No. 15DieHamerkopvoëlen die Paddas.OPMERKINGS:—Hierdie Storie lewer ons iets oor die bijgeloof van Boesmans en vertel hoe die Hamerkopvoël alles in beelde op die water kan sien. Dit gee ons ook die herkoms van Blomme en Paddas wat in die water groei en woon.Die Hamerkop is nie somaar vandag se Voël nie. Sij was eers ’n mens van die ougeslag en is ’n dogter van die Hotnotsgod, wat haar later in ’n Voël verander het.Sij is baie goed bevrind met die Waters, wat aan haar die portrette toon van alles wat gebeur en nog sal gebeur. Al wat die Hamerkop te doen het, is net om in die Waters te kijk en dan sien sij alles daarin. In die dag spieël die Son, Lug, Bome, Diere en alles wat daar nabij is, hulle daarin af. Kleur vir kleur is daarin sigbaar. In die nag kan ons die Maan, Sterre, Melkweg en al die ander goeters daarin sien. Selfs as iemand in die donker anderkant die water loop, dan kan ons hom amper so duidelik sien asof dit in die dag is.Maar die Hamerkop sien nog meer in die water as wat die mense kan sien: Sij sien dinge wat daar ver gebeur, en sij verstaan die betekenis van dit alles. Ons mense sien dit wel, maar verstaan daar niks van nie. Daarom moet ons ag slaan op die Hamerkop en luister na wat sij ons kom vertel.Word daar ver ’n kind gebore, of trouw daar mense, of lê daar iemand siek, of sterf hij, dan het niemand nodig om dit aan die Hamerkop te kom vertel nie—sij het dit lankal in die Waters gesien.Wat sij gesien het, kom sij aan die famielie en vrinde van die persone in haar eie taal en op haar eie manier vertel. Daarom slaan diegene wat slim en verstandig is, ag op die Hamerkop, daar sij nie een is wat lieg nie. ’n Mens kan op haar woord gaan. In die aand, as dit skemer is, kom sij na die huise van die mense waar sij die tijding wil bring. Sij vlie oor die huise, skree treurig en vertel dan wat sij te vertel het.Sij kan ook dinge vooruit sien en kom dan die betrokke persone waarskuw om tog nie fout te maak nie. Die Waters is bij haar iets heiligs. Mors die jongmeide daarin, of laat houtas in die fontein val, of laat hul ’n pot Water in die Vuur omslaan, dan gaan sij dit aan die groot Waterslang en aan Danser Vuurman vertel. Hierdie twee laat dan wolke opkom en gooi daaruit vurige swaar-weer-stene, om die jongmeide mee te dood. Lê die jongmeide dood, dan spoel die strome hul na ’n gat Water toe, waar die jongmeide dan Blomme word wat in die Waters groei om daar tot sieraad van die Waters te wees.Daarom is dit dat die moeders vandag nog hulle kinders waarskuw om tog nie die Waters se Blomme af te pluk nie. Is die kinders stout en stap in die Water, dan duik die Blomme gouw onder die Waters. Dan kom die groot Waterslang en trek die ongehoorsame kinders onder die Waters, en daardie stout kinders word dan Paddas, om vir die groot Waterslang saands te sing en te dans.Die Waterblomme was dus eers jongmeisies, en die Paddas was vroeër die onwettige kinders, wat ongehoorsaam was.Partijkeer, as daar ’n stuk of wat Hamerkoppe bijmekaar is, en hul sien iets goeds in die Water, dan is hulle vrolik. Hulle word dan net baie blij en begin somaar van vreugde om mekaar te dans. As hul nie kom vertel wat hul daar gesien het nie, dan moet ons weet dat dit goeie tijding vir hulleself is. Maar vlie hulle op en kom na die persoon wat vir hulle staan kijk het, dan bring hulle die tijding dat daar baie Wild aan kom is, en sê dat die mense hulle pijle moet reghou. Hieroor word algaar blij, klap hande en prijs die Hamerkoppe vir daardie goeie tijding.Eendag stuur die mense hulle kinders na die Water toe om drinkwater te gaan haal. In plaas van gouw te kom, blij die kinders daar speel. Hulle vat klippe en stokke en gooi en slaan die Paddas daarmee dood. Hieroor word die Wind kwaad, omdat daardie stout kinders uit onwettigheid die Paddas, die kinders van die Waters, doodgegooi het. Hij vat daardie kwaaddoeners van kinders in ’n warrelwind op, voer hul hoog in die lug, totdat hul binne die wolke kom, en toe verander hij die kinders in Paddas en dit reën toe Paddas uit die lug, soos ons soms vandag nog sien.Die ouers kom toe na die kinders soek, en was net ontevrede dat hulle kinders nou in Paddas verander is. Hieroor word die Warrelwind ook kwaad, verander die ouers ook in Paddas, en laat hul ook saam met die reën uit die lug val. Op hierdie manier word ongehoorsaamheid gestraf.Nou moet die Hamerkop oppas dat die Paddas nie uit die Waters gaan nie. Krij sij een buitekant, dan maak sij hom dood en eet hom op. Die werk van die Paddas is dus om saands te sing en te dans. Die babetjies word in swart karossies toegedraai, sodat geen armpie of beentjie uitkom nie—net as hulle groter word dan steek hulle eers die armpies en beentjies uit, en daarop gooi hul die swart karossies weg en is dan die jong Paddatjies.As die winter kom, word die Waters koud, dan vlug die Paddas in droë gate in die Grond. Maar die Grond is die Dogter wat aan slaap geraak het. So slaap, slaap die Paddas ook die hele winter deur. Maar as die donderweer hul met die begin van die somer wek, dan eers skrik hul wakker en begin weer te sing; want die Waters roep hul om te kom dans.

No. 15DieHamerkopvoëlen die Paddas.
OPMERKINGS:—Hierdie Storie lewer ons iets oor die bijgeloof van Boesmans en vertel hoe die Hamerkopvoël alles in beelde op die water kan sien. Dit gee ons ook die herkoms van Blomme en Paddas wat in die water groei en woon.Die Hamerkop is nie somaar vandag se Voël nie. Sij was eers ’n mens van die ougeslag en is ’n dogter van die Hotnotsgod, wat haar later in ’n Voël verander het.Sij is baie goed bevrind met die Waters, wat aan haar die portrette toon van alles wat gebeur en nog sal gebeur. Al wat die Hamerkop te doen het, is net om in die Waters te kijk en dan sien sij alles daarin. In die dag spieël die Son, Lug, Bome, Diere en alles wat daar nabij is, hulle daarin af. Kleur vir kleur is daarin sigbaar. In die nag kan ons die Maan, Sterre, Melkweg en al die ander goeters daarin sien. Selfs as iemand in die donker anderkant die water loop, dan kan ons hom amper so duidelik sien asof dit in die dag is.Maar die Hamerkop sien nog meer in die water as wat die mense kan sien: Sij sien dinge wat daar ver gebeur, en sij verstaan die betekenis van dit alles. Ons mense sien dit wel, maar verstaan daar niks van nie. Daarom moet ons ag slaan op die Hamerkop en luister na wat sij ons kom vertel.Word daar ver ’n kind gebore, of trouw daar mense, of lê daar iemand siek, of sterf hij, dan het niemand nodig om dit aan die Hamerkop te kom vertel nie—sij het dit lankal in die Waters gesien.Wat sij gesien het, kom sij aan die famielie en vrinde van die persone in haar eie taal en op haar eie manier vertel. Daarom slaan diegene wat slim en verstandig is, ag op die Hamerkop, daar sij nie een is wat lieg nie. ’n Mens kan op haar woord gaan. In die aand, as dit skemer is, kom sij na die huise van die mense waar sij die tijding wil bring. Sij vlie oor die huise, skree treurig en vertel dan wat sij te vertel het.Sij kan ook dinge vooruit sien en kom dan die betrokke persone waarskuw om tog nie fout te maak nie. Die Waters is bij haar iets heiligs. Mors die jongmeide daarin, of laat houtas in die fontein val, of laat hul ’n pot Water in die Vuur omslaan, dan gaan sij dit aan die groot Waterslang en aan Danser Vuurman vertel. Hierdie twee laat dan wolke opkom en gooi daaruit vurige swaar-weer-stene, om die jongmeide mee te dood. Lê die jongmeide dood, dan spoel die strome hul na ’n gat Water toe, waar die jongmeide dan Blomme word wat in die Waters groei om daar tot sieraad van die Waters te wees.Daarom is dit dat die moeders vandag nog hulle kinders waarskuw om tog nie die Waters se Blomme af te pluk nie. Is die kinders stout en stap in die Water, dan duik die Blomme gouw onder die Waters. Dan kom die groot Waterslang en trek die ongehoorsame kinders onder die Waters, en daardie stout kinders word dan Paddas, om vir die groot Waterslang saands te sing en te dans.Die Waterblomme was dus eers jongmeisies, en die Paddas was vroeër die onwettige kinders, wat ongehoorsaam was.Partijkeer, as daar ’n stuk of wat Hamerkoppe bijmekaar is, en hul sien iets goeds in die Water, dan is hulle vrolik. Hulle word dan net baie blij en begin somaar van vreugde om mekaar te dans. As hul nie kom vertel wat hul daar gesien het nie, dan moet ons weet dat dit goeie tijding vir hulleself is. Maar vlie hulle op en kom na die persoon wat vir hulle staan kijk het, dan bring hulle die tijding dat daar baie Wild aan kom is, en sê dat die mense hulle pijle moet reghou. Hieroor word algaar blij, klap hande en prijs die Hamerkoppe vir daardie goeie tijding.Eendag stuur die mense hulle kinders na die Water toe om drinkwater te gaan haal. In plaas van gouw te kom, blij die kinders daar speel. Hulle vat klippe en stokke en gooi en slaan die Paddas daarmee dood. Hieroor word die Wind kwaad, omdat daardie stout kinders uit onwettigheid die Paddas, die kinders van die Waters, doodgegooi het. Hij vat daardie kwaaddoeners van kinders in ’n warrelwind op, voer hul hoog in die lug, totdat hul binne die wolke kom, en toe verander hij die kinders in Paddas en dit reën toe Paddas uit die lug, soos ons soms vandag nog sien.Die ouers kom toe na die kinders soek, en was net ontevrede dat hulle kinders nou in Paddas verander is. Hieroor word die Warrelwind ook kwaad, verander die ouers ook in Paddas, en laat hul ook saam met die reën uit die lug val. Op hierdie manier word ongehoorsaamheid gestraf.Nou moet die Hamerkop oppas dat die Paddas nie uit die Waters gaan nie. Krij sij een buitekant, dan maak sij hom dood en eet hom op. Die werk van die Paddas is dus om saands te sing en te dans. Die babetjies word in swart karossies toegedraai, sodat geen armpie of beentjie uitkom nie—net as hulle groter word dan steek hulle eers die armpies en beentjies uit, en daarop gooi hul die swart karossies weg en is dan die jong Paddatjies.As die winter kom, word die Waters koud, dan vlug die Paddas in droë gate in die Grond. Maar die Grond is die Dogter wat aan slaap geraak het. So slaap, slaap die Paddas ook die hele winter deur. Maar as die donderweer hul met die begin van die somer wek, dan eers skrik hul wakker en begin weer te sing; want die Waters roep hul om te kom dans.
OPMERKINGS:—Hierdie Storie lewer ons iets oor die bijgeloof van Boesmans en vertel hoe die Hamerkopvoël alles in beelde op die water kan sien. Dit gee ons ook die herkoms van Blomme en Paddas wat in die water groei en woon.
Die Hamerkop is nie somaar vandag se Voël nie. Sij was eers ’n mens van die ougeslag en is ’n dogter van die Hotnotsgod, wat haar later in ’n Voël verander het.
Sij is baie goed bevrind met die Waters, wat aan haar die portrette toon van alles wat gebeur en nog sal gebeur. Al wat die Hamerkop te doen het, is net om in die Waters te kijk en dan sien sij alles daarin. In die dag spieël die Son, Lug, Bome, Diere en alles wat daar nabij is, hulle daarin af. Kleur vir kleur is daarin sigbaar. In die nag kan ons die Maan, Sterre, Melkweg en al die ander goeters daarin sien. Selfs as iemand in die donker anderkant die water loop, dan kan ons hom amper so duidelik sien asof dit in die dag is.
Maar die Hamerkop sien nog meer in die water as wat die mense kan sien: Sij sien dinge wat daar ver gebeur, en sij verstaan die betekenis van dit alles. Ons mense sien dit wel, maar verstaan daar niks van nie. Daarom moet ons ag slaan op die Hamerkop en luister na wat sij ons kom vertel.
Word daar ver ’n kind gebore, of trouw daar mense, of lê daar iemand siek, of sterf hij, dan het niemand nodig om dit aan die Hamerkop te kom vertel nie—sij het dit lankal in die Waters gesien.
Wat sij gesien het, kom sij aan die famielie en vrinde van die persone in haar eie taal en op haar eie manier vertel. Daarom slaan diegene wat slim en verstandig is, ag op die Hamerkop, daar sij nie een is wat lieg nie. ’n Mens kan op haar woord gaan. In die aand, as dit skemer is, kom sij na die huise van die mense waar sij die tijding wil bring. Sij vlie oor die huise, skree treurig en vertel dan wat sij te vertel het.
Sij kan ook dinge vooruit sien en kom dan die betrokke persone waarskuw om tog nie fout te maak nie. Die Waters is bij haar iets heiligs. Mors die jongmeide daarin, of laat houtas in die fontein val, of laat hul ’n pot Water in die Vuur omslaan, dan gaan sij dit aan die groot Waterslang en aan Danser Vuurman vertel. Hierdie twee laat dan wolke opkom en gooi daaruit vurige swaar-weer-stene, om die jongmeide mee te dood. Lê die jongmeide dood, dan spoel die strome hul na ’n gat Water toe, waar die jongmeide dan Blomme word wat in die Waters groei om daar tot sieraad van die Waters te wees.
Daarom is dit dat die moeders vandag nog hulle kinders waarskuw om tog nie die Waters se Blomme af te pluk nie. Is die kinders stout en stap in die Water, dan duik die Blomme gouw onder die Waters. Dan kom die groot Waterslang en trek die ongehoorsame kinders onder die Waters, en daardie stout kinders word dan Paddas, om vir die groot Waterslang saands te sing en te dans.
Die Waterblomme was dus eers jongmeisies, en die Paddas was vroeër die onwettige kinders, wat ongehoorsaam was.
Partijkeer, as daar ’n stuk of wat Hamerkoppe bijmekaar is, en hul sien iets goeds in die Water, dan is hulle vrolik. Hulle word dan net baie blij en begin somaar van vreugde om mekaar te dans. As hul nie kom vertel wat hul daar gesien het nie, dan moet ons weet dat dit goeie tijding vir hulleself is. Maar vlie hulle op en kom na die persoon wat vir hulle staan kijk het, dan bring hulle die tijding dat daar baie Wild aan kom is, en sê dat die mense hulle pijle moet reghou. Hieroor word algaar blij, klap hande en prijs die Hamerkoppe vir daardie goeie tijding.
Eendag stuur die mense hulle kinders na die Water toe om drinkwater te gaan haal. In plaas van gouw te kom, blij die kinders daar speel. Hulle vat klippe en stokke en gooi en slaan die Paddas daarmee dood. Hieroor word die Wind kwaad, omdat daardie stout kinders uit onwettigheid die Paddas, die kinders van die Waters, doodgegooi het. Hij vat daardie kwaaddoeners van kinders in ’n warrelwind op, voer hul hoog in die lug, totdat hul binne die wolke kom, en toe verander hij die kinders in Paddas en dit reën toe Paddas uit die lug, soos ons soms vandag nog sien.
Die ouers kom toe na die kinders soek, en was net ontevrede dat hulle kinders nou in Paddas verander is. Hieroor word die Warrelwind ook kwaad, verander die ouers ook in Paddas, en laat hul ook saam met die reën uit die lug val. Op hierdie manier word ongehoorsaamheid gestraf.
Nou moet die Hamerkop oppas dat die Paddas nie uit die Waters gaan nie. Krij sij een buitekant, dan maak sij hom dood en eet hom op. Die werk van die Paddas is dus om saands te sing en te dans. Die babetjies word in swart karossies toegedraai, sodat geen armpie of beentjie uitkom nie—net as hulle groter word dan steek hulle eers die armpies en beentjies uit, en daarop gooi hul die swart karossies weg en is dan die jong Paddatjies.
As die winter kom, word die Waters koud, dan vlug die Paddas in droë gate in die Grond. Maar die Grond is die Dogter wat aan slaap geraak het. So slaap, slaap die Paddas ook die hele winter deur. Maar as die donderweer hul met die begin van die somer wek, dan eers skrik hul wakker en begin weer te sing; want die Waters roep hul om te kom dans.