No. 9Die Waters is die jongste Dogter.OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van waar die Waters kom, en wat watervloede kan uitrig. Die Boesmanwoord vir water is’Khwa,en so het ons ou verteller ook die jongste Dogter genoem. Die Boesmans glo dat daar gloeiende weerligstene is.Die jongste Dogter,’Khwa, het ook met haar man in hutte van matjiesgoedmatte gemaak, gewoon. Die matte het sij van haar tweede suster, die Vlaktes, present gekrij.’Khwahet baie verskil van haar twee ouer susters. Die snoer van Springbokore om haar nek het haar net so rats as ’n Springbok gemaak. En daar ’n Springbok ’n dier is wat snags nie slaap nie, so het’Khwaook maar min geslaap, sij was altijd aan woel, altijd besig—dis min dat sij tot rus kom.Die snoer van Springbokore het haar ’n onweerstaanbare lus vir Springbokvleis gegee en sij het groot plesier daarin geneem om self die bokke te gaan jag. Haar man het ook self gejag en veldkos gaan soek; so het hulle altijd volop kos vir hulle en hulle kind gehad.Sij het darem meestal thuis geblij om haar kind op te pas, maar as die man bij die kind thuis blij, gaan sij veld-toe.Eendag was die kind alleen thuis, toe kom daar ’n groot Springbok. Hij was ook een van die ougeslag van Boesmans. Hij eis die snoer van Springbokore wat met die senings van ’n Springbok om die nek van’Khwavasgebind is. En hij hou hom net kwaad en parmantig.Die kind wou ook nie vertel waar sij ma is nie en versoek die bok om weg te gaan; so nie, dan moet hij die gevolge staan.Dog die Springbok antwoord dat hij wel sal weggaan; maar dat hij die volgende dag met ’n trop van sij broers sou kom om’Khwate bestorm en dood te trap, as sij nie die snoer wil opgee nie.Die middag toe die vader thuis kom, vertel die kind alles aan sij pa wat die Springbok gesê het en versoek sij pa om tog nie die volgende dag veld-toe te gaan nie.Die vader sorg toe vir kos vir die volgende dag, sodat hulle nie nodig gehad het om honger te lij nie.Die dag daarop sien hul hoe die stof van die naderende Springbokke uitslaan. Hulle word toe bang.Dog die Hotnotsgod, wat daar nabij op ’n bossie gesit het, het dit alles aanskouw. Hij verander toe die man in ’n groot Os, of die Waterbees, wat ook die Reënbees genoem word, en die kind verander hij in die groot Waterslang, wat die pragtige skitterende steen op die kop dra.Die Reënbees blaas toe ’n dik misbank uit sij neus en dik swart reënwolke in die lug, waaruit ’n swaar stortbui val, sodat dit donker word en daar ’n groot watervloed kom, en die groot Waterslang laat ook strome water uit die grond opborrel. Die Springbokke moes toe uitswem envlug om hulle lewe te red. Hulle het so geskrik dat Springbokke van daardie dag af nog nie water drink nie.Toe die Reënbees en Waterslang na’Khwasoek, vind hulle uit dat dit sij is wat in Waters verander het. En daar’Khwamin rus gehad het en altijd in beweging was, daarom sal die Waters net so wees—daarin sal altijd ’n roering en rusteloosheid wees, net soos die See vandag nog is.Die ander mense sien toe die Waters en begin daaraan te proe en hulle vind uit dat dit ’n goeie iets is om die dors mee weg te neem—van daardie tijd af drink hulle water.Dog daar is ook onder hulle wat nie van die water wil drink nie, soos die Springbokke, Hasies, Skilpaaie en die Goggas—hulle drink ’n ander soort water, wat hulle nie gouw laat dors krij nie. Maar net verniet: hulle sal nooit vertel waar daardie water te vinde is nie.’Khwais nou die uitgebreide en rustelose Waters. In strome vloei sij na die riviere, en die riviere op hulle beurt vloei in die woelige See. As reën sweef sij in wolke deur die lug; as mistige weer, wat die asem van die Reënbees is, sweef sij oor die berge en vlaktes—nooit het sij rus nie; selfs uit die grond borrel sij in fonteine op.Die Waters, net soos die ander twee susters, die Berge en die Vlaktes, is sterk. Die Waters kan groot gewigte mee voer en dra, en swaar goeters kan daarop drijwe. Sij leef nie alleen bo en onder die grond nie, maar ook in mense, diere en plante. As sij uit die mense, diere en plante uitgaan, dan sterf hulle van dors. Dus Water, Vuur (warmte) en Wind (asem) is wat mense aan lewe hou.Hulle drie sterf nie, en solank as daar ’n Aarde sal wees, sal daar Water, Vuur en Wind wees.Somtijds baklei die drie met mekaar; maar meestal werk hulle saam. Sien die Boesmans ’n donderstorm nader, dan word gesê: “Vandag twis Water, Vuur en Wind weer met mekaar.” Want die Wolke giet stortbuie uit, die Vuur skiet vurige donderstene, en die Wind drijf hulle voort totdat hulle uitbaklei het. Soms reën die Water die Vuur dood, of die Vuur verkook die Water, of die Wind waai die Water droog en blaas die Vuur dood. Maar mekaar uitroei, is net verniet!Maar die mense maak ook maar net so: om een dag met mekaar vrindelik te wees en om weer die dag daarop met mekaar te kijf en te twis. Die diere maak ook net so.En dit alles kom net deur die Water, Vuur en Wind wat in die mense en diere woon. Want as die Water, Vuur en Wind uit die mense en diere verhuis het, dan sterf die mense en diere en maak dan nie meer vrindskap of rusie nie.

No. 9Die Waters is die jongste Dogter.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van waar die Waters kom, en wat watervloede kan uitrig. Die Boesmanwoord vir water is’Khwa,en so het ons ou verteller ook die jongste Dogter genoem. Die Boesmans glo dat daar gloeiende weerligstene is.Die jongste Dogter,’Khwa, het ook met haar man in hutte van matjiesgoedmatte gemaak, gewoon. Die matte het sij van haar tweede suster, die Vlaktes, present gekrij.’Khwahet baie verskil van haar twee ouer susters. Die snoer van Springbokore om haar nek het haar net so rats as ’n Springbok gemaak. En daar ’n Springbok ’n dier is wat snags nie slaap nie, so het’Khwaook maar min geslaap, sij was altijd aan woel, altijd besig—dis min dat sij tot rus kom.Die snoer van Springbokore het haar ’n onweerstaanbare lus vir Springbokvleis gegee en sij het groot plesier daarin geneem om self die bokke te gaan jag. Haar man het ook self gejag en veldkos gaan soek; so het hulle altijd volop kos vir hulle en hulle kind gehad.Sij het darem meestal thuis geblij om haar kind op te pas, maar as die man bij die kind thuis blij, gaan sij veld-toe.Eendag was die kind alleen thuis, toe kom daar ’n groot Springbok. Hij was ook een van die ougeslag van Boesmans. Hij eis die snoer van Springbokore wat met die senings van ’n Springbok om die nek van’Khwavasgebind is. En hij hou hom net kwaad en parmantig.Die kind wou ook nie vertel waar sij ma is nie en versoek die bok om weg te gaan; so nie, dan moet hij die gevolge staan.Dog die Springbok antwoord dat hij wel sal weggaan; maar dat hij die volgende dag met ’n trop van sij broers sou kom om’Khwate bestorm en dood te trap, as sij nie die snoer wil opgee nie.Die middag toe die vader thuis kom, vertel die kind alles aan sij pa wat die Springbok gesê het en versoek sij pa om tog nie die volgende dag veld-toe te gaan nie.Die vader sorg toe vir kos vir die volgende dag, sodat hulle nie nodig gehad het om honger te lij nie.Die dag daarop sien hul hoe die stof van die naderende Springbokke uitslaan. Hulle word toe bang.Dog die Hotnotsgod, wat daar nabij op ’n bossie gesit het, het dit alles aanskouw. Hij verander toe die man in ’n groot Os, of die Waterbees, wat ook die Reënbees genoem word, en die kind verander hij in die groot Waterslang, wat die pragtige skitterende steen op die kop dra.Die Reënbees blaas toe ’n dik misbank uit sij neus en dik swart reënwolke in die lug, waaruit ’n swaar stortbui val, sodat dit donker word en daar ’n groot watervloed kom, en die groot Waterslang laat ook strome water uit die grond opborrel. Die Springbokke moes toe uitswem envlug om hulle lewe te red. Hulle het so geskrik dat Springbokke van daardie dag af nog nie water drink nie.Toe die Reënbees en Waterslang na’Khwasoek, vind hulle uit dat dit sij is wat in Waters verander het. En daar’Khwamin rus gehad het en altijd in beweging was, daarom sal die Waters net so wees—daarin sal altijd ’n roering en rusteloosheid wees, net soos die See vandag nog is.Die ander mense sien toe die Waters en begin daaraan te proe en hulle vind uit dat dit ’n goeie iets is om die dors mee weg te neem—van daardie tijd af drink hulle water.Dog daar is ook onder hulle wat nie van die water wil drink nie, soos die Springbokke, Hasies, Skilpaaie en die Goggas—hulle drink ’n ander soort water, wat hulle nie gouw laat dors krij nie. Maar net verniet: hulle sal nooit vertel waar daardie water te vinde is nie.’Khwais nou die uitgebreide en rustelose Waters. In strome vloei sij na die riviere, en die riviere op hulle beurt vloei in die woelige See. As reën sweef sij in wolke deur die lug; as mistige weer, wat die asem van die Reënbees is, sweef sij oor die berge en vlaktes—nooit het sij rus nie; selfs uit die grond borrel sij in fonteine op.Die Waters, net soos die ander twee susters, die Berge en die Vlaktes, is sterk. Die Waters kan groot gewigte mee voer en dra, en swaar goeters kan daarop drijwe. Sij leef nie alleen bo en onder die grond nie, maar ook in mense, diere en plante. As sij uit die mense, diere en plante uitgaan, dan sterf hulle van dors. Dus Water, Vuur (warmte) en Wind (asem) is wat mense aan lewe hou.Hulle drie sterf nie, en solank as daar ’n Aarde sal wees, sal daar Water, Vuur en Wind wees.Somtijds baklei die drie met mekaar; maar meestal werk hulle saam. Sien die Boesmans ’n donderstorm nader, dan word gesê: “Vandag twis Water, Vuur en Wind weer met mekaar.” Want die Wolke giet stortbuie uit, die Vuur skiet vurige donderstene, en die Wind drijf hulle voort totdat hulle uitbaklei het. Soms reën die Water die Vuur dood, of die Vuur verkook die Water, of die Wind waai die Water droog en blaas die Vuur dood. Maar mekaar uitroei, is net verniet!Maar die mense maak ook maar net so: om een dag met mekaar vrindelik te wees en om weer die dag daarop met mekaar te kijf en te twis. Die diere maak ook net so.En dit alles kom net deur die Water, Vuur en Wind wat in die mense en diere woon. Want as die Water, Vuur en Wind uit die mense en diere verhuis het, dan sterf die mense en diere en maak dan nie meer vrindskap of rusie nie.
OPMERKINGS:—In hierdie Storie word ons vertel van waar die Waters kom, en wat watervloede kan uitrig. Die Boesmanwoord vir water is’Khwa,en so het ons ou verteller ook die jongste Dogter genoem. Die Boesmans glo dat daar gloeiende weerligstene is.
Die jongste Dogter,’Khwa, het ook met haar man in hutte van matjiesgoedmatte gemaak, gewoon. Die matte het sij van haar tweede suster, die Vlaktes, present gekrij.
’Khwahet baie verskil van haar twee ouer susters. Die snoer van Springbokore om haar nek het haar net so rats as ’n Springbok gemaak. En daar ’n Springbok ’n dier is wat snags nie slaap nie, so het’Khwaook maar min geslaap, sij was altijd aan woel, altijd besig—dis min dat sij tot rus kom.
Die snoer van Springbokore het haar ’n onweerstaanbare lus vir Springbokvleis gegee en sij het groot plesier daarin geneem om self die bokke te gaan jag. Haar man het ook self gejag en veldkos gaan soek; so het hulle altijd volop kos vir hulle en hulle kind gehad.
Sij het darem meestal thuis geblij om haar kind op te pas, maar as die man bij die kind thuis blij, gaan sij veld-toe.
Eendag was die kind alleen thuis, toe kom daar ’n groot Springbok. Hij was ook een van die ougeslag van Boesmans. Hij eis die snoer van Springbokore wat met die senings van ’n Springbok om die nek van’Khwavasgebind is. En hij hou hom net kwaad en parmantig.
Die kind wou ook nie vertel waar sij ma is nie en versoek die bok om weg te gaan; so nie, dan moet hij die gevolge staan.
Dog die Springbok antwoord dat hij wel sal weggaan; maar dat hij die volgende dag met ’n trop van sij broers sou kom om’Khwate bestorm en dood te trap, as sij nie die snoer wil opgee nie.
Die middag toe die vader thuis kom, vertel die kind alles aan sij pa wat die Springbok gesê het en versoek sij pa om tog nie die volgende dag veld-toe te gaan nie.
Die vader sorg toe vir kos vir die volgende dag, sodat hulle nie nodig gehad het om honger te lij nie.
Die dag daarop sien hul hoe die stof van die naderende Springbokke uitslaan. Hulle word toe bang.
Dog die Hotnotsgod, wat daar nabij op ’n bossie gesit het, het dit alles aanskouw. Hij verander toe die man in ’n groot Os, of die Waterbees, wat ook die Reënbees genoem word, en die kind verander hij in die groot Waterslang, wat die pragtige skitterende steen op die kop dra.
Die Reënbees blaas toe ’n dik misbank uit sij neus en dik swart reënwolke in die lug, waaruit ’n swaar stortbui val, sodat dit donker word en daar ’n groot watervloed kom, en die groot Waterslang laat ook strome water uit die grond opborrel. Die Springbokke moes toe uitswem envlug om hulle lewe te red. Hulle het so geskrik dat Springbokke van daardie dag af nog nie water drink nie.
Toe die Reënbees en Waterslang na’Khwasoek, vind hulle uit dat dit sij is wat in Waters verander het. En daar’Khwamin rus gehad het en altijd in beweging was, daarom sal die Waters net so wees—daarin sal altijd ’n roering en rusteloosheid wees, net soos die See vandag nog is.
Die ander mense sien toe die Waters en begin daaraan te proe en hulle vind uit dat dit ’n goeie iets is om die dors mee weg te neem—van daardie tijd af drink hulle water.
Dog daar is ook onder hulle wat nie van die water wil drink nie, soos die Springbokke, Hasies, Skilpaaie en die Goggas—hulle drink ’n ander soort water, wat hulle nie gouw laat dors krij nie. Maar net verniet: hulle sal nooit vertel waar daardie water te vinde is nie.
’Khwais nou die uitgebreide en rustelose Waters. In strome vloei sij na die riviere, en die riviere op hulle beurt vloei in die woelige See. As reën sweef sij in wolke deur die lug; as mistige weer, wat die asem van die Reënbees is, sweef sij oor die berge en vlaktes—nooit het sij rus nie; selfs uit die grond borrel sij in fonteine op.
Die Waters, net soos die ander twee susters, die Berge en die Vlaktes, is sterk. Die Waters kan groot gewigte mee voer en dra, en swaar goeters kan daarop drijwe. Sij leef nie alleen bo en onder die grond nie, maar ook in mense, diere en plante. As sij uit die mense, diere en plante uitgaan, dan sterf hulle van dors. Dus Water, Vuur (warmte) en Wind (asem) is wat mense aan lewe hou.Hulle drie sterf nie, en solank as daar ’n Aarde sal wees, sal daar Water, Vuur en Wind wees.
Somtijds baklei die drie met mekaar; maar meestal werk hulle saam. Sien die Boesmans ’n donderstorm nader, dan word gesê: “Vandag twis Water, Vuur en Wind weer met mekaar.” Want die Wolke giet stortbuie uit, die Vuur skiet vurige donderstene, en die Wind drijf hulle voort totdat hulle uitbaklei het. Soms reën die Water die Vuur dood, of die Vuur verkook die Water, of die Wind waai die Water droog en blaas die Vuur dood. Maar mekaar uitroei, is net verniet!
Maar die mense maak ook maar net so: om een dag met mekaar vrindelik te wees en om weer die dag daarop met mekaar te kijf en te twis. Die diere maak ook net so.
En dit alles kom net deur die Water, Vuur en Wind wat in die mense en diere woon. Want as die Water, Vuur en Wind uit die mense en diere verhuis het, dan sterf die mense en diere en maak dan nie meer vrindskap of rusie nie.