No. 31.Slang en Skilpad is Broers.OPMERKINGS:—In hierdie storie word die leefwyse van Slang en Skilpad in ’n karakterskets weergegee. Hierdie verhaal is ons meegedeel deur ’n Transvaalse Boesman.Daar was twee ou Boesmans van die ou geslag. Elkeen het ’n seun gehad. Maar die seun van die een was ’n onnut; en die seun van die ander was knap met jag, en hy kon mooi dans en ramkie speel. Dit het die jaloersheid tussen die ouers van die twee seuns gaande gemaak.Eendag kry die een vader—nl. die vader van die onnuttige seun—die goeie seun in die veld alleen. Hy pak hom met verraad, sny die arms en bene van die goeie seun af, vat sy mooi gebreide karos en gee hom ’n ou stuk harde buffelvel in plaas daarvan. Die ou stap toe weg en vertel niks daarvan aan die ander Boesmans nie.Die goeie seun het toe nie meer arms en bene waarmee hy kan jag, dans en musiek maak nie. Hy moes maar so goed of sleg as hy kan, rondkruip en toe maar van veldkos lewe. Hy het baie verdrietig gevoel en het baie spyt van sy mooi karos, en nou moet hy met die hardgeworde koue buffelvel klaarkom. Hy het toe die groot Bosveldskilpad geword.Die vader van die goeie seun gaan sy kind oral rond soek. Hy kry wel vir Bosveldskilpad, maar hy ken hom nie; ook het hy nie geweet dat dit sy kind is nie.Dieselfde ou Boesman kry weer ’n seun; maar daardie seun was ’n kwaaikop en nie so sagsinnig as sy broer nie. Aan sy ouers was hy wel gehoorsaam; maar van die vader van die onnuttige seun wou hy niks verdra nie, dog hy was darem versigtig vir hom en bly uit sy pad.Die vader van die stout seun was ’n ou towenaar-man en reënmaker. Ook kon hy hom in enige ding verander, net soos hy lus kry. Hy verander hom in ’n pragtige voël, wat rooi en geel, blou en groen, wit en swart vere het. Hy gaan daar in die veld op ’n boom naby die jongste broer van Skilpad sit en sing. En hy pronk met sy mooi vere.Die jong broer sien die mooi voël wat so pragtig sing; hy kry somar gedagte dat dit die ou towenaar-man moet wees. Hy staan stil om te kyk of daar kans is om hom met pyl en boog dood te skiet. Hy bekruip die voël en kom digby.Dis net wat die ou towenaar-man wou gehad het. Hy vlie van die boom af, verander hom in die ou Boesman, en pak die jong broer van Skilpad en sit hom onder.Hy sê toe: „Jy sien die son daar! Jy moet nou mooi kyk hoe hy lyk; want dis die laaste dag dat jou parmantige oë hom sal sien en dat jou parmantige mond sy naam sal noem.” Hy sny toe die kop van Skilpad se broer af en sny hom van onder na bo in twee stukke, sodat aan die een stuk ’n arm en ’n been bly, en net so aan die ander stuk liggaamvan die broer van Skilpad. Hy laat die twee stukke so lê en stap weg sonder daarvan aan andere iets te sê.Die son gaan onder, dit word donker, en die maan kom uit. En Jakkals kom by die stukke liggaam om daaraan te eet. Maar Maan, wat self al maande lewendig word, giet van sy dou op die twee stukke; en die been en arm van elke stuk rek hul uit, en elke stuk word ’n lang Bosveldslang. Albei slange staan somar met Jakkals reg; hy vlug, en die twee slange begin toe rond te seil, iedereen sy eie koers.Die vader word onrustig toe sy ander seun ook nie huis-toe kom nie; so gaan hy hierdie slag ook weer soek. Hy kry die groot Bosveldslange; hy ken hul nie en weet nie dat dit sy ander seun is nie. Van toe af het hy geen seuns meer nie.Maar Skilpad het geweet dat hul sy broers is; so maak Slang en Skilpad tot vandag toe nie rusie nie.Eendag loop die stout seun van die ou towenaar-man in die veld rond; hy sien vir Skilpad en tel hom op om hom te gaan braai. Dog een Bosveldslang sien dit; hy bekruip die onnuttige seun, woel sy lang lyf om die stoutert, druk van sy ribbe stukkend, spuug hom nat met sy slym, en begin die onwettige seun van die voete af in te sluk.Maar die stoutert het nog so veel krag besit om stadig sy een been opsy te trek, sodat Slang nie albei bene gelyk kan insluk nie. Slang begin die stout seun van die voet af in te sluk; en toe hy die een been heeltemal ingesluk het, toe eers gewaar hy dat die ander been nog buite is. Hyspuug die been weer terug, draai die onnuttige seun weer bymekaar en wou weer van die voete af begin te sluk.Dog andermaal trek die seun sy een been opsy, sodat Slang hierdie slag weer net een been te pak kry. Toe Slang die een been binne het en nie verder kan sluk nie, stoot hy weer die been terug uit sy bek en begin weer die twee bene naas mekaar te plaas.Net toe kom die towenaar-man sy seun soek; hy kry hom net toe Slang met hom besig was. Toe Slang dit gewaar, staan hy met die ou Boesman reg; dog die ou man raak Slang baas en maak hom dood. En op hierdie manier was hy net in tyd om sy stout seun van die dood te red. Dog daardie seun het sy hele lewe mankoliek gebly: hy het altyd skeef geloop.Skilpad het dit alles stilswyend aanskou. Hy is weerloos—dit wil sê hy kan hom nie verdedig nie, anders as net om in sy dop te kruip as hy gevaar bespeur. So het hy met hierdie gedoente gevlug en hom onder ’n bossie gaan wegsteek. Sy famielie ken hom nie, so stap hy maar treurig en eensaam deur die veld alleen. Hy leef van veldkos en drink dou en die sop van sapperige plante en het glad verleer om water te drink; want as hy op ’n baie warm dag by water kom, dan druk hy somar sy hele kop onder die water om te drink.

No. 31.Slang en Skilpad is Broers.
OPMERKINGS:—In hierdie storie word die leefwyse van Slang en Skilpad in ’n karakterskets weergegee. Hierdie verhaal is ons meegedeel deur ’n Transvaalse Boesman.Daar was twee ou Boesmans van die ou geslag. Elkeen het ’n seun gehad. Maar die seun van die een was ’n onnut; en die seun van die ander was knap met jag, en hy kon mooi dans en ramkie speel. Dit het die jaloersheid tussen die ouers van die twee seuns gaande gemaak.Eendag kry die een vader—nl. die vader van die onnuttige seun—die goeie seun in die veld alleen. Hy pak hom met verraad, sny die arms en bene van die goeie seun af, vat sy mooi gebreide karos en gee hom ’n ou stuk harde buffelvel in plaas daarvan. Die ou stap toe weg en vertel niks daarvan aan die ander Boesmans nie.Die goeie seun het toe nie meer arms en bene waarmee hy kan jag, dans en musiek maak nie. Hy moes maar so goed of sleg as hy kan, rondkruip en toe maar van veldkos lewe. Hy het baie verdrietig gevoel en het baie spyt van sy mooi karos, en nou moet hy met die hardgeworde koue buffelvel klaarkom. Hy het toe die groot Bosveldskilpad geword.Die vader van die goeie seun gaan sy kind oral rond soek. Hy kry wel vir Bosveldskilpad, maar hy ken hom nie; ook het hy nie geweet dat dit sy kind is nie.Dieselfde ou Boesman kry weer ’n seun; maar daardie seun was ’n kwaaikop en nie so sagsinnig as sy broer nie. Aan sy ouers was hy wel gehoorsaam; maar van die vader van die onnuttige seun wou hy niks verdra nie, dog hy was darem versigtig vir hom en bly uit sy pad.Die vader van die stout seun was ’n ou towenaar-man en reënmaker. Ook kon hy hom in enige ding verander, net soos hy lus kry. Hy verander hom in ’n pragtige voël, wat rooi en geel, blou en groen, wit en swart vere het. Hy gaan daar in die veld op ’n boom naby die jongste broer van Skilpad sit en sing. En hy pronk met sy mooi vere.Die jong broer sien die mooi voël wat so pragtig sing; hy kry somar gedagte dat dit die ou towenaar-man moet wees. Hy staan stil om te kyk of daar kans is om hom met pyl en boog dood te skiet. Hy bekruip die voël en kom digby.Dis net wat die ou towenaar-man wou gehad het. Hy vlie van die boom af, verander hom in die ou Boesman, en pak die jong broer van Skilpad en sit hom onder.Hy sê toe: „Jy sien die son daar! Jy moet nou mooi kyk hoe hy lyk; want dis die laaste dag dat jou parmantige oë hom sal sien en dat jou parmantige mond sy naam sal noem.” Hy sny toe die kop van Skilpad se broer af en sny hom van onder na bo in twee stukke, sodat aan die een stuk ’n arm en ’n been bly, en net so aan die ander stuk liggaamvan die broer van Skilpad. Hy laat die twee stukke so lê en stap weg sonder daarvan aan andere iets te sê.Die son gaan onder, dit word donker, en die maan kom uit. En Jakkals kom by die stukke liggaam om daaraan te eet. Maar Maan, wat self al maande lewendig word, giet van sy dou op die twee stukke; en die been en arm van elke stuk rek hul uit, en elke stuk word ’n lang Bosveldslang. Albei slange staan somar met Jakkals reg; hy vlug, en die twee slange begin toe rond te seil, iedereen sy eie koers.Die vader word onrustig toe sy ander seun ook nie huis-toe kom nie; so gaan hy hierdie slag ook weer soek. Hy kry die groot Bosveldslange; hy ken hul nie en weet nie dat dit sy ander seun is nie. Van toe af het hy geen seuns meer nie.Maar Skilpad het geweet dat hul sy broers is; so maak Slang en Skilpad tot vandag toe nie rusie nie.Eendag loop die stout seun van die ou towenaar-man in die veld rond; hy sien vir Skilpad en tel hom op om hom te gaan braai. Dog een Bosveldslang sien dit; hy bekruip die onnuttige seun, woel sy lang lyf om die stoutert, druk van sy ribbe stukkend, spuug hom nat met sy slym, en begin die onwettige seun van die voete af in te sluk.Maar die stoutert het nog so veel krag besit om stadig sy een been opsy te trek, sodat Slang nie albei bene gelyk kan insluk nie. Slang begin die stout seun van die voet af in te sluk; en toe hy die een been heeltemal ingesluk het, toe eers gewaar hy dat die ander been nog buite is. Hyspuug die been weer terug, draai die onnuttige seun weer bymekaar en wou weer van die voete af begin te sluk.Dog andermaal trek die seun sy een been opsy, sodat Slang hierdie slag weer net een been te pak kry. Toe Slang die een been binne het en nie verder kan sluk nie, stoot hy weer die been terug uit sy bek en begin weer die twee bene naas mekaar te plaas.Net toe kom die towenaar-man sy seun soek; hy kry hom net toe Slang met hom besig was. Toe Slang dit gewaar, staan hy met die ou Boesman reg; dog die ou man raak Slang baas en maak hom dood. En op hierdie manier was hy net in tyd om sy stout seun van die dood te red. Dog daardie seun het sy hele lewe mankoliek gebly: hy het altyd skeef geloop.Skilpad het dit alles stilswyend aanskou. Hy is weerloos—dit wil sê hy kan hom nie verdedig nie, anders as net om in sy dop te kruip as hy gevaar bespeur. So het hy met hierdie gedoente gevlug en hom onder ’n bossie gaan wegsteek. Sy famielie ken hom nie, so stap hy maar treurig en eensaam deur die veld alleen. Hy leef van veldkos en drink dou en die sop van sapperige plante en het glad verleer om water te drink; want as hy op ’n baie warm dag by water kom, dan druk hy somar sy hele kop onder die water om te drink.
OPMERKINGS:—In hierdie storie word die leefwyse van Slang en Skilpad in ’n karakterskets weergegee. Hierdie verhaal is ons meegedeel deur ’n Transvaalse Boesman.
Daar was twee ou Boesmans van die ou geslag. Elkeen het ’n seun gehad. Maar die seun van die een was ’n onnut; en die seun van die ander was knap met jag, en hy kon mooi dans en ramkie speel. Dit het die jaloersheid tussen die ouers van die twee seuns gaande gemaak.
Eendag kry die een vader—nl. die vader van die onnuttige seun—die goeie seun in die veld alleen. Hy pak hom met verraad, sny die arms en bene van die goeie seun af, vat sy mooi gebreide karos en gee hom ’n ou stuk harde buffelvel in plaas daarvan. Die ou stap toe weg en vertel niks daarvan aan die ander Boesmans nie.
Die goeie seun het toe nie meer arms en bene waarmee hy kan jag, dans en musiek maak nie. Hy moes maar so goed of sleg as hy kan, rondkruip en toe maar van veldkos lewe. Hy het baie verdrietig gevoel en het baie spyt van sy mooi karos, en nou moet hy met die hardgeworde koue buffelvel klaarkom. Hy het toe die groot Bosveldskilpad geword.
Die vader van die goeie seun gaan sy kind oral rond soek. Hy kry wel vir Bosveldskilpad, maar hy ken hom nie; ook het hy nie geweet dat dit sy kind is nie.
Dieselfde ou Boesman kry weer ’n seun; maar daardie seun was ’n kwaaikop en nie so sagsinnig as sy broer nie. Aan sy ouers was hy wel gehoorsaam; maar van die vader van die onnuttige seun wou hy niks verdra nie, dog hy was darem versigtig vir hom en bly uit sy pad.
Die vader van die stout seun was ’n ou towenaar-man en reënmaker. Ook kon hy hom in enige ding verander, net soos hy lus kry. Hy verander hom in ’n pragtige voël, wat rooi en geel, blou en groen, wit en swart vere het. Hy gaan daar in die veld op ’n boom naby die jongste broer van Skilpad sit en sing. En hy pronk met sy mooi vere.
Die jong broer sien die mooi voël wat so pragtig sing; hy kry somar gedagte dat dit die ou towenaar-man moet wees. Hy staan stil om te kyk of daar kans is om hom met pyl en boog dood te skiet. Hy bekruip die voël en kom digby.
Dis net wat die ou towenaar-man wou gehad het. Hy vlie van die boom af, verander hom in die ou Boesman, en pak die jong broer van Skilpad en sit hom onder.
Hy sê toe: „Jy sien die son daar! Jy moet nou mooi kyk hoe hy lyk; want dis die laaste dag dat jou parmantige oë hom sal sien en dat jou parmantige mond sy naam sal noem.” Hy sny toe die kop van Skilpad se broer af en sny hom van onder na bo in twee stukke, sodat aan die een stuk ’n arm en ’n been bly, en net so aan die ander stuk liggaamvan die broer van Skilpad. Hy laat die twee stukke so lê en stap weg sonder daarvan aan andere iets te sê.
Die son gaan onder, dit word donker, en die maan kom uit. En Jakkals kom by die stukke liggaam om daaraan te eet. Maar Maan, wat self al maande lewendig word, giet van sy dou op die twee stukke; en die been en arm van elke stuk rek hul uit, en elke stuk word ’n lang Bosveldslang. Albei slange staan somar met Jakkals reg; hy vlug, en die twee slange begin toe rond te seil, iedereen sy eie koers.
Die vader word onrustig toe sy ander seun ook nie huis-toe kom nie; so gaan hy hierdie slag ook weer soek. Hy kry die groot Bosveldslange; hy ken hul nie en weet nie dat dit sy ander seun is nie. Van toe af het hy geen seuns meer nie.
Maar Skilpad het geweet dat hul sy broers is; so maak Slang en Skilpad tot vandag toe nie rusie nie.
Eendag loop die stout seun van die ou towenaar-man in die veld rond; hy sien vir Skilpad en tel hom op om hom te gaan braai. Dog een Bosveldslang sien dit; hy bekruip die onnuttige seun, woel sy lang lyf om die stoutert, druk van sy ribbe stukkend, spuug hom nat met sy slym, en begin die onwettige seun van die voete af in te sluk.
Maar die stoutert het nog so veel krag besit om stadig sy een been opsy te trek, sodat Slang nie albei bene gelyk kan insluk nie. Slang begin die stout seun van die voet af in te sluk; en toe hy die een been heeltemal ingesluk het, toe eers gewaar hy dat die ander been nog buite is. Hyspuug die been weer terug, draai die onnuttige seun weer bymekaar en wou weer van die voete af begin te sluk.
Dog andermaal trek die seun sy een been opsy, sodat Slang hierdie slag weer net een been te pak kry. Toe Slang die een been binne het en nie verder kan sluk nie, stoot hy weer die been terug uit sy bek en begin weer die twee bene naas mekaar te plaas.
Net toe kom die towenaar-man sy seun soek; hy kry hom net toe Slang met hom besig was. Toe Slang dit gewaar, staan hy met die ou Boesman reg; dog die ou man raak Slang baas en maak hom dood. En op hierdie manier was hy net in tyd om sy stout seun van die dood te red. Dog daardie seun het sy hele lewe mankoliek gebly: hy het altyd skeef geloop.
Skilpad het dit alles stilswyend aanskou. Hy is weerloos—dit wil sê hy kan hom nie verdedig nie, anders as net om in sy dop te kruip as hy gevaar bespeur. So het hy met hierdie gedoente gevlug en hom onder ’n bossie gaan wegsteek. Sy famielie ken hom nie, so stap hy maar treurig en eensaam deur die veld alleen. Hy leef van veldkos en drink dou en die sop van sapperige plante en het glad verleer om water te drink; want as hy op ’n baie warm dag by water kom, dan druk hy somar sy hele kop onder die water om te drink.