No. 29.

No. 29.Hasie, Tingtinkie en Uil.OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets van Hasie, Tingtinkie en Uil. Die bygeloof dat Uil dinge vooruit weet, word hierin verhaal.Hasie was altyd ’n mannetjie wat op opskep geloer het. Van jag het hy nooit gehou nie; maar dans was sy voorland. Hy rinkink die hele nag deur en oordags, wanneer gejag moet word, dan slaap hy sy lyf uit. Soos die son haas ondergaan, staan hy op, begin weer te baljaar en is tevrede net met veldkos, wat hy teen sononder pluk. Het hy daarvan genoeg, dan begin die gejakker weer tot skimmeldag toe. As hy nie sy veldvrugte kan kry nie, dan is hy met pure gras ook tevrede. Deur hy te lui is om water te gaan skep, is die dou en sapperige plante voldoende om sy dors mee te verslaan. Soos die son uitkom, kruip hy in sy huis, wat hy diep onder ’n graspol of ’n digte bossie maak. Of anders soek hy ’n ou verlate en vlak erdvarkgat op en kruip daar weg om sy lyf nie van die warm sonstrale te laat brand nie.Dat Hasie nou so ’n afgetrokke lewe ly, is hy self die skuld van; want vroeër het hy net so min van werk gehou. As dit opskeptyd is, is hy by; aljimmers is hy by diewaterpotte, of die springbokpens, waarin die water gebêre word, en drink hom knuppelversadig. Maar meegaan veld-toe of waterhaal het nie in Hasie se wit broek gesit nie. Daarom, waar hy kom, ja hul hom weg; want hy was ook mos die parmantjie wat gedurf het om met Maan te stry en te weerspreek dat algar weer sal lewendig word ná hul ’n ruk dood is. Oor hierdie ding het hul hom baie gehaat.Nou het ons die ding afgepraat waarom Hasie so verstote in die wêreld lewe—selfs sy vrou en kinders woon nie by hom nie.Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê, sien Tingtinkie hom daar; en hy begin somar met Hasie te korswel en spot. „Wat slaap jy nog?” vra Tingtinkie. „Dis mos tyd nou vir elke man om in sy werk te wees. Jag jy dan nie? Wat doen jy om die sous en soppies van jou vleis te verdien?”„Aag, moenie met my kom lol nie! As my lyf nie so seer en moeg van die dans is nie, dan het jou vere lankal in die wind gevlie,” merk Hasie op toe hy sy kop optel en dit weer neerlê.„Wat, dans? Kan so ’n kiesvol as jy is, dan ook dans?” sê Tingtinkie met ’n kwint-nadruk in sy stem.„Gô!” brom Hasie. „Jy noem my kiesvol, maar vergeet jouself.” Hy sit meteens regop en roep uit met spoggerige stem: „Toe, durf bring jou ramkie hier en klink vir my hier afDie Kwagga wat trippel; dan kan jy sien hoe ek daardie riel uitkerf.” Meteens gee Hasie ’n paar bokspringe om te wys hoe askoek-slaan lyk en hoe rats hy dit kan doen.... „Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê..… „Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê..„Ek sal dit so nooit doen om vir Slaap-in-die-Kooi my ramkie op te mors nie; maar wel vir Jag-in-die-Veld sal ek ’n riel van my lyf af wegskuiwe,” sê Tingtinkie met ’n spotagtige klank in sy stem.Al wat Hasie hierop sê, was: „A so!” en hy kruip ewe lui weer in sy huisie onder die bossie in.Tingtinkie kon Hasie maar nie met rus laat nie—aljimmers is hy daar om Hasie uit die slaap te wek. So het dit gegaan tot die son sak en hom skaars maak. Toe kom Hasie se beurt om Tingtinkie, wat nie in die donker kan sien nie, uit die slaap te hou. Tingtinkie se huisie hang bo aan ’n hoërige bossie, en elke maal skud Hasie aan die tak. Tingtinkie skrik, vlie in die donker uit en stamp hom orals teen die bossies soos hy vlug. Dan neem dit weer ’n geruime tyd om die huisie terug te vind. Pas is hy daarin gekruip, of hier is Hasie weer; en dit is maar weer net so—Tingtinkie vlug en fladder daar tussen die takkies rond.Dag ná dag, en nag ná nag het dié geterg tussen Tingtinkie en Hasie so voortgeduur, tot Hasie moeg geword het; en Tingtinkie het glad die stuiptrekkings van al die vrees gekry. Toe weet Hasie met ’n laggie te vertel dat dit nie hy is wat snags vir Tingtinkie so bang kom maak het nie, maar dat dit wel Uil is wat dit gedoen het. So kom arme onskuldige Uil aan die pen. Tingtinkie gaan toe al die voëls vertel dat dit Uil met sy groot oë is wat vir hulle snags die dood op die lyf kom ja. Die voëls glo dit ook, en hulle los vir Hasie en kom Uil in die dag pla en terg.Nou, die regte ding is nou eintlik só: Hasie was in sy jong dae die seun wat met Maan gestry het om te sê as iemand dood is, dan is hy dood en word nie meer lewendig nie. Tingtinkie was in sy kindsdae baie ongehoorsaam en wou nie altyd na sy ouers geluister het nie, maar het van die veldvrugte gaan eet waarvan sy ouers hom gesê het om nie te eet nie. Die gif van daardie vrugte het toe gemaak dat hy nie meer gegroei het nie; daarom het hy altyd die grootte van ’n kind behou, al was hy naderhand al oud. Uil was ’n ou towenaar; maar hy het sy bevoegdheid te buite gegaan deur dinge te doen wat hy moes gelaat het. Toe het ’n groter en magtiger towenaar hom dom gemaak en het hom so baasgeraak om sy mag te breek en dit van hom weg te neem. Maar om dinge vooruit te vertel, kon hul van Uil nie wegneem nie. Uil weet tot vandag toe nog wat daar ver aangaan en wat binne ’n maand sal gebeur. En hy kom dit verseker aan die betrokke persone vertel deur naby hulle huise te sit en hoe-hoe.

No. 29.Hasie, Tingtinkie en Uil.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets van Hasie, Tingtinkie en Uil. Die bygeloof dat Uil dinge vooruit weet, word hierin verhaal.Hasie was altyd ’n mannetjie wat op opskep geloer het. Van jag het hy nooit gehou nie; maar dans was sy voorland. Hy rinkink die hele nag deur en oordags, wanneer gejag moet word, dan slaap hy sy lyf uit. Soos die son haas ondergaan, staan hy op, begin weer te baljaar en is tevrede net met veldkos, wat hy teen sononder pluk. Het hy daarvan genoeg, dan begin die gejakker weer tot skimmeldag toe. As hy nie sy veldvrugte kan kry nie, dan is hy met pure gras ook tevrede. Deur hy te lui is om water te gaan skep, is die dou en sapperige plante voldoende om sy dors mee te verslaan. Soos die son uitkom, kruip hy in sy huis, wat hy diep onder ’n graspol of ’n digte bossie maak. Of anders soek hy ’n ou verlate en vlak erdvarkgat op en kruip daar weg om sy lyf nie van die warm sonstrale te laat brand nie.Dat Hasie nou so ’n afgetrokke lewe ly, is hy self die skuld van; want vroeër het hy net so min van werk gehou. As dit opskeptyd is, is hy by; aljimmers is hy by diewaterpotte, of die springbokpens, waarin die water gebêre word, en drink hom knuppelversadig. Maar meegaan veld-toe of waterhaal het nie in Hasie se wit broek gesit nie. Daarom, waar hy kom, ja hul hom weg; want hy was ook mos die parmantjie wat gedurf het om met Maan te stry en te weerspreek dat algar weer sal lewendig word ná hul ’n ruk dood is. Oor hierdie ding het hul hom baie gehaat.Nou het ons die ding afgepraat waarom Hasie so verstote in die wêreld lewe—selfs sy vrou en kinders woon nie by hom nie.Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê, sien Tingtinkie hom daar; en hy begin somar met Hasie te korswel en spot. „Wat slaap jy nog?” vra Tingtinkie. „Dis mos tyd nou vir elke man om in sy werk te wees. Jag jy dan nie? Wat doen jy om die sous en soppies van jou vleis te verdien?”„Aag, moenie met my kom lol nie! As my lyf nie so seer en moeg van die dans is nie, dan het jou vere lankal in die wind gevlie,” merk Hasie op toe hy sy kop optel en dit weer neerlê.„Wat, dans? Kan so ’n kiesvol as jy is, dan ook dans?” sê Tingtinkie met ’n kwint-nadruk in sy stem.„Gô!” brom Hasie. „Jy noem my kiesvol, maar vergeet jouself.” Hy sit meteens regop en roep uit met spoggerige stem: „Toe, durf bring jou ramkie hier en klink vir my hier afDie Kwagga wat trippel; dan kan jy sien hoe ek daardie riel uitkerf.” Meteens gee Hasie ’n paar bokspringe om te wys hoe askoek-slaan lyk en hoe rats hy dit kan doen.... „Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê..… „Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê..„Ek sal dit so nooit doen om vir Slaap-in-die-Kooi my ramkie op te mors nie; maar wel vir Jag-in-die-Veld sal ek ’n riel van my lyf af wegskuiwe,” sê Tingtinkie met ’n spotagtige klank in sy stem.Al wat Hasie hierop sê, was: „A so!” en hy kruip ewe lui weer in sy huisie onder die bossie in.Tingtinkie kon Hasie maar nie met rus laat nie—aljimmers is hy daar om Hasie uit die slaap te wek. So het dit gegaan tot die son sak en hom skaars maak. Toe kom Hasie se beurt om Tingtinkie, wat nie in die donker kan sien nie, uit die slaap te hou. Tingtinkie se huisie hang bo aan ’n hoërige bossie, en elke maal skud Hasie aan die tak. Tingtinkie skrik, vlie in die donker uit en stamp hom orals teen die bossies soos hy vlug. Dan neem dit weer ’n geruime tyd om die huisie terug te vind. Pas is hy daarin gekruip, of hier is Hasie weer; en dit is maar weer net so—Tingtinkie vlug en fladder daar tussen die takkies rond.Dag ná dag, en nag ná nag het dié geterg tussen Tingtinkie en Hasie so voortgeduur, tot Hasie moeg geword het; en Tingtinkie het glad die stuiptrekkings van al die vrees gekry. Toe weet Hasie met ’n laggie te vertel dat dit nie hy is wat snags vir Tingtinkie so bang kom maak het nie, maar dat dit wel Uil is wat dit gedoen het. So kom arme onskuldige Uil aan die pen. Tingtinkie gaan toe al die voëls vertel dat dit Uil met sy groot oë is wat vir hulle snags die dood op die lyf kom ja. Die voëls glo dit ook, en hulle los vir Hasie en kom Uil in die dag pla en terg.Nou, die regte ding is nou eintlik só: Hasie was in sy jong dae die seun wat met Maan gestry het om te sê as iemand dood is, dan is hy dood en word nie meer lewendig nie. Tingtinkie was in sy kindsdae baie ongehoorsaam en wou nie altyd na sy ouers geluister het nie, maar het van die veldvrugte gaan eet waarvan sy ouers hom gesê het om nie te eet nie. Die gif van daardie vrugte het toe gemaak dat hy nie meer gegroei het nie; daarom het hy altyd die grootte van ’n kind behou, al was hy naderhand al oud. Uil was ’n ou towenaar; maar hy het sy bevoegdheid te buite gegaan deur dinge te doen wat hy moes gelaat het. Toe het ’n groter en magtiger towenaar hom dom gemaak en het hom so baasgeraak om sy mag te breek en dit van hom weg te neem. Maar om dinge vooruit te vertel, kon hul van Uil nie wegneem nie. Uil weet tot vandag toe nog wat daar ver aangaan en wat binne ’n maand sal gebeur. En hy kom dit verseker aan die betrokke persone vertel deur naby hulle huise te sit en hoe-hoe.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n karakterskets van Hasie, Tingtinkie en Uil. Die bygeloof dat Uil dinge vooruit weet, word hierin verhaal.

Hasie was altyd ’n mannetjie wat op opskep geloer het. Van jag het hy nooit gehou nie; maar dans was sy voorland. Hy rinkink die hele nag deur en oordags, wanneer gejag moet word, dan slaap hy sy lyf uit. Soos die son haas ondergaan, staan hy op, begin weer te baljaar en is tevrede net met veldkos, wat hy teen sononder pluk. Het hy daarvan genoeg, dan begin die gejakker weer tot skimmeldag toe. As hy nie sy veldvrugte kan kry nie, dan is hy met pure gras ook tevrede. Deur hy te lui is om water te gaan skep, is die dou en sapperige plante voldoende om sy dors mee te verslaan. Soos die son uitkom, kruip hy in sy huis, wat hy diep onder ’n graspol of ’n digte bossie maak. Of anders soek hy ’n ou verlate en vlak erdvarkgat op en kruip daar weg om sy lyf nie van die warm sonstrale te laat brand nie.

Dat Hasie nou so ’n afgetrokke lewe ly, is hy self die skuld van; want vroeër het hy net so min van werk gehou. As dit opskeptyd is, is hy by; aljimmers is hy by diewaterpotte, of die springbokpens, waarin die water gebêre word, en drink hom knuppelversadig. Maar meegaan veld-toe of waterhaal het nie in Hasie se wit broek gesit nie. Daarom, waar hy kom, ja hul hom weg; want hy was ook mos die parmantjie wat gedurf het om met Maan te stry en te weerspreek dat algar weer sal lewendig word ná hul ’n ruk dood is. Oor hierdie ding het hul hom baie gehaat.

Nou het ons die ding afgepraat waarom Hasie so verstote in die wêreld lewe—selfs sy vrou en kinders woon nie by hom nie.

Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê, sien Tingtinkie hom daar; en hy begin somar met Hasie te korswel en spot. „Wat slaap jy nog?” vra Tingtinkie. „Dis mos tyd nou vir elke man om in sy werk te wees. Jag jy dan nie? Wat doen jy om die sous en soppies van jou vleis te verdien?”

„Aag, moenie met my kom lol nie! As my lyf nie so seer en moeg van die dans is nie, dan het jou vere lankal in die wind gevlie,” merk Hasie op toe hy sy kop optel en dit weer neerlê.

„Wat, dans? Kan so ’n kiesvol as jy is, dan ook dans?” sê Tingtinkie met ’n kwint-nadruk in sy stem.

„Gô!” brom Hasie. „Jy noem my kiesvol, maar vergeet jouself.” Hy sit meteens regop en roep uit met spoggerige stem: „Toe, durf bring jou ramkie hier en klink vir my hier afDie Kwagga wat trippel; dan kan jy sien hoe ek daardie riel uitkerf.” Meteens gee Hasie ’n paar bokspringe om te wys hoe askoek-slaan lyk en hoe rats hy dit kan doen.

... „Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê..… „Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê..

… „Toe hy so lekker op ’n warm dag onder die koel bossie lê..

„Ek sal dit so nooit doen om vir Slaap-in-die-Kooi my ramkie op te mors nie; maar wel vir Jag-in-die-Veld sal ek ’n riel van my lyf af wegskuiwe,” sê Tingtinkie met ’n spotagtige klank in sy stem.

Al wat Hasie hierop sê, was: „A so!” en hy kruip ewe lui weer in sy huisie onder die bossie in.

Tingtinkie kon Hasie maar nie met rus laat nie—aljimmers is hy daar om Hasie uit die slaap te wek. So het dit gegaan tot die son sak en hom skaars maak. Toe kom Hasie se beurt om Tingtinkie, wat nie in die donker kan sien nie, uit die slaap te hou. Tingtinkie se huisie hang bo aan ’n hoërige bossie, en elke maal skud Hasie aan die tak. Tingtinkie skrik, vlie in die donker uit en stamp hom orals teen die bossies soos hy vlug. Dan neem dit weer ’n geruime tyd om die huisie terug te vind. Pas is hy daarin gekruip, of hier is Hasie weer; en dit is maar weer net so—Tingtinkie vlug en fladder daar tussen die takkies rond.

Dag ná dag, en nag ná nag het dié geterg tussen Tingtinkie en Hasie so voortgeduur, tot Hasie moeg geword het; en Tingtinkie het glad die stuiptrekkings van al die vrees gekry. Toe weet Hasie met ’n laggie te vertel dat dit nie hy is wat snags vir Tingtinkie so bang kom maak het nie, maar dat dit wel Uil is wat dit gedoen het. So kom arme onskuldige Uil aan die pen. Tingtinkie gaan toe al die voëls vertel dat dit Uil met sy groot oë is wat vir hulle snags die dood op die lyf kom ja. Die voëls glo dit ook, en hulle los vir Hasie en kom Uil in die dag pla en terg.

Nou, die regte ding is nou eintlik só: Hasie was in sy jong dae die seun wat met Maan gestry het om te sê as iemand dood is, dan is hy dood en word nie meer lewendig nie. Tingtinkie was in sy kindsdae baie ongehoorsaam en wou nie altyd na sy ouers geluister het nie, maar het van die veldvrugte gaan eet waarvan sy ouers hom gesê het om nie te eet nie. Die gif van daardie vrugte het toe gemaak dat hy nie meer gegroei het nie; daarom het hy altyd die grootte van ’n kind behou, al was hy naderhand al oud. Uil was ’n ou towenaar; maar hy het sy bevoegdheid te buite gegaan deur dinge te doen wat hy moes gelaat het. Toe het ’n groter en magtiger towenaar hom dom gemaak en het hom so baasgeraak om sy mag te breek en dit van hom weg te neem. Maar om dinge vooruit te vertel, kon hul van Uil nie wegneem nie. Uil weet tot vandag toe nog wat daar ver aangaan en wat binne ’n maand sal gebeur. En hy kom dit verseker aan die betrokke persone vertel deur naby hulle huise te sit en hoe-hoe.

Back to IndexNext