No. 16Die Uil en die Muise.OPMERKINGS:—In hierdie Storie vind ons nog meer verhaaltjies van Boesmanbijgeloof en ook van Opstanding.Die Uil is ook ’n Voël van baie groot betekenis. Net soos die Hamerkopvoël kan hij baie dingetjies sien wat gebeur en nog sal gebeur. Die onderskeid is net dit: Die Hamerkop sien dinge in die dag in die Waters, en die Uil sien in die nag aan die Maan en Sterre wat aan die gang is. Die Uil is mos die Voël wat die Sterre en Hemelstraat gemaak het, deur kole en as in die lug te gooi. Nou vertel daardie Sterre en Melkweg haar van alles wat sal plaasvind. Ieder mens het sij eie Ster. As daar ’n Ster besonder blink, of verskiet, of ’n stert krij, dan weet die Uil al dadelik wie se Ster dit is, en waar hij die tijding of boodskap moet gaan bring.Die Uil laat haar ook gemaklik betower deur een of ander toornaar, dan gaan sij bij die huis van die ongewenste persoon nare geluide maak. Kom so een uit om haar weg te ja, dan val hij op die plek morsdood.Ons mense kijk ook na die Sterre. En wat verstaan ons daarvan? Maar die Uil verstaan alles. Sij let op of die Ster ogies knip, rooi, wit of blouw word, of die Ster ’n stert, of roei, gaan krij, en dan na watter kant die Ster verskiet, en na watter kant die stert van die Ster wijs.Die Sterre gesels ook met haar deur boodskappe met die Vuurvliegies te stuur. Op dit alles slaan die Uil ag. Daarom gee diegene wat slim en vernuftig is, goed gehoor aan die Uil; want sij lieg nie: sij vertel altijd die waarheid.Gooi iemand haar met klippe, bespot en lag hij haar uit, dan kom sij nie gouw weer nie. Maar bewaar die een as sij dan weer terugkom!—dan bring sij slegte tijding. Daarom pas op om ’n Uil nie kwaad te doen nie. Sij vergewe nie en kom later om jou te straf vir wat jij aan haar gedoen het.Die Uil en die Slange is ook goed bevrind. Soms as sij ’n boodskap het van iemand wat reeds dood is, dan gee sij die boodskap aan ’n Slang. Daardie Slang seil dan na die graf van daardie persoon wat die boodskap gestuur het. Hij wag dan daar bij die graf. As iemand die Slang daar sien, dan moet hij weet dat die afgesterwe persoon laat weet dat hij gelukkig is, dat hij wens dat sij agtergeblewe mense ook gelukkig moet wees, en daarom verlang hij dat die mense ’n groot maaltijd en vrolikheid om sij ontwil moet maak.1Die mense bring dan baie kos, eet en maak vrolikheid.Die Maan vertel ook baie dinge aan die Uil; want die Maan kan ver oor die wêreld sien. Die Uil verstaan die Maan net goed: sij kijk net na watter kant die horings van die Maan wijs; sij let op na watter kant die hol bak van die Maan gedraai is. Die Geeste gaan in die hol bakdeur die lug rij; maar namate die holte opvul, gee die Geeste pad, en as dit Volle Maan is, dan is daar geen plek vir hulle nie—dis nou uitklimtijd se dinge daardie.Nou, die Uil is nie so agterhoudend as sij lijk nie. Sij kom dit aan ons vertel; maar ons moet mooi luister.Daar was eendag ’n oujong en oumeid wat nie na die Uil wou geluister het nie. Hulle het die Uil met klippe gegooi en haar uitgeskel en tot leuenaar gemaak, terwijl hulle self leuenaars en bedrieërs was. Die Uil was so vrindelik om aan daardie twee oues te kom vertel dat hul dadelik moes vlug; want daar is ’n Leeuw wat na hulle verneem om hulle op te vreet.Die twee oumense roep uit: “Dit jok jij! En dan, ons is glad nie vir Leeuws bang nie! Ons ken hier nabij net een Leeuw, en van ouderdom het hij geen tand meer in sij bek nie.” Onder die praat laat die Uil sij mes val; hulle hol toe, tel dit op en wou dit nie weer teruggee nie. Daarop steek hul die Uil onder die klippers en skel hom met lelike woorde uit.Daarop vlie die Uil bedroef weg.In die nag begin dit kliphard tereën. Die onweer was straf. Onderwijl hoor hul ’n Leeuw in die verte brul en aan die gebrul kon hul hoor dat die Leeuw nader kom. Toe word hul bang en vlug. Maar toe hul ’n laagte wou deurvlug, was dit kant en wal vol. Hul vlug toe langs die bruisende stroom op en daar vèr sien hul die vuur van ander mense brand. Hulle hardloop daarheen en vertel toe aan die mense dat hulle (die vlugtelinge) koud is, en vra velle om onder in te kruip. Die mense gee aan die twee vlugtelinge baie velle om hulle in toe te rol.Dog die Leeuw het die spore van die twee gevolg, en toe hij bij die hutte kom, vra hij waar daardie twee vlugtelinge is; want hij wil hulle hê om hul stukkend te skeur. Dog die mense het jammer vir die twee gehad, so bring hul ’n halwe Hartbees na die Leeuw. Hij wou daaraan egter nie eet nie, maar dwing net oor die twee vlugtelinge.Toe kom die Uil ook daar en vertel wie dat daardie twee oues is, dat hulle diewe en leuenaars is. Toe bring die mense die twee uit en oorhandig hul aan die Leeuw, wat hul op die plek aan flenters skeur, sonder die bloed eens te lek of ’n stukkie van hulle vleis te eet.In die nag het die maanwater op die stukkies vleis geval, daar het lewe ingekom, en ieder stukkie het ’n Muis geword.So het die Muise uit leuenaars, diewe en bedrieërs voortgespruit en daarom kan hul tot vandag toe nie hulle streke laat nie.1Dit is ook ’n Kaffer-bijgeloof.↑

No. 16Die Uil en die Muise.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie vind ons nog meer verhaaltjies van Boesmanbijgeloof en ook van Opstanding.Die Uil is ook ’n Voël van baie groot betekenis. Net soos die Hamerkopvoël kan hij baie dingetjies sien wat gebeur en nog sal gebeur. Die onderskeid is net dit: Die Hamerkop sien dinge in die dag in die Waters, en die Uil sien in die nag aan die Maan en Sterre wat aan die gang is. Die Uil is mos die Voël wat die Sterre en Hemelstraat gemaak het, deur kole en as in die lug te gooi. Nou vertel daardie Sterre en Melkweg haar van alles wat sal plaasvind. Ieder mens het sij eie Ster. As daar ’n Ster besonder blink, of verskiet, of ’n stert krij, dan weet die Uil al dadelik wie se Ster dit is, en waar hij die tijding of boodskap moet gaan bring.Die Uil laat haar ook gemaklik betower deur een of ander toornaar, dan gaan sij bij die huis van die ongewenste persoon nare geluide maak. Kom so een uit om haar weg te ja, dan val hij op die plek morsdood.Ons mense kijk ook na die Sterre. En wat verstaan ons daarvan? Maar die Uil verstaan alles. Sij let op of die Ster ogies knip, rooi, wit of blouw word, of die Ster ’n stert, of roei, gaan krij, en dan na watter kant die Ster verskiet, en na watter kant die stert van die Ster wijs.Die Sterre gesels ook met haar deur boodskappe met die Vuurvliegies te stuur. Op dit alles slaan die Uil ag. Daarom gee diegene wat slim en vernuftig is, goed gehoor aan die Uil; want sij lieg nie: sij vertel altijd die waarheid.Gooi iemand haar met klippe, bespot en lag hij haar uit, dan kom sij nie gouw weer nie. Maar bewaar die een as sij dan weer terugkom!—dan bring sij slegte tijding. Daarom pas op om ’n Uil nie kwaad te doen nie. Sij vergewe nie en kom later om jou te straf vir wat jij aan haar gedoen het.Die Uil en die Slange is ook goed bevrind. Soms as sij ’n boodskap het van iemand wat reeds dood is, dan gee sij die boodskap aan ’n Slang. Daardie Slang seil dan na die graf van daardie persoon wat die boodskap gestuur het. Hij wag dan daar bij die graf. As iemand die Slang daar sien, dan moet hij weet dat die afgesterwe persoon laat weet dat hij gelukkig is, dat hij wens dat sij agtergeblewe mense ook gelukkig moet wees, en daarom verlang hij dat die mense ’n groot maaltijd en vrolikheid om sij ontwil moet maak.1Die mense bring dan baie kos, eet en maak vrolikheid.Die Maan vertel ook baie dinge aan die Uil; want die Maan kan ver oor die wêreld sien. Die Uil verstaan die Maan net goed: sij kijk net na watter kant die horings van die Maan wijs; sij let op na watter kant die hol bak van die Maan gedraai is. Die Geeste gaan in die hol bakdeur die lug rij; maar namate die holte opvul, gee die Geeste pad, en as dit Volle Maan is, dan is daar geen plek vir hulle nie—dis nou uitklimtijd se dinge daardie.Nou, die Uil is nie so agterhoudend as sij lijk nie. Sij kom dit aan ons vertel; maar ons moet mooi luister.Daar was eendag ’n oujong en oumeid wat nie na die Uil wou geluister het nie. Hulle het die Uil met klippe gegooi en haar uitgeskel en tot leuenaar gemaak, terwijl hulle self leuenaars en bedrieërs was. Die Uil was so vrindelik om aan daardie twee oues te kom vertel dat hul dadelik moes vlug; want daar is ’n Leeuw wat na hulle verneem om hulle op te vreet.Die twee oumense roep uit: “Dit jok jij! En dan, ons is glad nie vir Leeuws bang nie! Ons ken hier nabij net een Leeuw, en van ouderdom het hij geen tand meer in sij bek nie.” Onder die praat laat die Uil sij mes val; hulle hol toe, tel dit op en wou dit nie weer teruggee nie. Daarop steek hul die Uil onder die klippers en skel hom met lelike woorde uit.Daarop vlie die Uil bedroef weg.In die nag begin dit kliphard tereën. Die onweer was straf. Onderwijl hoor hul ’n Leeuw in die verte brul en aan die gebrul kon hul hoor dat die Leeuw nader kom. Toe word hul bang en vlug. Maar toe hul ’n laagte wou deurvlug, was dit kant en wal vol. Hul vlug toe langs die bruisende stroom op en daar vèr sien hul die vuur van ander mense brand. Hulle hardloop daarheen en vertel toe aan die mense dat hulle (die vlugtelinge) koud is, en vra velle om onder in te kruip. Die mense gee aan die twee vlugtelinge baie velle om hulle in toe te rol.Dog die Leeuw het die spore van die twee gevolg, en toe hij bij die hutte kom, vra hij waar daardie twee vlugtelinge is; want hij wil hulle hê om hul stukkend te skeur. Dog die mense het jammer vir die twee gehad, so bring hul ’n halwe Hartbees na die Leeuw. Hij wou daaraan egter nie eet nie, maar dwing net oor die twee vlugtelinge.Toe kom die Uil ook daar en vertel wie dat daardie twee oues is, dat hulle diewe en leuenaars is. Toe bring die mense die twee uit en oorhandig hul aan die Leeuw, wat hul op die plek aan flenters skeur, sonder die bloed eens te lek of ’n stukkie van hulle vleis te eet.In die nag het die maanwater op die stukkies vleis geval, daar het lewe ingekom, en ieder stukkie het ’n Muis geword.So het die Muise uit leuenaars, diewe en bedrieërs voortgespruit en daarom kan hul tot vandag toe nie hulle streke laat nie.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie vind ons nog meer verhaaltjies van Boesmanbijgeloof en ook van Opstanding.
Die Uil is ook ’n Voël van baie groot betekenis. Net soos die Hamerkopvoël kan hij baie dingetjies sien wat gebeur en nog sal gebeur. Die onderskeid is net dit: Die Hamerkop sien dinge in die dag in die Waters, en die Uil sien in die nag aan die Maan en Sterre wat aan die gang is. Die Uil is mos die Voël wat die Sterre en Hemelstraat gemaak het, deur kole en as in die lug te gooi. Nou vertel daardie Sterre en Melkweg haar van alles wat sal plaasvind. Ieder mens het sij eie Ster. As daar ’n Ster besonder blink, of verskiet, of ’n stert krij, dan weet die Uil al dadelik wie se Ster dit is, en waar hij die tijding of boodskap moet gaan bring.
Die Uil laat haar ook gemaklik betower deur een of ander toornaar, dan gaan sij bij die huis van die ongewenste persoon nare geluide maak. Kom so een uit om haar weg te ja, dan val hij op die plek morsdood.
Ons mense kijk ook na die Sterre. En wat verstaan ons daarvan? Maar die Uil verstaan alles. Sij let op of die Ster ogies knip, rooi, wit of blouw word, of die Ster ’n stert, of roei, gaan krij, en dan na watter kant die Ster verskiet, en na watter kant die stert van die Ster wijs.
Die Sterre gesels ook met haar deur boodskappe met die Vuurvliegies te stuur. Op dit alles slaan die Uil ag. Daarom gee diegene wat slim en vernuftig is, goed gehoor aan die Uil; want sij lieg nie: sij vertel altijd die waarheid.
Gooi iemand haar met klippe, bespot en lag hij haar uit, dan kom sij nie gouw weer nie. Maar bewaar die een as sij dan weer terugkom!—dan bring sij slegte tijding. Daarom pas op om ’n Uil nie kwaad te doen nie. Sij vergewe nie en kom later om jou te straf vir wat jij aan haar gedoen het.
Die Uil en die Slange is ook goed bevrind. Soms as sij ’n boodskap het van iemand wat reeds dood is, dan gee sij die boodskap aan ’n Slang. Daardie Slang seil dan na die graf van daardie persoon wat die boodskap gestuur het. Hij wag dan daar bij die graf. As iemand die Slang daar sien, dan moet hij weet dat die afgesterwe persoon laat weet dat hij gelukkig is, dat hij wens dat sij agtergeblewe mense ook gelukkig moet wees, en daarom verlang hij dat die mense ’n groot maaltijd en vrolikheid om sij ontwil moet maak.1
Die mense bring dan baie kos, eet en maak vrolikheid.
Die Maan vertel ook baie dinge aan die Uil; want die Maan kan ver oor die wêreld sien. Die Uil verstaan die Maan net goed: sij kijk net na watter kant die horings van die Maan wijs; sij let op na watter kant die hol bak van die Maan gedraai is. Die Geeste gaan in die hol bakdeur die lug rij; maar namate die holte opvul, gee die Geeste pad, en as dit Volle Maan is, dan is daar geen plek vir hulle nie—dis nou uitklimtijd se dinge daardie.
Nou, die Uil is nie so agterhoudend as sij lijk nie. Sij kom dit aan ons vertel; maar ons moet mooi luister.
Daar was eendag ’n oujong en oumeid wat nie na die Uil wou geluister het nie. Hulle het die Uil met klippe gegooi en haar uitgeskel en tot leuenaar gemaak, terwijl hulle self leuenaars en bedrieërs was. Die Uil was so vrindelik om aan daardie twee oues te kom vertel dat hul dadelik moes vlug; want daar is ’n Leeuw wat na hulle verneem om hulle op te vreet.
Die twee oumense roep uit: “Dit jok jij! En dan, ons is glad nie vir Leeuws bang nie! Ons ken hier nabij net een Leeuw, en van ouderdom het hij geen tand meer in sij bek nie.” Onder die praat laat die Uil sij mes val; hulle hol toe, tel dit op en wou dit nie weer teruggee nie. Daarop steek hul die Uil onder die klippers en skel hom met lelike woorde uit.
Daarop vlie die Uil bedroef weg.
In die nag begin dit kliphard tereën. Die onweer was straf. Onderwijl hoor hul ’n Leeuw in die verte brul en aan die gebrul kon hul hoor dat die Leeuw nader kom. Toe word hul bang en vlug. Maar toe hul ’n laagte wou deurvlug, was dit kant en wal vol. Hul vlug toe langs die bruisende stroom op en daar vèr sien hul die vuur van ander mense brand. Hulle hardloop daarheen en vertel toe aan die mense dat hulle (die vlugtelinge) koud is, en vra velle om onder in te kruip. Die mense gee aan die twee vlugtelinge baie velle om hulle in toe te rol.
Dog die Leeuw het die spore van die twee gevolg, en toe hij bij die hutte kom, vra hij waar daardie twee vlugtelinge is; want hij wil hulle hê om hul stukkend te skeur. Dog die mense het jammer vir die twee gehad, so bring hul ’n halwe Hartbees na die Leeuw. Hij wou daaraan egter nie eet nie, maar dwing net oor die twee vlugtelinge.
Toe kom die Uil ook daar en vertel wie dat daardie twee oues is, dat hulle diewe en leuenaars is. Toe bring die mense die twee uit en oorhandig hul aan die Leeuw, wat hul op die plek aan flenters skeur, sonder die bloed eens te lek of ’n stukkie van hulle vleis te eet.
In die nag het die maanwater op die stukkies vleis geval, daar het lewe ingekom, en ieder stukkie het ’n Muis geword.
So het die Muise uit leuenaars, diewe en bedrieërs voortgespruit en daarom kan hul tot vandag toe nie hulle streke laat nie.
1Dit is ook ’n Kaffer-bijgeloof.↑
1Dit is ook ’n Kaffer-bijgeloof.↑
1Dit is ook ’n Kaffer-bijgeloof.↑