No. 7.

No. 7.Die Vuur en die ’NU-Fees.OPMERKINGS:—In hierdie Storie word die doen en late van Vuur beskrijwe. Ons ou verteller het die Vuur altijd Danser genoem, omdat ’n vlam sonder ophou aan dans blij. Die instelling van die ’Nu-Fees word verklaar.Die Vuur se naam is Danser; maar sij vrouw,’Kaun, is in die Vlaktes verander geword. Hij is die seun van die Hotnotsgod en het eers nes ’n mens rondgeloop, gejag en gespeel. Nou is hij Vuur, wat niemand sal kwaad doen nie, mits ’n mens van sij lijf af blij en hom nie kwaad maak nie—dan verteer die Vuur alles.Nou nog stap Danser nes ’n mens rond; maar meestal kan ’n mens hom nie sien nie. Want hij maak ook net soos sij broer, die Wind: hij kruip orals in. Slaan ’n mens klippe teen mekaar, dan spat daar Vuur uit. Vrijwe ’n mens houtjies teen mekaar, dan ontvlam die hout. Ook uit die lug kom die Weerlig-Vuur! Ja, die Vuur het ook in mense en diere ingekruip—al sien ons die Vuur nie in ons of in die diere nie, tog hij is daar. Want gaan hij uit die mense of diere, dan word hulle vleis koud, hulle sterf en is dood.Ook in die plante sit vuur; want as ons vuur maak, dan kom die Vuur wat in die plante sit, te voorskijn.Maar Danser is nog altijd kwaad vir die Bome omdat hul met sij vrouw, die Vlaktes, baklei het en omdat hul nou nog met hulle wortels in die lijf van sij vrouw vasgroei. Daarom brand Danser nog altijd die hout van Bome; ook die gras en bossies ontsien hij nie.Wanneer Danser as ’n mens rondstap, dan is daar groot lig en warmte op die plek waar hij loop. Die ander mense is dan blij om nabij hom te wees. Want in daardie dae het die Son, Maan en Sterre nog nie geskijn nie, en dit was toe taamlik skemer—net soos in swaarbewolkte dae wanneer iemand nie goed kan sien nie. Maar Danser se kop het geblink en het vir hom genoeg lig gegee om orals goed rond te sien. Hij het nooit oor koue gekla nie.Maar hij het ’n slegte humeur gehad en wil glad nie geterg wees nie. Vat iemand aan hom, dan bijt Danser daardie vrijpostige een. Maar hou ons vrinde met hom, dan blij hij binne ons om ons warm te maak; ook maak hij ons langs die Vuur warm en gee ons lig as hij voor ons kom dans en is selfs gewillig om ons kos gaar te maak—dan is hij ewe plesierig as ons hom genoeg hout gee om mee te baklei—hoe meer hout, hoe plesieriger is hij.Bij ’n seker geleentheid was daar baie Wild en veldkos. Die mense van daardie tijd het toe ’n groot fees gevier. Daar het baie mense na daardie fees en dans gekom—aan pret en kos het dit nie ontbreek nie.Danser was ook daar; maar aangesien hij nie lig aan sij lijf vertoon het nie, het niemand hom as die Vuurman herken nie. Maar na hulle ’n rukkie geëet en gedans het, sê hij dat hij die mense sal leer om vuur te maak. Hijneem toe ’n sagte houtjie en maak aan die sij ’n holte, lê die houtjie op die grond en gooi die skaafseltjies in die holte. Toe vat hij fijn gevrijfde grassies en lê dit naas aan. Hij vat toe ’n dunner en harder stokkie en draai dit tussen sij twee plat hande vinnig regop rond. Die skaafseltjies vat vuur; daarop begin die fijn grassies. Hij blaas dit aan en toe ontstaan daar ’n vlam. Hij lê fijn houtjies op die brandende gras, toe weer dikker hout en daar bo-op dik stompe. En spoedig brand daar net ’n tamaai groot vuur.Die mense het hulle stom verwonder; hulle sing en dans om daardie vuur, wat so baie lig en warmte gee. Daarop trek Danser ’n wije kring om die vuur en sê dat hulle die kos binne daardie kring moet bring om te braai. Want voor daardie tijd het algaar die kos rouw geëet, nes die Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals en Hond vandag nog doen; want hierdie diere is ook mos mense van die ougeslag wat hulle in diere verander het.Die mense proe toe dat gebraaide vleis lekkerder as rouw vleis smaak. Van daardie dag af word kos gebraai en gekook.Buite om die ring waarin die vleis gebraai word, trek Danser weer ’n tweede ring, sodat die mense tussen die braai-ring en die tweede ring moet dans, sing en musiek maak. Buite om daardie twee ringe is die buitewêreld waarin ’n mens net alles kan doen wat hij wil.Toe was die vrolikheid net groot en uitbundig: die meide klap op hulle hande, sing en slaan op tamboere; enkele van die mans speel musiek, terwijl die ander mansdans dat die stof so trek. In die dans buig en knik hul grappig met hulle koppe vir die meide, wat dit alles met vrolike gelag begroet.Algaar is onder ’n stofdamp; want as daar nie stof is nie, dan lijk dit ook nie of daar gedans en pret gemaak word nie. Die plesier en vrolikheid het tot die volgende oggend aangehou, en toe gaan hulle slaap.Die kinders, wat nie meegedans het nie, moes vroeg gaan water haal; want die dansers het toe al reeds baie dors, daar al die water gedurende die danserij uitgedrink geword het.Van toe af word daar feeste gehou, en is die’Ku-dans ingevoer.

No. 7.Die Vuur en die ’NU-Fees.

OPMERKINGS:—In hierdie Storie word die doen en late van Vuur beskrijwe. Ons ou verteller het die Vuur altijd Danser genoem, omdat ’n vlam sonder ophou aan dans blij. Die instelling van die ’Nu-Fees word verklaar.Die Vuur se naam is Danser; maar sij vrouw,’Kaun, is in die Vlaktes verander geword. Hij is die seun van die Hotnotsgod en het eers nes ’n mens rondgeloop, gejag en gespeel. Nou is hij Vuur, wat niemand sal kwaad doen nie, mits ’n mens van sij lijf af blij en hom nie kwaad maak nie—dan verteer die Vuur alles.Nou nog stap Danser nes ’n mens rond; maar meestal kan ’n mens hom nie sien nie. Want hij maak ook net soos sij broer, die Wind: hij kruip orals in. Slaan ’n mens klippe teen mekaar, dan spat daar Vuur uit. Vrijwe ’n mens houtjies teen mekaar, dan ontvlam die hout. Ook uit die lug kom die Weerlig-Vuur! Ja, die Vuur het ook in mense en diere ingekruip—al sien ons die Vuur nie in ons of in die diere nie, tog hij is daar. Want gaan hij uit die mense of diere, dan word hulle vleis koud, hulle sterf en is dood.Ook in die plante sit vuur; want as ons vuur maak, dan kom die Vuur wat in die plante sit, te voorskijn.Maar Danser is nog altijd kwaad vir die Bome omdat hul met sij vrouw, die Vlaktes, baklei het en omdat hul nou nog met hulle wortels in die lijf van sij vrouw vasgroei. Daarom brand Danser nog altijd die hout van Bome; ook die gras en bossies ontsien hij nie.Wanneer Danser as ’n mens rondstap, dan is daar groot lig en warmte op die plek waar hij loop. Die ander mense is dan blij om nabij hom te wees. Want in daardie dae het die Son, Maan en Sterre nog nie geskijn nie, en dit was toe taamlik skemer—net soos in swaarbewolkte dae wanneer iemand nie goed kan sien nie. Maar Danser se kop het geblink en het vir hom genoeg lig gegee om orals goed rond te sien. Hij het nooit oor koue gekla nie.Maar hij het ’n slegte humeur gehad en wil glad nie geterg wees nie. Vat iemand aan hom, dan bijt Danser daardie vrijpostige een. Maar hou ons vrinde met hom, dan blij hij binne ons om ons warm te maak; ook maak hij ons langs die Vuur warm en gee ons lig as hij voor ons kom dans en is selfs gewillig om ons kos gaar te maak—dan is hij ewe plesierig as ons hom genoeg hout gee om mee te baklei—hoe meer hout, hoe plesieriger is hij.Bij ’n seker geleentheid was daar baie Wild en veldkos. Die mense van daardie tijd het toe ’n groot fees gevier. Daar het baie mense na daardie fees en dans gekom—aan pret en kos het dit nie ontbreek nie.Danser was ook daar; maar aangesien hij nie lig aan sij lijf vertoon het nie, het niemand hom as die Vuurman herken nie. Maar na hulle ’n rukkie geëet en gedans het, sê hij dat hij die mense sal leer om vuur te maak. Hijneem toe ’n sagte houtjie en maak aan die sij ’n holte, lê die houtjie op die grond en gooi die skaafseltjies in die holte. Toe vat hij fijn gevrijfde grassies en lê dit naas aan. Hij vat toe ’n dunner en harder stokkie en draai dit tussen sij twee plat hande vinnig regop rond. Die skaafseltjies vat vuur; daarop begin die fijn grassies. Hij blaas dit aan en toe ontstaan daar ’n vlam. Hij lê fijn houtjies op die brandende gras, toe weer dikker hout en daar bo-op dik stompe. En spoedig brand daar net ’n tamaai groot vuur.Die mense het hulle stom verwonder; hulle sing en dans om daardie vuur, wat so baie lig en warmte gee. Daarop trek Danser ’n wije kring om die vuur en sê dat hulle die kos binne daardie kring moet bring om te braai. Want voor daardie tijd het algaar die kos rouw geëet, nes die Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals en Hond vandag nog doen; want hierdie diere is ook mos mense van die ougeslag wat hulle in diere verander het.Die mense proe toe dat gebraaide vleis lekkerder as rouw vleis smaak. Van daardie dag af word kos gebraai en gekook.Buite om die ring waarin die vleis gebraai word, trek Danser weer ’n tweede ring, sodat die mense tussen die braai-ring en die tweede ring moet dans, sing en musiek maak. Buite om daardie twee ringe is die buitewêreld waarin ’n mens net alles kan doen wat hij wil.Toe was die vrolikheid net groot en uitbundig: die meide klap op hulle hande, sing en slaan op tamboere; enkele van die mans speel musiek, terwijl die ander mansdans dat die stof so trek. In die dans buig en knik hul grappig met hulle koppe vir die meide, wat dit alles met vrolike gelag begroet.Algaar is onder ’n stofdamp; want as daar nie stof is nie, dan lijk dit ook nie of daar gedans en pret gemaak word nie. Die plesier en vrolikheid het tot die volgende oggend aangehou, en toe gaan hulle slaap.Die kinders, wat nie meegedans het nie, moes vroeg gaan water haal; want die dansers het toe al reeds baie dors, daar al die water gedurende die danserij uitgedrink geword het.Van toe af word daar feeste gehou, en is die’Ku-dans ingevoer.

OPMERKINGS:—In hierdie Storie word die doen en late van Vuur beskrijwe. Ons ou verteller het die Vuur altijd Danser genoem, omdat ’n vlam sonder ophou aan dans blij. Die instelling van die ’Nu-Fees word verklaar.

Die Vuur se naam is Danser; maar sij vrouw,’Kaun, is in die Vlaktes verander geword. Hij is die seun van die Hotnotsgod en het eers nes ’n mens rondgeloop, gejag en gespeel. Nou is hij Vuur, wat niemand sal kwaad doen nie, mits ’n mens van sij lijf af blij en hom nie kwaad maak nie—dan verteer die Vuur alles.

Nou nog stap Danser nes ’n mens rond; maar meestal kan ’n mens hom nie sien nie. Want hij maak ook net soos sij broer, die Wind: hij kruip orals in. Slaan ’n mens klippe teen mekaar, dan spat daar Vuur uit. Vrijwe ’n mens houtjies teen mekaar, dan ontvlam die hout. Ook uit die lug kom die Weerlig-Vuur! Ja, die Vuur het ook in mense en diere ingekruip—al sien ons die Vuur nie in ons of in die diere nie, tog hij is daar. Want gaan hij uit die mense of diere, dan word hulle vleis koud, hulle sterf en is dood.

Ook in die plante sit vuur; want as ons vuur maak, dan kom die Vuur wat in die plante sit, te voorskijn.

Maar Danser is nog altijd kwaad vir die Bome omdat hul met sij vrouw, die Vlaktes, baklei het en omdat hul nou nog met hulle wortels in die lijf van sij vrouw vasgroei. Daarom brand Danser nog altijd die hout van Bome; ook die gras en bossies ontsien hij nie.

Wanneer Danser as ’n mens rondstap, dan is daar groot lig en warmte op die plek waar hij loop. Die ander mense is dan blij om nabij hom te wees. Want in daardie dae het die Son, Maan en Sterre nog nie geskijn nie, en dit was toe taamlik skemer—net soos in swaarbewolkte dae wanneer iemand nie goed kan sien nie. Maar Danser se kop het geblink en het vir hom genoeg lig gegee om orals goed rond te sien. Hij het nooit oor koue gekla nie.

Maar hij het ’n slegte humeur gehad en wil glad nie geterg wees nie. Vat iemand aan hom, dan bijt Danser daardie vrijpostige een. Maar hou ons vrinde met hom, dan blij hij binne ons om ons warm te maak; ook maak hij ons langs die Vuur warm en gee ons lig as hij voor ons kom dans en is selfs gewillig om ons kos gaar te maak—dan is hij ewe plesierig as ons hom genoeg hout gee om mee te baklei—hoe meer hout, hoe plesieriger is hij.

Bij ’n seker geleentheid was daar baie Wild en veldkos. Die mense van daardie tijd het toe ’n groot fees gevier. Daar het baie mense na daardie fees en dans gekom—aan pret en kos het dit nie ontbreek nie.

Danser was ook daar; maar aangesien hij nie lig aan sij lijf vertoon het nie, het niemand hom as die Vuurman herken nie. Maar na hulle ’n rukkie geëet en gedans het, sê hij dat hij die mense sal leer om vuur te maak. Hijneem toe ’n sagte houtjie en maak aan die sij ’n holte, lê die houtjie op die grond en gooi die skaafseltjies in die holte. Toe vat hij fijn gevrijfde grassies en lê dit naas aan. Hij vat toe ’n dunner en harder stokkie en draai dit tussen sij twee plat hande vinnig regop rond. Die skaafseltjies vat vuur; daarop begin die fijn grassies. Hij blaas dit aan en toe ontstaan daar ’n vlam. Hij lê fijn houtjies op die brandende gras, toe weer dikker hout en daar bo-op dik stompe. En spoedig brand daar net ’n tamaai groot vuur.

Die mense het hulle stom verwonder; hulle sing en dans om daardie vuur, wat so baie lig en warmte gee. Daarop trek Danser ’n wije kring om die vuur en sê dat hulle die kos binne daardie kring moet bring om te braai. Want voor daardie tijd het algaar die kos rouw geëet, nes die Leeuw, Tier, Wolf, Jakhals en Hond vandag nog doen; want hierdie diere is ook mos mense van die ougeslag wat hulle in diere verander het.

Die mense proe toe dat gebraaide vleis lekkerder as rouw vleis smaak. Van daardie dag af word kos gebraai en gekook.

Buite om die ring waarin die vleis gebraai word, trek Danser weer ’n tweede ring, sodat die mense tussen die braai-ring en die tweede ring moet dans, sing en musiek maak. Buite om daardie twee ringe is die buitewêreld waarin ’n mens net alles kan doen wat hij wil.

Toe was die vrolikheid net groot en uitbundig: die meide klap op hulle hande, sing en slaan op tamboere; enkele van die mans speel musiek, terwijl die ander mansdans dat die stof so trek. In die dans buig en knik hul grappig met hulle koppe vir die meide, wat dit alles met vrolike gelag begroet.

Algaar is onder ’n stofdamp; want as daar nie stof is nie, dan lijk dit ook nie of daar gedans en pret gemaak word nie. Die plesier en vrolikheid het tot die volgende oggend aangehou, en toe gaan hulle slaap.

Die kinders, wat nie meegedans het nie, moes vroeg gaan water haal; want die dansers het toe al reeds baie dors, daar al die water gedurende die danserij uitgedrink geword het.

Van toe af word daar feeste gehou, en is die’Ku-dans ingevoer.

Back to IndexNext