No. 34.Die Sonbesies en Kriekies.OPMERKINGS:—Hierdie storie vertel die geskiedenis van die Sonbesie, wat in die Boland „boomsingertjie†en in die Karoo „doringbesie†heet.As iemand vir sy kinders baie ly, dan het die pa of ma die kind ook baie lief. En gaan sulke kinders dood of dwaal hul weg in die veld, dan treur hulle ouers net baie oor hulle. Dit was die geval met ’n ou Boesman en sy vrou.Hulle het nog maar een kindjie gehad—’n klein jongetjie. Die vader en moeder gaan eendag boesmanrys (jong miere) grawe, en hulle neem die kind saam. Die kind raak vas aan die slaap; die moeder haal hom van haar rug af, bind hom in haar rug-karos en lê hom in die skaduwee onder ’n bos. Sy en haar man was druk besig om boesmanrys uit te grawe. Hulle was so druk aan grawe dat hulle oë net by hulle werk bly.Meteens sien hul ’n leeu by ’n hartbees lê. Hy was reeds versadig geëet; hy staan op en stap reguit na die kind wat onder die bos vas aan slaap is. Hy tel die karos met die kind op, stap daarmee weg en gaan daar naby onder ’nboom naas die kind lê en stert roer. Hy het gedog die kind was dood; daarom hou hy net die ouers in die oog om te sien wat hulle sal doen.Die moeder wou ’n beroerte van die angs kry. Die vader het net nog drie gifpyle by hom en daarmee moet hy spaarsaam omgaan. Hy koes weg en kruip so plat op die grond as hy kan, tot by ’n dik boomstam. Hy hou hom baie smal, en kruip nader na die boom toe. Die leeu het hom toe nog nie gewaar nie; maar hou een streek die moeder in die oog.Maar toe die vader by die dik boomstam kom, gryp hy so rats as ’n aap die bobbejaantou wat teen die boomstam oprank; hy klim wat hy geleer het, om buite die bereik van die leeu te kom.Dog die leeu het hom toe gewaar; hy staan op en swaai sy stert heen en weer, en hy storm die boom. Die vader klim haastiger; die bobbejaantou ruk bo los, en die vader kom ’n ent teen die stam af; maar gelukkig, die tou bly bo vas. Maar tog, die vader het soveel gesak dat die leeu hom ’n raps met sy naels oor die voet gee, en die bloed stroom.Toe die vader bo in ’n mik van die boom sit, vat hy korrel met sy pyl en boog; hy skiet op die leeu, dog die pyl skram teen ’n takkie weg, en dit was mis. Nou het hy nog net twee gifpyle.Die leeu hap na die pyl, begin te brom en kort brulle te gee. Toe word die kind wakker en begin angstig te huil. Die leeu wil daarheen hol; maar die vader maak asof hy wil afklim, en maak ’n lawaai en gooi sy karos neer. Dieleeu vlie kortom en pak die karos. Toe neem die vader mooi sy kans om te skiet, dog weer skram die pyl teen ’n takkie weg, want die plek waar die Boesman in die boom-mik sit, was maar bra ongemaklik.„Hy tel die karos met die kind op en stap daarmee weg....â€â€žHy tel die karos met die kind op en stap daarmee weg.…â€Hy het nou nog maar net een pyl, en daarmee moet hy omgaan asof dit die kosbaarste van alle kosbaarhede is. Weer maak hy ’n groot lawaai om die aandag van die leeu te trek; die leeu kyk op met oop bek. Nou het hy ’n pragtige kans, waarvan hy sonder versuim gebruik maak; en hy tref die toornige dier met die gifpyl diep in die keel.„A, nou het hy sy pruimpie binne!â€Hy brul en gaan te kere. Dog die Boesman maak elke keer of hy wil afklim, om die bose dier daar te hou. Dit duur nie lank nie; die gif van die pyl trek, en die leeu slaan neer toe hy ’n paar tree weggestap het.Toe die vader uitroep: „Nou is die leeu dood!†toe spring die moeder van haar wegkruipplek op, en hol na haar kind, wat nog al die tyd lê huil; want hy was nog baie klein. Sy gryp hom en hol al wat sy geleer het, reguit huis-toe. Die vader het die leeu afgeslag; het soveel vleis as hy kan dra, huis-toe gebring; en het toe weer die ander vleis dadelik gaan haal; want ’n Boesman eet enige ding—tot slange toe.Wel, jare het verstryk; en die moeder het weer ’n kindjie—’n meidjie hierdie slag. Toe die meidjie al kan rondspeel, gaan die moeder daar by die fonteinplek matjiesgoed sny om matte van te maak. Die kind het daar rondgespeel; sy het te naby die gat water biesies gepluk, en diewatergees het uitgekom en het die kind in die gat water ingetrek. Die kind huil; die moeder hoor dit, en sy spring in die water om haar kind te red. Sy het met groot lewensgevaar met die watergees geworstel; dog sy red haar kind en swem met die meidjie, uitgeput en halfdood, kant-toe. Daarop hol sy huis-toe en laat alles in die steek. Sy was verskrik, maar tog baie bly.So kan ons sien, die vader en moeder het groot gevare oor hulle kinders uitgestaan; en daarom het hulle die twee kinders so liefgekry. En die kinders, aan hulle kant, was baie gek na hulle dapper ouers; daarom was hul so gehoorsaam.Die vader kon baie mooi viool speel, en die moeder het geleer om die ramkie goed te speel. Hulle het dié musiekinstrumente van springbokvel gemaak, wat hul eers haaraf gemaak, skoon uitgeskraap, en toe oor ’n kalbasdop getrek het. Die snare het hul van die derms van die bok gemaak, en die strykstok van die sterthare van ’n kwagga.As die ouers so speel, dan kom die twee kinders voor hulle ouers dans; en dit was vir algar, o, tog te mooi. So het hul baie plesierige aande en nagte om die veldvuur deurgebring—vernaamlik as die vader die dag ’n goeie jag gemaak het.Eendag was die twee ou volk nie fris en op hulle stukke nie; hulle stuur toe die twee kinders veld-toe om veldkos te soek en te bring. Die kinders bly lank weg; toe die son ondergaan, was hul nog nie terug nie, en toe word die twee ouers net ongerus. Hulle roep en skree; maar wat nie antwoord nie, is die kinders.Die ander dag het hulle gaan soek, die dag daarop, en die dae daarna, maar vind niks nie—die kinders is spoorloos tot vandag toe nog weg. Andere help soek, dog alles tevergeefs! Hulle roep en roep, skree en sing, speel viool en ramkie, maar alles verniet: daar kom geen antwoord nie. Die vader en moeder het later meer kinders gekry, en die kinders help ook nou om na hulle boetie en sussie te soek.Die vader gaan toe na Hamerkopvoël, wat alles in die water kan sien, en vra hom waar sy twee vermiste kinders is. Hamerkop het in die water gekyk, en hy kyk vandag nog; maar hy verklaar dat hy hulle nie kan uitvind nie, dog raai die vader aan om maar aan te hou roep. Hy moet in die dag soek, en sy vrou dit in die nag laat doen.Die moeder gaan toe na Uil, wat ’n groot towenaar is, wat kan vertel wat gebeur het en wat nog sal gebeur. Uil het sy dolosse gegooi, hy sit diep oor die saak te dink; maar sy dolosse en sy verstand staan hier stil. Hy raai haar ook aan om maar in die nag te roep en soek en haar man dit in die dag te laat doen.Hierdie huisgesin treur baie; hulle eet min, want hulle harte is seer van verdriet en al die huil en roep. Die vader en sy seuns soek en roep nou in die dag, terwyl die moeder en haar dogters in die nag soek en roep.Hulle het van verdriet so uitgeteer dat die vader en sy seuns nou die sonbesies is, en dat die moeder en haar dogters nou die kriekies is. Die leeu en die watergees is nou die ongediertes en visse wat goggas vang.Die sonbesies sing en soek vandag nog oordags.En die kriekies sing en soek vandag nog oornags.

No. 34.Die Sonbesies en Kriekies.
OPMERKINGS:—Hierdie storie vertel die geskiedenis van die Sonbesie, wat in die Boland „boomsingertjie†en in die Karoo „doringbesie†heet.As iemand vir sy kinders baie ly, dan het die pa of ma die kind ook baie lief. En gaan sulke kinders dood of dwaal hul weg in die veld, dan treur hulle ouers net baie oor hulle. Dit was die geval met ’n ou Boesman en sy vrou.Hulle het nog maar een kindjie gehad—’n klein jongetjie. Die vader en moeder gaan eendag boesmanrys (jong miere) grawe, en hulle neem die kind saam. Die kind raak vas aan die slaap; die moeder haal hom van haar rug af, bind hom in haar rug-karos en lê hom in die skaduwee onder ’n bos. Sy en haar man was druk besig om boesmanrys uit te grawe. Hulle was so druk aan grawe dat hulle oë net by hulle werk bly.Meteens sien hul ’n leeu by ’n hartbees lê. Hy was reeds versadig geëet; hy staan op en stap reguit na die kind wat onder die bos vas aan slaap is. Hy tel die karos met die kind op, stap daarmee weg en gaan daar naby onder ’nboom naas die kind lê en stert roer. Hy het gedog die kind was dood; daarom hou hy net die ouers in die oog om te sien wat hulle sal doen.Die moeder wou ’n beroerte van die angs kry. Die vader het net nog drie gifpyle by hom en daarmee moet hy spaarsaam omgaan. Hy koes weg en kruip so plat op die grond as hy kan, tot by ’n dik boomstam. Hy hou hom baie smal, en kruip nader na die boom toe. Die leeu het hom toe nog nie gewaar nie; maar hou een streek die moeder in die oog.Maar toe die vader by die dik boomstam kom, gryp hy so rats as ’n aap die bobbejaantou wat teen die boomstam oprank; hy klim wat hy geleer het, om buite die bereik van die leeu te kom.Dog die leeu het hom toe gewaar; hy staan op en swaai sy stert heen en weer, en hy storm die boom. Die vader klim haastiger; die bobbejaantou ruk bo los, en die vader kom ’n ent teen die stam af; maar gelukkig, die tou bly bo vas. Maar tog, die vader het soveel gesak dat die leeu hom ’n raps met sy naels oor die voet gee, en die bloed stroom.Toe die vader bo in ’n mik van die boom sit, vat hy korrel met sy pyl en boog; hy skiet op die leeu, dog die pyl skram teen ’n takkie weg, en dit was mis. Nou het hy nog net twee gifpyle.Die leeu hap na die pyl, begin te brom en kort brulle te gee. Toe word die kind wakker en begin angstig te huil. Die leeu wil daarheen hol; maar die vader maak asof hy wil afklim, en maak ’n lawaai en gooi sy karos neer. Dieleeu vlie kortom en pak die karos. Toe neem die vader mooi sy kans om te skiet, dog weer skram die pyl teen ’n takkie weg, want die plek waar die Boesman in die boom-mik sit, was maar bra ongemaklik.„Hy tel die karos met die kind op en stap daarmee weg....â€â€žHy tel die karos met die kind op en stap daarmee weg.…â€Hy het nou nog maar net een pyl, en daarmee moet hy omgaan asof dit die kosbaarste van alle kosbaarhede is. Weer maak hy ’n groot lawaai om die aandag van die leeu te trek; die leeu kyk op met oop bek. Nou het hy ’n pragtige kans, waarvan hy sonder versuim gebruik maak; en hy tref die toornige dier met die gifpyl diep in die keel.„A, nou het hy sy pruimpie binne!â€Hy brul en gaan te kere. Dog die Boesman maak elke keer of hy wil afklim, om die bose dier daar te hou. Dit duur nie lank nie; die gif van die pyl trek, en die leeu slaan neer toe hy ’n paar tree weggestap het.Toe die vader uitroep: „Nou is die leeu dood!†toe spring die moeder van haar wegkruipplek op, en hol na haar kind, wat nog al die tyd lê huil; want hy was nog baie klein. Sy gryp hom en hol al wat sy geleer het, reguit huis-toe. Die vader het die leeu afgeslag; het soveel vleis as hy kan dra, huis-toe gebring; en het toe weer die ander vleis dadelik gaan haal; want ’n Boesman eet enige ding—tot slange toe.Wel, jare het verstryk; en die moeder het weer ’n kindjie—’n meidjie hierdie slag. Toe die meidjie al kan rondspeel, gaan die moeder daar by die fonteinplek matjiesgoed sny om matte van te maak. Die kind het daar rondgespeel; sy het te naby die gat water biesies gepluk, en diewatergees het uitgekom en het die kind in die gat water ingetrek. Die kind huil; die moeder hoor dit, en sy spring in die water om haar kind te red. Sy het met groot lewensgevaar met die watergees geworstel; dog sy red haar kind en swem met die meidjie, uitgeput en halfdood, kant-toe. Daarop hol sy huis-toe en laat alles in die steek. Sy was verskrik, maar tog baie bly.So kan ons sien, die vader en moeder het groot gevare oor hulle kinders uitgestaan; en daarom het hulle die twee kinders so liefgekry. En die kinders, aan hulle kant, was baie gek na hulle dapper ouers; daarom was hul so gehoorsaam.Die vader kon baie mooi viool speel, en die moeder het geleer om die ramkie goed te speel. Hulle het dié musiekinstrumente van springbokvel gemaak, wat hul eers haaraf gemaak, skoon uitgeskraap, en toe oor ’n kalbasdop getrek het. Die snare het hul van die derms van die bok gemaak, en die strykstok van die sterthare van ’n kwagga.As die ouers so speel, dan kom die twee kinders voor hulle ouers dans; en dit was vir algar, o, tog te mooi. So het hul baie plesierige aande en nagte om die veldvuur deurgebring—vernaamlik as die vader die dag ’n goeie jag gemaak het.Eendag was die twee ou volk nie fris en op hulle stukke nie; hulle stuur toe die twee kinders veld-toe om veldkos te soek en te bring. Die kinders bly lank weg; toe die son ondergaan, was hul nog nie terug nie, en toe word die twee ouers net ongerus. Hulle roep en skree; maar wat nie antwoord nie, is die kinders.Die ander dag het hulle gaan soek, die dag daarop, en die dae daarna, maar vind niks nie—die kinders is spoorloos tot vandag toe nog weg. Andere help soek, dog alles tevergeefs! Hulle roep en roep, skree en sing, speel viool en ramkie, maar alles verniet: daar kom geen antwoord nie. Die vader en moeder het later meer kinders gekry, en die kinders help ook nou om na hulle boetie en sussie te soek.Die vader gaan toe na Hamerkopvoël, wat alles in die water kan sien, en vra hom waar sy twee vermiste kinders is. Hamerkop het in die water gekyk, en hy kyk vandag nog; maar hy verklaar dat hy hulle nie kan uitvind nie, dog raai die vader aan om maar aan te hou roep. Hy moet in die dag soek, en sy vrou dit in die nag laat doen.Die moeder gaan toe na Uil, wat ’n groot towenaar is, wat kan vertel wat gebeur het en wat nog sal gebeur. Uil het sy dolosse gegooi, hy sit diep oor die saak te dink; maar sy dolosse en sy verstand staan hier stil. Hy raai haar ook aan om maar in die nag te roep en soek en haar man dit in die dag te laat doen.Hierdie huisgesin treur baie; hulle eet min, want hulle harte is seer van verdriet en al die huil en roep. Die vader en sy seuns soek en roep nou in die dag, terwyl die moeder en haar dogters in die nag soek en roep.Hulle het van verdriet so uitgeteer dat die vader en sy seuns nou die sonbesies is, en dat die moeder en haar dogters nou die kriekies is. Die leeu en die watergees is nou die ongediertes en visse wat goggas vang.Die sonbesies sing en soek vandag nog oordags.En die kriekies sing en soek vandag nog oornags.
OPMERKINGS:—Hierdie storie vertel die geskiedenis van die Sonbesie, wat in die Boland „boomsingertjie†en in die Karoo „doringbesie†heet.
As iemand vir sy kinders baie ly, dan het die pa of ma die kind ook baie lief. En gaan sulke kinders dood of dwaal hul weg in die veld, dan treur hulle ouers net baie oor hulle. Dit was die geval met ’n ou Boesman en sy vrou.
Hulle het nog maar een kindjie gehad—’n klein jongetjie. Die vader en moeder gaan eendag boesmanrys (jong miere) grawe, en hulle neem die kind saam. Die kind raak vas aan die slaap; die moeder haal hom van haar rug af, bind hom in haar rug-karos en lê hom in die skaduwee onder ’n bos. Sy en haar man was druk besig om boesmanrys uit te grawe. Hulle was so druk aan grawe dat hulle oë net by hulle werk bly.
Meteens sien hul ’n leeu by ’n hartbees lê. Hy was reeds versadig geëet; hy staan op en stap reguit na die kind wat onder die bos vas aan slaap is. Hy tel die karos met die kind op, stap daarmee weg en gaan daar naby onder ’nboom naas die kind lê en stert roer. Hy het gedog die kind was dood; daarom hou hy net die ouers in die oog om te sien wat hulle sal doen.
Die moeder wou ’n beroerte van die angs kry. Die vader het net nog drie gifpyle by hom en daarmee moet hy spaarsaam omgaan. Hy koes weg en kruip so plat op die grond as hy kan, tot by ’n dik boomstam. Hy hou hom baie smal, en kruip nader na die boom toe. Die leeu het hom toe nog nie gewaar nie; maar hou een streek die moeder in die oog.
Maar toe die vader by die dik boomstam kom, gryp hy so rats as ’n aap die bobbejaantou wat teen die boomstam oprank; hy klim wat hy geleer het, om buite die bereik van die leeu te kom.
Dog die leeu het hom toe gewaar; hy staan op en swaai sy stert heen en weer, en hy storm die boom. Die vader klim haastiger; die bobbejaantou ruk bo los, en die vader kom ’n ent teen die stam af; maar gelukkig, die tou bly bo vas. Maar tog, die vader het soveel gesak dat die leeu hom ’n raps met sy naels oor die voet gee, en die bloed stroom.
Toe die vader bo in ’n mik van die boom sit, vat hy korrel met sy pyl en boog; hy skiet op die leeu, dog die pyl skram teen ’n takkie weg, en dit was mis. Nou het hy nog net twee gifpyle.
Die leeu hap na die pyl, begin te brom en kort brulle te gee. Toe word die kind wakker en begin angstig te huil. Die leeu wil daarheen hol; maar die vader maak asof hy wil afklim, en maak ’n lawaai en gooi sy karos neer. Dieleeu vlie kortom en pak die karos. Toe neem die vader mooi sy kans om te skiet, dog weer skram die pyl teen ’n takkie weg, want die plek waar die Boesman in die boom-mik sit, was maar bra ongemaklik.
„Hy tel die karos met die kind op en stap daarmee weg....â€â€žHy tel die karos met die kind op en stap daarmee weg.…â€
„Hy tel die karos met die kind op en stap daarmee weg.…â€
Hy het nou nog maar net een pyl, en daarmee moet hy omgaan asof dit die kosbaarste van alle kosbaarhede is. Weer maak hy ’n groot lawaai om die aandag van die leeu te trek; die leeu kyk op met oop bek. Nou het hy ’n pragtige kans, waarvan hy sonder versuim gebruik maak; en hy tref die toornige dier met die gifpyl diep in die keel.
„A, nou het hy sy pruimpie binne!â€
Hy brul en gaan te kere. Dog die Boesman maak elke keer of hy wil afklim, om die bose dier daar te hou. Dit duur nie lank nie; die gif van die pyl trek, en die leeu slaan neer toe hy ’n paar tree weggestap het.
Toe die vader uitroep: „Nou is die leeu dood!†toe spring die moeder van haar wegkruipplek op, en hol na haar kind, wat nog al die tyd lê huil; want hy was nog baie klein. Sy gryp hom en hol al wat sy geleer het, reguit huis-toe. Die vader het die leeu afgeslag; het soveel vleis as hy kan dra, huis-toe gebring; en het toe weer die ander vleis dadelik gaan haal; want ’n Boesman eet enige ding—tot slange toe.
Wel, jare het verstryk; en die moeder het weer ’n kindjie—’n meidjie hierdie slag. Toe die meidjie al kan rondspeel, gaan die moeder daar by die fonteinplek matjiesgoed sny om matte van te maak. Die kind het daar rondgespeel; sy het te naby die gat water biesies gepluk, en diewatergees het uitgekom en het die kind in die gat water ingetrek. Die kind huil; die moeder hoor dit, en sy spring in die water om haar kind te red. Sy het met groot lewensgevaar met die watergees geworstel; dog sy red haar kind en swem met die meidjie, uitgeput en halfdood, kant-toe. Daarop hol sy huis-toe en laat alles in die steek. Sy was verskrik, maar tog baie bly.
So kan ons sien, die vader en moeder het groot gevare oor hulle kinders uitgestaan; en daarom het hulle die twee kinders so liefgekry. En die kinders, aan hulle kant, was baie gek na hulle dapper ouers; daarom was hul so gehoorsaam.
Die vader kon baie mooi viool speel, en die moeder het geleer om die ramkie goed te speel. Hulle het dié musiekinstrumente van springbokvel gemaak, wat hul eers haaraf gemaak, skoon uitgeskraap, en toe oor ’n kalbasdop getrek het. Die snare het hul van die derms van die bok gemaak, en die strykstok van die sterthare van ’n kwagga.
As die ouers so speel, dan kom die twee kinders voor hulle ouers dans; en dit was vir algar, o, tog te mooi. So het hul baie plesierige aande en nagte om die veldvuur deurgebring—vernaamlik as die vader die dag ’n goeie jag gemaak het.
Eendag was die twee ou volk nie fris en op hulle stukke nie; hulle stuur toe die twee kinders veld-toe om veldkos te soek en te bring. Die kinders bly lank weg; toe die son ondergaan, was hul nog nie terug nie, en toe word die twee ouers net ongerus. Hulle roep en skree; maar wat nie antwoord nie, is die kinders.
Die ander dag het hulle gaan soek, die dag daarop, en die dae daarna, maar vind niks nie—die kinders is spoorloos tot vandag toe nog weg. Andere help soek, dog alles tevergeefs! Hulle roep en roep, skree en sing, speel viool en ramkie, maar alles verniet: daar kom geen antwoord nie. Die vader en moeder het later meer kinders gekry, en die kinders help ook nou om na hulle boetie en sussie te soek.
Die vader gaan toe na Hamerkopvoël, wat alles in die water kan sien, en vra hom waar sy twee vermiste kinders is. Hamerkop het in die water gekyk, en hy kyk vandag nog; maar hy verklaar dat hy hulle nie kan uitvind nie, dog raai die vader aan om maar aan te hou roep. Hy moet in die dag soek, en sy vrou dit in die nag laat doen.
Die moeder gaan toe na Uil, wat ’n groot towenaar is, wat kan vertel wat gebeur het en wat nog sal gebeur. Uil het sy dolosse gegooi, hy sit diep oor die saak te dink; maar sy dolosse en sy verstand staan hier stil. Hy raai haar ook aan om maar in die nag te roep en soek en haar man dit in die dag te laat doen.
Hierdie huisgesin treur baie; hulle eet min, want hulle harte is seer van verdriet en al die huil en roep. Die vader en sy seuns soek en roep nou in die dag, terwyl die moeder en haar dogters in die nag soek en roep.
Hulle het van verdriet so uitgeteer dat die vader en sy seuns nou die sonbesies is, en dat die moeder en haar dogters nou die kriekies is. Die leeu en die watergees is nou die ongediertes en visse wat goggas vang.
Die sonbesies sing en soek vandag nog oordags.
En die kriekies sing en soek vandag nog oornags.