benomotapa woon gewoonlik daar. Daar dit so dig bevolk is, vermy die olifante hierdie deel en soek die reeds genoemde vlaktes op, waar hulle in troppe loop byna soos koeie. En dit kan ook nie anders wees nie, want dit word gewoonlik onder die Kaffers beweer dat vier- of vyfduisend olifante elke jaar omkom; en hierdie bewering word bevestig deur die groot hoeveelheid ivoor wat van daar uit na Indië gestuur word.
Van die myne van hierdie land waar goud uitgehaal word, is dié van Manica naaste aan Sofala. Hulle is geleë in ’n vlakte, wat deur berge omring is en ’n omvang van omtrent dertig uur het.…[41]In die myne van Manica10, wat ongeveer vyftig uur wes van Sofala is, kry die Kaffers dit taamlik swaar; want die streek is baie droog. Al die goud wat hier gevind word, is in die vorm van stof; en hulle moet die grond wat hulle uitgrawe, na ’n plek dra waar hulle water kan kry.…
Die ander myne wat verder van Sofala af lê, nl. tussen ’n honderd en tweehonderd uur, is in die distrikte Boro en Quiticuy; en in hierdie myne en die reeds genoemde riviere wat die land besproei, word groter korrels goud gekry, party in rotsare en party skoongewas deur die winterstortvloede; en dus is dit hulle gewoonte om in die somer in die stil rivierwater te duik, en veel goud word gevind in die modder wat hulle opbring.…
Daar die land ryk aan goud is, kon ’n groot hoeveelheid verkry word as die mense hebsugtig was; maar hulle is so lui om daarna te soek, of liewer hulle begeer dit so min, dat een van dié neërs al baie honger moet wees voordat hy daarvoor sal grawe.…
Daar is ander myne in ’n distrik, wat Toróa11genoem word, of ook die Koninkryk Batua12. Hier regeer ’n vors met die naam Burrom, ’n vasaal[42]van Benomotapa; en sy gebied grens aan die bo-gemelde uitgestrekte vlaktes. Hierdie myne is die oudste van dié wat in die land bekend is. Hulle lê almal in die groot vlakte, en in die middel daarvan is ’n vierkantige fort13, van binne en buite gemessel en van verbasend groot klippe gebou; en dit skyn asof geen kalk gebruik is om hulle aan mekaar te heg nie. Die muur is meer as vyf-en-twintig span wyd, en die hoogte is na eweredigheid nie so groot nie. Bo-oor die deur van hierdie gebou is ’n opskrif, wat enkele geleerde Moorse koopmanne, wat daarheen gegaan het, nie kon lees nie; en hulle kon die geaardheid van die skrif ook nie bepaal nie. Hierdie gebou is amper deur heuwels omring, en bo-op hulle is nog ander ook van sulke klippe en sonder kalk opgerig; en een van hulle is ’n toring meer as twaalf vaam hoog.
Die inboorlinge van die land noem al die geboue Simbaoe, wat in hulle taalhofbeteken; want elke plek waar Benomotapa vertoef, word so genoem.… Wanneer of deur wie hierdie geboue opgerig is, is nêrens bewaar gebly nie, omdat die bewoners van die land die skryfkuns nie ken nie. Maar hulle sê die forte is die werk van die duiwel; want in vergelyking[43]met hulle eie kundigheid en kennis skyn dit vir hulle onmoontlik dat sulke geboue mensewerk kan wees. Sommige More wat dit gesien het en aan wie Vicente Pegado, die kaptein van Sofala, ons fort daar gewys het met sy vensters en boë, sodat hulle dit kon vergelyk met die steenbewerking van die genoemde gebou, het verklaar dat die werk van ons messelaars, wat gladheid en afgewerktheid betref, nie met die ander ’n vergelyking kan uitstaan nie. Die afstand van Sofala na hierdie gebou in ’n direkte lyn na die weste is eenhonderd-en-sewentig uur, naastenby; en dit is geleë tussen de 20 graad en 21 graad suiderbreedte14.… Die More wat dit gesien het, meen dat dit baie oud is en opgerig is om die besit van die myne te verseker.…
Die feite skyn aan te dui dat een of ander vors wat in besit van die myne was, die bou van die forte beveel het .… en dat hy, met verloop van tyd en omdat sy eie koninkryk so ver verwyderd was, later sy gesag hier verloor het.…
Die bewoners van hierdie gebied is gewoonlik swart, met kroeserige hare; maar hulle is meer intelligent as dié van Mosambiek, Kilwa en Melinde.… Die gewone klere van almal bestaan uit stukke katoen, wat hier gemaak word of uit Indië kom; en daaronder is sommige van sy en gouddraad gemaak en tot twintig krusado’s elk werd, maar sulke klere word deur die edelliede en die[44]vroue gedra. En al is Benomotapa koning van die land en heer van almal; en al is sy vroue ook in dié klere gekleed, mag geen stof van vreemde maaksel sy persoon raak nie, maar al sy klere moet in die land gemaak word, want die vrees bestaan dat vreemde handewerk hom aan boosaardige invloede kan blootstel.
Hierdie koning, wat ons Benomotapa of Monomotapa noem, is soos ’n klein keiser onder ons; want dit, volgens hulle, is die betekenis van die naam. In sy hofhouding is geen groot vertoon nie … want die grootste versieringe in sy huis is katoendoeke in die land geweef.… Sy mense bedien hom op die knie; en een proe sy kos, nie voor nie, maar nadat hy geëet het, van wat oorbly. As hy drink of hoes, moet almal wat teenwoordig is, hom iets goeds toewens; en waar die gelukwens gehoor word, vlie dit rond van mond tot mond, sodat die hele stad weet dat die koning gedrink of gehoes het.…
Die Benomotapa het offisiële musiek van hulle eie soort, waar hy ook mag wees—selfs in die veld onder ’n boom; en daar is ook vyfhonderd grapmakers onder ’n kaptein, wat by beurte buitekant die huis waar hy slaap, wag hou. Die koninklike insignia is ’n klein harkie met ’n steel van ivoor, wat hy altyd in sy gordel dra en wat vrede beteken en aandui dat almal die grond mag bewerk en die vrugte van die aarde geniet; en hy dra ook nog een of twee asgaaie, wat reg en die verdediging van sy mense voorstel.[45]
2.Uit „Ethiopia Oriental” van Joano Dos Santos15.Naby die stad Masapa is ’n baie hoë en majestueuse berg, wat die naam Fura16dra en waarvandaan ’n groot gedeelte van die ryk van Monomotapa sigbaar is. Om dié rede wil die koning die Portugese nie op die berg laat gaan nie, om te voorkom dat hulle gierigheid deur die uitgestrektheid en skoonheid van sy land, waarin so baie en sulke groot goudmyne verberg is, sal gewek word.Op die top van hierdie berg staan nog oorblyfsels van ou mure en klip-gemesselde bouvalle, wat duidelik aantoon dat hier vroeër huise en sterk geboue was, soos in die hele Kafferland nie te sien is nie; want selfs die paleis van die koning is van hout en word met klei gesmeer en met strooi gedek. Die inboorlinge van hierdie streke, veral party van die oudste More, beweer dat hulle voorouers ’n tradiesie nagelaat het dat hierdie ou geboue ’n faktory van die koningin van Skeba was en dat van hier af ’n groot hoeveelheid goud na haar gebring is. Dit is op die Cuama-riviere tot in die Indiese Oseaan vervoer, dan in skepe langs die kus van Etiopië tot by die Rode See, verder in dié see op tot aan die kuste van die gebied wat aan Egipteland grens. Hier is die goud ontskeep en is oor land[46]na die hof van die koningin van Skeba gebring, want, sê hulle, sy was koningin en heerseres oor ’n groot deel van Etiopië bokant Egipte; en langs die Rode See het sy haar vlote gestuur vir die goud van hierdie riviere. Ek betwyfel dit nie erg nie, want volgens die opvatting van sommige van ons ernstige skrywers het die koningin van Skeba oor die deel van Etiopië wat bokant Egipte lê, geregeer.…Simbabwe, van die ooste.Simbabwe, van die ooste.Ander, weer, sê dat dit die bouvalle is van ’n faktory van koning Salomo en dat hy hier handelaars gehad het, wat ’n groot hoeveelheid goud uit die streke gekry het; hulle het dit dan op dieselfde riviere na die Indiese Oseaan vervoer en in skepe verder tot in die Rode See; op die kus van Arabië naby Sues het hulle dit aan wal gebring en oor land na Jerusalem, ’n reis van omtrent tagtig uur. Hulle beweer ook dat die goud van Ofir wat koning Salomo gekry het, van Fura of Afura gekom het, dat daar weinig verskil is tussen Ofir en Afura, en dat die naam in die lang verloop van tyd ’n verandering ondergaan het.Ek weet nie met welke grond hulle die een of die ander bewering maak nie17; ek kan alleen sê dat daar ’n hoeveelheid fyn goud in die streke rondom[47]die berg is en dat dit op dié riviere in daardie tye kon gestuur geword het, nes die Portugese dit nou doen, en voor hulle die More van Mosambiek en Kilwa.Die reis moes ’n lang tyd in beslag geneem het, want die weg was toe nog nie so goed bekend soos nou nie, en hulle het ook nie sulke goeie skepe gehad nie.…. Buitendien veroorsaak die winde hier baie oponthoud vir die skepe, want langs die hele kus van Etiopië waai slegs twee winde, een uit die ooste en een uit die weste, elkeen ses maande lank; en hulle word moessons genoem.… Dit is dus begryplik dat die reis, soos in die Heilige Skrif aangegee, drie jaar kon geduur het.…. ’n Ander bewys dat die vloot van koning Salomo miskien na die kus van Etiopië gekom het om goud by Fura te kry, is dat dit ook edelgesteentes, hout vir die tempel, ape en poue saamgeneem het—want al dié dinge word op die kus gevind. By Sofala word pêrels uitgehaal, en daar is ook kosbare hout.…. En ofskoon ek geen poue gesien het in die streke langs die kus nie, moet daar in die binnelande van hul wees, want ek het Kaffers gesien met pouvere op hulle kop. Daar is ontsaglik baie aapsoorte, en van die goud sal ek nie eens praat nie.[49]
2.Uit „Ethiopia Oriental” van Joano Dos Santos15.
Naby die stad Masapa is ’n baie hoë en majestueuse berg, wat die naam Fura16dra en waarvandaan ’n groot gedeelte van die ryk van Monomotapa sigbaar is. Om dié rede wil die koning die Portugese nie op die berg laat gaan nie, om te voorkom dat hulle gierigheid deur die uitgestrektheid en skoonheid van sy land, waarin so baie en sulke groot goudmyne verberg is, sal gewek word.Op die top van hierdie berg staan nog oorblyfsels van ou mure en klip-gemesselde bouvalle, wat duidelik aantoon dat hier vroeër huise en sterk geboue was, soos in die hele Kafferland nie te sien is nie; want selfs die paleis van die koning is van hout en word met klei gesmeer en met strooi gedek. Die inboorlinge van hierdie streke, veral party van die oudste More, beweer dat hulle voorouers ’n tradiesie nagelaat het dat hierdie ou geboue ’n faktory van die koningin van Skeba was en dat van hier af ’n groot hoeveelheid goud na haar gebring is. Dit is op die Cuama-riviere tot in die Indiese Oseaan vervoer, dan in skepe langs die kus van Etiopië tot by die Rode See, verder in dié see op tot aan die kuste van die gebied wat aan Egipteland grens. Hier is die goud ontskeep en is oor land[46]na die hof van die koningin van Skeba gebring, want, sê hulle, sy was koningin en heerseres oor ’n groot deel van Etiopië bokant Egipte; en langs die Rode See het sy haar vlote gestuur vir die goud van hierdie riviere. Ek betwyfel dit nie erg nie, want volgens die opvatting van sommige van ons ernstige skrywers het die koningin van Skeba oor die deel van Etiopië wat bokant Egipte lê, geregeer.…Simbabwe, van die ooste.Simbabwe, van die ooste.Ander, weer, sê dat dit die bouvalle is van ’n faktory van koning Salomo en dat hy hier handelaars gehad het, wat ’n groot hoeveelheid goud uit die streke gekry het; hulle het dit dan op dieselfde riviere na die Indiese Oseaan vervoer en in skepe verder tot in die Rode See; op die kus van Arabië naby Sues het hulle dit aan wal gebring en oor land na Jerusalem, ’n reis van omtrent tagtig uur. Hulle beweer ook dat die goud van Ofir wat koning Salomo gekry het, van Fura of Afura gekom het, dat daar weinig verskil is tussen Ofir en Afura, en dat die naam in die lang verloop van tyd ’n verandering ondergaan het.Ek weet nie met welke grond hulle die een of die ander bewering maak nie17; ek kan alleen sê dat daar ’n hoeveelheid fyn goud in die streke rondom[47]die berg is en dat dit op dié riviere in daardie tye kon gestuur geword het, nes die Portugese dit nou doen, en voor hulle die More van Mosambiek en Kilwa.Die reis moes ’n lang tyd in beslag geneem het, want die weg was toe nog nie so goed bekend soos nou nie, en hulle het ook nie sulke goeie skepe gehad nie.…. Buitendien veroorsaak die winde hier baie oponthoud vir die skepe, want langs die hele kus van Etiopië waai slegs twee winde, een uit die ooste en een uit die weste, elkeen ses maande lank; en hulle word moessons genoem.… Dit is dus begryplik dat die reis, soos in die Heilige Skrif aangegee, drie jaar kon geduur het.…. ’n Ander bewys dat die vloot van koning Salomo miskien na die kus van Etiopië gekom het om goud by Fura te kry, is dat dit ook edelgesteentes, hout vir die tempel, ape en poue saamgeneem het—want al dié dinge word op die kus gevind. By Sofala word pêrels uitgehaal, en daar is ook kosbare hout.…. En ofskoon ek geen poue gesien het in die streke langs die kus nie, moet daar in die binnelande van hul wees, want ek het Kaffers gesien met pouvere op hulle kop. Daar is ontsaglik baie aapsoorte, en van die goud sal ek nie eens praat nie.[49]
Naby die stad Masapa is ’n baie hoë en majestueuse berg, wat die naam Fura16dra en waarvandaan ’n groot gedeelte van die ryk van Monomotapa sigbaar is. Om dié rede wil die koning die Portugese nie op die berg laat gaan nie, om te voorkom dat hulle gierigheid deur die uitgestrektheid en skoonheid van sy land, waarin so baie en sulke groot goudmyne verberg is, sal gewek word.
Op die top van hierdie berg staan nog oorblyfsels van ou mure en klip-gemesselde bouvalle, wat duidelik aantoon dat hier vroeër huise en sterk geboue was, soos in die hele Kafferland nie te sien is nie; want selfs die paleis van die koning is van hout en word met klei gesmeer en met strooi gedek. Die inboorlinge van hierdie streke, veral party van die oudste More, beweer dat hulle voorouers ’n tradiesie nagelaat het dat hierdie ou geboue ’n faktory van die koningin van Skeba was en dat van hier af ’n groot hoeveelheid goud na haar gebring is. Dit is op die Cuama-riviere tot in die Indiese Oseaan vervoer, dan in skepe langs die kus van Etiopië tot by die Rode See, verder in dié see op tot aan die kuste van die gebied wat aan Egipteland grens. Hier is die goud ontskeep en is oor land[46]na die hof van die koningin van Skeba gebring, want, sê hulle, sy was koningin en heerseres oor ’n groot deel van Etiopië bokant Egipte; en langs die Rode See het sy haar vlote gestuur vir die goud van hierdie riviere. Ek betwyfel dit nie erg nie, want volgens die opvatting van sommige van ons ernstige skrywers het die koningin van Skeba oor die deel van Etiopië wat bokant Egipte lê, geregeer.…
Simbabwe, van die ooste.Simbabwe, van die ooste.
Simbabwe, van die ooste.
Ander, weer, sê dat dit die bouvalle is van ’n faktory van koning Salomo en dat hy hier handelaars gehad het, wat ’n groot hoeveelheid goud uit die streke gekry het; hulle het dit dan op dieselfde riviere na die Indiese Oseaan vervoer en in skepe verder tot in die Rode See; op die kus van Arabië naby Sues het hulle dit aan wal gebring en oor land na Jerusalem, ’n reis van omtrent tagtig uur. Hulle beweer ook dat die goud van Ofir wat koning Salomo gekry het, van Fura of Afura gekom het, dat daar weinig verskil is tussen Ofir en Afura, en dat die naam in die lang verloop van tyd ’n verandering ondergaan het.
Ek weet nie met welke grond hulle die een of die ander bewering maak nie17; ek kan alleen sê dat daar ’n hoeveelheid fyn goud in die streke rondom[47]die berg is en dat dit op dié riviere in daardie tye kon gestuur geword het, nes die Portugese dit nou doen, en voor hulle die More van Mosambiek en Kilwa.
Die reis moes ’n lang tyd in beslag geneem het, want die weg was toe nog nie so goed bekend soos nou nie, en hulle het ook nie sulke goeie skepe gehad nie.…. Buitendien veroorsaak die winde hier baie oponthoud vir die skepe, want langs die hele kus van Etiopië waai slegs twee winde, een uit die ooste en een uit die weste, elkeen ses maande lank; en hulle word moessons genoem.… Dit is dus begryplik dat die reis, soos in die Heilige Skrif aangegee, drie jaar kon geduur het.…. ’n Ander bewys dat die vloot van koning Salomo miskien na die kus van Etiopië gekom het om goud by Fura te kry, is dat dit ook edelgesteentes, hout vir die tempel, ape en poue saamgeneem het—want al dié dinge word op die kus gevind. By Sofala word pêrels uitgehaal, en daar is ook kosbare hout.…. En ofskoon ek geen poue gesien het in die streke langs die kus nie, moet daar in die binnelande van hul wees, want ek het Kaffers gesien met pouvere op hulle kop. Daar is ontsaglik baie aapsoorte, en van die goud sal ek nie eens praat nie.[49]
1Vgl. Theal, 1, bls. 227.↑2Sien bls. 44.↑3Vgl. bls. 59.↑4SienRecords of S.E. Africa, VI, blss. 1 vv., veral 264 vv. De Barros is die mees gesaghebbende Portugese geskiedskrywer. Gebore in 1496 het hy jonk in die Indiese diens getree en belangrike betrekkinge daarin beklee. Hy het insage gehad in die joernale, briewe en rapporte van die Portugese ontdekkers en hulle opvolgers. SyAsiahet in vier dele tussen 1552 en 1613 verskyn.↑5Vgl. bls. 59, aant. 15.↑6Die Kongorivier.↑7Vgl. bls. 59, aant. 15.↑8Ek vertaal ook hier legua met „uur”, d.w.s. „uur te voet”. Vgl. bls. 26.↑9Hall (Prehistoric Rhodesia, bls. 116) sê: „The ‚plains’ would be the great stretch of open country lying between Victoria and Enkeldoorn, which constitutes a very noticeable topographical feature in Mashonaland.”↑10Sien vir al die genoemde plekke die kaart in Hall,Prehistoric Rhodesia, bls. 29.↑11Torooftoróa= Bantoeoud. Hall (bls. 151) bring dit in verband met die ou geboue daar.↑12ButuaofAbutua= BantoeKlein mensies. Die Kaffers het hiermee die Boesmans aangedui, en Hall (bls. 84) lei hiervan af dat die bedoelde gebied nie lank tevore me die grens van die Bantoe-opmars teen die Boesmans was. Ons kry so miskien ’n bietjie lig omtrent die uitbreiding van die Kaffers in die binneland. Vgl. Inleiding „Die Skipbreuk van dieSint Johannes,” bls 17.↑13Hierdie beskrywing van Simbabwe en sy omgeving is natuurlik nie juis nie. Die leser word verwys na Hall,Prehistoric RhodesiaenGreat Zimbabwe; Hall en Neal,The Ancient Ruins of Rhodesia; Bent,The Ruined Cities of Mashonaland, ens. Voorbeelde van skrif is nie by die ruïenes ontdek nie, en Hall veronderstel dat die opskrif waarvan hier sprake is, slegs die nog bestaande randversiering bo aan die groot muur was.↑14’n Taamlik juiste aanduiding.↑15SienRecords of S.E. Africa, VII, blss. 1 vv., en veral blss. 275 vv. Dos Santos het teen die end van die sestiende eeu as sendeling in Sofala en die omstreke gelewe. Sy mededelinge berus dus grotendeels op eie waarneming en bevat veel oor die geaardheid en lewenswyse van die Kaffers. SyEthiopia Orientalhet in 1609 verskyn.↑16Mount Darwin (?), omtrent sewentig myl noordoos van Salisbury.↑17Die geheim van die eerste goudgrawers en fortbouers van ons noordelike binneland is nog nie ontsluier nie. Soos hieruit blyk, was die Portugese oorspronklik verantwoordelik vir die teorie dat daar tussen hulle en die Bybelse goudland ’n verband bestaan. Hall is van oordeel dat die geboue deur Semiete, uit Asië en waarskynlik uit Suid-Arabië afkomstig, opgerig is. Dit is ongetwyfeld waar dat hulle nie van Bantoe-oorsprong is nie en dat die Kaffers geen oorleweringe omtrent hulle oprigting het nie.↑

1Vgl. Theal, 1, bls. 227.↑
1Vgl. Theal, 1, bls. 227.↑
2Sien bls. 44.↑
2Sien bls. 44.↑
3Vgl. bls. 59.↑
3Vgl. bls. 59.↑
4SienRecords of S.E. Africa, VI, blss. 1 vv., veral 264 vv. De Barros is die mees gesaghebbende Portugese geskiedskrywer. Gebore in 1496 het hy jonk in die Indiese diens getree en belangrike betrekkinge daarin beklee. Hy het insage gehad in die joernale, briewe en rapporte van die Portugese ontdekkers en hulle opvolgers. SyAsiahet in vier dele tussen 1552 en 1613 verskyn.↑

5Vgl. bls. 59, aant. 15.↑
5Vgl. bls. 59, aant. 15.↑
6Die Kongorivier.↑
6Die Kongorivier.↑
7Vgl. bls. 59, aant. 15.↑
7Vgl. bls. 59, aant. 15.↑
8Ek vertaal ook hier legua met „uur”, d.w.s. „uur te voet”. Vgl. bls. 26.↑
8Ek vertaal ook hier legua met „uur”, d.w.s. „uur te voet”. Vgl. bls. 26.↑
9Hall (Prehistoric Rhodesia, bls. 116) sê: „The ‚plains’ would be the great stretch of open country lying between Victoria and Enkeldoorn, which constitutes a very noticeable topographical feature in Mashonaland.”↑

10Sien vir al die genoemde plekke die kaart in Hall,Prehistoric Rhodesia, bls. 29.↑
10Sien vir al die genoemde plekke die kaart in Hall,Prehistoric Rhodesia, bls. 29.↑
11Torooftoróa= Bantoeoud. Hall (bls. 151) bring dit in verband met die ou geboue daar.↑
11Torooftoróa= Bantoeoud. Hall (bls. 151) bring dit in verband met die ou geboue daar.↑
12ButuaofAbutua= BantoeKlein mensies. Die Kaffers het hiermee die Boesmans aangedui, en Hall (bls. 84) lei hiervan af dat die bedoelde gebied nie lank tevore me die grens van die Bantoe-opmars teen die Boesmans was. Ons kry so miskien ’n bietjie lig omtrent die uitbreiding van die Kaffers in die binneland. Vgl. Inleiding „Die Skipbreuk van dieSint Johannes,” bls 17.↑

13Hierdie beskrywing van Simbabwe en sy omgeving is natuurlik nie juis nie. Die leser word verwys na Hall,Prehistoric RhodesiaenGreat Zimbabwe; Hall en Neal,The Ancient Ruins of Rhodesia; Bent,The Ruined Cities of Mashonaland, ens. Voorbeelde van skrif is nie by die ruïenes ontdek nie, en Hall veronderstel dat die opskrif waarvan hier sprake is, slegs die nog bestaande randversiering bo aan die groot muur was.↑

14’n Taamlik juiste aanduiding.↑
14’n Taamlik juiste aanduiding.↑
15SienRecords of S.E. Africa, VII, blss. 1 vv., en veral blss. 275 vv. Dos Santos het teen die end van die sestiende eeu as sendeling in Sofala en die omstreke gelewe. Sy mededelinge berus dus grotendeels op eie waarneming en bevat veel oor die geaardheid en lewenswyse van die Kaffers. SyEthiopia Orientalhet in 1609 verskyn.↑

16Mount Darwin (?), omtrent sewentig myl noordoos van Salisbury.↑
16Mount Darwin (?), omtrent sewentig myl noordoos van Salisbury.↑
17Die geheim van die eerste goudgrawers en fortbouers van ons noordelike binneland is nog nie ontsluier nie. Soos hieruit blyk, was die Portugese oorspronklik verantwoordelik vir die teorie dat daar tussen hulle en die Bybelse goudland ’n verband bestaan. Hall is van oordeel dat die geboue deur Semiete, uit Asië en waarskynlik uit Suid-Arabië afkomstig, opgerig is. Dit is ongetwyfeld waar dat hulle nie van Bantoe-oorsprong is nie en dat die Kaffers geen oorleweringe omtrent hulle oprigting het nie.↑