No. 6.Die Vlaktes is die tweede Dogter.OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe Grond en die Vlaktes ontstaan het. Ons ou verteller het die Grond altijd’Kaungenoem—dis so na as ons die uitspraak kan opskrijwe, want bijna iedere Boesmanwoord word met ’n klik van die tong uitgespreek, en daarbij kom nog so baie ander klanke, waarvoor ons a, b, c nie toereikend is nie.Die tweede Dogter van’Gaen’Gagenhet met haar man in hutte van matjiesgoed gemaak, gaan woon; want sij was baie knap om matte te maak. Die betowerende invloed van die snoer kalbassies wat om haar nek gehang het, het baie soorte plante en vrugte in haar buurte laat groei; so was daar baie matjiesgoed om matte van te maak.Die snoer van kalbassies het gemaak dat’Kaun, die tweede Dogter, glad nie lus vir vleis gekrij het nie. Daar om haar heen in die veld het ’n oorvloed van eetbare veldvrugte en veldwortels gegroei, sodat sij nie ver hoef te gaan om genoeg kos te krij nie. Dit het haar ook lui gemaak, sodat sij, nes haar oudste suster, naderhand niks meer wou doen nie. Haar man moes toe ook vir alles sorg. Hij het aldag gaan jag en het genoeg wildvleis vir hom en hulle kind gebring; maar vir’Kaunmoes hij altijd net veldkos bring.Eendag, toe die man weg was om vir hulle kos tegaan soek, kom daar ’n Boom, wat aan die kind vra waar sij ma,’Kaun, is. Hij sê dat’Kaun’n snoer kalbassies om haar nek dra, waarvan die touwtjie waarmee dit vasgeknoop is, van die binnenste bas van die stam van sij broer gemaak is, en nou wil die kaal plek aan die stam vrot en sij broer wil doodgaan. Hij eis die touwtjie om die kaal plek aan die stam mee te gaan reg dokter.Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, toe sê die Boom, wat ook een van die mense van die ougeslag is, dat hij die volgende dag met ’n hele Houtbos van Bome sal kom om die touwtjie van’Kaunhaar nek af te skeur.Toe die vader thuis kom, vertel die seun alles aan sij pa wat die Boom gesê het, hij soebat sij pa om tog nie die volgende dag van huis te gaan nie, want sij ma is bang.Gouw stap die man weer veld-toe om baie kos vir die volgende dag te gaan haal, sodat hulle nie nodig sal hê om honger te lij as die Bome hulle op een plek vaskeer nie.Die volgende dag kom daar ’n hele Houtbos aan saam met die Boom en hulle stel weer hulle eis om daardie touwtjie, waarmee die kalbassies om’Kaunhaar nek gebind was, te krij. Die man weier, en die Bome, met ’n groot gedruis, word net opstandig en maak ’n lawaai.Die Hotnotsgod, wat daar nabij aan ’n takkie gesit het, aanskouw en luister na alles wat daar gebeur. Hij verander toe die man, wat sij eie seun is, in ’n groot Vuur en die kind verander hij in ’n Opgewing, of Lugspiegeling. Die Bome word toe bang vir die geweldige vlamme van die Vuur en hulle spaander die veld in. En die Opgewing, wat bokant die vlamme dans, tesame met die rook, laat dieVuur nog afgrijsliker lijk, sodat die Bome nooit weer oor daardie touwtjie, van die binnebas gemaak, kom pla het nie.In hulle vlug roep die Bome terug dat hulle vir’Kaunnooit met rus sal laat nie; hulle sal op haar graf kom trap en sal hulle wortels diep in die graf laat ingroei.’Kaunword bij die dag luier en wil niks anders doen as net slaap nie. Sij krij ’n pijn om haar hals en toe sij wakker skrik van die pijn, het die pitjies en saadjies wat in die kalbassies is om die geraas te maak, begin te groei en het hulle wortels deur die hals in die lijf van’Kaunlaat groei. Niemand kon toe hieraan iets meer doen nie, so het’Kaunaan slaap geraak en het toe in die Vlaktes verander en sij slaap, slaap, slaap vandag nog voort. En die Bome, tesame met bossies en gras, groei orals oor die Vlaktes; want hulle het gesê dat hul die graf van’Kaunnie sal respekteer nie. Daarom is dit tot vandag toe nog dat die wortels van Bome so graag ’n toegedekte graf binnedring om hulle om die doodsbeendere te vleg.’Kaun, die Vlaktes, is nie dood nie, maar sij slaap net; die Bome, bossies en gras groei daarop en put gedurig krag daaruit; maar heeltemaal dood krij vir die Vlaktes is min! Solank as daar ’n wêreld sal wees, sal daar Vlaktes wees. En solank as daar Vlaktes is, sal daar Bome, bossies en gras op groei.Gedurig werp die veldgewasse hulle sade op die Gronde, en die sade ontkiem en groei, net soos die pitjies wat in die kalbassies was, en stuur hulle wortels diep in die hals van die Aarde, naamlik in die hals van’Kaun.

No. 6.Die Vlaktes is die tweede Dogter.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe Grond en die Vlaktes ontstaan het. Ons ou verteller het die Grond altijd’Kaungenoem—dis so na as ons die uitspraak kan opskrijwe, want bijna iedere Boesmanwoord word met ’n klik van die tong uitgespreek, en daarbij kom nog so baie ander klanke, waarvoor ons a, b, c nie toereikend is nie.Die tweede Dogter van’Gaen’Gagenhet met haar man in hutte van matjiesgoed gemaak, gaan woon; want sij was baie knap om matte te maak. Die betowerende invloed van die snoer kalbassies wat om haar nek gehang het, het baie soorte plante en vrugte in haar buurte laat groei; so was daar baie matjiesgoed om matte van te maak.Die snoer van kalbassies het gemaak dat’Kaun, die tweede Dogter, glad nie lus vir vleis gekrij het nie. Daar om haar heen in die veld het ’n oorvloed van eetbare veldvrugte en veldwortels gegroei, sodat sij nie ver hoef te gaan om genoeg kos te krij nie. Dit het haar ook lui gemaak, sodat sij, nes haar oudste suster, naderhand niks meer wou doen nie. Haar man moes toe ook vir alles sorg. Hij het aldag gaan jag en het genoeg wildvleis vir hom en hulle kind gebring; maar vir’Kaunmoes hij altijd net veldkos bring.Eendag, toe die man weg was om vir hulle kos tegaan soek, kom daar ’n Boom, wat aan die kind vra waar sij ma,’Kaun, is. Hij sê dat’Kaun’n snoer kalbassies om haar nek dra, waarvan die touwtjie waarmee dit vasgeknoop is, van die binnenste bas van die stam van sij broer gemaak is, en nou wil die kaal plek aan die stam vrot en sij broer wil doodgaan. Hij eis die touwtjie om die kaal plek aan die stam mee te gaan reg dokter.Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, toe sê die Boom, wat ook een van die mense van die ougeslag is, dat hij die volgende dag met ’n hele Houtbos van Bome sal kom om die touwtjie van’Kaunhaar nek af te skeur.Toe die vader thuis kom, vertel die seun alles aan sij pa wat die Boom gesê het, hij soebat sij pa om tog nie die volgende dag van huis te gaan nie, want sij ma is bang.Gouw stap die man weer veld-toe om baie kos vir die volgende dag te gaan haal, sodat hulle nie nodig sal hê om honger te lij as die Bome hulle op een plek vaskeer nie.Die volgende dag kom daar ’n hele Houtbos aan saam met die Boom en hulle stel weer hulle eis om daardie touwtjie, waarmee die kalbassies om’Kaunhaar nek gebind was, te krij. Die man weier, en die Bome, met ’n groot gedruis, word net opstandig en maak ’n lawaai.Die Hotnotsgod, wat daar nabij aan ’n takkie gesit het, aanskouw en luister na alles wat daar gebeur. Hij verander toe die man, wat sij eie seun is, in ’n groot Vuur en die kind verander hij in ’n Opgewing, of Lugspiegeling. Die Bome word toe bang vir die geweldige vlamme van die Vuur en hulle spaander die veld in. En die Opgewing, wat bokant die vlamme dans, tesame met die rook, laat dieVuur nog afgrijsliker lijk, sodat die Bome nooit weer oor daardie touwtjie, van die binnebas gemaak, kom pla het nie.In hulle vlug roep die Bome terug dat hulle vir’Kaunnooit met rus sal laat nie; hulle sal op haar graf kom trap en sal hulle wortels diep in die graf laat ingroei.’Kaunword bij die dag luier en wil niks anders doen as net slaap nie. Sij krij ’n pijn om haar hals en toe sij wakker skrik van die pijn, het die pitjies en saadjies wat in die kalbassies is om die geraas te maak, begin te groei en het hulle wortels deur die hals in die lijf van’Kaunlaat groei. Niemand kon toe hieraan iets meer doen nie, so het’Kaunaan slaap geraak en het toe in die Vlaktes verander en sij slaap, slaap, slaap vandag nog voort. En die Bome, tesame met bossies en gras, groei orals oor die Vlaktes; want hulle het gesê dat hul die graf van’Kaunnie sal respekteer nie. Daarom is dit tot vandag toe nog dat die wortels van Bome so graag ’n toegedekte graf binnedring om hulle om die doodsbeendere te vleg.’Kaun, die Vlaktes, is nie dood nie, maar sij slaap net; die Bome, bossies en gras groei daarop en put gedurig krag daaruit; maar heeltemaal dood krij vir die Vlaktes is min! Solank as daar ’n wêreld sal wees, sal daar Vlaktes wees. En solank as daar Vlaktes is, sal daar Bome, bossies en gras op groei.Gedurig werp die veldgewasse hulle sade op die Gronde, en die sade ontkiem en groei, net soos die pitjies wat in die kalbassies was, en stuur hulle wortels diep in die hals van die Aarde, naamlik in die hals van’Kaun.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel hoe Grond en die Vlaktes ontstaan het. Ons ou verteller het die Grond altijd’Kaungenoem—dis so na as ons die uitspraak kan opskrijwe, want bijna iedere Boesmanwoord word met ’n klik van die tong uitgespreek, en daarbij kom nog so baie ander klanke, waarvoor ons a, b, c nie toereikend is nie.
Die tweede Dogter van’Gaen’Gagenhet met haar man in hutte van matjiesgoed gemaak, gaan woon; want sij was baie knap om matte te maak. Die betowerende invloed van die snoer kalbassies wat om haar nek gehang het, het baie soorte plante en vrugte in haar buurte laat groei; so was daar baie matjiesgoed om matte van te maak.
Die snoer van kalbassies het gemaak dat’Kaun, die tweede Dogter, glad nie lus vir vleis gekrij het nie. Daar om haar heen in die veld het ’n oorvloed van eetbare veldvrugte en veldwortels gegroei, sodat sij nie ver hoef te gaan om genoeg kos te krij nie. Dit het haar ook lui gemaak, sodat sij, nes haar oudste suster, naderhand niks meer wou doen nie. Haar man moes toe ook vir alles sorg. Hij het aldag gaan jag en het genoeg wildvleis vir hom en hulle kind gebring; maar vir’Kaunmoes hij altijd net veldkos bring.
Eendag, toe die man weg was om vir hulle kos tegaan soek, kom daar ’n Boom, wat aan die kind vra waar sij ma,’Kaun, is. Hij sê dat’Kaun’n snoer kalbassies om haar nek dra, waarvan die touwtjie waarmee dit vasgeknoop is, van die binnenste bas van die stam van sij broer gemaak is, en nou wil die kaal plek aan die stam vrot en sij broer wil doodgaan. Hij eis die touwtjie om die kaal plek aan die stam mee te gaan reg dokter.
Die kind wou nie vertel waar sij ma is nie, toe sê die Boom, wat ook een van die mense van die ougeslag is, dat hij die volgende dag met ’n hele Houtbos van Bome sal kom om die touwtjie van’Kaunhaar nek af te skeur.
Toe die vader thuis kom, vertel die seun alles aan sij pa wat die Boom gesê het, hij soebat sij pa om tog nie die volgende dag van huis te gaan nie, want sij ma is bang.
Gouw stap die man weer veld-toe om baie kos vir die volgende dag te gaan haal, sodat hulle nie nodig sal hê om honger te lij as die Bome hulle op een plek vaskeer nie.
Die volgende dag kom daar ’n hele Houtbos aan saam met die Boom en hulle stel weer hulle eis om daardie touwtjie, waarmee die kalbassies om’Kaunhaar nek gebind was, te krij. Die man weier, en die Bome, met ’n groot gedruis, word net opstandig en maak ’n lawaai.
Die Hotnotsgod, wat daar nabij aan ’n takkie gesit het, aanskouw en luister na alles wat daar gebeur. Hij verander toe die man, wat sij eie seun is, in ’n groot Vuur en die kind verander hij in ’n Opgewing, of Lugspiegeling. Die Bome word toe bang vir die geweldige vlamme van die Vuur en hulle spaander die veld in. En die Opgewing, wat bokant die vlamme dans, tesame met die rook, laat dieVuur nog afgrijsliker lijk, sodat die Bome nooit weer oor daardie touwtjie, van die binnebas gemaak, kom pla het nie.
In hulle vlug roep die Bome terug dat hulle vir’Kaunnooit met rus sal laat nie; hulle sal op haar graf kom trap en sal hulle wortels diep in die graf laat ingroei.
’Kaunword bij die dag luier en wil niks anders doen as net slaap nie. Sij krij ’n pijn om haar hals en toe sij wakker skrik van die pijn, het die pitjies en saadjies wat in die kalbassies is om die geraas te maak, begin te groei en het hulle wortels deur die hals in die lijf van’Kaunlaat groei. Niemand kon toe hieraan iets meer doen nie, so het’Kaunaan slaap geraak en het toe in die Vlaktes verander en sij slaap, slaap, slaap vandag nog voort. En die Bome, tesame met bossies en gras, groei orals oor die Vlaktes; want hulle het gesê dat hul die graf van’Kaunnie sal respekteer nie. Daarom is dit tot vandag toe nog dat die wortels van Bome so graag ’n toegedekte graf binnedring om hulle om die doodsbeendere te vleg.
’Kaun, die Vlaktes, is nie dood nie, maar sij slaap net; die Bome, bossies en gras groei daarop en put gedurig krag daaruit; maar heeltemaal dood krij vir die Vlaktes is min! Solank as daar ’n wêreld sal wees, sal daar Vlaktes wees. En solank as daar Vlaktes is, sal daar Bome, bossies en gras op groei.
Gedurig werp die veldgewasse hulle sade op die Gronde, en die sade ontkiem en groei, net soos die pitjies wat in die kalbassies was, en stuur hulle wortels diep in die hals van die Aarde, naamlik in die hals van’Kaun.