No. 3.

No. 3.Die Berge is die oudste Dogter.OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel omtrent die ontstaan van Berge. Die verteller het die oudste suster altijd’Kougenoem, wat berg in die Boesmantaal beteken.’Kou, die oudste Dogter, en haar man, die seun van die Hotnotsgod, het vir hulle hutte van bossies gemaak en daarin gewoon. Sij het nooit die snoer van Skilpaddoppies van haar hals afgehaal nie; so was daar baie Skilpaaie, en sij kon net soveel vang om te eet as sij wil. Sij word toe so gek na Skilpadvleis dat sij glad geen lus vir ander kos krij nie—sij wou net Skilpadvleis eet en niks anders nie.Maar ’n Skilpad is ’n diertjie wat stadig loop en lui is—so het’Kouook stadig en lui geword. As sij vir haarself gaan Skilpaaie daar nabij in die veld haal, dan neem dit amper die hele dag vir haar om die kort entjie daarheen en terug af te stap. Sij doen toe niks meer vir haar man en kind nie. Die man het eers met haar daaroor geraas en toe geslaan; maar hij kon net so goed met ’n Skilpad, of die klippies wat in die Skilpaddoppies was, geraas het. Die man moes toe voortaan maar alles self alleen doen—ja, hij moes selfs gaan om vir haar Skilpaaie te vang.Hij het altijd gaan jag en veldkos gaan haal, waarvan hij en die kind gelewe het; want hulle twee wou nie Skilpadvleis alleen eet nie, uit vrees dat hulle ook net so lui as’Kousou word.Een dag was die man weg veld-toe om te gaan jag, toe kom daar ’n Bobiaan en vra aan die kind, waar sij ma is, want hij wil die riempie hê waarmee die Skilpaddoppies om haar nek ingesnoer is.Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, so sê die Bobiaan aan die kind dat hij daardie riempie wil hê, want dit was gemaak van die vel van sij broer, en sê dat hij die volgende dag weer sou kom en dan sou hij die riempie van’Kouhaar nek met geweld kom afpluk.Toe die man thuis kom, vertel die kind aan hom hoe brutaal die Bobiaan was, en smeek sij pa om tog die ander dag nie veld-toe te gaan nie, maar thuis te blij.Die volgende dag kom die Bobiaan net soos hij gesê het, en hij herhaal sij eis; dog die man grijp na sij pijl en boog en dreig om die Bobiaan te skiet as hij nie op die daad weggaan nie.Die Bobiaan, wat ook een van die ougeslag se mense was, sê dat hij sal loop, maar waarskuw’Koudat hij die volgende dag met ’n kommando van sij broers sou kom om die riempie te haal, en dan sal hulle die hutte meteens flenters breek. Daarop stap hij brom-brom weg.Die man gaan toe gouw veld-toe om kos in die huis te bring en hij maak hom gereed vir die aanval op die volgende dag.Net soos hij gesê het, kom die Bobiaan die volgende dag met ’n groot geselskap van sij famielie.Die Hotnotsgod, die vader van die man, sit die speletjies bedaard aan te kijk. Hij verander die man, wat sij seun is, in ’n groot Voël, en die kind verander hij in dieWeerklank, of Echo. Die Voël vlie op en maak ’n groot wind met sij vlerke, sodat daar ’n dik stof kom en die Weerklank maak ’n groot geraas. Toe die Voël in die rondte warrel, ontstaan daar ’n vreeslike warrelwind, wat klippers en stukke hout rondsmijt. Hier krij ’n Bobiaan ’n slag met ’n klip teen die kop, daar ’n ander ’n houw met ’n stuk hout, en die sand en stof dwarrel so verskriklik in die oë van die Bobiane dat hulle verplig was om uitmekaar te spat en op vlug te gaan. In hulle vlug, daar vér vandaan, roep hulle uit: “Wag maar, ons sal’Kounooit met rus laat nie—op haar graf sal ons rondstap en die klippe daarvan sal ons gedurig omkrap en omrol.” Maar in ieder geval stap hulle skel-skel voort.Maar’Kouhet bij die dag luier en luier geword: sij raak toe in slaap, en sij slaap, slaap, slaap tot vandag toe nog. Sij het in haar slaap in ’n groot berg verander, om nooit weer wakker te word nie.Toe die Bobiane sien hoe’Kouin berge verander het, was hulle net blij, en uit weerwraak gaan hulle daar op die berge rinkink; want hulle het’Koumos gesweer dat hul haar graf nie met rus sou laat nie en het haar voorspel dat hulle die klippe van haar graf gedurig sou omkeer en rondrol. En hulle maak vandag nog so en sal so maak tot solank as daar nog ’n Bobiaan te vinde is om klippe om te rol.’Kou, die berge, is nie dood nie, maar rus in ’n ewige slaap.

No. 3.Die Berge is die oudste Dogter.

OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel omtrent die ontstaan van Berge. Die verteller het die oudste suster altijd’Kougenoem, wat berg in die Boesmantaal beteken.’Kou, die oudste Dogter, en haar man, die seun van die Hotnotsgod, het vir hulle hutte van bossies gemaak en daarin gewoon. Sij het nooit die snoer van Skilpaddoppies van haar hals afgehaal nie; so was daar baie Skilpaaie, en sij kon net soveel vang om te eet as sij wil. Sij word toe so gek na Skilpadvleis dat sij glad geen lus vir ander kos krij nie—sij wou net Skilpadvleis eet en niks anders nie.Maar ’n Skilpad is ’n diertjie wat stadig loop en lui is—so het’Kouook stadig en lui geword. As sij vir haarself gaan Skilpaaie daar nabij in die veld haal, dan neem dit amper die hele dag vir haar om die kort entjie daarheen en terug af te stap. Sij doen toe niks meer vir haar man en kind nie. Die man het eers met haar daaroor geraas en toe geslaan; maar hij kon net so goed met ’n Skilpad, of die klippies wat in die Skilpaddoppies was, geraas het. Die man moes toe voortaan maar alles self alleen doen—ja, hij moes selfs gaan om vir haar Skilpaaie te vang.Hij het altijd gaan jag en veldkos gaan haal, waarvan hij en die kind gelewe het; want hulle twee wou nie Skilpadvleis alleen eet nie, uit vrees dat hulle ook net so lui as’Kousou word.Een dag was die man weg veld-toe om te gaan jag, toe kom daar ’n Bobiaan en vra aan die kind, waar sij ma is, want hij wil die riempie hê waarmee die Skilpaddoppies om haar nek ingesnoer is.Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, so sê die Bobiaan aan die kind dat hij daardie riempie wil hê, want dit was gemaak van die vel van sij broer, en sê dat hij die volgende dag weer sou kom en dan sou hij die riempie van’Kouhaar nek met geweld kom afpluk.Toe die man thuis kom, vertel die kind aan hom hoe brutaal die Bobiaan was, en smeek sij pa om tog die ander dag nie veld-toe te gaan nie, maar thuis te blij.Die volgende dag kom die Bobiaan net soos hij gesê het, en hij herhaal sij eis; dog die man grijp na sij pijl en boog en dreig om die Bobiaan te skiet as hij nie op die daad weggaan nie.Die Bobiaan, wat ook een van die ougeslag se mense was, sê dat hij sal loop, maar waarskuw’Koudat hij die volgende dag met ’n kommando van sij broers sou kom om die riempie te haal, en dan sal hulle die hutte meteens flenters breek. Daarop stap hij brom-brom weg.Die man gaan toe gouw veld-toe om kos in die huis te bring en hij maak hom gereed vir die aanval op die volgende dag.Net soos hij gesê het, kom die Bobiaan die volgende dag met ’n groot geselskap van sij famielie.Die Hotnotsgod, die vader van die man, sit die speletjies bedaard aan te kijk. Hij verander die man, wat sij seun is, in ’n groot Voël, en die kind verander hij in dieWeerklank, of Echo. Die Voël vlie op en maak ’n groot wind met sij vlerke, sodat daar ’n dik stof kom en die Weerklank maak ’n groot geraas. Toe die Voël in die rondte warrel, ontstaan daar ’n vreeslike warrelwind, wat klippers en stukke hout rondsmijt. Hier krij ’n Bobiaan ’n slag met ’n klip teen die kop, daar ’n ander ’n houw met ’n stuk hout, en die sand en stof dwarrel so verskriklik in die oë van die Bobiane dat hulle verplig was om uitmekaar te spat en op vlug te gaan. In hulle vlug, daar vér vandaan, roep hulle uit: “Wag maar, ons sal’Kounooit met rus laat nie—op haar graf sal ons rondstap en die klippe daarvan sal ons gedurig omkrap en omrol.” Maar in ieder geval stap hulle skel-skel voort.Maar’Kouhet bij die dag luier en luier geword: sij raak toe in slaap, en sij slaap, slaap, slaap tot vandag toe nog. Sij het in haar slaap in ’n groot berg verander, om nooit weer wakker te word nie.Toe die Bobiane sien hoe’Kouin berge verander het, was hulle net blij, en uit weerwraak gaan hulle daar op die berge rinkink; want hulle het’Koumos gesweer dat hul haar graf nie met rus sou laat nie en het haar voorspel dat hulle die klippe van haar graf gedurig sou omkeer en rondrol. En hulle maak vandag nog so en sal so maak tot solank as daar nog ’n Bobiaan te vinde is om klippe om te rol.’Kou, die berge, is nie dood nie, maar rus in ’n ewige slaap.

OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel omtrent die ontstaan van Berge. Die verteller het die oudste suster altijd’Kougenoem, wat berg in die Boesmantaal beteken.

’Kou, die oudste Dogter, en haar man, die seun van die Hotnotsgod, het vir hulle hutte van bossies gemaak en daarin gewoon. Sij het nooit die snoer van Skilpaddoppies van haar hals afgehaal nie; so was daar baie Skilpaaie, en sij kon net soveel vang om te eet as sij wil. Sij word toe so gek na Skilpadvleis dat sij glad geen lus vir ander kos krij nie—sij wou net Skilpadvleis eet en niks anders nie.

Maar ’n Skilpad is ’n diertjie wat stadig loop en lui is—so het’Kouook stadig en lui geword. As sij vir haarself gaan Skilpaaie daar nabij in die veld haal, dan neem dit amper die hele dag vir haar om die kort entjie daarheen en terug af te stap. Sij doen toe niks meer vir haar man en kind nie. Die man het eers met haar daaroor geraas en toe geslaan; maar hij kon net so goed met ’n Skilpad, of die klippies wat in die Skilpaddoppies was, geraas het. Die man moes toe voortaan maar alles self alleen doen—ja, hij moes selfs gaan om vir haar Skilpaaie te vang.

Hij het altijd gaan jag en veldkos gaan haal, waarvan hij en die kind gelewe het; want hulle twee wou nie Skilpadvleis alleen eet nie, uit vrees dat hulle ook net so lui as’Kousou word.

Een dag was die man weg veld-toe om te gaan jag, toe kom daar ’n Bobiaan en vra aan die kind, waar sij ma is, want hij wil die riempie hê waarmee die Skilpaddoppies om haar nek ingesnoer is.

Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, so sê die Bobiaan aan die kind dat hij daardie riempie wil hê, want dit was gemaak van die vel van sij broer, en sê dat hij die volgende dag weer sou kom en dan sou hij die riempie van’Kouhaar nek met geweld kom afpluk.

Toe die man thuis kom, vertel die kind aan hom hoe brutaal die Bobiaan was, en smeek sij pa om tog die ander dag nie veld-toe te gaan nie, maar thuis te blij.

Die volgende dag kom die Bobiaan net soos hij gesê het, en hij herhaal sij eis; dog die man grijp na sij pijl en boog en dreig om die Bobiaan te skiet as hij nie op die daad weggaan nie.

Die Bobiaan, wat ook een van die ougeslag se mense was, sê dat hij sal loop, maar waarskuw’Koudat hij die volgende dag met ’n kommando van sij broers sou kom om die riempie te haal, en dan sal hulle die hutte meteens flenters breek. Daarop stap hij brom-brom weg.

Die man gaan toe gouw veld-toe om kos in die huis te bring en hij maak hom gereed vir die aanval op die volgende dag.

Net soos hij gesê het, kom die Bobiaan die volgende dag met ’n groot geselskap van sij famielie.

Die Hotnotsgod, die vader van die man, sit die speletjies bedaard aan te kijk. Hij verander die man, wat sij seun is, in ’n groot Voël, en die kind verander hij in dieWeerklank, of Echo. Die Voël vlie op en maak ’n groot wind met sij vlerke, sodat daar ’n dik stof kom en die Weerklank maak ’n groot geraas. Toe die Voël in die rondte warrel, ontstaan daar ’n vreeslike warrelwind, wat klippers en stukke hout rondsmijt. Hier krij ’n Bobiaan ’n slag met ’n klip teen die kop, daar ’n ander ’n houw met ’n stuk hout, en die sand en stof dwarrel so verskriklik in die oë van die Bobiane dat hulle verplig was om uitmekaar te spat en op vlug te gaan. In hulle vlug, daar vér vandaan, roep hulle uit: “Wag maar, ons sal’Kounooit met rus laat nie—op haar graf sal ons rondstap en die klippe daarvan sal ons gedurig omkrap en omrol.” Maar in ieder geval stap hulle skel-skel voort.

Maar’Kouhet bij die dag luier en luier geword: sij raak toe in slaap, en sij slaap, slaap, slaap tot vandag toe nog. Sij het in haar slaap in ’n groot berg verander, om nooit weer wakker te word nie.

Toe die Bobiane sien hoe’Kouin berge verander het, was hulle net blij, en uit weerwraak gaan hulle daar op die berge rinkink; want hulle het’Koumos gesweer dat hul haar graf nie met rus sou laat nie en het haar voorspel dat hulle die klippe van haar graf gedurig sou omkeer en rondrol. En hulle maak vandag nog so en sal so maak tot solank as daar nog ’n Bobiaan te vinde is om klippe om te rol.

’Kou, die berge, is nie dood nie, maar rus in ’n ewige slaap.

Back to IndexNext