No. 37.Leeu word Jaloers.OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n staaltjie van die verwaandheid van Leeu.Die leeus kom dikwels in geselskap bymekaar, en dan prys hulle vroue altyd die ape vir hulle ratsheid, die gensbokke vir hulle vlugheid, en die volstruise vir hulle mooi stem om te brom (of brul). Dit het die mannetjie-leeus maar min aangestaan, en hulle word daaroor baie jaloers.Hulle gee toe hulle ontevredenheid daaroor aan hulle vroue in die volle geselskap te kenne; dog die leeuwyfies hou vol dat hulle gelyk het, en dat hulle mans nie kan stry nie. Daarop sê die leeumans toe: „Gee ’n fees en ’n dansparty, dan kan julle self van naby dit aanskou en hoor.”„Goed!” antwoord die vroue. „Maar pas op dat julle daar nie met skande van afkom nie.”Hulle maak die nodigevoorbereidselsvir die fees daar en dan en nooi vir Aap, Gensbok en Volstruis om op ’n bepaalde tyd daar te wees.Toe die fees haas ’n aanvang sou neem, kom Aap tussen die takke van bome aangespring; hy glip en wipsoos ’n sprinkaan van een boom na die ander en was in ’n ommesientjie daar.Die vroue klap hande en juig vir Aap toe; maar nie vir hulle mans nie. Die mannetjies van die leeus kon nie so rats spring nie, en dit laat hul somar uit die staanspoor sleg voel; maar hul reken op wat hul later sal doen. Ook met die dansery het Aap hul uitgestof.Hier kom Gensbok aangehol. Hulle belê onmiddellik ’n resies; dog Gensbok hol skoon voor die Leeus weg. Weer klap die vroue vir Gensbok hande en nie vir hulle mans nie. Dit laat die leeumans nog ’n bietjie slegter voel.Eindelik kom Volstruis aan. Hy was nog ver, toe begin hy al brul. Dadelik klap die vroue hande en roep uit: „So mooi en helder kan julle tog nie brul nie. Volstruis brul met sy volle longe; maar julle brul met julle mond asof jul ’n been in julle keel of julle stert in julle bekke het.” Hulle hou maar aan hande klap.Die mannetjie-leeus brul toe, maar die vroue wil nie vir hulle mans hande klap nie; maar net soos Volstruis voor hulle kom brul, klap hulle hande en juig Volstruis toe.Dit maak die mannetjies bepaald boos, en hulle begin binne in hulle harte te skel en hulle vrouens te verwens. Een leeu bevlie vir Aap en krap die hare van sy sitplek af, die ander leeu bespring vir Gensbok en krap hom merke in sy gesig, terwyl die derde leeu besig was om vir Volstruis te takel; hy krap al die vere van sy heupe af. Daarop stap die drie mannetjies weg en laat hulle vrouens met die klein kindertjies agter. Toe hulle drie wegstap,roep hul terug: „Nou kan Aap, Gensbok en Volstruis, wat jul algar so danig prys, vir julle en julle kinders sôre.”Die vrouens roep agterna: „Dis glad nie nodig dat hulle vir ons moet sôre nie: ons kan sonder hulle klaarkom en vir onsself sôre.”Die leeus gaan toe net volstruise jag om hulle longe te eet, sodat hul net so mooi as Volstruis uit die voorbors kan brul. En ná hul baie volstruislonge geëet het, toe brul hul nie meer asof hulle sterte in hulle monde of bene in hulle kele het nie.Die vroue met hulle klein kindertjies het dit swaar gekry om kos te vang en terselfdertyd na die kinders te kyk; hulle begin toe al sterk na hulle mans te verlang, wat so braaf vir hulle en hulle kinders gesorg het, al het die mans nie so danig mooi na hulle sin gebrul nie. Dit is maar kleinighede, en hul sal nou maar snags luister waar hulle mans brul; want toe verstaan hul eers dat dit juis die fout is wat hul in hulle mans vind, wat hul nader na hulle weldoeners bring. Dit het hul baie moeite gekos om by hulle mans te kom, want die kinders is swak om na die mans te loop. Hulle neem hul toe voor om nie weer met hulle weldoeners te spot nie; maar wel om hulle te prys waar hul goed doen, en stil te bly as die mans nie iets beters kan doen nie.Toe hul by die mans kom, stap dié weg; dog hulle roep agterna en beloof om beter in vervolg te handel. Toe draai die mans om, want hulle was baie gek na hulle kinders. Van toe af, as Volstruis brul, klap hul nie meerhande nie; en as hulle mans brul, dan voel hul groots en prys hulle, want dis tog harder as enige ander stem.Dit het vir ’n lang tyd so goed gegaan, en almal het die ou rusies vergeet, en algar voel plesierig. Maar een vrou begin weer met haar dingetjies. Hierdie slag begin sy te veel na haar man se sin vir Kwagga se maanhare en Langnek-kameel se kuif te prys; daarop begin sy weer met haar man se maanhaar te spot.Hy word toe so boos op sy vrou dat hy haar aan die kophare pak en haar daaraan rondsleep. Hy het haar so rond en bont gepluk dat amper al haar kophare uitgetrek was. Wat gebly sit het, het uitgeval, sodat sy vir ’n tyd glad kaalkop rondgeloop het. Ná verloop van tyd het sy weer kophare gekry; maar glad nie weer so lank as wat dit tevore was nie. Die ander wyfies het so bang en versigtig geword dat hul ook hulle kophare afgesny het; daarom is hulle hare vandag nie meer so lank as dié van die mannetjies nie.

No. 37.Leeu word Jaloers.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n staaltjie van die verwaandheid van Leeu.Die leeus kom dikwels in geselskap bymekaar, en dan prys hulle vroue altyd die ape vir hulle ratsheid, die gensbokke vir hulle vlugheid, en die volstruise vir hulle mooi stem om te brom (of brul). Dit het die mannetjie-leeus maar min aangestaan, en hulle word daaroor baie jaloers.Hulle gee toe hulle ontevredenheid daaroor aan hulle vroue in die volle geselskap te kenne; dog die leeuwyfies hou vol dat hulle gelyk het, en dat hulle mans nie kan stry nie. Daarop sê die leeumans toe: „Gee ’n fees en ’n dansparty, dan kan julle self van naby dit aanskou en hoor.”„Goed!” antwoord die vroue. „Maar pas op dat julle daar nie met skande van afkom nie.”Hulle maak die nodigevoorbereidselsvir die fees daar en dan en nooi vir Aap, Gensbok en Volstruis om op ’n bepaalde tyd daar te wees.Toe die fees haas ’n aanvang sou neem, kom Aap tussen die takke van bome aangespring; hy glip en wipsoos ’n sprinkaan van een boom na die ander en was in ’n ommesientjie daar.Die vroue klap hande en juig vir Aap toe; maar nie vir hulle mans nie. Die mannetjies van die leeus kon nie so rats spring nie, en dit laat hul somar uit die staanspoor sleg voel; maar hul reken op wat hul later sal doen. Ook met die dansery het Aap hul uitgestof.Hier kom Gensbok aangehol. Hulle belê onmiddellik ’n resies; dog Gensbok hol skoon voor die Leeus weg. Weer klap die vroue vir Gensbok hande en nie vir hulle mans nie. Dit laat die leeumans nog ’n bietjie slegter voel.Eindelik kom Volstruis aan. Hy was nog ver, toe begin hy al brul. Dadelik klap die vroue hande en roep uit: „So mooi en helder kan julle tog nie brul nie. Volstruis brul met sy volle longe; maar julle brul met julle mond asof jul ’n been in julle keel of julle stert in julle bekke het.” Hulle hou maar aan hande klap.Die mannetjie-leeus brul toe, maar die vroue wil nie vir hulle mans hande klap nie; maar net soos Volstruis voor hulle kom brul, klap hulle hande en juig Volstruis toe.Dit maak die mannetjies bepaald boos, en hulle begin binne in hulle harte te skel en hulle vrouens te verwens. Een leeu bevlie vir Aap en krap die hare van sy sitplek af, die ander leeu bespring vir Gensbok en krap hom merke in sy gesig, terwyl die derde leeu besig was om vir Volstruis te takel; hy krap al die vere van sy heupe af. Daarop stap die drie mannetjies weg en laat hulle vrouens met die klein kindertjies agter. Toe hulle drie wegstap,roep hul terug: „Nou kan Aap, Gensbok en Volstruis, wat jul algar so danig prys, vir julle en julle kinders sôre.”Die vrouens roep agterna: „Dis glad nie nodig dat hulle vir ons moet sôre nie: ons kan sonder hulle klaarkom en vir onsself sôre.”Die leeus gaan toe net volstruise jag om hulle longe te eet, sodat hul net so mooi as Volstruis uit die voorbors kan brul. En ná hul baie volstruislonge geëet het, toe brul hul nie meer asof hulle sterte in hulle monde of bene in hulle kele het nie.Die vroue met hulle klein kindertjies het dit swaar gekry om kos te vang en terselfdertyd na die kinders te kyk; hulle begin toe al sterk na hulle mans te verlang, wat so braaf vir hulle en hulle kinders gesorg het, al het die mans nie so danig mooi na hulle sin gebrul nie. Dit is maar kleinighede, en hul sal nou maar snags luister waar hulle mans brul; want toe verstaan hul eers dat dit juis die fout is wat hul in hulle mans vind, wat hul nader na hulle weldoeners bring. Dit het hul baie moeite gekos om by hulle mans te kom, want die kinders is swak om na die mans te loop. Hulle neem hul toe voor om nie weer met hulle weldoeners te spot nie; maar wel om hulle te prys waar hul goed doen, en stil te bly as die mans nie iets beters kan doen nie.Toe hul by die mans kom, stap dié weg; dog hulle roep agterna en beloof om beter in vervolg te handel. Toe draai die mans om, want hulle was baie gek na hulle kinders. Van toe af, as Volstruis brul, klap hul nie meerhande nie; en as hulle mans brul, dan voel hul groots en prys hulle, want dis tog harder as enige ander stem.Dit het vir ’n lang tyd so goed gegaan, en almal het die ou rusies vergeet, en algar voel plesierig. Maar een vrou begin weer met haar dingetjies. Hierdie slag begin sy te veel na haar man se sin vir Kwagga se maanhare en Langnek-kameel se kuif te prys; daarop begin sy weer met haar man se maanhaar te spot.Hy word toe so boos op sy vrou dat hy haar aan die kophare pak en haar daaraan rondsleep. Hy het haar so rond en bont gepluk dat amper al haar kophare uitgetrek was. Wat gebly sit het, het uitgeval, sodat sy vir ’n tyd glad kaalkop rondgeloop het. Ná verloop van tyd het sy weer kophare gekry; maar glad nie weer so lank as wat dit tevore was nie. Die ander wyfies het so bang en versigtig geword dat hul ook hulle kophare afgesny het; daarom is hulle hare vandag nie meer so lank as dié van die mannetjies nie.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is ’n staaltjie van die verwaandheid van Leeu.
Die leeus kom dikwels in geselskap bymekaar, en dan prys hulle vroue altyd die ape vir hulle ratsheid, die gensbokke vir hulle vlugheid, en die volstruise vir hulle mooi stem om te brom (of brul). Dit het die mannetjie-leeus maar min aangestaan, en hulle word daaroor baie jaloers.
Hulle gee toe hulle ontevredenheid daaroor aan hulle vroue in die volle geselskap te kenne; dog die leeuwyfies hou vol dat hulle gelyk het, en dat hulle mans nie kan stry nie. Daarop sê die leeumans toe: „Gee ’n fees en ’n dansparty, dan kan julle self van naby dit aanskou en hoor.”
„Goed!” antwoord die vroue. „Maar pas op dat julle daar nie met skande van afkom nie.”
Hulle maak die nodigevoorbereidselsvir die fees daar en dan en nooi vir Aap, Gensbok en Volstruis om op ’n bepaalde tyd daar te wees.
Toe die fees haas ’n aanvang sou neem, kom Aap tussen die takke van bome aangespring; hy glip en wipsoos ’n sprinkaan van een boom na die ander en was in ’n ommesientjie daar.
Die vroue klap hande en juig vir Aap toe; maar nie vir hulle mans nie. Die mannetjies van die leeus kon nie so rats spring nie, en dit laat hul somar uit die staanspoor sleg voel; maar hul reken op wat hul later sal doen. Ook met die dansery het Aap hul uitgestof.
Hier kom Gensbok aangehol. Hulle belê onmiddellik ’n resies; dog Gensbok hol skoon voor die Leeus weg. Weer klap die vroue vir Gensbok hande en nie vir hulle mans nie. Dit laat die leeumans nog ’n bietjie slegter voel.
Eindelik kom Volstruis aan. Hy was nog ver, toe begin hy al brul. Dadelik klap die vroue hande en roep uit: „So mooi en helder kan julle tog nie brul nie. Volstruis brul met sy volle longe; maar julle brul met julle mond asof jul ’n been in julle keel of julle stert in julle bekke het.” Hulle hou maar aan hande klap.
Die mannetjie-leeus brul toe, maar die vroue wil nie vir hulle mans hande klap nie; maar net soos Volstruis voor hulle kom brul, klap hulle hande en juig Volstruis toe.
Dit maak die mannetjies bepaald boos, en hulle begin binne in hulle harte te skel en hulle vrouens te verwens. Een leeu bevlie vir Aap en krap die hare van sy sitplek af, die ander leeu bespring vir Gensbok en krap hom merke in sy gesig, terwyl die derde leeu besig was om vir Volstruis te takel; hy krap al die vere van sy heupe af. Daarop stap die drie mannetjies weg en laat hulle vrouens met die klein kindertjies agter. Toe hulle drie wegstap,roep hul terug: „Nou kan Aap, Gensbok en Volstruis, wat jul algar so danig prys, vir julle en julle kinders sôre.”
Die vrouens roep agterna: „Dis glad nie nodig dat hulle vir ons moet sôre nie: ons kan sonder hulle klaarkom en vir onsself sôre.”
Die leeus gaan toe net volstruise jag om hulle longe te eet, sodat hul net so mooi as Volstruis uit die voorbors kan brul. En ná hul baie volstruislonge geëet het, toe brul hul nie meer asof hulle sterte in hulle monde of bene in hulle kele het nie.
Die vroue met hulle klein kindertjies het dit swaar gekry om kos te vang en terselfdertyd na die kinders te kyk; hulle begin toe al sterk na hulle mans te verlang, wat so braaf vir hulle en hulle kinders gesorg het, al het die mans nie so danig mooi na hulle sin gebrul nie. Dit is maar kleinighede, en hul sal nou maar snags luister waar hulle mans brul; want toe verstaan hul eers dat dit juis die fout is wat hul in hulle mans vind, wat hul nader na hulle weldoeners bring. Dit het hul baie moeite gekos om by hulle mans te kom, want die kinders is swak om na die mans te loop. Hulle neem hul toe voor om nie weer met hulle weldoeners te spot nie; maar wel om hulle te prys waar hul goed doen, en stil te bly as die mans nie iets beters kan doen nie.
Toe hul by die mans kom, stap dié weg; dog hulle roep agterna en beloof om beter in vervolg te handel. Toe draai die mans om, want hulle was baie gek na hulle kinders. Van toe af, as Volstruis brul, klap hul nie meerhande nie; en as hulle mans brul, dan voel hul groots en prys hulle, want dis tog harder as enige ander stem.
Dit het vir ’n lang tyd so goed gegaan, en almal het die ou rusies vergeet, en algar voel plesierig. Maar een vrou begin weer met haar dingetjies. Hierdie slag begin sy te veel na haar man se sin vir Kwagga se maanhare en Langnek-kameel se kuif te prys; daarop begin sy weer met haar man se maanhaar te spot.
Hy word toe so boos op sy vrou dat hy haar aan die kophare pak en haar daaraan rondsleep. Hy het haar so rond en bont gepluk dat amper al haar kophare uitgetrek was. Wat gebly sit het, het uitgeval, sodat sy vir ’n tyd glad kaalkop rondgeloop het. Ná verloop van tyd het sy weer kophare gekry; maar glad nie weer so lank as wat dit tevore was nie. Die ander wyfies het so bang en versigtig geword dat hul ook hulle kophare afgesny het; daarom is hulle hare vandag nie meer so lank as dié van die mannetjies nie.