No. 10

No. 10Die Reënbees en die Bobiaan.OPMERKINGS:—Die Reënbees is die groot reënmaker van die Boesmans net soos die groot Waterslang die watermaker van hulle fonteine is. Die Boesmanwoord vir “os” isChoro.Die Reënbees is die man van’Khwa, die Waters. Vroeër was hij ’n mens wat rondgejag het, te voet gestap het en saam gespeel en gedans het. Nou is hij ’n bees, wat hom in ’n Reënbul, of in ’n Reënkoei kan verander. As daar droogte is, en die mense wil reën hê, dan kom hulle hom haal, lei hom rond en wijs hom al die plekke waar hulle reën wil hê. Om hom in ’n goeie luim te krij, word om hom gedans, hande geklap en gesing. Hulle prijs hom en smeek baie mooi bij hom om tog mooi te laat reën, sodat die velde kan groen word, die Wild en Heuningbije weer kan terugkom, en dat daar baie veldvrugte, uintjies en veldkos kan kom.Hij is mak as hul hom nie kwaad maak nie, en verander hom ook in ’n koei, sodat hul haar melk kan drink. Waar die Reënbees stap, trek daar ’n misdamp rondom hom; want die mistige weer is sij asem wat hij bij sij neusgate uitblaas. Op die middag—as hij nie wil laat reën nie—, dan rus hij, en dan blaas hij nie die misdamp uit nie.Eenkeer was daar droogte in die berge waar die Bobiane woon. Die voorman van die Bobiane gaan die Reënbees vra om tog bij hulle reën te kom maak. Die Reënbees verander hom toe in ’n koei, sodat die Bobiaan melk op die reis kan hê; want Bobiane is mos baie gek na melk.Daardie Bobiaan was ook een van die ougeslag van Boesmans wat vanmelewe gelewe het. Hij lei die Reënkoei orals rond en wijs waar hij die reën wil hê, en net soos hij dors krij, melk hij die Reënkoei en drink die melk.Toe hij klaar het om al die plekke waar dit droog is, te wijs, bring hij die Reënkoei weer terug. En toe begin dit orals pragtig te reën, sodat die waters stroom en spoel.In plaas van hieroor erkentlik te wees en baie dankie aan die Reënkoei te sê, maak hij haar dood—net om die melkuier te krij, om dit met hom saam te neem.Na hij die Reënkoei doodgemaak het, krij hij ’n brandende dors en ’n knaende honger. Hij sien grasgroen karkoere (wilde waatlemoene) lê; hij stap daarheen om te eet en om die water daarvan te drink. Dog toe hij daaraan vat, verdroog dit en word stof.Die honger en dors kwel hom toe erger, en hij hardloop na ’n fontein toe, waar daar veldkos en water in oorvloed is. Net toe hij uit die fontein wou drink, verdroog die fontein. Hij pluk toe van die sopperige veldkos, dog alles verdor waaraan hij die hand lê.Toe word die Bobiaan net benouwd, hij hol reguit na ’n groot kuil water. Sonder om te wag, spring hij pardoems, daarin. Maar weg is die water en hij val op droë grond.Arrie, nou gaan dit smoor: die honger vat hom straf op, en die dors kwel hom so dat hij wou beswijk. Nou hol hij reguit ander mense toe en roep net: “Water, water!”Die mense gee hom ’n Volstruiseierdop vol water. Maar net toe hij wil drink, verdwijn die water. Hij smeek om meer. Hulle gee. Maar net soos hij sij lippe daaraan sit, weg is die water. Hij bid toe om kos; maar met die kos het dit glad nie anders gegaan nie.Toe vra die mense aan die Bobiaan: “Het jij nie dieChoro-koei (of Reënbees) geslag nie?”Hij wou eers lieg; maar hij word vir die dood bang, so antwoord hij: “Ek het ’n koei geslag; maar ek weet nie of sij die Reënkoei is nie.”Toe roep die mense uit: “Man, hol na die plek waar jij dieChoro-koei geslag het en roep uit: “Choro, Choro, word weer lewendig—net soos jij tevore was.”Sonder ’n oogknip te versuim, weg spring die Bobiaan na die plek toe en roep uit: “Choro,Choro, word weer lewendig—net soos jij tevore was!”Die Reënkoei spring op en staan die Bobiaan ewe treurig aan te kijk—sij voel net bedroef en kroeserig.Die Bobiaan vlie kort om—weer reguit na die mense toe. Die lug was warm, en hij wou vir die hitte in die koelte gaan sit; maar die koelte skuif weg na die anderkant van die boom. Hoe nader hij na die koelte stap, hoe verder die koelte wegskuif. Die mense bring water en kos; maar net soos tevore: as hij wil drink, verdwijn die water, en as hij wil eet, weg is die kos.Toe vra die mense aan die Bobiaan: “Het jij niks agtergehou nie?”Hij antwoord: “Ja, ek het die melkuier vir mij gehou; ek het seer oë en gebruik die melk daarvoor.”Toe roep die mense uit: “Hardloop terug en roep uit: “Choro, Choro, hier is die melkuier, toe word nou eenmaal reg, dat ek ook gesond kan word.” Hij gaan en doen dit.Hierop word die Reënkoei weer soos sij tevore was en sij laat dadelik reën op die plek waar hulle op die oomblik staan. Daar kom toe ’n vloed water waarop banke Sprinkhane drijf. So het die Bobiaan toe water en kos genoeg. Dog die vloed rijs hoër en hoër, waardeur die Bobiaan verplig was in ’n boompie te vlug. Die drijwende Sprinkhane klouter ook in daardie boompie op, sodat hulle die Bobiaan nes ’n swerm Bije toepak. Die Bobiaan kon toe nie asem krij nie, en van die gewig van die Sprinkhane buig die takke, sodat die Bobiaan in doodsangs tot aan sij nek onder water sit. So nou en dan slaan daar ’n golf oor sij kop.In hierdie benouwdheid het die Reënbees die Bobiaan tot die ander dag laat sit. En toe eers het die Reënbees die waters laat opdroë.Toe die Sprinkhane droog en warm word, vlie hulle weg, en toe eers krij die Bobiaan kans om in vrede huistoe te gaan.Maar net verniet, hij het nog nie sij streke laat staan om melkdiere en jong lammers te moveer nie.Die Waterbees se woonplek is langs die groot Waters, en hij is baie gek na die Wind. Baiekeer gaan die Wind hom roep en wijs dan die plekke aan waar reën nodig is. So gebeur dit baie kere as die Wind sterk gewaai het, dat dit op daar die plekke begin te reën.Ook die Vuur roep die Reënbees en gaan dan bo in die wolke sit. Hij bring dan die wolke uit die see op en laat op die land reën. Die onweer is in sulke gevalle ’n tamaai groot Voël1, wat weerligstene uit die wolke op die grond gooi om te wijs waar die reën moet val.1Die Kaffers het dieselfde geloof, dat die Swareweer ’n groot Voël is, wat die wolke uit die see gaan haal, en sê verder dat ’n mens daardie Voël met ’n asgaai kan doodgooi—maar dan moet daardie persoon net gouw wees.↑

No. 10Die Reënbees en die Bobiaan.

OPMERKINGS:—Die Reënbees is die groot reënmaker van die Boesmans net soos die groot Waterslang die watermaker van hulle fonteine is. Die Boesmanwoord vir “os” isChoro.Die Reënbees is die man van’Khwa, die Waters. Vroeër was hij ’n mens wat rondgejag het, te voet gestap het en saam gespeel en gedans het. Nou is hij ’n bees, wat hom in ’n Reënbul, of in ’n Reënkoei kan verander. As daar droogte is, en die mense wil reën hê, dan kom hulle hom haal, lei hom rond en wijs hom al die plekke waar hulle reën wil hê. Om hom in ’n goeie luim te krij, word om hom gedans, hande geklap en gesing. Hulle prijs hom en smeek baie mooi bij hom om tog mooi te laat reën, sodat die velde kan groen word, die Wild en Heuningbije weer kan terugkom, en dat daar baie veldvrugte, uintjies en veldkos kan kom.Hij is mak as hul hom nie kwaad maak nie, en verander hom ook in ’n koei, sodat hul haar melk kan drink. Waar die Reënbees stap, trek daar ’n misdamp rondom hom; want die mistige weer is sij asem wat hij bij sij neusgate uitblaas. Op die middag—as hij nie wil laat reën nie—, dan rus hij, en dan blaas hij nie die misdamp uit nie.Eenkeer was daar droogte in die berge waar die Bobiane woon. Die voorman van die Bobiane gaan die Reënbees vra om tog bij hulle reën te kom maak. Die Reënbees verander hom toe in ’n koei, sodat die Bobiaan melk op die reis kan hê; want Bobiane is mos baie gek na melk.Daardie Bobiaan was ook een van die ougeslag van Boesmans wat vanmelewe gelewe het. Hij lei die Reënkoei orals rond en wijs waar hij die reën wil hê, en net soos hij dors krij, melk hij die Reënkoei en drink die melk.Toe hij klaar het om al die plekke waar dit droog is, te wijs, bring hij die Reënkoei weer terug. En toe begin dit orals pragtig te reën, sodat die waters stroom en spoel.In plaas van hieroor erkentlik te wees en baie dankie aan die Reënkoei te sê, maak hij haar dood—net om die melkuier te krij, om dit met hom saam te neem.Na hij die Reënkoei doodgemaak het, krij hij ’n brandende dors en ’n knaende honger. Hij sien grasgroen karkoere (wilde waatlemoene) lê; hij stap daarheen om te eet en om die water daarvan te drink. Dog toe hij daaraan vat, verdroog dit en word stof.Die honger en dors kwel hom toe erger, en hij hardloop na ’n fontein toe, waar daar veldkos en water in oorvloed is. Net toe hij uit die fontein wou drink, verdroog die fontein. Hij pluk toe van die sopperige veldkos, dog alles verdor waaraan hij die hand lê.Toe word die Bobiaan net benouwd, hij hol reguit na ’n groot kuil water. Sonder om te wag, spring hij pardoems, daarin. Maar weg is die water en hij val op droë grond.Arrie, nou gaan dit smoor: die honger vat hom straf op, en die dors kwel hom so dat hij wou beswijk. Nou hol hij reguit ander mense toe en roep net: “Water, water!”Die mense gee hom ’n Volstruiseierdop vol water. Maar net toe hij wil drink, verdwijn die water. Hij smeek om meer. Hulle gee. Maar net soos hij sij lippe daaraan sit, weg is die water. Hij bid toe om kos; maar met die kos het dit glad nie anders gegaan nie.Toe vra die mense aan die Bobiaan: “Het jij nie dieChoro-koei (of Reënbees) geslag nie?”Hij wou eers lieg; maar hij word vir die dood bang, so antwoord hij: “Ek het ’n koei geslag; maar ek weet nie of sij die Reënkoei is nie.”Toe roep die mense uit: “Man, hol na die plek waar jij dieChoro-koei geslag het en roep uit: “Choro, Choro, word weer lewendig—net soos jij tevore was.”Sonder ’n oogknip te versuim, weg spring die Bobiaan na die plek toe en roep uit: “Choro,Choro, word weer lewendig—net soos jij tevore was!”Die Reënkoei spring op en staan die Bobiaan ewe treurig aan te kijk—sij voel net bedroef en kroeserig.Die Bobiaan vlie kort om—weer reguit na die mense toe. Die lug was warm, en hij wou vir die hitte in die koelte gaan sit; maar die koelte skuif weg na die anderkant van die boom. Hoe nader hij na die koelte stap, hoe verder die koelte wegskuif. Die mense bring water en kos; maar net soos tevore: as hij wil drink, verdwijn die water, en as hij wil eet, weg is die kos.Toe vra die mense aan die Bobiaan: “Het jij niks agtergehou nie?”Hij antwoord: “Ja, ek het die melkuier vir mij gehou; ek het seer oë en gebruik die melk daarvoor.”Toe roep die mense uit: “Hardloop terug en roep uit: “Choro, Choro, hier is die melkuier, toe word nou eenmaal reg, dat ek ook gesond kan word.” Hij gaan en doen dit.Hierop word die Reënkoei weer soos sij tevore was en sij laat dadelik reën op die plek waar hulle op die oomblik staan. Daar kom toe ’n vloed water waarop banke Sprinkhane drijf. So het die Bobiaan toe water en kos genoeg. Dog die vloed rijs hoër en hoër, waardeur die Bobiaan verplig was in ’n boompie te vlug. Die drijwende Sprinkhane klouter ook in daardie boompie op, sodat hulle die Bobiaan nes ’n swerm Bije toepak. Die Bobiaan kon toe nie asem krij nie, en van die gewig van die Sprinkhane buig die takke, sodat die Bobiaan in doodsangs tot aan sij nek onder water sit. So nou en dan slaan daar ’n golf oor sij kop.In hierdie benouwdheid het die Reënbees die Bobiaan tot die ander dag laat sit. En toe eers het die Reënbees die waters laat opdroë.Toe die Sprinkhane droog en warm word, vlie hulle weg, en toe eers krij die Bobiaan kans om in vrede huistoe te gaan.Maar net verniet, hij het nog nie sij streke laat staan om melkdiere en jong lammers te moveer nie.Die Waterbees se woonplek is langs die groot Waters, en hij is baie gek na die Wind. Baiekeer gaan die Wind hom roep en wijs dan die plekke aan waar reën nodig is. So gebeur dit baie kere as die Wind sterk gewaai het, dat dit op daar die plekke begin te reën.Ook die Vuur roep die Reënbees en gaan dan bo in die wolke sit. Hij bring dan die wolke uit die see op en laat op die land reën. Die onweer is in sulke gevalle ’n tamaai groot Voël1, wat weerligstene uit die wolke op die grond gooi om te wijs waar die reën moet val.

OPMERKINGS:—Die Reënbees is die groot reënmaker van die Boesmans net soos die groot Waterslang die watermaker van hulle fonteine is. Die Boesmanwoord vir “os” isChoro.

Die Reënbees is die man van’Khwa, die Waters. Vroeër was hij ’n mens wat rondgejag het, te voet gestap het en saam gespeel en gedans het. Nou is hij ’n bees, wat hom in ’n Reënbul, of in ’n Reënkoei kan verander. As daar droogte is, en die mense wil reën hê, dan kom hulle hom haal, lei hom rond en wijs hom al die plekke waar hulle reën wil hê. Om hom in ’n goeie luim te krij, word om hom gedans, hande geklap en gesing. Hulle prijs hom en smeek baie mooi bij hom om tog mooi te laat reën, sodat die velde kan groen word, die Wild en Heuningbije weer kan terugkom, en dat daar baie veldvrugte, uintjies en veldkos kan kom.

Hij is mak as hul hom nie kwaad maak nie, en verander hom ook in ’n koei, sodat hul haar melk kan drink. Waar die Reënbees stap, trek daar ’n misdamp rondom hom; want die mistige weer is sij asem wat hij bij sij neusgate uitblaas. Op die middag—as hij nie wil laat reën nie—, dan rus hij, en dan blaas hij nie die misdamp uit nie.

Eenkeer was daar droogte in die berge waar die Bobiane woon. Die voorman van die Bobiane gaan die Reënbees vra om tog bij hulle reën te kom maak. Die Reënbees verander hom toe in ’n koei, sodat die Bobiaan melk op die reis kan hê; want Bobiane is mos baie gek na melk.

Daardie Bobiaan was ook een van die ougeslag van Boesmans wat vanmelewe gelewe het. Hij lei die Reënkoei orals rond en wijs waar hij die reën wil hê, en net soos hij dors krij, melk hij die Reënkoei en drink die melk.

Toe hij klaar het om al die plekke waar dit droog is, te wijs, bring hij die Reënkoei weer terug. En toe begin dit orals pragtig te reën, sodat die waters stroom en spoel.

In plaas van hieroor erkentlik te wees en baie dankie aan die Reënkoei te sê, maak hij haar dood—net om die melkuier te krij, om dit met hom saam te neem.

Na hij die Reënkoei doodgemaak het, krij hij ’n brandende dors en ’n knaende honger. Hij sien grasgroen karkoere (wilde waatlemoene) lê; hij stap daarheen om te eet en om die water daarvan te drink. Dog toe hij daaraan vat, verdroog dit en word stof.

Die honger en dors kwel hom toe erger, en hij hardloop na ’n fontein toe, waar daar veldkos en water in oorvloed is. Net toe hij uit die fontein wou drink, verdroog die fontein. Hij pluk toe van die sopperige veldkos, dog alles verdor waaraan hij die hand lê.

Toe word die Bobiaan net benouwd, hij hol reguit na ’n groot kuil water. Sonder om te wag, spring hij pardoems, daarin. Maar weg is die water en hij val op droë grond.

Arrie, nou gaan dit smoor: die honger vat hom straf op, en die dors kwel hom so dat hij wou beswijk. Nou hol hij reguit ander mense toe en roep net: “Water, water!”

Die mense gee hom ’n Volstruiseierdop vol water. Maar net toe hij wil drink, verdwijn die water. Hij smeek om meer. Hulle gee. Maar net soos hij sij lippe daaraan sit, weg is die water. Hij bid toe om kos; maar met die kos het dit glad nie anders gegaan nie.

Toe vra die mense aan die Bobiaan: “Het jij nie dieChoro-koei (of Reënbees) geslag nie?”

Hij wou eers lieg; maar hij word vir die dood bang, so antwoord hij: “Ek het ’n koei geslag; maar ek weet nie of sij die Reënkoei is nie.”

Toe roep die mense uit: “Man, hol na die plek waar jij dieChoro-koei geslag het en roep uit: “Choro, Choro, word weer lewendig—net soos jij tevore was.”

Sonder ’n oogknip te versuim, weg spring die Bobiaan na die plek toe en roep uit: “Choro,Choro, word weer lewendig—net soos jij tevore was!”

Die Reënkoei spring op en staan die Bobiaan ewe treurig aan te kijk—sij voel net bedroef en kroeserig.

Die Bobiaan vlie kort om—weer reguit na die mense toe. Die lug was warm, en hij wou vir die hitte in die koelte gaan sit; maar die koelte skuif weg na die anderkant van die boom. Hoe nader hij na die koelte stap, hoe verder die koelte wegskuif. Die mense bring water en kos; maar net soos tevore: as hij wil drink, verdwijn die water, en as hij wil eet, weg is die kos.

Toe vra die mense aan die Bobiaan: “Het jij niks agtergehou nie?”

Hij antwoord: “Ja, ek het die melkuier vir mij gehou; ek het seer oë en gebruik die melk daarvoor.”

Toe roep die mense uit: “Hardloop terug en roep uit: “Choro, Choro, hier is die melkuier, toe word nou eenmaal reg, dat ek ook gesond kan word.” Hij gaan en doen dit.

Hierop word die Reënkoei weer soos sij tevore was en sij laat dadelik reën op die plek waar hulle op die oomblik staan. Daar kom toe ’n vloed water waarop banke Sprinkhane drijf. So het die Bobiaan toe water en kos genoeg. Dog die vloed rijs hoër en hoër, waardeur die Bobiaan verplig was in ’n boompie te vlug. Die drijwende Sprinkhane klouter ook in daardie boompie op, sodat hulle die Bobiaan nes ’n swerm Bije toepak. Die Bobiaan kon toe nie asem krij nie, en van die gewig van die Sprinkhane buig die takke, sodat die Bobiaan in doodsangs tot aan sij nek onder water sit. So nou en dan slaan daar ’n golf oor sij kop.

In hierdie benouwdheid het die Reënbees die Bobiaan tot die ander dag laat sit. En toe eers het die Reënbees die waters laat opdroë.

Toe die Sprinkhane droog en warm word, vlie hulle weg, en toe eers krij die Bobiaan kans om in vrede huistoe te gaan.

Maar net verniet, hij het nog nie sij streke laat staan om melkdiere en jong lammers te moveer nie.

Die Waterbees se woonplek is langs die groot Waters, en hij is baie gek na die Wind. Baiekeer gaan die Wind hom roep en wijs dan die plekke aan waar reën nodig is. So gebeur dit baie kere as die Wind sterk gewaai het, dat dit op daar die plekke begin te reën.

Ook die Vuur roep die Reënbees en gaan dan bo in die wolke sit. Hij bring dan die wolke uit die see op en laat op die land reën. Die onweer is in sulke gevalle ’n tamaai groot Voël1, wat weerligstene uit die wolke op die grond gooi om te wijs waar die reën moet val.

1Die Kaffers het dieselfde geloof, dat die Swareweer ’n groot Voël is, wat die wolke uit die see gaan haal, en sê verder dat ’n mens daardie Voël met ’n asgaai kan doodgooi—maar dan moet daardie persoon net gouw wees.↑

Back to IndexNext