No. 32.Leeu, Wolf en Jakkals.OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n duidelike skildering van wat Leeu, Wolf en Jakkals doen as hulle wild vang.Leeu is ook een van die ou geslag; daarom is hy Leeu. Sy maters om te jag, loop maar min rond. Hy is man! Ek sê: hy is man! Wolf kan ook jag, hy kan ook iets in die hande kry; maar waar Leeu nog bly staan en sê: „Durf nader kom!” daar het Wolf al lankal rieme neergesit en gehol dat hy klein word. Van Jakkals is nie eens te praat nie! Hy is ’n bedelaar, hol vir die kleinste geritsel en kan dan sulke fyn draaie om die bossies maak dat hy somar hierso-hierso by jou wegraak.Eendag toe die son ondergaan, staan Leeu van sy slaapplek op, rek hom ewe lui uit en begin teen die wind op te snuiwe. „Arrie, vrou, ek ruik kwaggas—ek ruik hul hier naby; toe kom jy en die kinders maar agter my aan en hol nader net so gou ek die kwagga teen die grond het.”Hy stap teen die wind op; en toe hy die kwaggas deur die bome en bosse sien wei, gaan hy koes-koes nader en gaan hul voorlê. Toe die Leeu-vrou dit sien, weet sy haar tyd: sy gaan saggies om, maak die kwaggas skrik; hul vlug, en daar het haar man ’n kans. Hy spring uit syskuilplek op, en met een spring sit hy bo-op ’n kwagga. Hy slaan sy naels diep vas in die vel en pak sy prooi met die tande agter die nek, sodat hy die dier teen die grond laat val. ’n Worsteling vind plaas, en die wyfie kom by. Dit het nie lank geduur nie, of hy was oorlede kwagga.Toe storm die twee of drie kinders by: hulle brom en knor so woedend asof hulle die wild gevang het. Die twee oues skeur die vel van die kwagga plek-plek weg om vir hulle en die kleintjies vreetplek te kry; dit is nie eet nie, maar wel gulsig vreet.Wolf en Jakkals, wat toe ook al by hierdie tyd op die rondsnuffel is, het gou die bloed geruik, die rumoer van die kleintjies gehoor—en hulle draf nader.„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf.„En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.„Wat praat julle daar? Die kinders raas so dat ek vir julle nie kan verstaan nie. Kom nader,” sê Leeu met ’n knik in sy oog, asof hy wil sê: „Durf tog asseblief nader kom, dan kan julle sien hare waai en hoor huil en tjank.”Die twee waag dit; hulle kom stert tussen die bene smeek-smeek aan, dog voel darem nie alte perdgerus nie.„Waau! Haau!” was al wat Leeu sê toe hy probeer hoe diep hy sy naels in Wolf se vel kan inploeg. Wolf huil en vlug.Jakkals sê net: „Die deksels!” en staan daar ver op die vlakte.„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf. „En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf. „En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.Wolf staan te huil: „Hoe-hoei! Hoe-hoei!” toe hy sien hoe manhaftig Leeu hom staan nakyk, tong aflek en weer gulsig gaan vreet.Jakkals het dit op sy senuwee, en in die verwarring staan hy te tjank: „Haaa … eina! Soe-eina!” en dan begin hy meteen in ’n lag deurslaan: „Ha-ga-ga! Ha-gè-gè, ha!”(Die Boesmans kan die geluide beter naboots as ons dit kan neerskrywe.)„Oe .. è! Oe .. e!” brul die oues binnensmonds. „Njirr, njirr! Ma-au, ma-au!” knor die kleintjies soos hulle dreig. (’n Klein leeutjie meeu net soos ’n kat.)Wolf staan kop in die lug en huil. Hieroor vererg Leeu se vrou haar, en sy maak ’n draai onder Wolf en die tjankende Jakkals, wat by hierdie tyd gaan sit het en kop in die lug met uitgesteekte tong sit tjank—maar sonder trane.Die twee neem ’n vaart veld se kant toe dat die bossies so kraak. Dog toe hul die wyfie weer aan vreet sien, kom hul voetjie vir voetjie nader en snuiwe in die lug of hul betaal word. Maar kans kry om ’n lekkie te steel, is net verniet.Jakkals en Wolf het toe al hotkant-toe en toe haarkant-toe gestaan; maar nou ja die groot lus hul somar alkant-toe. Hul moes maar behoorlik wag tot Leeu en sy gesin klaar met eet het en versadig wegstap om onder die naaste boom te gaan lê om te kyk wat nou gaan gebeur.Toe draf Wolf en Jakkals gulsig nader en val weg.„Hier, jou kring!” roep Wolf teen Jakkals uit, „wie het jou verlof gegee?” En Wolf hol al agter Jakkals om die aas, hap-hap na hom. Plek-plek byt hy raak; maar mees hap hy net die lug raak; en wat nie weghol nie, is Jakkals.Leeu kom onopgemerk saggies op die puntjies van sy vier voete en vlie onder die twee rusiemakers in en roep uit: „Wat is dit hier met julle twee te doen?” Jakkals kry ’n paar skrams krappe, en Wolf kry genoeg daarvan om sy hare te laat waai—en daarspaanderhul. Leeu se vrou bars uit van lag, en die kinders skater en rol van die pret.Leeu brul deur sy baard, gee ’n paar lekke aan die bloed en gaan weer by sy vrou en kinders onder die boom lê.Ná Leeu en sy vrou vir Wolf en Jakkals genoegtempterhet, laat hul die twee maar hulle eie gang gaan. Wolf sien toe dat dit hom beter betaal om sy lyf by die vleis en murgbene te weer as om Jakkals daarvan weg te hou.Jakkals, weer, weet goed dat dit hom nie betaam om te naby Wolf te eet nie. Hy is mos ’n bedelaar en lewe van bedel; daarom gaan hy sit, hou sy kop in die lug, steek sy tong uit en sit dan te tjank om sy hart in verdriet uit te stort. Maar nou hou hy een oog op die aas om te kyk waar die lekker vleisies en seninkies sit, en die ander oog hou hy op Wolf gerig om te loer wat dié doen. Al wat hy voor te sôre het, is net: as Wolf eenkant van die aas eet, dat hy dan aan die ander kant wei.Ja, dat hul nou so slim is, is omdat hul eers ook Boesmans gewees het wat nou Leeu, Wolf en Jakkals geword het.

No. 32.Leeu, Wolf en Jakkals.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n duidelike skildering van wat Leeu, Wolf en Jakkals doen as hulle wild vang.Leeu is ook een van die ou geslag; daarom is hy Leeu. Sy maters om te jag, loop maar min rond. Hy is man! Ek sê: hy is man! Wolf kan ook jag, hy kan ook iets in die hande kry; maar waar Leeu nog bly staan en sê: „Durf nader kom!” daar het Wolf al lankal rieme neergesit en gehol dat hy klein word. Van Jakkals is nie eens te praat nie! Hy is ’n bedelaar, hol vir die kleinste geritsel en kan dan sulke fyn draaie om die bossies maak dat hy somar hierso-hierso by jou wegraak.Eendag toe die son ondergaan, staan Leeu van sy slaapplek op, rek hom ewe lui uit en begin teen die wind op te snuiwe. „Arrie, vrou, ek ruik kwaggas—ek ruik hul hier naby; toe kom jy en die kinders maar agter my aan en hol nader net so gou ek die kwagga teen die grond het.”Hy stap teen die wind op; en toe hy die kwaggas deur die bome en bosse sien wei, gaan hy koes-koes nader en gaan hul voorlê. Toe die Leeu-vrou dit sien, weet sy haar tyd: sy gaan saggies om, maak die kwaggas skrik; hul vlug, en daar het haar man ’n kans. Hy spring uit syskuilplek op, en met een spring sit hy bo-op ’n kwagga. Hy slaan sy naels diep vas in die vel en pak sy prooi met die tande agter die nek, sodat hy die dier teen die grond laat val. ’n Worsteling vind plaas, en die wyfie kom by. Dit het nie lank geduur nie, of hy was oorlede kwagga.Toe storm die twee of drie kinders by: hulle brom en knor so woedend asof hulle die wild gevang het. Die twee oues skeur die vel van die kwagga plek-plek weg om vir hulle en die kleintjies vreetplek te kry; dit is nie eet nie, maar wel gulsig vreet.Wolf en Jakkals, wat toe ook al by hierdie tyd op die rondsnuffel is, het gou die bloed geruik, die rumoer van die kleintjies gehoor—en hulle draf nader.„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf.„En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.„Wat praat julle daar? Die kinders raas so dat ek vir julle nie kan verstaan nie. Kom nader,” sê Leeu met ’n knik in sy oog, asof hy wil sê: „Durf tog asseblief nader kom, dan kan julle sien hare waai en hoor huil en tjank.”Die twee waag dit; hulle kom stert tussen die bene smeek-smeek aan, dog voel darem nie alte perdgerus nie.„Waau! Haau!” was al wat Leeu sê toe hy probeer hoe diep hy sy naels in Wolf se vel kan inploeg. Wolf huil en vlug.Jakkals sê net: „Die deksels!” en staan daar ver op die vlakte.„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf. „En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf. „En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.Wolf staan te huil: „Hoe-hoei! Hoe-hoei!” toe hy sien hoe manhaftig Leeu hom staan nakyk, tong aflek en weer gulsig gaan vreet.Jakkals het dit op sy senuwee, en in die verwarring staan hy te tjank: „Haaa … eina! Soe-eina!” en dan begin hy meteen in ’n lag deurslaan: „Ha-ga-ga! Ha-gè-gè, ha!”(Die Boesmans kan die geluide beter naboots as ons dit kan neerskrywe.)„Oe .. è! Oe .. e!” brul die oues binnensmonds. „Njirr, njirr! Ma-au, ma-au!” knor die kleintjies soos hulle dreig. (’n Klein leeutjie meeu net soos ’n kat.)Wolf staan kop in die lug en huil. Hieroor vererg Leeu se vrou haar, en sy maak ’n draai onder Wolf en die tjankende Jakkals, wat by hierdie tyd gaan sit het en kop in die lug met uitgesteekte tong sit tjank—maar sonder trane.Die twee neem ’n vaart veld se kant toe dat die bossies so kraak. Dog toe hul die wyfie weer aan vreet sien, kom hul voetjie vir voetjie nader en snuiwe in die lug of hul betaal word. Maar kans kry om ’n lekkie te steel, is net verniet.Jakkals en Wolf het toe al hotkant-toe en toe haarkant-toe gestaan; maar nou ja die groot lus hul somar alkant-toe. Hul moes maar behoorlik wag tot Leeu en sy gesin klaar met eet het en versadig wegstap om onder die naaste boom te gaan lê om te kyk wat nou gaan gebeur.Toe draf Wolf en Jakkals gulsig nader en val weg.„Hier, jou kring!” roep Wolf teen Jakkals uit, „wie het jou verlof gegee?” En Wolf hol al agter Jakkals om die aas, hap-hap na hom. Plek-plek byt hy raak; maar mees hap hy net die lug raak; en wat nie weghol nie, is Jakkals.Leeu kom onopgemerk saggies op die puntjies van sy vier voete en vlie onder die twee rusiemakers in en roep uit: „Wat is dit hier met julle twee te doen?” Jakkals kry ’n paar skrams krappe, en Wolf kry genoeg daarvan om sy hare te laat waai—en daarspaanderhul. Leeu se vrou bars uit van lag, en die kinders skater en rol van die pret.Leeu brul deur sy baard, gee ’n paar lekke aan die bloed en gaan weer by sy vrou en kinders onder die boom lê.Ná Leeu en sy vrou vir Wolf en Jakkals genoegtempterhet, laat hul die twee maar hulle eie gang gaan. Wolf sien toe dat dit hom beter betaal om sy lyf by die vleis en murgbene te weer as om Jakkals daarvan weg te hou.Jakkals, weer, weet goed dat dit hom nie betaam om te naby Wolf te eet nie. Hy is mos ’n bedelaar en lewe van bedel; daarom gaan hy sit, hou sy kop in die lug, steek sy tong uit en sit dan te tjank om sy hart in verdriet uit te stort. Maar nou hou hy een oog op die aas om te kyk waar die lekker vleisies en seninkies sit, en die ander oog hou hy op Wolf gerig om te loer wat dié doen. Al wat hy voor te sôre het, is net: as Wolf eenkant van die aas eet, dat hy dan aan die ander kant wei.Ja, dat hul nou so slim is, is omdat hul eers ook Boesmans gewees het wat nou Leeu, Wolf en Jakkals geword het.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n duidelike skildering van wat Leeu, Wolf en Jakkals doen as hulle wild vang.
Leeu is ook een van die ou geslag; daarom is hy Leeu. Sy maters om te jag, loop maar min rond. Hy is man! Ek sê: hy is man! Wolf kan ook jag, hy kan ook iets in die hande kry; maar waar Leeu nog bly staan en sê: „Durf nader kom!” daar het Wolf al lankal rieme neergesit en gehol dat hy klein word. Van Jakkals is nie eens te praat nie! Hy is ’n bedelaar, hol vir die kleinste geritsel en kan dan sulke fyn draaie om die bossies maak dat hy somar hierso-hierso by jou wegraak.
Eendag toe die son ondergaan, staan Leeu van sy slaapplek op, rek hom ewe lui uit en begin teen die wind op te snuiwe. „Arrie, vrou, ek ruik kwaggas—ek ruik hul hier naby; toe kom jy en die kinders maar agter my aan en hol nader net so gou ek die kwagga teen die grond het.”
Hy stap teen die wind op; en toe hy die kwaggas deur die bome en bosse sien wei, gaan hy koes-koes nader en gaan hul voorlê. Toe die Leeu-vrou dit sien, weet sy haar tyd: sy gaan saggies om, maak die kwaggas skrik; hul vlug, en daar het haar man ’n kans. Hy spring uit syskuilplek op, en met een spring sit hy bo-op ’n kwagga. Hy slaan sy naels diep vas in die vel en pak sy prooi met die tande agter die nek, sodat hy die dier teen die grond laat val. ’n Worsteling vind plaas, en die wyfie kom by. Dit het nie lank geduur nie, of hy was oorlede kwagga.
Toe storm die twee of drie kinders by: hulle brom en knor so woedend asof hulle die wild gevang het. Die twee oues skeur die vel van die kwagga plek-plek weg om vir hulle en die kleintjies vreetplek te kry; dit is nie eet nie, maar wel gulsig vreet.
Wolf en Jakkals, wat toe ook al by hierdie tyd op die rondsnuffel is, het gou die bloed geruik, die rumoer van die kleintjies gehoor—en hulle draf nader.
„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf.
„En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.
„Wat praat julle daar? Die kinders raas so dat ek vir julle nie kan verstaan nie. Kom nader,” sê Leeu met ’n knik in sy oog, asof hy wil sê: „Durf tog asseblief nader kom, dan kan julle sien hare waai en hoor huil en tjank.”
Die twee waag dit; hulle kom stert tussen die bene smeek-smeek aan, dog voel darem nie alte perdgerus nie.
„Waau! Haau!” was al wat Leeu sê toe hy probeer hoe diep hy sy naels in Wolf se vel kan inploeg. Wolf huil en vlug.
Jakkals sê net: „Die deksels!” en staan daar ver op die vlakte.
„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf. „En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf. „En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.
„Asseblief, Leeu, gee tog vir my ook ’n stukkie,” vra Wolf. „En vir my ook ’n stukkie,” smeek Jakkals.
Wolf staan te huil: „Hoe-hoei! Hoe-hoei!” toe hy sien hoe manhaftig Leeu hom staan nakyk, tong aflek en weer gulsig gaan vreet.
Jakkals het dit op sy senuwee, en in die verwarring staan hy te tjank: „Haaa … eina! Soe-eina!” en dan begin hy meteen in ’n lag deurslaan: „Ha-ga-ga! Ha-gè-gè, ha!”
(Die Boesmans kan die geluide beter naboots as ons dit kan neerskrywe.)
„Oe .. è! Oe .. e!” brul die oues binnensmonds. „Njirr, njirr! Ma-au, ma-au!” knor die kleintjies soos hulle dreig. (’n Klein leeutjie meeu net soos ’n kat.)
Wolf staan kop in die lug en huil. Hieroor vererg Leeu se vrou haar, en sy maak ’n draai onder Wolf en die tjankende Jakkals, wat by hierdie tyd gaan sit het en kop in die lug met uitgesteekte tong sit tjank—maar sonder trane.
Die twee neem ’n vaart veld se kant toe dat die bossies so kraak. Dog toe hul die wyfie weer aan vreet sien, kom hul voetjie vir voetjie nader en snuiwe in die lug of hul betaal word. Maar kans kry om ’n lekkie te steel, is net verniet.
Jakkals en Wolf het toe al hotkant-toe en toe haarkant-toe gestaan; maar nou ja die groot lus hul somar alkant-toe. Hul moes maar behoorlik wag tot Leeu en sy gesin klaar met eet het en versadig wegstap om onder die naaste boom te gaan lê om te kyk wat nou gaan gebeur.
Toe draf Wolf en Jakkals gulsig nader en val weg.
„Hier, jou kring!” roep Wolf teen Jakkals uit, „wie het jou verlof gegee?” En Wolf hol al agter Jakkals om die aas, hap-hap na hom. Plek-plek byt hy raak; maar mees hap hy net die lug raak; en wat nie weghol nie, is Jakkals.
Leeu kom onopgemerk saggies op die puntjies van sy vier voete en vlie onder die twee rusiemakers in en roep uit: „Wat is dit hier met julle twee te doen?” Jakkals kry ’n paar skrams krappe, en Wolf kry genoeg daarvan om sy hare te laat waai—en daarspaanderhul. Leeu se vrou bars uit van lag, en die kinders skater en rol van die pret.
Leeu brul deur sy baard, gee ’n paar lekke aan die bloed en gaan weer by sy vrou en kinders onder die boom lê.
Ná Leeu en sy vrou vir Wolf en Jakkals genoegtempterhet, laat hul die twee maar hulle eie gang gaan. Wolf sien toe dat dit hom beter betaal om sy lyf by die vleis en murgbene te weer as om Jakkals daarvan weg te hou.
Jakkals, weer, weet goed dat dit hom nie betaam om te naby Wolf te eet nie. Hy is mos ’n bedelaar en lewe van bedel; daarom gaan hy sit, hou sy kop in die lug, steek sy tong uit en sit dan te tjank om sy hart in verdriet uit te stort. Maar nou hou hy een oog op die aas om te kyk waar die lekker vleisies en seninkies sit, en die ander oog hou hy op Wolf gerig om te loer wat dié doen. Al wat hy voor te sôre het, is net: as Wolf eenkant van die aas eet, dat hy dan aan die ander kant wei.
Ja, dat hul nou so slim is, is omdat hul eers ook Boesmans gewees het wat nou Leeu, Wolf en Jakkals geword het.