No. 5.Die Weerklank, of Echo.OPMERKINGS:—In hierdie Storie word die Weerklank voorgestel as ’n Gees wat mense bedrieg, bespot en weglok.Die Weerklank, of Echo, is die dogter van die Berge—haar pa is die Wind, wat deur sij dogter spreek. Sij is ’n spotter, wat van korswil nooit moeg word nie. Die een wat sij uitkoggel, sal moeg en kwaad word, maar die Weerklank nooit nie! Hoe meer iemand lag of huil, sing of skel, hoe mooier dit vir haar is. Sonder een woord uit te laat, sê sij as sij alleen is, alles na wat ’n ander uiter.Sij woon daar bij haar ma in die berge: in die diep klowe waar klipkranse en afgronde is, daar is sij altijd te vinde. Ofskoon sij lank kan stilblij en nooit uit haar eie gesels nie, slaap sij nooit nie; want roep iemand, dan gee sij dadelik antwoord; sij is altijd wakker.Die man wat eerste Musiek uitgevind het, se naam is Speelman. Hij het vir hom verskillende trompetters van Wildhorings gemaak. Van fluitjiesriet het hij fluite gemaak. Snaarinstrumente het hij van snare van Wildderms gemaak. Selfs ’n tamboer het nie makeer nie: hij het ’n pot geneem en het daaroor ’n Springbokvel getrek waarvan die hare afgemaak was. Speelman kon o, so mooi sing en speel. Daarom het hij iemand gesoek wat ook net so pragtig kan sing en speel as hij; maar hij kon die persoon nie vind nie.Die mense vertel hom toe dat daar in die klowe so ’n mooi jongmeid woon, wat net so mooi kan sing en speel. Haar naam is Weerklank—ander noem haar Echo.Speelman stap toe na daardie klowe in diebergetoe. Hij begin op sij wildhoring te blaas, en toe hij antwoord krij, begin hij te sing. Was hij nie verwonderd nie toe hij hoor dat Echo nog mooier as hij kan sing? Want ’n weerklank klink altijd mooier as die stem wat dit weerkaats.Hij roep: “Waar is jij!”Die antwoord kom: “Waar is jij?”Hij antwoord: “Hier is ek; kom jij hiernatoe!”Die Echo roep: “Hier is ek; kom jij hiernatoe!”Speelman staan op en loop daarnatoe. Onderwijl speel hij op sij ramkie. Maar toe hij nader bij die plek kom, toe verplaas die klank haar en gee antwoord van glad ’n ander krans af. Die musiek van die Weerklank was vir hom te mooi.Hij roep: “Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!”Sij roep: “Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!”Hij gaan sit en wag en hou aan sing en speel. Maar nou hoor Speelman dat die stem van meer as een plek kom. Dit maak hom nog meer nuwsgierig en ongeduldig. En wat nog meer sij nuwsgierigheid en geduld op die proef stel, is dat die stemme glad nie nader kom nie, maar blij waar dit is.Nou weet hij glad nie hoe hij dit het nie.Hij begin toe agter die lokstemme aan te stap. Hoe nader hij kom, hoe verder uitmekaar die stemme gaan—dan hoor hij een stem, dan twee, dan drie en dan meer. Hij gee nie moed op nie en hou aan stap. Hij dwaal toe so ver weg tussen die klowe en gebergtes dat hij eindelik in die gramadoelas1te lande kom om daar te verdwaal.Wel, in sulke gramadoelas het Speelman te lande gekom. Stemme ontbreek nou nie. Die Echo laat haar steeds hoor; maar aan die gebrul van Leeuws, gehuil van Wolwe, getjank van Jakhalse en geblaf van Bobiane ontbreek dit nie—om nie eens van die gehoehoe van Uile te praat nie.Toe, vir die eerste maal, gevoel Speelman hom in ’n benarde toestand. Hij maak toe plan om terug te keer.Maar watter kant toe nou?Hij het toe begin te dwaal en verdwaal. Die eerste wat hom teëkom, was ’n trop Bobiane. Die ou voorman van hulle vra aan Speelman wat hij daar op hulle veld kom soek. Die Bobiaanwijfies roep uit: “Snij sij bene af en gee dié aan ons, dat ons ook kan regop loop.” Die Bobiaankinders roep uit: “Snij sij kop af, dat ons daarmee bal-bal kan speel; want dit lijk of dit nie kan breek nie.”Versigtig stap Speelman agteruit tot hij bij ’n boom kom en so gouw as ’n kat klim hij daarin. Die voormanne van die Bobiane storm die boom; dog Speelman vat sij groot wildhoring en blaas so hard daarop dat die klowe daarvan weergalm. Die Bobiaankinders sit ’n keel op,hol weg en skree dat die berge wou vergaan. Die Bobiaanwijfies vlug agter hulle kinders aan, en al die ander volg en spaander die rant oor.Toe klim Speelman uit die boom en vlug. Hij moes toe sij weg baan deur Tiere, Wolwe en Jakhalse, wat algaar dreig om hom te verskeur. Maar geeneen durf aan hom vat as hij op sij musiekinstrumente blaas of speel nie.Hij was moeg, honger, dors en uitgeput en gaan toe sit en rus; dog ongelukkig val hij in slaap. Toe hij wakker skrik, het ’n Leeuw hom aan sij toegedraaide karos. Speelman hou asem op en maak of hij dood is.Die Leeuw dra hom toe weg om hom aan sij kinders te gee. Maar die Leeuw word moeg van dra en gaan toe rus. Hij lê Speelman op die grond neer, maar kijk eers goed of hij wel regtig dood is. Daarop gaan die Leeuw op ’n kort afstand agter ’n klip staan en loer om die hoekie of Speelman nie roer nie. Maar Speelman het wel effe sij kop gedraai om te kijk wat die Leeuw nou wil maak. Die Leeuw kom terug en draai Speelman se kop weer soos dit gelê het en hij gaan toe weer agter daardie groot rots staan en loer—want dis die ou gewoonte van Leeuws om soiets te doen om uit te vind of die een regtig dood is.Speelman draai toe sij kop effe, net dat hij met een oog kan sien wat die plan van die Leeuw is.Die Leeuw stap verder en staan weer bo oor ’n rantjie te loer. Hij stap weg, maar kom dadelik gouw weer terug om te loer. Speelman lê nog stil. Maar toe die Leeuw verdwijn en so lank nie kom kijk nie, spring Speelman op, klouter ’n steil krans uit en verdwijn aan die anderkantvan die rantjie. Toe die Leeuw met sij kinders terugkom, was Speelman baie weg.Die Leeuw kon die spore van Speelman oor die steil kranse nie volg nie, en so het Speelman vrijgekom.En na lank rondgedwaal te hê, het Speelman sij huis bereik.Op hierdie manier het die Weerklank baie mense wat die Echo nie ken nie, verlei en het hul nes blinde laat ronddwaal en verdwaal tot iemand die verdwaaldes weer tereg help.1Die woord gramadoelas is ’n Afrikaanse woord, wat beteken ’n aaneengeskakelde, woeste en onbewoonde gebergte, waar ’n mens net sien koppe, rante, klowe, kranse, afgronde en houtbosse, wat algaar met ’n blouwkristalhemelgewelf oordek is.↑

No. 5.Die Weerklank, of Echo.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word die Weerklank voorgestel as ’n Gees wat mense bedrieg, bespot en weglok.Die Weerklank, of Echo, is die dogter van die Berge—haar pa is die Wind, wat deur sij dogter spreek. Sij is ’n spotter, wat van korswil nooit moeg word nie. Die een wat sij uitkoggel, sal moeg en kwaad word, maar die Weerklank nooit nie! Hoe meer iemand lag of huil, sing of skel, hoe mooier dit vir haar is. Sonder een woord uit te laat, sê sij as sij alleen is, alles na wat ’n ander uiter.Sij woon daar bij haar ma in die berge: in die diep klowe waar klipkranse en afgronde is, daar is sij altijd te vinde. Ofskoon sij lank kan stilblij en nooit uit haar eie gesels nie, slaap sij nooit nie; want roep iemand, dan gee sij dadelik antwoord; sij is altijd wakker.Die man wat eerste Musiek uitgevind het, se naam is Speelman. Hij het vir hom verskillende trompetters van Wildhorings gemaak. Van fluitjiesriet het hij fluite gemaak. Snaarinstrumente het hij van snare van Wildderms gemaak. Selfs ’n tamboer het nie makeer nie: hij het ’n pot geneem en het daaroor ’n Springbokvel getrek waarvan die hare afgemaak was. Speelman kon o, so mooi sing en speel. Daarom het hij iemand gesoek wat ook net so pragtig kan sing en speel as hij; maar hij kon die persoon nie vind nie.Die mense vertel hom toe dat daar in die klowe so ’n mooi jongmeid woon, wat net so mooi kan sing en speel. Haar naam is Weerklank—ander noem haar Echo.Speelman stap toe na daardie klowe in diebergetoe. Hij begin op sij wildhoring te blaas, en toe hij antwoord krij, begin hij te sing. Was hij nie verwonderd nie toe hij hoor dat Echo nog mooier as hij kan sing? Want ’n weerklank klink altijd mooier as die stem wat dit weerkaats.Hij roep: “Waar is jij!”Die antwoord kom: “Waar is jij?”Hij antwoord: “Hier is ek; kom jij hiernatoe!”Die Echo roep: “Hier is ek; kom jij hiernatoe!”Speelman staan op en loop daarnatoe. Onderwijl speel hij op sij ramkie. Maar toe hij nader bij die plek kom, toe verplaas die klank haar en gee antwoord van glad ’n ander krans af. Die musiek van die Weerklank was vir hom te mooi.Hij roep: “Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!”Sij roep: “Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!”Hij gaan sit en wag en hou aan sing en speel. Maar nou hoor Speelman dat die stem van meer as een plek kom. Dit maak hom nog meer nuwsgierig en ongeduldig. En wat nog meer sij nuwsgierigheid en geduld op die proef stel, is dat die stemme glad nie nader kom nie, maar blij waar dit is.Nou weet hij glad nie hoe hij dit het nie.Hij begin toe agter die lokstemme aan te stap. Hoe nader hij kom, hoe verder uitmekaar die stemme gaan—dan hoor hij een stem, dan twee, dan drie en dan meer. Hij gee nie moed op nie en hou aan stap. Hij dwaal toe so ver weg tussen die klowe en gebergtes dat hij eindelik in die gramadoelas1te lande kom om daar te verdwaal.Wel, in sulke gramadoelas het Speelman te lande gekom. Stemme ontbreek nou nie. Die Echo laat haar steeds hoor; maar aan die gebrul van Leeuws, gehuil van Wolwe, getjank van Jakhalse en geblaf van Bobiane ontbreek dit nie—om nie eens van die gehoehoe van Uile te praat nie.Toe, vir die eerste maal, gevoel Speelman hom in ’n benarde toestand. Hij maak toe plan om terug te keer.Maar watter kant toe nou?Hij het toe begin te dwaal en verdwaal. Die eerste wat hom teëkom, was ’n trop Bobiane. Die ou voorman van hulle vra aan Speelman wat hij daar op hulle veld kom soek. Die Bobiaanwijfies roep uit: “Snij sij bene af en gee dié aan ons, dat ons ook kan regop loop.” Die Bobiaankinders roep uit: “Snij sij kop af, dat ons daarmee bal-bal kan speel; want dit lijk of dit nie kan breek nie.”Versigtig stap Speelman agteruit tot hij bij ’n boom kom en so gouw as ’n kat klim hij daarin. Die voormanne van die Bobiane storm die boom; dog Speelman vat sij groot wildhoring en blaas so hard daarop dat die klowe daarvan weergalm. Die Bobiaankinders sit ’n keel op,hol weg en skree dat die berge wou vergaan. Die Bobiaanwijfies vlug agter hulle kinders aan, en al die ander volg en spaander die rant oor.Toe klim Speelman uit die boom en vlug. Hij moes toe sij weg baan deur Tiere, Wolwe en Jakhalse, wat algaar dreig om hom te verskeur. Maar geeneen durf aan hom vat as hij op sij musiekinstrumente blaas of speel nie.Hij was moeg, honger, dors en uitgeput en gaan toe sit en rus; dog ongelukkig val hij in slaap. Toe hij wakker skrik, het ’n Leeuw hom aan sij toegedraaide karos. Speelman hou asem op en maak of hij dood is.Die Leeuw dra hom toe weg om hom aan sij kinders te gee. Maar die Leeuw word moeg van dra en gaan toe rus. Hij lê Speelman op die grond neer, maar kijk eers goed of hij wel regtig dood is. Daarop gaan die Leeuw op ’n kort afstand agter ’n klip staan en loer om die hoekie of Speelman nie roer nie. Maar Speelman het wel effe sij kop gedraai om te kijk wat die Leeuw nou wil maak. Die Leeuw kom terug en draai Speelman se kop weer soos dit gelê het en hij gaan toe weer agter daardie groot rots staan en loer—want dis die ou gewoonte van Leeuws om soiets te doen om uit te vind of die een regtig dood is.Speelman draai toe sij kop effe, net dat hij met een oog kan sien wat die plan van die Leeuw is.Die Leeuw stap verder en staan weer bo oor ’n rantjie te loer. Hij stap weg, maar kom dadelik gouw weer terug om te loer. Speelman lê nog stil. Maar toe die Leeuw verdwijn en so lank nie kom kijk nie, spring Speelman op, klouter ’n steil krans uit en verdwijn aan die anderkantvan die rantjie. Toe die Leeuw met sij kinders terugkom, was Speelman baie weg.Die Leeuw kon die spore van Speelman oor die steil kranse nie volg nie, en so het Speelman vrijgekom.En na lank rondgedwaal te hê, het Speelman sij huis bereik.Op hierdie manier het die Weerklank baie mense wat die Echo nie ken nie, verlei en het hul nes blinde laat ronddwaal en verdwaal tot iemand die verdwaaldes weer tereg help.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word die Weerklank voorgestel as ’n Gees wat mense bedrieg, bespot en weglok.
Die Weerklank, of Echo, is die dogter van die Berge—haar pa is die Wind, wat deur sij dogter spreek. Sij is ’n spotter, wat van korswil nooit moeg word nie. Die een wat sij uitkoggel, sal moeg en kwaad word, maar die Weerklank nooit nie! Hoe meer iemand lag of huil, sing of skel, hoe mooier dit vir haar is. Sonder een woord uit te laat, sê sij as sij alleen is, alles na wat ’n ander uiter.
Sij woon daar bij haar ma in die berge: in die diep klowe waar klipkranse en afgronde is, daar is sij altijd te vinde. Ofskoon sij lank kan stilblij en nooit uit haar eie gesels nie, slaap sij nooit nie; want roep iemand, dan gee sij dadelik antwoord; sij is altijd wakker.
Die man wat eerste Musiek uitgevind het, se naam is Speelman. Hij het vir hom verskillende trompetters van Wildhorings gemaak. Van fluitjiesriet het hij fluite gemaak. Snaarinstrumente het hij van snare van Wildderms gemaak. Selfs ’n tamboer het nie makeer nie: hij het ’n pot geneem en het daaroor ’n Springbokvel getrek waarvan die hare afgemaak was. Speelman kon o, so mooi sing en speel. Daarom het hij iemand gesoek wat ook net so pragtig kan sing en speel as hij; maar hij kon die persoon nie vind nie.
Die mense vertel hom toe dat daar in die klowe so ’n mooi jongmeid woon, wat net so mooi kan sing en speel. Haar naam is Weerklank—ander noem haar Echo.
Speelman stap toe na daardie klowe in diebergetoe. Hij begin op sij wildhoring te blaas, en toe hij antwoord krij, begin hij te sing. Was hij nie verwonderd nie toe hij hoor dat Echo nog mooier as hij kan sing? Want ’n weerklank klink altijd mooier as die stem wat dit weerkaats.
Hij roep: “Waar is jij!”
Die antwoord kom: “Waar is jij?”
Hij antwoord: “Hier is ek; kom jij hiernatoe!”
Die Echo roep: “Hier is ek; kom jij hiernatoe!”
Speelman staan op en loop daarnatoe. Onderwijl speel hij op sij ramkie. Maar toe hij nader bij die plek kom, toe verplaas die klank haar en gee antwoord van glad ’n ander krans af. Die musiek van die Weerklank was vir hom te mooi.
Hij roep: “Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!”
Sij roep: “Waarheen loop jij nou? Wag, ek kom na jou toe!”
Hij gaan sit en wag en hou aan sing en speel. Maar nou hoor Speelman dat die stem van meer as een plek kom. Dit maak hom nog meer nuwsgierig en ongeduldig. En wat nog meer sij nuwsgierigheid en geduld op die proef stel, is dat die stemme glad nie nader kom nie, maar blij waar dit is.
Nou weet hij glad nie hoe hij dit het nie.
Hij begin toe agter die lokstemme aan te stap. Hoe nader hij kom, hoe verder uitmekaar die stemme gaan—dan hoor hij een stem, dan twee, dan drie en dan meer. Hij gee nie moed op nie en hou aan stap. Hij dwaal toe so ver weg tussen die klowe en gebergtes dat hij eindelik in die gramadoelas1te lande kom om daar te verdwaal.
Wel, in sulke gramadoelas het Speelman te lande gekom. Stemme ontbreek nou nie. Die Echo laat haar steeds hoor; maar aan die gebrul van Leeuws, gehuil van Wolwe, getjank van Jakhalse en geblaf van Bobiane ontbreek dit nie—om nie eens van die gehoehoe van Uile te praat nie.
Toe, vir die eerste maal, gevoel Speelman hom in ’n benarde toestand. Hij maak toe plan om terug te keer.
Maar watter kant toe nou?
Hij het toe begin te dwaal en verdwaal. Die eerste wat hom teëkom, was ’n trop Bobiane. Die ou voorman van hulle vra aan Speelman wat hij daar op hulle veld kom soek. Die Bobiaanwijfies roep uit: “Snij sij bene af en gee dié aan ons, dat ons ook kan regop loop.” Die Bobiaankinders roep uit: “Snij sij kop af, dat ons daarmee bal-bal kan speel; want dit lijk of dit nie kan breek nie.”
Versigtig stap Speelman agteruit tot hij bij ’n boom kom en so gouw as ’n kat klim hij daarin. Die voormanne van die Bobiane storm die boom; dog Speelman vat sij groot wildhoring en blaas so hard daarop dat die klowe daarvan weergalm. Die Bobiaankinders sit ’n keel op,hol weg en skree dat die berge wou vergaan. Die Bobiaanwijfies vlug agter hulle kinders aan, en al die ander volg en spaander die rant oor.
Toe klim Speelman uit die boom en vlug. Hij moes toe sij weg baan deur Tiere, Wolwe en Jakhalse, wat algaar dreig om hom te verskeur. Maar geeneen durf aan hom vat as hij op sij musiekinstrumente blaas of speel nie.
Hij was moeg, honger, dors en uitgeput en gaan toe sit en rus; dog ongelukkig val hij in slaap. Toe hij wakker skrik, het ’n Leeuw hom aan sij toegedraaide karos. Speelman hou asem op en maak of hij dood is.
Die Leeuw dra hom toe weg om hom aan sij kinders te gee. Maar die Leeuw word moeg van dra en gaan toe rus. Hij lê Speelman op die grond neer, maar kijk eers goed of hij wel regtig dood is. Daarop gaan die Leeuw op ’n kort afstand agter ’n klip staan en loer om die hoekie of Speelman nie roer nie. Maar Speelman het wel effe sij kop gedraai om te kijk wat die Leeuw nou wil maak. Die Leeuw kom terug en draai Speelman se kop weer soos dit gelê het en hij gaan toe weer agter daardie groot rots staan en loer—want dis die ou gewoonte van Leeuws om soiets te doen om uit te vind of die een regtig dood is.
Speelman draai toe sij kop effe, net dat hij met een oog kan sien wat die plan van die Leeuw is.
Die Leeuw stap verder en staan weer bo oor ’n rantjie te loer. Hij stap weg, maar kom dadelik gouw weer terug om te loer. Speelman lê nog stil. Maar toe die Leeuw verdwijn en so lank nie kom kijk nie, spring Speelman op, klouter ’n steil krans uit en verdwijn aan die anderkantvan die rantjie. Toe die Leeuw met sij kinders terugkom, was Speelman baie weg.
Die Leeuw kon die spore van Speelman oor die steil kranse nie volg nie, en so het Speelman vrijgekom.
En na lank rondgedwaal te hê, het Speelman sij huis bereik.
Op hierdie manier het die Weerklank baie mense wat die Echo nie ken nie, verlei en het hul nes blinde laat ronddwaal en verdwaal tot iemand die verdwaaldes weer tereg help.
1Die woord gramadoelas is ’n Afrikaanse woord, wat beteken ’n aaneengeskakelde, woeste en onbewoonde gebergte, waar ’n mens net sien koppe, rante, klowe, kranse, afgronde en houtbosse, wat algaar met ’n blouwkristalhemelgewelf oordek is.↑