V.JAN.
Die famielies wat in die verte deur die ongeluk getref word, wat sou hul nie gee om deur iemand wat ooggetuie was van die bloedige offer, te hoor vertel van hul liewe dode nie, van die besonderhede wat so kort en bondig ontwyfelbare waarhede laat voel in verband met die treurige gebeurtenis, al sou sulke besonderhede ook hul wonde weer oopmaak en hul trane weer laat vloei. Ja, hul is gelukkig selfs in hul ellende, as hul maar die noukeurige waarheid kan hoor, opdat die dood minder duister bly, en die onsekerhede weggeneem word wat by dag ’n kwelling is vir hul gees en snags verander in benoude drome . . .
Verskeie maande is al verloop na die veldslag in die Sahara. Van die twee vrouens in rou op Maupas, het die één nog krommer geword en op haar bleek gelaat het die glimlaggie vir altyd versterwe; die ander een het regop en fier gebly, maar haar jeug versmadend, gee sy haar bitter en hopeloos oor aan haar dae wat verbygaan. Omsluit deur eensaamheid en stilte, gaan hul nie meer dorptoe nie, en stap geen deur meer in nie as van die armoedige huisies waar altyd na hul uitgesien word.
Nietemin, as hul die stap van die brieweman hoor op die sand van die agterplaas, dan gee hul harte nog ’n ruk. Die goeie ou man skep vreugde in die belangryke rol wat hy speel, hy laat hul nie wag nie, op die posseëls kykend roep hy hul al van vèr toe: „Hier is één van Parys . . . van China . . . . van Algiers.”
—Dankie, Ravet; Marie is in die kombuis, laat sy vir jou iets te drinke gee.
In die briewe lê nou die hele plesier wat die huis nog ken. Daar kom nou meer as anders. Uit dieverre lande wedywer die kinders van mevrou Kibert met mekaar om haar droewige ou dag met hul liefde te verlig. Die briewe uit Afrika is van Jan Berlier; hulle vertel net van Marcel en van sy roemryke dood. In sy laaste brief skryf Jan dat hy teen die end van Meimaand huis-toe kom. Dis nou Meimaand: alles is éne sonlig en blomme. Met verlange kyk hul al uit op Maupas of daar nog nie iemand aankom in die verlate boomlaning nie, waar die kastaiingbome trots hul wit bloeiselpluime in die lug dra . . . .
Die jonkman wat stadig teen die bult opstap, onder die bome wat om die ou huis groei, is nie meer die galante vryer van Isabella Orlandi nie. Hy het darem nog altyd sy mooi skraal postuur en sy ligte dog vaste stap. Maar sy gebruinde gelaat het iets manlikers, en dit lyk of sy oë elke ding meer besonderlik raaksien. Sy sorglose jonkheid het oorgegaan in ’n leeftyd van nadink en wilskrag.
Hy het die aand vantevore aangekom. Vroeg vanmôre het hy die rosevilla van sy oom verlaat. Hy asem die lug in van sy ontwakende geboortegrond, van die herlewende natuur. Die veld lyk nog kouerig, en is hier en daar oordek met violet en purper dampe, soos ’n jongvrou wat langsaam haar ooglede opslaat, haar uitrek, en haar sluierbedekking afskuiwe. So verras Jan die ontwakende lente, die lewensvreugde wat met die daglig begin. Hy bewonder die tere groen wat in Meimaand die velde en bome oorwaas, en hy ruik die lug van die sagte jong blaartjies in die heinings. Hy soek na die welbekende kerktorings teen die hang—die een byna in die groen bome begrawe, die ander teen ’n bos van kastaiingbome, soos ’n grysaard wat die koelte soek. Selfs die kranse van die berge het in die môrelig hul dreiende aansien verloor. Onder die heldere lug glimlag die hele natuur, en skyn vertroulik haar bevalligheid en betowering aan te bied, belofte te gee van vrug en oes.
Jan draai hom om en sien in die verte, soos ’n plaat pêrelmoer en goud, die meertjie lê, slapende nog in die môreson. Onder die strelende sonstrale begin die water wellustig te rimpel. Die jonkman stap aan. Teen die bult staan die villa Chenée, met oop rame in die môrewindjie. Hy dink met plesier terug aan sy vyf-en-twintig-jarige leeftyd en aan Isabella met haar mooi rooi lippe—net so klaar om te soen as om te babbel. Hy dink terug en sê verwonderd:
—Amper vier jaar het ek hierdie plek, en vir haar, nie gesien nie. Dit lyk my baie langer. Ek was toe maar ’n kalfie, wat met die lewe gespeel het. Maar hy dink nie lank aan haar nie. In die eikebos hoor hy ’n meisie sing wat die skape oppas: dis ’n ou liefdeliedjie:
Bo-op die bergsing die voëltjies so.Ek neem my roermet my mee na bo.Vier wou ek skiet,maar weggevloëis almal nou,en geen één het ek, o!
Bo-op die bergsing die voëltjies so.Ek neem my roermet my mee na bo.Vier wou ek skiet,maar weggevloëis almal nou,en geen één het ek, o!
Bo-op die bergsing die voëltjies so.Ek neem my roermet my mee na bo.Vier wou ek skiet,maar weggevloëis almal nou,en geen één het ek, o!
Bo-op die berg
sing die voëltjies so.
Ek neem my roer
met my mee na bo.
Vier wou ek skiet,
maar weggevloë
is almal nou,
en geen één het ek, o!
Die stem klink so helder soos fonteinwater. In ’n draai van die pad sien hy die skape, agter hulle die meisie, donker teen die lug, in die omlysting van die bome wat oor die pad in mekaar groei. Dis ’n dogter van vyftien of sestien jaar so gesond en fris as net ’n mooi boerenoointjie kan wees. Sy sing weer verder:
My liefie se hartjiehet ek geraak.O, het ek my liefienou seergemaak?
My liefie se hartjiehet ek geraak.O, het ek my liefienou seergemaak?
My liefie se hartjiehet ek geraak.O, het ek my liefienou seergemaak?
My liefie se hartjie
het ek geraak.
O, het ek my liefie
nou seergemaak?
Sy stap verby Jan; hy glimlag.
—Dag, meneer Jan, sê sy, en buig met haar hoof.
—Ken jy my dan? vra hy, verbaas.
—Maar seker. Ek is die dogter van die boer op Maupas.
—Jeannette?
—Ja, om u te dien.
—Maar jy was so hoog soos my kapstewel, en nou is jy langer as die koringhalme.
Daar is niks wat ons so laat voel hoe die tyd verbygaan nie as die kinders wat groot word en wat ons maar min sien. Die meisie voel gevlei en begin te lag, en haar vreugde werk aansteeklik. En terwyl sy verder aanstap, sing sy weer die laaste versie:
My liefie se hartjiehet ek geraak.O, het ek my liefienou seergemaak?
My liefie se hartjiehet ek geraak.O, het ek my liefienou seergemaak?
My liefie se hartjiehet ek geraak.O, het ek my liefienou seergemaak?
My liefie se hartjie
het ek geraak.
O, het ek my liefie
nou seergemaak?
En tot by die jonkman, wat nog altyd onbeweeglik bly staan by die eikebome, dra die windjie die laaste, flou-gehoorde woorde aan:
’n Bietjie maar net—maar dit maak my dood!O, soen my net éénkeer—en weg is die nood.
’n Bietjie maar net—maar dit maak my dood!O, soen my net éénkeer—en weg is die nood.
’n Bietjie maar net—maar dit maak my dood!O, soen my net éénkeer—en weg is die nood.
’n Bietjie maar net—
maar dit maak my dood!
O, soen my net éénkeer—
en weg is die nood.
Hy slaan sy oë in die rondte op die vorme van die natuur, wat hom omring, op die jong boomblare, op die golwende gras van die weilande, op die jongmeisie, wat haar jeug dra soos die oorlopende wynbeker. Hy asem die geure in van die veld en die môrelug van die bosse. En die lug van die ou tuisplek maak hom weer vol lewenslus.
Nou dat hy ondervind het dat skone dae verbygaande is—nou wil hy daar ten volle van geniet.Jongmense stel nie waarde op hul bestaan nie as hul gedagteloos hulle plesier, ligsinnigheid en verstrooiing najaag, en alles wat die tyd maar versnel en doodmaak gelyk. Dis lewensgevaar, dis hartstog, dis liefdesmart of die aanblik van die dood, dis diepe droefheid wat hulle meteens tot stilstand bring voor die ontmaskerde gesig van die lewe—soos ’n mens aan die end van ’n tuinpad meteens ’n koue grafsteen sien onder rose verberg—dié wat die nag nie ken nie, sal hy met dieselfde gretigheid as ons die bedreigde prag van lig geniet en die vorme wat weer in die donker verlore sal gaan?
Op die hoogtepunt van sy jonkheid aangeland, begryp Jan dit nou beter. ’n Ander, meer donkerblou hemel, ’n ander dor en kaal land het sy gevoeligheid geskerp en volmaak gemaak. En veral het ander, droewiger aandoeninge sy hart by herhaling getref, net soos die beitel van die beeldhouer ’n klip tref en die onnodige stukke laat wegspat om ’n beeld te laat ontstaan. ’n Gevoel van dankbaarheid laat hom die volle en opwekkende gevoelens wat hierdie voorjaarsmôre hom gee, in verband bring met die bloedige môre toe sy vriend geval het. So ’n doodval van sy aanvoerder ná die oorwinning, so’n deurboorde voorhoof waarop die verstand sy setel gehad het, so’n verkilde hart wat vol liefde was, soveel werkkrag en moed, afgebreek soos ’n boom in bloei—kyk, dis dit wat ons wys op die nietigheid van die mens en as teenstelling—die dag meer lig gee! Daar, voor die bleek gesig van Marcel, uitgestrek op die grond, skoon, ernstig en vreedsaam in sy onbeweeglikheid—’n skoonheid, so stil tevrede, so kalm, dat hy dit nooit sal vergeet nie, so roerend in die omgewing en in die omstandighede—daar het hy die lus gevoel om te lewe, met sy hele hart en sonder vrees, en die behoefte om die ewige werk van die dood teen te spreek.
Die ou hek van Maupas staan oop, soos altyd. Jan loop op in die kastaiinglaning. Hy asem die geur van die bloeisels in. Hy weet dat daar in ’n oomblik weer trane sal vloei, pynlik maar weldadig, en dat hy die droewige verdienste sal hê van ou wonde weer oop te maak. Die gruis kraak onder sy voete.
Mevrou Kibert sit op stoep te werk—met stram vingers—in die koel môrelug. Sy staan op en kyk wie die besoeker is. Sy sien die jonkman.
—Jan, is dit jy? Ek het tog so na jou verlang!
Met die eerste oogopslag sien hy die spore van haar beproewing op haar. Sy het krommer geword, en gryser. Maar met verwondering herken hy ook op haar vermaerde gesig die vreedsame uitdrukking van vroeër.
—Mevrou, o, mevrou!
Haastig storm hy die treedjies op, en, net of dit natuurlik so kom, buig hy oor haar en gee haar ’n soen.
Sy probeer vergeefs om nie te huil nie en fluister die naam van Marcel.
—Kom binne, sê sy. In die voorkamer kan ons beter van hom praat.
Sy loop sukkelend vooruit. Sy maak ’n deur oop en roep:
—Paula, hier is Jan Berlier.
—Ek het gisteraand gekom, sê die jonkman. En ek kom al vroeg vanmôre omdat ek u graag gou wil sien.
—Dis baie goed van jou. Ek het wel geweet dat jy gou sou kom. Verskeie dae al het ons oë die pad opgepas.
Paula kom binne en gee Jan haar hand. Haar mooi swart hare laat haar mat-bleek gelaatskleur uitkom. Daar is geen vuur meer in haar donker oë nie. Nog meer fier en regop as vantevore, dra sy trots haar verbryselde hart. Alhoewel Jan heeltemal besig gehouword deur die treurige storie wat hy vertel, verbaas dit hom om in die jong, ernstige gelaat en in die stywe houding so’n lewensgeringagting te sien, Sy is verbaas om ’n verandering in hom te ontdek: met die jare het hy ’n beslister en fermer houding aangeneem—iets soos Marcel.
En in die klein voorkamer van die buitehuis—waar ’n sonstraal deur die geslote luike kom—roep die getuie van sy dood die held weer op uit die harde Afrikaanse grond waar hy rus, waar hy vir sy land geval het, en bring hom terug in sy famieliekring. Jonk lyk hy, groot, skraal en gespierd, sy hoof omhoog, gebiedend, begaaf met die meerderheid wat sy verskyning laat voel, die aanvoerdersgees, die gewilde kalmte wat ’n hoofman uitwys.
Op die piano sien Jan sy roos-omkranste portret.
Hy praat van hom soos hy dit sou verlang het: op eenvoudige en waardige wyse. Hy het ’n mooi, waar manier van vertel. Sy woord verjaag alle swakheid en wanhoop, hy bemoedig en vertroos en weet selfs die dood voor te stel as voltrekking van ’n bestemming. Die twee vrouens het geween by sy aankoms, maar aangenaam is sy verhaal nou vir hul harte.
Hy het sy maat nie sien val nie. Dit was net dagbreek toe die geweerskote hom laat opspring het; hy het sy manskappe dadelik bymekaargeroep. Die kommandant het, ’n entjie daarvandaan, die vyand dadelik aangeval. Die sersant, wat by hom was, het my vertel hoe hy gesterwe het. Ek was op die linkervleuel, hy in die middel. Hy het hulle uit hul posiesie geskiet en toe agternagesit. Teen die rooi môrelug het ek sy swart skadubeeld gesien. Die sersant het hom gewys op ’n duikie in die grond, waar miskien nog van die vyand kon skuil. Hy gee ’n stap vooruit, voel meteens aan sy voorhoof, bly nog ’n sekonde regop staan, en val toe met ’n slag teen die grond.
Mevrou Kibert bêre haar gesig in haar hande, en daar is trane in Paula haar oë, alhoewel sy probeer om haar te bedwing.
—Hy het nie meer geroer nie, sê die kaptein verder—hy het geen pyn te ly gehad nie. Die dood het hom getref in die setel van sy gedagte: reg voor sy voorhoof. En hy het aan sy vaderland gedink, en aan julle.
—En aan God, nie waar nie? fluister die arme moeder.
—Ja, aan God. Ek moes bevel voer in sy plek. Maar hy het die hele oorwinning al behaal. Toe ek hom eindelik kon soek, het hulle hom ’n entjie opsy gedra, onder ’n palmboom. Vergeefs het ek my oor hom heen gebuig. Ons dokter het my droefgeestig aangekyk—hy het hom al ondersoek. Ons samelewe het broers van ons gemaak. Ek het hom liefgehad soos julle hom liefhet. En daar het ek hom beween soos julle, in jul naam. En ek het gesien—dié droewige vreugde mog julle nie smaak nie—ek het die kalme, stille vrede gesien wat hy in die dood gehad het. Dit het hom ’n uitdrukking gegee van ewige skoonheid. As ek hom so sien in my herinnering dan kry ek net gedagtes aan sieleadel en krag. Die aand vantevore het hy nog met my meegegaan na my slaapplek. Dit was ’n heldere sterrenag. Ons het baie oor die ou tuis gepraat. Hy het gepraat oor u en oor Paula, hy het julle kort vantevore nog gesien. Hy het geen droewige voorgevoel gehad nie, maar vir die dood het hy geen vrees gehad nie. In sy baadjiesak het hy hierdie brief gehad, wat ek u gebring het—dit het sy laaste hartslae gevoel.
Mevrou Kibert herken haar eie handskrif; sy kyk op—haar gelaat vol moedersmart. As sy haar woorde kan kry, sê sy:
—En nou, nou rus hy in die vrede van God. Jan, sê my, waar is hy begrawe?
—Op die slagveld, mevrou, tussen twee ander offisiere van laere rang; aan sy voete lê die gesneuwelde soldate.
Paula sê:
—Ons het inligtinge gevra omtrent wat daar gedaan moet word dat hy oorgebring kan word na Chamberie. Hy sal hier rus in ons famielie-grafkelder, by my vader, wat, net soos hy, op die veld van eer neergeslae is, by my sustertjie Thérèse.
Jan kyk haar aan. Hy weet dat die famielie Kibert maar arm is. Vertroostend, oortuiend, byna gebiedend wil hy hul die kosbare en nuttelose plan afraai:
—Waarom hom terug te haal? Die plek waar hy lê, dra die naam van sy oorwinning, daar het hy getriomfeer. Watter graf sou hom beter pas? Sou hy ooit ’n beter monument kon verlang het?
—Hulle sal hom daar gou vergeet.
—Nee, Paula, dis tog nie so nie. Al die grafte het opskrifte en word goed versorg. Op syne staan sy naam, sy rang en die drie oorwinninge wat sy lewe kenmerk.
Paula kyk weg en dink na, en Jan se oë is op haar fyn sy-gesig. Nog altyd trou aan haar broer, sê sy weer:
—Ons sou hom so graag digteby ons wil voel, om op die steen te kan kniel wat hom bedek.
—Julle besit tog sy nagedagtenis, sy gedagte. Wat van Marcel oorbly, is tog iets anders as sy stoflike oorskot.
—Ja, sê mevrou Kibert, dinkend aan sy onsterflike siel.
Die suster van Marcel dring nie verder aan nie. Maar Jan merk dat die trane oor haar wange rol.
—Hy was ons trots en my lewe, snik sy; en met sagter stem laat sy daarop volg: Hy het al lank ’n voorgevoel gehad van sy lot.
—Dit was die Heer Se wil, sê haar moeder. Ons ken Sy weë nie. Somtyds lyk Hy vir ons so wreed, dat ons lus het om te murmureer. Nogtans is Sy goedheid grensloos.
Jan is bewoë. Hy neem in sy hand die bewende, gekerfde ou hand, en, vol eerbied, soos Marcel ook eendag gedaan het, druk hy daar ’n soen op. Hy staan op en, die twee vroue aansiende, spreek hy met ernstige stem nog hierdie laaste lofrede uit op die dode—miskien sal dit nog iets uitwerk op Paula, wat nog die minste getroos en die mismoedigste is:
—Ja, sy kort loopbaan was kompleet. Deur sy wil, sy moed, het hy dit tot ’n blywende voorbeeld gemaak. Moet ons hom nie liewer beny in plaas van hom te bekla nie? Sonder vrees het hy die dood tegemoet getree. Weet ons waar of wanneer die dood ons afwag? Hy kan ons elke oomblik ontmoet. Dit alleen is van belang: sonder vrees en sonder ophou steeds al ons kragte in te span tot bereiking van ons bestemming. Ons moet die dode eer, dog ook vertroue behou in die lewe.
Met haar donker oë, wat weer opvlam, kyk Paula die jonkman aan; hy gee haar nuwe moed. Is hy dan nie meer die ligsinnige, jong offisier wat gekheid maak met flirterige meisies nie? As sy terugdink, dan vind sy dat sy hom altyd behandel het met ’n soort van geringagtende verdraagsaamheid, miskien was dit ’n vae gevoel van ongeopenbaarde hartseer. Syself, in haar trots, het gedink dat sy baie sterk was; nou voel sy dat, as sy die respek van haarself en dié van Jan wil verdien, sy sonder swakkerigheid die bitterheid en opstandigheid uit haar hart moet ruk wat vir hulle daar opgehoop het soos dooie blare in ’n bos in die winter.
—Gaan jy nou al weg? vra mevrou Kibert, half verdrietig.
Jan wil haar troos, deur met haar te praat oor al die bande wat haar nog aan die lewe bind. Hy doen navraag na haar ander kinders: Magriet, wat sendelinge is, en haar seuns in Asië.
—Hoeveel kinders het Etienne al?
—Die derde word verwag. Ek ken nog geeneen van hulle nie, maar o, ek het hul lief, as die laaste blydskap wat God my nog skink. Hul name is Mouritz en Francina, na my man en na my genoem. Dié wat kom, sal Marcel genoem word.
—En as dit ’n dogtertjie is?
—Dan Marcella. Kyk, hier is die portret van die twee oudste.
—Is hulle nie fraai nie? sê Paula.
—Ja, die meisie lyk na jou, sy het jou swart oë.
—O, sy sal baie mooier wees.
—Dit glo ek nie, sê die jonkman, terwyl hy die portret aan mevrou Kibert teruggee; en met die mooi glimlag, wat sy gesig so jonk laat lyk, sê hy nog daarby:
—Is dié dan nie mooi genoeg nie? Jy is moeilik tevrede te stel.
Onwillekeurig kry Paula ’n kleur, nuwe lewe vlam op in haar bleek gelaat en gee haar ’n ander aansien—so maak ’n sonstraal met ’n diamant. In haar wanhoop het sy reeds alle besef van haar skoonheid uit die oog verloor, en met vreugde vind sy dat sy dit nou weer besit.
Jan is bly om te sien dat die twee hul smart ’n oomblik vergeet, so hou hy aan met vra omtrent die seuns, en waar hul eintlik woon.
—Ag, sê mevrou Kibert, ek kan al die vreemde name nie onthou nie; Paula kan dit beter doen as ek.
En Paula vertel hoe haar broers daar aangaan. Dit gaan goed, maar hul het te baie werk, en niemand uit die ou vaderland wil hulle kom help nie.
Eenvoudig en duidelik het sy alles vertel. Jan is opgetoë:
—Hier is geen toekoms meer vir ’n man nie, ek gaan hulle help.
—En jou militêre loopbaan? sê mevrou Kibert, terwyl die jonkman opstaan om weg te gaan.
—Ek het daar nie so ’n lus in soos Marcel nie; ’n mens verlies so baie tyd en krag. Maar nou klets ek, mevrou.
Hulle stap uit op die stoep; die front van die huis is toe onder die blare en blomme van kamperfoelie, rose en meelkruid. Hulle leun teen die stoeptralies. Hierdie lentemôre is ’n fees vir alle oë wat op haar skoonheid rus. Die lug is deurskynend en yl. ’n Blouagtige waas—teken van mooi weer—verdowwe sag die grillige vorme van die berge. Onder in die laagte skuil die kerktorinkie van die dorpie weg in die skaduwee van die kastaiingbome. Naderby het die veld die fris-heldere groen kleur wat net in die voorjaar gesien word. Die halme van die jong gesaaides tril in die windjie wat verbydwaal; in die vrugteboord het die bome die grond al bestrooi met die wit- en rosesneeu van hul fyngeurende bloeisels, en glimlag nog uit al die botsels aan hul takkies. Twee lindebome, in die hoek van die agterplaas, versprei hul geur in die lug, en die kastaiingbome van die laning versier hul donkergroen gebladerte met wit blomtrosse.
Hulle hoor hiervandaan die ewige lied van die weergeboorte; hulle is getuie van die onophoudelike belofte van die vrugbare aarde aan die werksame mens.
Voor hulle en om hulle heen is die jonkheid van die jaar—’n beeld van die bestendige lewe self. Swyend kyk hulle alles so aan; aldrie dink aan Marcel, en hierdie alte skone dag maak hul droefgeestig.
Gebuig en moeg, neergedruk deur haar herinneringe, laat mevrou Kibert haar dogter met die kaptein meegaan na die hek. Sy sien hul aanstap, dink in stilte aan wat miskien kan gebeur, vertrou die toekoms van Paula toe aan God, en gaan na binne om in eensaamheid die gebeurtenisse nogmaals voor haar gees te haal waarvan Jan vertel het.
Paula en Jan groet mekaar aan die end van die laning. Die jonkman draai nog ’n keer om en volg met sy oog die slank-buigsame gestalte wat tussen die bome deurgly. Op dieselfde oomblik kyk Paula ook om. Die toeval jaag ’n kleur in haar gesig. Om hom nie te laat dink dat sy dit ekspres gedaan het nie, draai sy om en stap dapper na hom terug.
—Jan, sê sy bewoë, ek dink net daaraan: ek het jou nie genoeg bedank nie, vir my broer, wat ook min of meer ’n broer vir jou was, vir my moeder wat jou briewe en jou besoek tog so aangenaam gevind het in haar droefheid. Jy is baie vriendelik gewees vir ons. Ek het gevoel dat ek jou dit nog moes sê, daarom het ek teruggekom na jou.
Haar ontroering maak haar skoonheid meer menslik en treffend.
—Ag nee! antwoord die jonkman, moenie so danig bedank nie; was ek dan nie Marcel se maat nie. En vóór ons was ons vaders ook al maats.
Sonder nog meer woorde te kan kry, bly hulle mekaar so staan en aankyk. Hulle voel ’n wonderlike verleëntheid, hulle wil daar ’n end aan maak, maar wil ook nie. Jan sien op Paula se wange die skaduwee van die lang ooghare, neergeslae oor haar vlammende oë, wat na die grond kyk.
—Luister, sê hy eindelik. In Marcel se baadjie was net één brief: die laaste een van jou ma. Maar hierdie portret was daarby. Ek het gedink dat ek dit maar aan jou moes gee.
Hy gee haar ’n half-verweerde kaartjie waarop sy sien, tussen die bome van Maupas, twee klein meisies van tien of twaalf jaar—die één blond, die ander bruin, die één het ’n soet gesiggie en kyk alles verwonderd aan, die ander lyk of sy in beweging was: dis Alida en Paula self.
—Ag! sê Paula. En met dowwe stem vra sy:
—Het hy nooit met jou gepraat oor haar nie?
—Nee, nooit.
Die kaartjie ontglip aan haar hand en val met ’n droë tikkie op die sand van die pad. Sy hou haar nou nie meer in nie, sonder enige trots in haar houding beween sy die onverbiddelike lotsbestemming van haar broer—deur die liefde na sy dood gelei, en hy het dit geweet.
Jan neem haar hand.
—Ja, daar vèr in Afrika het ek baiemaal gedink: hoe verkeerd en dom gaan die noodlot tog te werk—waarom nie vir my geneem nie, in plaas van Marcel? Oor my sal tog niemand getreur het nie.
Wat kan sy antwoord? Daar skiet net ’n vlam uit haar oë. Sy tel die kaartjie self op, voordat Jan kan buk om dit te doen:
—Dankie, Jan; kom gou weer; jy bewys ons daar ’n weldaad mee.
Hy kyk haar ’n oomblik aan en stap dan weg. Sy gaan langsaam die tuin deur, huis-toe. Sy hou van blomme, sy pluk ’n roos af, en, vir die eerste keer vanjaar is dit vir haar ’n bietjie aangenaam om aan ’n roos te ruik. Die dood van haar broer het vir haar ’n ander en onverwagte aansien gekry; en by haarself herhaal sy die woorde van Jan, terwyl sy die opwekkende les daarvan voel:
—Ons moet die dode eer, dog ook vertroue behou in die lewe.
Dié woorde, is hul nie die kort samevatting nie, die aansporing tot ware lewe, wat die loopbaan van heldesamevat as in ’n kosbare kragaftreksel?Dieis groot wat nie suinig is met die moeite wat hul moet gebruik nie, en wat op hul kort of lang loopbaan ’n afdruksel maak van hul siel—vry van alle vrees en swakheid. So put sy dan bevrediging en vertroosting uit die aandoening self wat haar in verwarring bring. En terwyl sy die fyn geur opruik, sweer sy by haarself om van nou af dapper haar swaar te dra, sonder bitterheid en sonder te murmureer. Haar afgeskeepte jonkheid sal nie nutteloos wees nie as dit hom aan die wêreld gee soos ’n vrywillige offerande. En as sy by haar moeder kom, wat die blomme van Marcel water gee, omarm sy die arme ou vrou, asof sy die ouderdom wil beskerm wat aan haar sorg toevertrou is, asof sy die belofte van nuwe moed met ’n seël wil bekragtig en wil toon dat sy dit meen met haar nuwe lewensopvatting.