No. 19

No. 19Die Meid van die Waters.OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van ’n veronderstelde Gees in die gedaante van ’n vrouw, wat die krag besit om iemand met haar onsigbare wil die waters in te trek.Daar was ’n jongmeid wat altijd water bij ’n fontein gaan haal het. Daar nabij die fontein was ’n groot gat water, en in daardie gat water het pragtige Blomme gegroei. Haar ma het haar dogter altijd gewaarskuw om tog nie daardie mooi Blomme te gaan pluk nie; want hulle is jongmeide wat na die water weggevoer was om daar Blomme te word.Maar daardie Blomme was vir daardie jongmeid tog te aantreklik, en die versoeking om hulle te pluk was tog te groot, sodat sij die drang om hulle te pluk nie kon weerstaan nie. Sij wou dit maar net eenmaal waag. Sij stap daardie gat water in, maar toe verdwijn die Blomme onder die water, en die groot Waterslang trek meteens die jongmeid ook in die water. Die jongmeid word toe nie in ’n Blom of Padda verander nie; maar sij blij mens, wat die krag krij om ander mense met haar onsigbare wil die waters in te trek—buitekant die water het sij daardie mag nie besit nie. Sij was dus mens, maar kon net soos ’n Padda in die water en daar buitekant lewe. So stap sij van een gat water na die ander rond.Die jongmeid het toe die Meid van die Waters geword.In die water besit sij die mag om mense op onsigbare wijse in te trek; daar buitekant betower sij weer die mense met haar skoonheid, sodat hulle haar onwillekeurig volg.Toe haar ma en die ander mense merk dat die jongmeid nie terugkom nie, gaan hul na haar soek. Hulle krij haar bij die fontein nie; toe stap hulle na die groot seekoegat, en daar sien hul haar karos en haar armringe lê. Die moeder begin te huil, dinkende dat haar dogter verdrink het.Maar hulle voel nou dat daardie seekoegat ’n groot aantrekkingskrag gekrij het; so word hul bang om na aan die kant te staan. Algaar huil en gaan tekeer; want almaal het daardie jongmeid so lief gehad.Meteens hoor hulle ’n vrouwspersoon daar bij die onderste seekoegat sing; hulle kijk op en daar sien hul haar staan. Maar nou is sij mooier en sij het pragtiger ringe om haar arms en bene—ook haar voorskoot skitter, o, so mooi.Hulle hol daarheen en roep haar op haar naam. Sij blij daar staan, groet hul met wenke van haar hande, sij lag met hulle, en toe hul nabij was, spring sij in die gat dat die water so spat.Toe slaan haar moeder hande saam en roep uit: “Mij kind het van daardie Blomme van die Waterslang gaan pluk en nou moet sij ook bij die Waterslang gaan woon. O, mij dogter het nou ’n Toorgees geword!” En sij huil bitter en almaal met haar, en hulle stap bedroef huistoe.Die broer van die jongmeid sê toe aan sij ouers dat hij sij suster van die groot Waterslang sal gaan verlos.Hulle vra aan hom hoe hij dit sou doen; want wie kan daardie groot Waterslang baas raak?Hij antwoord dat hij die blink steen op die kop van die Slang sou gaan steel; want sonder daardie steen is die Slang mos magteloos en kan niks doen nie.Hulle raai hom dit ten sterkste af; want as daardie groot Waterslang magteloos is, dan sal al die fonteine vanself opdroog.Maar die broer van die jongmeid wou hom nie van sij plan laat afbring nie, en werp teë dat hij dan die Reënbees sal krij om baie te laat reën, en dan sal hulle altijd volop water hê.Die ouers wijs hulle seun daarop dat die Reënbees die vader van die groot Waterslang is, en dat hij vir ’n lang tijd nie sal laat reën nie—net om hulle van dors te laat omkom. Maar vir hierdie waarskuwing het die broer van die Meid geen ore gehad nie.Hij stap weg om die groot Waterslang te gaan beloer om te sien waar sij die steen gaan wegsteek eer sij in die water gaan. Hij krij haar net toe sij rondseil. Maar die Slang kom sij planne agter en sij bestorm hom eer hij die steen in hande gehad het. Sij verander hom toe in ’n ou Skurwepadda, wat gewoonlik ver van die water boer. Sij boog verander sij in ’n ou bros stok, sij pijlkoker val aan stukkies, en die pijle daarin verdor sij in kaf. Hij het nog nie vrouw en kinders gehad nie, so het die groot Slang net sij ouers gestraf om al die fonteine te laat opdroog. Maar die Meid van die Waters het jammer vir haar ouers gevoel en het hulle toegelaat om bij die seekoegat water te komskep sonder hulle in die gat in te sleep—op hierdie manier is hul van die dood gered geword.Maar die Meid van die Waters, of somaar kortweg, die Watermeid, leef vandag nog; sij woon nog in al die diep gate water; so waarskuw die moeders altijd hulle kinders om tog nie nabij die kant van die diep waters te gaan nie; want dan sal die Watermeid die kinders in die diep waters intrek, waar hul in Paddas verander word. Om hierdie rede is die kinders tot vandag toe nog bang vir groot seekoegate en blij daar weg.

No. 19Die Meid van die Waters.

OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van ’n veronderstelde Gees in die gedaante van ’n vrouw, wat die krag besit om iemand met haar onsigbare wil die waters in te trek.Daar was ’n jongmeid wat altijd water bij ’n fontein gaan haal het. Daar nabij die fontein was ’n groot gat water, en in daardie gat water het pragtige Blomme gegroei. Haar ma het haar dogter altijd gewaarskuw om tog nie daardie mooi Blomme te gaan pluk nie; want hulle is jongmeide wat na die water weggevoer was om daar Blomme te word.Maar daardie Blomme was vir daardie jongmeid tog te aantreklik, en die versoeking om hulle te pluk was tog te groot, sodat sij die drang om hulle te pluk nie kon weerstaan nie. Sij wou dit maar net eenmaal waag. Sij stap daardie gat water in, maar toe verdwijn die Blomme onder die water, en die groot Waterslang trek meteens die jongmeid ook in die water. Die jongmeid word toe nie in ’n Blom of Padda verander nie; maar sij blij mens, wat die krag krij om ander mense met haar onsigbare wil die waters in te trek—buitekant die water het sij daardie mag nie besit nie. Sij was dus mens, maar kon net soos ’n Padda in die water en daar buitekant lewe. So stap sij van een gat water na die ander rond.Die jongmeid het toe die Meid van die Waters geword.In die water besit sij die mag om mense op onsigbare wijse in te trek; daar buitekant betower sij weer die mense met haar skoonheid, sodat hulle haar onwillekeurig volg.Toe haar ma en die ander mense merk dat die jongmeid nie terugkom nie, gaan hul na haar soek. Hulle krij haar bij die fontein nie; toe stap hulle na die groot seekoegat, en daar sien hul haar karos en haar armringe lê. Die moeder begin te huil, dinkende dat haar dogter verdrink het.Maar hulle voel nou dat daardie seekoegat ’n groot aantrekkingskrag gekrij het; so word hul bang om na aan die kant te staan. Algaar huil en gaan tekeer; want almaal het daardie jongmeid so lief gehad.Meteens hoor hulle ’n vrouwspersoon daar bij die onderste seekoegat sing; hulle kijk op en daar sien hul haar staan. Maar nou is sij mooier en sij het pragtiger ringe om haar arms en bene—ook haar voorskoot skitter, o, so mooi.Hulle hol daarheen en roep haar op haar naam. Sij blij daar staan, groet hul met wenke van haar hande, sij lag met hulle, en toe hul nabij was, spring sij in die gat dat die water so spat.Toe slaan haar moeder hande saam en roep uit: “Mij kind het van daardie Blomme van die Waterslang gaan pluk en nou moet sij ook bij die Waterslang gaan woon. O, mij dogter het nou ’n Toorgees geword!” En sij huil bitter en almaal met haar, en hulle stap bedroef huistoe.Die broer van die jongmeid sê toe aan sij ouers dat hij sij suster van die groot Waterslang sal gaan verlos.Hulle vra aan hom hoe hij dit sou doen; want wie kan daardie groot Waterslang baas raak?Hij antwoord dat hij die blink steen op die kop van die Slang sou gaan steel; want sonder daardie steen is die Slang mos magteloos en kan niks doen nie.Hulle raai hom dit ten sterkste af; want as daardie groot Waterslang magteloos is, dan sal al die fonteine vanself opdroog.Maar die broer van die jongmeid wou hom nie van sij plan laat afbring nie, en werp teë dat hij dan die Reënbees sal krij om baie te laat reën, en dan sal hulle altijd volop water hê.Die ouers wijs hulle seun daarop dat die Reënbees die vader van die groot Waterslang is, en dat hij vir ’n lang tijd nie sal laat reën nie—net om hulle van dors te laat omkom. Maar vir hierdie waarskuwing het die broer van die Meid geen ore gehad nie.Hij stap weg om die groot Waterslang te gaan beloer om te sien waar sij die steen gaan wegsteek eer sij in die water gaan. Hij krij haar net toe sij rondseil. Maar die Slang kom sij planne agter en sij bestorm hom eer hij die steen in hande gehad het. Sij verander hom toe in ’n ou Skurwepadda, wat gewoonlik ver van die water boer. Sij boog verander sij in ’n ou bros stok, sij pijlkoker val aan stukkies, en die pijle daarin verdor sij in kaf. Hij het nog nie vrouw en kinders gehad nie, so het die groot Slang net sij ouers gestraf om al die fonteine te laat opdroog. Maar die Meid van die Waters het jammer vir haar ouers gevoel en het hulle toegelaat om bij die seekoegat water te komskep sonder hulle in die gat in te sleep—op hierdie manier is hul van die dood gered geword.Maar die Meid van die Waters, of somaar kortweg, die Watermeid, leef vandag nog; sij woon nog in al die diep gate water; so waarskuw die moeders altijd hulle kinders om tog nie nabij die kant van die diep waters te gaan nie; want dan sal die Watermeid die kinders in die diep waters intrek, waar hul in Paddas verander word. Om hierdie rede is die kinders tot vandag toe nog bang vir groot seekoegate en blij daar weg.

OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van ’n veronderstelde Gees in die gedaante van ’n vrouw, wat die krag besit om iemand met haar onsigbare wil die waters in te trek.

Daar was ’n jongmeid wat altijd water bij ’n fontein gaan haal het. Daar nabij die fontein was ’n groot gat water, en in daardie gat water het pragtige Blomme gegroei. Haar ma het haar dogter altijd gewaarskuw om tog nie daardie mooi Blomme te gaan pluk nie; want hulle is jongmeide wat na die water weggevoer was om daar Blomme te word.

Maar daardie Blomme was vir daardie jongmeid tog te aantreklik, en die versoeking om hulle te pluk was tog te groot, sodat sij die drang om hulle te pluk nie kon weerstaan nie. Sij wou dit maar net eenmaal waag. Sij stap daardie gat water in, maar toe verdwijn die Blomme onder die water, en die groot Waterslang trek meteens die jongmeid ook in die water. Die jongmeid word toe nie in ’n Blom of Padda verander nie; maar sij blij mens, wat die krag krij om ander mense met haar onsigbare wil die waters in te trek—buitekant die water het sij daardie mag nie besit nie. Sij was dus mens, maar kon net soos ’n Padda in die water en daar buitekant lewe. So stap sij van een gat water na die ander rond.

Die jongmeid het toe die Meid van die Waters geword.

In die water besit sij die mag om mense op onsigbare wijse in te trek; daar buitekant betower sij weer die mense met haar skoonheid, sodat hulle haar onwillekeurig volg.

Toe haar ma en die ander mense merk dat die jongmeid nie terugkom nie, gaan hul na haar soek. Hulle krij haar bij die fontein nie; toe stap hulle na die groot seekoegat, en daar sien hul haar karos en haar armringe lê. Die moeder begin te huil, dinkende dat haar dogter verdrink het.

Maar hulle voel nou dat daardie seekoegat ’n groot aantrekkingskrag gekrij het; so word hul bang om na aan die kant te staan. Algaar huil en gaan tekeer; want almaal het daardie jongmeid so lief gehad.

Meteens hoor hulle ’n vrouwspersoon daar bij die onderste seekoegat sing; hulle kijk op en daar sien hul haar staan. Maar nou is sij mooier en sij het pragtiger ringe om haar arms en bene—ook haar voorskoot skitter, o, so mooi.

Hulle hol daarheen en roep haar op haar naam. Sij blij daar staan, groet hul met wenke van haar hande, sij lag met hulle, en toe hul nabij was, spring sij in die gat dat die water so spat.

Toe slaan haar moeder hande saam en roep uit: “Mij kind het van daardie Blomme van die Waterslang gaan pluk en nou moet sij ook bij die Waterslang gaan woon. O, mij dogter het nou ’n Toorgees geword!” En sij huil bitter en almaal met haar, en hulle stap bedroef huistoe.

Die broer van die jongmeid sê toe aan sij ouers dat hij sij suster van die groot Waterslang sal gaan verlos.Hulle vra aan hom hoe hij dit sou doen; want wie kan daardie groot Waterslang baas raak?

Hij antwoord dat hij die blink steen op die kop van die Slang sou gaan steel; want sonder daardie steen is die Slang mos magteloos en kan niks doen nie.

Hulle raai hom dit ten sterkste af; want as daardie groot Waterslang magteloos is, dan sal al die fonteine vanself opdroog.

Maar die broer van die jongmeid wou hom nie van sij plan laat afbring nie, en werp teë dat hij dan die Reënbees sal krij om baie te laat reën, en dan sal hulle altijd volop water hê.

Die ouers wijs hulle seun daarop dat die Reënbees die vader van die groot Waterslang is, en dat hij vir ’n lang tijd nie sal laat reën nie—net om hulle van dors te laat omkom. Maar vir hierdie waarskuwing het die broer van die Meid geen ore gehad nie.

Hij stap weg om die groot Waterslang te gaan beloer om te sien waar sij die steen gaan wegsteek eer sij in die water gaan. Hij krij haar net toe sij rondseil. Maar die Slang kom sij planne agter en sij bestorm hom eer hij die steen in hande gehad het. Sij verander hom toe in ’n ou Skurwepadda, wat gewoonlik ver van die water boer. Sij boog verander sij in ’n ou bros stok, sij pijlkoker val aan stukkies, en die pijle daarin verdor sij in kaf. Hij het nog nie vrouw en kinders gehad nie, so het die groot Slang net sij ouers gestraf om al die fonteine te laat opdroog. Maar die Meid van die Waters het jammer vir haar ouers gevoel en het hulle toegelaat om bij die seekoegat water te komskep sonder hulle in die gat in te sleep—op hierdie manier is hul van die dood gered geword.

Maar die Meid van die Waters, of somaar kortweg, die Watermeid, leef vandag nog; sij woon nog in al die diep gate water; so waarskuw die moeders altijd hulle kinders om tog nie nabij die kant van die diep waters te gaan nie; want dan sal die Watermeid die kinders in die diep waters intrek, waar hul in Paddas verander word. Om hierdie rede is die kinders tot vandag toe nog bang vir groot seekoegate en blij daar weg.

Back to IndexNext