No. 28.Erdvark, Vlakvark, Kwagga en Bosvark.OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n kort karakterskets van Erdvark en vertel veral waarom Kwaggas en Vlakvarke saam wei. Die ou Boesman-verteller sê dat die storie kom van waar ’n groot rivier sonop loop (waarskynlik die Sambesie).Erdvark neem vir hom ’n vrou uit die vlakvarke. Hy het nie voortande nie, daarom is hy skaam en bang dat die ander vir hom sal uitlag; so soek hy maar sy kos in die nag. Sy vrou weer, Vlakvark, soek haar kos oordags en wou nie eers met hom trou nie; sy sê: „Ek werk in die dag, maar snags wil ek slaap.”Hy antwoord daarop: „In die dag wil ek nie rondloop nie, want dan lag hul vir my groot ore en spot my omdat ek geen tande het nie; maar kom, gaan maar saam met my: ek sal jou leer om goed in die nag te sien, daar ons altwee aan die ou geslag behoor.”Sy laat haar ompraat en gaan met Erdvark mee. Hulle gaan toe veld-in en neem hulle knapsakke saam. Hy grawe boesmanrys (jong miere), en sy soek veldkos. As hy boesmanrys kry, dan moet sy vir hom die knapsakkom oophou dat hy die rys daarin kan gooi; maar as sy veldkos afpluk of uitgrawe, dan moet sy maar alleen die veldkos in haar knapsak sit, want soveel verstand het Erdvark nie om hand by te sit nie.Sy praat met hom daaroor; dan maak hy ekskusies en sê dat hy self so danig besig is, daarom het hy sy plig versuim. Maar naderhand sê hy: „’n Vrou moet toesien om maar self klaar te kom.” Dit het ’n bietjie stryery veroorsaak, dog alles was weer gou oor.Hy kry weer boesmanrys, en sy moet weer kom help, en sy doen dit ewe gewillig. Hulle soek nog verder en kry weer rys. Hy grawe dit uit; en sy kom hom, soos gewoonlik, help. Daarop stap hulle verder; onderwyl pluk sy een streek deur veldkos en grawe wortels uit en vul haar knapsak.Naderhand was Erdvark se knapsak so vol dat daar niks meer kan in nie. Voor hul die rys ingooi, krap hul altyd eers die grond en kluitjies uit en neem net die skoon rys.Hy sê toe vir haar om die sak andermaal te kom oophou; maar sy antwoord: „Jou knapsak is al vol al; waar wil ons nog plek kry?”„Nou bring dan jou karos wat jy oor jou rug dra,” was sy antwoord en bevel.„Nee,” werp sy teë, „dit kan ek nie doen nie; want ons vlakvarke loop nooit sonder ons rugkaros nie.”„Ek sê jou, bring jou rugkaros hier om die rys op te gooi,” was sy bevel ’n bietjie kwaaier.„Ek sê jou mos ons vlakvarke loop nooit sonder ons rugvelkaros nie! Begrawe maar die rys in die grond en oordek dit met grond,” was haar besliste antwoord.„Nou vir die laaste maal: ek beveel jou om jou rugkaros hier te bring om die rys op te gooi,” was die streng gebod.„Ek kan dit nie doen nie, al wil ek ook; en dan, dis nie ons vlakvarke se manier om kaalrug te loop nie,” sê sy op nog beslister manier.Erdvark vlie haar by en trek met sy groot naels haar rugvel amper af. Toe kom haar ingewande uit; sy huil, en hy word bedroef en roep uit: „Ag my vrou, ag my vrou! Wat het ek gedoen?”Sy steek haar ingewande in en trek die afgeskeurde lap vel weer op die plek waar dit was, en sy lê en huil.En toe dit na dag se kant toe raak, sê die moeder van die vlakvarkvrou aan haar ander dogter: „Ek het die hele nag ’n stem gehoor—’n stem wat die wind vir my bring; dis ’n stem van gehuil en jammer gekerm. Loop kyk of dit nie die stem van jou suster wat by Erdvark is, is nie; want dit gaan vir my of dit sy kan wees. Jy weet Erdvark is maar dom en kan nie planne maak nie. Hy het seker weer iets onnosels aangevang. Toe loop; en kom gou terug en kom vertel wat gebeur is.”Die dogter vlakvark hol gou en was spoedig terug. Sy roep van ver uit: „Ma, ma, dit is my suster! ’n Stuk van haar rugvel is halfpad afgetrek, en Kwagga staan by haar.”Die moeder skrik, staan in alle haas op en hol na die plek toe. Toe sy daar aankom, vind sy Kwagga nog by haar siek dogter staan; en sy roep van ver uit: „Wat het gebeur?” Al haar kinders het agter haar aangekom; en ook haar man, wat ’n ent daarvandaan was.Kwagga antwoord dat dit Erdvark se werk is en dat hy vir Erdvark gekap, geskop en weggeja het. En die siek dogter bevestig dit. Toe tel hul haar versigtig op en lei haar saggies na haar moeder haar huis toe, waar sy lank siek gelê het, maar beter geword het. Dog Erdvark het sy goed laat agterbly en het nie gewaag om sy vrou weer te kom haal nie. Van toe af wei die vlakvarke en kwaggas saam.Erdvark het baie spyt oor die aanval op sy vrou. Hy stap toe rond van radeloosheid, en hy ontmoet toe vir Bosvark, wat ook in die nag rondloop. Hy probeer om een van die bosvark-meisies vir ’n vrou te neem; maar deur hul goed in die nag kan sien en weet wat hy gedoen het, so wou hul hom nie hê nie, en hulle algar bespot hom, sodat Erdvark tot vandag toe nog as eensame swerweling snags ronddwaal en nog altyd besig is om boesmanrys bymekaar te maak. Maar sy knapsak het hul afgeneem, en nou moet hy alles opeet wat hy uitgrawe.

No. 28.Erdvark, Vlakvark, Kwagga en Bosvark.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n kort karakterskets van Erdvark en vertel veral waarom Kwaggas en Vlakvarke saam wei. Die ou Boesman-verteller sê dat die storie kom van waar ’n groot rivier sonop loop (waarskynlik die Sambesie).Erdvark neem vir hom ’n vrou uit die vlakvarke. Hy het nie voortande nie, daarom is hy skaam en bang dat die ander vir hom sal uitlag; so soek hy maar sy kos in die nag. Sy vrou weer, Vlakvark, soek haar kos oordags en wou nie eers met hom trou nie; sy sê: „Ek werk in die dag, maar snags wil ek slaap.”Hy antwoord daarop: „In die dag wil ek nie rondloop nie, want dan lag hul vir my groot ore en spot my omdat ek geen tande het nie; maar kom, gaan maar saam met my: ek sal jou leer om goed in die nag te sien, daar ons altwee aan die ou geslag behoor.”Sy laat haar ompraat en gaan met Erdvark mee. Hulle gaan toe veld-in en neem hulle knapsakke saam. Hy grawe boesmanrys (jong miere), en sy soek veldkos. As hy boesmanrys kry, dan moet sy vir hom die knapsakkom oophou dat hy die rys daarin kan gooi; maar as sy veldkos afpluk of uitgrawe, dan moet sy maar alleen die veldkos in haar knapsak sit, want soveel verstand het Erdvark nie om hand by te sit nie.Sy praat met hom daaroor; dan maak hy ekskusies en sê dat hy self so danig besig is, daarom het hy sy plig versuim. Maar naderhand sê hy: „’n Vrou moet toesien om maar self klaar te kom.” Dit het ’n bietjie stryery veroorsaak, dog alles was weer gou oor.Hy kry weer boesmanrys, en sy moet weer kom help, en sy doen dit ewe gewillig. Hulle soek nog verder en kry weer rys. Hy grawe dit uit; en sy kom hom, soos gewoonlik, help. Daarop stap hulle verder; onderwyl pluk sy een streek deur veldkos en grawe wortels uit en vul haar knapsak.Naderhand was Erdvark se knapsak so vol dat daar niks meer kan in nie. Voor hul die rys ingooi, krap hul altyd eers die grond en kluitjies uit en neem net die skoon rys.Hy sê toe vir haar om die sak andermaal te kom oophou; maar sy antwoord: „Jou knapsak is al vol al; waar wil ons nog plek kry?”„Nou bring dan jou karos wat jy oor jou rug dra,” was sy antwoord en bevel.„Nee,” werp sy teë, „dit kan ek nie doen nie; want ons vlakvarke loop nooit sonder ons rugkaros nie.”„Ek sê jou, bring jou rugkaros hier om die rys op te gooi,” was sy bevel ’n bietjie kwaaier.„Ek sê jou mos ons vlakvarke loop nooit sonder ons rugvelkaros nie! Begrawe maar die rys in die grond en oordek dit met grond,” was haar besliste antwoord.„Nou vir die laaste maal: ek beveel jou om jou rugkaros hier te bring om die rys op te gooi,” was die streng gebod.„Ek kan dit nie doen nie, al wil ek ook; en dan, dis nie ons vlakvarke se manier om kaalrug te loop nie,” sê sy op nog beslister manier.Erdvark vlie haar by en trek met sy groot naels haar rugvel amper af. Toe kom haar ingewande uit; sy huil, en hy word bedroef en roep uit: „Ag my vrou, ag my vrou! Wat het ek gedoen?”Sy steek haar ingewande in en trek die afgeskeurde lap vel weer op die plek waar dit was, en sy lê en huil.En toe dit na dag se kant toe raak, sê die moeder van die vlakvarkvrou aan haar ander dogter: „Ek het die hele nag ’n stem gehoor—’n stem wat die wind vir my bring; dis ’n stem van gehuil en jammer gekerm. Loop kyk of dit nie die stem van jou suster wat by Erdvark is, is nie; want dit gaan vir my of dit sy kan wees. Jy weet Erdvark is maar dom en kan nie planne maak nie. Hy het seker weer iets onnosels aangevang. Toe loop; en kom gou terug en kom vertel wat gebeur is.”Die dogter vlakvark hol gou en was spoedig terug. Sy roep van ver uit: „Ma, ma, dit is my suster! ’n Stuk van haar rugvel is halfpad afgetrek, en Kwagga staan by haar.”Die moeder skrik, staan in alle haas op en hol na die plek toe. Toe sy daar aankom, vind sy Kwagga nog by haar siek dogter staan; en sy roep van ver uit: „Wat het gebeur?” Al haar kinders het agter haar aangekom; en ook haar man, wat ’n ent daarvandaan was.Kwagga antwoord dat dit Erdvark se werk is en dat hy vir Erdvark gekap, geskop en weggeja het. En die siek dogter bevestig dit. Toe tel hul haar versigtig op en lei haar saggies na haar moeder haar huis toe, waar sy lank siek gelê het, maar beter geword het. Dog Erdvark het sy goed laat agterbly en het nie gewaag om sy vrou weer te kom haal nie. Van toe af wei die vlakvarke en kwaggas saam.Erdvark het baie spyt oor die aanval op sy vrou. Hy stap toe rond van radeloosheid, en hy ontmoet toe vir Bosvark, wat ook in die nag rondloop. Hy probeer om een van die bosvark-meisies vir ’n vrou te neem; maar deur hul goed in die nag kan sien en weet wat hy gedoen het, so wou hul hom nie hê nie, en hulle algar bespot hom, sodat Erdvark tot vandag toe nog as eensame swerweling snags ronddwaal en nog altyd besig is om boesmanrys bymekaar te maak. Maar sy knapsak het hul afgeneem, en nou moet hy alles opeet wat hy uitgrawe.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n kort karakterskets van Erdvark en vertel veral waarom Kwaggas en Vlakvarke saam wei. Die ou Boesman-verteller sê dat die storie kom van waar ’n groot rivier sonop loop (waarskynlik die Sambesie).
Erdvark neem vir hom ’n vrou uit die vlakvarke. Hy het nie voortande nie, daarom is hy skaam en bang dat die ander vir hom sal uitlag; so soek hy maar sy kos in die nag. Sy vrou weer, Vlakvark, soek haar kos oordags en wou nie eers met hom trou nie; sy sê: „Ek werk in die dag, maar snags wil ek slaap.”
Hy antwoord daarop: „In die dag wil ek nie rondloop nie, want dan lag hul vir my groot ore en spot my omdat ek geen tande het nie; maar kom, gaan maar saam met my: ek sal jou leer om goed in die nag te sien, daar ons altwee aan die ou geslag behoor.”
Sy laat haar ompraat en gaan met Erdvark mee. Hulle gaan toe veld-in en neem hulle knapsakke saam. Hy grawe boesmanrys (jong miere), en sy soek veldkos. As hy boesmanrys kry, dan moet sy vir hom die knapsakkom oophou dat hy die rys daarin kan gooi; maar as sy veldkos afpluk of uitgrawe, dan moet sy maar alleen die veldkos in haar knapsak sit, want soveel verstand het Erdvark nie om hand by te sit nie.
Sy praat met hom daaroor; dan maak hy ekskusies en sê dat hy self so danig besig is, daarom het hy sy plig versuim. Maar naderhand sê hy: „’n Vrou moet toesien om maar self klaar te kom.” Dit het ’n bietjie stryery veroorsaak, dog alles was weer gou oor.
Hy kry weer boesmanrys, en sy moet weer kom help, en sy doen dit ewe gewillig. Hulle soek nog verder en kry weer rys. Hy grawe dit uit; en sy kom hom, soos gewoonlik, help. Daarop stap hulle verder; onderwyl pluk sy een streek deur veldkos en grawe wortels uit en vul haar knapsak.
Naderhand was Erdvark se knapsak so vol dat daar niks meer kan in nie. Voor hul die rys ingooi, krap hul altyd eers die grond en kluitjies uit en neem net die skoon rys.
Hy sê toe vir haar om die sak andermaal te kom oophou; maar sy antwoord: „Jou knapsak is al vol al; waar wil ons nog plek kry?”
„Nou bring dan jou karos wat jy oor jou rug dra,” was sy antwoord en bevel.
„Nee,” werp sy teë, „dit kan ek nie doen nie; want ons vlakvarke loop nooit sonder ons rugkaros nie.”
„Ek sê jou, bring jou rugkaros hier om die rys op te gooi,” was sy bevel ’n bietjie kwaaier.
„Ek sê jou mos ons vlakvarke loop nooit sonder ons rugvelkaros nie! Begrawe maar die rys in die grond en oordek dit met grond,” was haar besliste antwoord.
„Nou vir die laaste maal: ek beveel jou om jou rugkaros hier te bring om die rys op te gooi,” was die streng gebod.
„Ek kan dit nie doen nie, al wil ek ook; en dan, dis nie ons vlakvarke se manier om kaalrug te loop nie,” sê sy op nog beslister manier.
Erdvark vlie haar by en trek met sy groot naels haar rugvel amper af. Toe kom haar ingewande uit; sy huil, en hy word bedroef en roep uit: „Ag my vrou, ag my vrou! Wat het ek gedoen?”
Sy steek haar ingewande in en trek die afgeskeurde lap vel weer op die plek waar dit was, en sy lê en huil.
En toe dit na dag se kant toe raak, sê die moeder van die vlakvarkvrou aan haar ander dogter: „Ek het die hele nag ’n stem gehoor—’n stem wat die wind vir my bring; dis ’n stem van gehuil en jammer gekerm. Loop kyk of dit nie die stem van jou suster wat by Erdvark is, is nie; want dit gaan vir my of dit sy kan wees. Jy weet Erdvark is maar dom en kan nie planne maak nie. Hy het seker weer iets onnosels aangevang. Toe loop; en kom gou terug en kom vertel wat gebeur is.”
Die dogter vlakvark hol gou en was spoedig terug. Sy roep van ver uit: „Ma, ma, dit is my suster! ’n Stuk van haar rugvel is halfpad afgetrek, en Kwagga staan by haar.”
Die moeder skrik, staan in alle haas op en hol na die plek toe. Toe sy daar aankom, vind sy Kwagga nog by haar siek dogter staan; en sy roep van ver uit: „Wat het gebeur?” Al haar kinders het agter haar aangekom; en ook haar man, wat ’n ent daarvandaan was.
Kwagga antwoord dat dit Erdvark se werk is en dat hy vir Erdvark gekap, geskop en weggeja het. En die siek dogter bevestig dit. Toe tel hul haar versigtig op en lei haar saggies na haar moeder haar huis toe, waar sy lank siek gelê het, maar beter geword het. Dog Erdvark het sy goed laat agterbly en het nie gewaag om sy vrou weer te kom haal nie. Van toe af wei die vlakvarke en kwaggas saam.
Erdvark het baie spyt oor die aanval op sy vrou. Hy stap toe rond van radeloosheid, en hy ontmoet toe vir Bosvark, wat ook in die nag rondloop. Hy probeer om een van die bosvark-meisies vir ’n vrou te neem; maar deur hul goed in die nag kan sien en weet wat hy gedoen het, so wou hul hom nie hê nie, en hulle algar bespot hom, sodat Erdvark tot vandag toe nog as eensame swerweling snags ronddwaal en nog altyd besig is om boesmanrys bymekaar te maak. Maar sy knapsak het hul afgeneem, en nou moet hy alles opeet wat hy uitgrawe.