No. 38.Perdeby en sy Vrou.OPMERKINGS:—Hierdie storie is amper op die model van ’n Hottentot-dierestorie, dog die Boesman-herkoms is te duidelik.Daar was ’n ou Boesman wat gelukkig met sy ou vrou en kinders gelewe het. Hy was ’n kriewelkop; maar as hul nie met hom lol nie, dan was daar nie ’n beter man as hy nie. Dog sy ou vrou was bepaald verspot. Haar grootste vermaak was om haar kinders in hulle gesigte voor andere te prys. Nou, soiets is mos ’n baie slegte trek in ’n moeder; want dit laat die kinders dink dat hul beter is as ander mense se kinders: wat sleg is, word nog slegter; en wat goed is, steur hul nie grootliks aan hulle moeder se lawwe praatjies nie. Dan, so ’n trek in die moeder maak dat ander mense maar baie min van haar kinders dink—die jongkêrels kry teësin in die dogters, en die meisies gee nie om vir sulke danige blinkgemaakte jongkêrels nie. So het haar kinders been-oud geword voor hulle getrou het.Maar die jongste dogter was darem regte mooi; sy was ’n terggees van die bestes en baie deur die windmaak van die moeder bederwe. Maar tog met dit al was die jongmense gek na haar; hulle het baie by haar kom kuier as die moeder opsy was.Maar kom die ou moeder in die geselskap, dan is dit maar weer só: sy sit haar dogter tot vervelens toe met woorde te verkoop en sê dat die man wat dié dogter vat, moet kan mooi sing.Kriekie kom sing, Sonbesie kom sing, Uil kom sing, Wolf en Jakkals kom sing; maar die dogter, tot groot ontsteltenis van die moeder, bars uit van lag en spot die singers lekker in hulle gesigte uit. Dit maak die moeder teen die dogter isegrimmig, en die singers stap boos weg. Hul vat op die daad hul karos en verlaat die geselskap.Toe die dogter en die moeder weer alleen was, begin die moeder by haar dogter te pamperlang en vra die dogter wat nou eintlik haar sin vir iemand is.Die dogter begin toe eers hierdie kant toe te praat, en toe weer daardie kant toe te praat; en sy raak so deurmekaar dat sy somar alkant-toe praat. Toe was die moeder nog net so met haar dogter opgeskeep en was niks wyser geword nie.Eendag was daar weer ’n geselskap, en die moeder en dogter was ook daar. Weer begin die moeder oor haar dogter uit te wy en sê dat die een wat die mooiste kan dans, dié kan die dogter kry.Meteens begin Padda te dans, toe Springbok, toe Hasie, toe Slang, toe Patrys, toe Skilpad; maar weer, tot steurnis van die moeder, sit die dogter die hele klomp dansers in hulle gesigte uit te lag. Die moeder voel toe vererg, en die dansers nie minder beledig nie. In ’n ommesientjie sit die moeder met haar dogter weer alleen; algar het karos gevat en weggestap.Daar was toe geen ander plan vir moeder en dogter nie, as ook maar karosse te pak en na hulle huis toe te stap. Op pad vra die moeder andermaal wat die sin van die dogter is.Sy praat toe weer hierdie kant toe, toe daardie kant toe, en somar daarop alkant-toe, en was so deurmekaar as ’n vlieg in ’n spinnerak.Op ’n sekere dag sit die moeder en haar dogter weer in ’n ander geselskap. Andermaal begin die moeder die fluitjie van prys vir haar dogter te blaas en sê dat die een wat die netste met ’n pyl kan skiet, die dogter kan kry.Toe vat Heuningby sy boog en pylkoker, en hy begin daar rond te skiet; Muskiet begin te skiet; Muggie begin te skiet; Blindevlieg begin te skiet; ook Vlooi begin te skiet. Toe saai die geselskap uitmekaar—moeder en dogter inkluis—, en karosse bly in die slag.Op pad huis-toe sê die dogter: „A, nee, ma, jy moet eers dink voor jy praat! Kyk hoe toe is ons oë nou geswel!”Die moeder voel toe dat sy haar saak nie goed oordink het nie; so begin sy somar te sê: „Kom, vertel my nou regtig wat jou sin is!”Soos gewoonlik praat die dogter weer hierdie kant toe, daarop daardie kant toe en toe somar alkant-toe, dat sy andermaal nes ’n vlieg in heuning vassit. En die moeder bly toe nog net so dom.By ’n ander geleentheid bevind hul vir hulle weer in ’n groot geselskap, en die moeder haar mond borrel weer oor van lof van haar dogter; en sy sê dat die een wat die mooiste karos het, dié kan haar dogter kry.Toe tree Mot te voorskyn met sy karos; Muis kom met syne; Akkedis met syne; Suikervoëltjie met syne; Kwagga met syne; Muishond met syne; en Perdeby met syne. En hulle maak hul karosse oop en toe om te wys hoe mooi dit is—net Perdeby nie.Die dogter het hierdie slag haar moeder plegtig belowe om nie haar lagbui te hervat nie en om haar stemmig te gedra. Haar keuse val toe op die mooi glinsterende blou karos van Perdeby, en sy neem hom; en hulle twee gaan saam na die kleihuis van Perdeby, met die baie kamers.Maar Perdeby vang net ruspers, wurms en spinnekoppe en bring dié na sy huis toe en vul die kamers daarmee. Sy vrou objekteer en sê aan hom dat sy nie gewoon is om sulke gogga-goed te eet nie; hy moet vir haar wild gaan skiet. En hulle twee stap saam veld-toe.Sy sien ’n haas lê en slaap, en sy roep hom en sê: „Kom hier, my man, en skiet hierdie hasie vir my.”Hy neem ’n pyl uit sy koker en sit dit op die boog en vra: „Waar is die haas?”Waarop sy antwoord: „Hierso, onder hierdie bossie!” Hy bekruip toe die haas; maar sy sê: „Gooi tog af jou karos!” Hy maak so. Toe sien sy die danige dun lyfie van Perdeby, haar man, en sy skater uit van lag oor daardie danige dun lyf en roep uit: „O so, nou verstaan ek waarom jy nooit jou karos wil afgehaal het nie! Ga, ga, ga! Kyk daardie verspotte dun lyfie!”Perdeby word toe so boos—want hy kan gou kwaad word—dat hy sy vrou op die plek met ’n pyl doodskiet.En dis nou die betaling wat die moeder met al die pronkery met haar dogter gekry het.

No. 38.Perdeby en sy Vrou.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is amper op die model van ’n Hottentot-dierestorie, dog die Boesman-herkoms is te duidelik.Daar was ’n ou Boesman wat gelukkig met sy ou vrou en kinders gelewe het. Hy was ’n kriewelkop; maar as hul nie met hom lol nie, dan was daar nie ’n beter man as hy nie. Dog sy ou vrou was bepaald verspot. Haar grootste vermaak was om haar kinders in hulle gesigte voor andere te prys. Nou, soiets is mos ’n baie slegte trek in ’n moeder; want dit laat die kinders dink dat hul beter is as ander mense se kinders: wat sleg is, word nog slegter; en wat goed is, steur hul nie grootliks aan hulle moeder se lawwe praatjies nie. Dan, so ’n trek in die moeder maak dat ander mense maar baie min van haar kinders dink—die jongkêrels kry teësin in die dogters, en die meisies gee nie om vir sulke danige blinkgemaakte jongkêrels nie. So het haar kinders been-oud geword voor hulle getrou het.Maar die jongste dogter was darem regte mooi; sy was ’n terggees van die bestes en baie deur die windmaak van die moeder bederwe. Maar tog met dit al was die jongmense gek na haar; hulle het baie by haar kom kuier as die moeder opsy was.Maar kom die ou moeder in die geselskap, dan is dit maar weer só: sy sit haar dogter tot vervelens toe met woorde te verkoop en sê dat die man wat dié dogter vat, moet kan mooi sing.Kriekie kom sing, Sonbesie kom sing, Uil kom sing, Wolf en Jakkals kom sing; maar die dogter, tot groot ontsteltenis van die moeder, bars uit van lag en spot die singers lekker in hulle gesigte uit. Dit maak die moeder teen die dogter isegrimmig, en die singers stap boos weg. Hul vat op die daad hul karos en verlaat die geselskap.Toe die dogter en die moeder weer alleen was, begin die moeder by haar dogter te pamperlang en vra die dogter wat nou eintlik haar sin vir iemand is.Die dogter begin toe eers hierdie kant toe te praat, en toe weer daardie kant toe te praat; en sy raak so deurmekaar dat sy somar alkant-toe praat. Toe was die moeder nog net so met haar dogter opgeskeep en was niks wyser geword nie.Eendag was daar weer ’n geselskap, en die moeder en dogter was ook daar. Weer begin die moeder oor haar dogter uit te wy en sê dat die een wat die mooiste kan dans, dié kan die dogter kry.Meteens begin Padda te dans, toe Springbok, toe Hasie, toe Slang, toe Patrys, toe Skilpad; maar weer, tot steurnis van die moeder, sit die dogter die hele klomp dansers in hulle gesigte uit te lag. Die moeder voel toe vererg, en die dansers nie minder beledig nie. In ’n ommesientjie sit die moeder met haar dogter weer alleen; algar het karos gevat en weggestap.Daar was toe geen ander plan vir moeder en dogter nie, as ook maar karosse te pak en na hulle huis toe te stap. Op pad vra die moeder andermaal wat die sin van die dogter is.Sy praat toe weer hierdie kant toe, toe daardie kant toe, en somar daarop alkant-toe, en was so deurmekaar as ’n vlieg in ’n spinnerak.Op ’n sekere dag sit die moeder en haar dogter weer in ’n ander geselskap. Andermaal begin die moeder die fluitjie van prys vir haar dogter te blaas en sê dat die een wat die netste met ’n pyl kan skiet, die dogter kan kry.Toe vat Heuningby sy boog en pylkoker, en hy begin daar rond te skiet; Muskiet begin te skiet; Muggie begin te skiet; Blindevlieg begin te skiet; ook Vlooi begin te skiet. Toe saai die geselskap uitmekaar—moeder en dogter inkluis—, en karosse bly in die slag.Op pad huis-toe sê die dogter: „A, nee, ma, jy moet eers dink voor jy praat! Kyk hoe toe is ons oë nou geswel!”Die moeder voel toe dat sy haar saak nie goed oordink het nie; so begin sy somar te sê: „Kom, vertel my nou regtig wat jou sin is!”Soos gewoonlik praat die dogter weer hierdie kant toe, daarop daardie kant toe en toe somar alkant-toe, dat sy andermaal nes ’n vlieg in heuning vassit. En die moeder bly toe nog net so dom.By ’n ander geleentheid bevind hul vir hulle weer in ’n groot geselskap, en die moeder haar mond borrel weer oor van lof van haar dogter; en sy sê dat die een wat die mooiste karos het, dié kan haar dogter kry.Toe tree Mot te voorskyn met sy karos; Muis kom met syne; Akkedis met syne; Suikervoëltjie met syne; Kwagga met syne; Muishond met syne; en Perdeby met syne. En hulle maak hul karosse oop en toe om te wys hoe mooi dit is—net Perdeby nie.Die dogter het hierdie slag haar moeder plegtig belowe om nie haar lagbui te hervat nie en om haar stemmig te gedra. Haar keuse val toe op die mooi glinsterende blou karos van Perdeby, en sy neem hom; en hulle twee gaan saam na die kleihuis van Perdeby, met die baie kamers.Maar Perdeby vang net ruspers, wurms en spinnekoppe en bring dié na sy huis toe en vul die kamers daarmee. Sy vrou objekteer en sê aan hom dat sy nie gewoon is om sulke gogga-goed te eet nie; hy moet vir haar wild gaan skiet. En hulle twee stap saam veld-toe.Sy sien ’n haas lê en slaap, en sy roep hom en sê: „Kom hier, my man, en skiet hierdie hasie vir my.”Hy neem ’n pyl uit sy koker en sit dit op die boog en vra: „Waar is die haas?”Waarop sy antwoord: „Hierso, onder hierdie bossie!” Hy bekruip toe die haas; maar sy sê: „Gooi tog af jou karos!” Hy maak so. Toe sien sy die danige dun lyfie van Perdeby, haar man, en sy skater uit van lag oor daardie danige dun lyf en roep uit: „O so, nou verstaan ek waarom jy nooit jou karos wil afgehaal het nie! Ga, ga, ga! Kyk daardie verspotte dun lyfie!”Perdeby word toe so boos—want hy kan gou kwaad word—dat hy sy vrou op die plek met ’n pyl doodskiet.En dis nou die betaling wat die moeder met al die pronkery met haar dogter gekry het.
OPMERKINGS:—Hierdie storie is amper op die model van ’n Hottentot-dierestorie, dog die Boesman-herkoms is te duidelik.
Daar was ’n ou Boesman wat gelukkig met sy ou vrou en kinders gelewe het. Hy was ’n kriewelkop; maar as hul nie met hom lol nie, dan was daar nie ’n beter man as hy nie. Dog sy ou vrou was bepaald verspot. Haar grootste vermaak was om haar kinders in hulle gesigte voor andere te prys. Nou, soiets is mos ’n baie slegte trek in ’n moeder; want dit laat die kinders dink dat hul beter is as ander mense se kinders: wat sleg is, word nog slegter; en wat goed is, steur hul nie grootliks aan hulle moeder se lawwe praatjies nie. Dan, so ’n trek in die moeder maak dat ander mense maar baie min van haar kinders dink—die jongkêrels kry teësin in die dogters, en die meisies gee nie om vir sulke danige blinkgemaakte jongkêrels nie. So het haar kinders been-oud geword voor hulle getrou het.
Maar die jongste dogter was darem regte mooi; sy was ’n terggees van die bestes en baie deur die windmaak van die moeder bederwe. Maar tog met dit al was die jongmense gek na haar; hulle het baie by haar kom kuier as die moeder opsy was.
Maar kom die ou moeder in die geselskap, dan is dit maar weer só: sy sit haar dogter tot vervelens toe met woorde te verkoop en sê dat die man wat dié dogter vat, moet kan mooi sing.
Kriekie kom sing, Sonbesie kom sing, Uil kom sing, Wolf en Jakkals kom sing; maar die dogter, tot groot ontsteltenis van die moeder, bars uit van lag en spot die singers lekker in hulle gesigte uit. Dit maak die moeder teen die dogter isegrimmig, en die singers stap boos weg. Hul vat op die daad hul karos en verlaat die geselskap.
Toe die dogter en die moeder weer alleen was, begin die moeder by haar dogter te pamperlang en vra die dogter wat nou eintlik haar sin vir iemand is.
Die dogter begin toe eers hierdie kant toe te praat, en toe weer daardie kant toe te praat; en sy raak so deurmekaar dat sy somar alkant-toe praat. Toe was die moeder nog net so met haar dogter opgeskeep en was niks wyser geword nie.
Eendag was daar weer ’n geselskap, en die moeder en dogter was ook daar. Weer begin die moeder oor haar dogter uit te wy en sê dat die een wat die mooiste kan dans, dié kan die dogter kry.
Meteens begin Padda te dans, toe Springbok, toe Hasie, toe Slang, toe Patrys, toe Skilpad; maar weer, tot steurnis van die moeder, sit die dogter die hele klomp dansers in hulle gesigte uit te lag. Die moeder voel toe vererg, en die dansers nie minder beledig nie. In ’n ommesientjie sit die moeder met haar dogter weer alleen; algar het karos gevat en weggestap.
Daar was toe geen ander plan vir moeder en dogter nie, as ook maar karosse te pak en na hulle huis toe te stap. Op pad vra die moeder andermaal wat die sin van die dogter is.
Sy praat toe weer hierdie kant toe, toe daardie kant toe, en somar daarop alkant-toe, en was so deurmekaar as ’n vlieg in ’n spinnerak.
Op ’n sekere dag sit die moeder en haar dogter weer in ’n ander geselskap. Andermaal begin die moeder die fluitjie van prys vir haar dogter te blaas en sê dat die een wat die netste met ’n pyl kan skiet, die dogter kan kry.
Toe vat Heuningby sy boog en pylkoker, en hy begin daar rond te skiet; Muskiet begin te skiet; Muggie begin te skiet; Blindevlieg begin te skiet; ook Vlooi begin te skiet. Toe saai die geselskap uitmekaar—moeder en dogter inkluis—, en karosse bly in die slag.
Op pad huis-toe sê die dogter: „A, nee, ma, jy moet eers dink voor jy praat! Kyk hoe toe is ons oë nou geswel!”
Die moeder voel toe dat sy haar saak nie goed oordink het nie; so begin sy somar te sê: „Kom, vertel my nou regtig wat jou sin is!”
Soos gewoonlik praat die dogter weer hierdie kant toe, daarop daardie kant toe en toe somar alkant-toe, dat sy andermaal nes ’n vlieg in heuning vassit. En die moeder bly toe nog net so dom.
By ’n ander geleentheid bevind hul vir hulle weer in ’n groot geselskap, en die moeder haar mond borrel weer oor van lof van haar dogter; en sy sê dat die een wat die mooiste karos het, dié kan haar dogter kry.
Toe tree Mot te voorskyn met sy karos; Muis kom met syne; Akkedis met syne; Suikervoëltjie met syne; Kwagga met syne; Muishond met syne; en Perdeby met syne. En hulle maak hul karosse oop en toe om te wys hoe mooi dit is—net Perdeby nie.
Die dogter het hierdie slag haar moeder plegtig belowe om nie haar lagbui te hervat nie en om haar stemmig te gedra. Haar keuse val toe op die mooi glinsterende blou karos van Perdeby, en sy neem hom; en hulle twee gaan saam na die kleihuis van Perdeby, met die baie kamers.
Maar Perdeby vang net ruspers, wurms en spinnekoppe en bring dié na sy huis toe en vul die kamers daarmee. Sy vrou objekteer en sê aan hom dat sy nie gewoon is om sulke gogga-goed te eet nie; hy moet vir haar wild gaan skiet. En hulle twee stap saam veld-toe.
Sy sien ’n haas lê en slaap, en sy roep hom en sê: „Kom hier, my man, en skiet hierdie hasie vir my.”
Hy neem ’n pyl uit sy koker en sit dit op die boog en vra: „Waar is die haas?”
Waarop sy antwoord: „Hierso, onder hierdie bossie!” Hy bekruip toe die haas; maar sy sê: „Gooi tog af jou karos!” Hy maak so. Toe sien sy die danige dun lyfie van Perdeby, haar man, en sy skater uit van lag oor daardie danige dun lyf en roep uit: „O so, nou verstaan ek waarom jy nooit jou karos wil afgehaal het nie! Ga, ga, ga! Kyk daardie verspotte dun lyfie!”
Perdeby word toe so boos—want hy kan gou kwaad word—dat hy sy vrou op die plek met ’n pyl doodskiet.
En dis nou die betaling wat die moeder met al die pronkery met haar dogter gekry het.