No. 35.

No. 35.Leeu en Wolf eet oor en weer.OPMERKINGS:—Hierdie storie is om iemand te leer om vir kos nie suinig te wees nie. Daar kom ’n dag dat hy net so verleë raak en slegter daarvan afkom as wat hy die honger persoon behandel het.Wolf was die hele nag uit op die jag, maar was baie ongelukkig om geen wild op die lyf te loop nie. Teen dagbreek se kant toe kry hy Leeu se spoor, en hy volg dit; want hy weet Leeu is ’n gelukkige man en kry altyd kos.Leeu het ’n kwagga gevang, het hom versadig geëet, en lê ’n entjie daarvandaan teen ’n bos. Wolf voel somar bly in sy hart om nog vleis aan die kwagga te sien; want dit was te veel vir Leeu om in een slag op te eet.So begin Wolf meteens om ’n gesellige praatjie met Leeu aan te knoop; hy vertel dat hy na sy broer gaan kuier het, dat hy die broer nie tuis gekry het nie, so het hy weer na sy siek suster gaan kyk; maar sy was toe reeds lankal dood. Nou is hy haastig om by sy huis te kom. Hy vertel toe dat met die afwesigheid van sy gesin van huis het hy daar niks te ete en te drinke gekry nie.„En nou is jy seker honger?” vra Leeu.„Dis nie altemitters nie,” was Wolf se antwoord.„Ja, dit spyt my; maar wat kan ek daaraan doen,” sê Leeu.„En daar lê dan nog meer as ’n halwe kwagga,” merk Wolf op.„Ja, maar dit moet ek vir my vrou en kinders hou,” werp Leeu teë, toe hy hom ewe lui en versadig uitrek.Wolf kyk na Leeu, kyk na die kwaggavleis en kyk weer met ’n watermond terug na Leeu en vra: „Is daar dan nie vir my ’n paar murgbene nie?”„Kom, sê my eers, waar woon jy?” vra Leeu.„Dis nie so ver van hier nie—daar onder daardie krans in die wolwegate,” was die vriendelike antwoord.„Kry jy daar baie kos?” vra Leeu weer, net om die tyd om te praat en om Wolf nog meer lus te maak.„O ja, kos genoeg! Die een dag volop en die ander dag weer minder; maar altyd genoeg om vet op te bly,” antwoord Wolf.Leeu draai sy kop en kyk daar dié kant en gee geen antwoord nie. Hy luister wat Wolf nou sal sê en wens dat hy maar moet loop.Weer praat Wolf na die kos se kant toe en vra of die kwagga vet is en of Leeu hom maklik in die hande gekry het, en hy spreek verder die wens uit dat hy graag van die murg sal wil proe as Leeu hom maar net wil toelaat.Leeu vertel dat hy die kwagga baie maklik gevang het en sê: „Bly hier lê, dan gaan ek vir jou van die murgbene haal. Bly hier, hoor jy! Versit jy een voet uit jou spoor,dan draai ek om en jy kry niks nie,” sê Leeu toe hy wegstap kwagga-toe.Leeu gaanwél’n murgbeen haal; maar watter soort? Hy bring een waarvan hy self die murg uitgesuig het, en gee die skoongekoude been aan Wolf met die woorde: „Dé, eet.”Wolf bekyk die been, gee ’n paar lekkies daaraan, en vra of Leeu nie liewers vir hom wil toelaat om die soppies by die kwagga op te lek nie. Waarop Leeu antwoord dat hyself so danig gek na sop is en nie ’n druppel daarvan wil weggee nie.Toe vra Wolf weer ’n been om saam te neem om daar voor te gaan fyn kou. Leeu gaan een haal wat ook reeds afgekou is, waaruit die murg uitgesuig is en waaraan die kwagga se klou nog vassit, en sê: „Dé, vat dit; basta bedel. Toe loop!”Wolf bespeur toe dat Leeu hom weer gefop het, so sê hy: „Ek sal maar stap, sodat ek vroeg my huis kan haal. Nou vra ek jou, broer Leeu, om môre by my te kom eet.”Met die huis-toe draf, kom Wolf ’n trop volstruise teë; hy vang een en kon hom toe versadig eet. Wat hy nie kon baasraak nie, sleep of dra hy saam na sy huis toe.Toe hy die volgende dag vir Leeu haas verwag, sit hy ’n pot op die vuur en kook van die volstruis se vleis. Hy met sy vrou en kinders eet die vleis op en laat die sop vir sy vriend Leeu staan.Toe hy vir Leeu nog ver sien aankom, gooi hy van die sop in ’n ander pot uit om koud te word. Hy gooi nogmeer water in die pot wat op die vuur staan, en stook dit met ’n wakker vuur tot dit borrel soos dit kook.Toe Leeu naby was, haal Wolf die kokende pot van die vuur af en sit dit naas die een waarvan die sop al koud geword het, en hy staan vir Leeu af te wag.Toe Leeu hier naby hom was, roep Wolf: „Môre, môre, broer Leeu! Jy kom net in tyd! Ek het ’n vet volstruis vir ons gevang, en ek het jou nie vergeet om die lekker murgbene wat jy gister vir my gegee het nie. Het jy weer kwaggas gevang?”„Nee, daar is baie, maar ek eet nog al die tyd aan die vet kwagga van gister,” antwoord Leeu, doodtevrede met homself.„Maar jy het in elk geval nou lus vir volstruissop, dit weet ek,” merk Wolf op toe hy die pot met koue sop vat en aan sy vrou sê: „Hou oop jou mond dat ek vir jou eers sop gee.” Hy gooi toe sop in haar mond, en sy sluk só dat haar keel knoppe-knoppe maak. Daarop sê hy aan sy kinders: „Kom julle hier; hou julle monde oop, dat ek ook vir julle sop gee.” Die kinders kom op ’n ry sit, en Wolf gooi sop in die mond van een kind ná die ander. Daarop sit hy die leë pot neer en sê aan Leeu: „Nou kom ons aan die beurt; ons het tyd en kan op ons gemak drink—jy eers, dan ek.”Daarop neem Wolf die pot met die kokende sop en vra aan Leeu om reg te sit. Leeu maak so. Toe keer Wolf die pot met kokende sop oor Leeu se kop om en druk die warm pot boonop vas oor Leeu se kop. Leeu se oë verbrand, sy mond en keel verbrand. Hy slaan neer teen die grond. Toe vat Wolf sy kierie en slaan Leeu verder dood. So kom ’n gemene daad altyd weer op ’n man se eie kop terug.

No. 35.Leeu en Wolf eet oor en weer.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is om iemand te leer om vir kos nie suinig te wees nie. Daar kom ’n dag dat hy net so verleë raak en slegter daarvan afkom as wat hy die honger persoon behandel het.Wolf was die hele nag uit op die jag, maar was baie ongelukkig om geen wild op die lyf te loop nie. Teen dagbreek se kant toe kry hy Leeu se spoor, en hy volg dit; want hy weet Leeu is ’n gelukkige man en kry altyd kos.Leeu het ’n kwagga gevang, het hom versadig geëet, en lê ’n entjie daarvandaan teen ’n bos. Wolf voel somar bly in sy hart om nog vleis aan die kwagga te sien; want dit was te veel vir Leeu om in een slag op te eet.So begin Wolf meteens om ’n gesellige praatjie met Leeu aan te knoop; hy vertel dat hy na sy broer gaan kuier het, dat hy die broer nie tuis gekry het nie, so het hy weer na sy siek suster gaan kyk; maar sy was toe reeds lankal dood. Nou is hy haastig om by sy huis te kom. Hy vertel toe dat met die afwesigheid van sy gesin van huis het hy daar niks te ete en te drinke gekry nie.„En nou is jy seker honger?” vra Leeu.„Dis nie altemitters nie,” was Wolf se antwoord.„Ja, dit spyt my; maar wat kan ek daaraan doen,” sê Leeu.„En daar lê dan nog meer as ’n halwe kwagga,” merk Wolf op.„Ja, maar dit moet ek vir my vrou en kinders hou,” werp Leeu teë, toe hy hom ewe lui en versadig uitrek.Wolf kyk na Leeu, kyk na die kwaggavleis en kyk weer met ’n watermond terug na Leeu en vra: „Is daar dan nie vir my ’n paar murgbene nie?”„Kom, sê my eers, waar woon jy?” vra Leeu.„Dis nie so ver van hier nie—daar onder daardie krans in die wolwegate,” was die vriendelike antwoord.„Kry jy daar baie kos?” vra Leeu weer, net om die tyd om te praat en om Wolf nog meer lus te maak.„O ja, kos genoeg! Die een dag volop en die ander dag weer minder; maar altyd genoeg om vet op te bly,” antwoord Wolf.Leeu draai sy kop en kyk daar dié kant en gee geen antwoord nie. Hy luister wat Wolf nou sal sê en wens dat hy maar moet loop.Weer praat Wolf na die kos se kant toe en vra of die kwagga vet is en of Leeu hom maklik in die hande gekry het, en hy spreek verder die wens uit dat hy graag van die murg sal wil proe as Leeu hom maar net wil toelaat.Leeu vertel dat hy die kwagga baie maklik gevang het en sê: „Bly hier lê, dan gaan ek vir jou van die murgbene haal. Bly hier, hoor jy! Versit jy een voet uit jou spoor,dan draai ek om en jy kry niks nie,” sê Leeu toe hy wegstap kwagga-toe.Leeu gaanwél’n murgbeen haal; maar watter soort? Hy bring een waarvan hy self die murg uitgesuig het, en gee die skoongekoude been aan Wolf met die woorde: „Dé, eet.”Wolf bekyk die been, gee ’n paar lekkies daaraan, en vra of Leeu nie liewers vir hom wil toelaat om die soppies by die kwagga op te lek nie. Waarop Leeu antwoord dat hyself so danig gek na sop is en nie ’n druppel daarvan wil weggee nie.Toe vra Wolf weer ’n been om saam te neem om daar voor te gaan fyn kou. Leeu gaan een haal wat ook reeds afgekou is, waaruit die murg uitgesuig is en waaraan die kwagga se klou nog vassit, en sê: „Dé, vat dit; basta bedel. Toe loop!”Wolf bespeur toe dat Leeu hom weer gefop het, so sê hy: „Ek sal maar stap, sodat ek vroeg my huis kan haal. Nou vra ek jou, broer Leeu, om môre by my te kom eet.”Met die huis-toe draf, kom Wolf ’n trop volstruise teë; hy vang een en kon hom toe versadig eet. Wat hy nie kon baasraak nie, sleep of dra hy saam na sy huis toe.Toe hy die volgende dag vir Leeu haas verwag, sit hy ’n pot op die vuur en kook van die volstruis se vleis. Hy met sy vrou en kinders eet die vleis op en laat die sop vir sy vriend Leeu staan.Toe hy vir Leeu nog ver sien aankom, gooi hy van die sop in ’n ander pot uit om koud te word. Hy gooi nogmeer water in die pot wat op die vuur staan, en stook dit met ’n wakker vuur tot dit borrel soos dit kook.Toe Leeu naby was, haal Wolf die kokende pot van die vuur af en sit dit naas die een waarvan die sop al koud geword het, en hy staan vir Leeu af te wag.Toe Leeu hier naby hom was, roep Wolf: „Môre, môre, broer Leeu! Jy kom net in tyd! Ek het ’n vet volstruis vir ons gevang, en ek het jou nie vergeet om die lekker murgbene wat jy gister vir my gegee het nie. Het jy weer kwaggas gevang?”„Nee, daar is baie, maar ek eet nog al die tyd aan die vet kwagga van gister,” antwoord Leeu, doodtevrede met homself.„Maar jy het in elk geval nou lus vir volstruissop, dit weet ek,” merk Wolf op toe hy die pot met koue sop vat en aan sy vrou sê: „Hou oop jou mond dat ek vir jou eers sop gee.” Hy gooi toe sop in haar mond, en sy sluk só dat haar keel knoppe-knoppe maak. Daarop sê hy aan sy kinders: „Kom julle hier; hou julle monde oop, dat ek ook vir julle sop gee.” Die kinders kom op ’n ry sit, en Wolf gooi sop in die mond van een kind ná die ander. Daarop sit hy die leë pot neer en sê aan Leeu: „Nou kom ons aan die beurt; ons het tyd en kan op ons gemak drink—jy eers, dan ek.”Daarop neem Wolf die pot met die kokende sop en vra aan Leeu om reg te sit. Leeu maak so. Toe keer Wolf die pot met kokende sop oor Leeu se kop om en druk die warm pot boonop vas oor Leeu se kop. Leeu se oë verbrand, sy mond en keel verbrand. Hy slaan neer teen die grond. Toe vat Wolf sy kierie en slaan Leeu verder dood. So kom ’n gemene daad altyd weer op ’n man se eie kop terug.

OPMERKINGS:—Hierdie storie is om iemand te leer om vir kos nie suinig te wees nie. Daar kom ’n dag dat hy net so verleë raak en slegter daarvan afkom as wat hy die honger persoon behandel het.

Wolf was die hele nag uit op die jag, maar was baie ongelukkig om geen wild op die lyf te loop nie. Teen dagbreek se kant toe kry hy Leeu se spoor, en hy volg dit; want hy weet Leeu is ’n gelukkige man en kry altyd kos.

Leeu het ’n kwagga gevang, het hom versadig geëet, en lê ’n entjie daarvandaan teen ’n bos. Wolf voel somar bly in sy hart om nog vleis aan die kwagga te sien; want dit was te veel vir Leeu om in een slag op te eet.

So begin Wolf meteens om ’n gesellige praatjie met Leeu aan te knoop; hy vertel dat hy na sy broer gaan kuier het, dat hy die broer nie tuis gekry het nie, so het hy weer na sy siek suster gaan kyk; maar sy was toe reeds lankal dood. Nou is hy haastig om by sy huis te kom. Hy vertel toe dat met die afwesigheid van sy gesin van huis het hy daar niks te ete en te drinke gekry nie.

„En nou is jy seker honger?” vra Leeu.

„Dis nie altemitters nie,” was Wolf se antwoord.

„Ja, dit spyt my; maar wat kan ek daaraan doen,” sê Leeu.

„En daar lê dan nog meer as ’n halwe kwagga,” merk Wolf op.

„Ja, maar dit moet ek vir my vrou en kinders hou,” werp Leeu teë, toe hy hom ewe lui en versadig uitrek.

Wolf kyk na Leeu, kyk na die kwaggavleis en kyk weer met ’n watermond terug na Leeu en vra: „Is daar dan nie vir my ’n paar murgbene nie?”

„Kom, sê my eers, waar woon jy?” vra Leeu.

„Dis nie so ver van hier nie—daar onder daardie krans in die wolwegate,” was die vriendelike antwoord.

„Kry jy daar baie kos?” vra Leeu weer, net om die tyd om te praat en om Wolf nog meer lus te maak.

„O ja, kos genoeg! Die een dag volop en die ander dag weer minder; maar altyd genoeg om vet op te bly,” antwoord Wolf.

Leeu draai sy kop en kyk daar dié kant en gee geen antwoord nie. Hy luister wat Wolf nou sal sê en wens dat hy maar moet loop.

Weer praat Wolf na die kos se kant toe en vra of die kwagga vet is en of Leeu hom maklik in die hande gekry het, en hy spreek verder die wens uit dat hy graag van die murg sal wil proe as Leeu hom maar net wil toelaat.

Leeu vertel dat hy die kwagga baie maklik gevang het en sê: „Bly hier lê, dan gaan ek vir jou van die murgbene haal. Bly hier, hoor jy! Versit jy een voet uit jou spoor,dan draai ek om en jy kry niks nie,” sê Leeu toe hy wegstap kwagga-toe.

Leeu gaanwél’n murgbeen haal; maar watter soort? Hy bring een waarvan hy self die murg uitgesuig het, en gee die skoongekoude been aan Wolf met die woorde: „Dé, eet.”

Wolf bekyk die been, gee ’n paar lekkies daaraan, en vra of Leeu nie liewers vir hom wil toelaat om die soppies by die kwagga op te lek nie. Waarop Leeu antwoord dat hyself so danig gek na sop is en nie ’n druppel daarvan wil weggee nie.

Toe vra Wolf weer ’n been om saam te neem om daar voor te gaan fyn kou. Leeu gaan een haal wat ook reeds afgekou is, waaruit die murg uitgesuig is en waaraan die kwagga se klou nog vassit, en sê: „Dé, vat dit; basta bedel. Toe loop!”

Wolf bespeur toe dat Leeu hom weer gefop het, so sê hy: „Ek sal maar stap, sodat ek vroeg my huis kan haal. Nou vra ek jou, broer Leeu, om môre by my te kom eet.”

Met die huis-toe draf, kom Wolf ’n trop volstruise teë; hy vang een en kon hom toe versadig eet. Wat hy nie kon baasraak nie, sleep of dra hy saam na sy huis toe.

Toe hy die volgende dag vir Leeu haas verwag, sit hy ’n pot op die vuur en kook van die volstruis se vleis. Hy met sy vrou en kinders eet die vleis op en laat die sop vir sy vriend Leeu staan.

Toe hy vir Leeu nog ver sien aankom, gooi hy van die sop in ’n ander pot uit om koud te word. Hy gooi nogmeer water in die pot wat op die vuur staan, en stook dit met ’n wakker vuur tot dit borrel soos dit kook.

Toe Leeu naby was, haal Wolf die kokende pot van die vuur af en sit dit naas die een waarvan die sop al koud geword het, en hy staan vir Leeu af te wag.

Toe Leeu hier naby hom was, roep Wolf: „Môre, môre, broer Leeu! Jy kom net in tyd! Ek het ’n vet volstruis vir ons gevang, en ek het jou nie vergeet om die lekker murgbene wat jy gister vir my gegee het nie. Het jy weer kwaggas gevang?”

„Nee, daar is baie, maar ek eet nog al die tyd aan die vet kwagga van gister,” antwoord Leeu, doodtevrede met homself.

„Maar jy het in elk geval nou lus vir volstruissop, dit weet ek,” merk Wolf op toe hy die pot met koue sop vat en aan sy vrou sê: „Hou oop jou mond dat ek vir jou eers sop gee.” Hy gooi toe sop in haar mond, en sy sluk só dat haar keel knoppe-knoppe maak. Daarop sê hy aan sy kinders: „Kom julle hier; hou julle monde oop, dat ek ook vir julle sop gee.” Die kinders kom op ’n ry sit, en Wolf gooi sop in die mond van een kind ná die ander. Daarop sit hy die leë pot neer en sê aan Leeu: „Nou kom ons aan die beurt; ons het tyd en kan op ons gemak drink—jy eers, dan ek.”

Daarop neem Wolf die pot met die kokende sop en vra aan Leeu om reg te sit. Leeu maak so. Toe keer Wolf die pot met kokende sop oor Leeu se kop om en druk die warm pot boonop vas oor Leeu se kop. Leeu se oë verbrand, sy mond en keel verbrand. Hy slaan neer teen die grond. Toe vat Wolf sy kierie en slaan Leeu verder dood. So kom ’n gemene daad altyd weer op ’n man se eie kop terug.

Back to IndexNext