No. 8

No. 8Die Opgewing, of Lugspiegeling.OPMERKINGS:—Nes die Weerklank, is die Opgewing, of Lugverheffing, ’n spotter en verlokker van mense, wat in die veld rondloop. Sij verblind die mense hulle oë, sodat hulle dinge sien wat glad nie bestaan nie.Die Opgewing is die Dogter van die Vlaktes en van Vuur. Sij is iemand wat lekker kan spot en verlok; daarom het hul haar die naam van Antjie van die Vlaktes, of somaar kortweg, Antjie Vlaktes, gegee. Sij het getrouw aan haar ouers geblij, het altijd bij hulle blij woon, en dis daarom dat sij nog altijd bo die vlam van Vuur en op die Vlaktes dans en daar ronddwaal.Die Weerklank, of Echo, kan praat en gesels, maar is onsigbaar; terwijl dit net anders om is met die Opgewing: sij kan gesien word, maar kan nie praat nie—sij is doofstom; maar tog so vol streke as dit kan kom. Sij weet net hoe om met die mense deur drome te gesels, want sij is die moeder van Drome. Daar bo die vlam en daar op die Vlaktes kan sij haar goed verstaanbaar maak; want sij gee lewendige, bedrieglike beelde en is ’n woelige Gees sonder rus.Bij ’n seker geleentheid—nog in die dae van ouds—is die grondgebied van die Boesmans van die ougeslag deur vreemde mense van glad ’n ander soort oorstroom geword.Daardie vreemdelinge was baie en sterk. Die Boesmangeslag het toe bang geword, want hulle kon nie hulle man teen daardie Wildemense staan nie.Maar Antjie Vlaktes krij gouw ’n plan om dit vir die Wildemense onhoudbaar te maak deur hulle in allerhande moeilikhede te lok. Sij vertoon haar eers as ’n mooi jongmeid. Die seun van die voorman van die Wildes word verlief op haar, hij volg haar en soek om ’n praatjie met haar aan te knoop.Sij antwoord: “As jij kan doen wat ek kan doen, dan sal ek jou neem—anders nie.”Hij willig in, en sij vra hom om te dans. Sij gaan toe in die vorm van ’n flikkerlig bo die vlamme van die Vuur dans. Hij het toe nog nie vuur geken nie, so wil hij ook doen wat Antjie doen; maar kom in die vlamme om. Hieroor word die Wildemense kwaad en soek toe van stonde aan om nie alleen Antjie Vlaktes, maar ook al haar mense te vermoor.Die Boesmangeslag ken al die veilige plekke en vlug daarheen en die Wildes agtervolg hul. Wanneer die Wildemense moeg word en gaan slaap, dan verskijn Antjie Vlaktes aan hulle in verskrikkende drome en verskrik hul so dat hulle nie rus kan krij nie en van vrees vlug hul die veld in. Hul was toe so bang dat hul amper nie wou gaan slaap nie. Is hul weer in die oop veld, dan dans Antjie Vlaktes in ’n flikkerlig oor die hele veld, sodat die Wildemense niks duidelik kan beken nie. As Gees van die Vlaktes besit sij ’n wonderlike toorkrag. Daar in die verte vertoon sij haar as ’n groot pan water of ’n rivier. Langsdie waters lijk dit of daar pragtige houtbosse, huise en hutte staan. Die Wildes meen dat hulle Antjie en haar mense daar sal krij. Maar op pad daarheen verander die fatsoene van daardie bosse en waters op verskeie maniere. Nou lijk dit of die rante daarnaasaan los van die grond staan; dan weer hang die bome kop-na-onder; daarop sien hul bome in die lug—weg van die grond—groei.Die vreemdes voel hul nou in ’n spookland, waar dinge van een fatsoen in ’n ander oorgaan. Hulle raak toe raad-op en maak toe reeds plan om weer na hulle eie land terug te keer.Toe Antjie van die Vlaktes dit gewaar, was sij net blij. Sij laat die vreemdelinge algaar in ’n slaap val en verskijn toe aan hulle in pragtige drome. Hulle sien o, so ’n mooi vlei, waar ’n uitgestrekte pan water is. Daar was sierlike houtbosse, groot huise en gerieflike hutte en Wild, so groot as hul nog nooit gesien het nie, in oorvloed. Hulle droom van die heerlike vrugte en lekker veldkos—sodat hulle monde somaar begin te water.Toe die vreemdes ontwaak, vertel die een aan sij naaste hoe mooi hij gedroom het. Onder die vertel kijk hulle op, en, ja werklik! daar sien hul in die verte met hulle oë wat hul in hulle drome gesien het. Die Springbokke is so groot as bome, en dit lijk of hulle op vier hoë pale in plaas van bene rondstap—wat nog te praat van die ander Wild wat nog groter is!Die voorman van die Wildemense roep toe sij mense en sê: “Kom laat ons na daardie pragtige, lekker land stap—ons is netnou daar, en dan het julle alles wat julle hartbegeer. Want ek het reeds in mij droom al die vet Wild, die heerlike veldvrugte en die lekker veldkos gesien. Daar kan ons lekker gaan plesier maak.Hulle stap toe na daardie lui-lekker land toe.Maar vreemd genoeg, hulle stap en stap, maar kom nie nader nie, terwijl alles so nabij en groot lijk. Hulle hou moed en stap nog haastiger, en dit lijk of hul nou-nou daar sal aankom; maar net verniet.Terwijl alles so na en duidelik lijk, wou hul nie omdraai nie—dit sal tog te sleg wees; so stap hul nog vinniger, en het so vir ’n lang tijd aangehou.Eensklaps stort die hele spookverskijnsel in niks. Die vreemdes voel hul toe op koers na hulle eie land toe. En toe hul reg opkijk, was hul weer terug op hulle ou woonplekke.Op hierdie manier het die Opgewing haar mense verlos.

No. 8Die Opgewing, of Lugspiegeling.

OPMERKINGS:—Nes die Weerklank, is die Opgewing, of Lugverheffing, ’n spotter en verlokker van mense, wat in die veld rondloop. Sij verblind die mense hulle oë, sodat hulle dinge sien wat glad nie bestaan nie.Die Opgewing is die Dogter van die Vlaktes en van Vuur. Sij is iemand wat lekker kan spot en verlok; daarom het hul haar die naam van Antjie van die Vlaktes, of somaar kortweg, Antjie Vlaktes, gegee. Sij het getrouw aan haar ouers geblij, het altijd bij hulle blij woon, en dis daarom dat sij nog altijd bo die vlam van Vuur en op die Vlaktes dans en daar ronddwaal.Die Weerklank, of Echo, kan praat en gesels, maar is onsigbaar; terwijl dit net anders om is met die Opgewing: sij kan gesien word, maar kan nie praat nie—sij is doofstom; maar tog so vol streke as dit kan kom. Sij weet net hoe om met die mense deur drome te gesels, want sij is die moeder van Drome. Daar bo die vlam en daar op die Vlaktes kan sij haar goed verstaanbaar maak; want sij gee lewendige, bedrieglike beelde en is ’n woelige Gees sonder rus.Bij ’n seker geleentheid—nog in die dae van ouds—is die grondgebied van die Boesmans van die ougeslag deur vreemde mense van glad ’n ander soort oorstroom geword.Daardie vreemdelinge was baie en sterk. Die Boesmangeslag het toe bang geword, want hulle kon nie hulle man teen daardie Wildemense staan nie.Maar Antjie Vlaktes krij gouw ’n plan om dit vir die Wildemense onhoudbaar te maak deur hulle in allerhande moeilikhede te lok. Sij vertoon haar eers as ’n mooi jongmeid. Die seun van die voorman van die Wildes word verlief op haar, hij volg haar en soek om ’n praatjie met haar aan te knoop.Sij antwoord: “As jij kan doen wat ek kan doen, dan sal ek jou neem—anders nie.”Hij willig in, en sij vra hom om te dans. Sij gaan toe in die vorm van ’n flikkerlig bo die vlamme van die Vuur dans. Hij het toe nog nie vuur geken nie, so wil hij ook doen wat Antjie doen; maar kom in die vlamme om. Hieroor word die Wildemense kwaad en soek toe van stonde aan om nie alleen Antjie Vlaktes, maar ook al haar mense te vermoor.Die Boesmangeslag ken al die veilige plekke en vlug daarheen en die Wildes agtervolg hul. Wanneer die Wildemense moeg word en gaan slaap, dan verskijn Antjie Vlaktes aan hulle in verskrikkende drome en verskrik hul so dat hulle nie rus kan krij nie en van vrees vlug hul die veld in. Hul was toe so bang dat hul amper nie wou gaan slaap nie. Is hul weer in die oop veld, dan dans Antjie Vlaktes in ’n flikkerlig oor die hele veld, sodat die Wildemense niks duidelik kan beken nie. As Gees van die Vlaktes besit sij ’n wonderlike toorkrag. Daar in die verte vertoon sij haar as ’n groot pan water of ’n rivier. Langsdie waters lijk dit of daar pragtige houtbosse, huise en hutte staan. Die Wildes meen dat hulle Antjie en haar mense daar sal krij. Maar op pad daarheen verander die fatsoene van daardie bosse en waters op verskeie maniere. Nou lijk dit of die rante daarnaasaan los van die grond staan; dan weer hang die bome kop-na-onder; daarop sien hul bome in die lug—weg van die grond—groei.Die vreemdes voel hul nou in ’n spookland, waar dinge van een fatsoen in ’n ander oorgaan. Hulle raak toe raad-op en maak toe reeds plan om weer na hulle eie land terug te keer.Toe Antjie van die Vlaktes dit gewaar, was sij net blij. Sij laat die vreemdelinge algaar in ’n slaap val en verskijn toe aan hulle in pragtige drome. Hulle sien o, so ’n mooi vlei, waar ’n uitgestrekte pan water is. Daar was sierlike houtbosse, groot huise en gerieflike hutte en Wild, so groot as hul nog nooit gesien het nie, in oorvloed. Hulle droom van die heerlike vrugte en lekker veldkos—sodat hulle monde somaar begin te water.Toe die vreemdes ontwaak, vertel die een aan sij naaste hoe mooi hij gedroom het. Onder die vertel kijk hulle op, en, ja werklik! daar sien hul in die verte met hulle oë wat hul in hulle drome gesien het. Die Springbokke is so groot as bome, en dit lijk of hulle op vier hoë pale in plaas van bene rondstap—wat nog te praat van die ander Wild wat nog groter is!Die voorman van die Wildemense roep toe sij mense en sê: “Kom laat ons na daardie pragtige, lekker land stap—ons is netnou daar, en dan het julle alles wat julle hartbegeer. Want ek het reeds in mij droom al die vet Wild, die heerlike veldvrugte en die lekker veldkos gesien. Daar kan ons lekker gaan plesier maak.Hulle stap toe na daardie lui-lekker land toe.Maar vreemd genoeg, hulle stap en stap, maar kom nie nader nie, terwijl alles so nabij en groot lijk. Hulle hou moed en stap nog haastiger, en dit lijk of hul nou-nou daar sal aankom; maar net verniet.Terwijl alles so na en duidelik lijk, wou hul nie omdraai nie—dit sal tog te sleg wees; so stap hul nog vinniger, en het so vir ’n lang tijd aangehou.Eensklaps stort die hele spookverskijnsel in niks. Die vreemdes voel hul toe op koers na hulle eie land toe. En toe hul reg opkijk, was hul weer terug op hulle ou woonplekke.Op hierdie manier het die Opgewing haar mense verlos.

OPMERKINGS:—Nes die Weerklank, is die Opgewing, of Lugverheffing, ’n spotter en verlokker van mense, wat in die veld rondloop. Sij verblind die mense hulle oë, sodat hulle dinge sien wat glad nie bestaan nie.

Die Opgewing is die Dogter van die Vlaktes en van Vuur. Sij is iemand wat lekker kan spot en verlok; daarom het hul haar die naam van Antjie van die Vlaktes, of somaar kortweg, Antjie Vlaktes, gegee. Sij het getrouw aan haar ouers geblij, het altijd bij hulle blij woon, en dis daarom dat sij nog altijd bo die vlam van Vuur en op die Vlaktes dans en daar ronddwaal.

Die Weerklank, of Echo, kan praat en gesels, maar is onsigbaar; terwijl dit net anders om is met die Opgewing: sij kan gesien word, maar kan nie praat nie—sij is doofstom; maar tog so vol streke as dit kan kom. Sij weet net hoe om met die mense deur drome te gesels, want sij is die moeder van Drome. Daar bo die vlam en daar op die Vlaktes kan sij haar goed verstaanbaar maak; want sij gee lewendige, bedrieglike beelde en is ’n woelige Gees sonder rus.

Bij ’n seker geleentheid—nog in die dae van ouds—is die grondgebied van die Boesmans van die ougeslag deur vreemde mense van glad ’n ander soort oorstroom geword.Daardie vreemdelinge was baie en sterk. Die Boesmangeslag het toe bang geword, want hulle kon nie hulle man teen daardie Wildemense staan nie.

Maar Antjie Vlaktes krij gouw ’n plan om dit vir die Wildemense onhoudbaar te maak deur hulle in allerhande moeilikhede te lok. Sij vertoon haar eers as ’n mooi jongmeid. Die seun van die voorman van die Wildes word verlief op haar, hij volg haar en soek om ’n praatjie met haar aan te knoop.

Sij antwoord: “As jij kan doen wat ek kan doen, dan sal ek jou neem—anders nie.”

Hij willig in, en sij vra hom om te dans. Sij gaan toe in die vorm van ’n flikkerlig bo die vlamme van die Vuur dans. Hij het toe nog nie vuur geken nie, so wil hij ook doen wat Antjie doen; maar kom in die vlamme om. Hieroor word die Wildemense kwaad en soek toe van stonde aan om nie alleen Antjie Vlaktes, maar ook al haar mense te vermoor.

Die Boesmangeslag ken al die veilige plekke en vlug daarheen en die Wildes agtervolg hul. Wanneer die Wildemense moeg word en gaan slaap, dan verskijn Antjie Vlaktes aan hulle in verskrikkende drome en verskrik hul so dat hulle nie rus kan krij nie en van vrees vlug hul die veld in. Hul was toe so bang dat hul amper nie wou gaan slaap nie. Is hul weer in die oop veld, dan dans Antjie Vlaktes in ’n flikkerlig oor die hele veld, sodat die Wildemense niks duidelik kan beken nie. As Gees van die Vlaktes besit sij ’n wonderlike toorkrag. Daar in die verte vertoon sij haar as ’n groot pan water of ’n rivier. Langsdie waters lijk dit of daar pragtige houtbosse, huise en hutte staan. Die Wildes meen dat hulle Antjie en haar mense daar sal krij. Maar op pad daarheen verander die fatsoene van daardie bosse en waters op verskeie maniere. Nou lijk dit of die rante daarnaasaan los van die grond staan; dan weer hang die bome kop-na-onder; daarop sien hul bome in die lug—weg van die grond—groei.

Die vreemdes voel hul nou in ’n spookland, waar dinge van een fatsoen in ’n ander oorgaan. Hulle raak toe raad-op en maak toe reeds plan om weer na hulle eie land terug te keer.

Toe Antjie van die Vlaktes dit gewaar, was sij net blij. Sij laat die vreemdelinge algaar in ’n slaap val en verskijn toe aan hulle in pragtige drome. Hulle sien o, so ’n mooi vlei, waar ’n uitgestrekte pan water is. Daar was sierlike houtbosse, groot huise en gerieflike hutte en Wild, so groot as hul nog nooit gesien het nie, in oorvloed. Hulle droom van die heerlike vrugte en lekker veldkos—sodat hulle monde somaar begin te water.

Toe die vreemdes ontwaak, vertel die een aan sij naaste hoe mooi hij gedroom het. Onder die vertel kijk hulle op, en, ja werklik! daar sien hul in die verte met hulle oë wat hul in hulle drome gesien het. Die Springbokke is so groot as bome, en dit lijk of hulle op vier hoë pale in plaas van bene rondstap—wat nog te praat van die ander Wild wat nog groter is!

Die voorman van die Wildemense roep toe sij mense en sê: “Kom laat ons na daardie pragtige, lekker land stap—ons is netnou daar, en dan het julle alles wat julle hartbegeer. Want ek het reeds in mij droom al die vet Wild, die heerlike veldvrugte en die lekker veldkos gesien. Daar kan ons lekker gaan plesier maak.

Hulle stap toe na daardie lui-lekker land toe.

Maar vreemd genoeg, hulle stap en stap, maar kom nie nader nie, terwijl alles so nabij en groot lijk. Hulle hou moed en stap nog haastiger, en dit lijk of hul nou-nou daar sal aankom; maar net verniet.

Terwijl alles so na en duidelik lijk, wou hul nie omdraai nie—dit sal tog te sleg wees; so stap hul nog vinniger, en het so vir ’n lang tijd aangehou.

Eensklaps stort die hele spookverskijnsel in niks. Die vreemdes voel hul toe op koers na hulle eie land toe. En toe hul reg opkijk, was hul weer terug op hulle ou woonplekke.

Op hierdie manier het die Opgewing haar mense verlos.

Back to IndexNext