No. 33.

No. 33.Die Bobbejane en Ape.OPMERKINGS:—Hierdie storie is miskien nie een van die oudste nie; want dit kry met witmense te doen. Ons verhaal dit egter net soos die ou verteller dit aan ons meegedeel het. Dit skilder sekere karaktertrekke van bobbejane en ape af.Wat lyk tog meer na die menslike geslag as bobbejane en ape? Dit kan ook nie anders nie, want hul is ou Boesmans van die ou geslag wat vir hulle in daardie diere verander het.’n Bobbejaan is amper so slim as ’n mens. Hy kan net tot soveel tel as ’n Boesman, naamlik tot drie—verder gaan dit onder die naam vanbaie(of soos die Boesman dit uitdruk:nie min nie). As die bobbejane gaan kos soek, dan gaan ’n oue bo-op ’n hoë plek sit om skildwag te hou. Soos hy onraad gewaar, moet hy alarm maak. Kom daar gevaar en hy skree nie, bewaar dan sy gebeente as die ander hom weer in hande kry, dan moet hy krul! ’n Bobbejaan hou gedurig sy oë op sy kinders as hul saam met die klomp wei; vir die geringste oortreding of skynbare foutjie moet die stof uit sy hare vlie. Ja, bobbejane is strenge ouers en sien niks deur die vingers nie. Maar hulle is soms onbillik teenoor hulle kinders; want as diekind ’n lekker stukkie kos kry, soos ’n skerpioen waarvan hy die stert afgepluk het, dan pak die pa of ma hom agter die nek, steek die voorvinger in die kind se mond en grawe die lekker stuk kos uit die kind se kiessakkie en eet dit self op—vandaar dat die kind so hard skree as hy weerstand bied, sodat die bergklowe daarvan dreun.Ape, weer rig ander spektakels aan. Hulle is nie so raserig as bobbejane nie. Hulle woon graag waar hoë bome is en waar water naby is. Vlug hul in bome, dan kyk hul eers waar hulle kinders is, en roep is genoeg vir die kind om aan die moeder vas te klou as sy die takke inspring; en hulle steek hul dan agter dik takke weg. Op die weiveld kry die arme kinders nie so baie slae nie; dog hulle moet deeglik na hulle pasoppertjies kyk, of dit mis nie dat hul ’n pluk aan die stert of ’n oorkonkel kry nie. Eer hul hol, staan hul regop op hulle agterpote rond te kyk.Daar het eendag jagters van die sononder-kant (van die see-kant) gekom, en hulle het ’n Boesman-kind gevang en met hulle saamgeneem huis-toe. Die jagters was witmense, en hulle het die Boesmantjie Jantjie genoem, en hy het lank by hulle gebly.Jantjie was maar ’n Boesman en het eers nie kan verstaan dat sekere goed net aan een persoon mag behoor nie: by Boesmans is net sy pyle en boog, sy vrou en kinders, sy velle en kieries syne, verder behoort die grond, die wild, die veldkos en water aan algar saam. So het Jantjie ook gedog toe hy by die witman kom, dat hy net maar kan vat wat sy oë sien. Hierdie ding wou die witman nie toelaat nie, wattot gevolg gehad het dat Jantjie se sitplek baiekeer vir hom warm gemaak geword het. Hy maak toe later plan om weg te loop, en dae tevore pak hy stilletjies kos in sy knapsak. Hy steel brood, meel, koring, vleis, vis en net wat hy skelm-skelm in hande kan kry—vernaamlik tonteldose en vuurslae, messe en tabak.Die landstreek waardeur hy moes terugvlug, was deur ape en bobbejane bewoon. Die ape het langs ’n groot rivier gewoon en was glo ou Korannas wat ape geword het. En die bobbejane het in die ranteveld geboer en was glo ou Boesmans wat in bobbejane verander het, wat nou net van veldkos en goggas lewe.Toe Jantjie by die rivier kom waar die ape woon, sien hulle hom. Die een sê aan die ander: „Kom ons loop die man voor: hy dra goed; laat ons hom doodmaak en die goed afneem.”„Toe, toe, kom ons gaan!” skree algar gelyk, en hulle met hulle vrouens en kinders hol die man voor. Hulle was baie—nie min nie—, en Jantjie was alleen.„Wat moet ek nou doen?” vra Jantjie homself af; want vir ’n aap kan niemand padgee nie.Die kinders sien koringkorreltjies uit ’n klein gaatjie in die sak val; hulle tel dit gretig op en roep uit: „Maak hom dood en gee vir ons die lekker pitjies wat in daardie sak is!”Die ou ape gryp latte en woel onder die kinders en sê: „Julle is kinders; moet julle só teen ’n man praat? As die goed moet verdeel word, dan vat ons grotes dit, en nie jullekinders nie.” En die ape was verder net parmantig met Jantjie, en hy wis nie vooruit nog agteruit nie.Weer roep ’n kind uit: „Gee vir my daardie blink ding wat net soos ’n ster blink (die blikemmertjie).”Die kind kry ’n pluk aan sy stert om sy mond te hou.Toe Jantjie hoor van „blink ding,” toe kry hy somar gedagte dat ape bang is vir ’n groot geraas. Hy kry moed en begin met die ape te korswel en spot. Hy vra: „Waarom is julle bakkiese so swart? Kan julle dit nie was nie? Kyk, net bokant julle oë is die vel nog wit as jul julle oë so agtertoe ooprek.”Dit maak die ape woedend, en hulle roep uit: „Kom, storm hom!”Meteens slaan Jantjie op die blikemmer en maak ’n duisenddaalder-lawaai. Die ape skrik en vlie kortom; die kinders tjank, die oues die roep boontoe en skeur die veld vorentoe. Hulle vlug die hoë bome in, en so kry Jantjie kans om te ontvlug. Voor hy stap, maak hy die emmertjie vol water en koes toe na sy ou huis toe.Van hier lê sy pad deur die ranteveld, waar die bobbejane woon. Dit mis ook nie: ’n ou skildwag het hom gou gesien aankom. Hy roep uit: „Daar stap ’n man met goed agter sy rug!” Algar staan op hulle agterpote; sommige gaan sit om te kyk. Hulle gewaar hom.„Kom ons gaan hom voorkeer!” roep algar gelyk uit, ná hul nogmaals op hulle agterbene gestaan rondkyk het, en ná hul Jantjie nog gewaar.Toe die oues by hom kom, volg die wyfies en kinders in ’n trein agter die ou mannetjies aan, en hulle kom ook kyk. Hulle was ook nie min nie, en Jantjie was nog alleen.Jantjie skrik en word somar bang; want daar was baie groot knewels onder hulle. Hy vlug in ’n boom. Nou kan hy nie op sy blikemmertjie slaan nie, want dit is vol water; en gooi hy die water weg, dan sal hy swaar dors kry, en wat maak hy dan?„Wat dra jy daar?” vra die ou grotes, en hulle sê: „Gee dit vir ons!” Daarop wil hul somar die boom inklim om die goed af te neem.Jantjie moet nou ’n ander plan smee; en ná hieroor en daaroor gou te dink, kry hy ’n goeie plan, daar hy weet dat bobbejane baie bang is vir gewere. Hy word toe geruster.„Pa, pa!” roep die kleintjies uit, „die man het so ’n mooi ronde kop; maak hom dood en gee vir ons die kop om mee te speel; want dit lyk so hard en sal nie gou breek nie.”„Sal jul julle monde hou! Julle is kinders, en hoe durf julle so van ’n uitgegroeide man praat?” merk die ou skildwag op toe hy oorkonkels en oorwakse regs en links uitdeel.Die kinders sit ’n keel op en tjank dat die klowe daarvan antwoord gee. Die moeders hol toe en pluk die kleingoed aan die ore en hare, en die geskree word nog eens so lewendig.Jantjie begin toe die bobbejane uit te koggel, en met ’n laggie sê hy: „So ’n klomp lelike gevrete het ek nog nie so naby my gesien nie. En, o, kyk hoe lyk julle oogbanke! Nes ’n krans aan die voorkant van ’n rant. Ga, ga, ga!Arrie, staan tru met julle plat en agteroor voorkoppe!” Hy lag dat hy so skud.Dit maak die bobbejane nog ’n bietjie nydiger, en hulle storm somar die boom om Jantjie daaruit te pluk.Toe roep hy: „Boer, boer, bring jou roer! Hier is die lelikerds wat jy na soek—kom gou!”Daar was toe nie skildwagte uitgesit nie, so weet hul nie hoe die wêreld rondom lyk nie. Dus, sonder om nog rond te kyk, kies hul koers na die bergkranse toe om daar te gaan sit „Hoggem! Hoggem!” Onderwyl ontvlug Jantjie na sy huis toe.

No. 33.Die Bobbejane en Ape.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is miskien nie een van die oudste nie; want dit kry met witmense te doen. Ons verhaal dit egter net soos die ou verteller dit aan ons meegedeel het. Dit skilder sekere karaktertrekke van bobbejane en ape af.Wat lyk tog meer na die menslike geslag as bobbejane en ape? Dit kan ook nie anders nie, want hul is ou Boesmans van die ou geslag wat vir hulle in daardie diere verander het.’n Bobbejaan is amper so slim as ’n mens. Hy kan net tot soveel tel as ’n Boesman, naamlik tot drie—verder gaan dit onder die naam vanbaie(of soos die Boesman dit uitdruk:nie min nie). As die bobbejane gaan kos soek, dan gaan ’n oue bo-op ’n hoë plek sit om skildwag te hou. Soos hy onraad gewaar, moet hy alarm maak. Kom daar gevaar en hy skree nie, bewaar dan sy gebeente as die ander hom weer in hande kry, dan moet hy krul! ’n Bobbejaan hou gedurig sy oë op sy kinders as hul saam met die klomp wei; vir die geringste oortreding of skynbare foutjie moet die stof uit sy hare vlie. Ja, bobbejane is strenge ouers en sien niks deur die vingers nie. Maar hulle is soms onbillik teenoor hulle kinders; want as diekind ’n lekker stukkie kos kry, soos ’n skerpioen waarvan hy die stert afgepluk het, dan pak die pa of ma hom agter die nek, steek die voorvinger in die kind se mond en grawe die lekker stuk kos uit die kind se kiessakkie en eet dit self op—vandaar dat die kind so hard skree as hy weerstand bied, sodat die bergklowe daarvan dreun.Ape, weer rig ander spektakels aan. Hulle is nie so raserig as bobbejane nie. Hulle woon graag waar hoë bome is en waar water naby is. Vlug hul in bome, dan kyk hul eers waar hulle kinders is, en roep is genoeg vir die kind om aan die moeder vas te klou as sy die takke inspring; en hulle steek hul dan agter dik takke weg. Op die weiveld kry die arme kinders nie so baie slae nie; dog hulle moet deeglik na hulle pasoppertjies kyk, of dit mis nie dat hul ’n pluk aan die stert of ’n oorkonkel kry nie. Eer hul hol, staan hul regop op hulle agterpote rond te kyk.Daar het eendag jagters van die sononder-kant (van die see-kant) gekom, en hulle het ’n Boesman-kind gevang en met hulle saamgeneem huis-toe. Die jagters was witmense, en hulle het die Boesmantjie Jantjie genoem, en hy het lank by hulle gebly.Jantjie was maar ’n Boesman en het eers nie kan verstaan dat sekere goed net aan een persoon mag behoor nie: by Boesmans is net sy pyle en boog, sy vrou en kinders, sy velle en kieries syne, verder behoort die grond, die wild, die veldkos en water aan algar saam. So het Jantjie ook gedog toe hy by die witman kom, dat hy net maar kan vat wat sy oë sien. Hierdie ding wou die witman nie toelaat nie, wattot gevolg gehad het dat Jantjie se sitplek baiekeer vir hom warm gemaak geword het. Hy maak toe later plan om weg te loop, en dae tevore pak hy stilletjies kos in sy knapsak. Hy steel brood, meel, koring, vleis, vis en net wat hy skelm-skelm in hande kan kry—vernaamlik tonteldose en vuurslae, messe en tabak.Die landstreek waardeur hy moes terugvlug, was deur ape en bobbejane bewoon. Die ape het langs ’n groot rivier gewoon en was glo ou Korannas wat ape geword het. En die bobbejane het in die ranteveld geboer en was glo ou Boesmans wat in bobbejane verander het, wat nou net van veldkos en goggas lewe.Toe Jantjie by die rivier kom waar die ape woon, sien hulle hom. Die een sê aan die ander: „Kom ons loop die man voor: hy dra goed; laat ons hom doodmaak en die goed afneem.”„Toe, toe, kom ons gaan!” skree algar gelyk, en hulle met hulle vrouens en kinders hol die man voor. Hulle was baie—nie min nie—, en Jantjie was alleen.„Wat moet ek nou doen?” vra Jantjie homself af; want vir ’n aap kan niemand padgee nie.Die kinders sien koringkorreltjies uit ’n klein gaatjie in die sak val; hulle tel dit gretig op en roep uit: „Maak hom dood en gee vir ons die lekker pitjies wat in daardie sak is!”Die ou ape gryp latte en woel onder die kinders en sê: „Julle is kinders; moet julle só teen ’n man praat? As die goed moet verdeel word, dan vat ons grotes dit, en nie jullekinders nie.” En die ape was verder net parmantig met Jantjie, en hy wis nie vooruit nog agteruit nie.Weer roep ’n kind uit: „Gee vir my daardie blink ding wat net soos ’n ster blink (die blikemmertjie).”Die kind kry ’n pluk aan sy stert om sy mond te hou.Toe Jantjie hoor van „blink ding,” toe kry hy somar gedagte dat ape bang is vir ’n groot geraas. Hy kry moed en begin met die ape te korswel en spot. Hy vra: „Waarom is julle bakkiese so swart? Kan julle dit nie was nie? Kyk, net bokant julle oë is die vel nog wit as jul julle oë so agtertoe ooprek.”Dit maak die ape woedend, en hulle roep uit: „Kom, storm hom!”Meteens slaan Jantjie op die blikemmer en maak ’n duisenddaalder-lawaai. Die ape skrik en vlie kortom; die kinders tjank, die oues die roep boontoe en skeur die veld vorentoe. Hulle vlug die hoë bome in, en so kry Jantjie kans om te ontvlug. Voor hy stap, maak hy die emmertjie vol water en koes toe na sy ou huis toe.Van hier lê sy pad deur die ranteveld, waar die bobbejane woon. Dit mis ook nie: ’n ou skildwag het hom gou gesien aankom. Hy roep uit: „Daar stap ’n man met goed agter sy rug!” Algar staan op hulle agterpote; sommige gaan sit om te kyk. Hulle gewaar hom.„Kom ons gaan hom voorkeer!” roep algar gelyk uit, ná hul nogmaals op hulle agterbene gestaan rondkyk het, en ná hul Jantjie nog gewaar.Toe die oues by hom kom, volg die wyfies en kinders in ’n trein agter die ou mannetjies aan, en hulle kom ook kyk. Hulle was ook nie min nie, en Jantjie was nog alleen.Jantjie skrik en word somar bang; want daar was baie groot knewels onder hulle. Hy vlug in ’n boom. Nou kan hy nie op sy blikemmertjie slaan nie, want dit is vol water; en gooi hy die water weg, dan sal hy swaar dors kry, en wat maak hy dan?„Wat dra jy daar?” vra die ou grotes, en hulle sê: „Gee dit vir ons!” Daarop wil hul somar die boom inklim om die goed af te neem.Jantjie moet nou ’n ander plan smee; en ná hieroor en daaroor gou te dink, kry hy ’n goeie plan, daar hy weet dat bobbejane baie bang is vir gewere. Hy word toe geruster.„Pa, pa!” roep die kleintjies uit, „die man het so ’n mooi ronde kop; maak hom dood en gee vir ons die kop om mee te speel; want dit lyk so hard en sal nie gou breek nie.”„Sal jul julle monde hou! Julle is kinders, en hoe durf julle so van ’n uitgegroeide man praat?” merk die ou skildwag op toe hy oorkonkels en oorwakse regs en links uitdeel.Die kinders sit ’n keel op en tjank dat die klowe daarvan antwoord gee. Die moeders hol toe en pluk die kleingoed aan die ore en hare, en die geskree word nog eens so lewendig.Jantjie begin toe die bobbejane uit te koggel, en met ’n laggie sê hy: „So ’n klomp lelike gevrete het ek nog nie so naby my gesien nie. En, o, kyk hoe lyk julle oogbanke! Nes ’n krans aan die voorkant van ’n rant. Ga, ga, ga!Arrie, staan tru met julle plat en agteroor voorkoppe!” Hy lag dat hy so skud.Dit maak die bobbejane nog ’n bietjie nydiger, en hulle storm somar die boom om Jantjie daaruit te pluk.Toe roep hy: „Boer, boer, bring jou roer! Hier is die lelikerds wat jy na soek—kom gou!”Daar was toe nie skildwagte uitgesit nie, so weet hul nie hoe die wêreld rondom lyk nie. Dus, sonder om nog rond te kyk, kies hul koers na die bergkranse toe om daar te gaan sit „Hoggem! Hoggem!” Onderwyl ontvlug Jantjie na sy huis toe.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is miskien nie een van die oudste nie; want dit kry met witmense te doen. Ons verhaal dit egter net soos die ou verteller dit aan ons meegedeel het. Dit skilder sekere karaktertrekke van bobbejane en ape af.

Wat lyk tog meer na die menslike geslag as bobbejane en ape? Dit kan ook nie anders nie, want hul is ou Boesmans van die ou geslag wat vir hulle in daardie diere verander het.

’n Bobbejaan is amper so slim as ’n mens. Hy kan net tot soveel tel as ’n Boesman, naamlik tot drie—verder gaan dit onder die naam vanbaie(of soos die Boesman dit uitdruk:nie min nie). As die bobbejane gaan kos soek, dan gaan ’n oue bo-op ’n hoë plek sit om skildwag te hou. Soos hy onraad gewaar, moet hy alarm maak. Kom daar gevaar en hy skree nie, bewaar dan sy gebeente as die ander hom weer in hande kry, dan moet hy krul! ’n Bobbejaan hou gedurig sy oë op sy kinders as hul saam met die klomp wei; vir die geringste oortreding of skynbare foutjie moet die stof uit sy hare vlie. Ja, bobbejane is strenge ouers en sien niks deur die vingers nie. Maar hulle is soms onbillik teenoor hulle kinders; want as diekind ’n lekker stukkie kos kry, soos ’n skerpioen waarvan hy die stert afgepluk het, dan pak die pa of ma hom agter die nek, steek die voorvinger in die kind se mond en grawe die lekker stuk kos uit die kind se kiessakkie en eet dit self op—vandaar dat die kind so hard skree as hy weerstand bied, sodat die bergklowe daarvan dreun.

Ape, weer rig ander spektakels aan. Hulle is nie so raserig as bobbejane nie. Hulle woon graag waar hoë bome is en waar water naby is. Vlug hul in bome, dan kyk hul eers waar hulle kinders is, en roep is genoeg vir die kind om aan die moeder vas te klou as sy die takke inspring; en hulle steek hul dan agter dik takke weg. Op die weiveld kry die arme kinders nie so baie slae nie; dog hulle moet deeglik na hulle pasoppertjies kyk, of dit mis nie dat hul ’n pluk aan die stert of ’n oorkonkel kry nie. Eer hul hol, staan hul regop op hulle agterpote rond te kyk.

Daar het eendag jagters van die sononder-kant (van die see-kant) gekom, en hulle het ’n Boesman-kind gevang en met hulle saamgeneem huis-toe. Die jagters was witmense, en hulle het die Boesmantjie Jantjie genoem, en hy het lank by hulle gebly.

Jantjie was maar ’n Boesman en het eers nie kan verstaan dat sekere goed net aan een persoon mag behoor nie: by Boesmans is net sy pyle en boog, sy vrou en kinders, sy velle en kieries syne, verder behoort die grond, die wild, die veldkos en water aan algar saam. So het Jantjie ook gedog toe hy by die witman kom, dat hy net maar kan vat wat sy oë sien. Hierdie ding wou die witman nie toelaat nie, wattot gevolg gehad het dat Jantjie se sitplek baiekeer vir hom warm gemaak geword het. Hy maak toe later plan om weg te loop, en dae tevore pak hy stilletjies kos in sy knapsak. Hy steel brood, meel, koring, vleis, vis en net wat hy skelm-skelm in hande kan kry—vernaamlik tonteldose en vuurslae, messe en tabak.

Die landstreek waardeur hy moes terugvlug, was deur ape en bobbejane bewoon. Die ape het langs ’n groot rivier gewoon en was glo ou Korannas wat ape geword het. En die bobbejane het in die ranteveld geboer en was glo ou Boesmans wat in bobbejane verander het, wat nou net van veldkos en goggas lewe.

Toe Jantjie by die rivier kom waar die ape woon, sien hulle hom. Die een sê aan die ander: „Kom ons loop die man voor: hy dra goed; laat ons hom doodmaak en die goed afneem.”

„Toe, toe, kom ons gaan!” skree algar gelyk, en hulle met hulle vrouens en kinders hol die man voor. Hulle was baie—nie min nie—, en Jantjie was alleen.

„Wat moet ek nou doen?” vra Jantjie homself af; want vir ’n aap kan niemand padgee nie.

Die kinders sien koringkorreltjies uit ’n klein gaatjie in die sak val; hulle tel dit gretig op en roep uit: „Maak hom dood en gee vir ons die lekker pitjies wat in daardie sak is!”

Die ou ape gryp latte en woel onder die kinders en sê: „Julle is kinders; moet julle só teen ’n man praat? As die goed moet verdeel word, dan vat ons grotes dit, en nie jullekinders nie.” En die ape was verder net parmantig met Jantjie, en hy wis nie vooruit nog agteruit nie.

Weer roep ’n kind uit: „Gee vir my daardie blink ding wat net soos ’n ster blink (die blikemmertjie).”

Die kind kry ’n pluk aan sy stert om sy mond te hou.

Toe Jantjie hoor van „blink ding,” toe kry hy somar gedagte dat ape bang is vir ’n groot geraas. Hy kry moed en begin met die ape te korswel en spot. Hy vra: „Waarom is julle bakkiese so swart? Kan julle dit nie was nie? Kyk, net bokant julle oë is die vel nog wit as jul julle oë so agtertoe ooprek.”

Dit maak die ape woedend, en hulle roep uit: „Kom, storm hom!”

Meteens slaan Jantjie op die blikemmer en maak ’n duisenddaalder-lawaai. Die ape skrik en vlie kortom; die kinders tjank, die oues die roep boontoe en skeur die veld vorentoe. Hulle vlug die hoë bome in, en so kry Jantjie kans om te ontvlug. Voor hy stap, maak hy die emmertjie vol water en koes toe na sy ou huis toe.

Van hier lê sy pad deur die ranteveld, waar die bobbejane woon. Dit mis ook nie: ’n ou skildwag het hom gou gesien aankom. Hy roep uit: „Daar stap ’n man met goed agter sy rug!” Algar staan op hulle agterpote; sommige gaan sit om te kyk. Hulle gewaar hom.

„Kom ons gaan hom voorkeer!” roep algar gelyk uit, ná hul nogmaals op hulle agterbene gestaan rondkyk het, en ná hul Jantjie nog gewaar.

Toe die oues by hom kom, volg die wyfies en kinders in ’n trein agter die ou mannetjies aan, en hulle kom ook kyk. Hulle was ook nie min nie, en Jantjie was nog alleen.

Jantjie skrik en word somar bang; want daar was baie groot knewels onder hulle. Hy vlug in ’n boom. Nou kan hy nie op sy blikemmertjie slaan nie, want dit is vol water; en gooi hy die water weg, dan sal hy swaar dors kry, en wat maak hy dan?

„Wat dra jy daar?” vra die ou grotes, en hulle sê: „Gee dit vir ons!” Daarop wil hul somar die boom inklim om die goed af te neem.

Jantjie moet nou ’n ander plan smee; en ná hieroor en daaroor gou te dink, kry hy ’n goeie plan, daar hy weet dat bobbejane baie bang is vir gewere. Hy word toe geruster.

„Pa, pa!” roep die kleintjies uit, „die man het so ’n mooi ronde kop; maak hom dood en gee vir ons die kop om mee te speel; want dit lyk so hard en sal nie gou breek nie.”

„Sal jul julle monde hou! Julle is kinders, en hoe durf julle so van ’n uitgegroeide man praat?” merk die ou skildwag op toe hy oorkonkels en oorwakse regs en links uitdeel.

Die kinders sit ’n keel op en tjank dat die klowe daarvan antwoord gee. Die moeders hol toe en pluk die kleingoed aan die ore en hare, en die geskree word nog eens so lewendig.

Jantjie begin toe die bobbejane uit te koggel, en met ’n laggie sê hy: „So ’n klomp lelike gevrete het ek nog nie so naby my gesien nie. En, o, kyk hoe lyk julle oogbanke! Nes ’n krans aan die voorkant van ’n rant. Ga, ga, ga!

Arrie, staan tru met julle plat en agteroor voorkoppe!” Hy lag dat hy so skud.

Dit maak die bobbejane nog ’n bietjie nydiger, en hulle storm somar die boom om Jantjie daaruit te pluk.

Toe roep hy: „Boer, boer, bring jou roer! Hier is die lelikerds wat jy na soek—kom gou!”

Daar was toe nie skildwagte uitgesit nie, so weet hul nie hoe die wêreld rondom lyk nie. Dus, sonder om nog rond te kyk, kies hul koers na die bergkranse toe om daar te gaan sit „Hoggem! Hoggem!” Onderwyl ontvlug Jantjie na sy huis toe.

Back to IndexNext