No. 12Die Son is die kop van Danser Vuurman.OPMERKINGS:—Hierdie Storie word op verskillende maniere vertel: onderstaande is soos deur die beste vertellers verhaal.Danser is die Vuurman, of die Vuurmaker. Hij het eers as ’n mens rondgestap, uit sij kop het lig en warmte gestraal. Hij is die een wat vuur in klippe, in die hout en in die wolke geplaas het. Waar hij stap of gaan, daar is altijd lig en warmte; daarom het hij altijd ’n groot geselskap om hom heen gehad. Die jagters in sij nabijheid kon sien waar die Wild is, en diegene wat na veldkos soek, kon dit deur die lig van Danser se kop maklik vind.Maar partijkeer is Danser lui om te loop en gaan ewe perdgerus sit. As die jagters hom soebat om tog verder te loop, sodat hulle die Wild kan sien, dan sit hij hulle uit te koggel en vra waarom hulle dan nie self loop en lig maak nie. Ook het hij ’n manier oor hom gehad om die geskiete Wild van die jagters af te neem.Hieroor het die jagters kwaad geword; want die vrouwe is ontevrede as hulle mans sonder kos thuis kom, en wanneer hulle niks het om aan die hongerige kinders, wat oor kos huil, te gee nie; so raai die vrouwe hulle mans aan om Danser maar dood te maak en dan sij kop op ’n lang stok rond te dra, sodat die mense kan sien.Een jagter, wat die vrouwpraatjies goedvind, sê: “Goed, laat ons Danser met gifpijle doodskiet om sij kop op ’n lang stok rond te dra, sodat ons warmte en lig kan krij.”’n Tweede jagter merk op: “Ja, dis alles goed en wel; maar wie van ons se oë is so taai om daardie sterk lig te verdra, en wie se hande is so taai om daardie warm kop af te snij? Kom praat, laat ek hoor!”’n Derde vra: “En waar krij ons ’n stok wat nie van die hitte sal brand nie?”Die vierde een merk op: “Mintig, julle is sleg om planne te maak! Ek sal julle sê wat ons moet doen: Ons wag net soos Danser deur die water stap—iets wat hij gereeld doen—, dan draf ons hom met die gifpijle bij; val hij in die water, dan is sij lig en warmte mos weg.”Hierop antwoord ’n vijfde en sê: “Jij dink dat jij baie slim is, maar tog is jij baie dom. Sê mij, wat help dit ons as Danser se lig en warmte uitgeblus is? Dan sit ons tog weer in dieselfde ou donker en koue.”Toe roep algaar gelijk uit: “Dis maar niks! Dis maar niks! Dan is hij tog eenkeer van ons af en weg om ons nie verder te pla en te terg nie.”Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals, Kat en ander gee te kenne dat hulle met die moord niks te doen wil hê nie; want hulle kan goed genoeg in die donker sien. Hulle was ook mense van die ougeslag.Maar die ander praters blij bij hulle plan: hulle hou Danser dop; en net toe hij deur die water stap, skiet algaar gelijk; die pijle tref hom, hij val vooroor in die water, en dood is die lig en weg is die warmte.Hulle hol nader, snij gouw Danser se kop onder die water af, en daarop sleep hul sij lijf uit en sit sij kop op die wal neer, om te kijk wat daarvan gaan word.Maar Danser se kop en lijf wou nie doodgaan nie: die kop se oë kijk rond en draai van een kant na die ander, en die lijf staan op en loop sonder kop rond.Die kop kan sien en praat, maar kan hom nie verroer nie; terwijl die lijf kan rondloop, maar nie kan sien, hoor, ruik of praat nie. Die kop roep na die lijf, maar die lijf hoor nie; die lijf weer soek na die kop, maar kan dit nie vind nie; so loop hij in plaas van nader na die kop toe, altijd verder en verder weg.Die moordenaars van Danser stap toe weg.Maar ’n meid stuur haar kinders om die kop van Danser in die lug op te gooi, sodat daar lig en warmte moet kom. Sij waarskuw haar kinders om tog mooi op te pas dat die lijf, wat daar rondloop, hulle nie in die hande krij nie, anders sal die lijf hulle vermoor.Die kinders stap toe versigtig daarheen. Die kop begin toe al te droog en lig te gee, en dit was so warm toe die kinders daaraan vat dat hul dit meteens in die lug opgooi.Toe die moeders dit sien, roep hul uit: “Wind, Wind, kom en vat die kop hoog op in die blouw lug dat ons kan lig en warmte krij!” Toe kom daar ’n sterk warrelwind en voer die kop op tot bokant die wolke en laat dit daar blij.Die kop van Danser Vuurman word toe die Son.Toe juig al die mense dat daar nou lig en warmte oor die ganse Aarde is. Nou het hulle genoeg lig en het nie nodig om te verkluim nie. Hulle roep uit: “O, Son, blij daar en gee ons aldag lig en warmte! Daarvoor sal ons jou aldag dank en prijs. Groot is die Son, wat al die mense tegelijk kan sien. Nou is daar lig, wat mense sal belet om kwaad te doen. Wie nou kwaad doen, wie nou steel, wie nou moor, sal gesien word. En die Son sal hom met sij hitte verbrand, sodat die skelm nie meer onder ons sal woon nie.”Die kop van Vuurman is nou tevrede om daar bo in die lug te blij; maar hij soek darem nog een streek deur na sij lijf. In die oggende begin hij te soek bij die berge aan die oostekant. Hij klim soekende hoër en hoër in die lug op, en as hij hoog genoeg geklim het, sak hij nog soekende weer af, af, af tot hij aan die berge aan die westekant kom en duik dan om daar in die diep waters van die See ook te soek.Hij deursnuffel al die plekkies op land en onder water om te soek waar sij lijf is, maar hij vind dit nie, want die lijf het so uitgeteer en so verpot dat dit nou die fatsoen van ’n Krap aangeneem het. En nou stap die lijf, nog al die tijd sonder kop, op en af, langs die waters om die kop te soek.As die Son weggaan, dan sorg hij dat die Aarde pik-, pikdonker is; want in daardie dae was daar nog geen Maan of Sterre om snags te skijn nie.So het die mense in daardie dae nie kwaad gedoen nie. Want in die dag is dit lig, dan sien almaal goed; sohet die kwaaddoeners geen kans gekrij nie. In die nag is dit weer stikdonker, dan kan niemand sien om rond te loop en kwaad te doen nie—dus moes iemand net maar blij waar hij is. In die dag het die mense toe gejag en kos gaan soek; in die nag het hulle gaan slaap en gerus; en daar was toe geen rondloperij in die donker nie.Selfs die wildgediertes moes snags thuis blij en ook hulle kos in die dag soek. Dit was toe ’n tijd van vrede en gerustheid oor die ganse Aarde.

No. 12Die Son is die kop van Danser Vuurman.
OPMERKINGS:—Hierdie Storie word op verskillende maniere vertel: onderstaande is soos deur die beste vertellers verhaal.Danser is die Vuurman, of die Vuurmaker. Hij het eers as ’n mens rondgestap, uit sij kop het lig en warmte gestraal. Hij is die een wat vuur in klippe, in die hout en in die wolke geplaas het. Waar hij stap of gaan, daar is altijd lig en warmte; daarom het hij altijd ’n groot geselskap om hom heen gehad. Die jagters in sij nabijheid kon sien waar die Wild is, en diegene wat na veldkos soek, kon dit deur die lig van Danser se kop maklik vind.Maar partijkeer is Danser lui om te loop en gaan ewe perdgerus sit. As die jagters hom soebat om tog verder te loop, sodat hulle die Wild kan sien, dan sit hij hulle uit te koggel en vra waarom hulle dan nie self loop en lig maak nie. Ook het hij ’n manier oor hom gehad om die geskiete Wild van die jagters af te neem.Hieroor het die jagters kwaad geword; want die vrouwe is ontevrede as hulle mans sonder kos thuis kom, en wanneer hulle niks het om aan die hongerige kinders, wat oor kos huil, te gee nie; so raai die vrouwe hulle mans aan om Danser maar dood te maak en dan sij kop op ’n lang stok rond te dra, sodat die mense kan sien.Een jagter, wat die vrouwpraatjies goedvind, sê: “Goed, laat ons Danser met gifpijle doodskiet om sij kop op ’n lang stok rond te dra, sodat ons warmte en lig kan krij.”’n Tweede jagter merk op: “Ja, dis alles goed en wel; maar wie van ons se oë is so taai om daardie sterk lig te verdra, en wie se hande is so taai om daardie warm kop af te snij? Kom praat, laat ek hoor!”’n Derde vra: “En waar krij ons ’n stok wat nie van die hitte sal brand nie?”Die vierde een merk op: “Mintig, julle is sleg om planne te maak! Ek sal julle sê wat ons moet doen: Ons wag net soos Danser deur die water stap—iets wat hij gereeld doen—, dan draf ons hom met die gifpijle bij; val hij in die water, dan is sij lig en warmte mos weg.”Hierop antwoord ’n vijfde en sê: “Jij dink dat jij baie slim is, maar tog is jij baie dom. Sê mij, wat help dit ons as Danser se lig en warmte uitgeblus is? Dan sit ons tog weer in dieselfde ou donker en koue.”Toe roep algaar gelijk uit: “Dis maar niks! Dis maar niks! Dan is hij tog eenkeer van ons af en weg om ons nie verder te pla en te terg nie.”Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals, Kat en ander gee te kenne dat hulle met die moord niks te doen wil hê nie; want hulle kan goed genoeg in die donker sien. Hulle was ook mense van die ougeslag.Maar die ander praters blij bij hulle plan: hulle hou Danser dop; en net toe hij deur die water stap, skiet algaar gelijk; die pijle tref hom, hij val vooroor in die water, en dood is die lig en weg is die warmte.Hulle hol nader, snij gouw Danser se kop onder die water af, en daarop sleep hul sij lijf uit en sit sij kop op die wal neer, om te kijk wat daarvan gaan word.Maar Danser se kop en lijf wou nie doodgaan nie: die kop se oë kijk rond en draai van een kant na die ander, en die lijf staan op en loop sonder kop rond.Die kop kan sien en praat, maar kan hom nie verroer nie; terwijl die lijf kan rondloop, maar nie kan sien, hoor, ruik of praat nie. Die kop roep na die lijf, maar die lijf hoor nie; die lijf weer soek na die kop, maar kan dit nie vind nie; so loop hij in plaas van nader na die kop toe, altijd verder en verder weg.Die moordenaars van Danser stap toe weg.Maar ’n meid stuur haar kinders om die kop van Danser in die lug op te gooi, sodat daar lig en warmte moet kom. Sij waarskuw haar kinders om tog mooi op te pas dat die lijf, wat daar rondloop, hulle nie in die hande krij nie, anders sal die lijf hulle vermoor.Die kinders stap toe versigtig daarheen. Die kop begin toe al te droog en lig te gee, en dit was so warm toe die kinders daaraan vat dat hul dit meteens in die lug opgooi.Toe die moeders dit sien, roep hul uit: “Wind, Wind, kom en vat die kop hoog op in die blouw lug dat ons kan lig en warmte krij!” Toe kom daar ’n sterk warrelwind en voer die kop op tot bokant die wolke en laat dit daar blij.Die kop van Danser Vuurman word toe die Son.Toe juig al die mense dat daar nou lig en warmte oor die ganse Aarde is. Nou het hulle genoeg lig en het nie nodig om te verkluim nie. Hulle roep uit: “O, Son, blij daar en gee ons aldag lig en warmte! Daarvoor sal ons jou aldag dank en prijs. Groot is die Son, wat al die mense tegelijk kan sien. Nou is daar lig, wat mense sal belet om kwaad te doen. Wie nou kwaad doen, wie nou steel, wie nou moor, sal gesien word. En die Son sal hom met sij hitte verbrand, sodat die skelm nie meer onder ons sal woon nie.”Die kop van Vuurman is nou tevrede om daar bo in die lug te blij; maar hij soek darem nog een streek deur na sij lijf. In die oggende begin hij te soek bij die berge aan die oostekant. Hij klim soekende hoër en hoër in die lug op, en as hij hoog genoeg geklim het, sak hij nog soekende weer af, af, af tot hij aan die berge aan die westekant kom en duik dan om daar in die diep waters van die See ook te soek.Hij deursnuffel al die plekkies op land en onder water om te soek waar sij lijf is, maar hij vind dit nie, want die lijf het so uitgeteer en so verpot dat dit nou die fatsoen van ’n Krap aangeneem het. En nou stap die lijf, nog al die tijd sonder kop, op en af, langs die waters om die kop te soek.As die Son weggaan, dan sorg hij dat die Aarde pik-, pikdonker is; want in daardie dae was daar nog geen Maan of Sterre om snags te skijn nie.So het die mense in daardie dae nie kwaad gedoen nie. Want in die dag is dit lig, dan sien almaal goed; sohet die kwaaddoeners geen kans gekrij nie. In die nag is dit weer stikdonker, dan kan niemand sien om rond te loop en kwaad te doen nie—dus moes iemand net maar blij waar hij is. In die dag het die mense toe gejag en kos gaan soek; in die nag het hulle gaan slaap en gerus; en daar was toe geen rondloperij in die donker nie.Selfs die wildgediertes moes snags thuis blij en ook hulle kos in die dag soek. Dit was toe ’n tijd van vrede en gerustheid oor die ganse Aarde.
OPMERKINGS:—Hierdie Storie word op verskillende maniere vertel: onderstaande is soos deur die beste vertellers verhaal.
Danser is die Vuurman, of die Vuurmaker. Hij het eers as ’n mens rondgestap, uit sij kop het lig en warmte gestraal. Hij is die een wat vuur in klippe, in die hout en in die wolke geplaas het. Waar hij stap of gaan, daar is altijd lig en warmte; daarom het hij altijd ’n groot geselskap om hom heen gehad. Die jagters in sij nabijheid kon sien waar die Wild is, en diegene wat na veldkos soek, kon dit deur die lig van Danser se kop maklik vind.
Maar partijkeer is Danser lui om te loop en gaan ewe perdgerus sit. As die jagters hom soebat om tog verder te loop, sodat hulle die Wild kan sien, dan sit hij hulle uit te koggel en vra waarom hulle dan nie self loop en lig maak nie. Ook het hij ’n manier oor hom gehad om die geskiete Wild van die jagters af te neem.
Hieroor het die jagters kwaad geword; want die vrouwe is ontevrede as hulle mans sonder kos thuis kom, en wanneer hulle niks het om aan die hongerige kinders, wat oor kos huil, te gee nie; so raai die vrouwe hulle mans aan om Danser maar dood te maak en dan sij kop op ’n lang stok rond te dra, sodat die mense kan sien.
Een jagter, wat die vrouwpraatjies goedvind, sê: “Goed, laat ons Danser met gifpijle doodskiet om sij kop op ’n lang stok rond te dra, sodat ons warmte en lig kan krij.”
’n Tweede jagter merk op: “Ja, dis alles goed en wel; maar wie van ons se oë is so taai om daardie sterk lig te verdra, en wie se hande is so taai om daardie warm kop af te snij? Kom praat, laat ek hoor!”
’n Derde vra: “En waar krij ons ’n stok wat nie van die hitte sal brand nie?”
Die vierde een merk op: “Mintig, julle is sleg om planne te maak! Ek sal julle sê wat ons moet doen: Ons wag net soos Danser deur die water stap—iets wat hij gereeld doen—, dan draf ons hom met die gifpijle bij; val hij in die water, dan is sij lig en warmte mos weg.”
Hierop antwoord ’n vijfde en sê: “Jij dink dat jij baie slim is, maar tog is jij baie dom. Sê mij, wat help dit ons as Danser se lig en warmte uitgeblus is? Dan sit ons tog weer in dieselfde ou donker en koue.”
Toe roep algaar gelijk uit: “Dis maar niks! Dis maar niks! Dan is hij tog eenkeer van ons af en weg om ons nie verder te pla en te terg nie.”
Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals, Kat en ander gee te kenne dat hulle met die moord niks te doen wil hê nie; want hulle kan goed genoeg in die donker sien. Hulle was ook mense van die ougeslag.
Maar die ander praters blij bij hulle plan: hulle hou Danser dop; en net toe hij deur die water stap, skiet algaar gelijk; die pijle tref hom, hij val vooroor in die water, en dood is die lig en weg is die warmte.
Hulle hol nader, snij gouw Danser se kop onder die water af, en daarop sleep hul sij lijf uit en sit sij kop op die wal neer, om te kijk wat daarvan gaan word.
Maar Danser se kop en lijf wou nie doodgaan nie: die kop se oë kijk rond en draai van een kant na die ander, en die lijf staan op en loop sonder kop rond.
Die kop kan sien en praat, maar kan hom nie verroer nie; terwijl die lijf kan rondloop, maar nie kan sien, hoor, ruik of praat nie. Die kop roep na die lijf, maar die lijf hoor nie; die lijf weer soek na die kop, maar kan dit nie vind nie; so loop hij in plaas van nader na die kop toe, altijd verder en verder weg.
Die moordenaars van Danser stap toe weg.
Maar ’n meid stuur haar kinders om die kop van Danser in die lug op te gooi, sodat daar lig en warmte moet kom. Sij waarskuw haar kinders om tog mooi op te pas dat die lijf, wat daar rondloop, hulle nie in die hande krij nie, anders sal die lijf hulle vermoor.
Die kinders stap toe versigtig daarheen. Die kop begin toe al te droog en lig te gee, en dit was so warm toe die kinders daaraan vat dat hul dit meteens in die lug opgooi.
Toe die moeders dit sien, roep hul uit: “Wind, Wind, kom en vat die kop hoog op in die blouw lug dat ons kan lig en warmte krij!” Toe kom daar ’n sterk warrelwind en voer die kop op tot bokant die wolke en laat dit daar blij.
Die kop van Danser Vuurman word toe die Son.
Toe juig al die mense dat daar nou lig en warmte oor die ganse Aarde is. Nou het hulle genoeg lig en het nie nodig om te verkluim nie. Hulle roep uit: “O, Son, blij daar en gee ons aldag lig en warmte! Daarvoor sal ons jou aldag dank en prijs. Groot is die Son, wat al die mense tegelijk kan sien. Nou is daar lig, wat mense sal belet om kwaad te doen. Wie nou kwaad doen, wie nou steel, wie nou moor, sal gesien word. En die Son sal hom met sij hitte verbrand, sodat die skelm nie meer onder ons sal woon nie.”
Die kop van Vuurman is nou tevrede om daar bo in die lug te blij; maar hij soek darem nog een streek deur na sij lijf. In die oggende begin hij te soek bij die berge aan die oostekant. Hij klim soekende hoër en hoër in die lug op, en as hij hoog genoeg geklim het, sak hij nog soekende weer af, af, af tot hij aan die berge aan die westekant kom en duik dan om daar in die diep waters van die See ook te soek.
Hij deursnuffel al die plekkies op land en onder water om te soek waar sij lijf is, maar hij vind dit nie, want die lijf het so uitgeteer en so verpot dat dit nou die fatsoen van ’n Krap aangeneem het. En nou stap die lijf, nog al die tijd sonder kop, op en af, langs die waters om die kop te soek.
As die Son weggaan, dan sorg hij dat die Aarde pik-, pikdonker is; want in daardie dae was daar nog geen Maan of Sterre om snags te skijn nie.
So het die mense in daardie dae nie kwaad gedoen nie. Want in die dag is dit lig, dan sien almaal goed; sohet die kwaaddoeners geen kans gekrij nie. In die nag is dit weer stikdonker, dan kan niemand sien om rond te loop en kwaad te doen nie—dus moes iemand net maar blij waar hij is. In die dag het die mense toe gejag en kos gaan soek; in die nag het hulle gaan slaap en gerus; en daar was toe geen rondloperij in die donker nie.
Selfs die wildgediertes moes snags thuis blij en ook hulle kos in die dag soek. Dit was toe ’n tijd van vrede en gerustheid oor die ganse Aarde.