No. 36.Volstruis word weer Lewendig.OPMERKINGS:—In hierdie storie word ons voorbeelde van die opstanding van die dooie meegedeel.Daar was ’n Boesman bekend as een van die beste jagters van sy tyd. Misskiet was ’n onbekende iets by hom—Raakskiet was sy naam. Op ’n sekere dag gaan Raakskiet veld-toe om te jag; toe hy ver in die veld was, voel hy siek. So kaduks het hy gevoel dat hy besluit omomte draai en maar terug huis-toe te gaan. Hy voel lam, en sy mond voel net droog.Hy stap kop voor die bors en dink nêrens oor nie. Toe hy hom kom kry, was ’n volstruismannetjie agter hom. Die voël gee ’n geweldige blaas en wou hom net skop en trap. Dog hy val plat en gaan op die grond lê. Die voël, met sy skerp borsbeen, gaan op hom sit en frommel hom asof hy hom tot ’n voetsool wil platdruk.Onder die worsteling bespeur Raakskiet dat dit nie ’n gewone volstruis is nie, maar een wat iets in hom besit wat vreemds is. Toe die voël moeg was om vir Raakskiet so te kneus, staan hy op en gaan naas Raakskiet wei, maar hou hom gedurig in die oog. Die minste beweging wat die Boesman maak, is die voël by om hom nog verder te kneus.Raakskiet kry die plan om hom dood te hou om die volstruis ’n kans te gee om weg te gaan. Toe hy so lank stil lê, word die voël gerus en begin toe verder en verder te wei. Raakskiet loer na sy boog en pyle; maar met die skop en trap van die voël het die snaar van sy boog gebreek. Toe maak Raakskiet ’n plan om sy goed te vat en saggies onder ’n digte bos te kruip.Hy kry dit reg. En toe hy onder die bos was, het hy kans om goed rond te kyk; hy sien toe dat die mannetjie na twee volstruiswyfies stap wat besig was om vlerke oor hulle nes te klap. Raakskiet pluk toe van die takke van die bos af en bind hom daarmee toe, sodat hy self na ’n bos lyk. Op hierdie manier het hy na sy huis toe ontsnap.Hy voel toe net siek en vertel aan sy vrou en kinders die wederwaardigheid wat hy met die volstruis deurgemaak het. Daarop gaan hy in sy karos op velle in sy hut lê.Die vrou was kwaad vir die voël en roep uit: „So moet jy dit nie laat bly nie. So gou as jy beter voel, moet jy jou boog regmaak, reguit na die nes toe stap, die volstruise doodskiet, en hulle en hulle eiers huis-toe bring; ek en die kinders sal help.â€Deur die man siek lê, moes die vrou en kinders kos in die veld gaan soek; ’n klein jongetjie bly by sy siek vader om hom te versorg. Ná almal veld-toe was, sien die kleinjonkie daar oorkant op die gras ’n baie klein hasie rondspeel. Hy hol daarheen om die hasie vir hom te vang, en hy bly lank weg.„Sonder om verder te versuim draf hy veld-in.â€â€žSonder om verder te versuim draf hy veld-in.â€Intussen voel sy vader se keel nog maar droog; hy roep na sy kind om water te bring, maar die kind was nie daar nie.Toe kruip Raakskiet self na die gat water wat daar naby is, en met die drinkslag val hy vooroor in die water en verdrink. Met die huistoekom van die moeder en haar kinders kry hul die kleinjonkie net toe hy die hasie vang en daarmee huis-toe stap. En die kleinjonkie was baie bly oor sy hasie.By die huis kry hul vir Raakskiet nie; hulle soek en soek en vind hom in die water dood lê. Hulle haal hom uit, rol hom op die grond; hy bly dood, en hul laat hom naas die gat water in die sonskyn lê om warm te word.Die moeder het die kleinjonkie ’n afgedankste drag slae gegee en gesê dat hy die hasie moet doodmaak, want die hasie is kos waarmee nie mag gespeel word nie; en dan, die dood het in die wêreld deur ’n hasie gekom.Dog die kind wou sy hasie nie doodmaak nie, maar hou aan daarmee te speel. As die diertjie sy oortjies so vorentoe en agtertoe trek, dan is dit vir hom tog te mooi. Sy ma stuur hom toe om by die ander gat water te gaan haal. Hy was altyd ’n gehoorsame kind; hy sit sy hasie neer en gaan die water haal. Solank hy weg was, maak sy ma die hasie dood. Toe hy terugkom, huil hy bitterlik daaroor.Maar net toe word sy vader, Raakskiet, weer lewendig. Hy rig hom op, sit in die sonskyn en word by elke asemhaling gesonder. En toe hy daar opstaan, makeerhy niks nie. Hy maak toe somar uit die staanspoor sy boog reg om die volstruis, wat hom getrap het, te gaan skiet.Toe hy gereed was, stap sy vrou en kinders mee om die vleis en eiers te help dra. Toe hulle digteby die plek kom, bly die vrou en kinders agter; hy bind weer bossies om sy lyf, en so verskalk hy die volstruise, wat druk besig was om hulle nes sag te maak deur die kluitjies wat daarin lê, stukkend te byt. Die wyfies stap weg, dog die mannetjie bly by die nes; so kry hy net die mannetjie onder skoot. En toe hy dié skiet, vlug die wyfies heeltemal weg. Raakskiet en sy gesin sny toe die voël aan stukke, sit dit op hulle koppe en neem die eiers ook mee huis-toe.Die vrou trek toe die vere af en plaas dié op ’n bossie. Hulle begin somar te braai en eet. En toe hul die hele volstruis opgeëet het, kom daar ’n geweldige warrelwind. Die wind neem al die vere weg en warrel dié rond, hoog in die lug. Een veer was swaar van die bloed en kan nie so hoog in die lug rondwals nie, maar kom af, warrel en warrel tot dit in die gat water val waarin Raakskiet die dag tevore verdrink het; en dit swem op die water, terwyl dit daar deur die wind rondgemaal word.Raakskiet en sy gesin sien dit en slaan ag op daardie veer. Terwyl hulle nog staan en kyk, verander daardie bloederige veer in ’n klein volstruisie. Hulle beskou wat aangaan, en sien die diertjie kry donsvere; die donsvere groei en word langer. Die voëltjie stap sukkel-sukkel uit die water; want dit was nog pieperig en swak, en sy beentjies was nog baie sag; en hy gaan op die wal bewe-bewein die son sit. Hy word sterker en sterker, hy groei en groei. Onderwyl word sy bene en ribbe, sy nek en rugstring harder en harder. Dit het nie lank geduur nie, of hy was ’n volwasse voël, met swart en wit vere oortrek—net soos ’n gewone volstruismannetjie. Sonder om verder te versuim, draf hy veld-in, reguit na sy eie huis toe.Toe hy daar kom, brom hy om aan sy vrouens te vertel dat hy nog leef. Hulle ken somar sy stem, kom met vlerkgeklap hom in gemoet en was bly om hom weer lewendig te sien. Hy maak toe ’n ander plan en gaan nog ’n derde vrou haal. Van toe af was daar altyd twee voëls by die nes: twee wyfies gaan wei, en dan is een by die mannetjie by die nes; dan kom daardie twee weer terug, en die mannetjie en die wyfie gaan weer wei. Daar het altyd ’n omruiling op een of ander manier plaasgevind, so was dieselfde wyfie nie altyd by hom nie.Hy en sy drie wyfies het toe op ’n ander plek gaan nes-maak, want hulle was vir die ou plek bang. Raakskiet het wel geweet waar die nuwe nes is; maar uit bygeloof was hy bang om daarheen te gaan. Hy was bevrees dat die volstruis hom weer sal betower, dat hy weer sal siek word om in die water te val. En dalkies kom hy hierdie slag nie weer by nie, maar bly dan vir altyd dood, dood, dood.

No. 36.Volstruis word weer Lewendig.
OPMERKINGS:—In hierdie storie word ons voorbeelde van die opstanding van die dooie meegedeel.Daar was ’n Boesman bekend as een van die beste jagters van sy tyd. Misskiet was ’n onbekende iets by hom—Raakskiet was sy naam. Op ’n sekere dag gaan Raakskiet veld-toe om te jag; toe hy ver in die veld was, voel hy siek. So kaduks het hy gevoel dat hy besluit omomte draai en maar terug huis-toe te gaan. Hy voel lam, en sy mond voel net droog.Hy stap kop voor die bors en dink nêrens oor nie. Toe hy hom kom kry, was ’n volstruismannetjie agter hom. Die voël gee ’n geweldige blaas en wou hom net skop en trap. Dog hy val plat en gaan op die grond lê. Die voël, met sy skerp borsbeen, gaan op hom sit en frommel hom asof hy hom tot ’n voetsool wil platdruk.Onder die worsteling bespeur Raakskiet dat dit nie ’n gewone volstruis is nie, maar een wat iets in hom besit wat vreemds is. Toe die voël moeg was om vir Raakskiet so te kneus, staan hy op en gaan naas Raakskiet wei, maar hou hom gedurig in die oog. Die minste beweging wat die Boesman maak, is die voël by om hom nog verder te kneus.Raakskiet kry die plan om hom dood te hou om die volstruis ’n kans te gee om weg te gaan. Toe hy so lank stil lê, word die voël gerus en begin toe verder en verder te wei. Raakskiet loer na sy boog en pyle; maar met die skop en trap van die voël het die snaar van sy boog gebreek. Toe maak Raakskiet ’n plan om sy goed te vat en saggies onder ’n digte bos te kruip.Hy kry dit reg. En toe hy onder die bos was, het hy kans om goed rond te kyk; hy sien toe dat die mannetjie na twee volstruiswyfies stap wat besig was om vlerke oor hulle nes te klap. Raakskiet pluk toe van die takke van die bos af en bind hom daarmee toe, sodat hy self na ’n bos lyk. Op hierdie manier het hy na sy huis toe ontsnap.Hy voel toe net siek en vertel aan sy vrou en kinders die wederwaardigheid wat hy met die volstruis deurgemaak het. Daarop gaan hy in sy karos op velle in sy hut lê.Die vrou was kwaad vir die voël en roep uit: „So moet jy dit nie laat bly nie. So gou as jy beter voel, moet jy jou boog regmaak, reguit na die nes toe stap, die volstruise doodskiet, en hulle en hulle eiers huis-toe bring; ek en die kinders sal help.â€Deur die man siek lê, moes die vrou en kinders kos in die veld gaan soek; ’n klein jongetjie bly by sy siek vader om hom te versorg. Ná almal veld-toe was, sien die kleinjonkie daar oorkant op die gras ’n baie klein hasie rondspeel. Hy hol daarheen om die hasie vir hom te vang, en hy bly lank weg.„Sonder om verder te versuim draf hy veld-in.â€â€žSonder om verder te versuim draf hy veld-in.â€Intussen voel sy vader se keel nog maar droog; hy roep na sy kind om water te bring, maar die kind was nie daar nie.Toe kruip Raakskiet self na die gat water wat daar naby is, en met die drinkslag val hy vooroor in die water en verdrink. Met die huistoekom van die moeder en haar kinders kry hul die kleinjonkie net toe hy die hasie vang en daarmee huis-toe stap. En die kleinjonkie was baie bly oor sy hasie.By die huis kry hul vir Raakskiet nie; hulle soek en soek en vind hom in die water dood lê. Hulle haal hom uit, rol hom op die grond; hy bly dood, en hul laat hom naas die gat water in die sonskyn lê om warm te word.Die moeder het die kleinjonkie ’n afgedankste drag slae gegee en gesê dat hy die hasie moet doodmaak, want die hasie is kos waarmee nie mag gespeel word nie; en dan, die dood het in die wêreld deur ’n hasie gekom.Dog die kind wou sy hasie nie doodmaak nie, maar hou aan daarmee te speel. As die diertjie sy oortjies so vorentoe en agtertoe trek, dan is dit vir hom tog te mooi. Sy ma stuur hom toe om by die ander gat water te gaan haal. Hy was altyd ’n gehoorsame kind; hy sit sy hasie neer en gaan die water haal. Solank hy weg was, maak sy ma die hasie dood. Toe hy terugkom, huil hy bitterlik daaroor.Maar net toe word sy vader, Raakskiet, weer lewendig. Hy rig hom op, sit in die sonskyn en word by elke asemhaling gesonder. En toe hy daar opstaan, makeerhy niks nie. Hy maak toe somar uit die staanspoor sy boog reg om die volstruis, wat hom getrap het, te gaan skiet.Toe hy gereed was, stap sy vrou en kinders mee om die vleis en eiers te help dra. Toe hulle digteby die plek kom, bly die vrou en kinders agter; hy bind weer bossies om sy lyf, en so verskalk hy die volstruise, wat druk besig was om hulle nes sag te maak deur die kluitjies wat daarin lê, stukkend te byt. Die wyfies stap weg, dog die mannetjie bly by die nes; so kry hy net die mannetjie onder skoot. En toe hy dié skiet, vlug die wyfies heeltemal weg. Raakskiet en sy gesin sny toe die voël aan stukke, sit dit op hulle koppe en neem die eiers ook mee huis-toe.Die vrou trek toe die vere af en plaas dié op ’n bossie. Hulle begin somar te braai en eet. En toe hul die hele volstruis opgeëet het, kom daar ’n geweldige warrelwind. Die wind neem al die vere weg en warrel dié rond, hoog in die lug. Een veer was swaar van die bloed en kan nie so hoog in die lug rondwals nie, maar kom af, warrel en warrel tot dit in die gat water val waarin Raakskiet die dag tevore verdrink het; en dit swem op die water, terwyl dit daar deur die wind rondgemaal word.Raakskiet en sy gesin sien dit en slaan ag op daardie veer. Terwyl hulle nog staan en kyk, verander daardie bloederige veer in ’n klein volstruisie. Hulle beskou wat aangaan, en sien die diertjie kry donsvere; die donsvere groei en word langer. Die voëltjie stap sukkel-sukkel uit die water; want dit was nog pieperig en swak, en sy beentjies was nog baie sag; en hy gaan op die wal bewe-bewein die son sit. Hy word sterker en sterker, hy groei en groei. Onderwyl word sy bene en ribbe, sy nek en rugstring harder en harder. Dit het nie lank geduur nie, of hy was ’n volwasse voël, met swart en wit vere oortrek—net soos ’n gewone volstruismannetjie. Sonder om verder te versuim, draf hy veld-in, reguit na sy eie huis toe.Toe hy daar kom, brom hy om aan sy vrouens te vertel dat hy nog leef. Hulle ken somar sy stem, kom met vlerkgeklap hom in gemoet en was bly om hom weer lewendig te sien. Hy maak toe ’n ander plan en gaan nog ’n derde vrou haal. Van toe af was daar altyd twee voëls by die nes: twee wyfies gaan wei, en dan is een by die mannetjie by die nes; dan kom daardie twee weer terug, en die mannetjie en die wyfie gaan weer wei. Daar het altyd ’n omruiling op een of ander manier plaasgevind, so was dieselfde wyfie nie altyd by hom nie.Hy en sy drie wyfies het toe op ’n ander plek gaan nes-maak, want hulle was vir die ou plek bang. Raakskiet het wel geweet waar die nuwe nes is; maar uit bygeloof was hy bang om daarheen te gaan. Hy was bevrees dat die volstruis hom weer sal betower, dat hy weer sal siek word om in die water te val. En dalkies kom hy hierdie slag nie weer by nie, maar bly dan vir altyd dood, dood, dood.
OPMERKINGS:—In hierdie storie word ons voorbeelde van die opstanding van die dooie meegedeel.
Daar was ’n Boesman bekend as een van die beste jagters van sy tyd. Misskiet was ’n onbekende iets by hom—Raakskiet was sy naam. Op ’n sekere dag gaan Raakskiet veld-toe om te jag; toe hy ver in die veld was, voel hy siek. So kaduks het hy gevoel dat hy besluit omomte draai en maar terug huis-toe te gaan. Hy voel lam, en sy mond voel net droog.
Hy stap kop voor die bors en dink nêrens oor nie. Toe hy hom kom kry, was ’n volstruismannetjie agter hom. Die voël gee ’n geweldige blaas en wou hom net skop en trap. Dog hy val plat en gaan op die grond lê. Die voël, met sy skerp borsbeen, gaan op hom sit en frommel hom asof hy hom tot ’n voetsool wil platdruk.
Onder die worsteling bespeur Raakskiet dat dit nie ’n gewone volstruis is nie, maar een wat iets in hom besit wat vreemds is. Toe die voël moeg was om vir Raakskiet so te kneus, staan hy op en gaan naas Raakskiet wei, maar hou hom gedurig in die oog. Die minste beweging wat die Boesman maak, is die voël by om hom nog verder te kneus.
Raakskiet kry die plan om hom dood te hou om die volstruis ’n kans te gee om weg te gaan. Toe hy so lank stil lê, word die voël gerus en begin toe verder en verder te wei. Raakskiet loer na sy boog en pyle; maar met die skop en trap van die voël het die snaar van sy boog gebreek. Toe maak Raakskiet ’n plan om sy goed te vat en saggies onder ’n digte bos te kruip.
Hy kry dit reg. En toe hy onder die bos was, het hy kans om goed rond te kyk; hy sien toe dat die mannetjie na twee volstruiswyfies stap wat besig was om vlerke oor hulle nes te klap. Raakskiet pluk toe van die takke van die bos af en bind hom daarmee toe, sodat hy self na ’n bos lyk. Op hierdie manier het hy na sy huis toe ontsnap.
Hy voel toe net siek en vertel aan sy vrou en kinders die wederwaardigheid wat hy met die volstruis deurgemaak het. Daarop gaan hy in sy karos op velle in sy hut lê.
Die vrou was kwaad vir die voël en roep uit: „So moet jy dit nie laat bly nie. So gou as jy beter voel, moet jy jou boog regmaak, reguit na die nes toe stap, die volstruise doodskiet, en hulle en hulle eiers huis-toe bring; ek en die kinders sal help.â€
Deur die man siek lê, moes die vrou en kinders kos in die veld gaan soek; ’n klein jongetjie bly by sy siek vader om hom te versorg. Ná almal veld-toe was, sien die kleinjonkie daar oorkant op die gras ’n baie klein hasie rondspeel. Hy hol daarheen om die hasie vir hom te vang, en hy bly lank weg.
„Sonder om verder te versuim draf hy veld-in.â€â€žSonder om verder te versuim draf hy veld-in.â€
„Sonder om verder te versuim draf hy veld-in.â€
Intussen voel sy vader se keel nog maar droog; hy roep na sy kind om water te bring, maar die kind was nie daar nie.
Toe kruip Raakskiet self na die gat water wat daar naby is, en met die drinkslag val hy vooroor in die water en verdrink. Met die huistoekom van die moeder en haar kinders kry hul die kleinjonkie net toe hy die hasie vang en daarmee huis-toe stap. En die kleinjonkie was baie bly oor sy hasie.
By die huis kry hul vir Raakskiet nie; hulle soek en soek en vind hom in die water dood lê. Hulle haal hom uit, rol hom op die grond; hy bly dood, en hul laat hom naas die gat water in die sonskyn lê om warm te word.
Die moeder het die kleinjonkie ’n afgedankste drag slae gegee en gesê dat hy die hasie moet doodmaak, want die hasie is kos waarmee nie mag gespeel word nie; en dan, die dood het in die wêreld deur ’n hasie gekom.
Dog die kind wou sy hasie nie doodmaak nie, maar hou aan daarmee te speel. As die diertjie sy oortjies so vorentoe en agtertoe trek, dan is dit vir hom tog te mooi. Sy ma stuur hom toe om by die ander gat water te gaan haal. Hy was altyd ’n gehoorsame kind; hy sit sy hasie neer en gaan die water haal. Solank hy weg was, maak sy ma die hasie dood. Toe hy terugkom, huil hy bitterlik daaroor.
Maar net toe word sy vader, Raakskiet, weer lewendig. Hy rig hom op, sit in die sonskyn en word by elke asemhaling gesonder. En toe hy daar opstaan, makeerhy niks nie. Hy maak toe somar uit die staanspoor sy boog reg om die volstruis, wat hom getrap het, te gaan skiet.
Toe hy gereed was, stap sy vrou en kinders mee om die vleis en eiers te help dra. Toe hulle digteby die plek kom, bly die vrou en kinders agter; hy bind weer bossies om sy lyf, en so verskalk hy die volstruise, wat druk besig was om hulle nes sag te maak deur die kluitjies wat daarin lê, stukkend te byt. Die wyfies stap weg, dog die mannetjie bly by die nes; so kry hy net die mannetjie onder skoot. En toe hy dié skiet, vlug die wyfies heeltemal weg. Raakskiet en sy gesin sny toe die voël aan stukke, sit dit op hulle koppe en neem die eiers ook mee huis-toe.
Die vrou trek toe die vere af en plaas dié op ’n bossie. Hulle begin somar te braai en eet. En toe hul die hele volstruis opgeëet het, kom daar ’n geweldige warrelwind. Die wind neem al die vere weg en warrel dié rond, hoog in die lug. Een veer was swaar van die bloed en kan nie so hoog in die lug rondwals nie, maar kom af, warrel en warrel tot dit in die gat water val waarin Raakskiet die dag tevore verdrink het; en dit swem op die water, terwyl dit daar deur die wind rondgemaal word.
Raakskiet en sy gesin sien dit en slaan ag op daardie veer. Terwyl hulle nog staan en kyk, verander daardie bloederige veer in ’n klein volstruisie. Hulle beskou wat aangaan, en sien die diertjie kry donsvere; die donsvere groei en word langer. Die voëltjie stap sukkel-sukkel uit die water; want dit was nog pieperig en swak, en sy beentjies was nog baie sag; en hy gaan op die wal bewe-bewein die son sit. Hy word sterker en sterker, hy groei en groei. Onderwyl word sy bene en ribbe, sy nek en rugstring harder en harder. Dit het nie lank geduur nie, of hy was ’n volwasse voël, met swart en wit vere oortrek—net soos ’n gewone volstruismannetjie. Sonder om verder te versuim, draf hy veld-in, reguit na sy eie huis toe.
Toe hy daar kom, brom hy om aan sy vrouens te vertel dat hy nog leef. Hulle ken somar sy stem, kom met vlerkgeklap hom in gemoet en was bly om hom weer lewendig te sien. Hy maak toe ’n ander plan en gaan nog ’n derde vrou haal. Van toe af was daar altyd twee voëls by die nes: twee wyfies gaan wei, en dan is een by die mannetjie by die nes; dan kom daardie twee weer terug, en die mannetjie en die wyfie gaan weer wei. Daar het altyd ’n omruiling op een of ander manier plaasgevind, so was dieselfde wyfie nie altyd by hom nie.
Hy en sy drie wyfies het toe op ’n ander plek gaan nes-maak, want hulle was vir die ou plek bang. Raakskiet het wel geweet waar die nuwe nes is; maar uit bygeloof was hy bang om daarheen te gaan. Hy was bevrees dat die volstruis hom weer sal betower, dat hy weer sal siek word om in die water te val. En dalkies kom hy hierdie slag nie weer by nie, maar bly dan vir altyd dood, dood, dood.