No. 18

No. 18Die Hotnotsgod en Bobiane baklei.OPMERKINGS:—In die Boesmanstories speel die Bobiane nogal ’n groot rol. Hulle word gewoonlik voorgestel as skrander en sterk. Hier is weer sprake van ’n Opstanding en wel uit die WatersDie Bobiane is mense van die ougeslag en is van ’n ander famielie as’Kaggen, die Hotnotsgod. Daarom het hulle nooit ontsien om die ouman en sij famielie te pla nie. Baiemaal as die kinders van die Hotnotsgod gaan water haal, dan moveer die Bobiane hulle en ja hul van die water af weg. Gaan die kinders veldvrugte pluk, of veldkos haal, dan vat die Bobiane dit af en maak die kinders bowenop seer. Die kinders kom dan bij hulle pa of oupa, die Hotnotsgod, daaroor kla.So stuur’Kaggeneendag sij seun om stokke te gaan haal. Hij wil daarvan kieries en ’n boog maak om die Bobiane mee te gooi en te skiet.Daar in die veld ontmoet die Bobiane daardie seun en vra aan hom wat hij daar maak. Hij antwoord: “Ek kom stokke vir mij vader haal: van hierdie gaan hij kieries maak en van daardie een ’n boog om die mense te skiet wat op hulle hakskene sit.”Die Bobiaan roep toe sij maat wat daar naasaan wei, en sê: “Maat, kom luister hier watter praatjies gesels die seun hierso!”Die maat stap nader en sing:“Ek kom nou,En luisterNa die kind bij jou.”En hij vra: “Wat sê daardie seun?”Die eerste Bobiaan antwoord: “Hij sê hij kom stokke vir sij pa haal: daardie stokke is vir kieries, en die ander een vir ’n boog om die mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet.”“A so!” roep die tweede Bobiaan uit en hij roep sij maat wat naas hom gewei het, en sê: “Kom luister na die stories van hierdie seun!”Die derde Bobiaan kom nader en sing ook:“Ek kom nou,En luisterNa die kind bij jou.”Hij vra toe wat die seun gesels, en toe die praatjies van die seun oorvertel word, roep daardie Bobiaan ook sij maat wat naas hom wei. En so het iedereen sij maat geroep, totdat algaar kom luister het.Die allerlaaste roep hul die ou voorman. Hij kom en sing ook dieselfde liedjie. Toe hul hom vertel dat die seun kom stokke vir die Hotnotsgod haal om kieries en ’n boog van te maak om die mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet, toe roep die ou uit: “Wie anders word bedoel as ons! Grijp die seun, vat die stokke af en slaan hom!”Die klomp Bobiane bestorm die arme seun en slaan hom met die stokke en met hulle vuiste dat sij kopbeenbreek en sij oog uit die kop rol. Die seun was toe dood.Toe grijp een die oog van die seun en roep uit: “Hier het ek ’n mooi iets om bal-bal mee te speel. Die Bobiane staan toe reg. Die een wat die oog vang, roep uit:“Dis mij bal dié!”Die een wat die oog na die ander gooi, roep uit:“Dis jouw bal dié!”En so gaan die rondgooi aan onder die uitroep:“Dis mij bal dié!”.“Dis jouw bal dié.”Hulle speel toe net geesdriftig en val oor mekaar dat die stofdamp opslaan.Die Hamerkopvoël, wat alles gesien het wat daar gebeur, vlie oor na die Hotnotsgod om te vertel wat die Bobiane aan sij seun gedoen het. Die ouman spring haastig op, vat sij boog, pijlkoker en knapsak mee en hij hardloop na die plek toe waar sij seun dood lê. Van ver af sien hij reeds die stof soos die Bobiane bal-bal speel. Die trane kom in sij oë en hij begin bedroef oor sij seun te huil. Maar voor hij bij die Bobiane kom, droë hij die trane van sij oë af, sodat hulle nie moet sien dat hij gehuil het nie.Toe hij daar kom, sit hij sij boog, pijlkoker en knapsak neer, en hij vra om saam te speel. In plaas van dadelik te antwoord, staan die Bobiane die ouman met verwondering aan te kijk; want dis nie aldag dat hul hom te sien krij nie. Die ouman,’Kaggen, gaan tussen hulle staan en begin mee te speel. Hulle wou die oog van sij seun nie na hom toe gooi nie, dog hij spring vooruit en vang die oog toe hul dit na ’n ander Bobiaan gooi.Meteens voel die oog dat dit sij vader se vat was, en toe die vader dit gooi, rol die oog tussen die Bobiane rond. Hulle val oor mekaar om dit in hande te krij; maar vang ieder skoot mis. Die vader vat weer die oog en gooi dit na ’n Bobiaan; die oog gaan in die lug op en verdwijn. Toe roep die Bobiane uit:“Waar is mij bal?Toe, gee dit hier!Ek wil dit hê;Maak gouw, maak gouw!”Die oog het in die knapsak van’Kaggenonopgemerk ingekruip. Die Bobiane soek orals rond, maar vind dit nie. Een roep uit: “Kom ons deursoek die pijlkoker en knapsak!”’Kaggenroep uit: “Pas op, as jul aan mij goeters kom!” Maar onopgemerk pak hij die oog in sij knapsak met sij een hand, verberg dit in die palm van sij hand. Hij skud die knapsak uit, keer dit om en sê: “Kijk hier is niks.” Daarop sit hij die knapsak weer neer en verberg die oog daarin. Toe ondersoek hul die pijlkoker en vind ook niks.Toe roep die Bobiane algaar tesame uit en sê:“Waar is mij bal?Toe, gee dit hier!Ek wil dit hê;Maak gouw, maak gouw!”En hulle begin die Hotnotsgod met die vuiste te slaan.’Kaggenslaan terug, en die geveg word heftig. Die Bobiane was baie in getal en so raak hul hom baas.’Kaggenhol nasij goed, pak dit en hol vinnig weg. Die Bobiane blij agter en soek een streek deur.Daar voor bij die water gaan’Kaggensit en was hom met water. Hij haal die oog uit sij knapsak en plaas dit in die water, met die woorde: “Toe, liggaam van mij seun, kom hiernatoe; kom lê hier in die water dat jouw oog weer op sij plek kan aangroei, en word weer net soos jij tevore was.”Toe kom die liggaam van die seun deur die lug en val bij die oog in die water. Daarop stap’Kaggenhuistoe; want hij voel siek van die slaan en veg.Toe hij bij sij huis kom, vra een: “Oupa, waarom is jij so vol bloed en wonde?”’Kaggenvertel toe dat die Bobiane sij seun dood gemaak het en met die oog bal-bal gespeel het. Hij vertel dat hij gaan saam speel het—net om die oog in hande te krij, en toe raak hul aan baklei. Hierop bestraf die kleinkind sij oupa en sê: “Oupa is so oud en waarom loop oupa alleen in die veld rond?”Toe’Kaggenweer alleen was, stap hij van huis reguit na die gat water toe. Toe hij daar aankom sien hij sij seun buitekant in die son sit. Die ouman was blij en stap stadig nader; maar die seun hoor hom en spring pardoems! nes ’n Padda in die water.Die ouman draai toe om, gaan huistoe en vat ’n voorvel en ’n karos vir die seun. Daarop stap hij terug.Hij stap weer stadig, en net toe die seun die water wou inspring, pak die Hotnotsgod hom aan die arm en roep: “Moenie bang wees nie; ek is jouw vader,’Kaggen,en jij is mij kind. Dè, hier is klere, wat ek vir jou gebring het, trek dit aan en kom saam met mij huistoe.”Op hierdie woorde herken die seun sij vader, en na hij sij voorvel en karos omgesit het, stap hij saam huistoe.Bij die huis vra die kleinkind weer: “Oupa het dan kom vertel dat oompie dood, en sij oog uit is, en hier is oompie dan gesond terug bij ons?”Die oupa antwoord: “Die waters het hom weer uit die Dode laat opstaan. Hij is nog swak, en ons algaar moet hom nou mooi oppas tot hij weer sterk en fris word.”Die seun het bij die dag sterker geword en is nou gesond.

No. 18Die Hotnotsgod en Bobiane baklei.

OPMERKINGS:—In die Boesmanstories speel die Bobiane nogal ’n groot rol. Hulle word gewoonlik voorgestel as skrander en sterk. Hier is weer sprake van ’n Opstanding en wel uit die WatersDie Bobiane is mense van die ougeslag en is van ’n ander famielie as’Kaggen, die Hotnotsgod. Daarom het hulle nooit ontsien om die ouman en sij famielie te pla nie. Baiemaal as die kinders van die Hotnotsgod gaan water haal, dan moveer die Bobiane hulle en ja hul van die water af weg. Gaan die kinders veldvrugte pluk, of veldkos haal, dan vat die Bobiane dit af en maak die kinders bowenop seer. Die kinders kom dan bij hulle pa of oupa, die Hotnotsgod, daaroor kla.So stuur’Kaggeneendag sij seun om stokke te gaan haal. Hij wil daarvan kieries en ’n boog maak om die Bobiane mee te gooi en te skiet.Daar in die veld ontmoet die Bobiane daardie seun en vra aan hom wat hij daar maak. Hij antwoord: “Ek kom stokke vir mij vader haal: van hierdie gaan hij kieries maak en van daardie een ’n boog om die mense te skiet wat op hulle hakskene sit.”Die Bobiaan roep toe sij maat wat daar naasaan wei, en sê: “Maat, kom luister hier watter praatjies gesels die seun hierso!”Die maat stap nader en sing:“Ek kom nou,En luisterNa die kind bij jou.”En hij vra: “Wat sê daardie seun?”Die eerste Bobiaan antwoord: “Hij sê hij kom stokke vir sij pa haal: daardie stokke is vir kieries, en die ander een vir ’n boog om die mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet.”“A so!” roep die tweede Bobiaan uit en hij roep sij maat wat naas hom gewei het, en sê: “Kom luister na die stories van hierdie seun!”Die derde Bobiaan kom nader en sing ook:“Ek kom nou,En luisterNa die kind bij jou.”Hij vra toe wat die seun gesels, en toe die praatjies van die seun oorvertel word, roep daardie Bobiaan ook sij maat wat naas hom wei. En so het iedereen sij maat geroep, totdat algaar kom luister het.Die allerlaaste roep hul die ou voorman. Hij kom en sing ook dieselfde liedjie. Toe hul hom vertel dat die seun kom stokke vir die Hotnotsgod haal om kieries en ’n boog van te maak om die mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet, toe roep die ou uit: “Wie anders word bedoel as ons! Grijp die seun, vat die stokke af en slaan hom!”Die klomp Bobiane bestorm die arme seun en slaan hom met die stokke en met hulle vuiste dat sij kopbeenbreek en sij oog uit die kop rol. Die seun was toe dood.Toe grijp een die oog van die seun en roep uit: “Hier het ek ’n mooi iets om bal-bal mee te speel. Die Bobiane staan toe reg. Die een wat die oog vang, roep uit:“Dis mij bal dié!”Die een wat die oog na die ander gooi, roep uit:“Dis jouw bal dié!”En so gaan die rondgooi aan onder die uitroep:“Dis mij bal dié!”.“Dis jouw bal dié.”Hulle speel toe net geesdriftig en val oor mekaar dat die stofdamp opslaan.Die Hamerkopvoël, wat alles gesien het wat daar gebeur, vlie oor na die Hotnotsgod om te vertel wat die Bobiane aan sij seun gedoen het. Die ouman spring haastig op, vat sij boog, pijlkoker en knapsak mee en hij hardloop na die plek toe waar sij seun dood lê. Van ver af sien hij reeds die stof soos die Bobiane bal-bal speel. Die trane kom in sij oë en hij begin bedroef oor sij seun te huil. Maar voor hij bij die Bobiane kom, droë hij die trane van sij oë af, sodat hulle nie moet sien dat hij gehuil het nie.Toe hij daar kom, sit hij sij boog, pijlkoker en knapsak neer, en hij vra om saam te speel. In plaas van dadelik te antwoord, staan die Bobiane die ouman met verwondering aan te kijk; want dis nie aldag dat hul hom te sien krij nie. Die ouman,’Kaggen, gaan tussen hulle staan en begin mee te speel. Hulle wou die oog van sij seun nie na hom toe gooi nie, dog hij spring vooruit en vang die oog toe hul dit na ’n ander Bobiaan gooi.Meteens voel die oog dat dit sij vader se vat was, en toe die vader dit gooi, rol die oog tussen die Bobiane rond. Hulle val oor mekaar om dit in hande te krij; maar vang ieder skoot mis. Die vader vat weer die oog en gooi dit na ’n Bobiaan; die oog gaan in die lug op en verdwijn. Toe roep die Bobiane uit:“Waar is mij bal?Toe, gee dit hier!Ek wil dit hê;Maak gouw, maak gouw!”Die oog het in die knapsak van’Kaggenonopgemerk ingekruip. Die Bobiane soek orals rond, maar vind dit nie. Een roep uit: “Kom ons deursoek die pijlkoker en knapsak!”’Kaggenroep uit: “Pas op, as jul aan mij goeters kom!” Maar onopgemerk pak hij die oog in sij knapsak met sij een hand, verberg dit in die palm van sij hand. Hij skud die knapsak uit, keer dit om en sê: “Kijk hier is niks.” Daarop sit hij die knapsak weer neer en verberg die oog daarin. Toe ondersoek hul die pijlkoker en vind ook niks.Toe roep die Bobiane algaar tesame uit en sê:“Waar is mij bal?Toe, gee dit hier!Ek wil dit hê;Maak gouw, maak gouw!”En hulle begin die Hotnotsgod met die vuiste te slaan.’Kaggenslaan terug, en die geveg word heftig. Die Bobiane was baie in getal en so raak hul hom baas.’Kaggenhol nasij goed, pak dit en hol vinnig weg. Die Bobiane blij agter en soek een streek deur.Daar voor bij die water gaan’Kaggensit en was hom met water. Hij haal die oog uit sij knapsak en plaas dit in die water, met die woorde: “Toe, liggaam van mij seun, kom hiernatoe; kom lê hier in die water dat jouw oog weer op sij plek kan aangroei, en word weer net soos jij tevore was.”Toe kom die liggaam van die seun deur die lug en val bij die oog in die water. Daarop stap’Kaggenhuistoe; want hij voel siek van die slaan en veg.Toe hij bij sij huis kom, vra een: “Oupa, waarom is jij so vol bloed en wonde?”’Kaggenvertel toe dat die Bobiane sij seun dood gemaak het en met die oog bal-bal gespeel het. Hij vertel dat hij gaan saam speel het—net om die oog in hande te krij, en toe raak hul aan baklei. Hierop bestraf die kleinkind sij oupa en sê: “Oupa is so oud en waarom loop oupa alleen in die veld rond?”Toe’Kaggenweer alleen was, stap hij van huis reguit na die gat water toe. Toe hij daar aankom sien hij sij seun buitekant in die son sit. Die ouman was blij en stap stadig nader; maar die seun hoor hom en spring pardoems! nes ’n Padda in die water.Die ouman draai toe om, gaan huistoe en vat ’n voorvel en ’n karos vir die seun. Daarop stap hij terug.Hij stap weer stadig, en net toe die seun die water wou inspring, pak die Hotnotsgod hom aan die arm en roep: “Moenie bang wees nie; ek is jouw vader,’Kaggen,en jij is mij kind. Dè, hier is klere, wat ek vir jou gebring het, trek dit aan en kom saam met mij huistoe.”Op hierdie woorde herken die seun sij vader, en na hij sij voorvel en karos omgesit het, stap hij saam huistoe.Bij die huis vra die kleinkind weer: “Oupa het dan kom vertel dat oompie dood, en sij oog uit is, en hier is oompie dan gesond terug bij ons?”Die oupa antwoord: “Die waters het hom weer uit die Dode laat opstaan. Hij is nog swak, en ons algaar moet hom nou mooi oppas tot hij weer sterk en fris word.”Die seun het bij die dag sterker geword en is nou gesond.

OPMERKINGS:—In die Boesmanstories speel die Bobiane nogal ’n groot rol. Hulle word gewoonlik voorgestel as skrander en sterk. Hier is weer sprake van ’n Opstanding en wel uit die Waters

Die Bobiane is mense van die ougeslag en is van ’n ander famielie as’Kaggen, die Hotnotsgod. Daarom het hulle nooit ontsien om die ouman en sij famielie te pla nie. Baiemaal as die kinders van die Hotnotsgod gaan water haal, dan moveer die Bobiane hulle en ja hul van die water af weg. Gaan die kinders veldvrugte pluk, of veldkos haal, dan vat die Bobiane dit af en maak die kinders bowenop seer. Die kinders kom dan bij hulle pa of oupa, die Hotnotsgod, daaroor kla.

So stuur’Kaggeneendag sij seun om stokke te gaan haal. Hij wil daarvan kieries en ’n boog maak om die Bobiane mee te gooi en te skiet.

Daar in die veld ontmoet die Bobiane daardie seun en vra aan hom wat hij daar maak. Hij antwoord: “Ek kom stokke vir mij vader haal: van hierdie gaan hij kieries maak en van daardie een ’n boog om die mense te skiet wat op hulle hakskene sit.”

Die Bobiaan roep toe sij maat wat daar naasaan wei, en sê: “Maat, kom luister hier watter praatjies gesels die seun hierso!”

Die maat stap nader en sing:

“Ek kom nou,En luisterNa die kind bij jou.”

“Ek kom nou,

En luister

Na die kind bij jou.”

En hij vra: “Wat sê daardie seun?”

Die eerste Bobiaan antwoord: “Hij sê hij kom stokke vir sij pa haal: daardie stokke is vir kieries, en die ander een vir ’n boog om die mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet.”

“A so!” roep die tweede Bobiaan uit en hij roep sij maat wat naas hom gewei het, en sê: “Kom luister na die stories van hierdie seun!”

Die derde Bobiaan kom nader en sing ook:

“Ek kom nou,En luisterNa die kind bij jou.”

“Ek kom nou,

En luister

Na die kind bij jou.”

Hij vra toe wat die seun gesels, en toe die praatjies van die seun oorvertel word, roep daardie Bobiaan ook sij maat wat naas hom wei. En so het iedereen sij maat geroep, totdat algaar kom luister het.

Die allerlaaste roep hul die ou voorman. Hij kom en sing ook dieselfde liedjie. Toe hul hom vertel dat die seun kom stokke vir die Hotnotsgod haal om kieries en ’n boog van te maak om die mense wat op hulle hakke sit, mee te gooi en te skiet, toe roep die ou uit: “Wie anders word bedoel as ons! Grijp die seun, vat die stokke af en slaan hom!”

Die klomp Bobiane bestorm die arme seun en slaan hom met die stokke en met hulle vuiste dat sij kopbeenbreek en sij oog uit die kop rol. Die seun was toe dood.

Toe grijp een die oog van die seun en roep uit: “Hier het ek ’n mooi iets om bal-bal mee te speel. Die Bobiane staan toe reg. Die een wat die oog vang, roep uit:

“Dis mij bal dié!”Die een wat die oog na die ander gooi, roep uit:“Dis jouw bal dié!”En so gaan die rondgooi aan onder die uitroep:“Dis mij bal dié!”.“Dis jouw bal dié.”

“Dis mij bal dié!”

Die een wat die oog na die ander gooi, roep uit:

“Dis jouw bal dié!”

En so gaan die rondgooi aan onder die uitroep:

“Dis mij bal dié!”.

“Dis jouw bal dié.”

Hulle speel toe net geesdriftig en val oor mekaar dat die stofdamp opslaan.

Die Hamerkopvoël, wat alles gesien het wat daar gebeur, vlie oor na die Hotnotsgod om te vertel wat die Bobiane aan sij seun gedoen het. Die ouman spring haastig op, vat sij boog, pijlkoker en knapsak mee en hij hardloop na die plek toe waar sij seun dood lê. Van ver af sien hij reeds die stof soos die Bobiane bal-bal speel. Die trane kom in sij oë en hij begin bedroef oor sij seun te huil. Maar voor hij bij die Bobiane kom, droë hij die trane van sij oë af, sodat hulle nie moet sien dat hij gehuil het nie.

Toe hij daar kom, sit hij sij boog, pijlkoker en knapsak neer, en hij vra om saam te speel. In plaas van dadelik te antwoord, staan die Bobiane die ouman met verwondering aan te kijk; want dis nie aldag dat hul hom te sien krij nie. Die ouman,’Kaggen, gaan tussen hulle staan en begin mee te speel. Hulle wou die oog van sij seun nie na hom toe gooi nie, dog hij spring vooruit en vang die oog toe hul dit na ’n ander Bobiaan gooi.

Meteens voel die oog dat dit sij vader se vat was, en toe die vader dit gooi, rol die oog tussen die Bobiane rond. Hulle val oor mekaar om dit in hande te krij; maar vang ieder skoot mis. Die vader vat weer die oog en gooi dit na ’n Bobiaan; die oog gaan in die lug op en verdwijn. Toe roep die Bobiane uit:

“Waar is mij bal?Toe, gee dit hier!Ek wil dit hê;Maak gouw, maak gouw!”

“Waar is mij bal?

Toe, gee dit hier!

Ek wil dit hê;

Maak gouw, maak gouw!”

Die oog het in die knapsak van’Kaggenonopgemerk ingekruip. Die Bobiane soek orals rond, maar vind dit nie. Een roep uit: “Kom ons deursoek die pijlkoker en knapsak!”

’Kaggenroep uit: “Pas op, as jul aan mij goeters kom!” Maar onopgemerk pak hij die oog in sij knapsak met sij een hand, verberg dit in die palm van sij hand. Hij skud die knapsak uit, keer dit om en sê: “Kijk hier is niks.” Daarop sit hij die knapsak weer neer en verberg die oog daarin. Toe ondersoek hul die pijlkoker en vind ook niks.

Toe roep die Bobiane algaar tesame uit en sê:

“Waar is mij bal?Toe, gee dit hier!Ek wil dit hê;Maak gouw, maak gouw!”

“Waar is mij bal?

Toe, gee dit hier!

Ek wil dit hê;

Maak gouw, maak gouw!”

En hulle begin die Hotnotsgod met die vuiste te slaan.’Kaggenslaan terug, en die geveg word heftig. Die Bobiane was baie in getal en so raak hul hom baas.’Kaggenhol nasij goed, pak dit en hol vinnig weg. Die Bobiane blij agter en soek een streek deur.

Daar voor bij die water gaan’Kaggensit en was hom met water. Hij haal die oog uit sij knapsak en plaas dit in die water, met die woorde: “Toe, liggaam van mij seun, kom hiernatoe; kom lê hier in die water dat jouw oog weer op sij plek kan aangroei, en word weer net soos jij tevore was.”

Toe kom die liggaam van die seun deur die lug en val bij die oog in die water. Daarop stap’Kaggenhuistoe; want hij voel siek van die slaan en veg.

Toe hij bij sij huis kom, vra een: “Oupa, waarom is jij so vol bloed en wonde?”

’Kaggenvertel toe dat die Bobiane sij seun dood gemaak het en met die oog bal-bal gespeel het. Hij vertel dat hij gaan saam speel het—net om die oog in hande te krij, en toe raak hul aan baklei. Hierop bestraf die kleinkind sij oupa en sê: “Oupa is so oud en waarom loop oupa alleen in die veld rond?”

Toe’Kaggenweer alleen was, stap hij van huis reguit na die gat water toe. Toe hij daar aankom sien hij sij seun buitekant in die son sit. Die ouman was blij en stap stadig nader; maar die seun hoor hom en spring pardoems! nes ’n Padda in die water.

Die ouman draai toe om, gaan huistoe en vat ’n voorvel en ’n karos vir die seun. Daarop stap hij terug.

Hij stap weer stadig, en net toe die seun die water wou inspring, pak die Hotnotsgod hom aan die arm en roep: “Moenie bang wees nie; ek is jouw vader,’Kaggen,en jij is mij kind. Dè, hier is klere, wat ek vir jou gebring het, trek dit aan en kom saam met mij huistoe.”

Op hierdie woorde herken die seun sij vader, en na hij sij voorvel en karos omgesit het, stap hij saam huistoe.

Bij die huis vra die kleinkind weer: “Oupa het dan kom vertel dat oompie dood, en sij oog uit is, en hier is oompie dan gesond terug bij ons?”

Die oupa antwoord: “Die waters het hom weer uit die Dode laat opstaan. Hij is nog swak, en ons algaar moet hom nou mooi oppas tot hij weer sterk en fris word.”

Die seun het bij die dag sterker geword en is nou gesond.

Back to IndexNext