No. 17Die Reënboog.OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe die Reënboog ontstaan het en dat die Reënboog ’n goeie verlokker is.Die Reënboog is die Dogter van die Opgewing, of Lugspiegeling. Sij was ook eers ’n mens van die ougeslag; maar het later die vorm van die Reënboog aangeneem, en dit het so gekom:—Die Opgewing haar dogter het bij haar daar op die Vlaktes gewoon. Net soos haar ma, die Opgewing, het die dogter daar groot plesier in gehad om die gek met iemand te skeer; daarom het sij so baie van mooi klere aantrek gehou. Sij was ook, net soos haar ma, sonder spraak—jij sien haar wel, maar hoor haar nooit nie. En tog het sij baie liefhebbers gehad, waaronder die Windvoël en die Reënbees was.Die Windvoël, wat die winde laat waai, het baie na daardie dogter toe kom kuier. Dan vertoon hij hom as Voël in sij beste veredrag en voer met hom saam die geure van al die lekkerruikende blomme en kruie. Sij het egter nie groot sin in die Windvoël gehad nie, maar het meer van die Reënbees gehou. Maar die Wind is sterker as die Reën—so moes sij maar haar beurt afwag.Een dag kom die Windvoël skoon en netjies aangevlie. Die dogter kon hom reeds op ’n afstand hoor aankom; wanthij klapwiek so liefies en vrindelik met sij vlerke, wat gebalsem was met die heerlikste geure. Sij kom uit haar hut en gaan voor haar deur sit en wag. Die Windvoël kom en gaan ook ewe vrindelik voor haar sit. Sij stap op en begroet hom deur haar hand oor hom te strijk en hom met die poeier van lekkerruikende blaartjies te bestrooi. Sij hou haar ewe lief en soet.Na hom nog ’n rukkie gestreel te hê, gaan sij ewe liefkosend op sij rug sit, hij brei sij vlerke uit en daar stijg hij in die lug op en vlie met haar daar na die berge toe, waar sij huis in ’n klipgrot is.Maar daar in daardie kliphuis was ’n koue lug, wat haar glad nie beval het nie; maar sij laat niks merk nie—bowendien, die plek was nouw en ongerieflik; maar sij hou haar ewe tevrede. Sij vra toe deur tekens waar die kos en water is. Dog daar was geen kos en water nie; so sê die Windvoël vir haar om maar daar ’n bietjie te wag, hij sal alles gouw gaan haal; want hij weet waar die beste te krij is.Hij vlie toe oor die berge, en sij blij daar in die klipgrot wag. Hij vlie ver en blij ’n goeie ruk weg.Toe die Windvoël terugkom, was die dogter skoonweg; want sij het intussen gevlug en het vir haar daar op die Vlaktes bij haar ma, die Opgewing, onder die grond gaan wegsteek, waar die Windvoël haar nooit sou uitsnuffel nie.Die Windvoël voel toe dat hij deur die meisie bedroë was en was daaroor nie min gesteurd nie. Maar haar moeder, die Opgewing, het goed verstaan om die Windvoëlin ’n goeie luim te hou, sodat hij nie moet kwaad word en alles verwoes nie.Die Waterslang, wat ook onder die grond rondseil, het gouw uitgevind waar die dogter haar nou ophou; sij gaan dit toe aan haar vader, die Reënbees, vertel. Die Reënbees woon in ’n seekoegat: as hij daarin is, dan is die gat vol water; maar gaan hij uit om te wei, dan word die gat droog en ’n misdamp, wat die asem van die Reënbees is, omring hom, sodat niemand hom in daardie mistige weer kan sien nie. Hij stap toe reguit na die meisie toe. Alles was stil; want die Windvoël het ver oor die berge gevlie en sou vir dae wegblij.Sij ruik die heerlike ruik van die reën wat die Reënbees maak, en kom onder uit haar onderaardse woning. Die Reënbees kom voor haar kniel en gaan ewe lief lê en was net vrindelik.Die meisie staan toe op en klop liefkosend met haar hand teen die Reënbees se nek en strooi oor hom ook fijngemaakte kruiebossies en lekker-ruikblare. Na sij ’n rukkie met hom gespeel het, gaan sij ewe plesierig op sij rug sit. Hij staan op en stap met haar—hoog in sij skik—weg na sij huis, die seekoegat, toe.Op weg daarheen sien sij ’n klomp groot bome staan; sij sê toe dat sij moeg voel en wil eers daar onder die bome gaan rus. Die Reënbees stap daarnatoe en gaan teen ’n stam van ’n groot boom in die skaduwee lê. Die meisie blij op sij rug sit, dog strooi weer kruie op die kop van die Reënbees; hij krij daarvan vaak en val vas in die slaap.Toe sij dit gewaar, dros sij stilletjies weg—reguit na haar moeder op die Vlaktes toe.Toedie Reënbees wakker word, verbeel hij hom een streek deur dat die meisie nog op sij rug sit, en hij stap toe na die seekoegat toe. Maar toe hij in die water wil induik, toe eers gewaar hij dat die meisie weg is. Hij word toe kwaad.Maar die moeder van die dogter het reënbossies gebrand—bossies wat gebrand word om die Reënbees tevrede te stel. So het hij afgekoel van sij kwaai bui en het nie deur verspoelings skade onder die mense aangerig nie.Die Opgewing het toe haar dogter in ’n Reënboog verander, sodat die Wind en Reën haar kan sien en bewonder, maar aan haar geen kwaad kan doen nie. Sij het haar pragtige gekleurde klere behou en pronk nog daarmee.

No. 17Die Reënboog.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe die Reënboog ontstaan het en dat die Reënboog ’n goeie verlokker is.Die Reënboog is die Dogter van die Opgewing, of Lugspiegeling. Sij was ook eers ’n mens van die ougeslag; maar het later die vorm van die Reënboog aangeneem, en dit het so gekom:—Die Opgewing haar dogter het bij haar daar op die Vlaktes gewoon. Net soos haar ma, die Opgewing, het die dogter daar groot plesier in gehad om die gek met iemand te skeer; daarom het sij so baie van mooi klere aantrek gehou. Sij was ook, net soos haar ma, sonder spraak—jij sien haar wel, maar hoor haar nooit nie. En tog het sij baie liefhebbers gehad, waaronder die Windvoël en die Reënbees was.Die Windvoël, wat die winde laat waai, het baie na daardie dogter toe kom kuier. Dan vertoon hij hom as Voël in sij beste veredrag en voer met hom saam die geure van al die lekkerruikende blomme en kruie. Sij het egter nie groot sin in die Windvoël gehad nie, maar het meer van die Reënbees gehou. Maar die Wind is sterker as die Reën—so moes sij maar haar beurt afwag.Een dag kom die Windvoël skoon en netjies aangevlie. Die dogter kon hom reeds op ’n afstand hoor aankom; wanthij klapwiek so liefies en vrindelik met sij vlerke, wat gebalsem was met die heerlikste geure. Sij kom uit haar hut en gaan voor haar deur sit en wag. Die Windvoël kom en gaan ook ewe vrindelik voor haar sit. Sij stap op en begroet hom deur haar hand oor hom te strijk en hom met die poeier van lekkerruikende blaartjies te bestrooi. Sij hou haar ewe lief en soet.Na hom nog ’n rukkie gestreel te hê, gaan sij ewe liefkosend op sij rug sit, hij brei sij vlerke uit en daar stijg hij in die lug op en vlie met haar daar na die berge toe, waar sij huis in ’n klipgrot is.Maar daar in daardie kliphuis was ’n koue lug, wat haar glad nie beval het nie; maar sij laat niks merk nie—bowendien, die plek was nouw en ongerieflik; maar sij hou haar ewe tevrede. Sij vra toe deur tekens waar die kos en water is. Dog daar was geen kos en water nie; so sê die Windvoël vir haar om maar daar ’n bietjie te wag, hij sal alles gouw gaan haal; want hij weet waar die beste te krij is.Hij vlie toe oor die berge, en sij blij daar in die klipgrot wag. Hij vlie ver en blij ’n goeie ruk weg.Toe die Windvoël terugkom, was die dogter skoonweg; want sij het intussen gevlug en het vir haar daar op die Vlaktes bij haar ma, die Opgewing, onder die grond gaan wegsteek, waar die Windvoël haar nooit sou uitsnuffel nie.Die Windvoël voel toe dat hij deur die meisie bedroë was en was daaroor nie min gesteurd nie. Maar haar moeder, die Opgewing, het goed verstaan om die Windvoëlin ’n goeie luim te hou, sodat hij nie moet kwaad word en alles verwoes nie.Die Waterslang, wat ook onder die grond rondseil, het gouw uitgevind waar die dogter haar nou ophou; sij gaan dit toe aan haar vader, die Reënbees, vertel. Die Reënbees woon in ’n seekoegat: as hij daarin is, dan is die gat vol water; maar gaan hij uit om te wei, dan word die gat droog en ’n misdamp, wat die asem van die Reënbees is, omring hom, sodat niemand hom in daardie mistige weer kan sien nie. Hij stap toe reguit na die meisie toe. Alles was stil; want die Windvoël het ver oor die berge gevlie en sou vir dae wegblij.Sij ruik die heerlike ruik van die reën wat die Reënbees maak, en kom onder uit haar onderaardse woning. Die Reënbees kom voor haar kniel en gaan ewe lief lê en was net vrindelik.Die meisie staan toe op en klop liefkosend met haar hand teen die Reënbees se nek en strooi oor hom ook fijngemaakte kruiebossies en lekker-ruikblare. Na sij ’n rukkie met hom gespeel het, gaan sij ewe plesierig op sij rug sit. Hij staan op en stap met haar—hoog in sij skik—weg na sij huis, die seekoegat, toe.Op weg daarheen sien sij ’n klomp groot bome staan; sij sê toe dat sij moeg voel en wil eers daar onder die bome gaan rus. Die Reënbees stap daarnatoe en gaan teen ’n stam van ’n groot boom in die skaduwee lê. Die meisie blij op sij rug sit, dog strooi weer kruie op die kop van die Reënbees; hij krij daarvan vaak en val vas in die slaap.Toe sij dit gewaar, dros sij stilletjies weg—reguit na haar moeder op die Vlaktes toe.Toedie Reënbees wakker word, verbeel hij hom een streek deur dat die meisie nog op sij rug sit, en hij stap toe na die seekoegat toe. Maar toe hij in die water wil induik, toe eers gewaar hij dat die meisie weg is. Hij word toe kwaad.Maar die moeder van die dogter het reënbossies gebrand—bossies wat gebrand word om die Reënbees tevrede te stel. So het hij afgekoel van sij kwaai bui en het nie deur verspoelings skade onder die mense aangerig nie.Die Opgewing het toe haar dogter in ’n Reënboog verander, sodat die Wind en Reën haar kan sien en bewonder, maar aan haar geen kwaad kan doen nie. Sij het haar pragtige gekleurde klere behou en pronk nog daarmee.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe die Reënboog ontstaan het en dat die Reënboog ’n goeie verlokker is.
Die Reënboog is die Dogter van die Opgewing, of Lugspiegeling. Sij was ook eers ’n mens van die ougeslag; maar het later die vorm van die Reënboog aangeneem, en dit het so gekom:—
Die Opgewing haar dogter het bij haar daar op die Vlaktes gewoon. Net soos haar ma, die Opgewing, het die dogter daar groot plesier in gehad om die gek met iemand te skeer; daarom het sij so baie van mooi klere aantrek gehou. Sij was ook, net soos haar ma, sonder spraak—jij sien haar wel, maar hoor haar nooit nie. En tog het sij baie liefhebbers gehad, waaronder die Windvoël en die Reënbees was.
Die Windvoël, wat die winde laat waai, het baie na daardie dogter toe kom kuier. Dan vertoon hij hom as Voël in sij beste veredrag en voer met hom saam die geure van al die lekkerruikende blomme en kruie. Sij het egter nie groot sin in die Windvoël gehad nie, maar het meer van die Reënbees gehou. Maar die Wind is sterker as die Reën—so moes sij maar haar beurt afwag.
Een dag kom die Windvoël skoon en netjies aangevlie. Die dogter kon hom reeds op ’n afstand hoor aankom; wanthij klapwiek so liefies en vrindelik met sij vlerke, wat gebalsem was met die heerlikste geure. Sij kom uit haar hut en gaan voor haar deur sit en wag. Die Windvoël kom en gaan ook ewe vrindelik voor haar sit. Sij stap op en begroet hom deur haar hand oor hom te strijk en hom met die poeier van lekkerruikende blaartjies te bestrooi. Sij hou haar ewe lief en soet.
Na hom nog ’n rukkie gestreel te hê, gaan sij ewe liefkosend op sij rug sit, hij brei sij vlerke uit en daar stijg hij in die lug op en vlie met haar daar na die berge toe, waar sij huis in ’n klipgrot is.
Maar daar in daardie kliphuis was ’n koue lug, wat haar glad nie beval het nie; maar sij laat niks merk nie—bowendien, die plek was nouw en ongerieflik; maar sij hou haar ewe tevrede. Sij vra toe deur tekens waar die kos en water is. Dog daar was geen kos en water nie; so sê die Windvoël vir haar om maar daar ’n bietjie te wag, hij sal alles gouw gaan haal; want hij weet waar die beste te krij is.
Hij vlie toe oor die berge, en sij blij daar in die klipgrot wag. Hij vlie ver en blij ’n goeie ruk weg.
Toe die Windvoël terugkom, was die dogter skoonweg; want sij het intussen gevlug en het vir haar daar op die Vlaktes bij haar ma, die Opgewing, onder die grond gaan wegsteek, waar die Windvoël haar nooit sou uitsnuffel nie.
Die Windvoël voel toe dat hij deur die meisie bedroë was en was daaroor nie min gesteurd nie. Maar haar moeder, die Opgewing, het goed verstaan om die Windvoëlin ’n goeie luim te hou, sodat hij nie moet kwaad word en alles verwoes nie.
Die Waterslang, wat ook onder die grond rondseil, het gouw uitgevind waar die dogter haar nou ophou; sij gaan dit toe aan haar vader, die Reënbees, vertel. Die Reënbees woon in ’n seekoegat: as hij daarin is, dan is die gat vol water; maar gaan hij uit om te wei, dan word die gat droog en ’n misdamp, wat die asem van die Reënbees is, omring hom, sodat niemand hom in daardie mistige weer kan sien nie. Hij stap toe reguit na die meisie toe. Alles was stil; want die Windvoël het ver oor die berge gevlie en sou vir dae wegblij.
Sij ruik die heerlike ruik van die reën wat die Reënbees maak, en kom onder uit haar onderaardse woning. Die Reënbees kom voor haar kniel en gaan ewe lief lê en was net vrindelik.
Die meisie staan toe op en klop liefkosend met haar hand teen die Reënbees se nek en strooi oor hom ook fijngemaakte kruiebossies en lekker-ruikblare. Na sij ’n rukkie met hom gespeel het, gaan sij ewe plesierig op sij rug sit. Hij staan op en stap met haar—hoog in sij skik—weg na sij huis, die seekoegat, toe.
Op weg daarheen sien sij ’n klomp groot bome staan; sij sê toe dat sij moeg voel en wil eers daar onder die bome gaan rus. Die Reënbees stap daarnatoe en gaan teen ’n stam van ’n groot boom in die skaduwee lê. Die meisie blij op sij rug sit, dog strooi weer kruie op die kop van die Reënbees; hij krij daarvan vaak en val vas in die slaap.
Toe sij dit gewaar, dros sij stilletjies weg—reguit na haar moeder op die Vlaktes toe.Toedie Reënbees wakker word, verbeel hij hom een streek deur dat die meisie nog op sij rug sit, en hij stap toe na die seekoegat toe. Maar toe hij in die water wil induik, toe eers gewaar hij dat die meisie weg is. Hij word toe kwaad.
Maar die moeder van die dogter het reënbossies gebrand—bossies wat gebrand word om die Reënbees tevrede te stel. So het hij afgekoel van sij kwaai bui en het nie deur verspoelings skade onder die mense aangerig nie.
Die Opgewing het toe haar dogter in ’n Reënboog verander, sodat die Wind en Reën haar kan sien en bewonder, maar aan haar geen kwaad kan doen nie. Sij het haar pragtige gekleurde klere behou en pronk nog daarmee.