No. 22

No. 22Die Aandster is die Oog van Aandskemering.OPMERKINGS:—Hierdie Storie het ons eenmaal hoor vertel, en wel op die plaas Zoovoorbij, langs Hantamrivier, dist. Calvinia. Daar was een aand in 1881 ’n Boesman-danspartijtjie, toe het een van die outas sij talent in storie-vertel laat hoor.Die twee seuns van die Son, Dageraad en Aandskemering, het van hulle jong dae af al nie met mekaar kon klaarkom nie. As kinders, het hulle altijd getwis en nie bijmekaar wou slaap nie. Dageraad se werk het met dagbreek tot sonuit geduur, en hij het nie sulke goeie oë gehad nie—dus het hij gewoonlik saands vroeg gaan slaap. As hij in die nag opblij, dan moet daar ’n groot vuur wees om vir hom lig te maak.Maar Aandskemering het twee groot oë gehad, wat in die donker nes twee vlamme vuur blink. Sij werk het met sononder begin en geduur tot donker; dan rinkink hij in die nag, of gaan jag en kos soek. Daar hij glad niks van sij broer, Dageraad, gehou het nie, was sij eerste werk om sij vader, die Son, in sij bed te sit en dan kos en water vir sij moeggeloopte vader te gee. Dan gaan hij die blouw lug, wat Dageraad in die oggend uitgehang het, afpluk, sodat die Sterretjies weer kans kan krij om aan die hemel te flikker en skitter.Een oggend, toe Aandskemering van sij jag huiswaarts keer, en Dageraad gereedmaak om lig te maak—dus net met die begin van dagbreek—, ontmoet die twee broers en begin somaar uit die staanspoor te twis. Hulle pak mekaar en slaan vuis. Dageraad grijp sand en stof en wou dié in die groot oë van Aandskemering gooi—dog dit was mis. Toe roep Dageraad uit: “Hierdie sand en stof sal Muskiete en Muggies word, om jou saands en snags te bijt.” Aandskemering, nie links nie, grijp water, om in die nouw ogies van Dageraad te gooi—en ook dit was mis. Toe roep hij uit: “Dit sal Douw word, om jou pad vir jou soggends nat te maak!”Deur Dageraad nie sulke goeie oë gehad het nie, kan almaal wat in die oggendskemering rondloop, ook nie so goed sien nie, terwijl, aan die anderkant, Aandskemering groot oë gehad het; daarom kan algaar beter in die aand as grouw voor dag sien.Wolf se dogter, wat so verlief was op Dageraad en hom nie as haar man kon krij nie, het tog man gekrij; maar spoedig was sij weduwee deur die sterfte van haar man. Sij word nog meer verlief op Aandskemering, die ander broer.Maar Aandskemering het al ’n ander mooi meisie, met groot oë, vir hom uitgekies en was met haar getrouwd.Wolf se dogter gaan weer na haar vader, Wolf, toe, om sij raad te vra, en versoek hom om hierdie slag tog beter raad te gee as die laaste keer met Dageraad. Die ou krap sij kop ’n rukkie en dink diep. Hij gee daardie dink op en roep uit: “Loop vra vir jouw ma.”Sij stap na haar ma, wat meer kennis van sulke sake het as haar pa, en vra haar om raad.“Kijk, mij kind, jij is ’n weduwee; jouw man en kindjie is dood. Aandskemering en sij vrouw het ook ’n kindjie, na wie hulle baie gek is. Ek sal jou raai om daardie kindjie te gaan steel; en vind Aandskemering later uit dat jij die kind het, sal hij jou trouw—net terwille van die kind. Maar voor jij gaan, laat ek jou worteltjies gee om die ouers van die kind te toor.”Wolf se dogter vat die worteltjies, maal dié fijn en stap daarmee weg. Bij Aandskemering se huis staan net ’n pot op die vuur te kook. Dit was skemeraand toe sij daar aankom, en Aandskemering was toe nog nie thuis nie. Wolf se dogter, toe sij bij die vuur verbij kom, roep uit: “A, watter kos kook julle vanaand? Ek het die ruik daarvan al ver kon snuiwe.”Sij maak of sij die kos in die pot omroer, en met hierdie geleentheid gooi sij skelmpies die toorgoed daarin.Aandskemering het laat weggeblij. Sij vrouw het honger gekrij en begin te eet. Intussen steel Wolf se dogter die kind, wat aan slaap geraak het, en vlug daarmee. Want die moeder het ook vas in die slaap geval.Toe Aandskemering die nag thuis kom, lê sij vrouw, tot sij verwondering, vas in die slaap—dis mos iets wat sij in die dag moet doen. Hij maak haar wakker; maar sij was glad deurmekaar. Hulle soek die kind, maar vind dit nêrens nie. Want die moeder haar geheue het verlore geraak, en sij kon niks vertel nie.Die vader, bij hierdie tijd, het ook honger gehad. Hij wou van die kos in die pot eet; maar dit het ook bij hierdie tijd bitter geword. Toe vind hij uit dat die kos betower was. Hij gaan gouw sij eie worteltjies grawe en eet dié; en bring daarvan ook aan sij vrouw. Sij kouw net effentjies daaraan, word ’n bietjie reg, maar word bang, en wou nie meer daarvan eet nie. Al wat sij toe kan herinner, is haar kind, en dat ’n dier bij haar was. Maar sij verbeel haar dat daardie dier ’n groot Muis was. Sij word toe so venijnig op Muise dat sij hulle vermoor waar sij hulle krij. Dog sij self verander langsaam in die gedaante van ’n Uil. Net soos haar man, Aandskemering, skemerlig maak, dan ontwaak sij, vlie weg om die Muise te vermoor en dan op die tak van ’n boom te gaan sit om hoe-hoo, hoe-hoo oor haar kind te huil.Toe Wolf se dogter dit alles bemerk, toe begrijp sij dat dit nou haar tijd is om haar lijf na haar beminde, Aandskemering, aan te bring; en sij kom met die kind agter haar rug aangestap. Dadelik herken die kind sij vader, steek sij armpies na hom huilend uit; dog sij moeder, wat in ’n Uil verander is, ken hij glad nie meer nie. Sij vader neem hom in sij arms, dog die kind het ook verander, sodat sij vader hom nie as sij eie kind kon eien nie. En terwille van die kind, wat hom gedurig omhels en pa-pa noem, neem hij ook Wolf se dogter tot vrouw, wat nou te danig verlieferig op hom is.Kort daarop kom teen die aand ’n Hamerkopvoël aangevlie. Nou ’n Hamerkop is ’n voël wat alles in die water kan sien wat gebeur; want alles spieël hul in diewater af. Daardie Hamerkop het oor die hut van Aandskemering gevlie, waarin die famielie van Aandskemering sit en gesels. Hij roep toe vir Uil, wat so treurig oor haar kind kerm; en haar man, Aandskemering, stap saam.Wolf se dogter sit in die hut luister hoe Hamerkop alles vertel hoe sij die famielie betower het. Sij grijp die kind en vlug met hom op haar rug weg. Toe hierdie bedrog ontdek word, word Aandskemering so boos dat hij sij pijl en boog grijp om Wolf se dogter dood te skiet. Maar hij was te laat—sij het reeds weggevlug.Hij agtervolg haar tot bij Wolf se huis en skop daar toe ’n bombarie op. Maar Wolf bring hom, na baie redeneer te hê, tot bedaring, en sê: “Aandskemering, kom stap saam met mij na daardie klipkrans toe, en ek sal jou daar wijs dat jouw vrouw en kind daar fris en gesond sit en op jou wag.”Die twee stap saam, en toe hul op die rantjie van die afgrond staan, stoot Wolf vir Aandskemering die afgrond af. Aandskemering val daar onder. Een van sij blink oë bars op die plek, dog die ander vlie in die lug op en word toe die groot blink Aandster.Die kindjie treur en treur oor sij ouers en wil nou nie meer tevrede bij Wolf se dogter wees nie. Hij het weggekwijn, tot hij ’n IJstervark geword het, wat uitkom as dit skemeraand word en sorg om voor dagbreek in die klipskeur thuis te wees. Uil sit nou nog te kerm oor haar kind, terwijl Wolf nog al aande vir Aandskemering agter die westerantjie die afgrond instort.

No. 22Die Aandster is die Oog van Aandskemering.

OPMERKINGS:—Hierdie Storie het ons eenmaal hoor vertel, en wel op die plaas Zoovoorbij, langs Hantamrivier, dist. Calvinia. Daar was een aand in 1881 ’n Boesman-danspartijtjie, toe het een van die outas sij talent in storie-vertel laat hoor.Die twee seuns van die Son, Dageraad en Aandskemering, het van hulle jong dae af al nie met mekaar kon klaarkom nie. As kinders, het hulle altijd getwis en nie bijmekaar wou slaap nie. Dageraad se werk het met dagbreek tot sonuit geduur, en hij het nie sulke goeie oë gehad nie—dus het hij gewoonlik saands vroeg gaan slaap. As hij in die nag opblij, dan moet daar ’n groot vuur wees om vir hom lig te maak.Maar Aandskemering het twee groot oë gehad, wat in die donker nes twee vlamme vuur blink. Sij werk het met sononder begin en geduur tot donker; dan rinkink hij in die nag, of gaan jag en kos soek. Daar hij glad niks van sij broer, Dageraad, gehou het nie, was sij eerste werk om sij vader, die Son, in sij bed te sit en dan kos en water vir sij moeggeloopte vader te gee. Dan gaan hij die blouw lug, wat Dageraad in die oggend uitgehang het, afpluk, sodat die Sterretjies weer kans kan krij om aan die hemel te flikker en skitter.Een oggend, toe Aandskemering van sij jag huiswaarts keer, en Dageraad gereedmaak om lig te maak—dus net met die begin van dagbreek—, ontmoet die twee broers en begin somaar uit die staanspoor te twis. Hulle pak mekaar en slaan vuis. Dageraad grijp sand en stof en wou dié in die groot oë van Aandskemering gooi—dog dit was mis. Toe roep Dageraad uit: “Hierdie sand en stof sal Muskiete en Muggies word, om jou saands en snags te bijt.” Aandskemering, nie links nie, grijp water, om in die nouw ogies van Dageraad te gooi—en ook dit was mis. Toe roep hij uit: “Dit sal Douw word, om jou pad vir jou soggends nat te maak!”Deur Dageraad nie sulke goeie oë gehad het nie, kan almaal wat in die oggendskemering rondloop, ook nie so goed sien nie, terwijl, aan die anderkant, Aandskemering groot oë gehad het; daarom kan algaar beter in die aand as grouw voor dag sien.Wolf se dogter, wat so verlief was op Dageraad en hom nie as haar man kon krij nie, het tog man gekrij; maar spoedig was sij weduwee deur die sterfte van haar man. Sij word nog meer verlief op Aandskemering, die ander broer.Maar Aandskemering het al ’n ander mooi meisie, met groot oë, vir hom uitgekies en was met haar getrouwd.Wolf se dogter gaan weer na haar vader, Wolf, toe, om sij raad te vra, en versoek hom om hierdie slag tog beter raad te gee as die laaste keer met Dageraad. Die ou krap sij kop ’n rukkie en dink diep. Hij gee daardie dink op en roep uit: “Loop vra vir jouw ma.”Sij stap na haar ma, wat meer kennis van sulke sake het as haar pa, en vra haar om raad.“Kijk, mij kind, jij is ’n weduwee; jouw man en kindjie is dood. Aandskemering en sij vrouw het ook ’n kindjie, na wie hulle baie gek is. Ek sal jou raai om daardie kindjie te gaan steel; en vind Aandskemering later uit dat jij die kind het, sal hij jou trouw—net terwille van die kind. Maar voor jij gaan, laat ek jou worteltjies gee om die ouers van die kind te toor.”Wolf se dogter vat die worteltjies, maal dié fijn en stap daarmee weg. Bij Aandskemering se huis staan net ’n pot op die vuur te kook. Dit was skemeraand toe sij daar aankom, en Aandskemering was toe nog nie thuis nie. Wolf se dogter, toe sij bij die vuur verbij kom, roep uit: “A, watter kos kook julle vanaand? Ek het die ruik daarvan al ver kon snuiwe.”Sij maak of sij die kos in die pot omroer, en met hierdie geleentheid gooi sij skelmpies die toorgoed daarin.Aandskemering het laat weggeblij. Sij vrouw het honger gekrij en begin te eet. Intussen steel Wolf se dogter die kind, wat aan slaap geraak het, en vlug daarmee. Want die moeder het ook vas in die slaap geval.Toe Aandskemering die nag thuis kom, lê sij vrouw, tot sij verwondering, vas in die slaap—dis mos iets wat sij in die dag moet doen. Hij maak haar wakker; maar sij was glad deurmekaar. Hulle soek die kind, maar vind dit nêrens nie. Want die moeder haar geheue het verlore geraak, en sij kon niks vertel nie.Die vader, bij hierdie tijd, het ook honger gehad. Hij wou van die kos in die pot eet; maar dit het ook bij hierdie tijd bitter geword. Toe vind hij uit dat die kos betower was. Hij gaan gouw sij eie worteltjies grawe en eet dié; en bring daarvan ook aan sij vrouw. Sij kouw net effentjies daaraan, word ’n bietjie reg, maar word bang, en wou nie meer daarvan eet nie. Al wat sij toe kan herinner, is haar kind, en dat ’n dier bij haar was. Maar sij verbeel haar dat daardie dier ’n groot Muis was. Sij word toe so venijnig op Muise dat sij hulle vermoor waar sij hulle krij. Dog sij self verander langsaam in die gedaante van ’n Uil. Net soos haar man, Aandskemering, skemerlig maak, dan ontwaak sij, vlie weg om die Muise te vermoor en dan op die tak van ’n boom te gaan sit om hoe-hoo, hoe-hoo oor haar kind te huil.Toe Wolf se dogter dit alles bemerk, toe begrijp sij dat dit nou haar tijd is om haar lijf na haar beminde, Aandskemering, aan te bring; en sij kom met die kind agter haar rug aangestap. Dadelik herken die kind sij vader, steek sij armpies na hom huilend uit; dog sij moeder, wat in ’n Uil verander is, ken hij glad nie meer nie. Sij vader neem hom in sij arms, dog die kind het ook verander, sodat sij vader hom nie as sij eie kind kon eien nie. En terwille van die kind, wat hom gedurig omhels en pa-pa noem, neem hij ook Wolf se dogter tot vrouw, wat nou te danig verlieferig op hom is.Kort daarop kom teen die aand ’n Hamerkopvoël aangevlie. Nou ’n Hamerkop is ’n voël wat alles in die water kan sien wat gebeur; want alles spieël hul in diewater af. Daardie Hamerkop het oor die hut van Aandskemering gevlie, waarin die famielie van Aandskemering sit en gesels. Hij roep toe vir Uil, wat so treurig oor haar kind kerm; en haar man, Aandskemering, stap saam.Wolf se dogter sit in die hut luister hoe Hamerkop alles vertel hoe sij die famielie betower het. Sij grijp die kind en vlug met hom op haar rug weg. Toe hierdie bedrog ontdek word, word Aandskemering so boos dat hij sij pijl en boog grijp om Wolf se dogter dood te skiet. Maar hij was te laat—sij het reeds weggevlug.Hij agtervolg haar tot bij Wolf se huis en skop daar toe ’n bombarie op. Maar Wolf bring hom, na baie redeneer te hê, tot bedaring, en sê: “Aandskemering, kom stap saam met mij na daardie klipkrans toe, en ek sal jou daar wijs dat jouw vrouw en kind daar fris en gesond sit en op jou wag.”Die twee stap saam, en toe hul op die rantjie van die afgrond staan, stoot Wolf vir Aandskemering die afgrond af. Aandskemering val daar onder. Een van sij blink oë bars op die plek, dog die ander vlie in die lug op en word toe die groot blink Aandster.Die kindjie treur en treur oor sij ouers en wil nou nie meer tevrede bij Wolf se dogter wees nie. Hij het weggekwijn, tot hij ’n IJstervark geword het, wat uitkom as dit skemeraand word en sorg om voor dagbreek in die klipskeur thuis te wees. Uil sit nou nog te kerm oor haar kind, terwijl Wolf nog al aande vir Aandskemering agter die westerantjie die afgrond instort.

OPMERKINGS:—Hierdie Storie het ons eenmaal hoor vertel, en wel op die plaas Zoovoorbij, langs Hantamrivier, dist. Calvinia. Daar was een aand in 1881 ’n Boesman-danspartijtjie, toe het een van die outas sij talent in storie-vertel laat hoor.

Die twee seuns van die Son, Dageraad en Aandskemering, het van hulle jong dae af al nie met mekaar kon klaarkom nie. As kinders, het hulle altijd getwis en nie bijmekaar wou slaap nie. Dageraad se werk het met dagbreek tot sonuit geduur, en hij het nie sulke goeie oë gehad nie—dus het hij gewoonlik saands vroeg gaan slaap. As hij in die nag opblij, dan moet daar ’n groot vuur wees om vir hom lig te maak.

Maar Aandskemering het twee groot oë gehad, wat in die donker nes twee vlamme vuur blink. Sij werk het met sononder begin en geduur tot donker; dan rinkink hij in die nag, of gaan jag en kos soek. Daar hij glad niks van sij broer, Dageraad, gehou het nie, was sij eerste werk om sij vader, die Son, in sij bed te sit en dan kos en water vir sij moeggeloopte vader te gee. Dan gaan hij die blouw lug, wat Dageraad in die oggend uitgehang het, afpluk, sodat die Sterretjies weer kans kan krij om aan die hemel te flikker en skitter.

Een oggend, toe Aandskemering van sij jag huiswaarts keer, en Dageraad gereedmaak om lig te maak—dus net met die begin van dagbreek—, ontmoet die twee broers en begin somaar uit die staanspoor te twis. Hulle pak mekaar en slaan vuis. Dageraad grijp sand en stof en wou dié in die groot oë van Aandskemering gooi—dog dit was mis. Toe roep Dageraad uit: “Hierdie sand en stof sal Muskiete en Muggies word, om jou saands en snags te bijt.” Aandskemering, nie links nie, grijp water, om in die nouw ogies van Dageraad te gooi—en ook dit was mis. Toe roep hij uit: “Dit sal Douw word, om jou pad vir jou soggends nat te maak!”

Deur Dageraad nie sulke goeie oë gehad het nie, kan almaal wat in die oggendskemering rondloop, ook nie so goed sien nie, terwijl, aan die anderkant, Aandskemering groot oë gehad het; daarom kan algaar beter in die aand as grouw voor dag sien.

Wolf se dogter, wat so verlief was op Dageraad en hom nie as haar man kon krij nie, het tog man gekrij; maar spoedig was sij weduwee deur die sterfte van haar man. Sij word nog meer verlief op Aandskemering, die ander broer.

Maar Aandskemering het al ’n ander mooi meisie, met groot oë, vir hom uitgekies en was met haar getrouwd.

Wolf se dogter gaan weer na haar vader, Wolf, toe, om sij raad te vra, en versoek hom om hierdie slag tog beter raad te gee as die laaste keer met Dageraad. Die ou krap sij kop ’n rukkie en dink diep. Hij gee daardie dink op en roep uit: “Loop vra vir jouw ma.”

Sij stap na haar ma, wat meer kennis van sulke sake het as haar pa, en vra haar om raad.

“Kijk, mij kind, jij is ’n weduwee; jouw man en kindjie is dood. Aandskemering en sij vrouw het ook ’n kindjie, na wie hulle baie gek is. Ek sal jou raai om daardie kindjie te gaan steel; en vind Aandskemering later uit dat jij die kind het, sal hij jou trouw—net terwille van die kind. Maar voor jij gaan, laat ek jou worteltjies gee om die ouers van die kind te toor.”

Wolf se dogter vat die worteltjies, maal dié fijn en stap daarmee weg. Bij Aandskemering se huis staan net ’n pot op die vuur te kook. Dit was skemeraand toe sij daar aankom, en Aandskemering was toe nog nie thuis nie. Wolf se dogter, toe sij bij die vuur verbij kom, roep uit: “A, watter kos kook julle vanaand? Ek het die ruik daarvan al ver kon snuiwe.”

Sij maak of sij die kos in die pot omroer, en met hierdie geleentheid gooi sij skelmpies die toorgoed daarin.

Aandskemering het laat weggeblij. Sij vrouw het honger gekrij en begin te eet. Intussen steel Wolf se dogter die kind, wat aan slaap geraak het, en vlug daarmee. Want die moeder het ook vas in die slaap geval.

Toe Aandskemering die nag thuis kom, lê sij vrouw, tot sij verwondering, vas in die slaap—dis mos iets wat sij in die dag moet doen. Hij maak haar wakker; maar sij was glad deurmekaar. Hulle soek die kind, maar vind dit nêrens nie. Want die moeder haar geheue het verlore geraak, en sij kon niks vertel nie.

Die vader, bij hierdie tijd, het ook honger gehad. Hij wou van die kos in die pot eet; maar dit het ook bij hierdie tijd bitter geword. Toe vind hij uit dat die kos betower was. Hij gaan gouw sij eie worteltjies grawe en eet dié; en bring daarvan ook aan sij vrouw. Sij kouw net effentjies daaraan, word ’n bietjie reg, maar word bang, en wou nie meer daarvan eet nie. Al wat sij toe kan herinner, is haar kind, en dat ’n dier bij haar was. Maar sij verbeel haar dat daardie dier ’n groot Muis was. Sij word toe so venijnig op Muise dat sij hulle vermoor waar sij hulle krij. Dog sij self verander langsaam in die gedaante van ’n Uil. Net soos haar man, Aandskemering, skemerlig maak, dan ontwaak sij, vlie weg om die Muise te vermoor en dan op die tak van ’n boom te gaan sit om hoe-hoo, hoe-hoo oor haar kind te huil.

Toe Wolf se dogter dit alles bemerk, toe begrijp sij dat dit nou haar tijd is om haar lijf na haar beminde, Aandskemering, aan te bring; en sij kom met die kind agter haar rug aangestap. Dadelik herken die kind sij vader, steek sij armpies na hom huilend uit; dog sij moeder, wat in ’n Uil verander is, ken hij glad nie meer nie. Sij vader neem hom in sij arms, dog die kind het ook verander, sodat sij vader hom nie as sij eie kind kon eien nie. En terwille van die kind, wat hom gedurig omhels en pa-pa noem, neem hij ook Wolf se dogter tot vrouw, wat nou te danig verlieferig op hom is.

Kort daarop kom teen die aand ’n Hamerkopvoël aangevlie. Nou ’n Hamerkop is ’n voël wat alles in die water kan sien wat gebeur; want alles spieël hul in diewater af. Daardie Hamerkop het oor die hut van Aandskemering gevlie, waarin die famielie van Aandskemering sit en gesels. Hij roep toe vir Uil, wat so treurig oor haar kind kerm; en haar man, Aandskemering, stap saam.

Wolf se dogter sit in die hut luister hoe Hamerkop alles vertel hoe sij die famielie betower het. Sij grijp die kind en vlug met hom op haar rug weg. Toe hierdie bedrog ontdek word, word Aandskemering so boos dat hij sij pijl en boog grijp om Wolf se dogter dood te skiet. Maar hij was te laat—sij het reeds weggevlug.

Hij agtervolg haar tot bij Wolf se huis en skop daar toe ’n bombarie op. Maar Wolf bring hom, na baie redeneer te hê, tot bedaring, en sê: “Aandskemering, kom stap saam met mij na daardie klipkrans toe, en ek sal jou daar wijs dat jouw vrouw en kind daar fris en gesond sit en op jou wag.”

Die twee stap saam, en toe hul op die rantjie van die afgrond staan, stoot Wolf vir Aandskemering die afgrond af. Aandskemering val daar onder. Een van sij blink oë bars op die plek, dog die ander vlie in die lug op en word toe die groot blink Aandster.

Die kindjie treur en treur oor sij ouers en wil nou nie meer tevrede bij Wolf se dogter wees nie. Hij het weggekwijn, tot hij ’n IJstervark geword het, wat uitkom as dit skemeraand word en sorg om voor dagbreek in die klipskeur thuis te wees. Uil sit nou nog te kerm oor haar kind, terwijl Wolf nog al aande vir Aandskemering agter die westerantjie die afgrond instort.

Back to IndexNext