No. 20Die geniepsigheid van die Skilpad.OPMERKINGS:—In hierdie Storie krij ons bepaald te doen met ’n Bosegees, wat sij vermaak daarin gehad het om mense te pijnig.In die dae van die ougeslag was daar ’n Toorheks, wat alte graag mense seer gemaak het. Sij het verskeie gedaantes aangeneem, maar het haar meestal vertoon in die gestalte van ’n groot Skilpad. Dit was nooit bekend geword dat sij ooit iemand goed gedoen het nie.Om haar streke beter uit te voer, het sij haar altijd siek aangestel, waarmee sij die mense jammer vir haar laat krij het. En as die mense vir haar kom dokter, dan sit hulle aan die pen.As ’n Skilpad het sij maar min geëet en gedrink. Verder het sij ’n lui-lekker lewe gelei.Bij ’n seker geleentheid lê sij in die skaduwee van ’n bos. Daar kom toe ’n man verbij, en sij roep uit: “Mij liewe ou broer, kom tog nader! Ek het so ’n ondraaglike pijn in mij nek, kom vrijwe tog mij nek in met vet.”Die man kom nader, vat die vet, kniel voor haar en begin haar nek te vrijwe. Meteens ruk die groot Skilpad haar nek in die dop, en vas sit daardie man se hand. Hij brul van pijn en soebat mooi dat sij tog haar kop moet uitsteek dat hij sij hand kan uitruk. Maar alle smekings was verniet. Hij grijp met die ander hand ’n klip en skrop daarmee die dop, en van daardie grilligheid steeksij haar kop uit, en toe eers kon hij sij hand uitruk. Maar al die vleis en velle was daarvan af—net die kaal senings en bene het oorgeblij.Net toe kom daar ’n ander man verbij, en die groot Skilpad roep uit: “Mij liewe ou broer, kom smeer tog mij nek met vet—ek het daar so ’n vreeslike pijn in dat ek daarvan kan beswijk.”Die eerste man steek gouw sij seer hand onder sij karos en sit, met sij pijn, bedaard aan te kijk wat nou sal gebeur.Diegroot Skilpad steek haar nek lang uit, en die man begin die nek met vet in te vrijwe. Meteens ruk die Skilpad haar nek gouw in, en vas sit daardie tweede man se hand ook. Hij krul en skree van pijn; maar los is min.Die eerste man wil toe wegstap, en laat die ander so in sij smarte sit. Die tweede man roep uit: “Ou broer, waarom het jij mij so ’n stel laat aftrap?”Die eerste man haal toe sij hand onder die karos uit en wijs hoe dit lijk, en sê: “Ek voel net soos jij nou daar voel,” en hij gaan weg.Die tweede man, wat toe nog vassit, vat met sij ander hand sij kierie en begin op die dop van die groot Skilpad te timmer. Toe steek die Skilpad haar kop uit, en hij ruk toe gouw sij hand uit. Maar die velle en vleis het daarvan afgeskeur. Hij stap toe ook huistoe, so te sê blind van pijn.Die twee mans het op dieselfde plek gewoon, en hulle stap toe saam huistoe. Toe hulle thuis kom, was die Maan nog jonk. Soggends, as hulle opstaan, neem hul van diedouw, wat die water van die Maan is, en was hulle hande daarmee. En namate die Maan groei, so ook groei die vleis oor hulle kaal senings en bene. Toe die Maan vol was, was hulle hande volkome gesond en was weer net soos dit tevore was.Daarna stap die twee mans saam die veld in en krij die ou Skilpad weer op ’n ander plek lê. Weer roep sij: “Mij liewe twee broers, kom smeer tog mij bene met vet, ek het vretende pijne daarin, sodat ek van die krampe kan doodgaan.”Die twee mans stap nader en maak nes of hul haar bene met vet wil smeer, maar rol die ou Skilpad op haar rug en stop klippe rondom haar, sodat sij nie weer kan reg rol nie. Hulle stap toe weg, onder die vermoeding dat hulle haar gestraf het.Daar voor ontmoet hul twee Kraaie. Hulle betower die Kraaie, sodat waar hul Skilpaaie op die lijf mag loop, hul dan die vleis van die Skilpaaie lewendig moet uitpik. Hulle stuur toe die twee Kraaie na die groot Skilpad toe om haar vleis lewendig uit haar dop te skeur. Maar die ou Toorheks het van alles geweet en hou haar gereed; want sij voel geen pijn nie.Toe die Kraaie daarheen vlie, roep die een uit:“Die ou is maer, die ou is maer!”Die ander Kraaie antwoord:“Haar oog is vet, haar oog is vet!”Toe die Kraaie daar kom, val hul meteens op die Skilpad aan en pluk haar vleis lewendig uit haar dop. Maar sij is ’n ou Toorheks en voel daar net niks van nie,en laat die Kraaie maar hulle gang gaan. Sij het wel gemaak of sij seer krij.Toe die Kraaie die dop skoon uitgepik het, vlie hulle weg om die tijding aan die twee mans te bring. Die twee mans was baie blij om die berig te krij, en hulle spring in die rondte en dans van vreugde.Maar net soos die twee mans die Kraaie betower het om Skilpaaie te vreet, net so het die ou Toorheks die Bije betower om mense te steek waar hul die mense ook al krij.Oor ’n ruk loop een van die mans in die veld rond en sien daar die leë Skilpaddop lê. Hij tel dit op om dit te bekijk. Maar daar het ’n swerm Bije ingetrek, en die Bije pak daardie man en steek hom dat hij nie weet waar in te kruip nie—want die man se lijf was amper kaal en met min klere bedek. Hij neem die vlug huistoe, maar op weg beswijk hij van pijn en val neer. Hij gooi toe stof in die lug. Die mense thuis weet wat daardie stofgooierij beteken; hulle storm toe, tel die man op en dra hom onder groot smarte huistoe.Onderwijl het die ander man daar bij die leë Skilpaddop aangekom. Hij tel ook die dop op om dit te bekijk, en die Bije pak hom ook en steek hom dat hij nie weet waar in te kruip nie. Hij vlug ook huistoe; maar val ook van pijn op die weg neer. Hij neem ook toevlug tot stofgooi in die lug. Net toe die mense die eerste man in sij huis neersit, sien hul die tweede stofgooierij. Hulle storm daarheen en vind die tweede man ook in sij smarte. Hul dra hom ook huistoe. En die twee was lank siek voor hul gesond geword en rondgeloop het.

No. 20Die geniepsigheid van die Skilpad.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie krij ons bepaald te doen met ’n Bosegees, wat sij vermaak daarin gehad het om mense te pijnig.In die dae van die ougeslag was daar ’n Toorheks, wat alte graag mense seer gemaak het. Sij het verskeie gedaantes aangeneem, maar het haar meestal vertoon in die gestalte van ’n groot Skilpad. Dit was nooit bekend geword dat sij ooit iemand goed gedoen het nie.Om haar streke beter uit te voer, het sij haar altijd siek aangestel, waarmee sij die mense jammer vir haar laat krij het. En as die mense vir haar kom dokter, dan sit hulle aan die pen.As ’n Skilpad het sij maar min geëet en gedrink. Verder het sij ’n lui-lekker lewe gelei.Bij ’n seker geleentheid lê sij in die skaduwee van ’n bos. Daar kom toe ’n man verbij, en sij roep uit: “Mij liewe ou broer, kom tog nader! Ek het so ’n ondraaglike pijn in mij nek, kom vrijwe tog mij nek in met vet.”Die man kom nader, vat die vet, kniel voor haar en begin haar nek te vrijwe. Meteens ruk die groot Skilpad haar nek in die dop, en vas sit daardie man se hand. Hij brul van pijn en soebat mooi dat sij tog haar kop moet uitsteek dat hij sij hand kan uitruk. Maar alle smekings was verniet. Hij grijp met die ander hand ’n klip en skrop daarmee die dop, en van daardie grilligheid steeksij haar kop uit, en toe eers kon hij sij hand uitruk. Maar al die vleis en velle was daarvan af—net die kaal senings en bene het oorgeblij.Net toe kom daar ’n ander man verbij, en die groot Skilpad roep uit: “Mij liewe ou broer, kom smeer tog mij nek met vet—ek het daar so ’n vreeslike pijn in dat ek daarvan kan beswijk.”Die eerste man steek gouw sij seer hand onder sij karos en sit, met sij pijn, bedaard aan te kijk wat nou sal gebeur.Diegroot Skilpad steek haar nek lang uit, en die man begin die nek met vet in te vrijwe. Meteens ruk die Skilpad haar nek gouw in, en vas sit daardie tweede man se hand ook. Hij krul en skree van pijn; maar los is min.Die eerste man wil toe wegstap, en laat die ander so in sij smarte sit. Die tweede man roep uit: “Ou broer, waarom het jij mij so ’n stel laat aftrap?”Die eerste man haal toe sij hand onder die karos uit en wijs hoe dit lijk, en sê: “Ek voel net soos jij nou daar voel,” en hij gaan weg.Die tweede man, wat toe nog vassit, vat met sij ander hand sij kierie en begin op die dop van die groot Skilpad te timmer. Toe steek die Skilpad haar kop uit, en hij ruk toe gouw sij hand uit. Maar die velle en vleis het daarvan afgeskeur. Hij stap toe ook huistoe, so te sê blind van pijn.Die twee mans het op dieselfde plek gewoon, en hulle stap toe saam huistoe. Toe hulle thuis kom, was die Maan nog jonk. Soggends, as hulle opstaan, neem hul van diedouw, wat die water van die Maan is, en was hulle hande daarmee. En namate die Maan groei, so ook groei die vleis oor hulle kaal senings en bene. Toe die Maan vol was, was hulle hande volkome gesond en was weer net soos dit tevore was.Daarna stap die twee mans saam die veld in en krij die ou Skilpad weer op ’n ander plek lê. Weer roep sij: “Mij liewe twee broers, kom smeer tog mij bene met vet, ek het vretende pijne daarin, sodat ek van die krampe kan doodgaan.”Die twee mans stap nader en maak nes of hul haar bene met vet wil smeer, maar rol die ou Skilpad op haar rug en stop klippe rondom haar, sodat sij nie weer kan reg rol nie. Hulle stap toe weg, onder die vermoeding dat hulle haar gestraf het.Daar voor ontmoet hul twee Kraaie. Hulle betower die Kraaie, sodat waar hul Skilpaaie op die lijf mag loop, hul dan die vleis van die Skilpaaie lewendig moet uitpik. Hulle stuur toe die twee Kraaie na die groot Skilpad toe om haar vleis lewendig uit haar dop te skeur. Maar die ou Toorheks het van alles geweet en hou haar gereed; want sij voel geen pijn nie.Toe die Kraaie daarheen vlie, roep die een uit:“Die ou is maer, die ou is maer!”Die ander Kraaie antwoord:“Haar oog is vet, haar oog is vet!”Toe die Kraaie daar kom, val hul meteens op die Skilpad aan en pluk haar vleis lewendig uit haar dop. Maar sij is ’n ou Toorheks en voel daar net niks van nie,en laat die Kraaie maar hulle gang gaan. Sij het wel gemaak of sij seer krij.Toe die Kraaie die dop skoon uitgepik het, vlie hulle weg om die tijding aan die twee mans te bring. Die twee mans was baie blij om die berig te krij, en hulle spring in die rondte en dans van vreugde.Maar net soos die twee mans die Kraaie betower het om Skilpaaie te vreet, net so het die ou Toorheks die Bije betower om mense te steek waar hul die mense ook al krij.Oor ’n ruk loop een van die mans in die veld rond en sien daar die leë Skilpaddop lê. Hij tel dit op om dit te bekijk. Maar daar het ’n swerm Bije ingetrek, en die Bije pak daardie man en steek hom dat hij nie weet waar in te kruip nie—want die man se lijf was amper kaal en met min klere bedek. Hij neem die vlug huistoe, maar op weg beswijk hij van pijn en val neer. Hij gooi toe stof in die lug. Die mense thuis weet wat daardie stofgooierij beteken; hulle storm toe, tel die man op en dra hom onder groot smarte huistoe.Onderwijl het die ander man daar bij die leë Skilpaddop aangekom. Hij tel ook die dop op om dit te bekijk, en die Bije pak hom ook en steek hom dat hij nie weet waar in te kruip nie. Hij vlug ook huistoe; maar val ook van pijn op die weg neer. Hij neem ook toevlug tot stofgooi in die lug. Net toe die mense die eerste man in sij huis neersit, sien hul die tweede stofgooierij. Hulle storm daarheen en vind die tweede man ook in sij smarte. Hul dra hom ook huistoe. En die twee was lank siek voor hul gesond geword en rondgeloop het.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie krij ons bepaald te doen met ’n Bosegees, wat sij vermaak daarin gehad het om mense te pijnig.
In die dae van die ougeslag was daar ’n Toorheks, wat alte graag mense seer gemaak het. Sij het verskeie gedaantes aangeneem, maar het haar meestal vertoon in die gestalte van ’n groot Skilpad. Dit was nooit bekend geword dat sij ooit iemand goed gedoen het nie.
Om haar streke beter uit te voer, het sij haar altijd siek aangestel, waarmee sij die mense jammer vir haar laat krij het. En as die mense vir haar kom dokter, dan sit hulle aan die pen.
As ’n Skilpad het sij maar min geëet en gedrink. Verder het sij ’n lui-lekker lewe gelei.
Bij ’n seker geleentheid lê sij in die skaduwee van ’n bos. Daar kom toe ’n man verbij, en sij roep uit: “Mij liewe ou broer, kom tog nader! Ek het so ’n ondraaglike pijn in mij nek, kom vrijwe tog mij nek in met vet.”
Die man kom nader, vat die vet, kniel voor haar en begin haar nek te vrijwe. Meteens ruk die groot Skilpad haar nek in die dop, en vas sit daardie man se hand. Hij brul van pijn en soebat mooi dat sij tog haar kop moet uitsteek dat hij sij hand kan uitruk. Maar alle smekings was verniet. Hij grijp met die ander hand ’n klip en skrop daarmee die dop, en van daardie grilligheid steeksij haar kop uit, en toe eers kon hij sij hand uitruk. Maar al die vleis en velle was daarvan af—net die kaal senings en bene het oorgeblij.
Net toe kom daar ’n ander man verbij, en die groot Skilpad roep uit: “Mij liewe ou broer, kom smeer tog mij nek met vet—ek het daar so ’n vreeslike pijn in dat ek daarvan kan beswijk.”
Die eerste man steek gouw sij seer hand onder sij karos en sit, met sij pijn, bedaard aan te kijk wat nou sal gebeur.
Diegroot Skilpad steek haar nek lang uit, en die man begin die nek met vet in te vrijwe. Meteens ruk die Skilpad haar nek gouw in, en vas sit daardie tweede man se hand ook. Hij krul en skree van pijn; maar los is min.
Die eerste man wil toe wegstap, en laat die ander so in sij smarte sit. Die tweede man roep uit: “Ou broer, waarom het jij mij so ’n stel laat aftrap?”
Die eerste man haal toe sij hand onder die karos uit en wijs hoe dit lijk, en sê: “Ek voel net soos jij nou daar voel,” en hij gaan weg.
Die tweede man, wat toe nog vassit, vat met sij ander hand sij kierie en begin op die dop van die groot Skilpad te timmer. Toe steek die Skilpad haar kop uit, en hij ruk toe gouw sij hand uit. Maar die velle en vleis het daarvan afgeskeur. Hij stap toe ook huistoe, so te sê blind van pijn.
Die twee mans het op dieselfde plek gewoon, en hulle stap toe saam huistoe. Toe hulle thuis kom, was die Maan nog jonk. Soggends, as hulle opstaan, neem hul van diedouw, wat die water van die Maan is, en was hulle hande daarmee. En namate die Maan groei, so ook groei die vleis oor hulle kaal senings en bene. Toe die Maan vol was, was hulle hande volkome gesond en was weer net soos dit tevore was.
Daarna stap die twee mans saam die veld in en krij die ou Skilpad weer op ’n ander plek lê. Weer roep sij: “Mij liewe twee broers, kom smeer tog mij bene met vet, ek het vretende pijne daarin, sodat ek van die krampe kan doodgaan.”
Die twee mans stap nader en maak nes of hul haar bene met vet wil smeer, maar rol die ou Skilpad op haar rug en stop klippe rondom haar, sodat sij nie weer kan reg rol nie. Hulle stap toe weg, onder die vermoeding dat hulle haar gestraf het.
Daar voor ontmoet hul twee Kraaie. Hulle betower die Kraaie, sodat waar hul Skilpaaie op die lijf mag loop, hul dan die vleis van die Skilpaaie lewendig moet uitpik. Hulle stuur toe die twee Kraaie na die groot Skilpad toe om haar vleis lewendig uit haar dop te skeur. Maar die ou Toorheks het van alles geweet en hou haar gereed; want sij voel geen pijn nie.
Toe die Kraaie daarheen vlie, roep die een uit:
“Die ou is maer, die ou is maer!”
“Die ou is maer, die ou is maer!”
Die ander Kraaie antwoord:
“Haar oog is vet, haar oog is vet!”
“Haar oog is vet, haar oog is vet!”
Toe die Kraaie daar kom, val hul meteens op die Skilpad aan en pluk haar vleis lewendig uit haar dop. Maar sij is ’n ou Toorheks en voel daar net niks van nie,en laat die Kraaie maar hulle gang gaan. Sij het wel gemaak of sij seer krij.
Toe die Kraaie die dop skoon uitgepik het, vlie hulle weg om die tijding aan die twee mans te bring. Die twee mans was baie blij om die berig te krij, en hulle spring in die rondte en dans van vreugde.
Maar net soos die twee mans die Kraaie betower het om Skilpaaie te vreet, net so het die ou Toorheks die Bije betower om mense te steek waar hul die mense ook al krij.
Oor ’n ruk loop een van die mans in die veld rond en sien daar die leë Skilpaddop lê. Hij tel dit op om dit te bekijk. Maar daar het ’n swerm Bije ingetrek, en die Bije pak daardie man en steek hom dat hij nie weet waar in te kruip nie—want die man se lijf was amper kaal en met min klere bedek. Hij neem die vlug huistoe, maar op weg beswijk hij van pijn en val neer. Hij gooi toe stof in die lug. Die mense thuis weet wat daardie stofgooierij beteken; hulle storm toe, tel die man op en dra hom onder groot smarte huistoe.
Onderwijl het die ander man daar bij die leë Skilpaddop aangekom. Hij tel ook die dop op om dit te bekijk, en die Bije pak hom ook en steek hom dat hij nie weet waar in te kruip nie. Hij vlug ook huistoe; maar val ook van pijn op die weg neer. Hij neem ook toevlug tot stofgooi in die lug. Net toe die mense die eerste man in sij huis neersit, sien hul die tweede stofgooierij. Hulle storm daarheen en vind die tweede man ook in sij smarte. Hul dra hom ook huistoe. En die twee was lank siek voor hul gesond geword en rondgeloop het.