No. 4.

No. 4.Die Wind en die Windvoël.OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel dat die Wind die gedaante van ’n Voël aangeneem het en nou in ’n gat in die berge woon. Ook word die menslike Gees as Wind voorgestel: Dieselfde geloof het die Kaffers ook, wat Wind en Geest met die een woord I-moya uitdruk.’Kou, die oudste van die drie Dogters, is in Berge verander geword; haar man, die seun van die Hotnotsgod, is in ’n Voël, of Windvoël vervorm geword. Hij het toe in ’n gat in ’n klipkrans in die berge gaan woon. Dis niemand geraai om nabij die gat waarin die Wind woon, te gaan nie. In dié gat is ’n groot gedruis. Sodra iemand nabij die gat kom, dan waai daaruit ’n geweldige Wind, wat daardie een teen die grond smijt, om sij oë met sand en stof te vul. Of anders dwarrel die Warrelwind daardie een op, op, op in die lug, dra hom vér weg en laat hom bo uit die lug val. Dan gaan die kwaadgemaakte Wind rond en waai al die hutte waarin die ander mense woon, aan flenters en voer die bossies, matte of velle daarvan vér weg dat die eienaars dit nie gouw weer kan krij nie. So pas op! om die Wind nie kwaad te maak nie, of om te nabij sij huis te gaan nie.Maar die Wind was eers ’n mens, ’n man uit die ougeslag. Hij het eers op sij voete rondgeloop net soos die ander mense; toe was hij stil en het met hulle saam gespeelen gejag. Hij het met kieries en klippe gegooi, of hij het met pijl en boog geskiet. Hij het gesing en gedans nes die ander mense.Maar toe hij ’n Voël geword het, het hij nie meer geloop nie, maar het net gevlie om sij kos te soek.As hij stadig met sij vlerke klap, dan blaas die wind saggies; as hij vinniger klap, dan waai die wind sterk; maar as die Voël hom op die grond gaan plat gooi, om met sij voete te skop en krap en dan met sij vlerke woes die sand en stof opklop, dan trek die banke stof, die bome buig en kraak, en die lugstroom smijt alles omver waarmee dit in aanraking kom. Die Boesmans sê: Die Wind waai sterk as die Voël sit.Wil die Voël ’n warrelwind laat opkom, dan staan hij met sij pote op die grond, krap die grond los en draai vinnig met sij oop vlerke in die rondte. Dan kan ’n mens ’n pilaar stof in die lug sien optrek en ronddraai.As die mense die Voël kwaad gemaak het, dan klap hij vir dae agtereen met sij vlerke om die wind ver oor berge, vlaktes en seewaters te stuur. Maar het die mense hom met rus gelaat, dan keer hij terug na die gat waar hij woon en gaan daarin slaap tot iemand hom weer moveer, of kom skrik maak. So pas op! Moenie die Wind skrik maak nie.Die Windvoël stuur ook sij wind tot binne in die mense en diere. Neem hij die wind van die mense en diere weg, dan sterf so-een, en dan sal daar nooit weer asem in die mond en neus van daar die een kom nie. Die Wind is die Gees wat in die mense woon.Iemand moet oppas dat hij nooit die naam van die Voël noem nie—vernaamlik as die Voël nabij is; want die Voël wil nie dat iemand somaar sleg van hom moet praat nie.So was daar eendag twee opgegroeide kinders wat oor die Voël sit en gesels het. Die Voël kom daar nabij sit en luister na alles. Een van hulle sien die Voël sit, hij vat sij boog en skiet na die Voël. Die ander vat ’n kierie en klippe en gooi na die Voël. Dog geeneen van hulle kon die Windvoël raak nie. Die Voël blij sit tot hulle ophou om oor hom te gesels, en toe eers vlie hij uit sij eie weg.Maar wat gebeur toe daarop?Die Windvoël laat toe eers ’n donker stof in die verte aankom. Daardie stof peil reguit na daardie twee kinders toe. Die warrelwind grijp die twee, laat hul eers op hulle koppe staan en draai hul nes tolle in die rondte. Daarop los die Wind hulle, waarop die twee die vlug neem. Die Wind agtervolg hul en drijf hul met woede voort. Hulle vlug agter bome in; maar die Wind breek die boomtakke bo hulle koppe, sodat hulle lewe in gevaar kom. So moet hulle weer vlug en skuiling agter rotse gaan soek. Maar toe waai die Wind om die rotse heen en smijt sand en klippies in hulle gesigte. Dus moes hulle weer vlug. Hulle hol toe na ’n klipspelonk, en dit geluk hul toe om daarin te kruip. Maar die Wind waai so geweldig in die klipgrot dat die twee nouwliks hulle asem kon krij—hulle dwing toe net om te versmoor.Die twee moeders sien toe dat hulle twee kinders in groot gevaar verkeer en weet somaar dat die kinders dieWind kwaad gemaak het. Hulle neem bossies wat ’n aangename ruik gee as dit gebrand word, en hulle brand dié; ook neem hulle fijn boegoe en strooi dit in die Wind, wat net waai in die rigting van die kinders en wat nie waai waar die ander mense staan en sit nie. Die Wind krij toe die aangename ruik en bedaar. Ook het die moeders deur sing en musiek die Wind weet te kalmeer en in ’n aangename stemming te bring.En toe eers kon die kinders uit die klipgrot kom.Daarop het hulle moeders hulle vertel dat die Wind net soos ’n Hond is: noem jij sij naam, dan luister hij: praat jij mooi met die Hond, dan kwispel hij met sij stert. Maar spreek jij daardie Hond kwaai aan en gooi jij hom met klippe, of slaan hom, dan knor hij en vlie jou in.Van toe af weet die mense om nie roekloos met die Wind om te gaan nie en om hom te respekteer.

No. 4.Die Wind en die Windvoël.

OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel dat die Wind die gedaante van ’n Voël aangeneem het en nou in ’n gat in die berge woon. Ook word die menslike Gees as Wind voorgestel: Dieselfde geloof het die Kaffers ook, wat Wind en Geest met die een woord I-moya uitdruk.’Kou, die oudste van die drie Dogters, is in Berge verander geword; haar man, die seun van die Hotnotsgod, is in ’n Voël, of Windvoël vervorm geword. Hij het toe in ’n gat in ’n klipkrans in die berge gaan woon. Dis niemand geraai om nabij die gat waarin die Wind woon, te gaan nie. In dié gat is ’n groot gedruis. Sodra iemand nabij die gat kom, dan waai daaruit ’n geweldige Wind, wat daardie een teen die grond smijt, om sij oë met sand en stof te vul. Of anders dwarrel die Warrelwind daardie een op, op, op in die lug, dra hom vér weg en laat hom bo uit die lug val. Dan gaan die kwaadgemaakte Wind rond en waai al die hutte waarin die ander mense woon, aan flenters en voer die bossies, matte of velle daarvan vér weg dat die eienaars dit nie gouw weer kan krij nie. So pas op! om die Wind nie kwaad te maak nie, of om te nabij sij huis te gaan nie.Maar die Wind was eers ’n mens, ’n man uit die ougeslag. Hij het eers op sij voete rondgeloop net soos die ander mense; toe was hij stil en het met hulle saam gespeelen gejag. Hij het met kieries en klippe gegooi, of hij het met pijl en boog geskiet. Hij het gesing en gedans nes die ander mense.Maar toe hij ’n Voël geword het, het hij nie meer geloop nie, maar het net gevlie om sij kos te soek.As hij stadig met sij vlerke klap, dan blaas die wind saggies; as hij vinniger klap, dan waai die wind sterk; maar as die Voël hom op die grond gaan plat gooi, om met sij voete te skop en krap en dan met sij vlerke woes die sand en stof opklop, dan trek die banke stof, die bome buig en kraak, en die lugstroom smijt alles omver waarmee dit in aanraking kom. Die Boesmans sê: Die Wind waai sterk as die Voël sit.Wil die Voël ’n warrelwind laat opkom, dan staan hij met sij pote op die grond, krap die grond los en draai vinnig met sij oop vlerke in die rondte. Dan kan ’n mens ’n pilaar stof in die lug sien optrek en ronddraai.As die mense die Voël kwaad gemaak het, dan klap hij vir dae agtereen met sij vlerke om die wind ver oor berge, vlaktes en seewaters te stuur. Maar het die mense hom met rus gelaat, dan keer hij terug na die gat waar hij woon en gaan daarin slaap tot iemand hom weer moveer, of kom skrik maak. So pas op! Moenie die Wind skrik maak nie.Die Windvoël stuur ook sij wind tot binne in die mense en diere. Neem hij die wind van die mense en diere weg, dan sterf so-een, en dan sal daar nooit weer asem in die mond en neus van daar die een kom nie. Die Wind is die Gees wat in die mense woon.Iemand moet oppas dat hij nooit die naam van die Voël noem nie—vernaamlik as die Voël nabij is; want die Voël wil nie dat iemand somaar sleg van hom moet praat nie.So was daar eendag twee opgegroeide kinders wat oor die Voël sit en gesels het. Die Voël kom daar nabij sit en luister na alles. Een van hulle sien die Voël sit, hij vat sij boog en skiet na die Voël. Die ander vat ’n kierie en klippe en gooi na die Voël. Dog geeneen van hulle kon die Windvoël raak nie. Die Voël blij sit tot hulle ophou om oor hom te gesels, en toe eers vlie hij uit sij eie weg.Maar wat gebeur toe daarop?Die Windvoël laat toe eers ’n donker stof in die verte aankom. Daardie stof peil reguit na daardie twee kinders toe. Die warrelwind grijp die twee, laat hul eers op hulle koppe staan en draai hul nes tolle in die rondte. Daarop los die Wind hulle, waarop die twee die vlug neem. Die Wind agtervolg hul en drijf hul met woede voort. Hulle vlug agter bome in; maar die Wind breek die boomtakke bo hulle koppe, sodat hulle lewe in gevaar kom. So moet hulle weer vlug en skuiling agter rotse gaan soek. Maar toe waai die Wind om die rotse heen en smijt sand en klippies in hulle gesigte. Dus moes hulle weer vlug. Hulle hol toe na ’n klipspelonk, en dit geluk hul toe om daarin te kruip. Maar die Wind waai so geweldig in die klipgrot dat die twee nouwliks hulle asem kon krij—hulle dwing toe net om te versmoor.Die twee moeders sien toe dat hulle twee kinders in groot gevaar verkeer en weet somaar dat die kinders dieWind kwaad gemaak het. Hulle neem bossies wat ’n aangename ruik gee as dit gebrand word, en hulle brand dié; ook neem hulle fijn boegoe en strooi dit in die Wind, wat net waai in die rigting van die kinders en wat nie waai waar die ander mense staan en sit nie. Die Wind krij toe die aangename ruik en bedaar. Ook het die moeders deur sing en musiek die Wind weet te kalmeer en in ’n aangename stemming te bring.En toe eers kon die kinders uit die klipgrot kom.Daarop het hulle moeders hulle vertel dat die Wind net soos ’n Hond is: noem jij sij naam, dan luister hij: praat jij mooi met die Hond, dan kwispel hij met sij stert. Maar spreek jij daardie Hond kwaai aan en gooi jij hom met klippe, of slaan hom, dan knor hij en vlie jou in.Van toe af weet die mense om nie roekloos met die Wind om te gaan nie en om hom te respekteer.

OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel dat die Wind die gedaante van ’n Voël aangeneem het en nou in ’n gat in die berge woon. Ook word die menslike Gees as Wind voorgestel: Dieselfde geloof het die Kaffers ook, wat Wind en Geest met die een woord I-moya uitdruk.

’Kou, die oudste van die drie Dogters, is in Berge verander geword; haar man, die seun van die Hotnotsgod, is in ’n Voël, of Windvoël vervorm geword. Hij het toe in ’n gat in ’n klipkrans in die berge gaan woon. Dis niemand geraai om nabij die gat waarin die Wind woon, te gaan nie. In dié gat is ’n groot gedruis. Sodra iemand nabij die gat kom, dan waai daaruit ’n geweldige Wind, wat daardie een teen die grond smijt, om sij oë met sand en stof te vul. Of anders dwarrel die Warrelwind daardie een op, op, op in die lug, dra hom vér weg en laat hom bo uit die lug val. Dan gaan die kwaadgemaakte Wind rond en waai al die hutte waarin die ander mense woon, aan flenters en voer die bossies, matte of velle daarvan vér weg dat die eienaars dit nie gouw weer kan krij nie. So pas op! om die Wind nie kwaad te maak nie, of om te nabij sij huis te gaan nie.

Maar die Wind was eers ’n mens, ’n man uit die ougeslag. Hij het eers op sij voete rondgeloop net soos die ander mense; toe was hij stil en het met hulle saam gespeelen gejag. Hij het met kieries en klippe gegooi, of hij het met pijl en boog geskiet. Hij het gesing en gedans nes die ander mense.

Maar toe hij ’n Voël geword het, het hij nie meer geloop nie, maar het net gevlie om sij kos te soek.

As hij stadig met sij vlerke klap, dan blaas die wind saggies; as hij vinniger klap, dan waai die wind sterk; maar as die Voël hom op die grond gaan plat gooi, om met sij voete te skop en krap en dan met sij vlerke woes die sand en stof opklop, dan trek die banke stof, die bome buig en kraak, en die lugstroom smijt alles omver waarmee dit in aanraking kom. Die Boesmans sê: Die Wind waai sterk as die Voël sit.

Wil die Voël ’n warrelwind laat opkom, dan staan hij met sij pote op die grond, krap die grond los en draai vinnig met sij oop vlerke in die rondte. Dan kan ’n mens ’n pilaar stof in die lug sien optrek en ronddraai.

As die mense die Voël kwaad gemaak het, dan klap hij vir dae agtereen met sij vlerke om die wind ver oor berge, vlaktes en seewaters te stuur. Maar het die mense hom met rus gelaat, dan keer hij terug na die gat waar hij woon en gaan daarin slaap tot iemand hom weer moveer, of kom skrik maak. So pas op! Moenie die Wind skrik maak nie.

Die Windvoël stuur ook sij wind tot binne in die mense en diere. Neem hij die wind van die mense en diere weg, dan sterf so-een, en dan sal daar nooit weer asem in die mond en neus van daar die een kom nie. Die Wind is die Gees wat in die mense woon.

Iemand moet oppas dat hij nooit die naam van die Voël noem nie—vernaamlik as die Voël nabij is; want die Voël wil nie dat iemand somaar sleg van hom moet praat nie.

So was daar eendag twee opgegroeide kinders wat oor die Voël sit en gesels het. Die Voël kom daar nabij sit en luister na alles. Een van hulle sien die Voël sit, hij vat sij boog en skiet na die Voël. Die ander vat ’n kierie en klippe en gooi na die Voël. Dog geeneen van hulle kon die Windvoël raak nie. Die Voël blij sit tot hulle ophou om oor hom te gesels, en toe eers vlie hij uit sij eie weg.

Maar wat gebeur toe daarop?

Die Windvoël laat toe eers ’n donker stof in die verte aankom. Daardie stof peil reguit na daardie twee kinders toe. Die warrelwind grijp die twee, laat hul eers op hulle koppe staan en draai hul nes tolle in die rondte. Daarop los die Wind hulle, waarop die twee die vlug neem. Die Wind agtervolg hul en drijf hul met woede voort. Hulle vlug agter bome in; maar die Wind breek die boomtakke bo hulle koppe, sodat hulle lewe in gevaar kom. So moet hulle weer vlug en skuiling agter rotse gaan soek. Maar toe waai die Wind om die rotse heen en smijt sand en klippies in hulle gesigte. Dus moes hulle weer vlug. Hulle hol toe na ’n klipspelonk, en dit geluk hul toe om daarin te kruip. Maar die Wind waai so geweldig in die klipgrot dat die twee nouwliks hulle asem kon krij—hulle dwing toe net om te versmoor.

Die twee moeders sien toe dat hulle twee kinders in groot gevaar verkeer en weet somaar dat die kinders dieWind kwaad gemaak het. Hulle neem bossies wat ’n aangename ruik gee as dit gebrand word, en hulle brand dié; ook neem hulle fijn boegoe en strooi dit in die Wind, wat net waai in die rigting van die kinders en wat nie waai waar die ander mense staan en sit nie. Die Wind krij toe die aangename ruik en bedaar. Ook het die moeders deur sing en musiek die Wind weet te kalmeer en in ’n aangename stemming te bring.

En toe eers kon die kinders uit die klipgrot kom.

Daarop het hulle moeders hulle vertel dat die Wind net soos ’n Hond is: noem jij sij naam, dan luister hij: praat jij mooi met die Hond, dan kwispel hij met sij stert. Maar spreek jij daardie Hond kwaai aan en gooi jij hom met klippe, of slaan hom, dan knor hij en vlie jou in.

Van toe af weet die mense om nie roekloos met die Wind om te gaan nie en om hom te respekteer.

Back to IndexNext