No. 30.

No. 30.Die Boesman en Leeu ontmoet in ’n Spelonk.OPMERKINGS:—Al die storievertellers verhaal dieselfde storie nie op dieselfde wyse nie. So word in baie gevalle dele van een storie by ’n ander gevoeg. Wanneer verskillende verhale met mekaar vergelyk word, dan kry ons min of meer ’n idee hoe ’n storie inmekaar sit. Hierdie storie is ’n karakterskildering van die gedrag van Leeu.Leeu behoor ook aan die ou geslag en kan baie fyn planne maak om aan sy kos te kom. Hy kry eendag, toe die son ondergaan, ’n plan om reën te maak; hy laat die lug donker toetrek, sodat iemand nie sy hande voor sy oë kan sien nie. Ja, daardie aand word dit so donker, so donker, of iemand hom agter in ’n kliphuis in ’n stikdonker nag bevind. Baie het ook daardie aand glad so verdwaal dat hul hulle huise nie kon vind nie. En moenie praat hoe dit reën nie!—dit lyk of ou meide en knopkieries tegelyk uit die lug val.Een Boesman het glad sy pad verloor. Hy wis wel dat hy naby ’n spelonk, of kliphuis, was; maar waar dit juis is, dit kon hy op die oomblik nie sê nie.Leeu merk toe dat die Boesman na die klipgrot soek. En daar dit so sterk reën en koud is, hol hy vooruit en gaan die Boesman in die plek afwag deur agterin te kruip.Leeu was nat en koud: hy rittel soos hy bewe; en toe hy warm word, voel hy vakerig en val vas in die slaap, maar bly nog altyd so sit.Die Boesman, wat nog altyd aan ronddwaal was, kry eindelik die plek en kruip met sy goed op sy rug voel-voel binne. Maar hy hoor iemand—miskien meer—hard asemhaal asof hy slaap. Dog die asemhaling was te hard en diep om dié van ’n mens te wees, so luister hy met gespanne aandag. Hy kan egter nie met sekerheid verklaar wat dit is wat so swaar asemhaal nie. Hy besluit om baie saggies nader te kruip om sy hand effentjies op die persoon of ding te lê. Hy voel en plaas sy hand op ’n harige iets. Hy skrik; dog om seker te wees, voel hy nog ’n keer. En, jou waarlik, dit is niemand anders as Leeu nie—’n tamaai knewel!Saggies, soos ’n kat, kruip hy terug en stap voel-voel op die puntjies van sy voete die spelonk uit. Hy het nog nie sy goed neergesit nie, so het hy nie lank versuim nie.Hy voel aan sy hart wat nou gaan gebeur: Leeu sal sy ruik kry en sal hom agtervolg. Daar hy min of meer weet waar hy toe was, kon hy ’n bekende pad volg en moes daar voor deur ’n stroom swem; want Leeu is maar ’n bietjie vies vir waterstrome.Leeu skrik wakker toe hy die Boesman se ruik kry. Met ’n geknor en brul bespring hy die plek waar die ruiknog vars is; hy vang met sy voorpoot in die donker rond; maar alles wat hy mee in aanraking kom, is net skone lug. Leeu word woedend en brul binnensmonds, dog hardop. Dadelik gaan hy op die ruik van die spoor en druk vinnig op om die Boesman in te haal. Hy kom voor die waterloop, en dis vol. Toe kry hy ’n bietjie spyt dat hy so danig baie laat reën het. Hy moes daar lank vertoef om deurgaanplek te kry.Onderwyl het die Boesman deurgeswem en het met ’n bekende pad voel-voel in die pikdonker aangedruk om ’n plek te bereik wat hy goed ken. Hy sien ’n vuurtjie brand en dog dat dit die plek of die oog van Leeu is wat so sterk in die donker blink. Asemloos steek hy vas, en sy hart klop tot in sy keel. Wat nou gedoen?„Dood is ek, dood!” sê hy by homself. „As dit Leeu is, kan ek nou nie ’n steek verder vlug nie.”Naas die Boesman was ’n diep klipskeur; hy breek ’n doringtak af, kruip in die skeur en trek die tak voor hom in die skeur sodat Leeu hom nie kan bykom nie.Hy het nie te lank gelê nie, of hy kom tot die oortuiging dat die lig wat hy sien, ’n regte vuur is; want hy het dit altyd in die oog gehou. Maar om nou te vlug om daardie vuur te bereik, is nie aan te dink nie, daar Leeu nou te baie tyd gekry het om hom in te haal. Dis bitter koud, hy voel nat; maar wat anders kan hy doen as om tot dag toe in daardie donker skeur te lê?Pas het die gedagte deur sy hart gegaan, of die flou maan skyn deur die wolke en maak ’n grou lig—en hier staan Leeu regtig met sy twee blink oë vlak voor die skeur. Hy roep: „Kom uit, of ek kom jou daaruit sleep!”Die Boesman kruip nes Skilpad in sy dop—of liewers gesê: in die klipskeur. Dis ’n benoude uurtjie.Gits! hier hoor hy ’n geritsel agter hom—daar is nie takke om te keer nie. Hy draai sy kop haastig om, en toe sien hy ’n syskeur; en daar skyn ’n dowwe lig in. Hy hoor stemme van Boesmans; en toe kruip hy dieper in, kronkel hom in die sygangetjie en sien ’n groot opening met ’n ander inkomplek. In die groot opening brand ’n heerlike vuur, waarby twee Boesmans, wat ook verdwaal het, lê en slaap. Maar hulle het ook vir die gebrul van Leeu wakkergeskrik: hulle sit nou regop en gryp na hulle pyle en boë.Die Boesman in die skeur praat toe gou om te laat verstaan dat hy nie Leeu is nie. Het hy dit nie gedoen nie, dan was hy so waar ’n kind van die dood; want die twee by die vuur sit net klaar om met hulle gifpyle in die skeur in te skiet waarin hy gekruip het. Hulle was bly om mekaar in so ’n gevaarlike oomblik te ontmoet.Die vuur word groter gemaak om meer lig te gee en om stompe vuur te kry om Leeu mee te gooi as hy durf nader kom. Leeu het ook nie gewag nie: hy het om die klipstawel van groot rotse kom loer, dog was baie bang om die Boesmans by die brandende vuur te storm: vuur is sy moses.So roep hy uit: „Stoot daardie man uit wat gedurf het om my in my huis te kom pla; hy is hier, want sy spore hou hierso op!”„Kom haal jy hom maar self hier uit as jy man genoeg is om hom hier uit te kom vat,” sê die ander twee by wyse van grootpraat.Leeu blaas deur sy baard—so woedend word hy; dog hy staan uit vlakte se kant toe, want hy is vir daardie stompe vuur net so versigtig as wat ’n slang vir pypolie is. Hy stap toe sonder om geraas te maak daar ver om die plek en hou hulle gedurig dop of hulle nie huis-toe sal gaan nie, of ’n onbedagte oomblik hom nie ’n kans sal gee om tussen hulle in te spring, een te pak en met hom weg te stap nie. Maar daarvoor is oom Boesman te oulik: hulle bly by die vuur sit, al het die brandhout amper opgegee—en huistoegaan is nou net min by hulle.Toe die son uitkom, stap Leeu nog daar ver om die klipkoppie; dog toe die aarde heeltemal onder die gloed van lig lê, stap Leeu ewe teleurgesteld na sy huis toe in die digte bosse of riete; want so dapper as hy is, sal hy dit nie somar waag om ’n man in die helder daglig te kom pak nie. Dit het die Boesmans in die geleentheid gestel—toe Leeu ’n ruk weg was—om ook na hulle huise en gesinne toe te gaan. En daar was groot blydskap.

No. 30.Die Boesman en Leeu ontmoet in ’n Spelonk.

OPMERKINGS:—Al die storievertellers verhaal dieselfde storie nie op dieselfde wyse nie. So word in baie gevalle dele van een storie by ’n ander gevoeg. Wanneer verskillende verhale met mekaar vergelyk word, dan kry ons min of meer ’n idee hoe ’n storie inmekaar sit. Hierdie storie is ’n karakterskildering van die gedrag van Leeu.Leeu behoor ook aan die ou geslag en kan baie fyn planne maak om aan sy kos te kom. Hy kry eendag, toe die son ondergaan, ’n plan om reën te maak; hy laat die lug donker toetrek, sodat iemand nie sy hande voor sy oë kan sien nie. Ja, daardie aand word dit so donker, so donker, of iemand hom agter in ’n kliphuis in ’n stikdonker nag bevind. Baie het ook daardie aand glad so verdwaal dat hul hulle huise nie kon vind nie. En moenie praat hoe dit reën nie!—dit lyk of ou meide en knopkieries tegelyk uit die lug val.Een Boesman het glad sy pad verloor. Hy wis wel dat hy naby ’n spelonk, of kliphuis, was; maar waar dit juis is, dit kon hy op die oomblik nie sê nie.Leeu merk toe dat die Boesman na die klipgrot soek. En daar dit so sterk reën en koud is, hol hy vooruit en gaan die Boesman in die plek afwag deur agterin te kruip.Leeu was nat en koud: hy rittel soos hy bewe; en toe hy warm word, voel hy vakerig en val vas in die slaap, maar bly nog altyd so sit.Die Boesman, wat nog altyd aan ronddwaal was, kry eindelik die plek en kruip met sy goed op sy rug voel-voel binne. Maar hy hoor iemand—miskien meer—hard asemhaal asof hy slaap. Dog die asemhaling was te hard en diep om dié van ’n mens te wees, so luister hy met gespanne aandag. Hy kan egter nie met sekerheid verklaar wat dit is wat so swaar asemhaal nie. Hy besluit om baie saggies nader te kruip om sy hand effentjies op die persoon of ding te lê. Hy voel en plaas sy hand op ’n harige iets. Hy skrik; dog om seker te wees, voel hy nog ’n keer. En, jou waarlik, dit is niemand anders as Leeu nie—’n tamaai knewel!Saggies, soos ’n kat, kruip hy terug en stap voel-voel op die puntjies van sy voete die spelonk uit. Hy het nog nie sy goed neergesit nie, so het hy nie lank versuim nie.Hy voel aan sy hart wat nou gaan gebeur: Leeu sal sy ruik kry en sal hom agtervolg. Daar hy min of meer weet waar hy toe was, kon hy ’n bekende pad volg en moes daar voor deur ’n stroom swem; want Leeu is maar ’n bietjie vies vir waterstrome.Leeu skrik wakker toe hy die Boesman se ruik kry. Met ’n geknor en brul bespring hy die plek waar die ruiknog vars is; hy vang met sy voorpoot in die donker rond; maar alles wat hy mee in aanraking kom, is net skone lug. Leeu word woedend en brul binnensmonds, dog hardop. Dadelik gaan hy op die ruik van die spoor en druk vinnig op om die Boesman in te haal. Hy kom voor die waterloop, en dis vol. Toe kry hy ’n bietjie spyt dat hy so danig baie laat reën het. Hy moes daar lank vertoef om deurgaanplek te kry.Onderwyl het die Boesman deurgeswem en het met ’n bekende pad voel-voel in die pikdonker aangedruk om ’n plek te bereik wat hy goed ken. Hy sien ’n vuurtjie brand en dog dat dit die plek of die oog van Leeu is wat so sterk in die donker blink. Asemloos steek hy vas, en sy hart klop tot in sy keel. Wat nou gedoen?„Dood is ek, dood!” sê hy by homself. „As dit Leeu is, kan ek nou nie ’n steek verder vlug nie.”Naas die Boesman was ’n diep klipskeur; hy breek ’n doringtak af, kruip in die skeur en trek die tak voor hom in die skeur sodat Leeu hom nie kan bykom nie.Hy het nie te lank gelê nie, of hy kom tot die oortuiging dat die lig wat hy sien, ’n regte vuur is; want hy het dit altyd in die oog gehou. Maar om nou te vlug om daardie vuur te bereik, is nie aan te dink nie, daar Leeu nou te baie tyd gekry het om hom in te haal. Dis bitter koud, hy voel nat; maar wat anders kan hy doen as om tot dag toe in daardie donker skeur te lê?Pas het die gedagte deur sy hart gegaan, of die flou maan skyn deur die wolke en maak ’n grou lig—en hier staan Leeu regtig met sy twee blink oë vlak voor die skeur. Hy roep: „Kom uit, of ek kom jou daaruit sleep!”Die Boesman kruip nes Skilpad in sy dop—of liewers gesê: in die klipskeur. Dis ’n benoude uurtjie.Gits! hier hoor hy ’n geritsel agter hom—daar is nie takke om te keer nie. Hy draai sy kop haastig om, en toe sien hy ’n syskeur; en daar skyn ’n dowwe lig in. Hy hoor stemme van Boesmans; en toe kruip hy dieper in, kronkel hom in die sygangetjie en sien ’n groot opening met ’n ander inkomplek. In die groot opening brand ’n heerlike vuur, waarby twee Boesmans, wat ook verdwaal het, lê en slaap. Maar hulle het ook vir die gebrul van Leeu wakkergeskrik: hulle sit nou regop en gryp na hulle pyle en boë.Die Boesman in die skeur praat toe gou om te laat verstaan dat hy nie Leeu is nie. Het hy dit nie gedoen nie, dan was hy so waar ’n kind van die dood; want die twee by die vuur sit net klaar om met hulle gifpyle in die skeur in te skiet waarin hy gekruip het. Hulle was bly om mekaar in so ’n gevaarlike oomblik te ontmoet.Die vuur word groter gemaak om meer lig te gee en om stompe vuur te kry om Leeu mee te gooi as hy durf nader kom. Leeu het ook nie gewag nie: hy het om die klipstawel van groot rotse kom loer, dog was baie bang om die Boesmans by die brandende vuur te storm: vuur is sy moses.So roep hy uit: „Stoot daardie man uit wat gedurf het om my in my huis te kom pla; hy is hier, want sy spore hou hierso op!”„Kom haal jy hom maar self hier uit as jy man genoeg is om hom hier uit te kom vat,” sê die ander twee by wyse van grootpraat.Leeu blaas deur sy baard—so woedend word hy; dog hy staan uit vlakte se kant toe, want hy is vir daardie stompe vuur net so versigtig as wat ’n slang vir pypolie is. Hy stap toe sonder om geraas te maak daar ver om die plek en hou hulle gedurig dop of hulle nie huis-toe sal gaan nie, of ’n onbedagte oomblik hom nie ’n kans sal gee om tussen hulle in te spring, een te pak en met hom weg te stap nie. Maar daarvoor is oom Boesman te oulik: hulle bly by die vuur sit, al het die brandhout amper opgegee—en huistoegaan is nou net min by hulle.Toe die son uitkom, stap Leeu nog daar ver om die klipkoppie; dog toe die aarde heeltemal onder die gloed van lig lê, stap Leeu ewe teleurgesteld na sy huis toe in die digte bosse of riete; want so dapper as hy is, sal hy dit nie somar waag om ’n man in die helder daglig te kom pak nie. Dit het die Boesmans in die geleentheid gestel—toe Leeu ’n ruk weg was—om ook na hulle huise en gesinne toe te gaan. En daar was groot blydskap.

OPMERKINGS:—Al die storievertellers verhaal dieselfde storie nie op dieselfde wyse nie. So word in baie gevalle dele van een storie by ’n ander gevoeg. Wanneer verskillende verhale met mekaar vergelyk word, dan kry ons min of meer ’n idee hoe ’n storie inmekaar sit. Hierdie storie is ’n karakterskildering van die gedrag van Leeu.

Leeu behoor ook aan die ou geslag en kan baie fyn planne maak om aan sy kos te kom. Hy kry eendag, toe die son ondergaan, ’n plan om reën te maak; hy laat die lug donker toetrek, sodat iemand nie sy hande voor sy oë kan sien nie. Ja, daardie aand word dit so donker, so donker, of iemand hom agter in ’n kliphuis in ’n stikdonker nag bevind. Baie het ook daardie aand glad so verdwaal dat hul hulle huise nie kon vind nie. En moenie praat hoe dit reën nie!—dit lyk of ou meide en knopkieries tegelyk uit die lug val.

Een Boesman het glad sy pad verloor. Hy wis wel dat hy naby ’n spelonk, of kliphuis, was; maar waar dit juis is, dit kon hy op die oomblik nie sê nie.

Leeu merk toe dat die Boesman na die klipgrot soek. En daar dit so sterk reën en koud is, hol hy vooruit en gaan die Boesman in die plek afwag deur agterin te kruip.

Leeu was nat en koud: hy rittel soos hy bewe; en toe hy warm word, voel hy vakerig en val vas in die slaap, maar bly nog altyd so sit.

Die Boesman, wat nog altyd aan ronddwaal was, kry eindelik die plek en kruip met sy goed op sy rug voel-voel binne. Maar hy hoor iemand—miskien meer—hard asemhaal asof hy slaap. Dog die asemhaling was te hard en diep om dié van ’n mens te wees, so luister hy met gespanne aandag. Hy kan egter nie met sekerheid verklaar wat dit is wat so swaar asemhaal nie. Hy besluit om baie saggies nader te kruip om sy hand effentjies op die persoon of ding te lê. Hy voel en plaas sy hand op ’n harige iets. Hy skrik; dog om seker te wees, voel hy nog ’n keer. En, jou waarlik, dit is niemand anders as Leeu nie—’n tamaai knewel!

Saggies, soos ’n kat, kruip hy terug en stap voel-voel op die puntjies van sy voete die spelonk uit. Hy het nog nie sy goed neergesit nie, so het hy nie lank versuim nie.

Hy voel aan sy hart wat nou gaan gebeur: Leeu sal sy ruik kry en sal hom agtervolg. Daar hy min of meer weet waar hy toe was, kon hy ’n bekende pad volg en moes daar voor deur ’n stroom swem; want Leeu is maar ’n bietjie vies vir waterstrome.

Leeu skrik wakker toe hy die Boesman se ruik kry. Met ’n geknor en brul bespring hy die plek waar die ruiknog vars is; hy vang met sy voorpoot in die donker rond; maar alles wat hy mee in aanraking kom, is net skone lug. Leeu word woedend en brul binnensmonds, dog hardop. Dadelik gaan hy op die ruik van die spoor en druk vinnig op om die Boesman in te haal. Hy kom voor die waterloop, en dis vol. Toe kry hy ’n bietjie spyt dat hy so danig baie laat reën het. Hy moes daar lank vertoef om deurgaanplek te kry.

Onderwyl het die Boesman deurgeswem en het met ’n bekende pad voel-voel in die pikdonker aangedruk om ’n plek te bereik wat hy goed ken. Hy sien ’n vuurtjie brand en dog dat dit die plek of die oog van Leeu is wat so sterk in die donker blink. Asemloos steek hy vas, en sy hart klop tot in sy keel. Wat nou gedoen?

„Dood is ek, dood!” sê hy by homself. „As dit Leeu is, kan ek nou nie ’n steek verder vlug nie.”

Naas die Boesman was ’n diep klipskeur; hy breek ’n doringtak af, kruip in die skeur en trek die tak voor hom in die skeur sodat Leeu hom nie kan bykom nie.

Hy het nie te lank gelê nie, of hy kom tot die oortuiging dat die lig wat hy sien, ’n regte vuur is; want hy het dit altyd in die oog gehou. Maar om nou te vlug om daardie vuur te bereik, is nie aan te dink nie, daar Leeu nou te baie tyd gekry het om hom in te haal. Dis bitter koud, hy voel nat; maar wat anders kan hy doen as om tot dag toe in daardie donker skeur te lê?

Pas het die gedagte deur sy hart gegaan, of die flou maan skyn deur die wolke en maak ’n grou lig—en hier staan Leeu regtig met sy twee blink oë vlak voor die skeur. Hy roep: „Kom uit, of ek kom jou daaruit sleep!”

Die Boesman kruip nes Skilpad in sy dop—of liewers gesê: in die klipskeur. Dis ’n benoude uurtjie.

Gits! hier hoor hy ’n geritsel agter hom—daar is nie takke om te keer nie. Hy draai sy kop haastig om, en toe sien hy ’n syskeur; en daar skyn ’n dowwe lig in. Hy hoor stemme van Boesmans; en toe kruip hy dieper in, kronkel hom in die sygangetjie en sien ’n groot opening met ’n ander inkomplek. In die groot opening brand ’n heerlike vuur, waarby twee Boesmans, wat ook verdwaal het, lê en slaap. Maar hulle het ook vir die gebrul van Leeu wakkergeskrik: hulle sit nou regop en gryp na hulle pyle en boë.

Die Boesman in die skeur praat toe gou om te laat verstaan dat hy nie Leeu is nie. Het hy dit nie gedoen nie, dan was hy so waar ’n kind van die dood; want die twee by die vuur sit net klaar om met hulle gifpyle in die skeur in te skiet waarin hy gekruip het. Hulle was bly om mekaar in so ’n gevaarlike oomblik te ontmoet.

Die vuur word groter gemaak om meer lig te gee en om stompe vuur te kry om Leeu mee te gooi as hy durf nader kom. Leeu het ook nie gewag nie: hy het om die klipstawel van groot rotse kom loer, dog was baie bang om die Boesmans by die brandende vuur te storm: vuur is sy moses.

So roep hy uit: „Stoot daardie man uit wat gedurf het om my in my huis te kom pla; hy is hier, want sy spore hou hierso op!”

„Kom haal jy hom maar self hier uit as jy man genoeg is om hom hier uit te kom vat,” sê die ander twee by wyse van grootpraat.

Leeu blaas deur sy baard—so woedend word hy; dog hy staan uit vlakte se kant toe, want hy is vir daardie stompe vuur net so versigtig as wat ’n slang vir pypolie is. Hy stap toe sonder om geraas te maak daar ver om die plek en hou hulle gedurig dop of hulle nie huis-toe sal gaan nie, of ’n onbedagte oomblik hom nie ’n kans sal gee om tussen hulle in te spring, een te pak en met hom weg te stap nie. Maar daarvoor is oom Boesman te oulik: hulle bly by die vuur sit, al het die brandhout amper opgegee—en huistoegaan is nou net min by hulle.

Toe die son uitkom, stap Leeu nog daar ver om die klipkoppie; dog toe die aarde heeltemal onder die gloed van lig lê, stap Leeu ewe teleurgesteld na sy huis toe in die digte bosse of riete; want so dapper as hy is, sal hy dit nie somar waag om ’n man in die helder daglig te kom pak nie. Dit het die Boesmans in die geleentheid gestel—toe Leeu ’n ruk weg was—om ook na hulle huise en gesinne toe te gaan. En daar was groot blydskap.

Back to IndexNext